Witzenberg Herald Vol.25 no.2 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 2

R8

Friday, January 21, 2022

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 Januarie

Vrydag 21 Januarie

16° 34°

16° 38°

Saterdag 22 Januarie

22° 40°

CERES (023) 3122144

Witzenberg Herald

Sondag 23 Januarie

24° 39°

Ceres Koekedouw dam

93%

1997 - 2022 Lesing: 2022/01/19

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Borgaansoek eers later

Ceres hof

DAAR het verlede Vrydag nie veel van die vyf vermeende renosterstropers se beplande borgaansoek gekom nie nadat hul regsverteenwoordigers eers die landdroshof probeer oortuig het dat die klagtes teen die vyf mans eerder ‘n skedule 1 misdryf moet wees in plaas van ‘n skedule 5 misdryf. ‘n Skedule 1 misdryf moet die staat bewyse lewer en moet die ondersoekbeampte eerste getuig en die hof oortuig van die mans se betrokkenheid by die misdryf terwyl by ‘n skedule 5 misdryf (ernstiger klag) die bewyslas op die renosterstropers rus. Die aanklaer het die hof meegedeel dat ‘n volwasse renoster se prys nagenoeg R825 000 beloop en dat renosterhorings nagenoeg R150 000 per kilogram op die swart mark verkoop word. Ongeveer 24kg se renosterhoring is deur die mans gestroop ter waarde van nagenoeg R3.6 miljoen. Die landdros moet nou besluit watter skedule van toepassing gaan wees op die saak. Die saak is deur hooflanddros Hendriks uitgestel na Donderdag 20 Januarie om 14:00. Hulle word vir eers aangekla van sameswering om ‘n misdryf te pleeg om vyf renosters te skiet. Al vyf word op Worcester aangehou. Agtergrond Die vyf renosterstropers is ses weke gelede vasgetrek met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker. Die vyf mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad. ‘n Vyfde renoster is in die kop gewond. Vasgetrek Vier buitelanders, Amade Congto (46) van Mosambiek, Justice Cossa (27) van Mosambiek, die beweerde leier van die groep David

Innocent Chiwenya (57) van Malawië en Wishes Mugari (29) van Zimbabwe, is op 10 Desember gearresteer en onder streng polisiebewaking na Ceres gebring. Die mans is van Mosambiek, Malawië en Zimbabwe en het Vrydag 14 Januarie op Ceres verskyn voordat die saak tot 20 Januarie uitgestel is. Die vyfde verdagte wat na bewering op Inverdoorn gewerk het, Michael Mbaura (23) van Zimbawe, is ‘n paar dae later buite Ceres gevang. Cossa en Mugari het in Desembermaand aangedui hulle wil aansoek doen vir regshulp en word hulle nou deur Jannie Joon en Callie Isaacs van die Regshulpraad verteenwoordig. Die ander drie mans , Congto, Chiwenya en Mbaura het William Fullard, Sylvester Vogel en Johan Ferreira as prokureurs aangestel. Ondersoek duur voort Volgens ‘n verklaring van Aquilla Collection en die eienaar, Searl Derman - wat kort na die voorval uitgereik is - is die bestuurspan en personeel erg getraumatiseer na die voorval wat Woensdag 8 Desember plaasgevind het. Die teenstropingseenheid het omstreeks 22:30 tydens hulle roetine patrollies op die 10 000 hektaar privaat wildreservaat, op die renosters afgekom. Omstreeks 02:00 die Donderdagoggend is die beseerde renoster koei opgespoor. Al die renosters is met groot kaliber vuurwapens met knaldempers geskiet. Alhoewel die onderneming nie renosteronthoring bevorder nie, was een van die vier renosters met ‘n unieke sintetiese horing toegerus. Die veselglashoring het geen finansiële waarde vir die stropers nie. Agtergrond Aquila privaat wildreservaat het in Augustus 2011 ook deurgeloop onder stropers toe twee renosters doodgeskiet is.

Gatti Ice Cream and JC Bompies at

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91 2L Jive 50

10

Weet-Bix 450g

2350 Freshly baked VETKOEK daily

1,5kg Rainbow chicken 50

57

7 Stars Energy drink

5

Stasoft refill 500ml

99

Astra Blue Soap 1kg

2599

1850

Pryse en produkte geldig 21 Januarie - 6 Februarie 2022 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.