2 minute read

KBV tennisspelers dankbaar vir

Next Article
WH H e r a l d

WH H e r a l d

Borgskap

SES en twintig tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld spog nou elkeen met ‘n geborgde tennistoppie. Spelers kry elkeen net ‘n tennistoppie indien hulle in die skool se tennisspan opgeneem word. Die skool bedank Gerhardt van SALDT (South African Long Distance Transport) vir dié borgskap.

Advertisement

Hiermee wil die Witzenberg Munisipaliteit u, die publiek, in kennis stel aangaande die skoonmaak van indringer plantspesies langs gedeeltes van die Dwars-, Titusen Modderrivier in die dorpsgebied van Ceres.

Datum: 1 Februarie - 30 Junie 2023

Werksure: 07:30 - 18:00

Die skoonmaak van indringerplante vorm deel van die Ceres River Restoration Program (CRRP) wat ‘n loodsprojek is met die doel om die huidige negatiewe impakte en uitdagings wat in die Dwars-, Modder- en Titusrivier geïdentifiseer is, aan te pak. Die program word deur Nedbank Green Trust befonds. Die Witzenberg munisipaliteit, die bewaarder van natuurlike hulpbronne, sal die hoofdrywer van die program wees en die fokus sal wees om die gedeelde begrip, gesamentlike ondernemings en medeontwikkeling van werkbare oplossings wat waterbesoedeling en afvalbestuurkwessies aanspreek, te fasiliteer.

Die skoonmaak van indringerplante behels die volgende: 1) afmaak en verwydering van jong en volwasse indringerplante 2) aanwending van omgewingsvriendelike onkruiddoders.

Streng veiligheidsmaatreëls sal toegepas word gedurende die projek. Die munisipaliteit versoek dus vriendelik dat die publiek ten alle tye versigtig sal wees wanneer u stap of ry langs die genoemde riviere. Vermy ook alle afgebakende gevaarsones langs die genoemde riviere.

Negatiewe impakte van indringerspesies is as volg:

•Val natuurlike gebiede binne en verander spesieryke omgewings in enkele monoculture.

•Beïnvloed die veerkragtigheid van ekosisteme om natuurrampe soos vloede te hanteer.

•Kompeteer met inheemse plante vir water en lig.

•Kompeteer met inheemse diere vir kos en ruimte.

•Versteur die natuurlike balans

•Verander die brandregimes deur brand te bevorder of te onderdruk.

•Bevorder gronderosie

•Gebruik oormatige water

•Verbaster met inheemse spesies.

•Verminder waterkwaliteit

•Vernietig waterlewe deur digte wateronkruidbesmettings te vorm.

In kort.....Met geen natuurlike vyande nie, kompeteer indringer-spesies met inheemse plante en diere, versper ons rivier, hou ‘n brand- en gesondheidsrisiko in en bedreig die bestaan van ons natuurlike erfenis.

Landbouer sterf skielik

NICOL Deetlefs (82), bekende inwoner van Ceres en oudlandbouer, is verlede Maandag 23 Januarie, net ‘n week na sy verjaarsdag, skielik oorlede. Nicol is op Ceres gebore en in 1958 by Charlie Hofmeyr gemartrikuleer. Hy het later sy landbou BSc-graad op Stellenbosch verwerf. Nicol het tot en met sy aftrede op die plaas Ideaal geboer. Hy was ‘n goeie sportman en het op skool WP kleure in diskus verwerf, was kaptein van Maties se o/19 rugbyspan en het vir Ceres se eerste dorpspan rugby gespeel. Later jare het hy ook op Ceres Tuiste se direksie gedien. * Die Deetlefs-familie kondig met groot hartseer die verlies aan van Nicol Deetlefs. Hy laat soveel herinneringe agter vir sy familie en vriende en sal nooit vergeet word nie. Sy heengaan was onverwags, maar ons gun hom die rus. ‘n Begrafnisdiens word Donderdag 2 Februarie om 15:00 vanuit die NG Moedergemeente gehou.

This article is from: