5 minute read

Twee wetstoepassers kry sak met kontant terug

TWEE wetstoepassers op Ceres het Maandag gehelp dat ‘n besigheid ‘n sak met kontantgeld vinnig kon terugkry.

Volgens die polisie het die voorval Maandag

Advertisement

30 Januarie in Voortrekkerstraat voor ‘n kafee plaasgevind.

‘n Werknemer van ‘n onderneming op die dorp was met nagenoeg R27 000 kontantgeld op pad Nedbank toe om geld by die bank in te betaal.

‘n Man het van agter gekom en die sak by die vrou gegryp. Die man het na ‘n stoeiery met die vrou, met die geld weggehardloop.

Twee wetstoepassers, Zane Farmer en Farren Nel, het kort hierna die verdagte gearresteer en die geld teruggekry en aan die geskokte slagoffer oorhandig.

DELICIOUS netbalklub het Dinsdag 31 Januarie twee nuwe netbalballe van die WesKaapse minister van kulturele sake en sport, Anroux Marais, ontvang. * Beverly Angle (klubvoorsitter) wil hul dank oordra en rdl. Dirk Swart, bedank wat dit namens die minister oorhandig het. Dankie vir die skenking - dit word waardeer. Delicious netbalklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 18:30 by die Lyellstraat sportterrein.

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

Francois Snyman

OM weerlose diere te mishandel is seker een van die wreedste en gevoelose optredes waaraan ‘n mens hom- of haarself skuldig kan maak. Net moord, verkragting en mishandeling van jou medemens, is erger.

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het in Desember 2021 begin en behoort later in 2023 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen. Die Van Bredabrug gaan ‘n mooier en breër brug wees met die nodige voetganger en fietsbaan vir veiligheid. Die nuwe brug sal verbreed word om twee verkeersbane van 3,7 meter wyd te hê, twee fietsbane van 1,7 meter breed asook twee bane vir voetgangers van 2 meter breed. Die brug word met meer as 3 meter aan beide kante verbreed. Voortrekkerstraat word ook plekplek verbreed.

Hierdie aanstelling het by De Keur Marketing, Boerneefstraat, Ceres ontstaan

Rekenmeester

Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk

De Keur Marketing bied hierdie geleentheid in die verwerking van finansiële inligting vir die bemarking sowel as die verpakking afdelings aan, vir ‘n ambisieuse, rekenkundig gekwalifiseerde kandidaat.

Verantwoordelikhede: • Maandelikse verslaggewing • Volle boekhouding tot en met proefbalans en doen van rekonsiliasies •Verwerking van krediteure en kontrolering van interne beheermaatreëls • Indien van maandelikse Marine versekering •Verseker dat alle intergroep verhalings maandeliks gedoen word • Voorbereiding van maandelikse bestuurstate • Ad Hoc finansiële take.

Vaardighede: • Bogemiddelde kennis en ondervinding van rekenkundige stelsels en programme • Deeglike kennis van aankope en krediteur kontroles • Goeie menseverhoudings en goeie spanwerk • Sterk administratief.

Onder vinding: • Ondervinding op Pastel en Excel • Papertrail en QX ondervinding sal in jou guns tel • 3 - 5 Jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos.

Opleiding: • Gepaste tersiêre kwalifikasie • Voltooide klerkskap • Lidmaatskap aan ‘n professionele assosiasie voordelig.

Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Februarie 2023

Aanstellingsdatum: 3 April 2023

Navrae en aansoeke: Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en 3 verwysings aan: Johan du Plessis by hr@dekeur.co.za

De Keur Marketing is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

In die bogenoemde geval is die algemene verwysing na ‘n mens of persoon miskien nie heeltemal regverdig teenoor al die ander miljoene mense wat hulle nie aan sulke misdrywe skuldig maak nie. Miskien is barbaar of ongevoelige nikswerd ‘n beter beskrywing van so ‘n persoonlikheid.

Elke dag lees ons iewers in ‘n koerant, tydskrif of op sosiale media van diere wat die slagoffers is van sulke barbaarse optrede.

Een so geval het die naweek in Hanover Park plaasgevind toe ‘n groepie minderjarige tikkoppe ‘n lap om ‘n hondjie gedraai en dit aan die brand gesteek het. Die naweek het barbare in ‘n wit Toyota Tazz, ‘n jong hondjie op die Bo-Swaarmoedpad afgelaai en ongestoord weggery.

My persoonlik boodskap en opregte wens aan dié dieremishandelaars: Ek hoop julle kry elke uur ‘n erge pyn in jou sitvlak vir die res van jou armsalige lewe. Julle is nie dit werd om ‘n mens genoem te word nie!

Dan is daar diegene, miskien net ‘n trappie onder die dieremishandelaars, wat graag diere wil aanhou maar nie eers vir hulself kan sorg nie, wat nog vir die diere.

Ry jy in woonbuurte in die streek rond, dan is daar tientalle honde wat ronddwaal, in asblikke krap vir ‘n bietjie kos of wat brandmaer en siek is. Dit is nie ‘n lekker gesig om te sien nie.

Diegene wat nie vir die diere kan of verder wil sorg nie, is dan ook gewoonlik die eerstes wat diereregte organisasies soos Chain Boland se hulp inroep om namens hulle die probleem te kom oplos om die diere na ‘n skuiling te neem.

Kan die Witzenberg munisipaliteit namens hul wetsgehoorsame en belastingbetalende inwoners meer geld begroot om organisasies soos Chain Boland te help en te ondersteun in 2023. Indien die munisipale wetstoepassers hoor en weet van mense wat nie hul diere versorg nie, moet daar teen hulle opgetree word. Dit is tyd dat ons dorp saamstaan saam met die munisipaliteit en die landdroshof sodat dié euwel uitgeroei kan word. Moet ook nie hulle finansieel straf nie - laat hulle vir ‘n maand of twee verniet saam met Chain Boland werk om na die verwaarlose diere om te sien.

Uitnodiging Om Te Tender

Kommersiële gebou, Tulbagh

In opdrag van die eienaar, ontvang ons graag tenders vir die kommersiële gebou, geleë te Connaughtstraat 3, Tulbagh

Aangewend vir voedselhanteringsfasiliteit

•Vloergrootte: 400m²•Gebou volgens HACCP riglyne

•Goedgekeurde planne•Omhein

•Totale grootte van die erf: 2 839m²

•Epoksie vloer, gesaniteerde ingang

•Ten volle gediens, elektriese verspreidingskamer

•Kantoor, laboratorium, badkamers, ketelkamer

Voor waardes:

1.Tenders moet ingedien word voor/op 10 Maart 2023 om 14:00 te Johan Bezuidenhout Prokureur, Van der Stelstraat 13, Tulbagh

2.Kommissie van 6% plus BTW op die tenderbedrag betaalbaar deur koper (Die koopsom sluit BTW uit)

3.Die verkoper is nie verplig om enige tender te aanvaar nie

4.Deposito van 10% en kommissie is betaalbaar binne 10 dae na aanvaarding van aanbod.

5.Besigtiging per afspraak

6.Tenderdokumente, afskrifte van die titelakte, google kaart en fotos is per e-pos verkrygbaar by johan@johanb.co.za

Kennisgewing

In die boedel van wyle: CHRISTIE ADOLF DAWSON

Id. no. 530922 5025 089

Van: Williamstraat 15, Saron, 6812

Boedelnommer: 023270/2022

Wie oorlede is op: 26 Mei 2022

Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 3 FEBRUARIE 2023

JOHAN BEZUIDENHOUT

Prokureur vir Eksekuteur

Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: JJB/LC/J7719)

Moordsaak sloer voort

‘n MOORDSAAK wat al langer as vier jaar sloer, is vroeër die maand weer uitgestel.

Die moordverhoor van Llwellyn Beukes (24) gaan op 13 April voortgesit word in die Ceres streekhof. Die uitstel kom nadat Beukes se prokureur onlangs oorlede is en hy ‘n nuwe regsverteenwoordiger moet aanstel. Nog net een getuie het tot dusver in die moorverhoor getuig.

Moord

Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n oudwerknemer van Ceres Fruit Juices, is in die vroeë oggendure op 25 Maart 2018 op Ceres in Cilliersstraat in die industriële gebied dood nadat hy die oggend omstreeks 03:30 met ‘n mes in sy bors gesteek is.

Beukes, ook bekend as Wange, is later deur die Ceres speurders gearresteer en het hy die polisie na ‘n huis geneem waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar dit bo-op ‘n kas weggesteek was.

This article is from: