WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 4
R 10
Friday, 2 February 2023
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 1 Februarie
Vrydag 2 Februarie
Saterdag 3 Februarie
Sondag 4 Februarie
19° 39°
22° 40°
21° 35°
18° 33°
Ons het verhuis • Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
CERES KOEKEDOUW DAM
82%
TULBAGH DAM
64%
HARMONIEGEBOU
WAVERENSKROON TULBAGH
60,5%
Voortrekkerstraat 17D, Ceres (oorkant Charlie Hofmeyr A-hokkieveld)
Lesings geneem: 2024/01/31
Martin Behm 082-734-4549
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Seun met verfbalgeweer geskiet DIE polisie ondersoek twee klagtes van aanranding teen ‘n pa en seun nadat ‘n kind op ‘n plaas geskiet is. Die voorval het op 18 Januarie omstreeks 19:00 op ‘n plaas buite Tulbagh plaasgevind kort nadat ‘n groep plaaskinders na bewering
besig was om druiwe te steel. Die 56-jarige boer en sy seun (25), is na die voorval gearresteer. Hofdatum Hulle is egter op waarskuwing vrygelaat en moet op 13 Februarie in die Tulbagh landdros-
hof verskyn. Beide is nog nie deur die polisie aangekla nie en die saak word nog ondersoek. Sodra hulle aangekla is, kan hul name gepubliseer word. Sake van aanranding om ernstig te beseer
word teen die boer en sy seun ondersoek en aanranding gewoon teen die boer. Die boer het na bewering ‘n verfbalgeweer gevat en een van die druiweplukkers, ‘n 12jarige seun, twee keer op kort afstand daarmee geskiet.
Nuwe bedrogklag teen Klaasen ‘n OUDBURGEMEESTER wat in 2023 van die hofrol geskraap is as prokureur en wat bedank het as raadslid, was die week weer vlugtig in die hof. Die keer vir ‘n nuwe bedrogklag teen hom. Barnito Klaasen (48) is Maandag 29 Januarie deur Tulbagh speurders gearresteer. Hy is oornag in die polisieselle aangehou en het op 30 Januarie vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn. Hy is op borg van R1 000 vrygelaat en moet weer op 19 Maart in die hof verskyn. Die saak is uitgestel vir prokureur en ‘n streekhofdatum. Sy hofverskyning hou verband met ‘n bedrogklag wat in Maart 2023 op Tulbagh by die polisie geregistreer is. Klaasen, wat jare lank ‘n burgemeester van die Witzenberg munisipaliteit was, het in Junie 2023 bedank na meer as 18 maande van omstredenheid en talle hofsake. Hy is ook gedurende April 2023 van die prokureursrol geskrap en ‘n sekwetrasie-aansoek is ook teen hom, toegestaan. Behalwe vir die SARPR se regskostes, is Klaasen vir meer as R7.2 miljoen se terugbetalings verantwoordelik. Die ondersoek het verband gehou met R6.559 miljoen wat Klaasen onregmatig aangewend het.
WES-KAAP premier Alan Winde het Maandagmiddag die Insident Beheerpos by Mountain Ridge wynkelder besoek om eerstehands ingelig te word hoe die brandbestrydingsoperasie vorder. Hier gesels hy met ‘n paar brandbestryders. Berig op bladsy 3.
Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30
ALL STATIONERY IS AVAILABLE IN STORE. A DISCOUNT OF 15% WILL BE GIVEN TO SCHOOL STATIONERY PACKS.
Promosie geldig vanaf 1 - 16 Februarie 2024 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse. Pryse is BTW ing.
VISIT US IN STORE FOR MORE PROMOTIONS!
Ingco 5-piece Industrial combo R6 999
Dromex Hybrid Conti Suit Royal Blue Reflective (size 32 - 50) on order only R175
Duram Armatex 20L (ass. colours) R825
Duram Wall & Ceiling 20L (ass. colours) R929
Protek Gwano Pellets 9kg R175 Paint Roller Combo Kit Lambswool R100
2 l WITZENBERG HERALD l 2 FEBRUARY 2024
MEER as 70 inwoners moes Oukersdag inderhaas na die dienssentrum oorkant die pad verskuif word na ‘n brand ‘n deel van Huis PJ Strauss in puin gelê het. Die brand het die afgelope maand groot ontwrigting vir personeel en bejaardes veroorsaak. Groot opgewondenheid het verlede Vrydag geheers toe daar begin is om inwoners en hul besittings terug te trek na die tehuis wat tans 80% bruikbaar is. * Vir skenkings, skakel direk met Huis Pieter Strauss. “Ons is baie dankbaar vir elke gebed, belangstelling en skenkings wat die tehuis sedert die brand ontvang het. Ons is ook dankbaar vir elke donasie wat ons ontvang het”.
MARIA Mentoor tree op 1 Februarie af, nadat sy vir meer as 36 jaar by Rosenhof kwekery werksaam was as ‘n senior toesighouer. Hier is sy saam die Rosenhof bestuurspan afgeneem. AGTER: Wynand Crous, Edu van Rijswijk, Wim van Rijswijk en Pieter Louw. VOOR: Mary Mentoor, Sandra Mynhardt-Botha en Elnoria Swart. AFWESIG: Garrick Campbell.
Mary tree af na jare diens by kwekery MARIA Mentoor tree op 1 Februarie af, nadat sy vir meer as 36 jaar by Rosenhof kwekery werksaam was as ‘n senior toesighouer. Volgens Wim van Rijswijk, uitvoerende direkteur van Rosenhof kwekery, is daar ongeveer 30, 000,000 bome die ekwivalent van 20 000 hektaar, geproduseer en aangeplant in Maria Mentoor se dienstydperk. “Maria Mentoor is ‘n staatmakervrou en die bystand asook ywerigheid wat sy in die kwekerybedryf verskaf het aan werknemers en produksiebestuurders, is van onskatbare waarde. Maria het diep voetspore by Rosenhof getrap en ons gaan haar mis maar ons gun haar die welverdiende rus!” Agtergrond Maria Mentoor, of Mary soos almal haar ken, is gebore op die plaas Rhodene in 1957. Mary se lewenspad was van jongs af gesaai met verantwoordelikheid en pligsbesef. Mary het op ‘n jong ouderdom besef die realiteit van die lewe is nie altyd besaai met rose nie. Sy het as 13-jarige tiener haar ma versorg en die huishouding oorgeneem, nadat haar
079 033 6754
www.treemonkeys.co.za
FOR THE LOVE OF TREES!
ma verlam geraak het met die geboorte van die jongste kind. Mettertyd het Mary se ma in so ‘n mate herstel dat dit vir Mary moontlik was om te begin werk vir ‘n inkomste. Sy het begin as ‘n algemene werker op die plaas waar sy gebore is, maar later het sy in ‘n kafee op P.A.Hamlet gewerk. Nadat Mary ‘n draai in die Kaap gemaak het, het sy by Ceres Aartappels begin werk en vir Johan Mentoor ontmoet. Hulle het saam vier kinders en is nou oupa en ouma van nege kleinkinders en drie agterkleinkinders. Mary en Johan het in 1987 by Jim Button by Rosenhof kwekery begin werk en dit is dan ook waar sy na al die jare aftree. Die grootste les wat Mary saam met haar neem is die pligsbesef en verantwoordelikheid van enige taak op hande. “Jy kan nie ‘n opdrag begin en nie dit afhandel nie. Jy handel dit af en dan kan die span huis toe gaan.” So was Mary streng met haar span, maar ook streng op haarself. Mary se siening is dat sy take in die werk aanpak asof dit vir haar eie besigheid is. Sy het eienaarskap geneem van haar rol by Rosenhof en op hierdie manier is Mary baie lojaal. Dit maak van haar ‘n goeie spanleier en iemand na wie almal kan opkyk.
Atlete blink uit op baan
Geheim Mary se geheim is dat sy soggens opstaan en werk toe gaan wil gaan. Daar is dryf en passie en ‘n wil om suksesvol te wees. Mary sien nou daarna uit om meer tyd saam met haar familie te spandeer, dinge in-en-om die huis te doen, asook te bak en brou.
CHARLIE Hofmeyr het Donderdag 25 Januarie en Vrydag 26 Januarie hul jaarlikse kleuresport atletiekbyeenkoms aangebied. Deelnemers van die Blou- en Witspan het hul beste op die atletiekbaan gelewer met die Blouspan wat die geesbeker sowel as die Interhuisbeker verower het. *Shandley Burrows, graad 10 leerder, het ‘n uitsonderlike prestasie gelewer en die hoogspringrekord met 7 cm na 1.92 meter verbeter. VLNR: Luan Giliomee (senior victor ludorum), Helen du Toit (senior victrix ludorum), Chris-Will du Toit (junior victor ludorum) en Elizabeth Goosen (junior victrix ludorum).
Verdun Estates bied seisoenale werksgeleenthede aan by hul Homefarm Pakstoor
STANDON DRYWER Werksverantwoordelikhede en vereistes: Voorkeur sal gegee word aan persone met ervaring in alle Pakstoor aspekte. • Standon Lisensie • Goeie dissipline • Gereëlde bywoning • Goeie werkstempo • Hoë gehalte werk kan lewer • Sober Gewoontes Voorwaardes: • ‘n Gesertifiseerde kopie van u RSA ID dokument / RSA Werkspermit moet aan u aansoek geheg word • Enige aansoek wat egter sonder ‘n RSA ID dokument / RSA Werkspermit ingehandig word sal nie oorweeg word nie • Skofte • Oortyd indien nodig sal ooreengekom word. Aansoekvorms is beskikbaar by: Verdun kantoor Navrae: Anne Smith (023) 313-3051 Termyn: So spoedig moontlik tot April 2024 Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.
Hierdie geleenthede het by Graaff Fruit Pakhuis ontstaan. Dit is permanente aanstellings, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.
1 x SPANLEIER (PALLETISERING) 1 x ASSISTENT SPANLEIER (PAK) Vereistes: • Graad 12 • NQF 3 Opleiding • Sertifikaat in toesighouding • Moet alle aspekte van pak en palletisering ken en kan hanteer • Bewese kennis van kern- en steenvrugte • Kennis van pakmateriaal • Bereid om oortyd en vakansiedae te werk • Moet goeie balans tussen mens en taak kan handhaaf • Moet arbeidsmag produktief kan aanwend Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket. E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Februarie 2024 Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
DIE burgerregteorganisasie Kaapse Forum het verlede week die toenemende stryd teen armoede in die Wes-Kaap saam met ’n nuwe generasie skoolleerders aangepak. Met dié projek word behoeftige graad eens toegerus met ’n skooltas vol drome, hoop én al die nodige skryfbehoeftes om hul skoolloopbane op die regte voet te kan begin. ’n Totaal van 170 tassies, gevul met skryfbehoeftes ter waarde van nagenoeg R600 elk, is by ses skole en gemeenskapsorgsentrums in die Wes-Kaap uitgedeel. As deel van dié projek is 70 tassies by die Skurweberg Sekondêre skool op Op-dieBerg uitgedeel.
2 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3
R303 pad oor die jare voos gery NA meer as 15 jaar se gesloer en die R303-pad tussen Hamlet en Op-die-Berg wat voos gery is, het die Departement van Infrastruktuur einde November, R378 miljoen goedgekeur om die pad op te gradeer en te herstel. Die R303-pad is ‘n belangrike lewensaar vir landbouers in die Koue Bokkeveld wat hulle vrugte per pad na koelkamers en markte in die streek en provinsie moet vervoer.Die pad sal na verwagting in Maart 2026 voltooi wees. Plaaslike padgebruikers moet kennis neem hiervan en rondom die padsluitings beplan. Hierdie is maar een van talle projekte wat die afgelope weke in die streek begin het. Die ander een is tussen Touwsrivier en Ceres en tussen Ceres (Michellspas) en Wolseley se ingang. Kontrak C1216 Die kontrak van R378 miljoen gaan ondermeer 350 werksgeleenthede skep en talle inwoners sal nuwe vaardighede aanleer. Die belangrikste om te weet: ● Padwerke begin buite Ceres tot aan die einde van Gydopas pad word oorgeteer ● In Hamlet afdraai in Sarel Cilliersstraat - herseël van nagenoeg 6 km ● Gydopas tot net voor Op-die-Berg - herseël ● Op-die-Berg tot anderkant die dorp (12km) - padrehabilitasie en herseël ● Op-die-Berg afdraai na Boplaas (ongeveer 17km) - herseël
KWDM Brandweerdienste en hul gekontrakteerde grondspanne, NCC en lugondersteuning, Leading Edge Aviation, werk die afgelope week nou saam en word hulle deur die distriksmunisipaliteite van Weskus, Swartland, Breedevallei en Drakenstein sowel as die Witzenberg munisipaliteit ondersteun. CapeNature, Volunteer WildFire Services, Working on Fire, departement van visserye en omgewing asook die provinsiale rampbestuursentrum en die brandbeskermingsvereniging maak deel uit van die operasie.
Winde kom kyk self na brande WES-KAAP premier Alan Winde het Maandag 29 Januarie die Insident Beheerpos by Mountain Ridge wynkelder besoek om eerstehands ingelig te word hoe die brandbestrydingsoperasie in Kluitjieskraal, Bainskloof en Slanghoek vorder. Jo-Ann Otto, woordvoerder van Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), sê brandspanne het die afgelope paar dae gemengde resultate gehad. “Die reën wat laataand begin het, het interessant genoeg vordering vertraag en was nie genoeg om die grond binne te dring en sodoende aktiewe brandlyne te help bekamp nie. Beide die Bainskloof-, Slanghoek- en Elandsbergbrand het die reën voorbrandoperasies vertraag omdat die grond te nat was. Alhoewel die reën verligting gebring het met koeler weer en min wind, het dit min impak op die brandlyne gemaak”. Weens die Popia-wetgewing word daar nie spesifieke inligting oor eiendom bekend gemaak nie behalwe dat 48 strukture (ook informeel) vernietig is. Vier eiendomme in Steenbokpark (Bainskloof) is vernietig, ‘n aantal strukture by die hengelklub by Voëlvleidam en by Verrekyker en Kluitjieskraal buite Wolseley. ‘n Woonhuis, stoor en motor het op Verrekyker uitgebrand. Die bejaarde egpaar wat die opsigters is van die plaas en die afgelope paar jaar daar woon, het alles in die brand verloor.
Die brandlyn het Maandag na Tweede Tol in Bainskloof beweeg waar spanne struktuurbeskerming doen. Die brandlyn loop tans vanaf Bainskloofvallei tot in die berge bokant Slanghoek en is 6,5 km lank. *Teen Dinsdagaand was daar geringe opvlammings in die Bainskloof en Slanghoek areas en grondspanne was besig met opruimingstake en monitering.
DIE Kluitjieskraal-brand, een van die ergstes nog, het verlede Maandag 22 Januarie omstreeks 15:00 begin. Die oppervlakte wat verbrand het, word op 23 600 hektaar geraam. Daar is 11 grondspanne met 12 brandbestrydingsvoertuie en 115 brandpersoneel wat gehelp het om die brande te beveg.
Winkeleienaars in streek buit kliënte uit TALLE inwoners in die Witzenbergstreek het die afgelope week gal gebraak oor winkeleienaars wat ekstra kaartfooie hef. Dieselfde winkeleienaars hef ook ekstra fooie vir inwoners wat by hulle krag koop. Dit is nie seker wanneer dié uitbuitery kop uitgesteek het nie maar baie winkels wat deur buitelanders in woonbuurte bedryf word, hef die kaartfooie. Kliënte se klagtes by die winkeleinaars val egter op dowe ore. Wat sê die wet Kliënte in Suid-Afrika mag nie kaartfooie by die winkels of spaza winkels betaal wanneer hulle hul bankkaarte gebruik nie.
BACKUP POWER SOLUTIONS call us for:
inverters batteries solar panels
Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooie na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede, meestal onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word. Daar is egter nie ‘n plek waar ontevrede kliënte kan gaan kla nie. Hulle kan wel probeer om hul klagtes by die bank se ombudsman aan te meld of ‘n klag by die polisie te lê vir diefstal. Oor die kragheffings sal ontevrede inwoners met die munisipaliteit moet skakel om die winkels te dwing om nie die ekstra gelde te hef nie. Anders moet inwoners daaraan dink om eerder ander ondernemings te ondersteun wat nie kaartfooie hef nie.
We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 023 1000 515 info@jptek.co.za www.jptek.africa
4 l WITZENBERG HERALD l 2 FEBRUARY 2024
Dutoit extends support to workers and their families with launch of new Nooitgedacht school facility
DIE afgelope 4 jaar het die Witzenberg Matriekfonds plaaslike matrikulante gehelp om verder te gaan studeer. Die fonds help ook studente met vervoer, kos, boeke en skootrekenaars. Die WMF is ‘n NPO en hoërskoolhoofde dien op die komitee. Die top matrieks van 2023 is verlede Donderdag 25 Januarie tydens ‘n geleentheid by die munisipaliteit vereer vir hul harde werk. Sertifikate is deur die burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, aan presteerders oorhandig. ‘n Paar skoolhoofde was ook teenwoordig. Op die foto is Ruan Cupido (Ceres SS), Daniél Conradie (Charlie Hofmeyr), Entle Paletsa Khoanyana (Iinzingca Zethu SS), Entle Siboto (Skurweberg SS), Rozelle v/d Horst (Hoërskool Tulbagh), Francois Jacobs (Bella Vista Hoërskool). AFWESIG: Jade-Lynne Jonkers van Wolseley SS kon nie die funksie bywoon nie.** Enige inwoner of besigheid kan ‘n donasie aan die fonds maak - FNB tjekrekening, Witzenberg Matric Fund, 625-9081-9565.
Laerskool spog met 5 stelle tweelinge LAERSKOOL Gericke spog vanjaar met 5stelle tweelinge in die Grondslagfase. AGTER: Joalet en Corli Gibson, Joha en Enya Franken en Zarah en Azariah Persent. VOOR: John en Elizabeth du Toit en Annichel en Le Roux Smit.
KOUE BOKKEVELD
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE Die ideale kandidaat is gekwalifiseerd en/of beskik oor toepaslike ondervinding, is dinamies, seIfgemotiveerd en kan onafhanklik of in spanverband werk. Hoof verantwoordelikhede sluit in: • Ontvangsarea bestuur • Gastehuis besprekings • Spuitprogram administrasie • Algemene administratiewe take Vereistes: • Ten minstens 2 jaar ervaring in soortgelyke posisie • Uitstekende kommunikasie- en rekenaarvaardighede (insluitend Microsoft Word en Excell) • Beide Afrikaans en Engels magtig (verbale & skriftelike kommunikasie) • Netjies, georganiseerd en moet effektief kan werk onder druk. Gesonde en sober gewoontes. Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Rig asb. u aansoek en verkorte CV (maks. 4 bladsye) met verwysings aan Kunje Boerdery per e-pos na: leoni@kunje.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Februarie 2024 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
KENNISGEWING 2022/2023 JAARVERSLAG EN OORSIGVERSLAG Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 129(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) 2022/2023 dat die finale Jaarverslag en Oorsigverslag aan die Raad voorgelê is op 24 Januarie 2024 en deur die Raad aanvaar is. Die gemelde dokumente is elektronies ter insae by die Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za
NOTICE 2022/2023 ANNUAL REPORT AND -OVERSIGHT REPORT Notice is given hereby in terms of Section 129(3) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No.56 of 2003) that the final 2022/2023 Annual Report and -Oversight Report was tabled and were accepted by Council on 24 January 2024. Abovementioned documents are electronically available for public inspection at the Municipal Offices, Public Libraries and on the municipal website: www.witzenberg.gov.za
ISAZISO INGXELO YONYAKA -NENGXELO YOHLOLO KA2022/2023 Esisaziso sikhutshwe ngokubhekiselele kwiCandelo 129 (3) looRhulumente baseKhaya: ngokoMthetho woLawulo lwezeMali kuMasipala, ka2003 (umthetho wama (56 ka2003) ukuba ingxelo yonyaka -nengxelo yohlolo ka2022/2023 ithiwe thaca etafileni yaze yamnkelwa liBhunga ngomhla wama 24 kweyoMqungu 2024. Lamaxwebhu akhankanywe ngentla akhona kwii-Ofisi zikaMasipala, kuMathala eNcwadi nakumnathazwe kaMasipala ukuze ahlatywe amadlala luluntu: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER UMLAWULII-MASIPALA Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
LOOKING after their most cherished workers and their family members has always been a priority for the Dutoit Group - with education being one of the important pillars of their socio-economic development initiatives. Nooitgedacht, the smallest working farm within the Dutoit stable, had an existing day care centre but with its growth over the last year, there was a need identified to build a larger facility to accommodate more children, as well as provide an aftercare facility for both younger and older school learners. After two years of planning, Die Herbergie, was officially opened in November 2023, the result of an extensive hall renovation which features the daycare and aftercare facility as well as a kitchen to ensure the provision of nutritious meals for the children. Another room is being prepped to house a computer room in the future. Nooitgedacht in the Koue Bokkeveld, sees 430 permanent workers as well as seasonal workers who underpin the core of the business, caring for, harvesting and packing apples, pears and cherries for the Dutoit Group, which this year celebrates 130 years as a leader in South African agriculture. Nooitgedacht is an important producer for the group and boasts some of the oldest commercial cherry trees in South Africa. Cherry Time sales and the Dutoit Group, as well as the Waitrose Foundation, Boland Builders and Link Freight and Logistics all contributed to making this new facility possible. Die Herbergie offers parents a safe and educational space for the little ones in the morning and afternoons, as well as a space for the older children to spend after their school day nearby. It also provides an ideal space for the children to play during cold and rainy weather. “For Dutoit, our people are our biggest asset and priority. It is because of their hard work and dedication that quality products reach our customers. We couldn’t be prouder to officially open this facility to care for their children, while they care for our produce, and to give these children a great foundation for their future” says Willem Coetzee, CEO of Dutoit Agri. “Parents are now able to go to work, knowing that their children are safe and being provided for”. Staff at the facility include teachers and a medical officer, who also provides healthcare to the workers on the farm with a clinic that is available to them twice a month. “Children and their education are of critical importance to our business as they are not only the generation of our ancestors, but also the children of our current generation. Our people should be able to work happily and without worry, knowing that their children are in good hands,” Coetzee says.
2 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5
Vervaardigers help Kaapstad-hawe verbeter
AFTER two years of planning, Die Herbergie, was officially opened in November 2023, the result of an extensive hall renovation which features the daycare and aftercare facility as well as a kitchen to ensure the provision of nutritious meals for the children. Another room is being prepped to house a computer room in the future.
DRIE vervaardigers van houerkrane in hawens, Liebherr, Kalmar en Konecranes, is tans besig in die Kaapstad-hawe om te sorg dat Transnet toerusting werk. Oscar Borchards, waarnemende streekbestuurder van Transnet Port Terminals (TPT) in die Wes-Kaap, sê hulle fokus tans op die skip-tot-kaai-houerkrane asook die rubberwielbokkrane in die hawe wat onklaar raak. Die drie vervaardigers help op versoek van Transnet om die houertoerusting se betroubaarheid en beskikbaarheid te verbeter. Dit kom midde van die sagtevrugte-uitvoerseisoen wat in volle gang is met boere en uitvoerders wat die afgelope paar jaar verswakte produktiwiteit in die Kaapstad-hawe moet trotseer om hulle produkte betyds en in goeie gehalte, by uitvoermarkte te kry. Die Kaapstad houerkaai het ondanks die wisselvalige produktiwiteit, ‘n hoogtepunt van 17 skuiwe per uur tydens ‘n enkelskof behaal. Op een dag is 2388, 20-voet houers hanteer. Die 17 skuiwe steek sleg af teenoor die internasionale gemiddeld van 23.5 skuiwe per uur. Kaapstad en Durban (mediumgroot hawens) vaar ook die slegste in Afrika. Hofsake dreig Suid-Afrika se vrugte-uitvoerders, wat talle
plase en pakstore in die Wes-Kaap insluit, het vroeër vanjaar regsadvies ingewin oor regstappe teen Transnet vir skade en die nienakoming van verpligtinge teenoor die land. Die stappe kom nadat uitvoerders jare lank probeer om saam met die staatsentiteit, oplossings vir die probleme in die Kaapstadse hawe probeer vind. Dit is veral die sagtevrugtebedryf wie gedurende November en Maart moet uitvoer wat vir vierde agtereenvolgende jaar met die opeenhopings by die hawe se vraghouereindpunte sukkel. Van die probleme sluit in produkte wat laat aankom by hul oorsese bestemmings, vrugte word te lank verkoel wat gehalte verswak, normale windvertragings, personeeltekorte en stukkende toerusting. Weens dié probleme oorweeg oorsese kleinhandelaars nou ander verskaffers. Om vrugte met ‘n vragvliegtuig uit te voer is byna vyf keer meer as per skip. Die feit dat vrugte nie betyds gelewer word nie of in ‘n swak toestand by eindbestemmings aankom, skaad Suid-Afrika se reputasie as ‘n verskaffer van hoëgehalte-vrugte.
TWEE ongelukke het Sondag 27 Januarie kort na mekaar naby Sneeukop en Tandfontein in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Omstreeks 23:00 het die bestuurder van ‘n rooi Toyota beheer oor die motor verloor en van die pad gery. Die bestuurder het geringe beserings opgedoen. Skaars ‘n halfuur later en ongeveer 250 meter vanaf die eerste ongeluk, het die bestuurder van dié Hyundai X35i (foto regs) sy motor gerol. Die bestuurder is met hoofbeserings na die Ceres hospitaal vir behandeling gebring. * ‘n Voetganger is op 28 Januarie omstreeks 22:30 naby Tandfontein ernstig beseer. Die man is na Ceres hospitaal gehaas en later na Tygerberg oorgeplaas.
Man rol motor
(Artikel: Netwerk24)
6 l WITZENBERG HERALD l 2 FEBRUARY 2024
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Agnes Makonda 4 February 2024
May you enjoy your birthday and everything special about your day.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Angelique Christelle Africa
Huis: 09:00, Limpopostr. 6, Bella Vista Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
(023) 316-2021
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490
☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
F E B R U A R I E M A A N D is die maand van liefde en die Togryers museum beplan ‘n digitale uitstalling van troufotos. Gaan soek in jou albums na troufotos van ouers, grootouers en/of ander familie en stuur jou ou (en nuwe) troufotos vir die museum op Whatsapp na 060711-0509. Onthou om al die besonderhede van die foto saam te stuur, wat sal deel uitmaak van die aanlyn troufoto-uitstalling. Sluitingsdatum vir fotos is 13 Februarie.
WITZENBERG Cansa Relay vind plaas van 2-3 Maart.
R30 per bondel
PLANT AND TOOL HIRE
nuusbrokkies
INTERNASIONALE MOEDERSTAALDAG word op 21 Februarie gevier en die Togryers museum beplan ‘n gemeenskapsuitstalling en wil graag die gemeenskap deelmaak daarvan. Ons soek jou gunsteling WOORD in jou eie moedertaal. Whatsapp die woord met die betekenis na 060-711-0509. Die sluitingsdatum vir woorde is 16 Februarie. Die uitstalling sal by die museum te sien wees vanaf 21 Februarie tot 17 Maart.
Skakel Kobus 083-659-1735
Skakel
CENTRAL CERES MOTORS
vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies
2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop.
082-859-2300
1992/07/08 - 2024/01/28 Roudiens: Do. 01/02/2024 om 19:00, VGK Bella Vista
Begrafnisdiens: Sat. 3 Feb. 2024
DRINGEND OP SOEK NA
PS5 F1 2021 Game. Brand new. R500. Contact Jurie 084-508-4665 2/2 Cycling shirt. Brand new. R300. Contact Jurie on 084-508-4665 2/2
Lots of love Francois, Erika, Ben, Luna, the other kids and all of us at Witzenberg Herald
Bondels koerante te koop
GRATIS Whatsapp die woord
HERALD gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003 Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
Besigheidsure: Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
BELLA VISTA Crusaders kersfeeskoor nooi ondersteuners uit na die Unie-kompetisie wat op 4 Februarie op Esselen Park, Worcester plaasvind. Die toegangsgelde beloop R80 vir die busvervoer en R30 vir hekgeld. Die optelpunte in Bella Vista is as volg: Rooi-winkel om 06:30 en Skotlandstraat 586 om 07:00. Vir verdere navrae, skakel die voorsitter Julius Julies by 083-726-5866. WOLSELEY rugbyklub het in alle erns met hul voorbereiding begin. Die klub oefen elke Dinsdag en Donderdag. Die klub se opwarmingswedstryde skop Saterdag 3 Februarie af met ‘n wedstryd teen La Plaisante. Op 10 Februarie speel Wolseley tuis teen Robertson Rangers, 17 Februarie weg teen Never Despair op Malmesbury en op 24 Februarie tuis teen Porterville. BELLA Vista rugbyklub se opwarmingswedstryde skop Saterdag 3 Februarie af met ‘n wedstryd teen Porterville (weg). Saterdag 10 Februarie speel Bella Vista teen Tulbagh (weg), 17 Februarie vind die klub se oefenkamp plaas en op 24 Februarie speel Bella Vista tuis teen Young Hamiltons. YOUNG Good Hope rugbyklub se oefeninge het in alle erns begin onder die nuwe afrigtingspan van Andrew Minnaar, Hennie Boer, Toy Jordaan en André Hofmeester. Die eerste vriendskaplike wedstryd vind plaas op 3 Februarie teen Black Arrows, Eselfontein (tuis Bella Vista sportgronde). Die res van die wedstryde is as volg: 10 Februarie teen Touwpark (weg), 17 Februarie teen Mountain Stars van De Doorns (tuis - Lyellstraat sportgronde). Almal is welkom om oefeninge te kom bywoon op Maandae en Woensdae op die Bella Vista sportgronde. Vir enige navrae skakel Gays Davids by 079-135-6757 of Frans Lintnaar by 062-096-8078. BELLA Vista rugbyklub se bestuurspan vir 2024. Voorsitter: Pieter Klazen Ondervoorsitter: Hannes Steyn Sekretaresse: Joycelyn Huyser Hulp-sekretaresse: Charlotte Mckenzie Tesourier: Wilfred Seroot Hulp-tesourier: Danzille Angle Wedstrydsekretaris: Alan Seroot Skakelbeampte: John Nicol Adams Mediabeampte: Meagan Lukas Dawid Van Der Merwe Addisionele lede is Veronique Lintnaar, Quenten Segels, Pat Lambert en Cornelius Ludick. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart. PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae. DIE Ceres SAPD vra die gemeenskap om meer veiligheidsbewus te wees, veral met toenemende gevalle van verkragting en betasting. - Moenie met vreemdelinge gesels, loop, drink en kuier nie. - Moenie saans alleen loop nie. - Moenie saamrygeleenthede vra nie. - Bly weg van donker en verlate plekke. Skakel gerus (023) 316-8600 of 10111.
2 FEBRUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7
Klag teen Tankwaverdagte voorlopig laat vaar
Klipgooier vrygelaat met talle sake hangend teen hom ‘n KLIPGOOIER wat die afgelope maande inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die Koekedouwdam se ingang gereeld met klippe gooi, is vrygelaat. Christopher van Schalkwyk (35) van Klein Pruise is onlangs deur speurders gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners waar hy al meer as R20 000 se skade aangerig het. Dié nuutste sake teen hom is na 6 Februarie uitgestel. Ander sake Van Schalkwyk staan op talle klagtes tereg in die Ceres landdroshof. Hy is in Junie 2022 aangekla van kabeldiefstal, in Augustus 2023 vir die besit van
dwelms en diefstal (ander klag), in Oktober 2023 vir teistering en in Januarie vanjaar vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag en die oortreding van ‘n teisteringsbevel. Of dit nie genoeg klagtes is teen die verdagte nie, word hy onverwags weer in Januariemaand deur die hof vrygelaat.
Desondanks die skade aan eiendom en die moontlikheid dat jong kinders raakgegooi kan word, is dit blykbaar nie genoegsame rede om dié reeksoortreder agter tralies te hou nie. CHRISTOPHER van Schalkwyk (35) van Klein Pruise.
Western Cape top 10 blood donation schools THE Western Cape Blood Service (WCBS) proudly acknowledges the remarkable efforts of 103 the Western Cape High Schools for their contribution of 12 926 units of blood during 2023. The need for blood and blood products continue to increase annually and it is therefore vital for the WCBS to increase the active donor base. The youth plays a vital role in the sustainability of the organisation, and that’s why the WCBS forges good ties with educational in-
stitutions to set up blood donations clinics. “As we express our deepest appreciation to these High Schools across the province, we also encourage and invite other schools to take part in the blood donation drives. High School learners can start donating blood at 16 years old. No parental consent is needed”. Learners should, however, complete the POPIA form which parents should sign as consent. WCBS urges high schools in the Western Cape to get in contact with them to either establish a blood donation clinic at
their school or find out where the closest blood donation clinic is. Thank you to the top 3 schools for their exceptional efforts in collecting the most units of blood in the Western Cape for 2023: Outeniqua High School 370 units Protea Heights Academy 318 units Worcester Gymnasium 276 units For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs. org.za, download the WCBS App, or send a Whatsapp to 060-549-7244.
DIE verkragtingsklag teen ‘n werklose Sedgefield inwoner is die week voorlopig teruggetrek in afwagting van ‘n sielkundige verslag. Die 26-jarige verdagte het in die Ceres streekhof tereg gestaan op die verkragtingsklag. Sy prokureur het vroeër vertoë aan die senior aanklaer gerig dat die klaagster ‘n sielkundige verslag moet inhandig. Hulle beweer sy het bestaande sielkundige probleme. Arresteer Die verdagte is einde van Februarie 2023 vir meer as ses maande in die Worcester gevangenis aangehou voordat hy begin Augustusmaand op R3 000 borg vrygelaat is. Hy is na ‘n polisiesoektog van 8 maande en goeie speurwerk weens ‘n verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo, vasgetrek. Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens ‘n AfricaBurn geleentheid plaasgevind.
Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za
How to help Donate DIE Ceres Ope, een van die gewildstes op die Wes-Kaap gholfkalender, is Saterdag 20 Januarie op Ceres gholfbaan oor 36 putjies aangebied. Vyftig van die Wes-Kaap se top amateurs was hier in aksie en het sake in hoë temperature en ‘n sterk wind uitgespook. Bosman de Villiers was die 2024 kampioen na ‘n uitspeelstryd met Wilco Hall (naaswenner).
Chain Boland FNB Acc. no: 62735793194 Branch: 250655
Volunteer e-mail: info@chainboland.co.za
Shop Find pet and vintage goods at Chain on Main, 38 Van der Stel Street, Tulbagh Tel: 064 655 4724
Adopt Dog Shelter: Hazel 072 609 1165 Cattery: Elise 081 849 2811
Meet your new CHAIN committee Jeremy Mackintosh: CHAIN Chairperson CHAIN (Community Helping Animals in Need) is an essential NGO that works hard to make life better for the neglected animals in the Witzenberg region. The organisation is staffed by a small team that is both passionate and dedicated beyond belief. Special thanks go to Hazel, Ryno, Debbie and Elise who respectively run the mobile unit, CHAIN shop, dog shelter, and cat shelter. Their long-standing commitment to these essential tasks forms the backbone of what we have achieved. In 2023, many experienced committee members resigned due to changes in their lives, and so a new committee formed in 2024. Our immediate objectives are to settle our new committee members into their portfolios and keep the wheels turning. In my other life, I run a large packaging business, which is a well-oiled machine. CHAIN is a micro business, but the principles of good management still apply, and having hard-working people who can take responsibility and make things happen is essential. I got the job of chairman because the other team members are really good at their jobs. Our immediate priority is to bolster our finances through better fundraising activities and streamlining the operation of our shop, which is now under the leadership of Vanessa Neary. The task of communication and social media is shared between Kevin Beaumont and Phoebe du Preez. Please do look out for our social media posts of animals searching for their second chances and share them widely. Administration is the responsibility of our new secretary, Averil Slater, a worker bee who adds value across the board and keeps us all on track. Elise van Holten is our outgoing chair and has been a stalwart in every facet of the organisation. She will slowly be handing over her many roles to the new team. CHAIN’s finance team comprises of Lawrie Irvine and Anne-Juliette Quemoun, who have a wealth of experience in financial management. Our aim going forward is to renegotiate our animal welfare contract with the Witzenberg municipality, which is due for renewal in June. Servicing the area comprising of Op-die-Berg, P.A. Hamlet, Ceres, Wolseley, and Tulbagh is a massive task for one small animal rescuer (Hazel Havenga in her CHAIN mini-van). We are working towards adding a second mobile unit to provide support and backup going forward. Special thanks must go to Ceres Vets and Witzenberg Vets who play an essential role in the substantial veterinary contribution to providing healthcare to animals in need, and for the work that goes into helping poorer communities have their animals sterilised or treated. I think that a good measure of our humanity is the way we as individuals and a community look after our animals. Together we are stronger.
Animals rescued from fires The horrific fires in Witzenberg last week brought out Tulbagh’s legendary community spirit. A band of bighearted volunteers came together to rescue many animals, including this lovely horse who was trapped in the flames. Photo: Louise Peter
072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) | e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za https://www.chainboland.co.za | Follow us on Instagram | Like us on Facebook @ChainBoland Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh CHAIN Newsletter publication: kevin@mettamedia.co.za
8 l WITZENBERG HERALD l 2 FEBRUARY 2024
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Herholdt en Strydom wen gholfdag ‘n BETERBAL stableford kompetisie is Saterdag op Ceres gholfbaan aangebied. Michiel Herholdt en Christo Strydom was die wenners met 43 punte. Francis Matthee en Robert Matthee was tweede, ook met 43
DIE Boland seniors het Saterdag op Ceres gespeel. Die A-afdeling (houespel) is deur Ferdie van der Merwe met 69 houe gewen.
punte. Altus Joubert en Danie Goosen was in die derde plek met 42 punte. Boland Seniors Die Boland seniors het ook Saterdag op Ceres gespeel. Die A-afdeling (houespel) is deur Ferdie van der Merwe met 69 houe gewen. Francios Hanekom was tweede met 70 houe. Die B-afdeling is deur Hennie van Deventer met 39 punte gewen met Gideon van den Heever met 35 punte in die tweede plek. Klubkampioenskappe 2024 Die Ceres klubkampioenskappe vind eersdaags plaas. 'n Datum sal later bekend gemaak word. Die klub het in 2022 en 2023 ‘n ander formaat op die proef gestel waar die A-afdeling oor 36 putjies op die Saterdag speel en 18 putjies op die Sondag terwyl die ander afdelings net 18 putjies oor twee dae speel. Vanjaar keer die klubkampioenskappe terug na die ou formaat van 36 putjies op een dag. Spelers sal meeding in die A-afdeling (voorgee 0-9), B-afdeling (voorgee 10-18) en C-afdeling (voorgee 19-36). Spelers ouer as 50, kan karretjies bespreek. Besprekings Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068 vir volgende naweek se spel.
Adriaan nael 5000m rekord aan flarde
DRIE leerders van die Laerskool Koue Bokkeveld is opgeneem in die Wes-Kaap Kavaliers tennisspan. Die spelers verteenwoordig die streek gedurende Maartmaand teen Kaapstad Disa’s, Eden en Noord-Kaap. VLNR: Alize Fabricius, Johan du Toit en Anmari Steenkamp.
We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems
ADRIAAN Wildschutt (25), bekende langasem en oud-Ceresiet, het Vrydag 26 Januarie geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaner te word wat deur die grens van 13 minute bars oor 5 000 meter. Adriaan het op die John Thomas Terrier Classic byeenkoms in Boston die rekordtyd van 12:56:76 behaal en sy eie Suid-Afrikaanse kortbaanbinneshuise rekord in flarde laat spat. Adriaan is ook verlede Saterdagaand deur Atletiek SA as die mansatleet van die jaar vir 2023 gekroon. Wildschutt het reeds in Julie 2023 sy plek op die vliegtuig na die Parys Olimpiese Spele, bespreek toe hy die kwalifikasietyd van 13:05 behaal het. * Adriaan het ook in 2023 ‘n nuwe nasionale rekord in die 10 000 meter vir mans opgestel toe hy die stophorlosie op 27:23.10 gestop het. Hy het Hendrik Ramaala se rekord (27:29.94) van 24 jaar gelede verbeter wat Ramaala destyds in 1999 in Port Elizabeth opgestel het. Hy hou ook die SA rekord in die 3000 meter (7:39:25).
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES info@jptek.co.za 023 1000 515
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies