WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 49
R7.50
Friday, December 17, 2021
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Desember
Vrydag 17 Desember
Saterdag 18 Desember
8° 29°
8° 24°
CERES (023) 312-2144
Die Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 17 Desember 2021 en heropen op Maandag 10 Januarie 2022.
Sondag 19 Desember
13° 35°
Since 1997
17° 32°
Ceres Koekedouw dam
A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
Ons wens u en u gesin die vreugde van ‘n wonderlike feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2021.
99,4%
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner)
☎ (023) 004-1338 l 082-335-8331 nboshoff@mastheadfp.co.za l www.mastheadfp.co.za
Aan ons kliënte, mag julle ‘n Geseënde Christusfees beleef en ‘n Voorspoedige 2022. Baie dankie vir al die ondersteuning deur die jaar.
Lesing: 2021/12/15
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Vyf renosters geskiet
VIER renosters is verlede Woensdagaand op die private wildreservaat Inverdoorn doodgeskiet. ‘n Vyfde renoster is in die kop gewond. Die stroopvoorval het oor die land en in die buiteland reaksie en woede uitgelok en kom in ‘n slegte tyd waar die toerismebedryf en privaat reservate reeds swaar deur ‘n internasionale reisverbod getref is. Dié renoster koei wat in die kop geskiet is, is die naweek deur veeartse op Inverdoorn ondersoek. Sy is op ‘n drup gesit en haar beserings en vordering word dopgehou waarna daar sal besluit word wat is die beste behandeling vir haar. Vier verdagtes is ook vasgetrek. * Lees berig op bladsy 3. FOTOS: Inverdoorn FB-blad
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 23 - 26 DECEMBER 2021 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226
SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 20:00
TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 20:00 Sat 09:00 - 17:00
800g Bakers Snacktime
79
Mosbolletjie bread
99
1499
each
each
Spar UHT Milk 6x1L Full Cream, Fat Free or Low Fat
2 FOR
13900
9999
750ml
p/kg
Chicken spatchcock
45
8499 p/kg
99
29
99 each
5
3500
2 FOR
p/meal
DC Ham + Tongue
p/kg
Mango’s Potato 7kg bag
Brookes 2L Oros ass.
SUGGESTION
p/kg
Stewing Beef
Spar Butcher’s Best Red or Smoked Viennas 500g
3 FOR
25
00
Wild Africa Cream 750ml
129 5999 99
Chicken breast fillet with mushroom Spar IQF mixed sauce, mixed salad + cocktail roll Chicken portions with Brine based SERVING mixture 5kg
46
99 p/kg
Litchi 500g punnet
29
99 each
159
99 each
Blueberry 125g tubs
2 FOR
2000
65
00
Nestlé Caramel Treat range 360g
2499 each
29 99 24 99
and thank you for your loyal support
Spar Puff Pastries Pies 6x160g ass.
PER MULTIBUY
10
120 00 110 00
KWV 3 Year Old Brandy 750ml
Pork leg roast
14499
T-Bone + Clubsteak bulk
2 FOR
5000
All Gold Tomato Sauce 700ml
22000
Castle lite dumpies 24 x 340ml
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, December 17, 2021
Bejaardes word bederf ‘n PAAR vriendinne en hul kinders het vanjaar weer ingespring en Liesl Nortjé van Dutoit Groep gehelp met haar 2021 kersprojek. Na verlede jaar se sukses, is daar besluit om die inwoners van Maudie Kriel te bederf met ‘n kniekombersie en ‘n waslappie met ‘n bybelversie op. Die geskenkies is Sondag 12 Desember aan die 81 inwoners uitgedeel en elke inwoner het ook ‘n kersprent van die kinders ontvang wat hulle ingekleur het. Die personeel het ook elkeen koekies en ‘n waslappie ontvang.
WITZENBERG APD het Dinsdag 7 Desember hul nuwe Boerseep-projek bekendgestel. Die projek het vroeër vanjaar afgeskop toe die Togryers museum befondsing van Paardekraal Oos Windplaas ontvang het om in vennootskap te gaan met WAPD. Die doel van die projek is om WAPD te bemagtig om ‘n volhoubare inkomste te genereer met die verkope van boerseep wat deur vrywilligers en kliënte van WAPD gemaak word. Worcester museum het ook hande gevat met die Togryers museum en WAPD met opleiding. Die seep sal binnekort aan die gemeenskap beskikbaar gestel word vir verkope. Vir bestellings skakel (023) 312-2045.VLNR: Kosie Jantjies, Marinda Mankapan, Martha Lukas, Settie Mankapan, Emmie Nolan, rdl. Karriem Adams, Ans Malherbe, Arthur Mitchel, Rian Fick, Dein Adams, Sheryl Nolan, Carmen Roberts, Bertdene Laubscher, Helen Mitchel, Bennie Leenderdz en Shirley Wagener.
UPCOUNTRY Feeding Hands, ‘n liefdadigheidsorganisasie van Kaapstad, het vanjaar weer na die Witzenbergstreek uitgereik en kos verskaf aan minder bevoorregtes op Ceres, Bella Vista en Nduli. Die Masjid Ayob op Ceres wil hul dank uitspreek teenoor diegene wat gehelp het.
THANK YOU for your generous support! We wish you all a prosperous festive season.
087 095 361 7 INTEGRATED TECHNOLOGY SOLUTIONS I WWW.JPTEK.CO.ZA I INFO@JPTEK.CO.ZA
DIE Hamlet Forum het die nuwe naambord opgerig. CBI bedank Danie Goosen en sy span. “Die inisiatiewe wys wanneer mense saamstaan en betrokke raak, gebeur dinge. Ons is trots op wat julle vermag het”.
Geseënde Feesseisoen
Ons wens u en u gesin die vreugde van die feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2021.
Blessed Festive Season We wish you and your family the joy of the holiday season and a happy new year. Thank you for your continued support in 2021.
GESLUIT/CLOSED: 17/12/2021 HEROPEN /REOPEN: 10/01/2022
☎ (023) 316-2021
WITZENBERG HERALD
3
Friday, December 17, 2021
Renosters geskiet
Vier verdagtes vasgetrek VIER renosters is verlede Woensdagaand op die private wildreservaat Inverdoorn doodgeskiet. ‘n Vyfde renoster is in die kop gewond. Die stroopvoorval het oor die land en in die buiteland reaksie en woede uitgelok en kom in ‘n slegte tyd waar die toerismebedryf en privaat reservate reeds swaar deur ‘n internasionale reisverbod getref is. Deurbraak en hofverskyning Met die hulp van die SAPD, die veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester, CapeNature en forensiese ondersoekers, is daar verlede week ‘n deurbraak gemaak in dié saak. Vier buitelanders is verlede Vrydag gearresteer en onder streng polisiebewaking na Ceres gebring. Die vier mans van Mosambiek en Zimbabwe, het Maandag 13 Desember vlugtig op Ceres verskyn voordat die saak tot 20 Desember uitgestel is. Weens veiligheidsmaatreëls is min oor die ondersoek bekend en word die vier verdagtes, Amade Congto (46) van Mosambiek, Justice Cossa (27) van Limpopo, Innocent Chiwenya (57) van Zimbabwe en Wishes Mugari (29) van Zimbabwe, op ‘n onbekende plek aangehou. Die ondersoek duur voort en nog leidrade word opgevolg. Geen steen is onaangeroer gelaat om die skuldiges op te spoor. Behalwe vir ‘n reuse beloning moes alle personeel van Aquilla en Inverdoorn ook leuenverklikkerstoetse aflê. Verklaring uitgereik Volgens ‘n verklaring van Aquilla Collection en die eienaar, Searl Derman - wat kort na die voorval uitgereik is - is die bestuurspan en personeel erg getraumatiseer na die voorval wat Woensdag 8 Desember plaasgevind het. Die teenstropingseenheid het omstreeks 22:30 tydens hulle roetine patrollies op die 10 000 hektaar privaat wildreservaat, op die renosters afgekom. Inverdoorn is ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad ge-
leë. Omstreeks 02:00 Donderdagoggend is die beseerde renoster koei opgespoor. Al die renosters is met groot kaliber vuurwapens met knaldempers geskiet. Die teenstropingseenheid het hulle patrollies verskerp na die voorval. Alhoewel die onderneming nie renosteronthoring bevorder nie, was een van die vier renosters met ‘n unieke sintetiese horing toegerus. Dit en die nodige kennisgewings hieroor op draadheinings, het egter nie die stropers afgeskrik om die aanval te loods nie. Die veselglashoring het geen finansiële waarde vir die stropers nie. Beloning Derman het ‘n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van die oortreders. In ‘n opvolgverklaring en sosialemedia inskrywings op Facebook, word melding gemaak van die goeie vordering wat met die ondersoek gemaak word en dat die renoster koei wat in die kop geskiet is, die naweek deur veeartse op Inverdoorn ondersoek is. Sy is op ‘n drup gesit en haar beserings en vordering word dopgehou waarna daar sal besluit word wat is die beste behandeling vir haar. Agtergrond Aquila privaat wildreservaat het in Augustus 2011 ook deurgeloop onder stropers toe twee renosters doodgeskiet is. Die Saving Private Rhino inisiatief is daarna geloods waar fondse teen renosterstroping ingesamel word. Die nie-winsgewende organisasie werk ook nou saam met City Guns wat privaat reservate in die land help met teenstropingsopleiding en wapens. Skenkings Die gemeenskap wat die Saving Private Rhino inisiatief wil ondersteun, kan ‘n epos stuur na info@savingprivaterhino.org of 083-441-2826 skakel. Hulle kan ook die Facebookblad van Saving Private Rhino besoek.
Skole neem afskeid van hul hoofde BELLA Vista hoërskool se personeel, leerders en ouers het die afgelope week afskeid geneem van hul skoolhoof, Barend (Bennie) Leendertz, na 38 jaar in die onderwys. Mnr. Leendertz het as onderwyser in 1983 by Fred Gaum (nou Ceres Sekondêr) begin en later ‘n draai by Bella Vista primêr gemaak. Hy was vir 26 jaar verbonde aan Bella Vista Hoërskool , waarvan die laaste 11 jaar, as skoolhoof tot met sy aftrede in 2021. “Mnr. Leendertz het die skool met ‘n ferm hand bestuur en ons is dankbaar vir die inspirerende rol wat hy in elke kind en opvoeder se lewe gespeel het. Ons bid dat hy ‘n geseënde en gesonde aftrede sal geniet”.
CHARLIE Hofmeyr hoërskool se leerders, ouers en personeel, het onlangs afskeid geneem van die skoolhoof, Max Michau. Michau tree af na byna 20 jaar as skoolhoof by Charlie Hofmeyr. Onder sy leierskap is daar onder andere ‘n nuwe klubhuis, ‘n Astro-hokkiebaan en ‘n landbou tegnologieklas gebou. Die twee koshuise se inwonersgetal het verdubbel en die skool het vanjaar 611 leerders gehad. Michau het almal bedank vir die ondersteuning oor die jare en sy opvolger en die waarnemende hoof, alles van die beste toegewens vir die toekoms.
Huisrower betaal R6000 borg ‘n HUISROWER, wat ses maande gelede gearresteer is en agter tralies was, is vrygelaat nadat sy borgtog betaal is. Die 31-jarige Charles Mafunga het Maandag 6 Desember in die Tulbagh landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, besit van ammunisie en die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Die saak is vir verdere ondersoek na 3 Februarie 2022 uitgestel. Borg van R6000 is toegestaan maar is eers einde September betaal. Mafunga sal onder 24 uur huisarres wees in Mfuleni in die Paarl. Ondersoek Tulbagh polisie ondersoek twee huisrooftogte buite Tulbagh op 7 en 17 Junie. Vier verdagtes het Donderdag 17 Junie omstreeks 20:00 ‘n gesin op die plaas Sneeusig buite Tulbagh oorval en beroof. Die gesin, ‘n man, sy vrou en hul seun is net na 20:00 oorval in hul huis. Die mans was gewapen met ‘n vuurwapen en messe en het die huis binnegekom en
sonder waarskuwing twee skote op die man geskiet. Die gesin is later vasgebind voordat die mans gevlug het. Niemand is in die voorval beseer nie. Paarl SAPD en plaaswaglede het dieselfde aand ‘n Chevrolet-motor afgetrek waar hulle ‘n deursoekpunt vir motors op die R45 beman het. Hulle het Mafunga gearresteer nadat die ander vier insittendes uitgespring en weggehardloop het. Die polisie het beslag gelê op klapmusse, handskoene, ‘n pistool met magasyn en patrone asook elektroniese toerusting en die motor. Daar is later vasgestel dat die items vroeër op Sneeusig gesteel is. Die Sneeusig-huisrooftog was skaars 10 dae nadat vier gemaskerde mans ‘n gesin op die plaas Duikersdrift oorval en beroof het. Die gesin van vier en ‘n personeellid is Maandag 7 Junie omstreeks 20:20 oorval en vasgebind. Die mans was met messe en ‘n pistool gewapen en het geld en vuurwapens geëis. Hulle het omstreeks 22:30 te voet met skootrekenaars, selfone, kontant en juweliersware gevlug.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, December 17, 2021
Sakeman verlede week skielik oorlede ‘n BEKENDE sakeman en inwoner van Ceres is verlede week skielik oorlede. Jacques Faul (65) is verlede Vrydag dood na ‘n hartaanval. Faul het in 1981 as chemiese verteenwoordiger vir Bayer SA op Ceres begin werk. In 1988 word hy as bestuurder in Villiersdorp en Grabouw aangestel en pendel hy van Ceres na Villiersdorp. In 1991 keer hy voltyds na Ceres terug waar hy Witzenberg Verspreiders, ‘n agent vir Bayer SA, begin.
DIRK Schreuder (69) van Ceres, jarelange inwoner van Ceres en sakeman van die dorp, is Maandag 6 Desember oorlede. Die groot man met die klein hartjie, is sedert einde Oktober in die Christiaan Barnard en Worcester Mediclinic se intensiewesorg eenhede behandel vir ‘n rare lewerkwaal wat deur prof. Mark Sonderup behandel is. ‘n Dankseggingsdiens is Saterdag 11 Desember vanuit Ceresvallei NG gemeente vir hom gehou. Dirk word oorleef deur sy vrou, Esmé, sy kinders DJ, Elizabeth en Conrad, hul gades en sewe kleinkinders. * Die familie bedank almal wat hulle emosioneel ondersteun het die afgelope ses weke asook al die dokters en hospitaalpersoneel wat gehelp het.
In 2000 is hy een van die stigterslede van Nexus. Hy dien ook vir lank op hul direksie. Volgens een van sy vriende was Jacques uitstekend in sy werk en het hy breë kennis van die chemiesebedryf en sy produkte gehad. Hy was ook ‘n goeie besigheidsman. Op 11 Januarie 2021 staan hy sy vrou, Elizma, aan die dood af nadat sy gesterf het weens COVID-19. Dit was vir almal ‘n groot skok. Sterkte aan die kinders, kleinkinders en breë familie. Die gedenkdiens het Woensdag 15 Desember om 11:00 plaasgevind.
JACQUES Faul (65) is verlede Vrydag dood na ‘n hartaanval.
Togryers museum gee erkenning aan skrywers en digters DIE Togryers Museum Skrywersforum is in 2019 begin met plaaslike digters vanuit die Witzenberg omgewing. Oor die afgelope 3 jaar het nog begaafde skrywers hul by die forum aangesluit. Saterdag 11 Desember het ‘n Oscar skrywerstoekenningsgeleentheid plaasgevind waar erkenning gegee is aan die harde werk van die skrywers wat meeste al een of meer publikasies uitgegee het. Die gasspreker was Ronald Balie wat skrywers geprys het vir hul harde werk en aangemoedig het om aan te hou skryf. AGTER: Ronald Balie (gasspreker), Deleen van Collar Kinnear, Fanie Joseph, Neville Pedro, Edwaan Prins, Bertdene Laubscher (museumbestuurder), Surainda JuriesPhilander en Jadrick Pedro-Koopman. VOOR: Nettie Hanse, Chantel Vergotine, Linda du Toit en Susan Davids-Julies. * Die volgende borge word bedank vir hul bydrae: Rosemary en Mark Baron, Christelene du Toit, Achmat Valtyn, Velking hiring, Excuisted banners, Silly Lilly, Duke Photography, Lizel Fritz by Cobern Liquors, Nashaad Khalif catering en Elvin Couriers en Clicks. ** Indien daar nog plaaslike skrywers is wat belangstel om deel te raak van die groep kan hul die museum skakel by (023) 312-2045 of via die museum se Facebookblad.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, December 17, 2021
DIE Winelands Vaxi Taxi het op Dinsdag 7 Desember op Wolseley gestop en 95 mense ingeënt.
Wees versigtig die Kerstyd - infeksies bly styg MET ‘n styging van 9 gevalle na 75 aktiewe gevalle van COVID-19 in die Witzenberg munisipaliteit die afgelope week, doen gesondheidswerkers ‘n dringende beroep op inwoners om geleenthede te benut om ingeënt te word. Mense wie ingeënt is, se risiko om ernstig siek te word van die virus, is aansienlik minder as dié van mense wie nie ingeënt is nie. Selfs al bied inentings minder weerstand teen die Omikron-variant as teen Delta, gee dit mense steeds ‘n baie beter kans om COVID-19 te trotseer as mense wat glad nie ingeënt is nie. Volgens syfers wat Discovery Health Dinsdag bekend gemaak het, is dit 70% minder waarskynlik dat mense wat twee Pfizer-inentings ontvang het, in die hospitaal sal beland wanneer hulle COVID-19 opdoen as mense wat glad nie ingeënt is nie. Groot styging Teen Woensdag 15 Desember het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 9 na 75 gevalle gestyg. Daar is sedert die begin van die pandemie 7977 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 7549 herstel het. Statistieke Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1804 gevolg deur Bella Vista met 1232, Wolseley met 1060, P.A. Hamlet met 1003, Tulbagh met 990, Nduli met 555 en Koue Bokkeveld plase met 657. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, nog net 89 gevalle aangemeld. Drie honderd drie en vyftig (353) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes is steeds 74 gevolg deur Wolseley met 56, Bella Vista met 54, Tulbagh met 44, P.A. Hamlet met 39 en Nduli met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 20 263 (13 Desember). Daar is al 546 460 positiewe gevalle aangemeld en 505 470 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2.913 miljoen mense al herstel. Die land het verlede week die 90 000 sterfgevalle verbygesteek met 90 148 (13 Desember) mense wat al weens die virus in Suid-Afrika gesterf het. Die land se herstelkoers is tans 91.7 %. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het die afgelope drie
weke skerp gestyg na 31.02 % en die Wes-Kaap het al 4,360 miljoen mense ingeënt. Meer as 27.188 miljoen Suid-Afrikaners is al ingeënt. Vierde golf Die Wes-Kaap is midde in die vierde golf. Beskerm jou-self en jou gesin deur jou inenting te kry. Dra ook jou masker oor jou neus en mond wanneer jy sosialiseer. Onthou, dis veiliger om met min mense op ‘n slag in die buitelug te sosialiseer terwyl julle maskers dra. Inenting beskerm jou teen ernstige siekte as jy COVID-19 sou kry. Inenting voorkom dat jy gehospitaliseer word of sterf weens die virus. Mense wie ingeënt is, het ‘n verlaagde kans om die virus oor te dra aan ander.
BA’BINO Speelskool op Op-die-Berg en die pre-graad R klas van Laerskool Koue Bokkeveld, het vroeër vanjaar ‘n suksesvolle kerskonsert aangebied met die tema: Jesus se geboorte. Hier is die engel, Priya Julies, by een van die lammetjies in die stal waar Jesus gebore is. FOTO: Chris van Beautiful Noise
Om mense van 50 en ouer aan te moedig om ingeënt te word, gee die nasionale departement van gesondheid vir hulle ‘n R200 koopbewys as hulle teen 31 Desember kom vir hul eerste inenting én hulle word outomaties deel van ‘n kompetisie waarin kontantpryse van tot R100 000 gewen kan word.
Sô verskil Omikron Mense wat nie gehospitaliseer word nie: ● Korter inkubasietydperk (drie tot vier dae); ● Matiger siekte - sommige mense voel binne drie tot vier dae beter; ● Eerste simptoom is ‘n krapperige of seer keel, soos met vorige vlae; ● Tipiese simptome is ‘n toe neus, droë hoes en pyn, veral in die lae rug. Mense wat gehospitaliseer word: ● Die meeste gevalle wat in die hospitaal ontdek word, is onder mense wat om ander redes in die hospitaal opgeneem is - COVID-19 word in roetinetoetse ontdek. ● Minder mense met asemnood. ● Die persentasie mense wat in hoësorg- of waakeenhede opgeneem word, is laer. ● Net 16% van die COVID-19-pasiënte wat in Mediclinic se waakeenhede opgeneem is, is ingeënt. ● Baie minder mense het ventilasie of intubasie nodig.
Kurt Lukas
Baie geluk met die voltooiing van jou skoolloopbaan. Mag die Here jou verder op hierdie reis vergesel. Ons is baie trots op jou. Jou ouers ma Veronica en pa Koos Lukas, ouma Sofia Willemse, jou broer De-Hagin en suster Shanice
6
WITZENBERG HERALD
KERSFEES onder die sterre is verlede Woensdag 8 Desember by Contrei Teatro, ‘n buitelug teater, op die plaas Klaarfontein (oorkant Bergsig) aangebied. Niël Rademan en Minette du Toit-Pearse (foto links) het saam met die pianis, Philippus Hugo, opgetree. Inwoners van Ceres asook, Wolseley en inwoners van Huis Mostertshoek, het die optrede bygewoon. FOTO BO: VLNR: Rénee van Zyl (Contrei Teatro), Niël Rademan, Erika Snyman, Yvette Dumas en Wena-Maré Muller van Wolseley.
Reid & Verwey Agri Ingenieurswerke in Ceres het tans die volgende vakante betrekkinge:
PARTE VERKOPER (x1)
Die parte verkoper (spare parts salesman) sal verantwoordelik wees vir toonbank verkope, plaas besoeke, sowel as vooraadbeheer. Vereistes: • Minstens vyf jaar ervaring in par te verkope met ‘n baie goeie agtergrond in landbou parte en -produkte • Rekenaargeletterdheid is ‘n vereiste.
AANKOPER ASSISTENT (x1)
Die aankoper assistent sal die bestuurspan bystaan met die aankoop van alle parte en materiaal (plaaslik asook internasionaal). Die persoon sal ook moet bystaan met voorraadkontrole. Belangstelling in logistiek, aankope sowel as landboubedrywighede is nodig. Hierdie persoon sal baie noukeurig moet kan werk en sal gedurig in kontak moet bly met verskaffers. (Via telefoon en e-pos). Vereistes: • Sterk rekenaarvaardigheid (in veral excel) benodig om hierdie pos suksesvol te vul • ‘n Relevante kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel.
DANIëL de Bruyn, het Desembermaand sy 25 jaar langdienstoekenning by Witzenberg Herald ontvang. Hy is verantwoordelik vir die aflewering van die koerant by die kafees en supermarkte. Daniël het ook die week sy 60ste verjaarsdag gevier. “Dankie vir jou toegewyde diens en goeie gesindheid teen ons onderneming”.
Drs Steyn Munnikstraat 18, Ceres
JUNIOR SWEISERS / ASSEMBLY SPANLEDE (x2)
Ons soek meganiese werkers om by ons werkswinkel span aan te sluit. Die persone sal o.a. verantwoordelik wees vir die aanmekaarsit van meganiese onderdele. Opknap en instandhouding werk asook ‘n verskeidenheid toepaslike take soos vereis deur bestuur. Vereistes: Sweisers • Moet beskik oor vorige sweiservaring en -opleiding. Assembly: • Enige vorige meganiese ervaring is aanvaarbaar. Ons verwag gewoonlik van ons finale kandidate om ‘n vaardigheidstoets te doen. Vir meer inligting en volledige posbeskrywings kontak gerus vir Marianne by: hr@redantagri.co.za of skakel (023) 312-2055 tydens kantoorure. Belangstellendes kan hulle volledige CV stuur per: E-pos: hr@redantagri.co.za Per hand: Reid & Verwey, Porterstraat, Ceres 1. Duidelik gemerk die pos waarvoor u aansoek doen 2. Meld asb. u salarisverwagting Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Januarie 2022 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien jy nie binne twee weke na die sluitingsdatum van ons hoor nie, aanvaar asb. dat jou aansoek onsuksesvol was.
v.l.n.r.: Dr. Jaco Steyn, Dr. Wentzel Gelderblom, Dr. Japie Kruger en Dr. Jacobus Steyn Hiermee verwelkom ons DR. JAPIE KRUGER by die tandarts-praktyk van Drs. Steyn, in die plek van Dr. Gerrit van Niekerk wat in Julie buiteland toe verhuis het. Dr. Kruger het vinnig ingeskakel en ons is dankbaar vir die positiewe bydrae wat hy reeds lewer.
Geseënde Kersfees en voorspoed vir 2022 aan al ons pasiënte. Baie dankie vir u ondersteuning.
Friday, December 17, 2021
WANGANELLA NGK primêr het ‘n ruk gelede die Witzenberg gemeenskap gevra om ‘n jong gestremde seun te help met ‘n rolstoel. Johannes Jacobs (foto onder) is 5 jaar oud en serebraal gestermd en benodig ‘n rolstoel om sy beweging te vergemaklik. Hy begin 2022 met sy skoolloopbaan.* Johannes se ouers is baie dankbaar vir die skenking van ‘n rolstoel vir hom en wil graag dankie sê aan Ragel Willemse, Afrika Krotz en Johanna Muller (foto bo). ** Indien daar nog inwoners is wat kan help en ondersteuning kan aanbied, sal dit baie waardeer word. Donateurs kan Elaine Jacobs (Johannes se moeder) skakel by 078-426-9931 of die skoolhoof Cyril Davids by (023) 312-2083.
WITZENBERG HERALD
Friday, December 17, 2021
SETTA Paulse, ‘n jarelange inwoner van die Koue Bokkeveld en ma van Breyton Paulse, is al meer as 50 jaar in diens van die Du Toits van De Keur landgoed. Setta het die vyf Du Toit kinders asook Charl jr. se vier seuns, help grootmaak. Setta het in 1971 vir Charl sr. en Pauline du Toit begin werk en nou is sy werksaam by Charl jr. en Cathy du Toit. AGTER: Elsa, Charl en Cathrine. MIDDEL: John, Setta Paulse, Charl en Marina. VOOR: Christopher en Daniël.
DIE pre-graad R klas van Laerskool Koue Bokkeveld het verlede week Môrester landgoed se wortelpakstoor besoek. Hier is Charl van der Merwe van Môrester Landgoed afgeneem saam met die pre-graad R klas.
nuusbrokkies VRIENDE van die Togryers museum is opgewonde oor die nuwe status wat hul nou beklee. Die organisasie is amptelik as ‘n niewinsgewende organisasie geregistreer en sal eersdaags ‘n artikel 18 kan uitreik, wat beteken dat indien jy ‘n donasie gee, jy dit kan terugeis van belasting. Die Vriende organisasie is ook geregistreer by Erfenis WesKaap as konserveringsliggaam. Hierdie status gee die Vriende ‘n mandaat om op te tree in die belang van die bewaring van enige gebou ouer as 60 jaar asook die bewaring van grafte en ander erfenisterreine soos die Tolhuis en Karoopoort.
DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. TRUIDA Joubert (97) van Ceres het verlede maand die nuwe weergawe van die boekie: Leer klank-klank lees, bekendgestel. Met hierdie boekie wil sy ouers, oumas asook ouer broers en susters, inspireer en aanmoedig om kinders te help leer lees. Stuur ‘n epos vir bestellings na leerleefbestel@breede. co.za. Die glans boekie kos R100.
7
8
WITZENBERG HERALD
DIE departement van bosbou, visserye en omgewingsake se Werk met Vuur /Working on Fire program is gereed vir die brandseisoen in die Wes-Kaap wat op 1 Desember begin. Daar is ondermeer 11 spotter-vliegtuie en10 helikopters op bystand tot einde April 2022 - van Porterville tot by Stilbaai. Daar is ook nagenoeg 650 WOF brandbestryders beskikbaar.
Friday, December 17, 2021
MOOI Uitsig primêr se atletiekbyeenkoms het op 13 November plaasgevind. Hier is die beste senior atlete saam met Ivor Krotz (huisleier van Geelhuis met die wisseltrofee) en Martin Absalom (atletiekorganiseerder).
CERES FISHERIES SUPERETTE & TAKE-AWAYS
☎ (023) 312-1460
Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe en baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2021. INTERNASIONALE Vigsdag is op 1 Desember by Mooi Uitsig primêr gevier. Hier is die groep assistente wat deel is van die nasionale presidensiële werkskeppingsprogram, afgeneem tydens die bewusmakingsdag.
Baie dankie vir u lojale ondersteuning deur die jaar. Mag dit vir elkeen van u ‘n Geseënde Feestyd en voorspoedige 2022 wees.
GESLUIT: 25/26 Desember 2021 OOP: 1 Januarie 2022
Ons wens al ons kliënte ‘n baie geseënde Kerstyd toe. Baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2021. Vosstraat 72, CERES 6835 (023) 312-1124
Ons sal voortaan oop wees tydens kragonderbrekings!
☎ (023) 312-1916
☎ (023) 316-2463
Ceres Alarms & Guarding Ons wens al ons kliënte ‘n Geseënde en veilige Kerstyd toe en baie dankie vir u getroue ondersteuning gedurende 2021.
Toets asseblief u alarm vroegtydig sodat ons die nodige tegniese regstellings kan maak voor die feestyd begin. Skakel asseblief ons beheerkamer by ☎ (023) 316-1117
Baie Geseënde Kersfees aan al my lojale kliënte. Ek wens almal ‘n vreugdevolle feestyd toe.
WITZENBERG HERALD
Friday, December 17, 2021
9
10
WITZENBERG HERALD
classifieds
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Maryna (néé Mackenzie) Johnson
Gelukwensingadvertensies Slegs R100 (BTW ing.) Standaard blokkie 6cm x 1 kolom.
Skakel Karin (023) 316-2021 of whatsapp na 066-316-3003 Raai wie word 21?
Shimele (Miello) Nel
1969/04/11 - 2020/12/15 ‘n Jaar het verbygevlieg maar dit voel nog soos gister toe ons die oproep ontvang het. Jou plek is leeg want jy is geroep na ‘n groter familie en beter plek. Ons sal jou altyd mis want die kring word al hoe kleiner. Lief vir jou altyd, Kelvin, Charlotte en Denise
14 Desember 2021
Christiaan Hufke
Baie geluk met jou 21 mylpaal wat jy bereik het. God’s rykste seën word jou lewe toegebid. ste
Met baie liefde van die Nel gesin Stoffel, Anna, Jerome, Angelo en Elzaan
Slegs R100 (BTW ing.)
Soos per dié standaard blokkie van 6cm x 1 kolom Skakel Karin (023) 316-2021 of whatsapp na 066-316-3003
Mark Krause 1966/07/20 - 2018/12/16
1946/02/28 - 2020/12/27
A light from our family is gone. A voice we loved is still. A place is vacant in the home which can never be filled. We have mourn the loss of one. We would have loved to keep you but God called you home. A lifetime of his love and joy, is the music that fill our ears. God left these wondrous memories to help us through our tears. Rest in PPeace eace From your wife, children and grandchildren
TE KOOP ISUZU D/C KB260 1996 Model 257 220 km
R55 000 Aan my geliefde broer, ‘Uncle Mark’, soos ek jou genoem het. Dis jou derde jaar by Liewe Jesus en die vermisting is nog steeds groot. Die ontbreking van jou bereidwillige, helpende hand laat my soms kop in die hande sit. Maar ek gun jou om by Jesus te wees. Van ‘Suster Resa’, soos jy my genoem het.
David Joseph Faroö 1956/05/26 -2020/12/26
Skakel
084-511-0171
FOR SALE
LG
DVD PLAYER Model: DV276/DV296
R450
(Negotiable)
Contact
082-721-4043 You will forever remain alive in our hearts and memories Pappie, and however we are learning to live without you we still miss you ever y second of every day. We love you more than words can describe. Love, Elaine, Dolan, Denver, Desme, Ayden, Jordan, Robin, Rowan & Lana.
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Skakel
082-859-2300
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. n/c w.t.o.
MA SAL
Kruiekenner * Help met onopgeloste probleme in: * Verhoudings * Familie misverstand * Bring verlore liefde terug * Werk & finansiële probleme * Besigheid hupstoot * Draai jou geluk om * Was ongelukkigheid af * Skoonmaak van huise (dryf uit bose geeste) Afspraak Skakel/ WhatsApp
066-066-6740
Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson.
Hy wil dit gee vir mense wat:
•met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry
Skakel of Whatsapp
074-466-5760
WARE VERHAAL (Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asb., alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel “Mama” Sherry. Sy sal jou help.
073-304-3531
HEALER JULIUS
• Money in account • Magic wallet / ring • Lucky oil • Clean home / business • Promotion at work • Relationship/ pregnancy • Jealousy/ bad luck • Drug addiction • Claim pension / Uif
065-6311-997
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Mama Jaliah • Men problems • Lost lover • Money in account • Protection • Financial problems • Court cases Whatsapp / Call
073-280-8373
Witzenberg Herald se kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 17/12/2021 en heropen op Maandag 10/01/2022
Jes. 66:1 “So sê die Here: Die hemel is my troon en die aarde die rusplek vir my voete. Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou, die plek waar Ek kan woon?”
Evangelis Jacobs
NUWE TELEFOON NOMMER
021 0233018
VISVANG KOMPETISIE
Inskrywingsfooi: R150 per stok Spanne: R500 per span van 5 lede Inskrywing begin: 06:00 - 07:00 Visvangtyd: 07:30 - 18:00
DAAR SAL TOEBROODJIES, KOFFIE, WORSROLLETJIES EN KOELDRANK TE KOOP WEES
29 Januarie 2022
Daytona dam (Raymond Koopstad) 1ste PRYS R1 500 - Grootste vis 2de PRYS R1 000 - Swaarste sak 3de PRYS 2 BOTTELS WHISKEY - Geesvang
Vir kaartjies skakel Sheryl by ☎ (023) 312-3935 (k/u) admin@witzenbergapd.org.za
Friday, December 17, 2021
WITZENBERG HERALD
11
Friday, December 17, 2021
‘n ENOUGH is Enough vreedsame optog saam met kerkleiers is Saterdag 27 November op Ceres gehou. Die vreedsame optog was teen geweld teen vroue en kinders en het by die verkeersafdeling begin tot by Ceres SAPD. Verskeie staatsdepartemente soos die polisie asook pastore, kerkleiers en ouers het die bekendstelling van vanjaar se 16 dae teen geweld teen vroue en kinders bygewoon.
Lesley is klub se nuwe kampioen vir 2021 LESLEY Koopman (links) van BHPS duiweklub is aangewys as die kortpad-, middelpad- en algehele kampioen vir die 2021 duiweseisoen. Hier ontvang hy die trofee van Roberto van Wyk (oudvoorsitter van die duiweklub). *Marquin Pietersen was die langpadkampioen en tweede algeheel met Roberto van Wyk in die derde plek.
CASPER de Bruin en Danie Goosen het die gholfdag met 46 punte gewen.
Casper en Danie wen Windhoek pare-kompetisie CERES gholfklub het die naweek die Windhoek pare beterbal stableford kompetisie aangebied. Casper de Bruin en Danie Goosen het die dag met 46 punte gewen. Henry Brown en Charles Basson was tweede met 44 punte gevolg deur BJ Claasen en B. Zimri met 42 punte. Dok Booi van der Berg en Esman
Boer was in die vierde plek, ook met 42 punte. Casper de Bruin, met ‘n brutotelling van 71 houe, het goed gespeel. Spelers kan steeds registreer op die nuwe Clubmaster app. Speeltye kan op die program gedoen word. Vir navrae skakel die klub by (023) 312-3068.
Alderman Hennie Smit Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor Usodolophu
Merry Christmas, Witzenberg!
On behalf of Witzenberg Municipality, I would like to wish everyone a Merry Christmas and a prosperous New Year. Thank you to the old and new Council and Administration for all the hard work throughout the year. May you all enjoy the well-deserved break with your loved ones. We pray for travel mercies and for your safe return. Enjoy the holidays!
Atlete vaar goed by Cherry-byeenkoms OP Woensdag 17 November het leerders van St.Marks primêr aan die Cherry atletiekbyeenkoms op Laerskool Gericke se sportvelde deelgeneem. Hier staan Alecia Jenneker, Gerswinn Jacobs en Leshayd Janse saam met hul afrigters. Die atlete het tydens dié byeenkoms baie goed gevaar.
Kindly note that our offices will be closed over the festive season from 23 December 2021 - 3 January 2022. Our 24 hour Control Room will be operational throughout for emergency and service delivery calls on (023) 316-2328/9. The Witzenberg Traffic and Law Enforcement officers as well as other essential services will continue as per normal. Waste removal service will take place on 16 and 27 December as per normal.
Geseënde Kersfees, Witzenberg! Namens Witzenberg Munisipaliteit wens ek ‘n Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar. Dankie aan die ou en nuwe Raad en Administrasie vir hul harde werk deur die jaar. Geniet die welverdiende feestyd met u geliefdes. Ons bid vir reisgenade en dat elkeen veilig terug sal keer. Geniet die vakansie! Neem kennis dat ons kantore gedurende die feestyd gesluit gaan wees vanaf 23 Desember 2021 - 3 Januarie 2022. Ons 24-uur beheerkamer sal enige noodgevalle en diensleweringskwessies hanteer by (023) 316-2328/9. Die Witzenberg Verkeer en Wetstoepassing sal steeds aan diens wees, sowel as ander essensiële dienste.
Ikrisimesi emnandi kubahlali baseWitzenberg! Ngokokuthunywa nguMasipala waseWitzenberg, ndinqwenelela wonke ubani iKrisimesi nonyaka omtsha oyokozela amathamsanqa. Enkosi kwiBhunga elidala nelitsha ngomsebenzi wabo oncomekayo abathe bawenza kulonyaka wonke. Yanga ningalonwabela ilixa lenu lekhefu nezihlobo zenu enizithandayo.Sithandazela ukuba nikhuseleke ezindleleni nide nibuye. Nizonwabele iiHolide zenu!
LEERDERS en onderwysers van St.Marks primêr verwelkom die skoolassistente. Hier is hulle saam met die mentors afgeneem. “Ons hoop hul tydjie by die skool sal baie leersaam wees”.
Qaphela ii-ofisi zethu ziyakube zivuliwe ukusukela ngomhla wama 23 kweyoMnga 2021-03 kweyoMqungu 2022. Igumbi lethu lwezoLawulo ngokubhekiselele kwinkonzo ezingxamisekileyo liyakube livuliwe (023) 316-2328/9. Amagosa woGunyaziso lomthetho nokulawulwa kweziThuthi kunye nezinye iinkonzo ezibalulekileyo ziyakuqhuba njengesiqhelo.
12
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, December 17, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Putjiespel afgehandel GLENNY Nasson en Wincen Abrahams (foto bo) was die plaatwenners van die dubbelputjiespel-kompetisie. In die enkelputjiespel-kompetisie was Glenny Nasson die 2021 kampioen en het hy die Witzenberg Herald wisseltrofee ontvang. Hy het vir Justin Wesson in die finaal geklop. Dit is die 14de jaar wat die kompetisie beslis is.
DIE jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie is vroeër vanjaar by Ceres gholfklub afgehandel. In die dubbelputjiespelkompetisie was Cornel Muller en Lourens Strydom die kampioene en het hulle die Triple1 wisseltrofee ontvang. Hulle het vir Booi van den Berg en Esman Boer in die finaal geklop.
DIE Cherry Time Classic rolbaltoernooi het Saterdag en Sondag 4-5 Desember by Ceres rolbalklub plaasgevind. Die Ceres-span van Engela Lambrechts, Petula Fortuin, Ezile Fourie en Edwill Adonis was in die tweede plek. Die Ceres Cherry Time-span van Pieter Mostert, Jaco Theunissen, Gustav Bohlmann en Charmaine Mostert was in die vyfde plek. DIE Cherry Time Classic rolbaltoernooi het Saterdag en Sondag 4-5 Desember by Ceres rolbalklub plaasgevind. Dit is die vyfde keer dat Ceres rolbalklub die toernooi in samewerking met Dutoit Agri, aanbied. Veertien spanne uit die Overberg, Wynland, Weskus en Westelike Provinsie het die naweek hier deelgeneem. * Dutoit Agri (Cherry Time) was die hoofborg van die toernooi en die rolbalklub wil Dutoit Groep sowel as die ander borge en donateurs bedank. Dankie ook aan: Mpact Corrugated, Vilko Ceres, Megared Traders, Boland Toilet Hire, Laastedrif Boerdery, Sooper Snacks Ceres, Shoprite/Checkers, Woolworths, Loxtonia Ciders en Boland Eiers.
Geseënde Feesseisoen
Ons wens u en u gesin die vreugde van die feesseisoen en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe! Dankie vir u ondersteuning in 2021.
Blessed Festive Season We wish you and your family the joy of the holiday season and a happy new year. Thank you for your continued support in 2021.
GESLUIT/CLOSED: 17/12/2021 HEROPEN /REOPEN: 10/01/2022
☎ (023) 316-2021