Witzenberg Herald Vol.27 no.1 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 1

R 10

Friday, 12 January 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Omslagprys verhoog

Donderdag 11 Januarie

Vrydag 12 Januarie

Saterdag 13 Januarie

Sondag 14 Januarie

15° 33°

17° 32°

16° 31°

16° 32°

CERES KOEKEDOUW DAM

88,6% TULBAGH DAM

75%

WAVERENSKROON TULBAGH

61%

Lesings geneem: 2024/01/10

VERHOGINGS in druk- en verspreidingskoste en algemene stygings van gebruiksartikels in Suid-Afrika, het die Witzenberg Herald besluit om die omslagprys van R8.50 na R10 te verhoog. Die Witzenberg Herald se omslagprys is steeds in lyn met ander publikasies in die Boland en Wes-Kaap wat wissel tussen R8.50 en R10.00". Die verhoging tree vanaf Donderdag 11 Januarie 2024 in werking. Kafees en supermarkte moet die pryse Donderdag aanpas in hul winkels.

Open during

(023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Klipgooier (35) wat plaaslike inwoners terroriseer, word vasgetrek

EEN persoon is dood nadat hy op 7 Januarie omstreeks 14:55 op die Eselfontein grondpad beheer oor dié Corsa bakkie verloor en gerol het. Die bestuurder, Denzil Frans (30), is opslag dood. Volgens die polisie was hy alleen in die voertuig en vanaf Kweperfontein plaas na Ceres onderweg toe die ongeluk plaasgevind het. Artikel en fotos op bladsy 3.

‘n KLIPGOOIER wat die afgelope paar maande inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die dam se ingang met klippe gegooi het, is Dinsdag 9 Januarie deur die polisie gearresteer. Christopher van Schalkwyk (35) van Klein Pruise is nou gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners. Hy staan ook op ander klagtes tereg en het Donderdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op die nuutste aanklagte. Hy word tans in die polisieselle aangehou by Ceres polisiestasie.

Twee paartjies getraumatiseerd na ontvoering en roof DIE polisie waarsku inwoners om nie op afgeleë, stil en donker plekke te stop nie. Die waarskuwing kom nadat twee paartjies van die omgewing die afgelope paar weke op Ceres aangeval, beroof en ontvoer is. Die een voorval het einde Desember naby die Deelville-plaas by Bella Vista plaasgevind en die ander een in die natuurtuin se parkeerplek. Twee mans het gedurende die aand van 3 Januarie en oggend van 4 Januarie, ‘n paartjie in die natuurtuin oorval waar hulle in ‘n Toyota

Etios gesit het. Die 35-jarige man is met skoenveters vasgebind en agter in die kattebak gelaai. Die twee verdagtes, wat later deur Ceres speurders gearresteer is, het daarna met die 25jarige meisie, wat ook met veters vasgebind was en haar vriend na Michellspas gery, later in Ceres en P.A. Hamlet by OTM’s probeer geld trek uit die slagoffers se rekening en na Gydopas gery. In Gydopas het die voertuig gestop en die man kon daarin slaag om hom los te wikkel. ‘n Struweling het tussen hom en die ver-

Vosstraat 44, CERES 083-461-0928

dagtes plaasgevind voordat die twee mans in die motor gespring en weggejaag het. Die paartjie het daarna na Hamlet gestap waar hulle ‘n polisievoertuig voorgekeer en hulp gevra het.

res landdroshof verskyn op klagtes van gewapende roof en ontvoering. Verdere klagtes sal later deur die polisie bygevoeg word. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.

Arresteer Polisielede het na die voertuig gesoek waar dit later op die Eselfonteinpad opgemerk is. Die eerste verdagte, Enrico Bosman (43), is kort na die voorval gearresteer. Wandise Silwanyana (21) is later die dag vasgetrek. Beide die mans het op 8 Januarie in die Ce-

Ander voorval In die ander voorval einde Desember, is ‘n paartjie naby Deelville-plaas by Bella Vista deur twee mans beroof van ondermeer ‘n selfoon. Een man is later gearresteer. Meer inligting oor die voorval sal in volgende week se uitgawe verskyn.


2 l WITZENBERG HERALD l 12 JANUARIE 2024

nuusbrokkies BELLA Vista Crusaders kersfeeskoor wil alle ouers laat kennis neem van ‘n vergadering op Sondag 14 Januarie om 16:00 by die huis van Bambe Mathys, Magnoliastraat 106, Bella Vista. Vir enige inligting of navrae kan die voorsitter Julius Julies by 083-726-5866 geskakel word. RUGBYOEFENINGE by Bella Vista rugbyklub begin volgende week. Alle nuwe en bestaande klublede word uitgenooi om die oefeninge te kom bywoon. DIE Ceres SAPD vra die gemeenskap om meer veiligheidsbewus te wees, veral met toenemende gevalle van verkragting en betasting.

- Moenie met vreemdelinge gesels, loop, drink en kuier nie. - Moenie saans alleen loop nie. - Moenie in donker plekke parkeer nie. - Moenie saamrygeleenthede vra nie. - Bly weg van donker en verlate plekke. - Drink verantwoordelik en moet dit nie oordoen nie. Skakel gerus (023) 316-8600 of 10111. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan: isaacjacobs50@yahoo.com PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae.

ASHLEY Malan is ‘n opkomende musikant van Ceres. Ashley, ook bekend as AVD, het sy liefde vir musiek ontwikkel toe hy in graad 11, ‘n kans gekry het om saam met ‘n plaaslike kunstenaar, Jason Gordan, te werk. Ashley het in 2020 sy ma verloor wie hom altyd geïnspireer het om soos musiek, ‘n positiewe invloed te maak op mense. In 2021 gaan studeer Ashley by Moja Media, film en TV produksie. In 2023 kry hy die idee om kunstenaars van Ceres en die Witzenbergstreek ‘n geleentheid om saam musiek te produseer en vry te stel onder die vaandel van Big Bang Mixtapes.

JAMES de Villiers, oudleerder van Charlie Hofmeyr en tans betrokke by Action SA se kommunikasie-afdeling, het Dinsdag op sosiale media bekend gemaak dat hy aangestel is as Action SA se adjunk kommunikasiedirekteur in die kantoor van die Action SA president.

(Ingestuur deur Ettienne van Wyk).

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za

FOR THE LOVE OF TREES!

CERES (023) 316-2226 Exciting new opportunities at Ceres Superspar

CASHIERS (FULL TIME) The following requirements are needed: • Confident and honest • Ability to remain calm under pressure • A sense of responsibility • Be able to work under pressure • Must have people’s skills (must have previously worked with clients and must understand customer service) • Willing to work shifts and weekends • Fully bilingual (English & Afrikaans) • Must have matric • Willing to join as soon as possible. • Preferably reside in Ceres/Wolseley Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID and matric certificate included) to: ceres2@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources Closing date for applications: Friday 19 January 2024 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by Friday 26 January 2024, please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

PATMOS bestuur wil alle donateurs bedank vir hulle bydraes om R17 000 in te samel. Die geld is gebruik vir 300 kerspakkies om aan Witzenberg plaaskinders uit te deel tydens Patmos se jaarlikse kersdiensbyeenkomste. Patmos het ook 300 sakkies appels uitgedeel. Dankie aan Arbeidsvreugd Vrugtepakkers, Johan en Marlene Slabbert, P.R en Surene Nel en De Kock boerdery. Dankie ook aan Laastedrif boerdery vir die groente-skenkings tydens die kersete by die kersdiens. Patmos wil ook vir Marize en haar span bedank wat gehelp het om pakkies op te maak. Die bestuur en werkers van Patmos beplan om 2024 genoeg fondse in te samel om 600 plaaskinders se harte bly te maak deur middel van hul kerspakkieprojek.

Vier babas op Kersdag en Nuwejaarsdag gebore KERSDAG is een baba seuntjie in die Ceres hospitaal gebore en op Nuwejaarsdag is drie baba meisies gebore. Die Wes-Kaap het op Nuwejaarsdag 253 babas verwelkom. Belangrik Die eerste 1 000 dae sedert bevrugting (die tydperk van bevrugting tot die tweede verjaardag) is baie belangrik vir ‘n baba se groei en ontwikkeling. Die departement moedig ma’s en versorgers aan om kinders te neem vir immunisering sodat hul gesondheid ‘n hupstoot kan kry.


12 JANUARIE 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

Ondersoek geloods ‘n ONDERSOEK is geloods en ‘n vergadering is met Eskom personeel gehou nadat ‘n plaaswerker in die Bo-Swaarmoed omgewing geskok en erge brandwonde opgedoen het. Op 4 Januarie het ‘n plaaswerker van De Kock Boerdery onder ‘n Eskom kraglyn gewerk toe sy onverwags geskok is. Irene Jansen (foto onder) was die betrokke dag saam

IRENE Jansen in haar hospitaalbed nadat sy op ‘n plaas geskok is onder ‘n Eskom kraglyn.

met sewe vrouens besig om jong boompies te snoei toe die fratsvoorval plaasgevind het. Die plaasbestuur is in kennis gestel van die voorval en het hulle na die toneel gehaas waar hulle Irene op die grond aangetref het met erge brandwonde aan haar hande en bene. ‘n Noodhulpwerker het haar gestabiliseer waarna sy later na die Ceres hospitaal gehaas is. Later dieselfde aand is Irene na Worcester oorgeplaas waar sy veloorplantings moes kry. Trauma Volgens ‘n ooggetuie het ‘n groot blou vlam vanaf die Eskom kraglyn die boonste draad van die opleistelsel getref voordat dit die slagoffer se leer getref het. Die skok het die leer weggeskiet van die draad waarna Irene op die grond geval het. Die ander werkers wat saam haar werk was na die voorval erg getraumatiseerd en is na berading huistoe gestuur. Kamohelo, ‘n trekkerdrywer op die plaas het gesê dat hy ‘n ruk gelede onderdeur dieselfde kraglyn gery het en die vibrasies tot op sy trekker kon voel. Eskom Die Eskom kraglyn voorsien plase in die Warm Bokkeveld, die Bo-Swaarmoed omgewing, die Droëhoek en gedeeltes van die Karoo, van krag. Klagtes word op ‘n gereelde basis aan Eskom gerapporteer - selfs as daar nie loadshedding is nie. Die probleme maak dat die kraglyn onveilig is vir plaasbewoners en plaaswerkers. Die landbougemeenskap voel die veiligheid van die kraglyn moet baie gou aandag kry. Op Dinsdag 9 Januarie het die plaasbestuur en die veiligheidskomitee met twee verteenwoordigers van Eskom vergader oor die probleem. Eskom het hulle verseker dat ‘n deeglike ondersoek na die 4 Januarie voorval gedoen sal word.

Dronkbestuur groot probleem, baie voetgangers sterf langs paaie DIE afgelope maand het meer as 150 mense hulle lewens op Wes-Kaap paaie verloor. Byna 50% hiervan was voetgangers wat gesterf het. Naas die voetganger-sterftes, was bestuurders wat onder die invloed van alkohol bestuur het, die grootste probleem. Net een persoon is in die Witzenbergstreek dood in ‘n ongeluk op die Eselfonteinpad. Talle insittendes is in ander ongelukke beseer. Maand statistieke Tussen 1-20 Desember is 960 padblokkades gehou en 112 456 voertuie is deursoek. Meer as 225 bestuurders wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is gearresteer. Meer as 35 000 boetes is uitgereik en 339 voertuie was onpadwaardig.

Tussen 18 en 26 Desember is 320 padblokkades gehou en 45 302 voertuie is deursoek. ‘n Rekordgetal van 108 bestuurders wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is dié langnaweek gearresteer. Tussen 27 Desember en 1 Januarie is 263 padblokkades gehou en 28 379 voertuie is deursoek. 111 Voertuigbestuurders wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is gearresteer. Meer as 7600 boetes is uitgereik en 124 voertuie was onpadwaardig. Van 2-7 Januarie is 250 padblokkades gehou en byna 40 000 voertuie is deursoek. 34 Voertuigbestuurders wat onder die invloed van alkohol bestuur het, is gearresteer. Meer as 12 700 boetes is uitgereik en 132 voertuie was onpadwaardig.

‘n KABELDIEF is op 17 Desember naby La Plaisant doodgeskok terwyl hy kragkabels wou steel. Die voorval het omstreeks 06:00 plaasgevind. Die polisie se forensiese personeel het saam met EMS noodwerkers en Transnet personeel die liggaam verwyder. * Die Wolseley polisie en GPF tesame met Transnet sekuriteit het hulle hande vol met kabeldiefstal buite Wolseley. Die skade wat die boosdoeners aan infrastruktuur aanrig, beloop derduisende rande en benadeel plaaslike ondernemings, landbou en die munisipaliteit.

E - Registration Scatec Employment Database (Ceres - Grootfontein Solar Project) Scatec hereby invite prospective interested job seekers to participate in submitting their CV on the Electronic registration por tal for the employment data base for the Ceres Grootfontein Solar Project. Please follow the prompts on the Portal to successfully register on the portal and remember to upload a copy of your CV, ID and certificates. We remind interested candidates that registering on the data base does not guarantee you work but it is the first step in the process for employment opportunities. Scatec nooi hiermee voornemende belangstellende werksoekers om deel te neem aan die indiening van hul CV op die Elektroniese registrasieportaal vir die indiensnemingsdatabasis vir die Ceres - Grootfontein Sonkragprojek. Volg asseblief die aanwysings op die Portaal om suksesvol op die portaal te registreer en onthou om ‘n afskrif van jou CV, ID en sertifikate op te laai. Ons herinner belangstellende kandidate daaraan dat registrasie op die databasis nie jou werk waarborg nie, maar dit is die eerste stap in die proses vir werksgeleenthede.

OP 1 Januarie omstreeks 04:30 het die bestuurder van ‘n silwer Hyundai Elantra (foto bo) met ‘n CT nommerplaat, beheer oor sy voertuig verloor en dit op die Eselfontein grondpad gerol. Hy het van die toneel weggehardloop. Drankbottels kan langs die voertuig gesien word. Geen saak is by die polisie aangemeld nie alhoewel hulle op die toneel was. Op 21 Desember omstreeks 12:00 het die bestuurder in Bainskloof (links onder) beheer oor sy wit VW Polo verloor en die voertuig gerol. Die bestuurder is beseer. Hy was op pad om vir familie op Ceres te gaan kuier. Op 21 Desember het ‘n vragmotor (foto regs onder) teen ‘n trekkersleepwa gebots. Die trekker het op die Eselfontein teerpad na bewering voor dié vragmotor ingedraai.

Scan QR Code fom your smart phone to register on the database Skandeer QR-kode vanaf jou slimfoon om op die databasis te registreer


4 l WITZENBERG HERALD l 12 JANUARIE 2024

Bejaardes gered na brand in tehuis uitbreek NUWE ampsdraers. VLNR: Rdl. Elizabeth Sidego (speaker), rdl Trevor Abrahams (burgemeester) en rdl. Gert Laban (onderburgemeester).

Abrahams nou nuwe burgemeester DIE Witzenberg munisipaliteit het einde Desembermaand tydens ‘n spesiale raadsvergadering, hul derde burgemeester aangewys. Die koalisievennote van die ANC, GOOD, PA, EFF, Icosa het op 17 Oktober saam met Witzenberg Aksie kortstondig die DA en hul bondgenote uit die kussings gelug. Die koalisie het vanaf Oktober tot Desember 2023 die munisipaliteit beheer voordat die DA, Witzenberg Party, Witzenberg Aksie (WA) en Vryheidsfront Plus op 14 Desember beheer oor die raad geneem het nadat die onderburgemeester, rdl. Gert Laban van die WA, weer saam met die DA begin werk het. Spesiale raadsvergadering Die DA het by monde van Wendy KaizerPhilander (DA kiesafdelingshoof vir Witzenberg) gesê ‘n volstrekte meerderheid het ‘n oorname van beheer bewerkstellig en ‘n suksesvolle mosie is teen die voormalige burge-

meester Robyn en speaker Herandien gebring. “Die ANC en koalisievennote het sedert Oktober bewys dat hul hoofdoel is om hul eie belang te bevorder. Die DA verwelkom die nuwe raad en kan inwoners verseker van stabiliteit en uitnemende diens. Die DA wens die nuwe burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, die uitvoerende burgemeesterskomitee, asook die raad, sterkte toe en vertrou dat die skade wat die afgelope twee maande aangerig is, spoedig opgeklaar sal word en vertroue herstel sal word”. Onstuimige tyd Die Witzenberg munisipaliteit het tussen Mei en Augustus verlede jaar ‘n onstuimige tyd beleef na klagtes van beweerde omkopery deur rdl. Robyn (GOOD) in Junie teen die vorige burgemeester rdl. Hennie Smit by die P.A. Hamlet polisie gemaak is. Die klag is na die staatsaanklaer verwys vir ‘n beslissing. Niemand is nog aangekla nie.

OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: JANUARIE TOT JUNIE 2024

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum

Tyd

Woensdag, 24 Januarie 2024 Dinsdag, 27 Februarie 2024 Woensdag, 20 Maart 2024 Dinsdag, 30 April 2024 Dinsdag, 28 Mei 2024

10:00 10:00 10:00 Stadsaal, Voortrekkerstr., 10:00 Ceres 10:00

Plek

Besonderhede

Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: JANUARY UNTIL JUNE 2024

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council: Date

Time

Wednesday, 24 January 2024 Tuesday, 27 February 2024 Wednesday, 20 March 2024 Tuesday, 30 April 2024 Tuesday, 28 May 2024

10:00 10:00 10:00 Town Hall, Voortrekker St., 10:00 Ceres 10:00

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

Venue

Particulars

Council meeting

‘n BRAND het Oukersaand 2023 ‘n deel van Huis PJ Strauss in puin gelê en bejaarde inwoners moes inderhaas na die dienssentrum oorkant die pad verskuif word. Talle is ook by familie gehuisves. Een persoon, Michael Jacobs, is dood en het moontlik weens rookinsaming gesterf. Vyf inwoners wat in die hospitaal opgeneem was vir rookinaseming, is reeds ontslaan. Na die brand bly 50 bejaardes in die dienssentrumsaal totdat die forensieseondersoeker en versekering die hoofgebou veilig verklaar. Hulle sal nog ‘n paar weke daar gehuisves word. Brand uitbreek Huis PJ Strauss, een van 48 tehuise wat onder Badisa resorteer, moes op 24 Desember net na 19:15 ontruim word nadat ’n brand in een van die inwoners se kamers uitgebreek het. Die brand het vinnig versprei en skade aan 25% van die gebou aangerig. Omstanders en plaaslike inwoners het almal ingespring om te help om bejaardes na veiligheid te bring en van hul besittings uit die tehuis te dra. Die tehuis huisves 77 inwoners wat verskillende vlakke van versorging benodig.13 Inwoners was ten tye van die brand by hul families vir die kerstyd. Huis PJ Strauss akkommodeer slegs inwoners wat maatskaplike toelaes (SASSA) ontvang. Verklaring “Dit is met leedwese dat ons moet bevestig dat een inwoner, Michael Jacobs, oorlede is. Die tehuis is hartseer oor sy afsterwe en wil hul innige simpatie aan die familie en naasbestaandes oordra. Vyf inwoners is na die brand in die hospitaal opgeneem terwyl die oorblywende inwoners in die dienssentrum oorkant die pad geakkommodeer word”. “Die tehuis personeel en vrywilligers het dadelik alles in hul vermoë gedoen om die persone so gemaklik as moontlik te maak in die saal. Matrasse, beddens, komberse, inwoners se medikasie, kos, drinkgoed en so meer is van die tehuis na die saal geneem. Al die families van die inwoners is dadelik oor die situasie ingelig, asook die stappe wat geneem is om hul geliefdes te versorg en veilig te hou”. “Die omvang van die skade aan die tehuis moet nog bepaal word, maar voorlopige aanduidings is dat 25% van die tehuis ver-

nietig of beskadig is. Ons het groot waardering vir die personeel van die tehuis wat onmiddellik opgetree het om die ontruiming glad te laat verloop, die inwoners te kalmeer en voort te gaan met die versorging van die inwoners in die saal. Die bestuur, senior personeel van die tehuis, die voorsitter van die beheerraad sowel as die VGK leraar, raadslede en die burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, was op die toneel om die situasie te bestuur”. “Die tehuis spreek ook hul dank en waardering uit aan die departement van maatskaplike ontwikkeling vir hul spoedige reaksie om hulp te verleen. Die tehuis is dankbaar vir besighede en privaat persone wat uitgereik het na die tehuis en skenkings wat ontvang is”. “Op 2 Januarie is daar deur middel van die versekering, begin met die skoonmaak van minder affekteerde gedeeltes. Gebreekte vensters is ook herstel. Die verwagting is dat 75% van die tehuis binnekort gebruik sal kan word en met aanpassings sal daar oor ongeveer twee weke met die inwoners se verskuiwing vanaf welsynsentrum begin kan word”. Verteenwoordigers van die versekering het die tehuis op Maandag 8 Januarie besoek. Skenkings Inwoners kan nog met skenkings van die volgende produkte help: nie-bederfbare produkte, doeke vir volwasse persone, paslakens, kussings, waslappe, handdoeke, klere/slaapklere vir mans en vrouens, toiletware en gebottelde water. Vir skenkings, skakel direk met tehuis. Plaashuis verwoes ‘n Ou plaashuis buite Wolseley het op 26 Desember afgebrand en derduisende rande se skade is in die Romansrivieromgewing aangerig nadat ‘n sterk wind vlamme aangeblaas het. Lugondersteuning van Leading Edge en die Wes-Kaap rampbestuursentrum is ingeroep om te kom help maar die ou plaashuis waar Nick Dicey en sy familie woon, kon nie gered word nie. Twee grondspanne saam met talle brandbestrydingsvoertuie is ingespan teen die vlamme. Die hele Witzenberg munisipalegebied was vir ‘n tyd lank sonder krag weens die brand.


12 JANUARIE 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

CERES en Ceres Toerisme spog nou ook met ‘n fotoraam in die natuurtuin. Besoekers kan ‘n foto daar neem met die Ceres kop (Ou Kop) in die agtergrond. VLNR: Shirley Wagener (toerismebestuurder), Julian Muller as CT die mascot, rdl. Trevor Abrahams (burgemeester) en Claudine Sas. * Die raam is Donderdag 14 Desember opgerig, Maandag 18 Desember is dit geverf en Woensdag 20 Desember is die eerste fotos daar geneem.

PICK n PAY LIGHTENS BACK TO SCHOOL LOAD FOR CUSTOMERS WITH OVER R1 MILLION TOWARDS SCHOOL FEES AND STATIONERY Pick n Pay seeks to ease the financial burden on many families by contributing R1.1 million towards school fees and Back to School stationery items. The retailer is stepping forward to support families, recognising many parents’ financial strains, particularly after a tough year and the traditionally challenging month of ‘JanuWorry.’ “We are committed to making a meaningful positive impact on the lives of our customers in 2024, acknowledging the many challenges that the past year has presented to individuals and families. Through this latest initiative, we are providing customers with relief on the obligatory Back to School costs many are faced with this month,” says Andrew Mills, Chief Marketing Officer at Pick n Pay. Through its Smart Shopper programme, the retailer will refund up to R600 000 worth of stationery purchased at QualiSave stores onto customers’ loyalty cards and reward up to 10 Pick n Pay customers with R50 000 each towards school fees. DIE Witzenberg munisipaliteit het het aan die begin van die feesseison saam met die verkeersdienste, Daantjie Kat en EMS, besoekers in die dorp verwelkom.

Nieuwoudt-saak weer uitgestel DIE Nieuwoudt-moordsaak is Desembermaand weer uitgestel. Die saak is einde 2023 vir beslissing na die NVG gestuur om te bepaal of dit na die streekhof of hooggeregshof oorgeplaas gaan word. Twee mans, Banele Moya (19) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van moord op die 59-jarige Ceres inwoner, Herman Nieuwoudt.

DIE twee 19-jarige verdagtes, Bongani Banda (links) en Banele Moyo, tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof.

Hulle het op 13 Desember in die Worcester landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig. Selfoon-rekords van teksboodskappe en daaglikse oproepe tussen die twee moordverdagtes en Herman Nieuwoudt van Ceres, maak blykbaar deel uit van die polisie-ondersoek. Die saak is tot 12 Februarie uitgestel. Die twee mans bly in aanhouding. Agtergrond Dié moord het verlede jaar skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur. Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.

Pick n Pay School Club will also ensure around two million learners are given access to additional physical education materials through its annual delivery of CAPS-aligned, grade-specific educational content to over 2,600 schools. This content is also made available online (https://schoolclub.co.za/resources/) for free download. The Club will also donate 34,000 pencil bags to Grade 4 learners and do stationery giveaways with partners. “As we start a new year, we are even more committed to supporting our community in real, meaningful ways, and we believe that by investing in education, Pick n Pay is investing in the future of the beautiful people of South Africa,” concludes Mills. To qualify to win, Pick n Pay QualiSave customers must buy five or more advertised Back to School stationery items and Pick n Pay customers must spend over R250 on Back to School items advertised in the respective leaflets before 28 January 2024. Pick n Pay customers will also be rewarded with spot prizes, including Ster Kinekor tickets, Spur vouchers and Lego sets, during January. In addition, orders placed on Mr D and Pick n Pay asap! with a linked Smart Shopper card will qualify for the Pick n Pay school fee competition.


6 l WITZENBERG HERALD l 12 JANUARIE 2024

classifieds

NUUSBROKKIES Nicolaas Mckenzie

PLANT AND TOOL HIRE

CENTRAL CERES MOTORS

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Service Center & Panelbeating

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Magrietha Magdalena Lintnaar

Vernon van der Merwe

1967/02/14 - 2024/01/06

Begrafnisdiens: Sat. 13 Jan. 2024

Huis: 09:00, Kareestraat 66, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Select

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

André du PPreez reez

082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd

EC BUSDRYWER

LAUNDRY Whatsapp of skakel

1953/12/19 - 2024/01/03 Begrafnisdiens: Sat. 13 Jan. 2024

1980/03/18 - 2023/12/30 Begrafnisdiens: Sat. 13 Jan. 2024

Huis: 09:00, Mentoor Maartstr.7, PA Hamlet Kerk: 10:00, Gemeenskapsaal, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista

Huis: 08:30, Plaas Esperanto Saal: 09:30, Esperanto saal, Plaas Esperanto Graf: Plaas Esperanto

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Eks. 1:7 “Die Israeliete was vrugbaar en het vermeerder. Hulle het baie geword, so baie dat die land vol was van hulle.”

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn

082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

IT Infrastructure Specialist • Planning • Deployment • Management • Penetration Testing

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

Ev. Jacobs

GRATIS Whatsapp die woord

HERALD gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

“PROF” TONNIE • Help with financial

problems • Eliminate debts • Bad luck/lost lover • Fail to get loans • Pending UIF/ pension • Unfinished work by other helpers

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Bondels koerante te koop

072-469-7517

DIE Ceres SAPD vra die gemeenskap om meer veiligheidsbewus te wees, veral met toenemende gevalle van verkragting en betasting. • Moenie met vreemdelinge gesels, loop, drink en kuier nie. • Moenie saans alleen loop nie. • Moenie saamrygeleenthede vra nie. • Bly weg van donker en verlate plekke. • Drink verantwoordelik en moet dit nie oordoen nie. Skakel gerus (023) 316-8600 of 10111. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7 - 14 Maart. Navrae i.v.m. depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29 - 31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673.

Call/WhatsApp

083 981 3871

076-109-0568 Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer by 060-61927-58 of 082-7043276. w.t.o.

Skakel:

RUGBYOEFENINGE by Bella Vista rugbyklub begin volgende week. Alle nuwe en bestaande klublede word uitgenooi om die oefeninge te kom bywoon.

Pay after results

Contact: Gideon Spence

082-859-2300

VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer

BELLA Vista Crusaders kersfeeskoor wil alle ouers laat kennis neem van ‘n vergadering op Sondag 14 Januarie om 16:00 by die huis van Bambe Mathys, Magnoliastraat 106, Bella Vista. Vir enige inligting of navrae kan die voorsitter Julius Julies by 083-726-5866 geskakel word.

DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Voortrekkerstraat 17D, Ceres, 6835

Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

R30 per bondel

(023) 316-2021 Besigheidsure: Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem

RESCUES UP FOR ADOPTION

Currently at the shelter

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za

All adoptions are subject to home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Incl. chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via tel., to make an appointment. *Conditions apply.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

LEXI (Female) Born 20/02/2023

MOLLIE (Female) Born May 2022

TIEKIE (Female) Born 15/05/2023

WIGGLES (Male) Born Feb. 2023


12 JANUARIE 2024 l WITZENBERG HERALD l 7

DIE Tulbagh landdroshof waar die saak aangehoor word.

LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige hengellaar, het Desembermaand die Protea vroue kushengelspan by die internasionale kushengel kampioenskappe op Hentiesbaai verteenwoordig. Leensie was ook die kaptein van die Protea vrouespan wat goud gewen het. Sy het ook ‘n medalje ontvang vir die grootste nie-eetbare vis en ‘n medalje vir die grootste eetbare vis in die vroue-afdeling.

Moordsaak na streekhof oorgeplaas DIE vermeende moordenaar van ‘n saggeaarde jeug- en welsynwerker van Tulbagh, se saak is na die streekhof oorgeplaas. Albert Gwayishe (50) word van die moord op Siyamthanda Dastile (29) aangekla. Gwayishe verskyn ook op ‘n klag van roof nadat hy ‘n selfoon en horlosie van Dastile gesteel het.

Gwayishe moet weer op 7 Februarie in die hof wees en bly in aanhouding. Geskok Die Tulbagh gemeenskap was erg geskok na die moord op Siyamthanda Dastile. Hy is later in die Ceres hospitaal dood. Dastile het Sondag 23 Julie omstreeks 05:00 huistoe gestap toe hy beroof en met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za


8 l WITZENBERG HERALD l 12 JANUARIE 2024

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Ar t. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

BELLA Vista rugbyklub het einde verlede jaar hulle jaarafsluitingsfunksie aangebied en spelers en bestuurslede vir hul harde werk beloon. Hier staan die spanbestuurders met die ligabekers. VLNR: Theo Hendricks, Louis Jumath, Ruline Jumath en Wilfred-Alan Seroot (wedstrydsekretaris).

BELLA Vista rugbyklub het einde 2023 hulle jaarafsluitingsfunksie aangebied en spelers vir hul harde werk beloon. Lurencó Jumath is aangewys as die klub se sportsmanvan die jaar.

Ceres Ope lok jaarliks top gholfspelers

KOM herleef die Dutoit-beker sensasiereeks. Die kompetisie skop op 27 Januarie af en duur tot 24 Februarie met ses plase van die Dutoit Groep wat in rugby en netbal teen mekaar gaan deelneem. Die plase wat deelneem is: Kromfontein, Lindeshof, Paardekloof, Vastrap, Nooitgedaght en Tandfontein. * Kom geniet die toernooi saam met elke speler en afrigter. Vir meer inligting skakel Gerrit Komail by 061-198-2287.

DIE afgelope Desember vanaksie is vier klubkompetisies op Ceres gholfklub aangebied. Op 16 Desember het Charles Basson die enkel houespelkompetisie met 66 houe gewen. Ashley Schroeder was tweede met 68 houe gevolg deur G. Greffrath met 70 houe en Peter Versfeld met 72 houe. Hendry Titus was vyfde met 73 houe. Op 23 Desember is ‘n enkel progresiewe stableford kompetisie aangebied. Fanie Nel het die kompetisie met 40 punte gewen. Willie van Heerden was tweede en Bernard Hofmeyer was derde, ook met 40 punte. S. Malherbe was vierde en Glenny Nasson was vyfde, beide met 39 punte. Die laaste kompetisie van 2023 is op 30 Desember deur W. Theron met ‘n telling van +5 gewen. Cornell Muller was tweede met +1. Francis Matthee en Robert Matthee het op 6 Januarie die beterbal stableford kompetisie met 50 punte gewen. E. du Toit en G. Greffrath was tweede met 46 punte gevolg deur Esman Boer en V. Abrahams met 45 punte. Ceres Ope Die jaarlikse Ceres Ope word op Saterdag 20 Januarie aangebied. Top amateur spelers vanoor die Wes-Kaap kom jaarliks hier deelneem. Op Sondag 21 Januarie vind die Ceres junior ope plaas en op 27 Januarie vind die Boland seniorreeks op Ceres plaas. Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068.

CHARLES Basson het Desembermaand die enkel houespelkompetisie met 66 houe gewen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.