1 minute read
Veldbrand in berg word gou geblus
TWEE helikopters van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en Werk met Vuur, het Sondag saam met grondspanne gehelp om vlamme te blus teen die bergreeks agter Ceres Zipline tot bo by die dam. Die veldbrand het van Zipline se eiendom in die berg bedreig. Zipline-aktiwiteite moes ook weens veiligheidsredes gekanselleer word. Dit is nie bekend hoe die brand ontstaan het nie maar die Witzenberg munisipaliteit se wetstoepassers moet dringend ontplooi word om dié area na die dam te patrolleer asook om toegang na die poele te beheer sodat inwoners nie daar kan gaan drink of braai nie. Verlede Donderdagaand was daar ook ‘n stuk veld teen Plantasiestraat en Dennebos se heining wat deur kwaaddoeners aan die brand gesteek is. * Lede van Witzenberg Brand en Redding, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, Werk met Vuur en die vlieëniers word bedank vir hul hulp om die vlamme te blus.
Advertisement