Witzenberg Herald Vol.24 no.7 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

COOL TECH COOLTECH

Witzenberg

Volume 24 no. 7

R7.50

Friday, February 26, 2021

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

Since 1997

REFRIGERATION • AIR CONDITIONING

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 25 Februarie

Vrydag 26 Februarie

Saterdag 27 Februarie

15° 29°

13° 28°

Sondag 28 Februarie

15° 31°

17° 35°

Ceres Koekedouw dam

79,7%

Congratulations Class of 2020

Lesing: 2021/02/24

Telephone: (023) 316-2021/3

060-911-9535, Voortrekkerstr., Ceres

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

(Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

5 vir R60

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Fratsongeluk

Vrou (35) sterf op landgoed ‘n WERKNEMER van die vonkelwynmaker Krone MCC op Tulbagh is vroeër die maand in ‘n fratsongeluk dood. Die Ceres nooddienste is op 9 Februarie na die Twee Jonge Gezellen wynlandgoed ontbied nadat Maryna Cupido (35) ernstig beseer is in die produksie-aan-

leg. Cupido is op die toneel gestabiliseer en met ernstige inwendige beseringsen beenbreuke na Ceres hospitaal vervoer. Sy is later na die Christiaan Barnard hospitaal oorgeplaas waar sy op 12 Februarie gesterf het. Die Tulbagh polisie ondersoek die voorval en die departement van arbeid is van die ongeluk verwittig. ‘n Interne ondersoek is ook deur die landgoed gesondheidsen veiligheidsbeampte begin.

POLISIELEDE van Ceres sigbare polisiëring en Boland se eenheid vir openbare orde, het Dinsdag omstreeks 14:50 toegeslaan op ‘n swart VW Polo met vier insittendes in. Die voertuig met GP-nommerplate is deur polisielede in drie bakkies en ‘n Hyundai bussie voor die Ceres landdroshof afgetrek en deursoek. ‘n Kwartier later is die mans weer toegelaat om verder te ry.

Verklaring Twee JongeGezellen betreur die tragiese vurkhyser ongeluk waarin Maryna Cupido ernstig beseer is. Die landgoed is deurentyd in gesprek met die familie en bied berading en ander bystand waar nodig. Die landgoed het sy medelye teenoor die familie en plaaslike gemeenskap uitgespreek. “Maryna Cupido het jare vir die maatskappy gewerk en was ‘n lieflike vrou en lojale werknemer”.

MARYNA Cupido (35).

DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was Sondag 21 Februarie op Ceres. Hulle het ‘n manlike pasiënt kom oplaai en na Tygerberg hospitaal vervoer. AMS verskaf nie verdere inligting of wat die rede vir die oorplasing was nie behalwe dat dit ‘n noodgeval was. Die helikopter was langer as ‘n uur by die hospitaal.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 14 - 17 JANUARY 2021 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Chicken leg quarter, Beetroot and Coleslaw salad

SERVING SUGGESTION

Spar vacuum Cheese 700g

p/meal

(023) 316-2226 CERES SUPERSPAR Mon - Sun 07:00 - 19:00 Matured Sirloin steak

Langkloof Boerewors bulk

Pork Loin bulk chops

10999

7999

7999

p/kg

p/kg

4999

9999 each

13999 each

999 p/kg

Potato bag 10kg

PER MULTIBUY

100

00

Banana loose

Avo’s

2 FOR

25

00

16000

Bee Sting dessert

Bakers Snacktime 800g

7999

PER MULTIBUY

10000

each

79 74

200g Douw Egberts Coffee Range ass. 5kg Spar IQF mixed Chicken portions

2999

Spar Choice butter 500g brick

Pork precooked Belly Ribs

each

2499

Spar Frozen Pizza’s ass. 250g

5

p/kg

39

3kg Sunlight 99 Handwashing each Powder 3kg Spar (Regular, Charcoal Lavender Briquettes or Tropical) 12’s Spar PER MULTIBUY Firelighters

each

Nescafe Ricoffy 750g

5

74 69

1499 each

COMBO

5000

1099 each

2kg Tastic Parboiled Rice ass.

2

28 26

3399 each

Brookes Oros Squash 2L ass.

Butterschotch Cake + 2L Spar (ass) CSD Cooldrink


2

WITZENBERG HERALD

HUIS MAUDIE KRIEL

Friday, February 26, 2021

Nuwe onnies by St. Marks

ACVV tehuis vir bejaardes NPO 003-083 Benodig die dienste van ‘n

ASSISTENT VERPLEEGSTER Vereistes: • Registrasiefooi aan SA verplegingsraad is op datum • Handhaaf sober gewoontes • Kan in ‘n span werk • In staat om leiding en bevel te neem • Kennis dra van die behoeftes en die hantering van ouer persone Posaanvaarding: So spoedig moontlik Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Maart 2021 Rig aansoek aan: Die Bestuurder, Huis Maudie Kriel, Posbus 847, Ceres, 6835 Navrae: Sr. Mullins ☎ (023) 312-1950 Epos: bestuurder.maudie@lando.co.za

VIER nuwe onderwysers het vanjaar by St. Marks primêr op P.A. Hamlet aangesluit. VLNR: Monique Stoffels (graad 1), Tamlyn GrahamVergotine (graad 3), Maria JordaanCoaters (graad 3) en Roynette January (graad 3).

Barnito Klaasen Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor

CONGRATULATIONS TO THE CLASS OF 2020! On behalf of the Witzenberg Municipality’s Council, Senior Management and Officials we would like to congratulate all the matriculants of the Class of 2020 for passing the national examination and the good results achieved as a district and province.

TOPPRESTEERDERS van Charlie Hofmeyr hoërskool. VLNR: Davinichia Douries was die toppresteerder met 96%, Anna-Mart Bakkes was in die tweede plek met 92,3% gevolg deur Henriëtte de Villiers met 88,3%.

We commend you for your perseverance, dedication and the extra hard work you have put in during a very difficult and uncertain time of the national lockdown and coronavirus. You have mastered some great skills, and have shown great resilience and embraced changed with a positive attitude. These are all excellent qualities to have, for you are our future leaders. To all those who have not been successful, this is not the end of the road. There is always hope - don’t lose hope, reach out and ask for assistance, support and guidance. My wish for the future, always have faith, the courage to take on challenges and always give your best. And the world will be your oyster.

On behalf of all, we wish you great success with your future endeavours! God bless.

BAIE GELUK AAN DIE KLAS VAN 2020! Namens die Raad, senior bestuur en amptenare van Witzenberg Munisipaliteit wil ons al die matrikulante van die Klas van 2020 gelukwens met die slaag van die nasionale eksamen en die goeie resultate wat ons as distrik en provinsie behaal het. Ons prys almal vir hul deursettingsvermoe, toewyding en harde werk tydens ‘n baie moeilike jaar en onsekere tye met die nasionale lockdown en koronavirus. Ondanks al die uitdagings, het julle goeie vaardighede bemeester en uithouvermoë getoon en ‘n positiewe houding ingeneem. Hierdie is alles uitstekende eienskappe om te hê, veral as toekomstige leiers van ons gemeenskap en land. Aan al diegene wat onsuksesvol was, dis nie die einde van die pad nie. Daar is altyd hoop - reik asseblief uit en vra om hulp, ondersteuning en leiding. My wense vir ieder en elk is om nooit moed op te gee nie, alle uitdagings met ywer aan te pak en om altyd net jul beste te gee. En die wêreld sal jou oester wees.

Namens almal wens ek u baie sukses en voorspoed toe met u toekomsplanne! God seen u.

REKENMEESTER (HALFDAG)

Ons kliënt, Ceres Koelkamers (Edms) Bpk, het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n toegewyde en energieke Rekenmeester. SLEUTELPRESTASIE-AREAS: • Administratiewe-, finansiële- en statutêre take • Menslike Hulpbronfunksie • Debiteure • Krediteure DIE IDEALE KANDIDAAT: • Het ‘n tersiêre kwalifikasie in Administrasie en basiese finansies • Beskik oor ten minste 3 jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie • Is toegewyd, hardwerkend en georganiseerd • Het die behoefte om meer van die besigheid en die industrie te leer. • Beskik oor uitstekende rekenaarvaardighede (met werkende kennis van VIP, Pastel en MS Office) • Beskik oor uitstekende taal- en kommunikasievaardighede • Het eie vervoer. DIENSAANVAARDING: 3 Mei 2021 SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 10 Maart 2021 CV’S (INSLUITENDE VERWYSINGS EN SALARISVERWAGTINGE) KAN GESTUUR WORD NA: info@thehrdepartment.co.za. Slegs kortlys kandidate sal geskakel word.

Davinichia verwerf sewe A's DIE lang verwagte 2020 nasionale seniorsertifikaat-eksamen uitslae is Dinsdag bekendgemaak. Was dit nie vir die ongekende uitdagings weens COVID-19 nie, glo die nasionale onderwysdepartement dat die 2020 matriekklas die beste gevaar het. Die slaagsyfer was 76,2% (440 702 leerders). Dit is ‘n daling van 5,1% teenoor 2019 se slaagsyfer van 81,3%. Die onderwysdepartement is trots op die 2020-groep se deursettingsvermoë. Meer as 210 000 het universiteitsvrystelling verwerf. Die Wes-Kaap se slaagsyfer was 79,9%. Dit is kommerwekkend dat 65 500 van die kandidate wat die eksamen afgelê het, leerlinge was wat na matriek bevorder is. Hiervan het net 24 244 geslaag! Plaaslike matrieks vaar goed Plaaslike matrieks het goed gevaar in die 2020 nasionale seniorsertifikaat-eksamen. Davinichia Douries van Charlie Hofmeyr was die toppresteerder met 96%. Sy gaan vanjaar medies by US studeer. Anna-Mart Bakkes was in die tweede plek met 92,3% en gaan dieëtkunde by Tygerberg studeer. Henriëtte de Villiers met 88,3% gaan B.Rek studeer. Charlie Hofmeyr het 10 leerders met ‘n Agemiddeld opgelewer en 17 kandidate bo 75%. Twee kandidate het 7 A-simbole behaal, drie kandidate het 6 A-simbole behaal, vier kandidate spog met 5 A-simbole en twee leerders het 4 A-simbole.

Al sewe hoërskole is versoek om hul top kandidate se fotos en inligting te stuur. Teen druktyd is net Charlie Hofmeyr se inligting ontvang. Sodra die ander skole se uitslae ontvang word, sal dit gepubliseer word


WITZENBERG HERALD

3

Friday, February 26, 2021

Polisie ondersoek aanranding

SAPD-lid onskuldig bevind ‘n SAPD-lid van Worcester wat voorheen by Ceres polisie werksaam was, is onskuldig bevind op drie aanklagte teen hom. Shalton Koopman (41) het in Desember 2018 weens die besit van gesteelde eiendom, regsverydeling en meineed in die Ceres landdroshof verskyn. Sedertdien is die hofsaak meer as 20 keer uitgestel, twee hoofgetuies - ‘n pa en seun - het verdwyn en kan nie opgespoor word nie en net die helfte van die getuies het by die hof opgedaag. Landdros Guendouz het Koopman onskuldig bevind op al drie aanklagte teen hom.

DIE SAPD ondersoek ‘n klag van ernstige aanranding teen een van Mafoko sekuriteitsdienste se wagte. Die voorval het op Sondag 17 Januarie omstreeks 11:30 in Waboomlaan op P.A. Hamlet plaasgevind. Drie vroue het voor die voorval met tamaties geloop wat hulle by ‘n vriendin gaan haal het. Sekuriteitspersoneel van Mafoko het in hulle bussie daar verby gery en gestop waarna die vroue weggehardloop het omdat hulle nie maskers by hulle gehad het nie. Een van die vroue, Sebiena Fortuin (52), het geval waarna een van die vier wagte na bewering verskeie kere op haar linkerbeen getrap het. Haar been is op twee plekke gebreek. Die voorval is later by die polisie aangemeld. Die ondersoek is nog in die begin stadium en hospitaalrekords moet nog aangevra word oor die aard van me. Fortuin se beserings. Kommentaar Mafoko se hoofkantoor in Johannesburg het Woensdag gereageer en ‘n verklaring uitgereik. Mafoko het gesê hulle wil met polisie saamwerk om die beweerde aanranding te ondersoek. Die maatskappy se regsverteenwoordiger van AH Stander prokureurs, het met die ondersoekbeampte in verbinding getree. Die aantygings teen die wagte dat hulle die vrou aangerand het, word in ‘n ernstige lig beskou en sal ondersoek word. Die maatskappy verwerp sulke optredes teen onskuldige mense.

‘n Apple Ipad is tydens ‘n inbraak op 16 September 2017 by ‘n woning op Ceres gesteel. Die tablet is vir ‘n tyd lank gebruik sonder dat dit aanlyn of met WiFi ingeskakel het. ‘n Paar maande na die diefstal het die eienaar onverwags ‘n elektroniese waarskuwing van die Find-my-Friend soekfunksie gekry dat die tablet weer aanlyn is. Nie lank hierna het Koopman die klaer geskakel en gesê dat hy die tablet opgetel en later aan hom sal terugbesorg. Die voorval is toe weer by die polisie aangemeld wat gelei het tot die drie klagtes teen Koopman.

Dwelmsaak

Osondo vasgetrek

SEBIENA Fortuin (52), het geval waarna een van vier sekuriteitswagte na bewering verskeie kere op haar linkerbeen getrap het.

‘n TWEEDE Nigeriese burger is vasgetrek weens die besit van duisende rande se dwelms en onwettige kontant. ‘n Nigeriese vrou is in November 2020 met ‘n groot hoeveelheid dwelms en kontant op Wolseley betrap. Swaider Falatsa (25) het vir die eerste keer op 9 November in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms. Haar vriend, Chibuso (Tony) Osondo is na ‘n soektog op 20 Januarie vasgetrek. Hy was nie tydens die November-klopjag by die huis nie en het die polisie sedertdien ontduik. Beide het weer op 23 Februarie in die hof verskyn waarna die saak na 30 Maart uitgestel is vir verdere ondersoek. Osondo bly in aanhouding. Falatsa het blykbaar haar borg van R30 000 by die Worcester gevangenis betaal. Agtergrond Lede van die Wes-Kaap polisie misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die lande-

like bende-eenheid, het Donderdag 5 November met die nodige lasbriewe by ‘n huis in Whitestraat, Wolseley opgedaag. Die Nigeriese huishuurder (Osondo) was nie tuis nie en het die polisie ontglip. ‘n Vrou, vermoedelik sy meisie was tuis en het die polisie in die huis toegelaat. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelê op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms was versteek in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê.

Hoërskool Charlie Hofmeyr Baie geluk aan Charlie Hofmeyr met uitstekende uitslae • 10 A-gemiddeldes • 3 Leerders met 6 A-simbole

DIE Witzenberg gemeenskap is dankbaar vir ‘n dam vol water. Die Ceres Koekedouwdam is tans 81% vol teenoor verlede jaar se 65.5%.

• 17 Leerders bo 75% • 4 Leerders met 5 A-simbole

• 2 Leerders met 7 A-simbole • 2 Leerders met 4 A-simbole

Davinichia Douries 96,0%

Anna-Mart Bakkes 92,3%

Henriette de Villiers 88,3%

Ané Prins 87,0%

Wynand Pieters 83%

Jana-Mari Steyn 81%

Nadine Kriel 80,6%

Anike Mare 80,3%

Rachel Cilliers 80%

Tanya Mostert 80%


4

WITZENBERG HERALD

Friday, February 26, 2021

COVID-19 aktiewe gevalle bly daal Gestandaardiseerde Wêreld-wildlewedag

Wêreld-wildlewedag 2021 CapeNature is verantwoordelik vir die bevordering en beskerming van biodiversiteit in die WesKaap. Die entiteit bestuur die meerderheid van die bergopvanggebiede en -reservate wat ekosisteemdienste aan die burgers van die Wes-Kaap voorsien en dit sluit die bestuur van wildlewe in. Op 20 Desember 2013 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (AGVN) besluit om 3 MAART as WÊRELD-WILDLEWEDAG, te verklaar. Die dag is ’n geleentheid om die vele mooi en veelsoortige vorme van wilde fauna en flora te vier en om bewustheid te kweek van die menigte voordele wat die bewaring daarvan aan mense bied. Hierdie jaar se internasionale tema is Woude en Lewensbestaan. Dit is belangrik om te weet dat wildlewe nie net wilde diere insluit nie, maar wilde plante ook. Wildlewe speel ’n belangrike rol om die omgewing in ewewig te bring en dit verskaf stabiliteit aan die verskillende prosesse van die natuur. Dit verskaf gesonder ekosisteme deur diversiteit en verskaf ook voedsel en medisyne. Nie net het wildlewe kulturele beduidenis nie, maar baie mense is afhanklik van wildlewe vir hul lewensbestaan en dit is ’n baie belangrike deel van ons ekonomie. Wildlewe en die natuurgebiede lok toeriste en om die beurt skep dit werk. Die Wes-Kaapse wildlewe is voortdurend onder bedreiging, hoofsaaklik a.g.v. die impak wat mense op die wildlewe en hul habitat het. Byvoorbeeld, dierspesies kan vervolg word as gevolg van konfliksituasies, of diere en plante word uitgebuit vir kommersiële gewin. Diere word dikwels ook gejag vir sport en ontspanning. Menslike ontwikkeling vernietig hul habitat, wat in wese hul huis is, en dit is ’n toenemende bedreiging as die menslike bevolking toeneem en meer natuurlike hulpbronne vereis. Die effektiewe bewaring van wildlewe is ’n noodsaaklike deel van CapeNature se rol in die provinsie. Dit word bereik deur middel van die integrasie van ekologiese en sosio-ekonomiese doelwitte met die ondersteuning van samewerkende regering. Op-reservaat-bewaring behels die bestuur van provinsiale reservate volgens bestuursplanne. Dit kan ook privaat natuurreservate insluit, waar CapeNature privaat grondeienaars help en raad gee met die bestuur van hul grond of dele daarvan tot voordeel van bewaring. Van die top dinge wat lesers kan doen om ons unieke wildlewe te beskerm, sluit in om inheemse plante te plant, wild-vriendelike tuine te skep en indien moontlik, nie onkruiddoders en plaagdoders te gebruik nie. Die verwydering van uitheemse spesies en om hul verspreiding te voorkom, is ook belangrik, omdat indringerspesies inheemse spesies bedreig en verdring. Die vermindering van die hoeveelheid plastiek en ander afval wat in stortingsterreine eindig en die oordeelkundige en volhoubare gebruik van water is twee belangrike aksies wat geneem kan word. Die oorbenutting van oppervlakwater kan tot die verlies van akwatiese habitatte en die gepaardgaande spesies lei. Kortliks kan ons ons daaglikse lewens so omgewingsbewus as moontlik lei, want alles wat ons doen, beïnvloed om die beurt ons natuurlike gebiede en uiteindelik die natuurlewe. Lesers word ten sterkste aangeraai om die CapeNature reservate te ondersteun en te besoek om persoonlik die pragtige wildlewe van die Wes-Kaap te kom ervaar. Vir meer inligting oor CapeNature en die werk wat gedoen word kan lesers www.capenature.co.za besoek.

KENNISGEWING VAN BELANGEGROEPE PROSES VAN DIE GROOT-WINTERHOEK KOMPLEKS BESTUURSPLAN

NOTIFICATION OF STAKEHOLDER ENGAGEMENT PROCESS FOR THE GROOT WINTERHOEK COMPLEX MANAGEMENT PLAN

Kennisgewing van ‘n belangegroepe proses en aanbied van ‘n openbare vergadering om insette en kommentaar te lewer tot die konsep Bestuursplan van die Groot-Winterhoek Kompleks.

Notification of stakeholder engagement process and an invitation to attend a stakeholder engagement meeting to provide inputs and comments on the draft Management Plan for the Groot-Winterhoek Complex.

Die doelwit van dié konsep bestuurplan is om te verseker dat die beskerming, bewaring en bestuur van die Groot-Winterhoek Kompleks in lyn is met die doelwitte van die Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebied Wet, Wet Nr. 57 van 2003 (NOB:BGW) en dat dié Erfenis gebied en Reservaat kompleks bestuur plaasvind in lyn met die oogmerke waarvoor dit as ‘n ‘n reservaat verklaar is. Die bestuurplan moet in konsultasie met belanghebbendes opgestel word soos voorgeskryf in Seksie 39(3) van die NOB:BGW wat beskryf dat alle persone wat geïnteresseerd in en of geaffekteer word deur die bestuurplan ‘n geleentheid sal kry om kommentaar daarop te lewer.

The objective of this management plan is to ensure that the protection, conservation and management of Groot-Winterhoek Complex is consistent with the objectives of the National Environmental Management: Protected Areas Act, Act 57 of 2003 (NEM:PAA) and managed in accordance with the purpose for which it was declared. Management plans need to be compiled in consultation with stakeholders as prescribed by Section 39(3) of the NEM:PAA, which states that all persons who may be interested in, or affected by the management plan, are to be given the opportunity to comment on its content.

Die Groot-Winterhoek Kompleks is geleë in die WesKaap, Suid-Afrika en beslaan ongeveer 27 330 hektaar, waarvan 24 309.28 hektaar in 1985 as Wildernisgebied verklaar is. Die Kompleks is in 2004 ingelyf by die United Nations Education, Scientific and Cultural Organisation (UNESCO) en uitgebrei in 2015 as deel van die Kaapse Beskermde Area Werêld Erfenisgebied uitbreiding.

The Groot Winterhoek Complex is situated in the Western Cape, South Africa and is approximately 27 330 hectares of which 24 309.28 hectares were proclaimed a Wilderness Area in 1985. The complex was inscribed as a World Heritage Site by the World Heritage Convention, UNESCO (United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation) in 2004 and extended in 2015 as part of the Cape Floral Region Protected Areas (CFRPA) WHS.

Datum en plek van publieke vergaderings: 11 Maart 2021 by die Kaap-Agri hoofkantoor (10:00) in Porterville. Om te registreer vir die webinaar op 11 Maart 2021 (14:00) stuur e-pos teen 8 Maart 2021 aan charlduplessis2@afrihost.co.za

Date and venue of the public meeting: 11 March 2021 at the Kaap-Agri Main offices at Porterville (10:00). To register for the webinar on the 11 March 2021 (14:00) send e-mail on or before 8 March 2021 to charlduplessis2@afrihost.co.za

Beskikbaarheid van die konsep bestuursplan: ‘n Konsep bestuurplan is by die Porterville, Tulbagh, Citrusdal en Op die Berg Openbare Biblioteke beskikbaar. Die elektroniese dokument is ook beskikbaar by: www.capenature.co.za/care-for-nature/ biodiversity/protected-area-management-plans/

Availability of draft management plan: A draft management plan is available from the public libraries at Porterville, Tulbagh, Citrusdal and Op Die Berg. The electronic copy is available to download at: www.capenature.co.za/care-for-nature/ biodiversity/protected-area-management-plans/

Registrasie van Geïnteresseerde en Geaffekteerde Partye (GGP): Om te registreer as GGP, voorsien asb. naam, posadres, faks en e-pos en die insette en kommentaar aan die konsultante.

Registration as Interested and Affected Parties (I&AP): To register as an I&AP, please submit your name, postal address, contact details and the issues and comments you want to raise to the consultants.

Tydsraamwerk: 25 Februarie 2021 - 23 Maart 2021

Timeframes: 25 February 2021 - 23 March 2021

Sean Ranger Cell: 083-294-8776 Fax: 086-655-8060 sean.ranger1@gmail.com 3 Laborie St., Courtrai South Paarl, 7646

Charl du Plessis Cell: 079-172-4340 Fax: 086-608-8304 charlduplessis2@afrihost.co.za P.O. Box 454 Porterville, 6810

DIE aktiewe COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek het die afge-lope week weer gedaal. Suid-Afrika se COVID-19 gevalle het ook vir die eerste keer sedert November 2020, met minder as 1000 nuwe gevalle gestyg. Daar is tans slegs 19 aktiewe gevalle in die streek teenoor verlede week se 41 gevalle. Teen Dinsdag 23 Februarie was daar al 4904 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 4669 volkome herstel. Sterfgevalle Twee honderd en sestien (216) mense het sedert 1 Maart gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 44 gevolg deur Wolseley met 33, Bella Vista met 30, P.A. Hamlet met 26 en Tulbagh met 21. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11008 (tot 22 Februarie) met 273 354 positiewe gevalle en 257 587 wat al herstel het. Entstofprogram weer op dreef Die entstofprogram is goed op dreef en die eerste fase het verlede week begin. Gesondheidswerkers sal die J&J entstof ontvang pleks van die AstraZeneca entstof wat gestaak is. Die departement het 378 publieke fasiliteite en 41 privaat fasiliteite gereed om die inentings toe te dien. Meer as 3000 persone is klaar geregistreer om die inentings te doen. Die eerste besending van die J&J entstof is verlede week toegedien by drie van Wes-Kaap Regering gesondheid hospitale in Kaapstad. In Suid-Afrika word verskillende entstowwe beskikbaar gestel as deel van die entstofprogram. Tydens dié eerste fase van die entstofprogram sal gesondheidswerkers wie die entstof wil neem, die geleentheid kry. Die neem van die entstof is vrywillig. Enstof-feite ● ‘n Entstof help jou immuunsisteem om ‘n infeksie te beveg indien jy geïnfekteer word. Wanneer jy geënt word teen COVID-19 sal jou risiko om ernstig siek te word of van COVID-19 te sterf, verlaag. Die entstof sal ook keer dat COVID-19 vinnig in gemeenskappe versprei. ● Jy sal steeds jou masker moet dra en ander maatreëls moet volg om jouself teen COVID-19 te beskerm, selfs nadat jy die entstof ge-neem het. Die bevolking as geheel moet immuniteit opbou teen die virus. ● Entstowwe is veilig. Entstowwe gaan deur verskeie fases van goedkeuring om seker te maak dat dit veilig en doeltreffend is. ● COVID-19-entstowwe bevat nie mikroskyfies of opspoorders nie. Die doel van die entstof is om die COVID-19 pandemie te beveg.

DANKIE aan die Witzenberg gemeenskap en ander rolspelers wat plaaslike gesondheidswerkers ondersteun om die pandemie te klop! Laastedrift boerdery het verlede week vars produkte geskenk aan die Witzenberg-span wie as deel van COVID-19-monitering, kontakte opspoor.

Enrolled Nurse

We are looking for an Enrolled Nurse to join their team Requirements: • Registration with the South African Nursing Council as an Enrolled Nurse or equivalent NQF 4 qualification • Compliance with the SANC code for an Enrolled Nurse and all applicable health care legislation • Sound knowledge of general nursing theory and practice • Grade 12 • Knowledge of modern nursing care principles and practices. The candidate must preferably have experience in Theatre in the following areas: • Assisting the Anaesthetist with the anaesthetic procedure • General knowledge of anaesthetic drugs • Experience in caring for patients in the Recovery room will be an advantage • Candidate must be able to assist the circulating nurse. Please send a short CV for attention Corine de-Beer to: E-mail: corine.de-beer@netcare.co.za Fax: (023) 312-2942 Enquiries: 082-942-1957 or (023) 316-1304 (Ceres) Closing date: 25 March 2021 Netcare will also provide training to inexperienced and who are interested in the field.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, February 26, 2021

Tulbagh-verkragter verskyn in Kaapstad Hooggeregshof DIE veroordeelde verkragter wat verdink word van die ontvoering, moord en verkragting in 2020 van ‘n 8-jarige seuntjie op Tulbagh, het in die Kaapstad Hooggeregshof verskyn. Jakobus Petoors (54), word aangekla van ontvoering, moord en verkragting van die 8jarige Reagan Gertse. Hy het op Vrydag 19 Februarie, byna ‘n jaar na die moord, in ‘n voorverhoor in die Hooggeregshof verskyn.

Pere lê gesaai oor pad ‘n VRAGMOTORBESTUURDER het verlede Donderdag 18 Februarie na 09:00 ‘n deel van sy vrag pere in Michellspas verloor. Die bestuurder was met die vrag pere wat vir sap gebruik sou word, op pad vanaf Ceres Fruit Growers (CFG) na Ashton. Niemand is beseer nie. Die bestuurder het moontlik te vinnig gery by die berugte treinspoordraai en sy vrag pere verloor. FOTOS: Louise de Lange

Advertensie

Boland Isuzu Ceres spog met nuwe eienaars BOLAND Isuzu Ceres is baie trots om sy nuwe eienaars aan die gemeenskap bekend te stel. Met die goedkeuring van Isuzu Motors SA, is daar einde 2020 ‘n bemagtigingsooreenkoms aangegaan waarvolgens eienaarskap van die besigheid, hande verwissel het. Die nuwe aandeelhouers is op grond van hul jarelange ervaring deur Isuzu Motors SA goedgekeur om eienaarskap oor te neem. Denzil Ford is die takbestuurder (8 jaar Isuzu verkope), Moeneeb Adams is die werkswinkelbestuurder (18 jaar Isuzu na-verkope) en Klasie Pieters is die onderdelebestuurder (29 jaar Isuzu onderdele). Dirk Burger (mede-eienaar van die Boland Isuzu Groep), vorm ook deel van die direksie. Boland Isuzu Paarl sowel as Isuzu Motors SA sal die nuwe aandeelhouers oor die volgende drie jaar bystaan met die nodige ondersteuning asook ‘n intense bestuursoplei-

dingsprogram om die voortgesette sukses van die besigheid te help verseker. “Hierdie drie lojale en hardwerkende individue is baie opgewonde oor die kans om hul drome en ideale te kan verwesenlik en ons weet dat hul waarde sal toevoeg vir hul kliënte en altyd die ekstra myl sal loop. Hulle het dit reeds as werknemers gedoen en sal dit beslis nog meer doen as nuwe eienaars”. Boland Isuzu wil ook ‘n baie groot dankie sê aan André Botha, wat einde Desember 2020 afgetree het, vir sy bydrae in die vestiging van Boland Isuzu Ceres. Die onderneming is na 8 jaar ‘n bekende naam in die Witzenbergstreek. “ Ons wil graag ‘n baie spesiale dankie sê aan al ons plaaslike kliënte en besighede in die Witzenbergstreek, vir hul lojale ondersteuning die afgelope jare. Die personeel van Boland Isuzu Ceres sien daarna uit om hulle nog verder te bedien”.

Die saak is na 7 Mei uitgestel vir konsultasie met sy regsverteenwoordiger. Reagan is verwurg en vermoedelik verkrag. Petoors wat ten tye van die misdrywe uit was op parool (Desember 2019), se parool is kort na dié moord ingetrek en moet hy nou sy vonnis klaar uitdien tot Julie 2024. Gertse het Saterdag 29 Februarie by vriende gaan speel maar nooit teruggekeer. Sy liggaam is die volgende dag in digte bosse by ‘n rivier gevind.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Regina van Wyk 1966/03/03 - 2020/10/29

Dr Mama Moses Herbal Healer Traditional & Spiritual

Op die 3de Maart is dit jou eerste verjaarsdag weg van ons. Die vermisting is meer as ooit, maar ons weet jy vier die dag saam met die Engele. Die verlange is groot en jy bly nog elke dag in ons harte. Ons sal altyd die mooi herinneringe en oomblikke saam koester. Rus sag, tot ons weer ontmoet. Van jou broer, al jou susters en jou swaer Lesley

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Here for all your problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres For free consultation call:

073-016-4088

Maama Baraka

nuusbrokkies DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum in samewerking met André Bloem en Ninon Mackinnon, bied op 24 Maart ‘n sessie aan oor onderhandelingsvaardighede. Doeltreffende onderhandelinge is ‘n vaardigheid wat elkeen in hul alledaagse lewe behoort te gebruik. Dit is veral gemik op HR bestuurders, senior bestuur en produksiebestuur en word by die NG Kerk Op-die-Berg vanaf 08:30 tot 15:30 aangebied. Die koste beloop R1450 per persoon. Enige navrae en besprekings kan gerig word aan Euria by euria@kbos. co.za BELONING word aangebied. Daar is tussen 4-12 Februarie by ‘n huis in Owenstraat ingebreek. ‘n Geweerkluis met ge-erfte juweliersware en ‘n leêr met persoonlike dokumente in, is ondermeer gesteel. Indien iemand oor enige inligting beskik kan hulle 073-5123324 skakel. ‘n Beloning word aangebied. * Die speurders kan ook geskakel word by (023) 316-8500. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos na isaacjacobs50@yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar. BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor hou ‘n wors en roosterbrood (met uiesmoor) verkoping op Vrydag 26 Februarie. Koste beloop R20 per worsrol en gratis aflewering sal gedoen word. Bestellings kan by bestuurslede geplaas word of die voorsitter, Julius Julies, kan geskakel word by 083-726-5866. THE paediatric oncologists at Tygerberg Hospital remain committed to improving every patient’s chance of survival and quality of life. Cancer continues to affect us significantly and as International Childhood Cancer Day was commemorated on 15 February, Western Cape Government Health (WCGH) expresses its support for children and adolescents with cancer, survivors and their families.

Jou oplossing is hier

Liefdes spel/palmlesing ...................... R200 Geld in rekening in uur ...................... R150 Skrap lenings .. R150 Wen Lotto/Powerball ...................... R220 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 Wen hof/egskeidingsake ...................... R199 Werkpromosie . R200 Skoonmaak en beskerming van huis .. R200 Geluksolie/towering ...................... R300 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 078-777-8802

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

Jos.1:3 “Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom.”

Huis Maudie Kriel

(Soet of sout)

PLATTERS PLANT AND TOOL HIRE

(Soet of sout)

KOESISTERS

ROTI’S

Schnitzel & Chips Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490

072-270-3531

Friday, February 26, 2021

☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

CERES

Donderdag @ R65 elk 25 Februarie ‘21 Beskikbaar vanaf 17:00-18:00

Bestel & betaal by Huis Maudie Kriel voor of op Dinsdag 23 Februarie 2021

 (023) 312-1950

Evangelis Jacobs


WITZENBERG HERALD

7

Friday, February 26, 2021

CBI HERSTRUKTUREER Ons beleef buitengewone omstandighede a.g.v. COVID 19. Groot aanpassings is op verskeie terreine gemaak. CBI Bestuur het ook weer nuut gedink om fokus op die regte plekke te plaas. Na vele gesprekke en baie onderhandelinge is CBI FUND NPC as Art. 18A maatskappy, met ‘n eie MOI (Memorandum of Incorporation) gestig. CBI (Operasioneel) en CBI (Fund NPC) is twee afsonderlike organisasies elk met eie Bestuur, maar is nog steeds interafhanklik van mekaar. Die onderstaande tabel is ter verduideliking:

CBI - OPERASIONEEL

Skep groeigeleenthede vir die Ekonomie van Ceres

ENTREPRENEURSPROJEKTE (Koördineerder: Hannes van Schalkwyk) Daar is vanaf 2016 tot 2020 vyf en twintig Entrepreneurs suksesvol in Witzenberg gevestig. Uitgawes aangegaan vir hulp aan Entrepreneurs oor hierdie 5 jaar periode beloop R457 692

CBI - FUND NPC ART. 18A

• Skoonvelde: Verwydering van indringerplante.

• Munisipaliteit: Aanspreek van aktuele sake, jaarlikse MOU gesprekke, hoofstraat, ingange en dienste.

• Food4Witzenberg: Voedselhulp vir werkloses.

(Koördineerder: Theo van Rooi) CBI in samewerking met Olam en 5 Donateurs omliggend van St. Marks Primêr Skool in Prince Alfred Hamlet begin Februarie 2021 met ‘n 3 jaar projek om hulp te verleen aan die skool met die doel om ‘n ekstra leerkrag aan te stel. Befondsing reeds ontvang beloop R43 120.

HERWINNINGSPROJEK

Maak Witzenberg ‘n meer volhoubare omgewing in samewerking met verskeie rolspelers en donateurs.

• Ledesake: Werwing van nuwe lede, deurlopende kommunikasie om relevate inligting deur te gee.

SKOOLPROJEKTE LEERKRAG 2021 - 2023

(Koördineerder: Anton Reinecke) Skenking van ‘n volledige stelsel, geborg deur CFP, maak dit moontlik om herwinningsprojekte by van ons skole in werking te stel. Die nodige opleiding word verskaf om dit met sukses en volhoubaar te bedryf. Renaldo Prins t/a RJC Conservation Services Pty Ltd

• Toerisme: Ontwikkeling in samewerking • Entrepreneursprojekte: Help beginnermet toerismekantoor. en klein besighede om ‘n volhoubare bestaan te maak. • Landbousake: Spreekbuis.

• Skoolprojekte: Ondersteuning met verskeie aksies.

• Diensorganisasies: Skole, polisie en ander.

St Marks Skool ontvang hulle stelsel

• Michellspasprojek: Skep volhoubare skoon omgewing.

CBI FUND NPC (ART. 18A MPY) DIREKSIE EN BESTUUR Heinie Joubert (Voorsitter), Anton Reinecke, Herman Fourie, Naas van der Merwe, Johannes Engelbrecht, Theo van Rooi, Hannes van Schalkwyk, Christelle Zulch.

CBI FUND NPC AKTIWITEITE SKOONVELDPROJEK

Ernstige aandag word ook nou daar aan indringerplante soos Sesbania en Selonsroos (Koördineerder: Anton Reinecke) gegee. Gereelde instandhouding en opvolg In 2020 is 269ha in Michellspas en agter aksies word met beskikbare fondse gedoen. Koekedouw dam gevee. Hierdie is meestal areas wat in 2019 deur Table Mountain • Die 2021 beplanning is om 900ha Fondse ‘n eerste skoonmaak gekry het en te vee en instand te hou. nou in stand gehou moet word. • Om ‘n inpak te maak is ongeveer R250 000 - R350 000 per jaar nodig. In Michellspas was digte infestasies wat ‘n swaar saadbed geskep het en wat intense • Oor die afgelope jaar is R174 100 gespandeer. aandag verg.

Pieter Swarts t/a War against Waste Pty Ltd

Een van 4 stasies wat by Mooi Uitsig Primêr en by Nduli Sekondêr geïnstalleer is.

MICHELLSPASPROJEK (Koördineerder: Jannie Conradie) CBI in samewerking met Provinsie, Munisipaliteit en betrokke kontrakteurs het dit sy taak gemaak om rommelstrooiing in die pas te bekamp. Hierdie is ‘n verdere uitrol van entrepreneurs verantwoordelikheid om Michellspas se piekniekplekke skoon en netjies te hou. Hierdie is ‘n ongelooflike bate en vertoonvenster vir Ceres en moet in ‘n goeie toestand gehou word.

Ceres Michellspas 1ste uitkykpunt

FOOD4WITZENBERG

VOEDSELNOODPROJEK MAART - JULIE 2020

SLOTWOORD

(Koördineerder: Christelle Zulch)

Kospakkies is verpak en in 6 streke van Witzenberg deur die Munisipaliteit met hulp van die Verkeersdepartement, CBI Bestuur en vele vrywilligers uitgedeel.

Die jare 2020 en 2021 sal verseker opgeteken word as waterskeidings jare, maar ook jare waarin ons opnuut waardering kry vir die alledaagse dinge. Ons as Witzenbergers en Ceresiete kan dankbaar wees om in ’n omgewing Naas van der Merwe te woon en werk CBI Voorsitter waarop ons kan trots wees. Groot dank moet gaan aan verskeie rolspelers soos die munisipaliteit, diensorganisasies, skole, kerke, besighede en elkeen wat sy/haar bydrae gemaak het tot ‘n beter omgewing. Ons sal weer die kans kry om mekaar ordentlik te groet, lekker saam te kuier, mooi plekke te besoek en veilig te voel, maar vir nou is dit tyd om vas te byt, doelgerig op te tree en slim te werk te gaan. “TOUGH TIMES CREATE STRONG MEN, STRONG MEN CREATE EASY TIMES” MAG GOD ONS SEËN IN WITZENBERG.

Visie: Om ‘n volhoubare nie-winsgewende struktuur in die hele Witzenberg omgewing te skep met die doel om voedselnood te verlig. Opsomming van projek is as volg: Sopkombuise • 6 Areas is reeds gevestig • KBV, P.A.Hamlet, Nduli, Ceres, Wolseley, Bella Vista en Tulbagh • Maaltye word 2 x per week voorsien • 2 320 Liter sop is versprei @ 3 porsies p/liter = 11 784 etes • Uitgawes vir 2020 (September tot Desember) = R78 958 • Begroting vir 2021 teen R25 000 p/m = R300 000 • Ons beplan om die fondse per area te bekom Baie dankie aan elke area koördineerder vir hulle samewerking en harde werk. Groot dank gaan ook aan alle donateurs vir vars groentes, donasies en beskikbaar stel van fasiliteite.

BAIE DANKIE

• 5200 Kruideniersware pakkies @ R125 ..............R 650 000 • 6820 Groente & vrugte pakkies @ R50 ............... R 341 000 • Vrugte Sap @ waarde van ................................... R 75 000 TOTAAL. .............................................................R 1 066 000 Fondse / produkte ontvang • Witzenberg Munisipaliteit .....................................R 200 000 • John Smit Foundation ..........................................R 287 000 • CBI Bydrae .......................................................... R 53 000 • Skenkings uit gemeenskap ................................. R 110 000 • Gratis vrugte en groente (by benadering) .............R 341 000 • Sap skenkings (by benadering) ............................ R 75 000 TOTAAL. .............................................................R 1 066 000

Al die CBI FUND NPC PROJEKTE word moontlik gemaak deur ruim skenkings van Donateurs en Beleggers. Of dit ‘n direkte bydrae vir spesifieke projek is, of indirek deur u lidmaatskap, sê ons: BAIE BAIE DANKIE!!!!! Ons verseker u hierdie fondse word goed aangewend en bring baie ekstra myle na Witzenberg. Enige bydraes om ons Fonds te versterk sal hoog op prys gestel word: Rekening naam: CBI Fund NPC, Bank: Nedbank, Ceres, Rekeningnr: 1194354025, Takkode: 198765


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, February 26, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Carel wen met 44 punte

DIE 2021 Munga Grit word van 9-11 April buite Ceres aangebied. Fietsryers spring op Eselfontein weg en eindig na 500 moordende kilometers weer op Eselfontein. Deelnemers moet die afstand binne 50 uur voltooi. Die roete strek deur die Tankwa Karoo en deelnemers moet beide Oubergpas voor Sutherland en Katbakkiespas met die terugkom uitry. Van die land se top ultra-fietsryers word verwag om te kom deelneem.

FLY Fishing in the desert you say? Yup you heard right, not only is there a beautiful crystal-clear mountain fed river called the ‘Doring’ which runs through the Tankwa karoo but it is full of fantastic fresh water game fish! Tankwa Flyfishing and Bucketmouth Safaris have teamed up to offer you, the fisherman, the most realistic chance of hooking, catching and releasing the most sought after indigenous yellowfish of them all, the Clanwilliam Yellowfish (Labeobarbus Capensis). Follow them on FB and Instagram @ Tankwa Flyfishing as well as @featherchucker to see our latest pics and visit www.bucketmouthsafris.com to check dates or book a float with us.

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Ligging / Location

Aansoeker / Applicant

Aard / Nature

Erf 423, Prince Alfred Hamlet

30 Voortrekker Street

J. De Abreu (079-3130815)

Application for consent use to allow a liquor store Aansoek om vergunningsgebruik vir die bedryf van ‘n drankwinkel

CAREL Cronjé.

RONALD Hand.

CERES Golf Estate is in the midst of upgrading the Club House and Golf Course. The new Club House will incorporate a new bar and function room but with the addition of a restaurant and two additional squash courts incorporating a viewing deck with magnificent views of the mountain and golf course. The construction of three new golf holes on the far bank of the river has also recently commenced. The three new holes will replace three of the existing holes and will be accessed by the construction of a new bridge. These exciting new projects should be completed by the end of this year or early 2022.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Eiendom / Property

MEER as 90 spelers het Saterdag aan ‘n gholfkompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Carel Cronjé het die enkel progressiewe stableford kompetisie met 44 punte gewen. Ronald Hand was op ‘n uittel in die tweede plek met 44 punte. Justin Wesson was derde gevolg deur Simon Molaza, beide met 41 punte en Willie van Heerden met 40 punte. Goeie tellings is deur Cornell Muller (68) en Vincent Hewitt (72) aangeteken. 57 klubspelers en 40 besoekers het deelgeneem. Klubkampioenskappe Die jaarlikse klubkampioenskappe vind op 27 Februarie plaas. Spelers sal in drie afdelings meeding oor 36 putjies. Daar is nog plek vir 10 spelers.

Verwysing / Sluitingsdatum Reference / Closure date 15/4/1/4/55

30 Days (29 March 2021)

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of by Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Verw. / Ref.

Eiendom / Property

Ligging / Location

Aansoeker / Applicant

Portion 2 of Farm 331, Vrystaat, Registration District, Ceres

19km Northeast, Prince Alfred Hamlet

Rode & Application for consent use 15/4/2/ 229 Associates to allow a borrow pit. (021) 9462480 Vergunningsgebruik om ‘n gruisgroef te vestig

Aard / Nature

Sluitingsdatum / Closure date

30 days (29 March 2021)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.