1 minute read
nuusbrokkies
YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 18 Februarie hul tweede vriendskaplike wedstryd teen Ceres RVK. Die wedstryd vind plaas op die Lyellstraat sportsgronde in Rooikamp. Wedstryde begin om 12:00 en toegang is R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en motors. Daar sal ook ‘n voorwedstryd gespeel word tussen Young Good Hope RVK se vrouespan en Breërivier RVK se vrouespan. In hul eerste vriendskaplike wedstryd het Young Good Hope RVK vir Paardekloof RVK met 5-3 geklop.
CERES netbalklub het weer met oefeninge begin op Maandae en Woensdae. Begintyd is vanaf 17:45-18:00 op Laerskool Gericke se netbalbane. Nuwe lede is welkom om aan te sluit. Skakel Marelize by 073-318-7638
Advertisement
CERES Voortrekkers se aktiwiteite vir Februarie 2023.
Dinsdag 21 Februarie - spanbyeenkoms
17:30-18:30
Vrydag 24 Februarie tot Sondag 26 Februarie - Kommandokamp
Dinsdag 28 Februarie - spanbyeenkoms
17:30-18:30
NUWE dranklisensievoorwaardes in plek. Die nuwe drankverkopetye by Ceres gholfklub word in onderstaande gedeelte ‘n bietjie beter verduidelik. “ Met die hernuwing van die klub se dranklisensie, het die drankraad die gholfklub besoek voordat die klub aansoek kon doen vir hul nuwe lisensie. Met die ontwikkeling van die gholflandgoed met woonhuise op, val die gholfklub nou onder die munisipale wetgewing wat dit as ‘n residensiële woongebied verklaar en mag die klub net van 11:00 tot 24:00 drank verkoop. Die klub het aansoek gedoen dat lede drank vanaf die kroeg op die hele gholfbaan - nuwe ontwikkeling ingesluit - kan neem. Verdere verandering hieroor sal later bekend gemaak word".