WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 4
R7.50
Friday, February 5, 2021
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Februarie
Vrydag 5 Februarie
15° 32°
17° 34°
Saterdag 6 Februarie
Sondag 7 Februarie
17° 33°
15° 29°
Ceres Koekedouw dam
85,3%
Lesing: 2021/02/03
Telephone: (023) 316-2021/3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Verhoor begin April
Voertuie ry te vinnig op dié grondpad GYDOPAS was Saterdag 30 Januarie en Sondag 31 Januarie tussen 06:00 en 12:00 gesluit vir verkeer. Die Kaapse Wynland streekspadonderhoudkantoor (Paarl), in samewerking met die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit op Ceres, het die pas beveilig na ‘n onlangse rotsstorting. Verkeer is via Theronsbergpas/Droëhoek herlei na Op-die-Berg. Saterdag is twee ongelukke aangemeld waar bestuurders beheer verloor en hul voertuie gerol het. In die eerste voorval omstreeks 06:50 het die taxi van P.A. Hamlet (foto regs) gerol. Die bestuurder was nie op die toneel nie. Die eerste ongelukstoneel was skaars opgeruim toe die bestuurder van dié Ford Fiesta (foto bo) beheer verloor en gerol het. Die ongeluk het omstreeks 09:00 naby die Driefontein-afdraai op die Droëhoekpad plaasgevind. Die bestuurder is lig beseer terwyl sy passasiers niks oorgekom het nie.
Man met 26 slange betrap ‘n MAN wat in Maart 2020 in die Ceres Karoo met 26 skaars slange betrap is, se verhoor gaan in April begin. Hendrik Rudolph van Eeden (50) is op 12 Maart 2020 met 23 Bali luislange gevang. Hy het die slange sonder toestemming of ‘n wettige permit van die Noord-Kaap na die Wes-Kaap gebring. Daar was ook ‘n Colombiaanse Boa, ‘n bruin huisslang en ‘n Olyf-slang in sy besit gekry. Hy was ten tye van die beweerde oortreding woonagtig op die plaas Avontuur in die Ceres Karoo. Verhoor Van Eeden het verlede jaar Augustus vir die eerste keer in Ceres landdroshof verskyn op klagtes van die onwettige besit van beskermde wilde diere asook dat hy geen wettige permit of toestemming gehad het nie. Die saak is na 22 April 2021 uitgestel vir verhoor. Die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester ondersoek die saak.