Witzenberg Herald Vol.23 no.49 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 49

R7.00

Friday, December 18, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 18 Desember 2020 en heropen op Maandag 11 Januarie 2021.

Donderdag 17 Desember

Vrydag 18 Desember

14° 32°

14° 28°

Saterdag 19 Desember

17° 35°

Sondag 20 Desember

18° 34°

Ceres Koekedouw dam

Ons wens u en u gesin die vreugde van ‘n wonderlike feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2020.

97%

Lesing: 2020/12/16

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

Wees versigtig die vakansie

www.witzenbergherald.co.za

CERES inwoners het Saterdag 12 Desember wakker geskrik toe die Netcare 911 noodhelikopter baie laag oor huise gevlieg en by Ceres Netcare kom land het. Hulle het ‘n jong manlike pasiënt kom haal wat ernstig aangerand is. Hy is oorgeplaas na die Blaauwberg Netcare hospitaal. Dié Netcare 6 helikopterambulans het net voor 04:00 by Ceres Netcare hospitaal geland en ‘n uur later weer vertrek. * Geen verdere inligting is deur die hospitaal bekend gemaak nie en dit is nie bekend wat sy mediese toestand tans is nie. ** Mense in die Kaapse Wynlandstreek berei hulle voor om dié somer en feestyd te geniet, maar dit moet almal se eerste prioriteit wees om veilig te sosialiseer. Die hoeveelheid mense in die streek wie COVID-19 onder lede het, neem steeds toe. So ook die druk op gesondheidspersoneel en -fasiliteite.



WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 49

R7.00

Friday, December 18, 2020

CERES ☎ (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Desember

Vrydag 18 Desember

Saterdag 19 Desember

14° 32°

14° 28°

Sondag 20 Desember

17° 35°

18° 34°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

97%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner)

☎ (023) 004-1338 l 082-335-8331 nboshoff@mastheadfp.co.za l www.mastheadfp.co.za

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/12/16

Telephone: (023) 316-2021/3

Aan ons kliënte, mag julle ‘n Geseënde Christusfees beleef en ‘n Voorspoedige 2021. Baie dankie vir al die ondersteuning deur die jaar.

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Drie vroue vermoor

Reeksmoordenaar se saak uitgestel DIE saak teen die Pine Valley-reeksmoordenaar van Wolseley is na 2021 uitgestel vir verdere ondersoek. Die polisie het Saterdag 24 Oktober vir Siyamcela Sombambela (32), ‘n Sotho-man en plaaswerker, gearresteer. Hy het weer Woensdag 9 Desember in die Wolseley landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek na 4 Februarie 2021 uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Twee slagoffers uitgeken Twee van die drie moordslagoffers is al uitgeken. Die liggaam van die 21-jarige Bernadine Frans (Cloete), is die betrokke Saterdag langs ‘n grondpad gekry nadat ooggetuies gesien het hoe Siyamcela Sombambela ‘n liggaam sleep. Hy het ook ‘n graaf by hom gehad. Die tweede slagoffer, Miché Pienaar (25), is aan haar vingerafdrukke uitgeken. Haar beendere is Sondag 25 Oktober ge-

vind nadat ‘n voetganger ‘n vlak graf in ‘n stuk veld opgemerk het. Die beendere van nog ‘n persoon is nie ver van die vlak graf gevind. Die derde slagoffer moet nog uitgeken word. Die identiteit, ouderdom en geslag moet deur middel van DNS-toetse bepaal word. Inligting Indien die gemeenskap weet wie die laaste persoon is, kan hulle die Wolseley SAPD skakel by (023) 230-8000 of die ondersoekbeampte by 079-894-0195.

SIYAMCELA Sombambela (32).

Vrou wat op pad was na die Oos-Kaap, sterf in kruisvuur ‘n VROU wat op pad was na die Oos-Kaap het ‘n dag nadat sy raakgeskiet is in Nduli, gesterf. Philiswa Nobangela (33) het op 9 Desember omstreeks 21:41 in die kruisvuur van onbekende aanvallers beland wat na bewering op ‘n vermoorde taxi-eienaar se familie geskiet het. Die Wes-Kaap taxi-eenheid en die Ceres polisie ondersoek dié voorval maar niemand is nog gearresteer nie. Die afgelope vier jaar is verskeie taxi-eienaars of taxi-bestuurders op Ceres en Tulbagh doodgeskiet. Sedert middel Julie vanjaar is daar nou agt

taxi-eienaars of taxi-bestuurders in die streek doodgeskiet. Een taxi- en buseienaar is ernstig gewond en het ‘n aanval op hom oorleef. ‘n Plaaslike taxi-baas, Archie Tyhobeka (38), is Saterdag 5 Desember omstreeks 22:48 doodgeskiet. Archie was die jonger broer van Andile Tyhobeka (40) wat op 11 Augustus 2016 by ‘n braai in Nduli doodgeskiet is. Hofverskyning Thandisile Swana (34) is kort na die voorval gearresteer en het Maandag 7 Desember in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 21 Desember uitgestel vir 'n borgaansoek en adresbevestiging.

Ander skietvoorvalle Op 25 Julie is ‘n buseienaar van Nduli, Sizwe (Mgeba) Adoons (41), ernstig gewond terwyl ‘n man wat saam met hom in sy bakkie gesit het, Mpiyakhe Qokole (48), doodgeskiet is. Tsehla Mphutlane (25) is vroeër op 20 Julie ses keer geskiet en het op die toneel in die Chris Hani woonbuurt buite Tulbagh gesterf. In ‘n skietvoorval op 4 Augustus in Town Two, Lingelethu (buite Kaapstad) is Banele Mbuqe (46) van Ceres doodgeskiet. Die Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek ook die dood van ‘n Nduli minibus-eienaar, Victor Mbangula (66).

Hy is op 18 Augustus 2020 voor sy huis in Zolastraat doodgeskiet. Onbekende aanvallers het Mzikayise Elliot Mzwakali (69), ook bekend as oom Elliot, op 18 September doodgeskiet. Dit was die tweede taxi-verwante skietery op Tulbagh. Thembeni Matiwane (52) is op Donderdag 5 November geskiet en op Maandag 9 November, is die taxibestuurder, Thabo Lukas Metjeea (26), doodgeskiet. Inligting Indien inwoners oor enige inligting beskik of weet waar die aanvallers hulle bevind, kan hulle die polisie skakel 0860-010-111.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 17 - 20 DECEMBER 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL.

BRAAI DAY

Matured Rump Steak

Ouma’s Boerewors

Whole Leg of Lamb

SERVING SUGGESTION

(023) 316-2226 CERES SUPERSPAR

12999 79

Mon - Sun 07:00 - 20:00

79 799 each

Medium Cinnabun Watermelon

39

99 each

9

99 each

p/kg

p/kg

Marinated Chicken Thigh Kebabs

Mangoes loose

7999

12999

39

99 each

99 p/kg

Whole grilled Chicken & 6 Rolls

Spar Argentinian Queen Prawns 800g

p/kg

2 FOR

14000

99

p/meal

Pineapples

799

Tower Jelly 40g

each

PER DEAL

22

00

500g Fatti’s & Moni’s Macaroni or Spaghetti

16999

Spar Feta Cheese 400g

each

2 FOR

3499 19 each

Lappies Braai Sauce 750ml

Spar UHT Milk, Full Cream, Low Fat or Fat Free 6 x 1L

99 each

Spar Long Life Cream 300ml

20

00

4 FOR

2000 125g President Camembert or Brie

Dairymaid Country Fresh Ice Cream 2L

4499 each

Brooke’s Oros 2L assorted

2 Spar 2L CSD Cool drink

2799 each

31 29


2

WITZENBERG HERALD

Friday, December 18, 2020

Koolkop laat die skaal kreun Barnito Klaasen Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor

OOM Piet Bester (77), jare lange inwoner van Môredou, is ‘n ywerige tuinier. Hy is lief daarvoor om sy eie groente in die agtertuin te plant. Hier wys hy die reuse koolkop wat die afgelope weke in sy tuin groei. Die koolkop het 6.2 kg geweeg.

Merry Christmas, Witzenberg!

We wish everyone a Merry Christmas and a prosperous New Year on behalf of the Witzenberg Municipality Council, Directorate and staff. Thank you to the Council and Administration for their hard work throughout the year. This year has been fraught with challenges but over this festive break, families and friends will come together to celebrate this blessed time with some well-deserved rest. Although our water restrictions may have been lifted and God has provided an abundance of water this year, I urge our residents to conserve our water supply and recycle water as far as possible. Water is a precious resource and we can all make an effort to use it effectively. Residents should also take cognisance of road safety during the festive season as this is of paramount concern to the municipality. Reckless driving, texting while driving, speeding and driving under the influence of narcotics or alcohol are still the main reasons for motor vehicle accidents and road deaths. Random breath testing road blocks will be set up across the Western Cape. Whilst we are all focussed on going out, having fun and buying presents, I just want to take this opportunity to remind everyone of why we celebrate Christmas. Christmas is a time of celebration and thanksgiving, whereby we remember God as our Light and Saviour and we remember our place as His servants and disciples. Christmas is a time of forgiveness, where we embrace friend and stranger alike, sharing God’s divine love and infinite patience. I would also like to extend a message of goodwill to those less fortunate than us, who are struggling to make ends meet, and those coping with loss. Although our offices will be closed for a while over the festive season from 22 December 2020 - 6 January 2021, our 24 hour Control Room will be operational throughout for emergency and service related calls on (023) 316-2328/9. The Witzenberg Traffic and Law Enforcement officers will also be on duty during this time to uphold the law and ensure a safe and enjoyable festive season for all.

Geseënde Kersfees, Witzenberg!

Namens die Witzenberg Munisipaliteit se Raad, direktoraat en personeel wil ek u ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar toewens. Ek wens graag die Raad en Administrasie geluk met hul harde werk die afgelope jaar. Hierdie jaar was deurspek met uitdagings, maar gedurende hierdie feestelike verposing gaan familie en vriende hopelik saamkom om hierdie geseënde tyd te vier en ‘n bietjie welverdiende rus te geniet. Alhoewel ons water beperkings gelig is en God ons voorsien het van oorvloedige water hierdie jaar, wil ek ons inwoners aanmoedig om ons water te bespaar en te herwin so ver as moontlik. Water is ‘n kosbare hulpbron en ons kan almal ‘n poging maak om dit effektief te gebruik. Tydens die feesseisoen is padveiligheid van die allergrootste belang vir die munisipaliteit. Om roekeloos te bestuur, in die ry teksboodskappe te stuur, te jaag en onder die invloed van dwelms of alkohol te bestuur, bly steeds die vernaamste oorsake van motorongelukke. Daar gaan beslis padblokkades regoor die Wes-Kaap gehou word gedurende die feestyd. Alhoewel ons almal daarop gefokus is om uit te gaan, ons self te geniet en geskenke te koop, vergun my hierdie geleentheid om almal te herinner aan waarom ons Kersfees vier. Kersfees is ‘n tyd van danksegging waartydens ons God as ons Lig en Redder erken en ons aan ons rol as sy dienaars en dissipels herinner word. Kersfees is ‘n tyd van vergifnis waar ons vriend en vreemdeling sonder onderskeid omarm en God se salige liefde en oneindige geduld met hulle deel. Vergun my ook die geleentheid om 'n welwillendheidsboodskap te rig aan diegene wat sukkel om kop bo water te hou en aan diegene wat 'n geliefde aan die dood moes afstaan. Kom ons sorg dat hierdie 'n vreugdevolle tyd vir almal is. Alhoewel ons kantore vir 'n rukkie oor die feesseisoen gaan sluit, sal ons Beheerkamer 24/7 beskikbaar wees om nood- en diensverwante oproepe te hanteer by (023) 3162328/9. Die Witzenberg se verkeer- en wetstoepassingsbeamptes sal aan diens wees om wet en orde te handhaaf sodat almal 'n vreugdevolle feesseisoen kan geniet.

iKrisimesi eMnandi,Witzenberg!

Egameni leBhunga, abaPhathi kunye nabasebenzi boMasipala waseWitzenberg, ndingathanda ukunqwenelela wonke umntu iKrisimesi eMyoli noNyaka oMtsha oyokozela amathamsanqa. Wonke umntu uxhalatyiswe yimbalela ethe yasithwaxa kulo nyaka nekubonakala ngathi iseza kuzinza kulo mhlaba wethu. Ndiyazi ukuba abahlali bethu abaninzi basebenze nzima bezama ukulondoloza amanzi. Abanye abahlali abathathi nxaxheba itheni kule mizamo, kodwa abantu abenjenjalo baya kuhlawuliswa okanye bancitshiselwe ukuhamba kwamanzi abo xa beqhubeka nokusebenzisa amanzi ngendlela engeyiyo nangona kukho izithintelo ezingqingqwa zeendlela zokusetyenziswa kwamanzi. Umasipala uluthatha njengento ebaluleke kakhulu ukhuseleko ezindleleni ngezi holide zehlobo. Ezona zizathu ziphambili zeengozi zendlela kukuqhuba ngokungakhathali, ukubhala imiyalezo ngelixa uqhuba, ukubalekisa kunye nokuqhuba uphantsi kweempembelelo zeziyobisi okanye utywala. Ndiyanibongoza bahlali bethu ukuba nizinxweme ekwaphuleni imithetho yendlela. Ukwaphula imithetho yendlela lulwaphulomthetho, yaye singathanda ukunibona ezi holide nizichitha emakhaya nezihlobo nabahlobo, endaweni yokuzichithela eziseleni. IKrisimesi lithuba lokubulela, esithi ngalo sikhumbule uThixo njengoMkhanyiseli noMsindisi wethu; sikhumbule indawo yethu njengabakhonzi nabafundi bakhe. IKrisimesi lixesha lokuxolela, apho samkela abahlobo bethu nabantu basemzini ngokufanayo, sisabelana ngothando lukaThixo kwanonyamezelo olungaphele ndawo. Nangona ii-ofisi zethu zizakube zivaliwe okwexeshana ngelilixa lonyaka ukusukela ngomhla we 22 Dec - 6 Jan, kodwa ke igumbi lethu loqhagamishelwano inombolo (023) 316-2328/9 liyakube livuliwe iyure ezingama24 kulungiselwa iinkonzo ezingxamisekileyo kunye neenkonzo ezibalulekileyo Amagosa endlela naboMthetho nyanzeliso waseWitzenberg masipale ziyakube zisebenza kuqinisekiswe ukulandelwa komthetho kuqinisekiswa ukuba wonke ubani uyalonwabela eli xesha lonyaka lokonwaba.

OP 10 Desember het Ceres Gemkor-kantoor hul 16 Dae aktivisme van geen geweld teen vroue en kinders veldtog afgesluit. Kapt. Lombaard van Ceres GKS het ‘n praatjie gelewer en 22 toesig-gevalle is toegespreek deur suster Solomons en mev. Clark.

☎ (023) 315-5003 ✉ 35 CERES 6835

SEISOENSPOS: VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei. HOOFFUNKSIES: • Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers • Laai van palette in tonnelkamers en rakke • Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers • Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors • Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take DIE IDEALE KANDIDAAT MOET: • Geldige rybewys van vurkhyser lisensie toon • Ondervinding hê van ry in koelkamers • Verwysings van vorige werke ‘n vereiste ONS BIED DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT: • Markverwante loon • Gunstige werksomstandighede SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 22 Desember 2020 AANSOEKE KAN GESTUUR WORD AAN: lizette@cereskoelkamers.co.za Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word. VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Lizette Mostert (023) 315-5003

Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos ontstaan:

INSTALLASIE ELEKTRISIËN

Vereistes: • Enkelfase toetser sal tot voordeel wees, maar is nie ‘n vereiste nie • Opleiding moet voldoen aan ELCONOP 2 vereistes • Moet ondervinding van elektriese werk hê • Kennis en ervaring van werksaamhede in ‘n tegniese omgewing sal ‘n aanbeveling wees • Aansoekers met ‘n bestuurderslisensie sal voorkeur geniet • Hardwerkend, goeie gesondheid, betroubaar en sober gewoontes • Handvaardig en moet as deel van ‘n span kan werk • Moet bereid wees om oortyd te werk. Salaris is onderhandelbaar en vergoeding sal tydens die persoonlike onderhoud bespreek word. CV’s met aangehegte gewaarmerkte afskrifte van dienssertifikate, kwalifikasies, ID en rybewys moet by die aansoek aangeheg wees en gestuur word na: careers@jptek.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 18 Desember 2020 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik


WITZENBERG HERALD

3

Friday, December 18, 2020

Raadslid in hof weens diefstal CERES inwoners het Saterdagoggend wakker geskrik toe die Netcare 911 noodhelikopter baie laag oor huise gevlieg en by Ceres Netcare kom land het. Hulle het ‘n jong manlike pasiënt kom haal wat ernstig aangerand is. Hy is oorgeplaas na die Blaauwberg Netcare hospitaal. Dié Netcare 6 helikopterambulans het net voor 04:00 by Ceres Netcare hospitaal geland en ‘n uur later weer vertrek. * Geen verdere inligting is deur die hospitaal bekend gemaak nie en dit is nie bekend wat sy mediese toestand tans is nie.

DIE Wolseley SAPD in samewerking met die teenbende-eenheid en die Breederivier K9honde-eenheid het Dinsdag 15 Desember ‘n misdaadoperasie geloods. Die polisie het met deursoekingslasbriewe toegeslaan op nege verskillende persele op die dorp. ‘n 39jarige verdagte is gearresteer weens die besit van tik en mandrax. Twee minderjariges van 15 en 16 jaar oud is met sewe kaste bier betrap. Die 43-jarige eienaar van dié drank, is ook gearresteer. Sy word aangekla van handel in drank sonder lisensie, oortreding van die drankwet en die verskaffing van drank aan minderjariges.

‘n RAADSLID van die Witzenberg munisipaliteit en ‘n arbeidsmakelaar en pastoor van die streek, het weer met die gereg gebots. Die keer weens diefstal. Petrus Heradien (53) het Donderdag 10 Desember in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die diefstal van staatseiendom. Die diefstalklag teen Heradien spruit uit ‘n ondersoek wat ‘n verteenwoordiger van die departement van publieke werke geloods het nadat hulle ‘n klagte ontvang het in Oktobermaand waartydens plavleistene ter waarde van nagenoeg R2000 op die middelmannetjie by die Tulbaghweg-kruis-

PETRUS Heradien, raadslid van Witzenberg munisipaliteit.

ing op die R46 gesteel is. ‘n Diefstalsaak is by die Tulbagh polisie geregistreer op 21 Oktober waarna Heradien aangekla is. Uitgestel Die saak is tot 8 Maart 2021 uitgestel vir verhoor. COVID-19 oortreding en ondersoek Raadslid Heradien het ook tydens die inperkingstyd met die gereg gebots. Hy het agt seisoenwerkers na ‘n dorp in die Noord-Kaap vervoer en inperkerkingmaatreëls en rampbestuurwetgewing oortree. Hy het sonder die nodige permitte probeer om dié werkers wat oorspronklik van Calvinia en Fraserburg se omgewing is, na Calvinia te neem. Hulle was sedert Januarie 2020 werksaam in die Witzenbergstreek. Heradien is eers deur Citrusdal polisie aangesê om terug te draai waarna die groep na Calvinia is. Die polisie het hulle ook op Calvinia voorgekeer en terug oor die Wes-Kaap-grens begelei. Heradien het egter ‘n ent verder met die werkers omgedraai en na Vanrhynsdorp gery. Daar het hy die ses mans en twee vroue in die straat afgelaai en elkeen blykbaar net R100 gegee. Billy Claasen, direkteur van die Organisasie vir Landelike en Plaaswerker Ontwikkeling, se hulp is ontbied. Hy het met die hulp van die polisie en amptenare van die Matzikama munisipaliteit, die agt werkers na Vredendal geneem waar hulle vir die COVID-19 virus getoets is en na plek van veiligheid gebring is. Claasen het Maandag 20 April ‘n klag by die Vanrhynsdorp polisie ingedien ingevolge oortreding van die rampbestuurwet.

THANK YOU Baie dankie vir u lojale ondersteuning deur die jaar. Mag dit vir elkeen van u ‘n Geseënde Feestyd en voorspoedige 2021 wees. GESLUIT: 25 Desember 2020 en 1 Januarie 2021

☎ (023) 312-1916

☎ (023) 316-2463

Besoek ons vir: • Mosbolletjies • Seed loafs • Ciabatta • Baguette • Sourdough • Rye • Specialty brode en vele meer Baie dankie vir elkeen se getroue ondersteuning deur die jaar. Geseënde Feestyd word u elkeen toegewens. BEDRYFSDAE: OOP: 24 Desember 2020 tot 13:00 GESLUIT: 25, 26 en 27 Desember 2020 OOP: 28 - 31 Desember 2020 tot 13:00

☎ 060-911-9535, Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

for your generous support! We wish you all a prosperous festive season.

087 095 361 7 INTEGRATED TECHNOLOGY SOLUTIONS I WWW.JPTEK.CO.ZA I INFO@JPTEK.CO.ZA


4

WITZENBERG HERALD

'n Groot seder het geval

Bekende inwoner sterf IRIS Wesson (81), ‘n bekende en jarelange inwoner van Ceres, is verlede Vrydag 11 Desember na ‘n kort siekbed in die Ceres Netcare hospitaal oorlede. Iris is in Engeland gebore. In 1963 trek sy van Kaapstad na Ceres waar sy al die jare woon. Die afgelope 20 jaar het sy in haar eie huisie by Ceres Tuiste gebly. Iris was die moeder van Shannon en Pietie Wolfaardt, David en Arauna Wesson en Wendy en Stefan Rohrer. Sy was ook ‘n wonderlike “Granny” vir Frances, Sebastian en Emily, Adrian, Justin, Alexander en wyle Christian en die trotse oumagrootjie van klein Alistair. Iris sal onthou word vir haar sagte en liefdevolle geaardheid. Sy het haar altyd oor ander ontferm. “Ons onthou die vonkel in haar pragtige blou oë wat altyd haar lewenslus weerspieël het. Sy sal baie gemis word deur haar kinders, familie, vriende en almal wat haar geken het”. Diens later Weens die groot risiko verbonde aan COVID-19, sal daar nie nou ‘n begrafnisdiens vir Iris gehou word nie. ‘n Viering van haar lewe sal op ‘n latere stadium gehou word wanneer omstadighede JOHN Albert Peres beter is. (67).

Arionstraat 6, Posbus 786, CERES, 6835 ☎ (023) 312-3450, Faks: (023) 312-1997 beadre@dupauto.co.za, debiteure@dupauto.co.za

Gear Corporation 500cc ☎ (023) 312-1717 Arie 082-495-9959 arie@cvc-ceres.co.za Carel 082-823-6707

CERES LANDBOU MIDAS

‘n GROOT seder het geval.

John Albert Peres (67) of Plom soos hy regoor die Witzenbergstreek bekend was, het Sondag 13 Desember vreedsaam gesterf na hy sy stryd teen kanker verloor het. Paul Peres, John se pa, was die stigter van Peres en Seuns, een van die eerste busdiens maatskappye in die Ceres omgewing. John was later ‘n uitvoerende direkteur van die onderneming. Die Peres-familie was woonagtig in Morrisdale - ‘n plekkie wat bekend staan as ‘Die Gat’. Vroeër jare toe die eerste inwoners na Bella Vista getrek het, is die busdiens gebruik om mense na Ceres te vervoer in samewerking met taxi-eienaars soos Willie Nasson en David Gatyene. Die busdiens het later ook werkers van al die fabrieke vervoer asook munisipale werkers, verskeie kerkgroepe, toergroepe, verskeie werkers van plase na Transkei, asook leerders van byna al die skole in die streek. Plom het die gemeenskap gedien.

Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe en baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2020. DIE Katolieke gemeente op Ceres is in rou na die skielike dood van vader Hermanus Swartz (53). Hy is in 1995 geordend in die Katolieke kerk.

 (023) 312-1707 Faks: (023) 312-1706

WASTE REMOVAL SCHEDULE DURING FESTIVE SEASON 2020 DAY

DATE

SERVICE

SERVICE AREA

Wednesday

16 Dec. 2020

Service continue as normal

Tulbagh town including all businesses

Service continue as normal

Wolseley and Op-dieBerg including all businesses. Also P.A. Hamlet area, Waterval and Swanebergpark

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

CHRISTMAS

No Service

SERVICE TYPE • Black & Green bags removal and business districts • Skips

Thursday

24 Dec. 2020

Friday

25 Dec. 2020 No Service

Monday

28 Dec. 2020

Service continue as normal

Ceres town including Cilliers- and Retief Street and Oosterlig Industrial zones

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Tuesday

29 Dec. 2020

Service continue as normal

Bella Vista and Nduli area and all businesses

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Wednesday

30 Dec. 2020

Service continue as normal

Tulbagh town including all businesses

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Thursday

31 Dec. 2020

Service continue as normal

Wolseley and Op-dieBerg including all businesses. Also P.A. Hamlet area, Waterval and Swanebergpark

• Black & Green bags removal and business districts • Skips

Friday

1 Jan. 2021

No Service

NEW YEAR

No Service

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

Friday, December 18, 2020

Een van sy mees bekendste busse was natuurlik ‘n luukse toerbus, Coconut Express. Hy het baie beginners in die vervoerbedryf in Ceres gehelp om hul drome te verwesenlik. Vroeër vanjaar is lewerkanker by hom gediagnoseer. John was ‘n boorling van Ceres, gebore in die vyftigerjare en vierde oudste kind van Paul en Maria Peres. Begrafnisreëlings Die begrafnis vind Saterdag 19 Desember plaas.

PATRICK (Pattie) Thomas (56), oudinwoner van Ceres, het Saterdag 12 Desember aan COVID-19 gesterf. Patrick was welbekend en geliefd in Ceres. Hy was ten tye van sy dood ‘n elektriese kontrakteur in Worcester. Hy was baie lief vir sy werk en het gelewe vir sy gesin en familie. Daar sal ‘n regstreekse uitsending (live streaming) van sy roudiens op Sondag 20 Desember om 12:00, vanaf die VGK Worcester-Suid gemeente wees.

Kersfees 2020

‘n Geringe teken - ‘n Wêreldwye uitwerking IN Lukas 2:12 bring die engel die boodskap aan die skaapwagters: En dit is vir julle die teken: julle sal ’n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê. Kersfees het oor die jare opgebou tot een van die grootste ekonomiese inspuitings wat die wêreld op enige tydstip van die jaarkalender ervaar. Winkels word al van vroeg in November opgemaak en oral maak mense reg vir Kersfeespartytjies. Ons hoor die Kersfeesmusiek in elke winkelsentrum en die jinglebells laat alles groots en feestelik klink. Aan die een kant is dit wonderlik dat die wêreld so grootskaals meegevoer raak, want die boodskap waaroor dit in die Kersverhaal gaan, is lewensveranderend en ingrypend. Maar dan weet ons terselfdertyd ook dat die Kersverhaal soos dit in die Bybel voorgehou word, eintlik in groot eenvoud geskied het! Die boodskap waarvan Lukas praat, is wel deur ‘n Hemelse engel oorgedra, maar dit was aan skaapwagters en die teken wat vir hulle die geboorte sou bevestig, was ‘n kindjie wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê. Die eerste gehoor was nie ‘n uitgelese gehoor nie, inteendeel! Die teken van God se redding vir ‘n hele wêreld, was nie die brute mag van ‘n Hemelse leërskare nie! Trouens, die mense rondom die geboorte en die tekens van daardie eerste kersnag was maar uiters gering - so gering, dat baie dit misken. Maar soos 2020 ons geleer het, moet ‘n mens nie die dag van klein dingetjies gering ag nie! (Sag 4:10) Gedurende 2020 is mense se lewe op hierdie planeet radikaal verander deur iets so nietig dat ‘n mens dit nie eers met die blote oog kon sien nie. Iets uit die onsigbare werklikheid het die mens se lewe, met al sy beplanning, heeltemal omvergegooi. Een van die grootste gebeurtenisse op hierdie aarde, die Olimpiese Spele, met sy biljoene rande se begroting, moes sy deure vir eers toemaak! Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie - nie wanneer dit in Gods hand is nie! In God se hand raak klein en eenvoudige dinge, ook die van ‘n klein kindjie in ‘n krip, ‘n wêreldwye beweging vol krag. Miskien is dit iets van hierdie geheimenisvolle krag wat ons na al die eeue steeds sien deurspoel - selfs in die ekonomie? Maar die eintlike krag, dit weet gelowiges, is die redding en die liefde en die hoop en vrede wat Kersfees bring. Daarvan kan elkeen van ons, al voel ons so gering soos ‘n koringkorrel, ‘n draer raak...... met groot vrug! ‘n Geseënde Kersfees word vir jou toegewens! Ds.Pierre Marais, Ceres Moedergemeente


WITZENBERG HERALD

5

Friday, December 18, 2020

Drie Wolseley hofsake word uitgestel

DRIE Wolseley hofsake is verlede week na 2021 toe uitgestel. In die eerste geval is die aanrandingsaak teen ‘n inwoner van Wolseley, na 28 Januarie 2021 uitgestel vir moontlike mediasie. Morné Nel (29) word daarvan aangekla dat hy ‘n ander inwoner ernstig aangerand het. Sy borg van R1000 is verleng. Hy moet aan streng borgvoorwaardes voldoen. Hy moet ondermeer in Worcester gaan bly, elke dag (eenkeer per dag) by die Worcester SAPD aanmeld en hy mag geen kontak met staatsgetuies hê nie.

Nel se hofverskyning spruit uit die aanrandingvoorval wat op 22 Augustus omstreeks 23:30 op die Kluitjieskraalpad plaasgevind het. Perlemoensaak Twee mans wat in Oktobermaand tydens ‘n klopjag deur die Valke met byna R1 miljoen se perlemoen op Wolseley betrap is, se borgaansoek het misluk. Die twee mans, Hisra Mohammad (34) en Nestcy Milion (28), se borgaansoek is talle kere uitgestel en op 9 Desember is dit afgekeur.

Die Valke se ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad het op 8 Oktober saam met misdaadintelligensie, ‘n spesiale taakspan en beamptes van landbou, bosbou en visserye ‘n klopjag op die plaas Knolvlei uitgevoer. Hulle het toegeslaan en dié twee buitelanders, gearresteer nadat daar meer as R970 000 se perlemoen by ‘n woning op die plaas gevind is. Baba sterf ‘n Baba van 8 maande is in Oktobermaand dood nadat ‘n man op haar pa geskiet het.

Volgens die Wolseley polisie het die skietvoorval net na 19:00 in Pine Valley gebeur. Anegugu Mini het gesterf en haar pa, Silulami Kasmeni (32), wat haar vasgehou het, is in sy arm gewond. Inligting dui daarop dat daar ‘n konfrontasie en bakleiery was tussen vier mans en Kasmeni oor iets wat dié betrokke naweek sou gebeur het. ‘n Ooggetuie het later Relebohile Konyena (34) as die skieter uitgewys waarna die polisie hom gearresteer het. Konyena moet weer op 20 Januarie 2021 in die Wolseley landdroshof verskyn.

Eerste prioriteit moet wees - Bly veilig MENSE in die Kaapse Wynlandstreek berei hulle voor om die somer en feestyd te geniet, maar dit moet almal se eerste prioriteit wees om veilig te sosialiseer. Die hoeveelheid mense in die streek wie COVID-19 onderlede het, neem steeds toe. So ook die druk op gesondheidspersoneel en -fasiliteite.

Statistieke Teen Maandag 14 Desember is daar sedert die uitbreek van die pandemie al 2237 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld, ‘n styging van 235 net die afgelope week. Hiervan het 1751 volkome herstel. Daar is tans 406 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 5125 (tot 14 Desember), daar is 156 171 positiewe gevalle aangemeld en 125 854 het herstel. Tagtig (80) Witzenberg-inwoners het sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek weens die virus gesterf. Drie persone het die afgelope week gesterf. Wees slim

● Vermy plekke wat oorvol is, plekke met

swak ventilasie, oorvol plekke en beknopte binneshuise ruimtes waar ‘n nabye kontak met ander mense nie vermy kan word nie. ● As jy by ‘n sosiale geleentheid aankom en jy sien dat maatreëls om COVID-19 te stuit nie nagekom word nie, rapporteer dit aan

Ceres Alarms & Guarding Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe en baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2020.

Toets asseblief u alarm vroegtydig sodat ons die nodige tegniese regstellings kan maak voor die feestyd begin. Skakel asseblief ons beheerkamer by ☎ (023) 316-1117

die plaaslike munisipaliteit en polisie en gaan huistoe. Hoe meer mense bymekaar is, hoe groter is die kans vir COVID-19 om vinnig te versprei. ● Verkla openbare vervoerverskaffers by *134*234#. ● Besighede kan anoniem aangegee word by www.coronavirus.westerncape.gov.za Wie word vir COVID-19 getoets? Let daarop dat daar verskillende toets-strategieë is in die Kaapse middestad en in meer landelike omgewings soos die Kaapse Wynland. In die Kaapse Wynland word die volgende mense vir COVID-19 getoets: ● Almal met COVID-19 simptome (insluitend gesondheidswerkers en mense wat bymekaar gegroepeer is, soos in ouetehuise, korrektiewe dienste fasiliteite, koshuise, ens. ● Almal wie geskeduleer is vir ‘n operasie ● Gesondheidswerkers wie in kwarantyn is

en teen dag sewe nie simptome gehad het nie (sodat die persoon kan terugkeer na

die werk)

● Mense wie voorheen positief getoets het

vir COVID-19 en meer as 90 dae later weer COVID-19 simptome ervaar ● Mense wie tuis gesterf het en COVID-19 simptome gehad het Sonder jouself af deur gebruik te maak van Wes-Kaap Regering Gesondheid en vennote se kwarantyn/isolasiefasiliteite (023) 316-9600 of doen dit tuis deur: ● In ‘n aparte kamer te bly en te rus ● Uit te kyk vir simptome soos ‘n hoes, seer

keel of koors. As jy simptome ontwikkel of sieker word, bel jou gesondheidswerker of (021) 928-4102.

● Praat met gesondheidwerkers oor

wanneer jy jou afsondering kan beëindig. COVID-19 versprei deur die fyn druppeltjies wat die lug inbeweeg wanneer mense praat, hoes of nies. Jy kan dit inasem as jy nie ‘n masker oor jou mond en neus dra nie. Enige persoon kan COVID-19 versprei - ook jongmense.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

nuusbrokkies Suerica Claudine Roberts

Dr Johnson Lexie 27/12/2012 - 03/12/2020

Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

John Albert Peres (oom Plom) 1953/06/21 2020/12/13

John Albert Peres (oom Plom)

Reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

John Albert Peres (oom Plom)

1953/06/21 - 2020/12/13 Thank you for your unconditional love and acceptance, thank you for YOU. We will miss you everyday and carry you with us always in our hearts.

John Albert Peres (oom Plom)

1953/06/21 - 2020/12/13

Aan ‘n wonderlike, nederige, liefdevolle, legendariese pa, oupa, en skoonpa. Jy was inderdaad ‘n anker, ‘n rots en veilige vesting. Rus sag liefste Pappa. Van Porcia, Wallaceley, Joshua en Ava

John Albert Peres (oom Plom)

Pretorius gesin Wolseley

DIANA

is there to help: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court & Divorce cases • Pay after job is done

Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry

Skakel of Whatsapp

074-466-5760

078-332-8932 Mariana Jansen Privaat begrafnis: Sat. 19 Des. 2020

Van jou vrou Fien

Hanna (Hannie) Krotz

We love you from Carm and René

1956/12/08 - 2020/12/11

1953/06/21 - 2020/12/13 My eggenoot, my vriend, my alles. My hart is stukkend. Jou plekkie langs my is nou leeg. Ek kan nie genoeg dankie sê vir ‘n lewe vol mooi herineringe, wat ek met jou kon deel nie. Rus sag my man.

Dit is reeds 1 jaar sedert jy ons so skielik verlaat het. Dit is nog so bitter seer en ons mis jou, maar ons weet ons Hemelse Vader het jou meer nodig gehad. Ons weet jy is veilig daar. Al ons liefde, ons grapmaak kind. Van Daddy, Mammie, Eaton, Dyllan, Chelse, asook die Van Wyk, Baron en Jiemies families

Privaat begrafnis: Sat. 19 Des.

Roudiens: 17/12/2020 om 19:00, Peres Saal, Bella Vista Huis: Besigtiging vanaf 08:30, Cillierstraat 9, Ceres Kerk: Registrasie 09:30 en diens begin 10:00, St. Matthews, BV Graf: Bella Vista

1991/03/27 - 2019/12/19

8 Jaar oue Bluepoint Siamese kat was vermis vanaf Donderdagaand 3 Desember. “Ons is baie hartseer oor hy wat nie meer met ons is nie”.

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson.

Slegs 100 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Huis: 09:00, Medanistr.11, Pine Valley, Wolseley Kerk: 09:30, St Johns, Wolseley Graf: Wolseley

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Lawrence Swartz 11 Desember 2020

Memorial Service 22 December 2020 at 11:00 St James the Great Anglican Church, Worcester Aan my geliefde Lawrence. Ek dank God vir jou toewyding aan Hom en weet dat jy by Hom is. Ek gaan jou verskriklik mis. Jy is vir altyd in my hart.

Van Shareldine

Patrick (Patty) Thomas 1964/04/05 - 2020/12/12

24/11/1957 - 18/12/2017

Op 18/12/2017 het ons Liewe Jesus, hierdie prag-stuk kom haal. God het Mammie, meer nodiger gehad. Die seer en pyn sal nooit verdwyn. Mammie sal altyd voortleef in ons harte. Mis Mammie nog elke dag. Jou man John, kinders en kleinkinders

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp

071-707-2066

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

1953/06/21 - 2020/12/13

In loving memory of our dad, Pa Plom, a man with a heart of gold. Your place is empty, your voice is still, but with love and warmth in our hearts we’ll always treasure all you’ve done. Thanks for all the beautiful memories and pieces of gold you’ve left behind. Gone but not forgotten. Love you always. From Huhg-Marie, Denver, Ross and Garrath

John Albert Peres (oom Plom)

1953/06/21 - 2020/12/13 My liefste Pa. Woorde is in hierdie tyd is maar min, want die seer is verskriklik groot. Jy was enig in jou soort. ‘n Baie groot gedeelte van my lewe is nou weg. Ek is dankbaar vir die Here vir jou. Ek sal jou nooit vergeet.

Van Grant

Roudiens: Sondag 20/12/2020, om 12:00, VGK Worcester-Suid Privaat Verassing

Ons kon nie vir ‘n beter mens in ons lewens wens nie. Patrick jy was enig in jou soort. Ons sal altyd lief wees vir jou.

Habakuk 3:17-19

Van Thomas en Van Rooi families

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het Donderdag 10 Desember hul derde maandkompetisie aangebied. Die maand en kategorie wenners is ook aangewys. Die selfoon maandonderwerp wenner: Karoo - Yvette Dumas.

DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het Donderdag 10 Desember hul derde maandkompetisie aangebied. Twee ster sertifikate is aan Hester Truter, Yvette Dumas en Trevor Felix oorhandig. VLNR: Louise de Lange, Hester Truter, Yvette Dumas, Sophie Hendriks, Anrie van der Walt, Trevor Felix en Jaco Burger.

JOERRIE Swarts, word versoek om dringend met die kliniek op P.A. Hamlet in verbinding te tree. Hy het iets in ‘n taxi vergeet waarna die verlore artikel by die kliniek ingehandig is. Hy kan (023) 814-2600 skakel. THERESA Adriaans van Kaapstad vra inwoners van die streek om te help om haar broer, Neil Ruiters (gebore 7 Februarie 1977) op te spoor. Indien iemand weet waar Neil hom bevind, kan hulle Theresa skakel by 082-546-7289. Hy is laas gesien in die P.A. Hamlet- en Ceres-omgewing. YOUNG Good Hope RVK se algemene jaarvergadering vind plaas op Saterdag 19 Desember in die Bella Vista jeugsaal (langsaan sportgronde). Die vergadering begin om 14:00. Bring ook jou ID-dokument saam vir registrasie. Regula-

Friday, December 18, 2020

sies moet nog steeds gehandhaaf word soos die dra van maskers, hande was en veilige afstand. Vir navrae skakel Des van Wyk by 082-574-7932. DANKIE aan Charl du Plessis en sy span wat die afgelope paar maande goeie werk gedoen het om die dorpspaaie te herseël en ander herstelwerk te doen. Julle bewys dat nie alle munisipale projekte op tender hoef uit te gaan nie. Aan al die ander munisipale werkers wat elke dag getrou op hul pos is, die Witzenbergstreek sien dit raak en sê dankie daarvoor. CANSA Relay For Life Witzenberg organiseerders nooi alle ou en nuwe spanne uit om in 2021 te kom deelneem en om ‘n span in te skryf. Skakel vir Gerrit Kortjé by 083-435-8006 of Jadrey Skippers by 063-6231525. ADOPT a Museum Project Stuur 'n e-pos na togryers museum@gmail.com


WITZENBERG HERALD

Friday, December 18, 2020

7

Inwoner sukkel al twee jaar met Eskom ‘n INWONER van P.A. Hamlet sukkel die afgelope twee jaar met Eskom rakende ‘n ondergrondse kragkabel wat krag na hul huis moet neem. Die Eskom-kantoor op Ceres moet die herstelwerk kom doen maar het talle verskonings. ‘n Tydelike kabel wat aan bome hang is oor Kareelaan gespan en met isolasieband toegedraai. Dit is onveilig vir die inwoners en kinders in die straat. Die vullisverwyderings vragmotor moet weekliks die kabel oplig met besems om deur te ry sodat die vullis opgetel kan word. Die kabel wat ondergronds gelê moet word, is egter die verantwoordelikheid van Eskom aangesien hulle die kragverspreider is op P.A. Hamlet. Die Witzenberg munisipaliteit het die nodige deurgangsreg-aansoek al in Augustus 2019 opgestel maar Eskom Ceres het dit eers in Oktober 2020 ingedien. Daar is nog uitstaande regulasies waaraan Eskom moet voldoen.

Autumn Storm Investments 90 (Edms) Bpk

Herstel van maatskappy Kennis geskied hiermee deur: Carin Vosloo (ID: 640121 0122 08 5) en Alberto Leite Domingues (ID: 640224 5081 08 0) dat hul by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) gaan aansoek doen om die herstel van Autumn Storm Investments 90 (Edms) Bpk (Reg: no. 2004/015555/07). Besware hierteen kan by die kommissie ingedien word by CIPC, Posbus 429, Pretoria, 0001, binne 21 dae van die datum van hierdie kennisgewing.

VEILINGSKENNISGEWING

In die saak tussen: Johanna Mankopan Applikant en Cereskaroo Farm Trust Eerste Respondent William James Gibson Tweede Respondent Saaknommer: LCC 19/2018 vir die veiling van 60 (sestig) bokke. Geleë te: Amper-Boplaas, Droëhoek, Ceres op 18 Desember 2020 om 12:00. Besigtiging en registrasie vanaf 11:00. Voorwaardes: Bewys van adres en afskrif van ID benodig vir registrasie. Diere word voetstoots verkoop. Koper moet onmiddellik na veiling betaal, geen BTW. Koper verantwoordelik vir verwydering van diere na veiling. NIEMAND SAL SONDER MASKER TOEGELAAT WORD NIE. WA HICKS Waarnemende Balju Ceres (023) 312-3999 of 071-863-2409

Eskom antwoord Eskom sê in ‘n verklaring hulle is bewus van die probleem en die tydelike kabel oor Kareelaan. Die kabel was ‘n tydelike oplossing terwyl hulle vir die deurgangsreg toestemming (wayleave) van die munisipaliteit vir ‘n ondergrondsekabel wag. Volgens Eskom voldoen die tydelike kabel aan veiligheidstandaarde. Die deurgangsreg is nodig om die uitgrawing te doen. Sodra Eskom se aansoek goedge‘n INWONER van P.A. Hamlet sukkel die afgelope twee jaar met keur is, kan die herstelwerk gedoen word. Eskom rakende ‘n tydelike kragkabel wat krag na hul huis in KaEskom vra die huiseienaar omverskoning vir die gesloer met die reelaan moet neem. aansoek.


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, December 18, 2020

Witzenberg Herald

DIE sesde Munga bergfietsren oor meer as 1100 kilometer vanaf Bloemfontein tot op Wellington, het Maandag 7 Desember ten einde geloop. In hierdie moordende uithouwedren het fietsryers 120 uur om die afstand te voltooi. Pierre de Jager het in ‘n skitterende 15de plek klaargemaak in 79:07:00. Pierre het met sy deelname aan die Munga 2020 gehelp met ‘n geldinsamelingsprojek vir die 61 Meg Makkerhulpfonds. * Die prestasie is die Witzenberg Herald se sporthoogtepunt van 2020.

FOTO: Erik Vermeulen

Alvinne Minnaar wen kompetisie met 69 houe

Cherry Time rolbaltoernooi 'n groot sukses

DIE individuele houespel (medal) kompetisie is Saterdag 12 Desember deur Alvinne Minnaar met 68 houe gewen. Carel Cronjé en Willie van Heerden was onderskeidelik tweede en derde, ook met 68 houe. JanPagel Hanekom was in die vierde plek met 69 houe.

DIE jaarlikse Dutoit Agri Cherry Time rolbaltoernooi was weer ‘n groot sukses. Spanne sover as Caledon en Velddrif het tussen 5 en 6 Desember aan die toernooi deelgeneem. Die Robertson-span het die dag gewen. VLNR: John Koch, Adrian Esau, Jimmy Wright en Sunette de Villiers. By hulle staan Mike Kleinsmidt (verteenwoordiger van Dutoit Agri).

FESTIVE SEASON OPERATING DATES The Witzenberg municipal offices will close for the festive season on 22 December 2020 at 13:00 and will re-open on 6 January 2021. Emergency and service delivery teams will be on standby during this period. Contact the Witzenberg Municipality Control Centre on (023) 316-2328/9 for emergencies and service delivery complaints.

BEDRYFSDAE OOR DIE FEESSEISOEN Witzenberg se munisipale kantore sal op 22 Desember 2020 om 13:00 vir die feesseisoen sluit en sal weer op 6 Januarie 2021 heropen. Nood- en diensleweringspanne sal gedurende hierdie tydperk bystanddiens verrig. Skakel Witzenberg Munisipaliteit se Beheersentrum by (023) 316-2328/9 in geval van nood of vir klagtes oor dienslewering.

AMAXESHA USEBENZA WELILIXA LONYAKA Ii-ofisi zikaMasipala waseWitzenberg zizakuvala ngomhla wama 22 kweyoMnga 2020 ngentsimbi yesi 13:00 Ziyokuvulwa ngomhla we 6 weyoMqungu 2021. Iinkonzo zikaxakeka namagosa ethu ziyakuba zime ubume zilindele okungekenzeka ngelilixa. Tsalela iziko loqhagamishelwano likaMasipala was Witzenberg kule nombolo (023) 316-2328/9 ezingxamisekileyo nezikhalazo malunga neenkonzo. D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER UMPHATHI KA MASIPALA 50 Voortrekker Street P.O. Box 44, CERES, 6835

DIE jaarlikse Dutoit Agri Cherry Time rolbaltoernooi was weer ‘n groot sukses. Die toernooi het tussen 5 en 6 Desember plaasgevind. Dié span was in die tweede plek. VLNR: Edwill Adonis, Brazler van Schoor, Engela Lambrechts en Petula Fortuin. By hulle staan Mike Kleinsmidt (verteenwoordiger van Dutoit Agri).




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.