Witzenberg Herald Vol.26 no.1 (Online Weergawe)

Page 1

Helikopter kom haal pasiënt

TALLE paaie in die Tankwa Karoo het op 13 Desember verspoel en talle inwoners was vir dae van die buitewêreld afgesny en kon nie bereik word nie. Duisende rande se skade is aan infrastruktuur aangerig en voertuie het orals vasgeval.

Dit was die ergste stormskade in die laaste dekade nadat die streek vir jare gebuk gegaan het onder droogtes.

Tydens die storm en vloed het een van die Tankwa Karoo se bekendste inwoners, Hein Lange van Tankwa Padstal, skielik siek geword.

‘n Ambulans kon weens verspoelde paaie nie per pad uitgestuur word nie. Weens gure weer in Kaapstad kon die AMS noodhelikopter ook nie uitgestuur word nie.

‘n Ander AMS helikopter is omstreeks 16:30 vanaf Oudtshoorn ontbied om Hein Lange op te tel en na die Milnerton Mediclinic te neem. Na twee en ‘n half weke is Hein ontslaan en weer veilig by die huis.

Volgens die Tankwa Karoo Toerisme Facebookblad is Hein op die herstelpad en dit gaan goed met hom.

Ander mediese geval

Op 23 Desember was die AMS noodhelikopter ook op Ceres om ‘n vroulike pasiënt by Ceres hospitaal te kom oplaai. Sy is na Tygerberg hospitaal oorgeplaas vir behandeling.

Geen verdere inligting oor haar toestand is bekendgemaak nie.

Twee kapers gou vasgetrek

TWEE motorkapers is kort na Nuwejaarsdag vasgetrek nadat hulle drie vroue buite Ceres aangeval en beroof het en daarna met hul voertuig gevlug het.

Volgens die polisie was drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) op Maandag 2 Januarie onderweg na Velddrif vir vakansie.

Marie Seegers (60) het saam met Elmien le Roux (70) en Hannie Fourie (63), die vorige aand op Beaufort-Wes oornag en het die Maandagoggend omstreeks 09:15 deur Ceres gery. Marie het die silwerkleurige Mercedes Benz bestuur en besluit om by die derde uitkykpunt in Michellspas te stop om fotos te neem.

Kort nadat hulle gestop en uitgeklim het, het twee mans waarvan een gewapen met ‘n Okapi mes, die vroue genader en hulle gevra om die voertuigsleutels vir hom te gee.

Nadat Marie Seegers nie die sleutels wou gee nie, het daar ‘n worsteling ontstaan. Sy het sleutels ‘n ent gegooi voordat die een verdagte haar gelos en in die motor geklim het. Sy is drie keer in die been en een keer in haar hand gesteek.

Een van die vroue het toe die polisie probeer bel waarna die tweede verdagte haar selfoon gegryp en dit in die motor gegooi het voordat hy ingespring en die mans weggejaag het.

Hierna het dinge vinnig in plek geval toe die polisie van die voorval in kennis gestel en hulle die voertuig se besonderhede met ander polisiestasies en die provinsiale verkeersdienste gedeel het.

Die een kaper, Mihle Mboma (36), is deur die polisie en verkeersdienste voorgekeer waar die R46 vanaf Ceres aansluit by die N1 buite Worcester.

Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en Siyathanda Matyeni (30) is in ‘n taxi opgespoor buite Tulbagh wat op pad was na Bellville. Hy is blykbaar vroeër iewers afgelaai en het na Nduli teruggekeer voordat hy in die taxi na Bellville geklim het.

Hofverskyning

Beide verdagtes is in aanhouding en het Dinsdag 10 Januarie weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Die saak is na 25 Januarie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Beide verdagtes bly in aanhouding.

Betroubaar word verneem dat een van die verdagtes voorheen gevangenisstraf uitgedien het vir motorkaping en dat hy einde verlede jaar ‘n opgeskorte vonnis vir ‘n huisbraak op Ceres gekry het.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d Witzenberg Volume 26 no. 1 R 8.50 Friday, 13 January 2023 Ceres Koekedouw dam 54% Tulbagh dam 53% Lesings geneem: 2023/01/11 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer eer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 12 Januarie 13° 32° Vrydag 13 Januarie Saterdag 14 Januarie Sondag 15 Januarie 11° 32° 12° 35° 14° 35°
FOTOS: Richard Dellbridge en Facebook.
Vrou (60) beseer (023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za We are open during LOADSHEDDING (023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre Voortrekkerstraat 112, CERES Please visit our website www.mainlinetravel.co.za to find your next holiday or activity. Use the site to contact us, book flights, accommodation and packages. Call us on 083-306-2847 or come pop in at 28C Voortrekker Street, Ceres.

PATMOS het einde verlede jaar tydens hulle kersdienste, geskenkpakkies aan kinders op ledeplase uitgedeel. Danksy borge kon Patmos ‘n totaal van 320 geskenkpakkies uitdeel. Patmos wil die donateurs bedank vir hulle bydraes. “Ons sê dankie aan PR en Surene Nel en Nicky Harris vir hulle bydraes. Die egpaar en Nicky het meubels aan Patmos geskenk, wat toe aan plaaswerkers verkoop is. Uit die verkope van die meubels was ons in staat om R15 000 in te samel. Hierdie geld is alles gebruik om die geskenkpakkies aan te koop. Patmos wil ook vir Marize de Kock bedank vir die aankope en opmaak van die pakkies”. Patmos is ‘n interkerklike arbeidsbediening wat werksaam is op 147 plase, verskeie skole, pakhuise en fa-brieke. Huidiglik word daar 50 000 mense deur Patmos bedien. Pat-mos het tans 8 geestelike werkers. Patmos se bestuur sê baie dankie aan al die plaaseienaars wat gehelp het om die projek te finansier.

Galant Rebellie uitstalling tot einde van die maand by museum

GALANT Rebellie, Koue Bokkeveld - 1825. Hoe goed ken jy jou area se geskiedenis? Wie was Galant van de Caap? Waar het die rebellie plaasgevind en waar in die Bokveld is Koppieshoogte waar Galant en Abel se koppe op pale geplant is as waarskuwing? Kom lees meer oor die gebeure wat aanleiding gegee het tot die rebellie, die aanval van 1 Februarie 1825, die verhoor asook die uitspraak. Is slawerny nog relevant in vandag se tyd? Besoek gerus die uitstalling in die Togryers museum en kry antwoorde op al die vrae. Die uitstalling duur tot einde Januarie 2023.

Net een Kersbaba maak sy opwagting op Ceres

NET een Kersbaba is by Ceres hospitaal gebore.

Personeel by Ceres hospitaal het op Kersdag om 12:45 ‘n seuntjie van 2.35kg verwelkom. Volgens die Wes-Kaap departement is geen baba op 1 Januarie by die hospitaal gebore nie.

Die departement bedank alle personeel wat gedurende die feestyd verseker het dat pasiënte die nodige sorg ontvang het. Daar is meer as 190 Nuwejaardagbabas in die Weskaap gebore en meer as 180 Kersbabas. Die meeste hiervan was seuns.

Pastoor Pieter Swarts het in ‘n huldeblyk op Facebook geskryf. “Dit is hartseer om totsiens te sê met die heengaan van John Peter Jeffrey Sauls terwyl sy gesin en die Sauls en Muller families, sy breë vriendekring en kollegas rou oor sy skielike heengaan. John was ‘n geliefde man, pa, mentor, rolmodel, politieke-, geestelike- en ge-meenskapsleier. Wysheid en dissipline was sy wagwoord met geregtigheid en vrede vir almal. Ek bedank jou vir die rol en bydrae in Ceres en Witzenberg gemeenskap se ontwikkeling. Die Heilige Gees se versterking en vertroosting word sy vrou en kinders en breë familie toegebid”. Die begrafnis het Saterdag 7 Januarie vanuit die VGK Ceres plaasgevind.

WERKSWINKEL & HERSTELWERK

☎ (023) 315-5443

Boerneefstraat, Ceres ✉ 340, Ceres, 6835 yolanda@tsvragmotors.co.za

TS Vragmotors is ‘n vragmotor werkswinkel wat al 25 jaar hoë gehalte diens en herstelwerk lewer. Ons beskik tans oor ‘n vakature vir ‘n:

DIESELWERKTUIGKUNDIGE

Sleuteltake : Diens en herstelwerk aan vragmotors en sleepwaens Vereistes: • 5 Jaar ervaring en toepaslike tersiêre kwalifikasies sal in u guns tel • Moet onafhanklik kan werk • Goeie menseverhoudinge, betroubaar, ervare en hardwerkend• Moet bereid wees om oortyd te werk. ‘n Mededingde vergoedingspaket word aangebied.

CV‘s (insluitend salarisver wagtings) kan gestuur word na: yolanda@tsvragmotors.co.za

WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 2
DIE Immanuel Mannekoor van VGK Ceres het op 3 Desember hul 60ste bestaansjaar gevier. Die koorlede wil hul opregte dank uitspreek teenoor elke lid en vir hul bydraes en opofferings die afgelope 60 jaar. * Die koor wil ook vir Micano’s Take Aways bedank vir hul bydrae om die 60ste verjaarsdagviering so spesiaal te maak. BOPLAAS primêr se toppresteerder vir 2022, Henry Willemse, het ‘n geskenk van Bronaar plase ontvang. Jaffie Galant (regs) van Bronaar het die geskenk aan Henry oorhandig tydens ‘n opvoedkundige-praatjie by die skool. By hulle op die foto is die skoolhoof, Affa Coetzee. JOHN Sauls (50), bekende prokureur van Ceres, gemeenskapsleier en oud Telkom tegnikus, is Dinsdag 3 Januarie oorlede.
Maritza
hul kliënte vir hul getroue ondersteuning gedurende die 1ste bestaansjaar van belle âme. Skakel of Whatsapp 073-950-0559 vir afsprake
Deline Engelbrecht (eienaar),
Sass en Chandré van Wyk
dankie aan al
Est. 2022

Twee brande geblus

BRANDBESTRYDERS het in die eerste week van Januarie reeds twee groot brande tussen Ceres en Wolseley geblus.

Helikopters en grondspanne van Werk met Vuur en die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit is gebruik terwyl vlamme in moeilik bereikbare dele tot Maandagaand nog plek-plek opgevlam het.

Op 3 Januarie omstreeks 12:30 is die hulp van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit ingeroep nadat ‘n brand bokant die Tolhuis in Michellspas en Waverley wynkelder begin het. 75 Brandbestryders het die brand onder beheer gebring met die hulp van twee helikopters.

‘n Tweede brand het Sondagaand 8 Januarie bokant Boontjieskraal begin en in Ceres se rigting versprei.

40 Brandbestryders is deur die provinsiale rampbestuurspan en CapeNature bygestaan.

Twee brandbestrydingshelikopters van die distriksmunisipaliteit, ‘n Black Hawk helikopter van provinsiale rampbestuur en twee helikopters van Werk met Vuur, het ekstra water op die vlamme gestort.Die brand is Maandagmiddag net na 16:00 onder beheer gebring.

Grondspanne is met viertrekvoertuie tot naby die vlamme gebring. Die onherbergsame terrein en warm weer het sake vir die brandbestryders bemoeilik terwyl hulle die vlamme van die Eskom kraglyn en eiendom moes weghou.

Die vlamme is aangevuur deur ou plantegroei wat jare laas gebrand het.

Moordsaak uitgestel

DIE man wat verdink word van die skietdood van ‘n Klipruginwoner, se saak is tot 2023 uitgestel vir verdere ondersoek.

Johnley Daniëls (26) van P.A. Hamlet, het op 6 Desember weer in die landdroshof verskyn waarna die saak tot 23 Januarie uitgestel is. Sy borgtog van R1 500 is verleng.

Dan Coetzee (49) van Kliprug, is op 8 Junie vanjaar omstreeks 20:00 in Eerstelaan, P.A. Hamlet, doodgeskiet. Die polisie se moordondersoek het hulle na Daniëls gelei waar hulle hom op 9 Junie in hegtenis geneem het.

Verkragtingsaak uitgestel omrede aanklaer siek was

‘n 65-JARIGE inwoner van Wolseley wat van verkragting aangekla word, se hofsaak is weer uitgestel.

Die man moes einde verlede jaar in die Paarl streekhof verskyn het maar die saak is na 26 April uitgestel omdat aanklaer siek was.

Agtergrond

Die verkragting-voorvalle het jare gelede plaasgevind en na bewering oor ‘n lang tyd aangehou. Die klaer het as kind in vrees geleef en oor die jare berading ontvang. Sy het besluit om die klagtes te lê waarna die saak in September 2020 by die SAPD se GKS eenheid aangemeld is.

Die man het vir die eerste keer op 8 September 2021 in die hof verskyn. Sedertdien is die saak reeds verskeie kere uitgestel.

*Die strafproseswet verhoed die media en ander bronne om seksuele oortreders en ontvoerders se name te noem alvorens hulle gepleit het. Die wet is slegs van toepassing op seksuele oortredings en ontvoerings. Sodra die verdagte gepleit het, sal sy naam gebruik word.

Omslagprys verhoog die week

DIE

Geen borg vir polisielid

‘n POLISIELID wat verlede maand op Piketberg gearresteer is, se borgaansoek het misluk.

Die ondersoekspan wat die Jain-moord in Maart 2021 buite Wolseley ondersoek, het begin Desember vir a.o. Maurice Arries (43) by sy huis gearresteer. Hy het weer op 23 Desember in die Porterville landdroshof verskyn op klagtes van ondermeer moord, bedrog, korrupsie, vervalsing en regsverydeling. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel en hy bly in aanhouding in Malmesbury.

Arries se verskyning hou verband met ‘n beweerde voorval waar hy ‘n gevangene by die Voorberg korrektiewe sentrum op Donderdag 25 Maart 2021 gaan haal en onder vals voor-

wendsels uitgeboek het om in die hof te verskyn. Die gevangene is blykbaar nie onmiddellik teruggeneem na die gevangenis nie en was moontlik betrokke by die moord op die 51-jarige Reneé Jain.

Volgens inligting het die tronkowerhede op Saterdag 27 Maart 2021 vir Arries gevra waar die gevangene is waarna Arries die gevangene later die middag inderhaas na die Voorberg gevangenis buite Porterville, teruggeneem het.

Twee reeds aangekla

Twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (24) ook bekend as Loukie en Anthony Schippers (22) ook bekend onder inwoners as Antaks, is in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede.

Hulle verskyn op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede. Visagie en Schippers moet weer op Woensdag 18 Januarie in die Wolseley streekhof verskyn.

Die twee mans se arrestasie kom meer as ‘n jaar na die moord op 26 Maart 2021 van Reneé Jain (51) van Kaapstad.

Goeie speurwerk deur speurders van Tulbagh in samewerking met lede van die WesKaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en positiewe DNS-leidrade wat op die misdaadtoneel buite Wolseley gevind is, het tot dié arrestasies gelei.

Visagie en Schippers was deel van ‘n groep inbrekers wat die betrokke dag by die Jainegpaar se naweekhuis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley, ingebreek het. Jain was alleen by die huis toe sy vermoor is.

Na die moord is die mans omstreeks 23:45 na ‘n nabygeleë huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs waar hulle ‘n houtbeeld deur ‘n slaapkamervenster gegooi, die egpaar vasgebind en beroof het, voordat hulle in ‘n Nissan X-trail gevlug het met gesteelde tabletrekenaars, selfone en horlosies.

Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind.

Die meeste van die gesteelde items was in die voertuig gelos.

(22).

WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 3
HELIKOPTERS van Werk met Vuur, die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en provinsiale rampbestuur is ingespan om die brande vinnig te blus. FOTO: James Creagan (vlieënier Henley Air). verhoging in druk- en verspreidingskoste en die jaarlikse stygings van gebruiksartikels het die Witzenberg Herald genoodsaak om die omslagprys na R8.50 te verhoog. Dit is ‘n 6.5% verhoging. Die Witzenberg Herald se omslagprys is steeds in lyn met ander publikasies in die Boland en Wes-Kaap wat wissel tussen R7.50 en R9.00". Die verhoging tree vanaf Donderdag 12 Januarie 2023 in werking.
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies 066 205 3312 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems
NOLAN Visagie (24) en Anthony Schippers

CBI besoek nuwe herwinningsterrein

BIETJIE meer as ‘n maand gelede het plaaslike sakelui saam met munisipale amptenare, Ceres se nuwe herwinningsterrein besoek.

Op8DesemberhetDavidNassonendiemunisipalebestuurspan wat betrokke was by die nuwe herwinningsaanleg, CBI uitgenooi om die nuwe perseel te besoek. Tydens die besoek kon sakelui meer uitvind oor die aanleg se vordering wat werk verskaf aan 12 persone.

Vullis in swartsakke word by die aanleg afgelaai waarna dit op ‘n vervoerband geplaas om uitgesorteer te word in plastiek, glas, karton/papier,metaalenresvandieafvalwatnieverwerkkanword nie. Dit word in houers saamgedruk en na die stortterrein buite P.A. Hamlet vervoer.

Voordele vir inwoners

Gedurende 2023 sal ‘n pamflet saam met inwoners se munisipale rekening uitgestuur word om te verduidelik wat die nuwe herwinningsaanlegvanelkeinwonerverwagomhullewerkmaklikerte maak.

Soosindieverledesalinwonersnogaltydplastieksakkeontvang, maar die witsakke is bedoel vir dit wat herwin kan word. Die volgende moet uitgesluit word:

1) Enigiets wat olie bevat (bv: botter/margarienbakkie, olie of kookolie bottels)

2)Enige nat produkte

3)Hardeplastiek wat raas

4)Die ringetjies/proppies van plastiek bottels/melkboksies.

5)Aan ‘n meer positiewe kant sal inwoners later vergoed word vir die herwinning wat in die witsakke geplaas word.

6)Die persele op P.A. Hamlet en en in Lyllestraat, Ceres is oop vanaf 08:00 tot 16:00 vanaf Maandag tot Vrydag en van 8:00 tot 13:00 op Saterdae.

CBI bedank die Witzenberg munisipaliteit vir die perseel wat gebou is. Dit sal help om die Witzenberg-omgewing skoon en netjies te hou.

VAKANTE POS

BAMCO VERPAKKING, ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma, met ontstaan in 2009 as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbou-ondernemings - Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres.

WERKSWINKELTEGNIKUS

Die gepaste kandidaat sal aansluit by ‘n wêreldklas pakhuis, toegerus met nuutste tegnologie, wat ‘n droom geleentheid bied vir die kandidaat met ‘n langtermyn doelwit. Die gepaste kandidaat moet minstens twee jaar ervaring hê in soortgelyke meganiese werksomgewing met matriek sertifikaat of ‘n naskoolse sertifikaat/diploma of graad in meganies of meganies en elektries. Indien beide, sal dit die aansoek versterk.

Sleutelprestasie-areas: • Daaglikse inspeksies met nodige verstellings • Deeglike beplanning en uitvoer van beplande dienste. Eienskappe: • Stiptelik, betroubaar en sober gewoontes • Moet bereid wees om oortyd en naweke te werk indien nodig • Moet onafhanklik en onder druk kan werk • Moet leergierig weesdetail georiënteerd • Moet oor goeie gesondheid beskik • Rekenaarvaardighede sal tot u voordeel wees • Eie vervoer is noodsaaklik of moet beskik oor naby verblyf.

‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring en opleiding.

Hierdie pos rapporteer direk aan die werkswinkel bestuurder. Stuur asb. u CV met werksver wysings en salarisver wagting na: mannekrag@bamco.co.za. of workshop@bamco.co.za

Vir enige navrae, skakel: Ben Mostert by 083-270-3399

Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Januarie 2023

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Ons volg ’n gelyke geleenthede-beleid.

PUMA

maand weer hul

gedurende

aange-

Geen ernstige ongelukke in die streek

DAAR was die afgelope drie weke geen ernstige ongelukke in die Witzenbergstreek aangemeld nie.

Nooddienste het op 31 Desember in die vroeë oggendure ‘n ongeluk bygewoon waar ‘n Fiat tussen Wolseley en Tulbagh die pad verlaat en gerol het. Volgens inligting het die ongeluk omstreeks 03:00 plaasgevind en een van die drie insittendes, is na die Ceres hospitaal vir behandeling geneem.

Wes-Kaap paaie

Die Wes-Kaap se paaie was einde verlede jaar op sy besigste sedert die COVID-19 pandemie.

EMS het talle nood- en traumagevalle en ongelukke bygewoon oor die drie langnaweke. Statistieke wys dat EMS tydens die Kersnaweek na meer as 10 200 noodgevalle ontbied is en oor Nuwejaarsdag na meer as 3 500 gevalle.

In die tydperk is daar meer as 920 messteekgevalle aangemeld in die provinsie, 767 gevalle waartydens mense aangerand is, 117 beserings vanweë motorongelukke en 136 voetgangers wat beseer is.

Vaccination is the best answer

THE MEC of Western Cape Department of Health and Wellness, Dr Nomafrench Mbombo, encourages people to remain calm and careful, in the light of the Covid19 XBB.1.5 sub-variant.

ADMINISTRATIEWE BEAMPTE & ONTVANGS

Koppies Hoogte Boerdery het ‘n geleentheid beskikbaar te Wadrif, Koue Bokkeveld:

SLEUTELPRESTASIE-AREAS:

•Ontvangs (skakelbord, korrespondensie)

•Ondersteuning aan bestuurders en produksie-afdeling

•Lone en Loonadministrasie op daaglikse basis

•Personeel administrasie (algemene rekordhouding van personeel bv. kontrakte, ens.)

•Departement arbeid - inspeksie en administrasie

•Globalgap en SIZA oudits

•Gesondheid- en Veiligheidskomitee

•Werkerskomitee

•Ad hoc plaasadministrasie en kantoorondersteuning

VEREISTES:

•Toepaslike ondervinding in bogenoemde - minstens Gr. 12

•Werkende kennis van TMS, Crest Payroll & MB4000 sal u aansoek versterk

•Uitstekende rekenaarvaardighede

•Moet goed onder druk kan funksioneer

•Detail georiënteerd

•Uitstekende menseverhoudinge en kommunikasievaardighede

Aansoek (insluitend CV en salarisverwagting) kan gestuur word na: nico@wadrif.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 Januarie 2023

Indiensnemingsdatum: 1 Maart 2023

Slegs kortlys kanditdate sal gekontak word.

“Our department continues to monitor the Covid-19 situation in our province and we will alert the public if we see a rise in hospitalisations or deaths. Our systems are still in place to monitor the situation. Right now there is no cause for alarm”

The daily Covid-19 numbers in the Western Cape show a total number of 349 active cases reported. We currently have a total of 21 people admitted to hospital and a total of 3 in ICU. One death were reported in the last 7 days.

The National Department of Health confirmed in its briefing today the detection of the new sub-variant of the Omicron variant and confirmed that there would be no immediate changes in protocols and no travel restrictions.

Currently there is no confirmed evidence that XBB.1.5 is more severe or causes more severe disease than other variants.

The mitigation efforts include increased surveillanceandtesting,witharenewedfocus onthevaccinationprogramme.Thecasewas detected by the Centre for Genomic SurveillanceattheUniversityofStellenboschaspart of the national and international sequen-cing network.Whileitwasdetectedlocally,samples are randomized and there is no clear confirmation that the sample was from the Western Cape.

Vaccination drive

As part of the provincial vaccination drive, the department is hosting a provincial campaigncalled“VaxxedandRelaxed”toencouragethepublictobeCovid-safebygettingtheir vaccines.

WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 4
EMS Nooddienste het op 31 Desember in die vroeë oggendure ‘n ongeluk bygewoon waar ‘n Fiat tussen Wolseley en Tulbagh die pad verlaat en gerol het. vulstasie op Ceres het Desember- beste petroljoggies en kassiere wys. VLNR: Brenda Vergotine (kassier), Jeremy Mostert (petroljoggie) en Baliswa Zolani (petroljoggie). PUMA vulstasie op Ceres het gedurende Desembermaand ‘n kompetisie aangebied waar een gelukkige kliënt ‘n lam kon wen. Hier staan ‘n paar petroljoggies saam met Nathan Jacobs (tweede van regs) wat die wenner was van die lam-kompetisie.
WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 61 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

PLANT AND TOOL HIRE

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Koerant nou digitaal beskikbaar

ELKE besigheid moet altyd vernuwe en nuwe idees en tendense in hul bedryf, ondersoek en op die proef stel. Elke besigheid is egter verskillend - party is meer gerig op die digitale mark as ander.

Die platteland se voorkeure en behoeftes is ook heeltemal verskillend van dié van stadsgebiede.

Ook die koerantbedryf gaan deur faseseen hiervan is die verskuiwing na digitale platforms wat sosiale media, interaktiewe webtuistes en apps (toeps) insluit.

Marktendense Marktendense in Afrika wys tans dat 70% die papier weergawe verkies en 30% die digitale weergawe. In die Witzenbergstreek lyk dit tans of meer as 55% die gedrukte weergawe verkies teenoor ongeveer 45% wat digitaal verkies.

Meer lesers (veral die jonger geslag) verkies om deesdae selektief sekere berigte digitaal/aanlyn te lees.

Die Interaktiewe Advertensieburo het onlangs syfers rakende digitale advertensie bekendgemaak. Ten spyte van die CV-19 pandemie het die digitale reklamebedryf die afgelope jaar met 31% gegroei. Dit is 21% meer as in 2020.

Digitale betaalde advertensies op die internet maak tans 32.3% uit van die totale advertensiespandering in Suid-Afrika. Die meeste advertensies gaan oor finansies, kos en alkohol.

Nuwe webtuiste ‘n Interaktiewe webtuiste sowel as ‘n toepaslike app wat spesifiek vir lesers van die Witzenberg Herald ontwerp is, sal teen 1 Februarie ten volle funksioneer.

“Die digitale platvorms sal beskikbaar wees vir adverteerders om op te adverteer en diegene wat in die e-hoofkoerant adverteer kan ekstra blootstelling kry deur hul

advertensie/s in die e-hoofkoerant aan hul webtuistes te laat koppel met ‘n QR-kode. Die QR-kode sal jou dan direk neem na byvoorbeeld die adverteerder se webtuiste. Die platvorm maak dit ook moontlik om ook ‘n video insetsel van ‘n besigheid of ‘n nuusberig te plaas”.

Niks is verniet nie

Niks in besigheid en van waarde, is egter verniet nie.

Daar sal steeds enkele mense wees wat kla oor die verkoopprys van koerante of tydskrifte en wat dit net wil lees indien dit verniet is - hetsy op winkelrakke of in digitale vorm.

Koerante en tydskrifte sal in die toekoms moontlik net gedeeltelik in papierformaat verskyn.

Moeilike ekonomiese toestande vir besighede en maatskappye wat hul advertensies die laaste paar jaar drasties moes verminder asook hoër petrolpryse, die voortslepende oorlog in Oekraïne en lesers wat meer en meer digitale publikasies verkies, dra by tot die tendens.

Die groot meerderheid lesers verkies steeds betaalde gehalte-inhoud (hetsy digitaal of gedruk) bo gratis en by tye vals of niksseggende nuus.

Kostes

Die digitale weergawe se koste beloop R39 per maand.

Indien jy vir jaar inteken beloop die koste R416 per jaar vir 49 uitgawes. ‘n Skakel (link) word aan die digitale-intekenaar gestuur en hy/sy kan dit op enige digitale platvorm lees of uitdruk.

Lesers kan vanaf 1 Februarie 2023 maklik inteken en vinnig aanlyn vir die koerant betaal.

Adverteerders gaan ook drie keuses kry om net in die papier-weergawe, papier en digitale weergawe of net digitale weergawe, te adverteer.

WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 6
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld
SCAN TO DONATE RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MEISIEMEISIE (Female) Born 05/06/2022 WILLIEWILLIE (Male) Born 21/11/2021 ESTEST ESTEST ESTAA AA A (Female) Born 15/07/2021 JANIJANI JANIJANI (Female) Born 15/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply HEIDIHEIDI (Female) Born 01/11/2021 CHARLIE&JA CHARLIE&JACKCK CKCK CK (Males)Born 26/09/2022 BRAKKIEBRAKKIE BRAKKIE (Female) Born 01/08/2022 BIBIBIBI BIBI (Female) Born 28/10/2022 Begin om goeie finansiële nuus te ontvang met: CHIEF MANDO •Huwelikskwessies •Verhoudingsprobleme •Skoonmaak van bose geeste in huis •Bring verlore minnaar terug •Probleme met geliefde wat verneuk •Ongelukfonds •Bevordering •Finansiële probleme •Onvoltooide werk van ander ‘dokters’ Skakel of Whatsapp 071-208-4900 Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat: •met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry Skakel of Whatsapp 079-120-7165 Heb. 13:17 “Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.” Evangelis Jacobs Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure St. 83, Ceres
Teken in vir slegs R39 per maand vanaf 1 Februarie 2023

nuusbrokkies

THE Holy Revival Ministries P.A. Hamlet wil die volgende instansies bedank vir hul getroue ondersteuning aan die gemeente. Dankie aan Prince Spar op P.A. Hamlet, Kekkel en Kraai, Karoopoort slaghuis, Geldenhuys slaghuis, Kietiekat speelgroep en nasorg, De Wet Vrugte en Vervoer, HJ Nicolls en seuns. Mag elkeen se besigheid geseënd en voorspoedig wees vir die jaar wat voorlê.

CERES Rugbyklub het Donderdag 5 Januarie om 19:00 begin met voorbereidings vir die 2023 rugbyseisoen.

WITZENBERG Nasorg is ‘n organisasie wat op die been gebring is om leerder uitslae en maatskaplike probleme van skole in die streek te verbeter. Die inisiatief is deur Isak Hendriks van Ceres geneem wat al 24 jaar in die onderwys betrokke is en 10 jaar as skoolhoof. Die organisasie het nou goedkeuring gekry om as NGO te registreer. Isak beoog om Januarie 2023 met die organisasie te begin en verdere inligting sal later deurgegee word. Vir navrae skakel Isak Hendriks by 079081-7053.

Vroue oorleef kaping

TWEE motorkapers is kort na Nuwejaarsdag vasgetrek nadat hulle drie vroue buite Ceres aangeval en beroof het en daarna met hul voertuig gevlug het. Volgens die polisie was drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) op Maandag 2 Januarie onderweg na Velddrif vir vakansie.

Lees berig op bladsy 1.

KREDITEURE KLERK

Dutoit Vrugte

Dutoit Agri benodig die dienste van ‘n Krediteure Klerk by die administratiewe kantoor van Dutoit Vrugte Verpakking, Dutoit Vrugte Perseel. Die posbekleër sal deel vorm van dinamiese finansiële span en aan die Finansiële Bestuurder verantwoordelik wees vir, onder andere :

• Volledige krediteure funksie wat insluit maar nie beperk is tot: oOntvang, sorteer en uitvoer van kontroles op verskaffer fakture oTe boek stel van alle krediteure fakture sowel as voorbereiding van enige rekonsiliasies oProsessering en allokasie van betalings oSkakeling met verskaffers en bestuur op perseel •Ander diverse administratiewe take.

Die suksesvolle kandidaat beskik oor • die vermoë om goeie interpersoonlike verhoudinge te bevorder • bogemiddelde rekenaarvaardigheid in Excel en Sage Evolution • bewese ervaring as krediteure klerk of soortgelyke posisie • Oog vir detail en • die vermoë om effektiewe tydsbestuur toe te pas.

Benewens aangename werkomstandighede word ‘n mededingende vergoedingspakket aangebied.

Stuur ‘n volledige CV voor Maandag, 23 Januarie 2023 na: recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar verkieslik nie later as 1 Maart 2023 wees nie.

WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 7
TYDENS die Desember skoolvakansie het ‘n paar karatestudente van Andries Douglas aan ‘n kunsopheffingsprojek deelgeneem wat deur Annie Louw aangebied is. Studente kon vele verf tegnieke aanleer en is ook gewys hoe om verskillende oppervlaktes voor te berei. Die projek word aangebied om die kinders se kennis te verbreed en hulle aan ‘n wye verskeidenheid vaardighede bloot te stel. Dit word saam met die karate dissipline-program aangebied. Hier is Nadene Makamella en Kaylin Gabavu van El Rio saam met Gretchen Pedro van Fairfield, Shannon Fortuin, Charnel-Mari Scheffers, Whaldene Cupido, Mariska Jimmies en Kaylene Beukes - almal van Lakenvlei, afgeneem tydens die projek. * Skakel gerus 083-376-8989 of stuur ‘n epos na renshiandries@gmail.com vir meer inligting. WEENS verspoelde paaie en ‘n erge storm op 13 Desember die in Tankwa Karoo, is ‘n AMS helikopter vanaf Oudtshoorn ontbied om Hein Lange op te tel en na die Milnerton Mediclinic te neem. *Berig op voorblad.
087 094 8092 087 094 8092 087 The trusted name in commercial and residential Waterproofing. www.rubberroofs.co.za

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg

Herald

Sport

Gholfkompetisies begin

CERES gholfklub het Saterdag 7 Januarie hul eerste gholfkompetisie vir 2023 aangebied.

‘n Besoeker, S. Minnaar, het die individuele syfer plus kompetisie met ‘n telling van +6 gewen.

Casper de Bruin was in die tweede plek met +4 gevolg deur Phillip-Petrie Fourie met +4, Rossouw van Zyl met +3 en Lutz van der Merwe met +3.

Ander uitslae

Op 17 Desember is ‘n enkel stableford kompetisie aangebied. Henri Ferreira was die wenner met 38 punte. Emile Marais was in die tweede plek met 36 punte.

Hy is gevolg deur Bjorn Zimri en Rodney Engelbrecht, ook met 36 punte.

Op 24 Desember is ‘n enkel stableford kompetisie aangebied.

Johan du Toit was die wenner met 38 punte.

Lourens van Schalkwyk was tweede gevolg deur Dries Coetzee, C. Brown (besoeker) en Pierre Bothma, almal met 37 punte.

Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 vir be-

sprekings of bespreek op Clubmaster.

Sosiale-kompetisie

Die eerste naaste aan die kol kompetisie (putjie 4 se skoonveld) vir 2023 word op Vrydag 13 Januarie aangebied.

Die koste beloop R75 per speler wat 6 x balle (kanse) insluit.

Ekstra balle is beskikbaar teen R25 vir 3x balle. ‘n Braaipak met ‘n 120g sirloin steak, ‘n tjoppie en stukkie wors is teen R75 beskikbaar by die klub. Kompetisietyd is Vrydagmiddag vanaf 15:30 tot 17:30.

Belangrik

Net ‘n beperkte aantal braaipakke word deur die klub aangekoop. Spelers wat wil deelneem en ‘n braaipak wil koop, moet Miryka Donderdag 12 Januarie voor 14:00 skakel by (023) 312-3068

Die speler wat die naaste aan die kol/pen eindig wen die boerpot (pool). Indien daar minder as 10 spelers aan dié kompetisie deelneem, word die prysgeld by die volgende maand se boerpot gevoeg.

jaar

en Sydney (Australië).

WITZENBERG HERALD Friday, January 13, 2023 8
LA PLAISANT United het einde verlede jaar hul sporttoekenningsaand aangebied. Die losvoorspeler, Franklin Afrika, is aangewys as die sportman van die jaar. JAIDEN Baron van Ceres en oudspeler van Hamlet rugbyklub en die Boland, gaan in alle waarskynlikheid later die maand sy buiging vir die Blitsbokke maak. Hy was ook einde verlede opgeneem in die vergrote Springbok sewesgroep wat in Kaapstad in aksie was maar het nog nie speelkans gekry nie. Die groep van 13 word later die week bekend gemaak wat die einde van Januarie sal deelneem aan twee toernooie in Hamilton (NieuSeeland)
DIE Op-die-Berg gemeente se jaarlikse bergfietswedren het einde verlede jaar plaasgevind. Deelnemers het aan verskillende afstande deelgeneem tussen 25 en 50km.
Ceres Cycles fietsryspan laat die speke sing SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 066 205 3312 info@jptek.co.za 023 1000 515 Make your life easier with Mobile convenience CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE! Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience OPEN GATE VIA MISSED CALL Teken in vir slegs R39 per maand vanaf 1 Februarie 2023
‘n pretdraf is ook aangebied. * Die Ceres Cycles span het ook deelgeneem. Hier staan Wayne Petersen saam met Andrew van Huffel, Rashid van Rhyn, Charlton Zimri, Ivan Hanekom, Bernard Cupido, Raymond Petersen en Martin Lukas.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.