WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 5
R 10
Friday, 9 February 2024
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 Februarie
Vrydag 9 Februarie
12° 27°
11° 26°
Saterdag 10 Februarie
11° 30°
Agt beseer in Gydopas
Sondag 11 Februarie
14° 37°
CERES KOEKEDOUW DAM
80,2%
MEAL IT!
TULBAGH DAM
Add a 1.5L drink
58%
20780
R
WAVERENSKROON TULBAGH
(023) 312-1916 CERES
Lesings geneem: 2024/02/07
For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
57,75%
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Polisielid red vriend se lewe DIE vinnige optrede van ‘n afdiens-polisielid en sy jare ondervinding in die Kaapstad blitspatrollie, het verlede week die lewe van sy vriend gered. Juan Hanekom (43) van P.A. Hamlet is vandag baie gelukkig om te lewe nadat hy verlede week byna doodgebloei het, toe hy met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek is. Die voorval het Woensdag 31 Januarie omstreeks 18:00 plaasgevind. Die verdagte, Nkosana Dyoshu ook bekend as Lucky, was besig om gesteelde kragkabels se plastiek af te brand toe hy deur Hanekom gekonfronteer is oor die rook wat by sy perseel intrek.
Dyoshu het ‘n dubbellem skaapskêr, wat hy gebruik om die plastiek rondom die kragkabels los te sny, gegryp en Hanekom in die bors gesteek. Hanekom het terug gestrompel na sy werkswinkel waar ‘n vriend en afdiens-polisielid van P.A. Hamlet, sersant Nico Brand, besig was om iets uit sy voertuig te haal. Brand het besef dit is noodgeval, Hanekom in passasierskant van ‘n Pajero ingedruk en teen hoë spoed met Hanekom na Ceres hospitaal gejaag. Met hul aankoms by die hospitaal is noodbehandeling toegepas en moes dokters vinnig sy slaagaar en bors toewerk om die bloed te stop. Met sy aankoms het hy byna leeg gebloei en in hipovolumiese skok gegaan. Na die noodbehandeling moes Juan eers drie ure in die hospitaal vir ‘n ambulans wag voordat hy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is. Hy is verlede Donderdag uit die hospitaal ontslaan. Dankbaar Juan en sy vrou Marsha, is baie dankbaar vir hul vriend se vinnig optrede wat Juan se lewe gered het asook mediese personeel by Ceres hospitaal vir hul vinnige hulp. “Ek weet nie veel van die gebeure tussenin nie en het eers in die hospitaal besef hoe gelukkig ek is om te lewe nadat dokters gesê het die lem het my hart met 1 millimeter gemis”. Brand is net bly hy kon help. Sy opleiding en ses jaar ondervinding in die Kaapstad Blitspatrollie het gehelp dat hulle met flitsende ligte veilig en vinnig by die hospitaal kon uitkom. Daar was nie tyd om vir ‘n ambulans te wag nie.
☎ (023) 312-1057 Voortrekkerstraat 112 Maintain your vehicle by fitting genuine Toyota Parts from Ceres Toyota at our Service Centre, means that every part fitted by us carries a 1 year warranty!
Ensuring uncompromised safety, reliability, guaranteed quality and total peace of mind.
For the BEST service and prices Nationwide visit: www.cerestoyota.co.za
JUAN Hanekom (43) van P.A. Hamlet bedank vir sers. Brand (links) nadat hy uit Tygerberg hospitaal ontslaan is. INLAS: Die bloedbevlekte hemp.