9 minute read

Bergpas lank

‘n VRAGMOTOR wat meer as 800 skape van ‘n veilingskraal vervoer het, het Maandagmiddag net na 15:20 in Michellspas omgeslaan nadat die bestuurder beheer verloor het.

Die vragmotor het twee bakkies getref voordat ‘n gedeelte van die vragmotor saam met een van die bakkies - ‘n Toyota bakkie - teen die berghang af is.

Advertisement

Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van ‘n polisie-ondersoek.

Niemand is in die ongeluk dood nie en EMS nooddienste het drie persone op die toneel behandel. ‘n Vierde persoon is deur ‘n omstander na die Ceres hospitaal geneem.

Gert de Wee, wat die Silver Solutions Livestock vragmotor met nagenoeg 850 skape agterop, bestuur het, is na die Ceres hospi- taal geneem vir behandeling. Hy het vermoedelik sy sleutelbeen gebreek.

Moos Ruiters van Wolseley was die bestuurder van die groenkleurige Ford bakkie.

Hy het vasgesit in die kajuit. Hy is ‘n ruk later deur EMS nooddienste personeel bevry nadat hulle die bakkie oopgesny het. Hy was alleen in die bakkie.

Die bestuurder van die Toyota bakkie, ‘n mnr. Smit van Worcester, was ook vasgekeer maar was baie gelukkig om lewendig uit die wrak te kom. Die vragmotor se kajuit het teen die berghang, bo-op die Toyota bakkie tot stilstand gekom.

Smit was tot 18:30 in die wrak vasgekeer voordat hy uitgehaal en met ‘n draagbaar na die padoppervlakte gebring is.

Beide bestuurders is na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Die AMS helikopter is ook as voorsorg maatreël na die on- gelukstoneel ontbied en het by ‘n aftrekpunt daar naby geland. Dit was egter nie nodig om een van die twee vasgekeerde bestuurders na ander hospitale in die provinsie te vervoer nie.

Skape dood

Talle skape is op die toneel dood en ander moes noodgedwonge van kant gemaak word. ‘n Veearts was ook op die toneel om die skape se toestand te monitor. Die skape wat nie beseer is nie, is later in ‘n kampie gejaag en op ‘n ander vragmotor gelaai.

Lang wag

Motoriste was tot ses uur in die bergpas vasgekeer en kon eers Maandagaand na 22:00 deurkom na Ceres of Wolseley.

Daar was selfs ‘n motoris of twee wat mediese behandeling moes ontvang terwyl hulle in die pas gewag het.

‘n Stop en Ry vir slegs een baan is van tyd tot tyd in werking gestel en voertuie kon drupsgewys verby die ongelukstoneel kom.

Geen beheer

‘n Dringende vergadering tussen al die rolspelers in die streek is vir volgende week belê om elkeen se pligte op ‘n ongelukstoneel uit te stippel en te bespreek om Maandag se chaos te vermy.

Die polisie is veronderstel om in beheer van ‘n ongelukstoneel te wees en binne voorgeskrewe riglyne die verskillende rolspelers te bestuur, die toneel te beveilig, nooddienste personeel te beskerm en te verhoed dat omstanders na willekeur net instap by ‘n ongelukstoneel - en in Maandag se geval - sommer ‘n skaap of twee vir hulself toeëien.

Die eienaar van die skape en vragmotor moet diefstalklagtes by die Ceres SAPD aanmeld.

Public Notice

Inspection Of General Valuation Roll And Lodging Of Objections

Notice is hereby given that the General Valuation Rolls, for the financial years 1 July 2023 until 30 June 2028, lies open for public inspection in terms of section 49(1)(a)(i) of the Municipal Property Rates Act 6 of 2004 (the Act), at the various municipal offices and at www.witzenberg.co.za from 17 February 2023 until 31 March 2023

In terms of section 49(1)(a)(ii) of the Act, any owner or person may lodge an objection with the Municipal Manager on any matter reflected in, or omitted from the abovementioned valuation rolls, within the prescribed period. In terms of section 50(2) of the Act an object must be in relation to a specific individual property and not against the valuation rolls as such.

Forms for lodging objections are obtainable at the various municipal offices and at www.witzenberg.co.za

Completed objection forms must reach the Municipality before or on 6 April 2023

Publieke Kennisgewing

INSPEKSIE VAN ALGEMENE WAARDASIEROL

EN INDIEN VAN BESWARE

Kennis geskied hiermee dat die Algemene Waardasierolle vir die finansiële jare 1 Julie 2023 tot 30 June 2028 ter insae lê vir openbare inspeksie kragtens artikel 49(1)(a)(ii) van die Munisipale Eiendomsbelasting Wet 6 van 2004 (die Wet), by die verskillende munisipale kantore vanaf 17 Februarie 2023 tot 31 Maart 2023 en by www.witzenberg.co.za

Kragtens artikel 49(1)(a)(ii) van die Wet kan ‘n eienaar of enige ander persoon beswaar maak by die Munisipale Bestuurder, ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel in bogenoemde waardasierolle binne die voorgeskrywe tydperk. Artikel 50(2) van die Wet bepaal dat ‘n beswaar na ‘n spesifieke eiendom moet verwys en nie na die waardasierolle as sulks nie.

Beswaarvorms is beskibaar by die onderskeie Munisipale kantore en by www.witzenberg.co.za

Voltooide beswaarvorms moet die Munisipaliteit bereik voor of op die 6de April 2023

Isaziso Esiya Eluntwini

UKUHLOLWA KOLUHLU LOQINGQOMAXABISO NOKUNGENISWA KWEZICHASO.

Esi saziso sikhutshwe malunga noxabangelo lwamaxabiso jikelele onyaka mali ka 1 Kweyekhala 2023 until 30 Kweyesilimela 2028

Kuvumelekile kuwonke-wonke ukuba ayihlole ngokwecandelo

49(1)(a)(i) lo Rhulumente wezekhaya kumthetho ka 2004 nombolo 6 oyi (Muncipal Property Rates Act) eli xwebhu luzakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumnathazwe kaMasiplala othi www.witzenberg.co.za. ukusukela ngomhla we 17 kweyoMdumba 2023 ukuya 31 kweyoKwindla 2023

Ngokwecandelo 49(1)(a)(ii) lomthetho nawuphina uMnini okanye umntu onesikhalazo malunga noku kukhankanywe ngentla lowo uyacelwa ukuba afake isikhalazo sakhe kuMlawuli-Masipala kwixesha elisisimiselo.Ngokwecandelo 50(2) lwaloMthetho isikhalazo masiyelelane nendawo leyo singabinxamnye noluxabangelo.

Amaxwebhu ezikhalazo ayafumaneka kwii-Ofisi zikaMasipala ezohlukileyo nakumnathazwe www.witzenberg.gov.za

Amaxwebhu agcwalisiweyo kufuneka afakwe phambi komhla we 6 kwekaTshazimpunzi 2023

Enquiries/Navrae/Imibuzo:

Ms. M. Poole ☎ (023) 316-8117

Ms. N. Victor ☎ (023) 316-8110

D. NASSON

MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / UMPHATHI kaMASIPALA

MICHELLSPAS was verlede Vrydag omstreeks 11:00 ook vir meer as ‘n uur versper nadat ‘n vrag pere van ‘n Worcester vragmotor afgeval het in die draai voor Witbrug. Verkeer het beide kante vir etlike kilometers opgehoop. Omstanders en werkers van provinsiale paaie, het gehelp om die pere na een baan te verskuif sodat verkeer weer kon vloei. Slegs een baan is oopgestel vir verkeer.

Gesondheidsdienste word verbeter by Ceres hospitaal

PASIËNTE en inwoners se terugvoer oor gesondheidsdienste in die Witzenberg-omgewing, het die WesKaapse departement van gesondheid se personeel gehelp om meer begrip te hê vir mense se behoeftes en verwagtinge.

“Ons wil hê dat mense wat na die klinieke en Ceres hospitaal gaan, goeie ervaringe het en dat hulle weet ons gee om. Om dit te bereik, het ons ‘n plan gemaak wat doelwitte vir die kort-, medium- en langtermyn insluit. Van die eerste aksies wat die afgelope paar maande geneem is, sluit in:

● Die implimentering van ‘n gespesialiseerde data-stelsel in Ceres hospitaal se noodeenheid (Hospital Emergency Center Triage Information System - HECTIS). Dit help personeel om prosesse te bestuur sodat pasiënte gouer na die volgende punt beweeg (bv. toetsing of opname). Wagtye en ‘n opeenhoping van mense word beperk. “HECTIS is wonderlik!” sê verpleegkundige Chantel Pieterse. Sy is een van die personeellede wat die stelsel gebruik om pasiënte in die noodeenheid te bestuur. “Dit vergemaklik triage. Jy sien dadelik watter waarnemings nog moet plaasvind. Ons pasiënte word gouer uitgesorteer.”

● 'n Vier-bed eenheid vir pasiënte met geestesgesondheidsuitdagings is aangebou by Ceres hospitaal. Sodra die pasiënte hier geplaas kan word, sal beddens vinniger beskikbaar wees aan ander pasiënte wie opgeneem moet word vir ander gesondheidsredes.

● Sleutelposte is gevul, sodat die groeiende gemeenskap die gepaste ondersteuning het om beter lewensgehalte te hê, ten spyte van kroniese toestande.

● ‘n Gebou is aangekoop. Een van die dienste wat hier ge- lewer sal word, is versorging en omvattende terapie aan pasiënte voordat hulle na hul huise ontslaan word.

● Hospitaal-personeel het verdere indiensopleiding ontvang om seker te maak dat personeel die vaardighede het om altyd professioneel op te tree, en pasiënte menswaardig te hanteer.

Wat kan inwoners in 2023 verwag?

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid werk nou saam met ander rolspelers om inligting te deel oor hoe om so gesond as moontlik te leef, wanneer om kliniek toe te gaan en wanneer dit beter is om hospitaal toe te gaan en die ernstige impak wat middelmisbruik op jou ge-sondheid het.

Een van die eerste veldtogte op die gesondheidskalender, het sopas afgeskop. Sedert 6 Februarie en weer op 31 Maart, doen gesondheidswerkers uitreike om kinders teen masels te beskerm.

Gesondheidspanne reik uit na creches en skole om immunisering teen masels te versnel. Jong kinders kan ook na hul naaste kliniek geneem word vir gratis inenting teen masels. Masels kan ernstige gevolge hê, soos blindheid en kinders kan sterf. Dit is ook binnekort tyd vir die veldtog teen die virus wat lei tot servikale kanker en die lewens van baie vroue eis.

“Ons wil ons geboue instandhou, sodat dit veilig is vir besoekers en sodat ons fasiliteite skoon en gerieflik is. Ons wil steeds gereeld in verbinding wees met die gemeenskap”.

Een manier waarop jy op hoogte kan bly van gesondheidsdienste naby jou en uitdagings in die omgewing wat ‘n impak het op almal se welstand, is die kliniek-komitees.

Vra by jou kliniek wie die voorsitter is en skakel die voorsitter sodat jy jou insette kan deurgee en die jongste inligting ontvang.

Een van die eerste gemeenskapsvergaderings vir 2023, word beplan vir Maartmaand op Tulbagh. Meer besonderhede sal nader aan die tyd deurgegee word.

Klinieke

Saaknr.: 142/2019

KENNISGEWING VAN VERKOPING IN EKSEKUSIE

In die Landdroshof vir die distrik van TULBAGH gehou te TULBAGH

In die saak tussen:

O’CONNOR BROTHERS PROPERTIES (PTY) LTD

Eksekusieskuldeiser en JAMAAL MUHAMED ABDULLAH

Eksekusieskuldenaar

VAN: WINKEL 1, ERF 2370, VAN DER STELSTRAAT 2, TULBAGH

VERKOOPSKENNISGEWING

IN OPVOLGING van ‘n vonnis in die Landdroshof van Tulbagh en ‘n lasbrief vir eksekusie gedateer 8 November 2022 sal die goedere hieronder uiteengesit in eksekusie verkoop word aan die hoogste bieder op MAANDAG, 13 MAART 2023 om 10:00 te WINKEL 1, ERF 2370, VAN DER STELSTRAAT 2, TULBAGH:

WINKEL 1, ERF 2370, VAN DER STELSTRAAT 2, TULBAGH INSLUITEND ALLE TOERUSTING, VOORRAAD EN ROERENDE BATES (tensy vooraf betaal)

Gedateer te PAARL op 9 FEBRUARIE 2023

VAN WYK VAN HEERDEN PROKUREURS

Prokureurs vir Eksekusieskuldeiser

HOOFSTRAAT 296, PAARL 7620

POSBUS 362, PAARL, 7620

D X 12, PAARL

Tel.: (021) 871-1050 Faks: (021) 872-4165 / 086-513-3332

E-pos: ilke@vwvh.co.za

Verw.: C ACKERMANN/ip/MAT15825

JOHAN BEZUIDENHOUT PROKUREURS p/a

13 Van der Stel Street, TULBAGH 6820

Tel: (023) 230-1050/1

Verw: Johan Bezuidenhout

“Ons mobiele klinieke, die klinieke en die hospitaal is almal aan mekaar verbind, want pasiënte word soos nodig na ‘n volgende vlak van sorg verwys,” sê dr. Elton Titus, bestuurder van die Witzenberg sub-distrik.

“Ons hou dit in gedagte wanneer ons veranderinge wil maak. Ons wil meer en meer doeltreffend werk en daarom het ons almal mekaar nodig.”

Gesondheidswerkers vra dat mense altyd dink hoe hulle besluite hulle gesondheid beïnvloed.

Gesondheidswerkers kan vir jou riglyne gee oor gesonde eetgewoontes, die voordele daarvan om gereeld te oefen en watter dienste hulle lewer om jou te help om siektes te voorkom.

VLNR: Sr. Carina Engelbrecht (nuwe assistent-bestuurder vir primêre gesondheidsorg), Nadine Saunders (koördineerder vir gemeenskapsgebasseerde dienste) en Lucretia Eksteen (ingeskrewe verpleegassistent), een van die personeellede wat HECTIS gebruik.

Kontrakteur verwyder indringer plante en bome

‘n PLAASLIKE kontrakteur is vanaf 1 Februarie deur die Witzenberg munisipaliteit aangestel om indringer plante teenaan die Dwarsrivier af te maak en te verwyder. Die kontrakteur is tans besig tussen die laagwaterbruggie by Hugostraat, Loversbridge tot by die Van Breda-brug in Voortrekkerstraat. Die projek vir die genoemde gedeelte sal teen middel Maart 2023 afgehandel word. Die Witzenberg munisipaliteit versoek vriendelik dat die gemeenskap geduldig sal wees want daar sal daagliks plantbiomassa teenaan die rivier voorkom maar met die afsluiting van die projek sal alles verwyder word. Die area sal ook gerehabiliteer word deur die aanplanting van inheemse plantegroei. Hierdie 3-jaar rivier restorasieprogram word deur die Nedbank Green Fund Trust befonds.

Munisipale Dienslewering Imbizo

HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?

Deernis Registrasie op Werkloosheids-databasis

Kredietbeheer (rekeninge)Klein Besigheid Ondersteuning

Sosiale Ontwikkelingsprogramme Basiese dienste: water, riool, elektrisiteit, vullis, strate, brandweer

Behuisings waglys aansoek & navrae Parke

Geïntegreerde Ontwikkelingsplan Verkeersdienste

WAAR WORD DIT GEHOU?

EEN skoolkind is Maandag 13 Februarie lig beseer nadat die skoolbus waarin hulle vervoer is teen die agterkant van ‘n Hyundai gebots het. Die voorval het 07:45 plaasgevind op die pad tussen Nduli en Ceres. Blykbaar wou ‘n bakkie by die paaie-afdeling indraai waarna dié Hyundai skielik moes stop.

‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep

Municipal Service Delivery Imbizo

DO YOU HAVE QUERIES REGARDING ANY OF THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?

ACVV CERES bedank almal wat deelgeneem het aan hul looitjieverkoping Valentynsdagprojek. Die fondse sal vir kinderbeskerming aangewend word. Die eerste prys (fotosessie by Devonté Photography) is deur Blomme Jors gewen. Elzanne Dumpies (links) het die tweede prys, ‘n ete vir twee by The Village gewen. Karin van der Merwe (regs) het die derde prys, ‘n piekniekmandjie, gewen.

A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities

Unikezelo Lweenkonzo Ngumasipala Imbizo

INGABA KUKHO AMAKHWINIBA MALUNGA NEZINKONZO ZIKAMASIPALA ZILANDELAYO?

Izibonelelo Ubhaliso kuluhlu lwabo bangasebenziyo

Ukulawulwa kwaMatyala (ii-akhawunti)Ukuxhaswa kwamashishina asakhasayo

Iinkqubo zoPhuhliso loLuntu Iinkonzo ezingundoqo: amanzi, ilindle, umbane, inkunkuma, izitalato, iinkonzo zomlilo

Ubhaliso Lwezindlu lwabo Iipaki bakuluhlu lwabalindileyo

Iinkonzo zezicwangciso zoPhuhliso loLuntu Iinkonzo zeziThuthi

IYAKUBANJELWA PHI?

UMHLA INGINGQI IWADIINDAWO IXESHA

Mvulo, 20 2023 kweyoMdumba eBella Vista4 & 6eBella Vista kwiHolo yoLuntu09:00 - 12:00

Lwesibini, 21 eWolseley2 & 7 eMontana kwiHolo yolunttu09:00 - 11:00 kweyoMdumba 2023ePine Valley kwiHolo yoLuntu11:30 - 13:30

Lwesithathu, 22 eTulbagh7 & 11 eWitzenville kwiHolo yoLuntu09:00 - 12:00 kweyoMdumba 2023

Lwesihlanu, 24eP.A. Hamlet4 & 10eP.A. Hamlet kwiHolo yoLuntu09:00 - 12:00 kweyoMdumba 2023

Mvulo, 27 kweyoMdumba 2023 Op-die-Berg8 & 9 eNuykintaba Hall09:00 - 12:00 lwesiThathu, 1 yoKwindla 2023 eNduli1 & 12 eNduli kwiHolo yoLuntu09:00 - 12:00

Lwesine, 2 yoKwindla 2023 eCeres3 & 5 eCeres kwiHolo yaseDolophini09:00 - 12:00

Umasipala okhathalayo ngoluntu lwakhe odala amathuba nohlumo!

This article is from: