1 minute read

Polisie kry dagga

CERES sigbare polisie het beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid dagga. Die SAPD het verlede Woensdag 25 Januarie omstreeks 13:05 ‘n verdagte voertuig met twee mans in, in Bella Vista voorgekeer. Met deursoeking van die voertuig is daar beslag gelê op 6kg dagga. Die twee mans is gearresteer. Die mans sal in die Ceres landdroshof verskyn. * Hier is sers. Abrahams saam met a.o.Africa, kapt. Louw en kst. Tieties afgeneem kort na die beslaglegging.

Advertisement

DIE bestuurder van ‘n wit BMW het Saterdagoggend omstreeks 00:30 in die agterkant van die Toyota Tazz vasgery. Die ongeluk het by ‘n SAPD en provinsiale verkeersdienste se padblokkade in Vosstraat voor die veearts se perseel, plaasgevind. Die man is op die toneel in hegtenis geneem op voorlopige klagtes van dronkbestuur en/of roekelose bestuur. * Daar is die naweek vier dronkbestuurklagtes aangemeld.

JAN (Johnny) Parring (57), oudonderwyser het sy kankerstryd verloor. Hy was vir 31 jaar werksaam by Skurweberg Sekondêre skool. Sy passie vir onderwys en liefde vir kinders het hom ‘n geliefde onderwyser gemaak. Op 27 Januarie sterf hy by sy huis na lang stryd teen kanker. Hy sal onthou word vir as ‘n omgeemens. Johnny word oorleef deur sy vrou Ester, ‘n seun, Lee Vanno, dogter Odille en ‘n kleinseun. Die begrafnisdiens vind Saterdag 4 Februarie om 08:00 plaas by die huis en 09:00 vanuit die VGK Bella Vista.

Boland Hospice Boland Hospice Boland

Intermediate Care Facility (ICF) based at Ceres Provincial Hospital and Community Based Health Services in Witzenberg vacancies: Professional Nurse in Community Based Health Services

Minimum requirements :

•Registered with South African Nursing Council (SANC)

•Drivers license

Key performance areas:

•Leading a team of Health Workers in the community

•Networking with Primary Health Care Facilities and Stakeholders

•Assessment of patients and implementation of Care Plans

•Part of an inter-disciplinary team

•Administration & supervision duties

Enrolled Nurse in ICF

Minimum requirements :

•Registered with the South African Nursing Council (SANC)

•Previous working experience will be an advantage

Key performance areas:

•Part of a Multi-Disciplinary Team

•Delivering patient care in a 12 bed ward

For more information, please contact Jakkie at the Boland Hospice office: (023) 342-4816

Send CV and proof of SANC registration to: hr@bolandhospice.org by no later than 16 February 2023.

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, CapeNature en die Wynland brandbeskermingsdienste het die naweek onverpoos gewerk om ‘n brand in Bainskloof onderbeheer te bring. Gereelde opvlammings en sterk winde het bygedra dat die brand na Wellington toe versprei het. Ongeveer 280 hektaar veld is verwoes. Die brand is Maandagoggend in bedwang gebring. Geen lewensverlies of skade aan eiendom is aangemeld nie.

This article is from: