Witzenberg Herald Vol.25 no.1 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 1

R8

Friday, January 14, 2022

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 13 Januarie

Vrydag 14 Januarie

18° 38°

20° 39°

Saterdag 15 Januarie

Anniversary

Sondag 16 Januarie

17° 30°

15° 29°

1997 - 2022

Ceres Koekedouw dam

94%

Witzenberg Herald Lesing: 2022/01/12

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres

www.witzenbergherald.co.za

KORRUPSIE SAPD-lede vasgetrek Vier sterf in ongeluk DRIE persone, ‘n man, ‘n vrou en ‘n kind, is Sondagoggend 9 Januarie omstreeks 07:45 opslag dood nadat die bakkie waarin hulle gery het, omgeslaan en gerol het tussen Saron en Gouda. Van die passasiers het afgeval. ‘n Kind wat ernstig beseer is, is na die Lapa Munnik hospitaal op Porterville geneem maar het later in die hospitaal gesterf. Nog 12 mense is na die Lapa Munnik hospitaal asook Paarl hospitaal geneem vir behandeling. Daar was 16 mense in en op dié Mazda bakkie. * Die Wes-Kaap paaie was besonders besig gedurende die vakansietydperk. Tussen 27 Desember en 2 Januarie is 52 padblokkades gehou en meer as 38 000 voertuie is deursoek. Daar is 22 ongelukke aangemeld waarin 32 mense gesterf het. Hiervan was 11 voetgangers. Tussen 3 en 9 Januarie is 310 padblokkades gehou en meer as 39 000 voertuie is deursoek. Daar is 23 ongelukke aangemeld waarin 25 mense gesterf het. Hiervan was 9 voetgangers. ** Die Gouda-ongeluk se sterftes is nie hierby ingesluit nie.

Agya ............... from R2 299 Freedom guaranteed Toyota Toyota Starlet ............ from R2 999 Toyota Rumion ........... from R3 499 with Future Drive Toyota Urban Cruiser ... from R3 699

you can drive a new car every 3 or 4 years

Toyota Corolla Quest ... from R4 599 Toyota Corolla Cross .... from R4 999 Toyota Rav4 ............... from R7 999

Installments are per month. *T’s & C’s apply.

Voortrekkerstraat 112, CERES Skakel (023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre

DIE SAPD se anti-korrupsie-eenheid het verlede week vir die derde keer in minder as ses maande toegeslaan en weer Wolseley polisielede gearresteer. In die nuutste ondersoeke is vyf polisielede, een oud-polisieman en ‘n siviele persoon in Januariemaand vasgetrek en voor die hof gebring. Die verdagtes het in die landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling. Lees volledige berig op bl. 3

Koerant omslagprys verhoog JAARLIKSE stygings van gebruiksartikels en die verhoging in druk- en verspreidingskoste, noodsaak die Witzenberg Herald om die omslagprys na R8 te verhoog. “ Dit is net ‘n 6.5% verhoging. Die Witzenberg se om-slagprys bly steeds in lyn met ander publikasies in die Boland en Wes-Kaap wat wissel tussen R7 en R8.50". Die verhoging tree vanaf Donderdag 13 Januarie 2021 in werking.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.