1 minute read

Hofrol vol - moordsaak na Worcester oorgeplaas

DRIE moordenaars gaan Maartmaand in die Worcester rondgaande hooggeregshof verskyn weens die moord op ‘n dokter van Tulbagh.

Advertisement

Die drie verdagtes, Aiden Abels (29), Andrew Gouws (33) en Justin Adonis (33) en het Vrydag 27 Januarie in die Kaapstad hooggeregshof voor regter Lister Nuku verskynmeer as 30 maande na die moord op dr. Roelof Botha van Tulbagh.

Die saak is tot 3 Maart uitgestel vir ‘n tweede voorverhoor sodat die drie verdagtes se regsverteenwoordigers met hulle kan konsulteer oor ‘n nuwe verklaring wat ingedien is.

‘n Vierde verdagte, Desiree Goeieman (20), is verlede week vrygelaat nadat die staat alle klagtes teen haar teruggetrek het.

‘n Nuwe getuieverklaring is aan die staat gemaak. Dit is nie bekend wie die verklaring afgelê het nie.

Volgens adv. Esna Erasmus sou die moordsaak aanvanklik in die Kaapstad hooggeregshof aangehoor word maar weens ‘n opeenhoping van sake op die hofrol sedert die pandemie gaan die saak nou in die Worcester rondgaande hooggeregshof aangehoor word.

Agtergrond

Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind.

Die polisie het ondermeer dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het die polisie later gaan wys waar die wapen versteek was.

WERNER Hill (48), ‘n oudleerder van Laerskool Gericke en Hoërskool Charlie Hofmeyr (1992), het op 25 Januarie 2023 sy stryd teen breinkanker verloor. Werner het verlede jaar die 30-jaar skoolreünie by Charlie Hofmeyr bygewoon en aan die Eselfontein bergfietswedren deelgeneem. * Werner word oorleef deur sy ouers Lionel en Marie Hill, sy vrou, Mari, ‘n dogter Helen en suster Tanya. Lionel is ‘n oudhoof van Laerskool Gericke en was 17 jaar die skoolhoof en saam met Marie, is hul bekendes in atletiekkringe. Die Hillfamilie was 38 jaar woonagtig op Ceres en is dankbaar vir almal se boodskappe en gebede. Die viering van Werner se lewe het Dinsdag 31 Januarie op Bloemendal plaasgevind.

Verdagtes

DIE bestuurder van dié Chevrolet sedan het kop- en beenbeserings opgedoen nadat hy Saterdag 28 Januarie omstreeks 01:30 beheer verloor en sy voertuig op die Kluitjieskraalpad gerol en teen ‘n boom tot stilstand gekom het. Hy is tot op die agterste sitplek geslinger waar hy ‘n tyd lank vasgekeer was. EMS personeel moes die dak oopsny om hom uit te haal. Wolseley SAPD ondersoek die voorval.

moes uitswaai.

moes hom met noodtoerusting ge-

This article is from: