WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 6
R7.50
Friday, February 19, 2021
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Februarie
Vrydag 19 Februarie
14° 23°
12° 27°
Saterdag 20 Februarie
12° 23°
Ceres Koekedouw dam
81,5%
Lesing: 2021/02/17
Telephone: (023) 316-2021/3
CERES ☎ (023) 312-2144
2021
Sondag 21 Februarie
14° 23°
Since 1997
A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
Terug skool toe vir leerders Fax: 086-211-5774
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) ☎ (023) 004-1338 or 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Botha-moordsaak tot Maart uitgestel VIER moordverdagtes het verlede week weer in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die moord op dr. Roelof Botha. Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30), Justin Adonis (30) en hul mede-beskuldigde, Desiree Goeieman (18), het voor landdros Pieter Klazen verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek na 30 Maart uitgestel. Sodra die ondersoek voltooi is, sal die saak na die Kaapstad Hooggeregshof oorgeplaas word. In aanhouding Drie van die verdagtes bly in aanhouding terwyl Goeieman in huisarres bly. Agtergrond Dr. Roelof Botha (59) is op 1 Junie 2020 omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch-grondpad vermoor. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen is later op die toneel gevind. Die polisie het ook dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het blykbaar die polisie gaan wys waar die wapen versteek was.
DIE vier verdagtes. VLNR: Aiden Abels (27), Justin Adonis (30), Andrew Gouws (30) en Desiree Goeieman (18).
Polisie skiet man (37) deur sy arm na hy wapen op hulle rig DIE polisie ondersoek ‘n voorval waar ‘n Karoo-inwoner deur die arm geskiet is. Die voorval het op die plaas Bullaagte naby Inverdoorn op die Calvinia grondpad, plaasgevind. Die polisie is op 30 Januarie omstreeks 16:50 na die plaas nadat die 37jarige verdagte se gewese meisie gekla het
Refresh cooldrink 2L ass.
dat hy hul kind al ‘n week by hom hou. Die meisie is saam met die polisie om die kind te gaan haal. Met hul aankoms op die plaas het iemand die plaashek gesluit. Die verdagte het oproerig geraak en een van die polisielede se vuurwapen gegryp. Hy het die vuurwapen gespan en op die
polisieman gerig. Die ander polisielid het daarna twee skote afgevuur waarvan een die verdagte in die arm getref het. Die verdagte is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Hy is later, onder polisiebegeleiding, na ‘n hospitaal in Worcester oorgeplaas.
Die verdagte is aangekla en gewaarsku om op 25 Februarie in die hof te verskyn. Hy sal op ondermeer klagtes wat verband hou met aanranding van ‘n polisielid, inmeng met polisie se werk en rig van vuurwapen, verskyn.
999 1L Fusion
699
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91
Crunch & Munch Biscuits ass. 1899 500g / 400g Reboost Energy cooldrink 500ml
Snowflake Cake Wheat Flour 2,5kg 2kg Rainbow Chicken IQF
2299
699
6299
Bokomo Corn Flakes 1kg
3999
Pryse geldig 25 Februarie 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, February 19, 2021
nuusbrokkies DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum in samewerking met André Bloem en Ninon Mackinnon, bied op 24 Maart ‘n sessie aan oor onderhandelingsvaardighede. Doeltreffende onderhandelinge is ‘n vaardigheid wat elkeen in hul alledaagse lewe behoort te gebruik. Dit is veral gemik op HR bestuurders, senior bestuur en produksiebestuur en word by die NG Kerk Op-die-Berg vanaf 08:30 tot 15:30 aangebied. Die koste beloop R1450 per persoon. Enige navrae en besprekings kan gerig word aan Euria by euria@kbos. co.za BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos na isaac jacobs50@yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar. BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor hou ‘n wors en roosterbrood (met uiesmoor) verkoping op 26 Februarie. Koste beloop R20 per worsrol en gratis aflewering sal gedoen word. Bestellings kan by bestuurslede geplaas word of die voorsitter, Julius Julies, kan geskakel word by 083-726-5866. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.
KORT nadat Josua du Toit en sy vrou, in 1971 hul op die plaas Ouplaas in die Witzenbergvallei, gevestig het, was hy saam met Pieter Immelman (voorligtingsbeampte), besig om grondmonsters te neem vir ontleding voor die aartappel-plantseisoen. Josua tel toe ‘n klip op met ‘n onnatuurlike voorkoms en Pieter herken dit as ‘n ‘artefak’ of klipwerktuig wat mense baie lank gelede gemaak en gebruik het. Daarna het hy heelwat meer daarvan in die veld gekry en versamel. Hy kom toe in kontak met prof. Janette Deacon (‘n argeoloog op Stellenbosch), wat dit identifiseer as klipgereedskap van die ‘eerste mense’. Dit was tipiese voorbeelde van ‘bifaces’. In haar boek ‘Human Beginnings in South Africa’ skryf sy die volgende: The habit of making bifaces persisted for more than a million years before they went out of fashion about 250 000 years ago in Africa. It was a habit shared by people on a continent wide and even intercontinental scale. * Josua du Toit het onlangs ‘n groot deel van dié versameling geskenk aan die Togryers museum vir bewaring en uitstalling.
DIE plaaslike digter Jadrick Pedro-Koopman (26), het onlangs sy tweede digbundel On-getiteld 2 - ‘n opvolg op sy debuutbundel wat in Maart 2019 verskyn het - gepubliseer. Met ‘n dieper blik op die lewe skryf Jadrick vreesloos en waaghalsig oor kwessies wat ons lewens verswelg. Dwelmmisbruik en gesinsgeweld is van die temas wat in die bundel aangeroer word. “Ek wil skryf oor goed wat ek verstaan en oor dinge waaroor min mense die moed het om oor te praat”, sê Jadrick. Die kringloop van sy lewe word in die bundel weergegee. Waar hy telkens terugkeer na soms ontstellende beelde vanuit sy kinderjare. Dit is ook in dié bundel waarin hy in die laaste gedig verklap hoekom hy skryf. Hier skryf Jadrick uit die diepte van sy hart in eenvoudige taal met skryftegnieke eie aan hom wat maak dat sy gedigte gemaklik lees. Skakel vir Jadrick by 076-505-5722 of Jadrickpedro209@gmail.com om ‘n bundel te bestel.
KENNISGEWING WITZENBERG MUNISIPALITEIT Kennis word hiermee gegee van die Raad se voornemens om ‘n gedeelte van erf 2629, Ceres aan die “Association with Disabilities” (APD) op langtermyn te verhuur, soos per die aangehegte sketsplan, vir doeleindes vir die oprigting van ‘n sentrum vir gestremdes. Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 26 Februarie 2021 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Mnr. R. Fick, Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na: riaan@witzenberg.gov.za Notice is hereby given of Council’s intention to lease a portion of Erf 2629, Ceres, as per the annexed layout plan to The Association for persons with Disabilities (APD) for the purpose of constructing a centre for persons with disabilities. If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mr. R. Fick, 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail to: riaan@witzenberg.gov.za or before the 26th of February 2021.
Skool verwelkom nuwe onderwysers DRIE nuwe personeellede is Maandag 15 Februarie by Charlie Hofmeyr hoërskool verwelkom. VLNR: Ettienne Wentzel (IGO, landboutegnologie en tegnologie), Madeleine Conradie (English FAL) en Thorne Swart (landboutegnologie en IGO).
HOëRSKOOL CHARLIE HOFMEYR Ceres
ALGEMENE WERKER Pligte sluit in: • Algemene pligte • Tuinwerk Aansoeke kan by ontvangs ingegee word. Rig navrae aan die faktotum: Mnr Visser 071-871-8749 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Maart 2021 Indien daar 2 weke na plasing van die advertensie nie met u kontak gemaak is nie, moet u aanvaar dat u nie in die pos aangestel is nie.
Huis Maudie Kriel
Schnitzel & Chips Donderdag 25 Februarie ‘21 @ R65 elk Beskikbaar vanaf 17:00-18:00 Bestel & betaal by Huis Maudie Kriel voor of op Dinsdag 23 Februarie 2021
(023) 312-1950
JACQUES Steyn is sedert Januarie 2019 die onderhoof van Charlie Hofmeyr hoërskool.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, February 19, 2021
COVID-19 aktiewe gevalle stabiliseer DIE aktiewe COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek het gestabiliseer. Daar is tans 41 aktiewe gevalle in die streek teenoor verlede week se 37 gevalle. Die afgelope week het net een persoon op Tulbagh aan CV-19 gesterf. Teen Maandag 15 Februarie was daar al 4885 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 4631 volkome herstel. Twee honderd en dertien (213) mense het sedert 1 Maart gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 43 gevolg deur Wolseley met 32, Bella Vista met 30, P.A. Hamlet met 26 en Tulbagh met 21. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 10 860 (tot 15 Februarie) met 272 302 positiewe gevalle en 255 462 wat al herstel het. Die entstofprogram is goed op dreef en die
JUSTIN Mullins (38).
Mullins in hof op ander aanklagte DIE man wat verlede jaar op Erfenisdag ‘n Bella Vista inwoner in sy bakkie doodgeskiet het, se poging tot moord streekhofsaak, is na einde Februarie toe uitgestel. Die polisie se ondersoek teen Justin Mullins (38) is afgehandel. Die saak word tans in die Ceres streekhof aangehoor waar hy op een aanklag van poging tot moord en drie aanklagte van oortredings van ‘n beskermingsbevel teregstaan. Hy is tans in aanhouding en moet weer op 25 Februarie in die streekhof verskyn. Moordondersoek Mullins word ook aangekla vir die moord op Manschoer Constance (34). Constance is Donderdag 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg gebeur. Mullins het later gevlug en na meer as ‘n week op die vlug, het hy homself verlede jaar op Vrydag 2 Oktober, in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee. Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het die moordwapen gevind. Die saak is uitgestel tot 12 April vir verdere ondersoek.
eerste fase begin al die week. Gesondheidswerkers sal die J&J entstof ontvang pleks van die AstraZeneca entstof wat tydelik gestaak is. Die departement het 378 publieke fasiliteite en 41 privaat fasiliteite gereed om die inentings toe te dien. Meer as 3000 persone is klaar geregistreer om die inentings te doen. Voorbeeld vir ander William Johnstone van Ceres is een van die eerste groep gesondheidswerkers wat die inentingsopleiding voltooi het. Johnstone se take sluit in om daagliks die Ceres hospitaal en omliggende klinieke te besoek wat hom baie blootstel aan die virus. Hy gaan ‘n voorbeeld aan ander stel om hom teen die virus inent. Isnentings sal help om die virus te beheer en menselewens te red.
WILLIAM Johnstone van Ceres is een van die eerste groep gesondheidswerkers wat die inentingsopleiding voltooi het.
Saak teen munisipale personeellid vir mediasie uitgestel DIE kriminele saak teen ‘n senior Witzenberg munisipale amptenaar is die week uitgestel. Die saak is na 12 Maart uitgestel vir moontlike mediasie. Die 37-jarige personeellid word aangekla
van seksuele aanranding. Vroulike werknemers by die munisipaliteit op Ceres het by die bestuur gekla dat hulle betas is tydens besoeke aan die personeellid se kantoor om dokumente af te gee.
Hills groet Ceres na 38 jaar NA 38 jaar op Ceres het Lionel en Marie Hill besluit om die dorp te verlaat om nader aan hul kinders en versorging te wees. Die Hills het in 1983 vanaf Bredasdorp, waar Lionel die skoolhoof was, hulle intrek op Ceres geneem. Vir die volgende 17 jaar was Lionel hoof van Laerskool Gericke en het Marie verskeie poste beklee onder andere by Ceres primêr waar sy Engels onderrig het. Onder Lionel se leiding en innoverende denke, het Laerskool Gericke groot hoogtes op akademiese sowel as op sportgebied behaal. Dit was egter op die sportterrein waar hulle ‘n reuse rol gespeel het.
Beide het Ceres op die tennisbaan verteenwoordig en het ook gholf gespeel. Intussen het hulle ook volstoom aan padwedlope deelgeneem en drie Comrades Ultra wedlope voltooi. In 1991 was hulle betrokke by die stigting van die Ceres atletiekklub, waarna die uiters gewilde Michellspas halfmarathon ook in die lewe geroep is. Marie het vanaf die ontstaan van die atletiekklub nog elke jaar op die bestuur gedien en saam met Lionel as organiseerder van die Michellspas wedlope gedien. Lionel het in die tyd die ampte van president, voorsitter asook sekretaris en tesourier gevul en was ook verantwoordelik vir die tot standkoming van die wedloop vir plaaswerkers wat tesame met die Michellspas wedlope aangebied is. In hulle tyd het die Hills deur hulle leiding en deelname Ceres atletiekklub tot een van die toonaangewende klubs in die Boland uitgebou. Talle projekte, onder andere, ‘n junior ontwikkelingsprojek, is geïnisieer, wat daartoe bygedra het dat talle belowende junior atlete kon uitblink en ‘n beter toekoms vir hulself kon bewerkstellig. Dankie Die Hill-egpaar spreek graag hulle dank uit teenoor lede van die Ceres gemeenskap wat oor die jare met hulp en steun bygedra het om hul verblyf op Ceres so aangenaam te maak. Die dag toe hulle deur die nekkie gekom het was die begin van ‘n onvergeetlike reis. “Ons kyk met dank terug, maar met opgewondenheid vorentoe”.
Net een klaer (27), het in Oktober 2020 ‘n saak teen die man gaan maak. * Volgens die strafproseswet kan die naam van die verdagte eers bekend gemaak word sodra hy gepleit het.
Saak gaan na streekhof oorgeplaas word BYNA 18 maande nadat ‘n Ceres motorwerktuigkundige in ‘n ongeluk gesterf het, is die saak teen die ander motorbestuurder weer uitgestel. Speurders ondersoek twee klagtes, een van strafbare manslag en ‘n dronkbestuurklag, teen die 59-jarige Granville Slavers. Die saak is na 15 Maart uitgestel in afwagting van ‘n streekhofdatum. Agtergrond Twee voertuie was Saterdag 28 September 2019 in die vroeë oggendure in ‘n botsing in Vosstraat betrokke. Piet Beukes (53), ‘n motorwerktuigkundige, is na die ongeluk in ‘n koma in die Tygerberg hospitaal opgeneem. Hy het op Saterdag 5 Oktober 2019 in die Tygerberg hospitaal gesterf sonder om weer sy bewussyn te herwin. Slavers was die bestuurder van ‘n Toyota Ayo en het na bewering onder die invloed van alkohol, in Beukes se VW Fox vasgery. Hy is blykbaar deur omstanders op die ongelukstoneel gehou totdat die polisie opgedaag het. Ceres speurders het die bloeduitslag in Julie 2020 terug ontvang asook die nadoodse verslag van Tygerberg hospitaal.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, February 19, 2021
2021
Terug skool toe vir leerders TWEE van Laerskool Gericke se graad eens, Sophia Botha en Shane Mutangadura.
MAANDAG was die eerste skooldag vir St. Marks se graad R leerders. Hier staan die skoenlapper klassie saam met hul juffrou, Anneline Willemse.
DIE nuwe graad 4 leerders was ook baie opgewonde om met hul nuwe skooljaar te begin. Hier is ‘n paar saam met hul klasopvoeder, juffrou Mepomie. DIE studente wat by Laerskool Gericke aansluit is Isabel van der Westhuizen, Odile Pietersen en AJ Britz (bo).
SENIOR ACCOUNTANT
J. Alberts Konstruksie BK
Wolseley (Full Time)
BOEKHOUER/ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
We are looking for an experienced and knowledgeable Senior Accountant to drive the financial operations of the company. In this role you will report to the Chief Financial Officer to provide assistance and guidance to all the relevant departments. Job description: • Financial reporting in IFRS for SME’s and management reporting • Monthly preparation of VAT and PAYE returns for submission on E-filing • Creditor and debtor management • Prepare monthly financial schedules for departments • Audit preparation • Implementation of new financial processes • Cost calculation • Import and export administration • General administration. Qualifications: • Relevant tertiary qualification with completed Articles • 3 - 5 Years’ experience as an Accountant • Extensive knowledge of Pastel, able to work on Excel and Word. Soft skills: • Good communication skills - must be able to communicate on all levels • Able to work under pressure and independently • Honest and reliable. Closing date: 15 March 2021 E-mail your full comprehensive Curriculum Vitae to: personnel@brennokem.co.za Applicants who have not received feedback within 14 days from the closing date must please accept their application as unsuccessful
‘n Gevestigde onderneming in die Konstruksiebedryf benodig die kundigheid van ‘n ervare Boekhouer/Administratiewe persoon by hul Kantoor in Prince Alfred Hamlet. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volgende en moet deeglike kennis hê van: • Microsoft Word en Excel • Effektiewe bestuur en kontrole van debiteure, krediteure en fakturering • Verantwoordelik vir die administrasie van BTW en betaling • Hantering van salarisse en lone stelsel op VIP Salaris- en Loonprogram • Deeglike kennis van Sage Pastel Boekhoupakket (Pastel Xpress), insluitend rekonsiliasies op alle vlakke • BTW, Werknemersbelasting, EMP201, WVF en LBS asook jaarlikse rekonsiliasies met behulp van bestaande rekenaarstelsel • Algemene personeel administrasie en skakeling met die Boubedingingsraad • Daaglikse bankdienste en betalings • Hantering van verkoopsfakture en kredietnotas • Rekeningkundige pligte tot op proefbalansstadium, insluitend verkope administrasie, aankope administrasie • Rekonsiliasie van verskaffers rekeninge • Halfdag pos van 08:00 tot 13:00 • Tersiêre opleiding sal voordelig wees. Sluitingsdatum: 24 Februarie 2021 Aanstellingsdatum: 1 April 2021 Stuur asb. aansoeke met verwysings na: JD Alberts: alkon@breede.co.za Steve Bothma: steve@superexcel.co.za
WITZENBERG HERALD
Friday, February 19, 2021
5
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Skakel
082-859-2300
PLATTERS
Andrew (Gamat) Jacobs
Willem Links
Huis: 8:00, Santa Rosastraat 5, Ceres Kerk: 09:00, VGK Ceres Graf: 10:00, Ceres Psalm 23 “Die Here is my Herder”
Willem Links 26/09/1939 - 14/02/2021
(Soet of sout)
29/11/1956 - 15/02/2015
CENTRAL CERES MOTORS
1939/09/26 - 2021/02/14 Privaat begrafnis: Sat. 20 Feb. 2021
• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Service Center & Panelbeating Dit is jou 6de jaar saam met die Engele in die Hemel. Die vermisting en die verlange is nog baie groot. Rus sag. “In your beautiful isle of somewhere.” Van Girly, kinders & kleinkinders
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Johannes Ockhuis
Gelukkige 90ste verjaarsdag ons liefste Pa. Hoe graag sou ons die dag met Pa wou deel, maar ons weet dat God, Pa, die Engele en al ons geliefdes feesvier in die Hemel. Geniet die dag en ons is baie, baie lief vir Pa. Baie liefde Colin, Ashley, Nicole en Ruan.
Frederick Prent
Johannes Ockhuis
(Sonder klapper)
Services: sell, install & repair ✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
072-270-3531
Frederick Prent 1944/07/05 - 2021/02/10
20/02/1931 - 28/09/2014
AND FRAMES Liefste Johannes Ockhuis vandag 20 Februarie 2021 sou jou 90ste verjaardag gewees het. Ek mis jou nog baie en weet dat jy veilig is by die Here. Rus saggies my Engel. Van jou vrou Helena Ockhuis
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
20/02/1931 - 28/09/2014
Mariska and Davian. Love you always Dadda
Frederick Prent 1944/07/05 - 2021/02/10
Naomi Fredericks 1972/04/11 - 2021/02/07
STEFAN STEYN 083-227-6476
Julle twee het nou jul aardse huis verlaat. Ons gaan julle onsettend baie mis. Julle was ons “Supersterre”. van Prent, Fredericks en Jacobs familie.
Vir die skoonmaak van huise en kantore in Ceres en Hamlet omgewing.
Baie geluk met Pa se 7de verjaarsdag in die Hemel. Die verlange is groot maar ons weet dat Pa baie gelukkig en tevrede is terwyl Pa rus by die Meester. Nogmaals baie geluk Pa, ons sal Pa ewig lief wees en nooit vergeet nie.
Chantelle Sauer 082-632-5330
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o
Van Babie, Gaynor, Hanri en Gaylynne
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
Johannes Ockhuis We thank you for teaching us about love, life and all of the things we needed to know about life. We now say farewell to you. For your legacy lives on.
Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook Bankaflosse. Skakel 079-379-2898. c/s DA53 19/2
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
With great Sadness we have to say farewell to a husband, father and grandfather. “Our Legend” Words will never be enough to tell your tale. Farewell Dadda. We love you. from Mammie, Mariska, Davian and Elgar
Work opportunity for well groomed youth that has one year work experience in a sales and marketing environment, love to work with people and in a team. A monthly basic salary plus commission is offered to successful candidates. Their benefits also include: • Opportunity to travel • Double your salary within 3 months • No traveling cost • Free managing training • Incentives, gifts, prizes (weekly + monthly) WhatsApp your CV (and 3 pictures of yourself) to: 063-025-2341 or e-mail to Info@sessolcctv.co.za Qualifying applicants will be called on Tuesday 23 Feb. 2021
ROTI’S
20/02/1931 - 28/09/2014
Ons beweën die heengaan van ons dierbare pa en oupa Willem in die rype ouderdom van 81 jaar. Ons berus om te weet dat jy vandag is waar jy so graag wou wees. Alle eer en dank aan God, ons Vader en Verlosser vir so ‘n besonderse man. Rus sag ons dierbare pa en oupa. Van kinders, klein- en agterkleinkinders
KOESISTERS
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
082-399-4068
1944/07/05 - 2021/02/10
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Skakel vir kwotasies
Ons benodig die dienste van 2 DRYWERS Vereistes: Geldige bestuurderslisensies asook PDP en basiese rekenaargeletterdheid. Stuur asb. u CV met verwysing na: oslodg@gmail.com
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
Huis Maudie Kriel
Schnitzel & Chips 25 Februarie ‘21 @ R65 elk
Beskikbaar vanaf 17:00-18:00
Navrae Huis Maudie Kriel (023) 312-1950
Friday, February 19, 2021
Wenners aangewys DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het hul vyfde maandkompetisie via Zoom aangebied. Maandwenners van Charlie Hofmeyr fotografieklub is ook aangewys. Liza du Toit was die tema wenner (plaas) met Jacoline Visser in die tweede plek. Liza was ook die ope-afdeling (sertifikaat van meriete) met Daniël Conradie in die tweede plek. Sonvanger (foto onder van Liza du Toit) is aangewys as beste skolier foto. Die maand en kategorie wenners is ook aangewys: Senior aandwenner en ope wenner Louise de Lange (foto bo Yellow Field flower), beste junior (1-3 ster) Hester Truter, beste selfoonfoto - Suzaan Opperman, selfoon ope - Suzaan Opperman, selfoon tema (groen of geel) - Piet le Roux, swart en wit - Phillip de Lange, natuur - Phillip de Lange, fotojoernalisme - Phillip de Lange en tema (groen en geel) wenner - Marleen la Grange.
WITZENBERG HERALD
7
Friday, February 19, 2021
2021
Terug skool toe vir leerders en onderwysers MAANDAG was die eerste skooldag vir St. Marks se graad eentjies. Die groepie was baie opgewonde om met hul skooljaar te begin.
LAERSKOOL Gericke het Maandag 15 Februarie hul nuwe graad eens by die skool verwelkom. Hier is Anlu Brand saam met haar graad een klassie afgeneem.
LAERSKOOL Gericke se nuwe personeel wat vanjaar by die skool aangesluit het. VLNR: Carol Pienaar, Barnard Steyn, Bianca van der Bank en Wessel Otto.
Karatekas oefen hard vir kompetisie KARATESTUDENTE van JW van Wyk boerdery het verlede week ‘n baie moeilike eksamen geslaag om deel te vorm van die Wes-Kaap Kiyobukan-span. Die karatekas sal nou hard oefen vir die kompetisie waar hulle moontlik nasionale kleure kan verwerf. * As enigiemand meer wil uitvind oor die dissiplineprogram, kan hulle renshi Andries Douglas skakel by 073-278-4400 of stuur ‘n e-pos na renshi@adkarate.co.za
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
KARATESTUDENTE van Erfdeel en Klondyke het die afgelope week hulle Andries Douglas karate T-hemde ontvang. Hierdie studente kom een keer ‘n week bymekaar om deel te neem aan die dissiplineprogram. * As enigiemand meer wil uitvind oor die dissiplineprogram, kan hulle renshi Andries Douglas skakel by 073-278-4400 of stuur ‘n e-pos na renshi@ adkarate.co.za
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, February 19, 2021
Witzenberg Herald
THE new vision for Ceres Golf Estate will be constituted in a second addendum to the tri-party agreement, where fundamentally the Ceres Golf Club will take delivery of a total of 9 new golf holes and a refurbished Club House. The second addendum has now yet been finalised however work on the new Club House commenced some time back. After several tweaks to the approved building plans, the Golf Club and development company have now finalised revisions and the intention is to endeavor to complete the project by October 2021.
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
MOSSIE Botha (links) en Willie van Heerden.
Willie en Mossie wen gholfdag
Skolesport
Spelers kan na oefenveld terugkeer DIE Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het verlede week aangekondig dat skolerugbyspelers na die oefenveld kan terugkeer. Die besluit is deur afrigters, onderwysers en ouers verwelkom. SARU het skole en klubs die groenlig gegee om die volgende vier weke te oefen te midde van die CV-19 pandemie. Spelers, skole en ander betrokkenes sal aan ‘n rits regulasies moet voldoen. Geen kontakoefening sal egter toegelaat word nie en dit is onseker wanneer wedstryde sal kan plaasvind. Die tweede fase van die plan is om kontakoefeninge toe te laat en daarna wedstryde in fase 3. Skolesport is belangrik vir ‘n kind se opvoeding en ontwikkeling. Dit was sedert Maart 2020 op ys geplaas.
ELIZABETH Goosen, ‘n leerder van Laerskool F.D. Conradie, het die naweek die Wes-Kaap Kavaliers se o/12 A-span teen WP (Kaapse Metropool) verteenwoordig. Elizabeth het goed gevaar en al drie haar tenniswedstryde gewen.
DIE naweek het 54 spelers aan ‘n beterbal stableford kompetisie op Ceres deelgeneem. Willie van Heerden en Mossie Botha was die wenners met 48 punte. Robert McNeily en Justin Wesson was tweede, ook met 48 punte. Peter Basson en Christiaan Orffer was derde met 46 punte gevolg deur Simon Molaza en Glenville Nasson en Werner Pharo en Bevan Davids, beide met tellings van 43 punte. Klubkampioenskappe Die jaarlikse klubkampioenskappe vind op 27 Februarie plaas. Spelers sal in drie afdelings meeding oor 36 putjies. Daar is nog plek vir 10 spelers. Beterskap toegewens Charles Basson (foto regs), ‘n lid van Ceres gholfklub, is uit intensiewesorg maar is steeds in die hospitaal. Hy sterk goed aan. Die klub en spelers wens hom alle beterskap toe.
CHARLES Basson.
NOTICE OF ENVIRONMENTAL ASSESSMENT PROCESS PUBLIC PARTICIPATION PROCESS PROPOSED PV SOLAR ENERGY PROJECTS LOCATED ON FARM VAALKLOOF PRIVATE NATURE RESERVE TOUWS RIVER, WESTERN CAPE PROVINCE Location: Farm Vaalkloof Private Nature Reserve near Touws River, Western Cape Province. Proposed Activity: The establishment of a 900MW PV Solar Energy Facility. Eco-Compliance is undertaking the Environmental Impact Assessment (EIA) Process and public participation process. Please be advised that the draft Scoping Report will be available for review from 18 February to 19 March 2021 from the following platforms: https://www.dropbox.com/sh/w566tvtj7pkpn83/AACF56J1WUD2iaxd3_dFtj0a?dl=0 www.solarcapital.co.za (Tab: Our Projects) All interested and affected parties/occupiers are requested to register on the stakeholder database by submitting their name and contact details. All interested and affected parties are invited to review the draft reports and background information and submit their comments directly to Mr Shawn Johnston of Sustainable Futures. Contact details are included below. P.O. Box 749, Rondebosch, Cape Town, 7701 Tel: 083-325-9965 Fax: 086-510-2537 Email: swjohnston@mweb.co.za
Munga Grit kom Ceres toe DIE 2021 Munga Grit word van 9-11 April buite Ceres aangebied. Fietsryers spring op Eselfontein weg en eindig na 500 moordende kilometers weer op Eselfontein. Deelnemers moet die afstand binne 50 uur voltooi. Die roete strek deur die Tankwa Karoo en deelnemers moet beide Oubergpas voor Sutherland en Katbakkiespas met die terugkom uitry. Van die land se top ultra-fietsryers word verwag om te kom deelneem.