WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 2
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Januarie
Vrydag 19 Januarie
Saterdag 20 Januarie
Sondag 21 Januarie
16° 36°
20° 38°
20° 36°
17° 34°
CERES KOEKEDOUW DAM
87,9% TULBAGH DAM
70%
WAVERENSKROON TULBAGH
60,5%
Lesings geneem: 2024/01/17
Friday, 19 January 2024
CERES (023) 312-2144
Koerant se omslagprys verhoog (023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za
VERHOGINGS in druk- en verspreidingskoste en algemene stygings van gebruiksartikels in Suid-Afrika, het die Witzenberg Herald besluit om die omslagprys van R8.50 na R10 te verhoog. Die Witzenberg Herald se omslagprys is steeds in lyn met ander publikasies in die Boland en Wes-Kaap wat wissel tussen R8.50 en R10.00". Die verhoging het vanaf Donderdag 11 Januarie 2024 in werking getree. Kafees en supermarkte moet die pryse aanpas in hul winkels.
A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Plaaswerker (32) sterf na hou teen kop ‘n PLAASWERKER van die Koue Bokkeveld wat verlede jaar met ‘n staalpyp aangerand is en met ‘n AMS noodhelikopter na Tygerberg gevlieg moes word, het ‘n paar dae later aan sy beserings beswyk. Bokang Motinkhoane (32) van die Helder-
sig-plaas in die Koue Bokkeveld is op 22 September omstreeks 13:30 aangerand naby Slangboskloof. Motinkhoane is volgens die polisie met ‘n staalpyp van 1.2 meter teen die kop geslaan deur Rhamkati Tslana (31).
Tslana het hom voor die aanval beskuldig van ‘n verhouding met sy vrou. Na die voorval het Tslana met die erg beseerde Motinkhoane na Ceres hospitaal gery sodat hy behandeling kon ontvang. ‘n Bewustelose Motinkhoane is dieselfde dag met ‘n AMS-noodvlug na Tyger-
berg hospitaal geneem. Hy het ‘n paar dae later in die hospitaal gesterf. In hegtenis Tslana is na die voorval deur die polisie gearresteer.Die saak is tot 27 Februarie uitgestel.
DUISENDE rande se skade is die naweek van 12 Januarie aangerig, nadat ‘n brand by die poele naby Ceres Koekedouwdam begin is. Die vuur, wat vermoedelik deur jongmense gestig is, het groot skade aan die Ceres Zipline stellasies aangerig. Hul bedrywighede moes weens die brandskade gestaak word totdat herstelwerk voltooi is. Toerisme-bedrywighede sal na verwagting Vrydag 19 Januarie hervat word. *Onverantwoordelike optrede deur die publiek en bergbewoners, sal dringend aandag moet geniet. FOTOS: Ceres Zipline Adventures/Facebook.
‘n BRANDSLANER besig om die vlamme in die berg by Koekedouwdam te help blus.