Witzenberg Herald Vol.26 no.4 (Online Weergawe)

Page 3

WH H e r a l d

Moord verdagte (20) skielik vrygelaat

DRIE vermeende moordenaars gaan Maartmaand in die Worcester rondgaande hooggeregshof verskyn weens die moord op ‘n dokter van Tulbagh.

Die drie verdagtes, Aiden Abels (29), Andrew Gouws (33) en Justin Adonis (33) en het Vrydag 27 Januarie in die Kaapstad hooggeregshof verskyn. ‘n Vierde verdagte (regs), Desiree Goeieman (20), is verlede week vrygelaat nadat die staat alle klagtes teen haar teruggetrek het. Die saak is tot 3 Maart uitgestel. Lees berig op bladsy 3.

(023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Hondjie langs Bo-Swaarmoedpad afgelaai, bestuurder ry weg

IEMAND in ‘n wit Toyota Tazz het Sondag 29 Januarie omstreeks 11:30 ‘n hondjie langs die Bo-Swaarmoedpad afgelaai en weggery.

Die hondjie is op die Bo-Swaarmoedpad, naby die Bestewens-afdraai, gelos voordat die bestuurder weggery het.

“Julle behoort julle te skaam! Die hondjie sonder naam het vir ‘n lang ruk agter julle voertuig aangehardloop. Hy het later omgedraai en op die presiese plek gaan wag

waar julle hom gelos het. Mense soos julle moenie enige diere hê nie” sê ‘n ontstoke Hanneke Bester.

“Ons het die hondjie opgelaai en versorghy was dood van die honger en dors en baie maer. Nou soek ons vir hom ‘n goeie huis waar hy net liefde, kos en aandag sal kry. Hy kom baie goed met katte oor die weg en is vreeslik spelerig - noudat hy weet hy is veilig”.

Navrae Indien enige iemand weet wie die bestuur-

der van die Tazz is, of die hondjie herken en weet wie die persone was wat hom langs die pad afgelaai het, kan hulle dit aanmeld by die Ceres SAPD se stasiebevelvoerder by (023) 316-8600 of vir Hanneke Bester skakel.

Aanneem Indien daar iemand is wat vir die hondjie ‘n liefdevolle veilige huis kan bied en belangstel om hom aan te neem, kan hulle Hanneke skakel by 072-904-8089

DIE hondjie met ‘n goeie geaardheid soek nou na ‘n liefdevolle huis waar hy net liefde, kos en aandag sal kry.

‘n WOLSELEY inwoner wat verlede jaar twee keer op borgtog vrygelaat en twee keer daarna gearresteer is, moet nou op 23 Februarie weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Hy bly tot dan in aanhouding.

Riaan Barnard (41) het sedert Julie 2022 op talle aanklagte wat wissel dat hy sy borgvoorwaardes verbreek het, ‘n beskermingsbevel geïgnoreer en tydens ‘n arrestasie gevlug het, in die hof verskyn. Barnard sou einde Januarie 2023 weer op dié aanklagte in die Ceres landdroshof verskyn het maar die landdros het ‘n nuwe datum gegee en sal hy nou op 23 Februarie verskyn.

Inbraak

Asof sy optredes nie genoeg trauma vir sy familie veroorsaak het nie, is daar einde verlede jaar by ‘n woning op Wolseley ingebreek waar diewe twee trekklaviere en Barnard se Toyota Fortuner gesteel het. Die Paarl SAPD ondersoek ‘n voertuig diefstalsaak en Wolseley polisie ondersoek klagtes van huisbraak en diefstal. Die polisie se ondersoekwerk het hulle eers na Worcester en Rawsonville gelei voordat twee mans met dié Toyota voertuig en die gesteelde items, naby Paarl vasgetrek is.

DIE afgelope naweek was daar vier motorongelukke in die Witzenbergstreek. In twee van die ongelukke is die bestuurders ernstig beseer. In twee ongelukke moes EMS werkers noodtoerusting gebruik om die bestuurders uit die motorwrakke te haal. ‘n Beroep word weer op motoriste gedoen om by die spoedgrens te hou en nie te drink en te bestuur nie. * Die bestuurder van die Toyota Avanza is Saterdag 28 Januarie ernstig beseer nadat hy beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het. Hy is uitgeslinger en het byna 15 meter van die voertuig gelê. EMS personeel was op die toneel en het hom gestabiliseer voordat hy na die Ceres hospitaal vervoer is. Hy is later in ‘n kritieke toestand na die Paarl Mediclinic oorgeplaas. Die ongeluk het omstreeks 18:30 op die Theronsbergpas naby die afdraai na Skaaprivier plaasgevind.

Hofverskyning

Die twee verdagtes, Heinrich Fredericks (35) en Solomon Moss (25), het Woensdag 1 Februarie in die Paarl landdroshof verskyn. Die voertuig word nog deur die polisie geskut en kan nie aan die familie teruggegee word nie omdat Barnard (eienaar) in aanhouding is. Sodra die polisie die nodige dokumentasie kry sal die voertuig aan die familie oorhandig word.

Martin Behm
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien TRADING HOURS: Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street, Ceres Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres MINI SERVICE R370 + FREE GU ENERGY GEL UPCOMING 2023 EVENTS: Momentum Tankwa Trek 9 - 12 Feb. Karoo Burn mtb 25 Feb. Imbuko five 18 Feb. Valid until 28 February 2023 Telephone:
(023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com
Volume 26 no. 4 R 8.50 Friday, 3 February 2023 Ceres Koekedouw dam 48,8% Tulbagh dam 45% Lesings geneem: 2023/02/01 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 2 Februarie 15° 31° Vrydag 3 Februarie Saterdag 4 Februarie Sondag 5 Februarie 15° 34° 18° 38° 15° 33°
Witzenberg
Voertuigdiewe in hof Barnard-saak Get a free quote today 087 094 8092 094 8092 087 094 8092 094 8092 www.rubberroofs.co.za

Skool groet Ockhuis

HENDRIK Ockhuis (links bo) was van 1 Augustus 2021 tot einde Januarie, die WKOD Witzenberg kringbestuurder. Hier oorhandig Tom Persens tydens ‘n afskeidsgeselligheid by Boy Muller primêr, ‘n geskenk aan mnr. Ockhuis.

TOM Persens, wat tot einde Januarie die skoolhoof van Boy Muller primêr in die Koue Bokkeveld was, neem vanaf 1 Februarie tot Junie waar as Witzenberg kringbestuurder. Hendrik Ockhuis wat tot einde Januarie die kringbestuurder was, het na 40 jaar in die onderwys, afgetree.

LAERSKOOL Gericke het Vrydag 27 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Die witspan (White Sharks) was die algehele wenners en die wenner van die geesbeker.

OPENBARE KENNISGEWING

KBV tennisspelers dankbaar vir

borgskap

SES en twintig tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld spog nou elkeen met ‘n geborgde tennistoppie. Spelers kry elkeen net ‘n tennistoppie indien hulle in die skool se tennisspan opgeneem word. Die skool bedank Gerhardt van SALDT (South African Long Distance Transport) vir dié borgskap.

Hiermee wil die Witzenberg Munisipaliteit u, die publiek, in kennis stel aangaande die skoonmaak van indringer plantspesies langs gedeeltes van die Dwars-, Titusen Modderrivier in die dorpsgebied van Ceres.

Datum: 1 Februarie - 30 Junie 2023

Werksure: 07:30 - 18:00

Die skoonmaak van indringerplante vorm deel van die Ceres River Restoration Program (CRRP) wat ‘n loodsprojek is met die doel om die huidige negatiewe impakte en uitdagings wat in die Dwars-, Modder- en Titusrivier geïdentifiseer is, aan te pak. Die program word deur Nedbank Green Trust befonds. Die Witzenberg munisipaliteit, die bewaarder van natuurlike hulpbronne, sal die hoofdrywer van die program wees en die fokus sal wees om die gedeelde begrip, gesamentlike ondernemings en medeontwikkeling van werkbare oplossings wat waterbesoedeling en afvalbestuurkwessies aanspreek, te fasiliteer.

Die skoonmaak van indringerplante behels die volgende: 1) afmaak en verwydering van jong en volwasse indringerplante 2) aanwending van omgewingsvriendelike onkruiddoders.

Streng veiligheidsmaatreëls sal toegepas word gedurende die projek. Die munisipaliteit versoek dus vriendelik dat die publiek ten alle tye versigtig sal wees wanneer u stap of ry langs die genoemde riviere. Vermy ook alle afgebakende gevaarsones langs die genoemde riviere.

Negatiewe impakte van indringerspesies is as volg:

•Val natuurlike gebiede binne en verander spesieryke omgewings in enkele monoculture.

•Beïnvloed die veerkragtigheid van ekosisteme om natuurrampe soos vloede te hanteer.

•Kompeteer met inheemse plante vir water en lig.

•Kompeteer met inheemse diere vir kos en ruimte.

•Versteur die natuurlike balans

•Verander die brandregimes deur brand te bevorder of te onderdruk.

•Bevorder gronderosie

•Gebruik oormatige water

•Verbaster met inheemse spesies.

•Verminder waterkwaliteit

•Vernietig waterlewe deur digte wateronkruidbesmettings te vorm.

In kort.....Met geen natuurlike vyande nie, kompeteer indringer-spesies met inheemse plante en diere, versper ons rivier, hou ‘n brand- en gesondheidsrisiko in en bedreig die bestaan van ons natuurlike erfenis.

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 2

Landbouer sterf skielik

NICOL Deetlefs (82), bekende inwoner van Ceres en oudlandbouer, is verlede Maandag 23 Januarie, net ‘n week na sy verjaarsdag, skielik oorlede. Nicol is op Ceres gebore en in 1958 by Charlie Hofmeyr gemartrikuleer. Hy het later sy landbou BSc-graad op Stellenbosch verwerf. Nicol het tot en met sy aftrede op die plaas Ideaal geboer. Hy was ‘n goeie sportman en het op skool WP kleure in diskus verwerf, was kaptein van Maties se o/19 rugbyspan en het vir Ceres se eerste dorpspan rugby gespeel. Later jare het hy ook op Ceres Tuiste se direksie gedien. * Die Deetlefs-familie kondig met groot hartseer die verlies aan van Nicol Deetlefs. Hy laat soveel herinneringe agter vir sy familie en vriende en sal nooit vergeet word nie. Sy heengaan was onverwags, maar ons gun hom die rus. ‘n Begrafnisdiens word Donderdag 2 Februarie om 15:00 vanuit die NG Moedergemeente gehou.

Hofrol vol - moordsaak na Worcester oorgeplaas

DRIE moordenaars gaan Maartmaand in die Worcester rondgaande hooggeregshof verskyn weens die moord op ‘n dokter van Tulbagh.

Die drie verdagtes, Aiden Abels (29), Andrew Gouws (33) en Justin Adonis (33) en het Vrydag 27 Januarie in die Kaapstad hooggeregshof voor regter Lister Nuku verskynmeer as 30 maande na die moord op dr. Roelof Botha van Tulbagh.

Die saak is tot 3 Maart uitgestel vir ‘n tweede voorverhoor sodat die drie verdagtes se regsverteenwoordigers met hulle kan konsulteer oor ‘n nuwe verklaring wat ingedien is.

‘n Vierde verdagte, Desiree Goeieman (20), is verlede week vrygelaat nadat die staat alle klagtes teen haar teruggetrek het.

‘n Nuwe getuieverklaring is aan die staat gemaak. Dit is nie bekend wie die verklaring afgelê het nie.

Volgens adv. Esna Erasmus sou die moordsaak aanvanklik in die Kaapstad hooggeregshof aangehoor word maar weens ‘n opeenhoping van sake op die hofrol sedert die pandemie gaan die saak nou in die Worcester rondgaande hooggeregshof aangehoor word.

Agtergrond

Dr. Botha is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Hy is kort nadat hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind.

Die polisie het ondermeer dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het die polisie later gaan wys waar die wapen versteek was.

WERNER Hill (48), ‘n oudleerder van Laerskool Gericke en Hoërskool Charlie Hofmeyr (1992), het op 25 Januarie 2023 sy stryd teen breinkanker verloor. Werner het verlede jaar die 30-jaar skoolreünie by Charlie Hofmeyr bygewoon en aan die Eselfontein bergfietswedren deelgeneem. * Werner word oorleef deur sy ouers Lionel en Marie Hill, sy vrou, Mari, ‘n dogter Helen en suster Tanya. Lionel is ‘n oudhoof van Laerskool Gericke en was 17 jaar die skoolhoof en saam met Marie, is hul bekendes in atletiekkringe. Die Hillfamilie was 38 jaar woonagtig op Ceres en is dankbaar vir almal se boodskappe en gebede. Die viering van Werner se lewe het Dinsdag 31 Januarie op Bloemendal plaasgevind.

Verdagtes

DIE bestuurder van dié Chevrolet sedan het kop- en beenbeserings opgedoen nadat hy Saterdag 28 Januarie omstreeks 01:30 beheer verloor en sy voertuig op die Kluitjieskraalpad gerol en teen ‘n boom tot stilstand gekom het. Hy is tot op die agterste sitplek geslinger waar hy ‘n tyd lank vasgekeer was. EMS personeel moes die dak oopsny om hom uit te haal. Wolseley SAPD ondersoek die voorval.

moes uitswaai.

moes hom met noodtoerusting

ge-

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 3 Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies 066 205 3312 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems
DIE bestuurder van die VW Jetta, Theo Maans van Wolseley, het Vrydagaand 27 Januarie teen ‘n lamppaal op Wolseley vasgery. Die voertuig voor hom het na bewering skielik stop en hy EMS personeel uit die motor haal nadat hy blykbaar sy been gebreek en vasgesit het agter die stuurwiel. Die ongeluk het omstreeks 19:30 op die hoek van Stamper- en Eeufeesstraat plaasgevind. DIE drie verdagtes, Aiden Abels (29), Andrew Gouws (33) en Justin Adonis (33).

Twee wetstoepassers kry sak met kontant terug

TWEE wetstoepassers op Ceres het Maandag gehelp dat ‘n besigheid ‘n sak met kontantgeld vinnig kon terugkry.

Volgens die polisie het die voorval Maandag

30 Januarie in Voortrekkerstraat voor ‘n kafee plaasgevind.

‘n Werknemer van ‘n onderneming op die dorp was met nagenoeg R27 000 kontantgeld op pad Nedbank toe om geld by die bank in te betaal.

‘n Man het van agter gekom en die sak by die vrou gegryp. Die man het na ‘n stoeiery met die vrou, met die geld weggehardloop.

Twee wetstoepassers, Zane Farmer en Farren Nel, het kort hierna die verdagte gearresteer en die geld teruggekry en aan die geskokte slagoffer oorhandig.

DELICIOUS netbalklub het Dinsdag 31 Januarie twee nuwe netbalballe van die WesKaapse minister van kulturele sake en sport, Anroux Marais, ontvang. * Beverly Angle (klubvoorsitter) wil hul dank oordra en rdl. Dirk Swart, bedank wat dit namens die minister oorhandig het. Dankie vir die skenking - dit word waardeer. Delicious netbalklub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 18:30 by die Lyellstraat sportterrein.

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

Francois Snyman

OM weerlose diere te mishandel is seker een van die wreedste en gevoelose optredes waaraan ‘n mens hom- of haarself skuldig kan maak. Net moord, verkragting en mishandeling van jou medemens, is erger.

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het in Desember 2021 begin en behoort later in 2023 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen. Die Van Bredabrug gaan ‘n mooier en breër brug wees met die nodige voetganger en fietsbaan vir veiligheid. Die nuwe brug sal verbreed word om twee verkeersbane van 3,7 meter wyd te hê, twee fietsbane van 1,7 meter breed asook twee bane vir voetgangers van 2 meter breed. Die brug word met meer as 3 meter aan beide kante verbreed. Voortrekkerstraat word ook plekplek verbreed.

Hierdie aanstelling het by De Keur Marketing, Boerneefstraat, Ceres ontstaan

REKENMEESTER

Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van proeftydperk

De Keur Marketing bied hierdie geleentheid in die verwerking van finansiële inligting vir die bemarking sowel as die verpakking afdelings aan, vir ‘n ambisieuse, rekenkundig gekwalifiseerde kandidaat.

Verantwoordelikhede: • Maandelikse verslaggewing • Volle boekhouding tot en met proefbalans en doen van rekonsiliasies •Verwerking van krediteure en kontrolering van interne beheermaatreëls • Indien van maandelikse Marine versekering •Verseker dat alle intergroep verhalings maandeliks gedoen word • Voorbereiding van maandelikse bestuurstate • Ad Hoc finansiële take.

Vaardighede: • Bogemiddelde kennis en ondervinding van rekenkundige stelsels en programme • Deeglike kennis van aankope en krediteur kontroles • Goeie menseverhoudings en goeie spanwerk • Sterk administratief.

Onder vinding: • Ondervinding op Pastel en Excel • Papertrail en QX ondervinding sal in jou guns tel • 3 - 5 Jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos.

Opleiding: • Gepaste tersiêre kwalifikasie • Voltooide klerkskap • Lidmaatskap aan ‘n professionele assosiasie voordelig.

Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Februarie 2023

Aanstellingsdatum: 3 April 2023

Navrae en aansoeke: Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en 3 verwysings aan: Johan du Plessis by hr@dekeur.co.za

De Keur Marketing is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

In die bogenoemde geval is die algemene verwysing na ‘n mens of persoon miskien nie heeltemal regverdig teenoor al die ander miljoene mense wat hulle nie aan sulke misdrywe skuldig maak nie. Miskien is barbaar of ongevoelige nikswerd ‘n beter beskrywing van so ‘n persoonlikheid.

Elke dag lees ons iewers in ‘n koerant, tydskrif of op sosiale media van diere wat die slagoffers is van sulke barbaarse optrede.

Een so geval het die naweek in Hanover Park plaasgevind toe ‘n groepie minderjarige tikkoppe ‘n lap om ‘n hondjie gedraai en dit aan die brand gesteek het. Die naweek het barbare in ‘n wit Toyota Tazz, ‘n jong hondjie op die Bo-Swaarmoedpad afgelaai en ongestoord weggery.

My persoonlik boodskap en opregte wens aan dié dieremishandelaars: Ek hoop julle kry elke uur ‘n erge pyn in jou sitvlak vir die res van jou armsalige lewe. Julle is nie dit werd om ‘n mens genoem te word nie!

Dan is daar diegene, miskien net ‘n trappie onder die dieremishandelaars, wat graag diere wil aanhou maar nie eers vir hulself kan sorg nie, wat nog vir die diere.

Ry jy in woonbuurte in die streek rond, dan is daar tientalle honde wat ronddwaal, in asblikke krap vir ‘n bietjie kos of wat brandmaer en siek is. Dit is nie ‘n lekker gesig om te sien nie.

Diegene wat nie vir die diere kan of verder wil sorg nie, is dan ook gewoonlik die eerstes wat diereregte organisasies soos Chain Boland se hulp inroep om namens hulle die probleem te kom oplos om die diere na ‘n skuiling te neem.

Kan die Witzenberg munisipaliteit namens hul wetsgehoorsame en belastingbetalende inwoners meer geld begroot om organisasies soos Chain Boland te help en te ondersteun in 2023. Indien die munisipale wetstoepassers hoor en weet van mense wat nie hul diere versorg nie, moet daar teen hulle opgetree word. Dit is tyd dat ons dorp saamstaan saam met die munisipaliteit en die landdroshof sodat dié euwel uitgeroei kan word. Moet ook nie hulle finansieel straf nie - laat hulle vir ‘n maand of twee verniet saam met Chain Boland werk om na die verwaarlose diere om te sien.

UITNODIGING OM TE TENDER

Kommersiële gebou, Tulbagh

In opdrag van die eienaar, ontvang ons graag tenders vir die kommersiële gebou, geleë te Connaughtstraat 3, Tulbagh

Aangewend vir voedselhanteringsfasiliteit

•Vloergrootte: 400m²•Gebou volgens HACCP riglyne

•Goedgekeurde planne•Omhein

•Totale grootte van die erf: 2 839m²

•Epoksie vloer, gesaniteerde ingang

•Ten volle gediens, elektriese verspreidingskamer

•Kantoor, laboratorium, badkamers, ketelkamer

Voor waardes:

1.Tenders moet ingedien word voor/op 10 Maart 2023 om 14:00 te Johan Bezuidenhout Prokureur, Van der Stelstraat 13, Tulbagh

2.Kommissie van 6% plus BTW op die tenderbedrag betaalbaar deur koper (Die koopsom sluit BTW uit)

3.Die verkoper is nie verplig om enige tender te aanvaar nie

4.Deposito van 10% en kommissie is betaalbaar binne 10 dae na aanvaarding van aanbod.

5.Besigtiging per afspraak

6.Tenderdokumente, afskrifte van die titelakte, google kaart en fotos is per e-pos verkrygbaar by johan@johanb.co.za

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: CHRISTIE ADOLF DAWSON

Id. no. 530922 5025 089

Van: Williamstraat 15, Saron, 6812

Boedelnommer: 023270/2022

Wie oorlede is op: 26 Mei 2022

Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 3 FEBRUARIE 2023

JOHAN BEZUIDENHOUT

Prokureur vir Eksekuteur

Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: JJB/LC/J7719)

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 4

Moordsaak sloer voort

‘n MOORDSAAK wat al langer as vier jaar sloer, is vroeër die maand weer uitgestel.

Die moordverhoor van Llwellyn Beukes (24) gaan op 13 April voortgesit word in die Ceres streekhof. Die uitstel kom nadat Beukes se prokureur onlangs oorlede is en hy ‘n nuwe regsverteenwoordiger moet aanstel. Nog net een getuie het tot dusver in die moorverhoor getuig.

Moord

Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n oudwerknemer van Ceres Fruit Juices, is in die vroeë oggendure op 25 Maart 2018 op Ceres in Cilliersstraat in die industriële gebied dood nadat hy die oggend omstreeks 03:30 met ‘n mes in sy bors gesteek is.

Beukes, ook bekend as Wange, is later deur die Ceres speurders gearresteer en het hy die polisie na ‘n huis geneem waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar dit bo-op ‘n kas weggesteek was.

Polisie kry dagga

CERES sigbare polisie het beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid dagga. Die SAPD het verlede Woensdag 25 Januarie omstreeks 13:05 ‘n verdagte voertuig met twee mans in, in Bella Vista voorgekeer. Met deursoeking van die voertuig is daar beslag gelê op 6kg dagga. Die twee mans is gearresteer. Die mans sal in die Ceres landdroshof verskyn. * Hier is sers. Abrahams saam met a.o.Africa, kapt. Louw en kst. Tieties afgeneem kort na die beslaglegging.

DIE bestuurder van ‘n wit BMW het Saterdagoggend omstreeks 00:30 in die agterkant van die Toyota Tazz vasgery. Die ongeluk het by ‘n SAPD en provinsiale verkeersdienste se padblokkade in Vosstraat voor die veearts se perseel, plaasgevind. Die man is op die toneel in hegtenis geneem op voorlopige klagtes van dronkbestuur en/of roekelose bestuur. * Daar is die naweek vier dronkbestuurklagtes aangemeld.

JAN (Johnny) Parring (57), oudonderwyser het sy kankerstryd verloor. Hy was vir 31 jaar werksaam by Skurweberg Sekondêre skool. Sy passie vir onderwys en liefde vir kinders het hom ‘n geliefde onderwyser gemaak. Op 27 Januarie sterf hy by sy huis na lang stryd teen kanker. Hy sal onthou word vir as ‘n omgeemens. Johnny word oorleef deur sy vrou Ester, ‘n seun, Lee Vanno, dogter Odille en ‘n kleinseun. Die begrafnisdiens vind Saterdag 4 Februarie om 08:00 plaas by die huis en 09:00 vanuit die VGK Bella Vista.

BOLAND HOSPICE BOLAND HOSPICE BOLAND

Intermediate Care Facility (ICF) based at Ceres Provincial Hospital and Community Based Health Services in Witzenberg vacancies: Professional Nurse in Community Based Health Services

Minimum requirements :

•Registered with South African Nursing Council (SANC)

•Drivers license

Key performance areas:

•Leading a team of Health Workers in the community

•Networking with Primary Health Care Facilities and Stakeholders

•Assessment of patients and implementation of Care Plans

•Part of an inter-disciplinary team

•Administration & supervision duties

Enrolled Nurse in ICF

Minimum requirements :

•Registered with the South African Nursing Council (SANC)

•Previous working experience will be an advantage

Key performance areas:

•Part of a Multi-Disciplinary Team

•Delivering patient care in a 12 bed ward

For more information, please contact Jakkie at the Boland Hospice office: (023) 342-4816

Send CV and proof of SANC registration to: hr@bolandhospice.org by no later than 16 February 2023.

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, CapeNature en die Wynland brandbeskermingsdienste het die naweek onverpoos gewerk om ‘n brand in Bainskloof onderbeheer te bring. Gereelde opvlammings en sterk winde het bygedra dat die brand na Wellington toe versprei het. Ongeveer 280 hektaar veld is verwoes. Die brand is Maandagoggend in bedwang gebring. Geen lewensverlies of skade aan eiendom is aangemeld nie.

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 5

nuusbrokkies

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com

066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Frederick Jakobus Isak Zass

1947/09/02 - 2023/01/29

R oudiens : Do. 02/02/2023, om 19:00, 1 Ste straat 142, Vredebes Begrafnisdiens: So. 5 Feb. 2023

Huis: 09:00, 1 Ste straat 142, Vredebes Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

AND FRAMES

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer 060-6192758 of 082-7043276. w.t.o.

Dr Johnson

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat:

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

DIE Rooikamp 7’s is in Oktober 2022 gestig met die idee om die woonbuurt en gemeenskap bymekaar te hou en om jeugdiges se talent te ontgin. Bentley Geldenhuys (Boland top driedrukker vir 2022), Domaine Fredericks (tweede meeste drieë), AJ Fredericks en Aaron Swarts (Cravenweekspeler), woon in die buurt. Clayton Pieterse, Ester Cornelius, Aubrey Hofmeester (Torra) en Jerome Prins (Tallbek), is van die span se borge en Zenaldo Fredericks is die afrigter. Ander bestuurslede sluit in Jeffrey Pieterse, Aubrey Rooi, Ashley Rooi, Willie Abrahams en Piewie Geldenhuys. Die span het al aan drie toernooie deelgeneem, 19 van hul 22 wedstryde gewen en was die wenners van die Rooikamp toernooi in Desember.

CERES Voortrekkers se aktiwiteite vir Februarie 2023.

Dinsdag 7 Februarie

spanbyeenkoms 17:30-18:30

Dinsdag 14 Februariefliek & hamburgeraand 17:30-20:00

Dinsdag 21 Februarie

spanbyeenkoms 17:30-18:30

Vrydag 24 Februarie tot Sondag 26 Februarie - Kommandokamp

Dinsdag 28 Februarie

spanbyeenkoms 17:30-18:30

CERES Rugbyklub het Donderdag 5 Januarie om 19:00 begin met voorbereidings vir die 2023 rugbyseisoen.

STIAAN Mouton van Laerskool FD Conradie, het Saterdag 21 Januarie, aan die Boland tweekamp ligabyeenkoms by Paarl Gimnasium deelgeneem. Hy het in die top 10 klaargemaak en kwalifiseer vir die interprovinsiale byeenkoms wat op 4 Februarie op Oudtshoorn plaasvind.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently

Flaame

Mervin Abrahams

1969/05/22 - 2019/02/04

•met ‘n besigheid wil begin

•sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los

•‘n verlore minnaar terug te kry

•‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop

Arie Hanse

1965/01/10 - 2023/01/28

Begrafnisdiens: Sat.4 Feb. 2023

Huis: 09:00, Plaas Elandsrivier, PA Hamlet Kerk: 11:00, AGS Bella Vista Graf: Bella Vista

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Jan Parring

1964/06/29 - 2023/01/27

Roudiens: Do. 02/02/2023 om

19:00, Keurboomstr. 3, BV

Begrafnisdiens: Sat. 4 Feb 2023

Huis: 08:00, Keurboomstr. 3, Bella Vista

Kerk: 09:00, VGK Bella Vista

Graf: Bella Vista

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Kaatjie Julius

1967/12/07 - 2023/01/24

Begrafnisdiens:

So. 5 Feb. 2023

Huis: 09:30, Plaas

Esperanto Koue Bokkeveld

Saal: 10:30, Plaas

Esperanto Koue Bokkeveld

Graf Plaas Esperanto

(023) 312-2392

n/u: 082-5753-181

Mervin, die 4de Februarie is dit alreeds vier jaar van jy van ons af weg is. Dit is nog baie hartseer, maar ons gun jou die Ewige Rus. Ons sal altyd lief bly vir jou. Jou vrou en kinders, Maggie, Maricha, Marico, Rineco, Gia en Leigh-Marco

Boland

Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

•medisyne vir mans om krag te gee

•enige hofsake

•‘n ongeluksfonds betyds te kry Skakel of Whatsapp 079-120-7165

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

DISTRIBUTION CONTROLLER: DISPATCH

The successful candidate will report directly to the Distribution Manager and the responsibilities of the position include the following key performance areas:

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Openb. 20:15 , “As daar gevind is dat iemand se naam nie in die boek van die lewe geskrywe staan nie, is hy in die vuurpoel gegooi.”

PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE

•Prepare and dispatch export and local orders as per client specification

•Conduct and record detailed inspections on all orders

•Accurately capture and issue delivery notes

•Work closely with Distribution Coordinator regarding export stack dates and deadlines

•Submit daily COA, sample and label requirements to the quality department

Christiaan 079-177-2490

JH VISSER TRANSPORT Drywer

• Kode 14 met PDP

• ±5 jaar

ondervinding Moet sober gewoontes hê en netjies wees.

Skakel: Jeanne Visser 084-585-2068

•Submit daily stock requirements to the Store Controller

•Reconcile dispatch system locations on a daily basis

•Manage freezer room stock and monitor freezer room temperature

•Management and motivation of dispatch staff

•Safety and Loss Control

•Ensure that GMP standard are maintained

•Manage staffs time and attendance

The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications:

•Grade 12

•Minimum 2 years’ experience in a dispatch environment

•Minimum code B driver license

•Strong leadership abilities

•High level of integrity

•Excellent communication skills

•Computer literate

Note: The ideal candidate is expected to display a high level of energy and responsibility. A high premium will be placed on the independent and self-functioning of the incumbent.

CV’s can be forwarded to:

The Manager: People and Performance Systems

Ceres Fruit Processors (Pty)Ltd P.O. Box 366, CERES,6835 or E-mail: dlintnaar@cfp.co.za

Closing date: 16 February 2023

Evangelis Jacobs

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 6
SCAN TO DONATE
at the shelter
JANIJANI JANIJANI (Female) Born 15/08/2022 ESTEST ESTEST ESTAA AA A (Female) Born 15/07/2021 CHARLIE&JA CHARLIE&JACKCK CKCK (Males) Born 26/09/2022 BRAKKIEBRAKKIE BRAKKIEBRAKKIE BRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply OUGAOUGA OUGATT TT (Male) Born 24/08/2022 BIBIBIBI BIBI (Female) Born 28/10/2022 BAKGABAKGA BAKGATT TT T (Male) Born 29/11/2022 GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 1948/05/16 - 2023/01/27 R oudiens : Do. 02/02/2023, om 19:00, VGK Ceres Begrafnisdiens: Sat. 4 Feb. 2023 Huis: 09:00, Vosstr. 2 (a), Ceres (Huis van Abe Sass) Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista Ps. 23 “Die Here is my herder” John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Catherine (Kittie) Joseph 1944/03/02 - 2023/01/30 Roudiens: Do. 02/02/2023 om 19:00, Populierweg 331, BV Begrafnisdiens: Sat. 4 Feb. 2023 Huis 09:00, Populierweg 331, Bella Vista Kerk 10:00, St Matthews kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Maria de
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

MARIE en Etienne Keyser lui Vrydag die klok om hul laaste Laerskool Gericke kleure atletiekbyeenkoms te begin. Beide tree die einde van die jaar af.

LAERSKOOL Gericke het Vrydag 27 Januarie hul jaarlikse kleure atletiekbyeenkoms aangebied. Ruben Giliomee (seuns o/12 75m hekkies) het die beste prestasie van die dag gelewer. Ellen Faul is aangewys as die victrix ludorum en Ruben as die victor ludorum.

LAERSKOOL Gericke spog vanjaar met ‘n groot groep graad een leerders.

RAADSLID Nogcinisa het onlangs St.Marks primêr op die eerste skooldag besoek. Hier staan sy saam met mnr. Edwin Nasson en Colie van Rooi (skoolhoof).

Be the type who donates during 2023

LAERSKOOL Gericke se nuwe onderwysers - Lara le Roux (graad 1B) en Ansu Matthee (graad 5).

Be someone’s type (blood type that is) in 2023 by making regular blood donations during the year. Committing to 4 donations during the year could save up to 12 lives - every unit of whole blood is separated into 3 lifesaving parts; red cell, platelets and plasma. Don’t know what your blood type is? Don’t worry, every unit of blood gets tested for blood type, and you will be able to find yours on our app. Therefore, if giving back features top on your New Year’s resolution list, then donating blood is a good start.

“Thank you to all our blood donors for their support during 2022 and specifically during the festive season, we managed to collect 13 362 blood donations over this time. This resulted in potentially saving over 40 000 lives”, says Marike Gevers, spokesperson for the Western Cape Blood Service (WCBS). “This year our goal is to reach 160 000 blood donations, and in order to do this, we need your support,” says Gevers.

Blood donation only takes 30 minutes of your time every 56 days. It requires you to be between the ages of 16 and 75, weigh 50kg or more, be in good general health and lead a safe sexual lifestyle. It does not cause you any bodily harm - only 475ml of blood is taken, and this is replaced within 24 hours. Gevers advises donors to eat a substantial meal within the 3 - 4 hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during and after donation. Donors are advised not to over exert themselves after donating. This year we are also aiming to increase our collections amongst our youth donors. By encouraging the youth to donate blood we cultivate a culture of life-savers from a young age. In order to motivate high school learners, we launched our Super 9 Club. This campaign aims to encourage youth donors to make 9 donations before their 19th birthday. We also encourage our youth donors that finished school last year to find an alternative blood donation clinic and continue to donate blood.

PHILLIP Boshoff (middel), ‘n Charlie Hofmeyr leerder, het op 7 Desember gedurende die Desember skoolvakansie, na senior swart belt 1ste Dan Shodan gegradeer. Dit het Phillip 8 jaar geneem om te behaal. Phillip het oor die jare 24 goue medaljes vir Boland karate ontvang asook drie silwer medaljes. In 2019 het hy by die SA kampioenskappe ‘n tweede plek behaal in kata. * Phillip bedank die Goju-Kai karateklub, shihan Johnny Cardoso (regs), sy familie en die gemeenskap vir elkeen se bydrae en ondersteuning oor die jare. By hulle op die foto is Peter Brandon Hanshi (links).

For more information, call WCBS on (021) 507-6300, e-mail info@wcbs.org.za or visit www.wcbs.org.za Blood stock updates and interesting facts about donation can be found on Facebook (@TheWCBS), Twitter (@The_WCBS) & Instagram (@thewcbs) accounts. Download the WCBS app, which is available on all iOS and Android devices. It will show you the nearest clinic, the current blood stock levels in real time as well as your blood type, if you’re a blood donor of course. Do something remarkable this year, donate blood.

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 7
COENIE du Toit het Saterdag 28 Januarie ‘n besonderse mylpaal bereik by die Ceres Parkrun toe hy sy 100 ste parkrun voltooi het.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Human en Immelman wen gholfkompetisie op Ceres

JOHANNES Human en Pieter Immelman het Saterdag 28 Januarie se beterbal stableford kompetisie met 47 punte gewen. Carel Matthee sr. en Robert Matthee was in die tweede plek met 46 punte. Saxtus Janse van Rensburg en Daniël Cillie was in die derde plek, ook met 46 punte. Johannes Human het ook ‘n goeie 71 gespeel.

Klubkampioenskappe

Blink ster!

JAIDEN Baron (25), oudspeler van Hamlet rugbyklub en skrumskakel van Boland, het die naweek vir die Blitsbokke uitgeblink nadat hy vir die twee HSBC sewestoernooie in Hamilton (Nieu-Seeland) en Sydney (Australië), gekies is. Hy het drie drieë gedruk. Jaiden het in die Sydney kwarteindwestryd teen Ierland ‘n skitterende drie gedruk en teen Fidji in die halfeindstryd, ook agter die doellyn gaan kuier. Suid-Afrika is tans in die tweede plek na vyf toernooie. Hulle het Sondag in die finaal teen Nieu-Seeland verloor. * Jaiden was in 2022 Boland se speler van die jaar en voorste driedrukker met 12 drieë.

TWEE spelers van Ceres krieketklub, Cayden Franse (beste bouler) en Bertrim Fortuin (beste kolwer), het verlede naweek uitgeblink in ‘n T20 wedstryd teen Wolseley. Ceres het die wedstryd gewen.

CERES krieketklub het Saterdag 28 Januarie teen Young Peoples op Dal Josafat stadium gespeel. Ceres het die wedstryd naelskraap met 7 lopies verloor. JC Vergotine (links) het met die kolf uitgeblink en 53 lopies aangeteken en Rudy Maggot het 4 paaltjies laat kantel vir 35 lopies. Ceres krieketklub reis die naweek na Clanwilliam om teen Essex kragte te meet.

Die A-afdeling sal Saterdag 4 Maart oor 36 putjies gespeel word en 18 putjies op Sondag 5 Maart.

Die nuwe klubkampioen word Sondag na afloop van die dag se spel, op die 18de putjie se setperk gekroon.

Die B-afdeling en C-afdeling spelers speel Saterdag 4 Maart en Sondag 5 Maart, 18 putjies op ‘n dag. Senior spelers bo 65, speel in hul onderskeie voorgee-afdelings. Beste senior sal na afloop van Sondag se spel aangewys word.

Inskrywings is oop en spelers kan hul naam by die klub opsit (023) 312-3068 of ‘n WA stuur na Henry Brown by 084-587-6332. Daar is plek vir 48 spelers. Inskrywingsfooie beloop R440

Spelers moet vroegtydig bespreek vir ‘n hamburger (Saterdag) of ‘n braaipak (Sondag) by die klub. Elke speler bestel en koop sy eie kos.

Voorgee op 3 Maart is van toepassing en spelers ding mee in Aafdeling (maks 9-voorgee), B-afdeling van 10-16 en C-afdeling 1736. Al die afdelings speel houespel.

Boland senior reeks en Nelson-liga

Die Boland seniors reeks is Saterdag 28 Januarie op Ceres aangebied.

André le Roux van Vredenburg was die wenner met 73 houe. Hugo Lombard van Ceres gholfklub was in die tweede plek, ook met 73 houe. André van Dyk van Langebaan en Ferdi van der Merwe van Wellington was onderskeidelik in die derde en vierde plek.

Die Nelson-liga het Saterdag op Darling afgeskop met die eerste rondte wedstryde. Ceres het goed begin en ‘n sterk Moorreesburgspan met 3.5 teen 1.5 geklop. Hulle volgende wedstryd is op 11 Februarie op Porterville teen Citrusdal.

Ander kompetisies

Op Vrydag 24 Februarie is die baan gesluit vir die jaarlikse Lions gholfdag Op Vrydag 3 Maart vind Pikkiepark se gholfdag plaas. Indien spelers wil deelneem kan hulle die Lionsklub of Pikkiepark kleuterskool of Ceres gholfklub skakel om in te skryf.

Die Witzenberg Matriekfonds bied op Vrydag 10 Maart ‘n gholfdag aan.

Die Witzenberg Matriekfonds samel geld in om belowende matriekleerders in die Witzenbergstreek, wat finansieel nie op hul eie verder kan studeer nie, te help om verder te studeer en ‘n loopbaan te begin.

Die WMF het in 2022 sy eerste sukses behaal toe ‘n begunstigde in Januarie 2022 as ‘n gekwalifiseerde opvoeder by Inzinga Zethu begin werk het. Sy help nou om ‘n verskil in Nduli te maak asook om terug te ploeg in haar gemeenskap.

Die WMF-bestuur het streng keuringsvereistes vir begunstigdes. Hul studies word noukeurig gemonitor. In 2022 was daar ses studente wat finansieel ondersteun is en 2023 kandidate word tans oorweeg.

Dit sal die eerste keer sedert 2019 wees wat die gholfdag weer aangebied word.

Die kompetisieformaat is ‘n 4-BBB stableford en die koste beloop R2 000 per span van vier.

Die inskrywingsgeld sluit iets te ete na nege putjies in en ‘n kosbord (platter) tydens die prysuitdeling.

Vir meer besonderhede rakende inskrywings en donasies, kan Henry Brown geskakel word by 084-587-6332

WITZENBERG HERALD Friday, February 3, 2023 8
JOHANNES Human en Pieter Immelman het Saterdag die kompetisie met 47 punte gewen.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.