Witzenberg Herald Vol.25 no.3 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

BEST BREAD ROLLS IN THE WITZENBERG AREA: • Hamburger (normal, jumbo and seeded) • Hotdog • Portugese • Cocktail • Cheese • Paninis • And any ☎ 060-911-9535 other on request.

Witzenberg

Volume 25 no. 3

R8

Friday, January 28, 2022

Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 27 Januarie

Vrydag 28 Januarie

Saterdag 29 Januarie

11° 31°

13° 32°

Witzenberg Herald

Sondag 30 Januarie

12° 36°

17° 38°

Ceres Koekedouw dam

89,8%

1997 - 2022 Lesing: 2022/01/26

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Twee tieners sterf tragies JACOB Rooi DIE Bella Vista gemeenskap is verlede week geruk na die selfdood van twee tieners.

Chriszay Raman (16) het Woensdag 19 Januarie omstreeks 19:27 haarself in haar ouma se huis opgehang. Die ouma, Desiree Farao, het gesê Chriszay het nog gelewe toe sy haar gevind het. “Ek het van die werk gekom en na haar geroep en haar toe in die badkamer aangetref.” Sy het gesterf voordat die ambulans kon opdaag. Chriszay het eers by haar ander ouma gewoon voordat sy die afgelope drie jaar by ouma Desiree ingetrek het. Haar ma is oorlede toe sy skaars vyf jaar oud was en die pa het nie veel met haar te doene gehad nie. Ouma Desiree sê sy was baie stil, maar het baie maatjies gehad. Na verneem word, was Chriszay verlede jaar net half jaar in die skool. Sy was veronderstel om hierdie week terug te gaan skool toe. “Ongelukkig weet niemand die werklike rede vir haar besluit nie,” het ‘n onderwyser gesê. “Sy was ‘n pragtige, stil en netjiese meisie en was altyd op haar plek in die klaskamer. Sy het haar deel gedoen en het nooit teruggepraat nie.” ‘n Troosdiens word Saterdag 29 Januarie om 09:00 by die huis in Skotlandstraat gehou en om 10:00 in die Ou Apostelkerk in Bella

KELVIN Vergotine (19).

Vista. Tweede tragedie Die tweede tragedie kom skaars ‘n dag na Chriszay Raman oorlede is. Omstanders, onder wie tientalle kinders, het verlede Donderdagmiddag omstreeks 16:05 by die huis van Red Ruiters saamgedrom waar dié pa se jongste kind, Kelvin Vergotine (19), in ‘n woonstel op die erf opgehang gevind is. Polisielede het Vergotine se liggaam uit die huis gedra terwyl ‘n familielid hartroerend gehuil het. ‘n Geskokte Ruiters het gesê sy seun het in 2019 matriek voltooi. Vergotine word oorleef deur sy ouers, twee susters en ‘n broer. ‘n Diens vind Saterdag 29 Januarie om 09:00 by hul huis in Populierstraat, Bella Vista plaas en 10:00 vanuit die Bella Vista gemeenskapsaal. Huldeblyke en medelye Louise Debbie Wehr, ‘n onderwyseres aan die Hoërskool Bella Vista, het gesê: “Ek is verslae en geskok. Kelvin was een van ons presteerders. Almal het gedink hy gaan dit ver bring.” Sy het die tragiese situasie van talle jongmense op Facebook verwoord: “My hart is swaar van die seer. Here hoor die hulpkreet van ons jongmense. Bella Vista se gemeenskap ween, Here, net U weet hoekom en net U sal die gemeenskap weer heelmaak. Ons jong mense het ons nodig vir die toekoms...tree asseblief in, Hemelse Vader.” Talle inwoners het huldeblyke en bood-

skappe van bemoediging vir beide kinders se ouers, familie en vriende op Facebook gelos. Tydens Woensdag 26 Januarie se raadsvergadering het die burgemeester Hennie Smit, die munisipaliteit se medelye uitgespreek teenoor die families. Hy het die raad versoek om moontlikhede te ondersoek hoe kinders in krisistye bygestaan kan word voor hulle oorgaan tot dié drastiese stap.

CHRISZAY Raman (16).

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 27 - 30 JANUARY 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL.

Matured Rump Steak

124

99 p/kg

SPECIALITY MEAT Smoked sandwich Ham

Oxtail

89

TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

99

Spar 5kg IQF mixed portions

7499

p/kg

5999 p/kg

Witzenberg Boerewors

8999 p/kg

7kg Potato Bag, Sweetcorn 4’s, Cabbage Head, 1kg Carrots, 2kg Onion, 3kg Butternut

PER COMBO

12000

169

Pineapples

3 FOR

2500

Spar UHT Milk 6x1L, Full Cream, Fat Free or Low Fat

4999 - 5999

each

Mango1kg value bags

2299

10

PER MULTIBUY

130 120 00

79

499 each

Thai savoury wheel

20

155 00 135 00

99 each

6 Brookes 2L Oros ass. PER MULTIBUY

6

each

49 99 39 99

Spar Toilet paper 2-ply 18’s

Clover Butro spread 500g 00

Olof Bergh Brandy 750ml + 1,5L Coke

10

Assorted baked pizzas

99

ONLY 28 - 30 JANUARY 2022 Spar Butter 500g

69 99 66 99

SERVING SUGGESTION

p/kg

Pork Loin & Rib chops bulk

3

65 98 59 98

25 99 19 99

Nola Mayonnaise 500g, 730g, 750g, 780g Spar Sugar 2.5kg

4

38 99 34 99

25

224 99 199 99

12000

SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00

Castle Lager NRB 6 x 340ml

PER MULTIBUY

Johnny Walker Red Label 750ml

CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, January 28, 2022

Youth urgently needs attention, education and change ZINZONOVIC Links writes: WHEN a teenager take their own life, there should be a very high alert of all the why’s?? Its not okay and its not normal for a teenager at a very young age to take their life’s. It means that there is something wrong that they clearly are not taking about or is afraid to speak up about. And that needs to be addressed. But in most cases it is just young people going through so much and the pressure keeps adding up and they feel that they literally don’t have anywhere to turn to or anyone they can talk to. Out of personal experience I’ve dealt with the exact same thing, yet I was strong enough to push through. Unfortunately for many who commits suicide they’re not as strong and really need the support of the ones close to them. Fear, anxiety ,stress, loneliness and depression is real and its killing our young people

from the inside. Yet many in our local communities do not believe that this is a serious condition which makes it even harder to speak up. This is a mentality that urgently needs attention, education and change because I remember when I spoke up about being anxious and being depressed, no one actually believed me, simply because I’m always showing my positive side to the world. But no one knew what’s happening to me behind closed doors and especially when I’m alone. Very often our children suffer from these conditions because parents, guardians, uncles, aunties even the neighbours are too blind to see that they’re suffering and choose to turn a blind eye, with the hope its just a phase and that it will pass. No one ask to be anxious, no one ask to be depressed, no one ask to have so much to deal with. The whole world is in a state, but like I said earlier not everyone is as strong as the next

person. Therefore as humans it is required of us to take care of one another, love one another and to help when we see there’s a problem, especially when the persons are too shy to come forward with the problem. While many people is very good at hiding these problems, it should be an easy task for the ones close to them to notice a change in their behaviour, sleeping patterns and even their mood. Let me tell you something, depression and anxiety is not a phase and it wont just pass if it isn’t addressed in the correct manner. Therefore I urge everyone knowing of a family member or even a friend that is silently suffering because they’re too afraid to speak up, Do something about it. And to those going through this hell, to try at least to speak up, because death is no ones playground, but in the end our suffering leads to desperate choices... Letter received on Facebook after last weeks two suicides in Bella Vista.

OP Dinsdag 11 Januarie het die Togryers museum in samewerking met vrywilligers uit die Tankwa Karoo, die ou historiese vyelaning begin skoonmaak van bosse wat die laning die afgelope dekades toegegroei het. Hierdie was opsigself ‘n historiese gebeurtenis en die begin van ‘n baie groter projek. Die werf op Karoopoort asook die vyelaning is beide verklaarde erfenisgebiede, wat die afgelope jare baie agteruitgegaan het. Die museum hoop om in die toekoms ‘n groter rol te speel in die bewaring van beide die vyelaning asook die werf en woonhuis.

Congratulations

Matric Class of The time has come to enjoy the fruits of all your hard work. May this be the start of great achievements to come. Reach for the stars!

Alderman Hennie Smit Executive Mayor

DIE Ceres polisie vra die gemeenskap se hulp om Francurene Phera (13) te help opspoor. Sy is op 22 Januarie vir die laaste keer gesien in Melkwegstraat, Ceres. Sy het tydens haar verdwyning ‘n swart denimbroek aangehad en ‘n swart bloes. Indien iemand weet waar sy haar bevind, kan hulle vir kst. Lizna van Wyk skakel by (023) 316-8600.

KENNISGEWING

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: GERTRUIDA PRINS Id. no. 570323 0149 084 Van: Voortrekkerstraat 30, Wolseley, 6830 Boedelnommer: 019685/2018 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 28 Januarie 2022 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 21ste dag van Januarie 2022.

In die boedel van wyle: BEATRICE DEBORA KORF Id. no. 340703 0056 083 Van: La Vie Est Belle 39, Marimbasingel, Sonstraalhoogte Boedelnommer: 018985/2020 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 28 Januarie 2022 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 21ste dag van Januarie 2022.

JOHAN BEZUIDENHOUT

JOHAN BEZUIDENHOUT

Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: JJB/EG/J5052)

Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/JC0020)


WITZENBERG HERALD

3

Friday, January 28, 2022

Man oorleef mesaanval

CLINTON Meyer (28) het Saterdag verdrink.

DIE polisie ondersoek ‘n klag van poging tot moord nadat ‘n man naby die poele met ‘n mes gesteek is. Die Ceres polisie het Dinsdag nog leidrade opgevolg en verklarings geneem van mense wat ten tye van die voorval by die poele en/of by die dam se uitgang in Plantasiestraat was. ‘n Arrestasie word binnekort verwag. Juandre Spanneberg (28) is Saterdagaand omstreeks 19:00 verskeie kere met ‘n mes gesteek voordat die aanvaller op die vlug geslaan het. Spanneberg het blykbaar ook probeer wegkom van sy aanvaller voordat hy by die Riverside Lodge gastehuis langs die rivier, inmekaar gesak het. ‘n Ambulans en die polisie is na die toneel ontbied. Spanneberg is na die Ceres provinsiale hospitaal vervoer voordat hy na die Tygerberg hospitaal oorgeplaas is. Hy word moontlik teen die einde van die week ontslaan.

Indien daar ooggetuies is wat nog nie verklarings by die polisie afgelê het nie, moet hulle vir s/sers.(v) Zimri skakel by (023) 316-8500. Verdrinking Polisieduikers het vir meer as twee dae gesoek na die liggaam van ‘n man wat Saterdag in die Coshla-plaasdam buite P.A. Hamlet verdrink het. Clinton Meyer (28) het omstreeks 13:15 verdrink nadat hy saam met twee vriende in die dam geswem het. Die polisie en ‘n SAPD-duikspan is Saterdagmiddag laat na die toneel ontbied maar kon nie vir Clinton opspoor nie. Duikers het ook Sondag en Maandag tevergeefs gesoek. Die liggaam is Maandagmiddag gevind. Clinton het vir Ceres Agrimark se vulstasie gewerk. Die begrafnis vind Saterdag op Laingsburg plaas.

Borgaansoek uitgestel DIE vyf vermeende renosterstropers se borgaansoek het Woensdag 26 Januarie in die Ceres landdroshof begin. Verlede Donderdag het landdros Flip Hendriks na die staatsaanklaer en regsverteenwoordigers van die renosterstropers geluister of die oortredings waarop die vyf verdagtes teregstaan, ‘n skedule 1 of 5 misdrywe is. Hy het bevind dat dit ‘n skedule 5 oortreding is. Adv. Shareen Riley, assistent direkteur van openbare vervolging, het ook ‘n sertifikaat namens die NVG onderteken dat dit ‘n skedule 5 oortreding is en dat die waarde van die renosters en die gstroopte horings, meer as R100 000 beloop. Die hof het vroeër gehoor dat ‘n volwasse renoster se prys nagenoeg R825 000 beloop en dat ongeveer 24kg renosterhoring deur

‘n GROOT veldbrand het Maandag op die plase Morgansvlei en Constantia in die Tulbagh-omgewing gewoed. Die brand is later die dag onder beheer gebring. Twee helikopters van Werk met Vuur het gehelp om die vlamme te blus. FOTO: Anrie van der Walt

die mans gestroop is ter waarde van nagenoeg R2.64 miljoen. Die vyf mans, Amade Filemon Chongo (46) van Mosambiek, Justice Cossa (27) van Mosambiek, die beweerde leier van die groep David Innocence Chiwenya (57) van Malawië, Wishes Mugari (29) en Michael Mbaura (23) van Zimbawe, staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en die diefstal van vier renosterhorings. Cossa, Mugari en Chiwenya word deur Callie Isaacs van die Regshulpraad verteenwoordig. Die ander twee mans, Chongo en Mbaura, het William Fullard en Johan Ferreira

as prokureurs aangestel. Sylvester Vogel het Woensdag onttrek, skynbaar oor hy nie betaal is nie. Die borgaansoek is na Donderdag 3 Februarie uitgestel vir betoë deur die staat. Al vyf verdagtes word op Worcester aangehou. Agtergrond Die vyf renosterstropers is sewe weke gelede vasgetrek met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker. Die vyf mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember op Inverdoorn, ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad. Die teenstropingseenheid het omstreeks 22:30 tydens hulle roetine patrollies op die renosters afgekom.

MEER as ‘n maand nadat raadslede ingesweer is op Ceres, is daar Woensdag 26 Januarie ‘n nuwe onderburgemeester verkies nadat stemme in twee wyke van die Witzenberg munisipaliteit oorgetel moes word. Op 17 Desember het die verkiesingshof bevind dat die stemme in die twee stemlokale, oorgetel moet word en die OVK beveel om dit te doen. Die stemme is op 22 Desember oorgetel. Na die oortellery het die DA een setel op PR-lys bygekry en GOOD het een verloor. Dit bring mee dat Barnito Klaasen, weer op die raad dien en dat Katriena Robyn haar plek op die raad en GOOD hul een setel, verloor. Rdl. Felicity Klazen van GOOD is tydens Dinsdag se vergadering as die nuwe onderburgemeester verkies. Klazen was eerste op Good se PR-lys.


4

WITZENBERG HERALD

IN 1989 word Sonja de Jager (neé van Niekerk ) by Laerskool Koue Bokkeveld aangestel. Pauline du Toit (Charl se ma), was destyds op die skoolkomitee en betrokke by Sonja se onderhoud en aanstelling. Sonja het ondermeer vir Cathy du Toit (neé Gibson) klasgegee terwyl Charl in 1998 deur haar man, Anton de Jager, onderrig is. In 2016 gee sy ook klas vir Charl jr., John in 2018, Daniël in 2020 en Christopher in 2022. Wat ‘n groot voorreg om dié pad saam met die families te kon stap! VLNR: Cathy du Toit, John, Sonja de Jager, Charl jr. en Charl du Toit. VOOR: Christopher en Daniël du Toit.

Friday, January 28, 2022

DIE Hoërskool Charlie Hofmeyr op Ceres spog vanjaar weer met ‘n 100% slaagsyfer en uitstekende individuele prestasies. Matriekleerders het 19 A-gemiddelde behaal, 25 Bo 75%, 10 kandidate spog met 7 A-simbole, 4 kandidate met 6 A-simbole, 3 kandidate met 5 A-simbole en 2 kandidate met 4 A-simbole. Die drie top presteerders van die skool is: Ronelle Roux met 94.2%, Mia Jorgensen met 93.8% en Lurize Swanepoel met 92.4%. VLNR: Lurize Swanepoel, Ronelle Roux en Mia Jorgensen.

ONTVANGSDAME / ADMIN KLERK Ceres Toyota beskik tans oor bg werksgeleentheid vir ‘n bekwame persoon. Verantwoordelikhede: • Skakelbord • Ontvang kliënte • Ontvang betalings • Hanteer kleinkas/lisensie blikke • Adhoc admin • Assisteer met rybaan admin. Vereistes: • Verwante ervaring • Rekenaarvaardig • Vlot tweetalig • Eie vervoer. Salaris: Volgens Mibco loonskaal en afhangend van jare ondervinding Werksure: Maandae - Vrydae 07:30 tot 17:00 en Saterdae indien nodig Aanvangsdatum: 1 Februarie / 1 Maart 2022 of so spoedig moontlik. Sluitingsdatum: 15 Februarie 2022 Aansoeke: E-pos CV na: ontvangs@cerestoyota.co.za Besoek ons Faceboek-blad vir meer inligting

Ceres Toyota

Indien u geen terugvoer binne 2 weke hierna ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

De Straadt Boerdery (Edms) Bpk, geleë in die Koue Bokkeveld en konsentreer op die verbouing van vrugte. Die volgende geleentheid bestaan tans in die organisasie:

WERKSWINKEL ASSISTENT POSVEREISTES: 5 Jaar ondervinding in soortgelyke pos wat onder andere die volgende behels: • Eie admin en rekordhouding • Voorraad hantering • Diens en basiese herstelwerk van toerusting, implemente en voertuie • Installering en herstel van besproeiings infrastruktuur • Onderhoud op geboue • Betroubaar, met ‘n stabiele en sobere lewenswyse ONS BIED: Mededingende salaris wat sal afhang van ondervinding en vaardigheid, goeie werksomstandighede en behuising. Rig alle aansoeke en navrae aan Mareli du Toit by: mareli@destraadt.co.za of skakel (023) 317-9926. Verwysings (nie ouer as 1 jaar) en bewys van kwalifikasies verwerf en kursusse gedoen. Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Februarie 2022 Indienstreding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering na die sluitingsdatum ontvang nie moet u asb. aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

WOLSELEY Sekondêr is trots op die 2022 matriekleerders en top presteerders. VLNR: Alicia Valentine (onderskeidings in wiskunde geletterdheid, rekeningkunde en besigheidstudies), Anna Munro (onderskeiding in besigheidstudies) en Kaylin Mackuur.

KARSTEN BOERDERY (PTY) LTD Karsten Pome Fruit a Division of Karsten Boerdery (Pty) Ltd: KFP - Gouda

VURKHYSER DRYWER

Hoofdoel van die pos: Die veilige en effektiewe hantering van ‘n Vurkhyser Vereistes: • Minimum Graad 10 • Moet beskik oor geldige Vurkhyser lisensie met ten minste 5 jaar relevante ondervinding in ‘n vrugte Pakstoor omgewing • Deeglike ondervinding in laai van koelhouers en stapeling van palette in tonnels • Moet goed in ‘n span kan funksioneer • Moet bereid wees om ongereelde tye te werk. Sleutelprestasie-areas sluit die volgende in maar nie beperk tot: • Korrekte uitvoer van op- en aflaai instruksies, asook verskuiwing van palette, kratte, goedere en pakmateriaal • Laai van koelhouers volgens uitvoer spesifikasies • Uitvoering en rekordhouding van daaglikse inspeksies asook tydige rapportering van enige foute/defekte op Vurkhyser • Veilige hantering van Vurkhyser aan hom/haar toegedeel • Verrigting van ander take soos van tyd tot tyd benodig wanneer daar nie Vurkhyser werk beskikbaar is nie. Voornemende aansoekers kan hul aansoeke rig aan Die Personeel-afdeling: Per e-pos: gregorye@karsten.co.za of Per hand: KFP Sekuriteitshek, Gouda Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 Februarie 2022 Kandidate wat geen terugvoer binne drie dae na bogenoemde sluitingsdatum ontvang nie, kan hul aansoek as onsuksesvol beskou. Die Maatskappy behou die reg voor om nie hierdie pos te vul nie.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, January 28, 2022

Wat is ‘n Wykskomitee?

• Wykskomitees word gestig om ‘n oop, deelnemende, plaaslike regering te bevorder. • ‘n Wykskomitee dien as ‘n onafhanklike, adviserende struktuur vir die wyksraadslid. • Dit is ‘n komitee wat uit die gemeenskap gekies is om vir die gemeenskap op te tree.

Wie kan dien op ‘n Wykskomitee?

‘n Wykskomitee bestaan uit: • Die wyksraadslid wat ook die voorsitter van die komitee is. • Tien ander persone uit die gemeenskap van die wyk. • ’n Verteenwoordigende (PR) raadslid kan ook gesekondeer word na ‘n wykskomitee.

Hoe word ‘n Wykskomitee gestig?

• Die Speaker van die Raad sal vra vir nominasies, met die doel om wykskomiteelede te verkies. • Slegs geregistreerde kiesers in’n wyk stemdistrik mag aan die wykskomitee verkiesing deelneem. • Daar sal so ver moontlik voorsien word om gelyke deelname van vroue en mans te kry.

Wat is die rolle en funksies van Wykskomitees?

• Wykskomitees versterk die deelname van plaaslike inwoners. • Skep ruimte vir die gemeenskap om insae te hê in munisipale besluitnemings dmv hulle raadslede. • Wykskomitees is verteenwoordigend van die plaaslike wyk en het nie politieke verbintenis nie.

Wat is die verkiesingsprosedure van ‘n Wykskomitee? ‘n Persoon wie kwalifiseer vir verkiesing tot die komitee moet: • ‘n Geregistreerde kieser in daardie wyk stemdistrik wees. • Moet deur sy/haar wyks stemdistrik genomineer word. • Nominasievorms moet afgehaal word by die munisipale kantore. • Stem by die verkiesing sal geskied deur stembriewe.

What is a Ward Committee? DIE top drie kandidate matriekleerders van Hoërskool Bella Vista. VLNR: Bridget Geduld, Chanté van der Westhuizen en Tawné Saim. Die skool se beste wense vergesel hulle. RJF Boerdery, ‘n diverse boerdery onderneming geleë in die Witzenberg Vallei, ongeveer 30km vanaf Ceres, beskik oor dié loopbaangeleentheid.

REKENMEESTER Ceres

Die posbekleër sal aan die Direksie rapporteer en verantwoordelik wees vir die volle finansiële funksie van die onderskeie boerderyvertakkings. Pligte sal onder meer behels: • finansiële bestuur • akkurate en tydige finansiële verslagdoening • lewering van bestuursinligting • die vaslegging van finansiële data • toepassing van interne finansiële beheer maatreëls • voltooiing van statutêre opgawes en rekonsiliasies • skakeling met eksterne ouditeure • bestuur van die produksie-administrasie. Die ideale kandidaat beskik oor ’n B.Rek-, B.Com (Bestuursrek. / Finrek)-graad en ten minste ’n voltooide leerkontrak. In ruil vir toewyding en vaardigheid, bied die onderneming ’n onderhandelbare vergoedingspakket. Lewensgehalte in ’n gesogte deel van die platteland is ’n groot bonus. Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan nadine@casupport.co.za of rig enige navrae aan Nadine by (021) 913-0828 Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne 2 weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.

• Ward committees are established to create and develop transparent, involved local governance. • A ward committee serves as an independent and advising structure for the ward councillor. • The members of the ward committee are chosen from the community to act on behalf of the community.

Who can serve on the Ward Committee?

Ward committee members include: • The ward councillor, who can act as the chairperson of the committee. • Ten people representing the community of that specific ward. • A Proportional Representative (PR) councillor can be seconded to the ward committee.

How are Ward Committees established?

• The Speaker of the Council calls for nominations, with the purpose of establishing ward committee members. • Only registered voters from the ward voting district will be eligible to participate in the nomination process. • The nomination process will strive to appoint equal representation of female and male candidates.

What are the roles and functions of Ward Committees?

• Ward committees strengthen the voice of local residents. • Ward committees allow for the community to influence municipal decisions as they will be able to actively engage with the Council. • Ward committees represent the interests of the local ward and are not meant to further any political agenda.

What is the nomination procedure of the Ward Committee?

To qualify for nomination on the Ward Committee, one must: • Be a registered voter from the ward voting district. • Needs to be nominated by his/her fellow residents from the ward voting district. • Collect nomination forms from the offices of the municipality. • Vote will be done through ballot papers

Yintnoni iKomiti yeeWadi?

• iKomiti zeeWadi zisungulelwe ukuba ziphuhlise ulawulo olunyanisekileyo. • iKomiti yeWadi isebenza nje ngeQumrhu elizimeleyo nanje ngomcebisi kooCeba beeWadi. • Amalungu eeKomiti zeWadi achongwa ekuhlaleni zebavakalise izimvo zabahlali.

Ngubani onokusebenza kuleKomiti?

Amalungu eKomiti zeeWadi aquka: • uCeba weWadi, usebenza nje ngoSihlalo waleKomiti. • Abantu abali 10 abamele abahlali kuloWadi. • UCeba ongumcebisi angadinjazwa kuleKomiti (PR Councillor).

Zisungulwa njani ezikomiti zeeWadi? Totalsports Ceres is in need of achievement-orientated STORE MANAGER with excellent customer service and people management skills. These positions require retail experience, a flair for visual merchandising and a good head for figures and administration. Responsibilities: • Driving turnover to ensure achieve-ment of targets • Controlling expenses • Managing stock losses to ensure shrinkage is in line with the Company standard • People management, including recruitment, development of staff, employee relations, performance management • Executing in-store merchandising strategy and standards • Ensure customer satisfaction by executing our customer service strategy and fulfilling the demands of our customers. Requirements: • Figure and admin orientated • Matric Certificate • Organised and thorough • An excellent leader and business manager • Profit and turnover driven • Able to manage risk within the store • Excellent custo-mer service orientation • Have the ability to learn quickly • A relevant qualification would be advantageous To apply, please e-mail a copy of your CV to Chanelle Zaayman at: chanellez@tfg.co.za

• USomlomo wooCeba uye abize intlanganiso apho kuzakunyulwa lamalungu ezikomiti zeeWadi. • Kuvumeleke abavoti ababhalisileyo ukuba babeyinxalenye yaleKomiti yeeWadi. • Olunyulo luyakuqinisekiswa ukuba kuyalinganwa ngesini kumalungu azakuthi anyulwe.

Yintoni umsebenzi noxanduva laleKomiti yeeWadi?

• eziKomiti zivakalisa izimvo zabahlali. • eziKomiti zeeWadi zidlala indima ekutheni zifake uxinzelelo/ifuthe kuMasipala nooCeba malunga nezimvo zabahlali. • IKomiti yewadi kufuneka ithathe ingxaki zoluntu izise ngaphambili,kodwa abayonxalenye nezoPolitiko.

Imibandela yolonyulo lweeKomiti zeeWadi?

Xa ufuna ukubayinxalenye yaleKomiti yeeWadi, kufuneka: • UbenguMvoti obhalisileyo ngokusemthethweni kulo Wadi. • Kufuneka uchongwe ngabahlali balongingqi uzakuyimela. • Uyokuphuthuma ifomu zolonyulo kwii-Ofisi zikaMasipala. • ukuVota kwintlanganiso yabaHlali,ekusoloko kusenziwa ngokuthi kuphakanyiswe izandla. Le nkqubo ingatshintshwa ukuba amaGosa olonyulo abona ngolohlobo. Vir verdere inligting oor wykskomitees, skakel asseblief die volgende verteenwoordiger: For more information about ward committees, please contact the following representative: Xa ufuna inkcukacha ezithe vetshe, uyacelwa ukuba uqhagamishelane nababantu balandelayo: Mnr. Adrian Hofmeester (023) 316-1854 Bestuurder: Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) Manager: Integrated Development Plan (IDP) Ibambela-Mphathi: yeZicwangciso zoPhuhliso esimanyanisiweyo (IDP)


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Benjamin Henoch Fortuin 1949/01/26 - 2021/01/03 Jou 2de verjaarsdag in die Hemel. Al het jou voetspore op Beach Road se strand al vervaag sal die herinneringe en liefde van ons saamwees my altyd bybly. Mag jou engelmaatjies jou bederf met ‘n lekker tent uitstappie. Onthou ek sal jou altyd liefhê en dankie vir jou beskermende Engelvlerke wat my altyd vergesel.

Liefdegroete Cathy

Chriszay Raman

2005/10/19 - 2022/01/19

Raai wie word 91 op 30 Januarie 2022

Clara (Kalla) Langeveldt Veels geluk met hierdie besondere mylpaal in u lewe. Alle lof en eer kom net God toe. Mamma dankie vir jou leiding, gebede, liefde en vermanings. U is soos ‘n garingdraad wat enige iets kan heel en bymekaar hou. Geniet jou dag en mag God jou op jou lewensreis vergesel.

Privaat begrafnis: Sat. 29 Jan. 2022 Huis: 09:00, Skotlandstr. 584, Bella Vista Kerk: 10:00, Ou Apostel Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Bondels koerante @ R20. Verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Kelvin Shaun Vergotine 2002/06/16 - 2022/01/20

Roudiens: Do. 27/01/2022, om 19:00, Populierweg 417, BV

Privaat begrafnis: Sat. 29 Jan. 2022

Huis: 09:00, Populierweg 417, Bella Vista Kerk: 10:00, Gemeenskapsaal, Bella Vista Graf: Bella Vista • 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend

Psalm 23 ‘Hy lei my na waters waar rus is.”

MAINTENANCE / PLUMBING

Anna Bosman 1947/03/12 - 2021/01/25

Mammie dit voel nog so onwerklik en dit is alweer een jaar wat Mammie by Liewe Jesus is. Die vermisting is nog elke dag daar maar ons weet Mammie is op n veilige plek waar daar geen hartseer of pyn is. Ons mis die baie praat, weet Mammie sal altyd in ons harte voortleef. Van Noi, Grieta, Gallie, Boeta, Ghoena, Sussie, Boy, Jadene en kleinkinders Tot ons weer ontmoet.

Raphael Timothy (Tim) Arnoster

Kelvin Shaun Vergotine 2002/06/16 - 2022/01/20 Ons har te is gebreek maar ons weet wat God toegelaat het is welgedaan. Ons gaan jou baie mis Boeta maar vlieg hoog. Jy is vir altyd in ons harte. Van Daddy, Mammie, Reduwaan, Samonique, Redgenay, Dezi, Keith, Stefney, Maira, Prins, Keldon en Aubrey

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490

TE HUUR KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R8 300 per maand

Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

CJ Williams

Transport (Pty) Ltd

EC TROKDRYWER

VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as trokdrywer

Skakel:

072-469-7517

066-066-6740

HOUSE FOR SALE

4 bedroom 2 bathroom double garage Solar geyser (2500L watertank, adapted for generator) R2 350 000

1944/09/01 - 2022/01/22 Privaat begrafnis: Son. 30 Jan. 2022

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

* Help met onopgeloste probleme in: * Verhoudings * Familie misverstand * Bring verlore liefde terug * Werk & finansiële probleme * Besigheid hupstoot * Draai jou geluk om * Was ongelukkigheid af * Skoonmaak van huise (dryf uit bose geeste) Afspraak Skakel/ WhatsApp

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

Skakel

082-859-2300

Katrina Windvogel

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

MA SAL Kruiekenner

Liefde Ousus, Jayden, Jody, Kempton, Chandré, Frené, Nadia en die kleinkinders

Huis: 09:00, Erikastr. 372, BV Kerk: 10:00, Crossfire, BV Graf: Bella vista

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

1961/01/24 - 2021/03/30

Tim, dit is jou eerste verjaarsdag in die Hemel en ons mis jou nog elke dag. Ons vind troos in die liefdevolle herinneringe van jou. Rus sag in God se Vrede.

Van jou geliefdes Elsabé, Mary-Jane, Imelda, Melvine en Gerad

Contact: 072-646-8385 View at: Property 24 Ceres Listing no. 110662363

NOTICE OF LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T116068/97 passed by: WITZENBERG MUNICIPALITY in favour of: FRANS KIEWIET ID NUMBER 550525 5088 081 (unmarried) in respect of certain: ERF 6942 CERES IN THE WITZENBERG MUNICIPALITY DIVISION CERES PROVINCE OF THE WESTERN CAPE which has been lost or destroyed. All interested parties having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. DATED at CERES this 19th day of JANUARY 2022. KLAASEN INCORPORATED

62 Lyell Street, Ceres, 6835 ☎ (023) 312-3905 beatrescollins@telkomsa.net barnitoklaasen@telkomsa.net

Onthou om vroegtydig jou Valentyns-boodskap in kleur te plaas met ‘n foto of prentjie

@ R150

Skakel Karin (023) 316-2021 Kol. 4:2

“Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar”

Evangelis Jacobs

NOTICE OF LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T68193/2000 passed by: THE MUNICIPALITY OF TULBAGH in favour of: ZWELINZIMA ALRED NKHOTHA ID NUMBER 600309 5661 086 (unmarried) in respect of certain: ERF 2152 TULBAGH IN THE WITZENBERG MUNICIPALITY DIVISION TULBAGH PROVINCE OF THE WESTERN CAPE which has been lost or destroyed. All interested parties having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. DATED at CERES this 19th day of JANUARY 2022. KLAASEN INCORPORATED

62 Lyell Street, Ceres, 6835 ☎ (023) 312-3905 beatrescollins@telkomsa.net barnitoklaasen@telkomsa.net

Friday, January 28, 2022


WITZENBERG HERALD

LAERSKOOL F.D. Conradie se nuwe personeel. AGTER: Liana Bester, Sanet Anger, Marius Scheepers, Dané de Klerk en Carine Alberts. VOOR: Suné du Plessis en Rumandi van der Westhuizen.

Nuwe graad eens by FDC LAERSKOOL F.D. Conradie se nuwe graad eens saam met juffrou Anja Erasmus en klasassistent, Suhanra Brand.

nuusbrokkies WOLSELEY GPF hou ‘n algemene jaarvergadering op 1 Februarie 2022 om 10:00 in die N.G. kerksaal in Voortrekkerstraat, Wolseley. Alle belangstellendes is welkom. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor bied ‘n worsrolletjie (met lekker smoor) verkope aan op Saterdag 29 Januarie in Noordhoekstraat 826. Dit sal beskikbaar wees vanaf 12:00 teen R20 per worsrolletjie. Vir navrae skakel Julius Julies by 083-7265866. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. VRIENDE van die Togryers museum is opgewonde oor die nuwe status wat hul nou beklee. Die organisasie is amptelik as ‘n niewinsgewende organisasie geregistreer en sal ‘n artikel 18 kan uitreik, wat beteken dat indien jy ‘n donasie gee, jy dit kan terugeis van belasting. Die Vriende organisasie is ook geregistreer by Erfenis Wes-Kaap as konserveringsliggaam. WOLSELEY GPF hou ‘n algemene jaarvergadering op 1 Februarie 2022 om 10:00.

Friday, January 28, 2022

7

Inwoners moet versigtig wees DIE sterftesyfer van inwoners wat die afgelope week aan COVID-19 gesterf het, het skerp toegeneem in die Witzenbergstreek. Uit weeklikse statistieke blyk die rede vir die skerp styging kan toegeskryf word aan die vertraging van aanmelding en rapportering. Die departement van gesondheid het Witzenberg inwoners weer versoek om inenting teen CV-19 ‘n prioriteit te maak om lewens te spaar. Meer as 2600 mense het die afgelope twee jaar weens die virus in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit gesterf. Dinsdag 25 Januarie was die 669ste dag van inperking. Sedert die begin van die pandemie is 9050 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8592 herstel het. Statistieke Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2092 gevolg deur Bella Vista met 1350, Wolseley met 1177, P.A. Hamlet met 1219, Tulbagh met 1118, Nduli met 609 en Koue Bokkeveld plase met 728. Drie honderd een en negentig (391) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Die afgelope week het 18 persone in die streek gesterf waarvan vier op Wolseley en drie elk op P.A. Hamlet en in Nduli. Ceres se getal sterftes is steeds 76 gevolg deur Wolseley met 63, Bella Vista met 59, Tulbagh met 50, P.A. Hamlet met 47, Nduli met 33 en Koue Bokkeveld plase met 29. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 425 (25 Januarie). Daar is al 642 647 positiewe gevalle aangemeld en 609 522 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 3.418 miljoen mense al herstel. Meer as 94 397 mense (25 Januarie) het al weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 95.3%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het na 8.82% gedaal.


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, January 28, 2022

Witzenberg Herald

CERES Ope se beste vier spelers. VLNR Ian Jacobs (vierde), Leroux Ferreira (2022 kampioen), Clemmy de Bruin (tweede) en Tom Joubert (derde).

Leroux wen Ope

CERES krieketklub het Saterdag 22 Januarie hul 50 boulbeurt wedstryd teen Peoples van Paarl gewen op ‘n snikhete dag. Seraldo Poole het uitgeblink met die kolf en 33 lopies aangeteken.

THE Momentum Medical Scheme Tankwa Trek, presented by Biogen, will be refreshing its route for the 2022 edition from 3-6 February. Stages 1 and 4 change entirely while Stage 2 will be significantly updated and Stage 3 received some minor tweaks to improve its flow. Since the inaugural edition in 2013 the Momentum Medical Scheme Tankwa Trek, presented by Biogen, has forged a reputation for its superb route. Filled with singletracks, challenging climbs and thrilling descents the four-day, UCI, stage race is a mountain bikers’ mountain bike race. An event which demands skill and fitness in equal measures.

VISVANG KOMPETISIE

Inskrywingsfooi: R150 per stok Spanne: R500 per span van 5 lede Inskrywing begin: 06:00 - 07:00 Visvangtyd: 07:30 - 18:00

29 Januarie 2022

Daytona dam (Raymond Koopstad) 1ste PRYS R1 500 - Grootste vis 2de PRYS R1 000 - Swaarste sak 3de PRYS 2 BOTTELS WHISKEY - Geesvang

DAAR SAL TOEBROODJIES, KOFFIE, WORSROLLETJIES EN KOELDRANK TE KOOP WEES

Vir kaartjies skakel Sheryl by ☎ (023) 312-3935 (k/u) admin@witzenbergapd.org.za

afdeling (voorgee 19-36). Spelers ouer as 50, kan karretjies bespreek. Die nuwe formaat behels dat spelers in die A-afdeling 36 putjies sal speel op Saterdag en 18 putjies op Sondag om die Ceres klubkampioen vir 2022 te kroon. Spelers in die B- en C-afdelings, sal 18 putjies per dag speel. Die prysuitdeling sal na afloop van spel op die Sondagmiddag, plaasvind op die 18de setperk. Indien daar genoegsame belangstelling is in die nuwe formaat, word daar ook op Vrydag 4 Maart ‘n 6-putjie syfer 3 kompetisie vir spelers beplan.

DIE Ceres Ope, een van die gewildstes op die WesKaap gholfkalender, is Saterdag 22 Januarie op Ceres gholfbaan oor 36 putjies aangebied. Vyftig van die Wes-Kaap se top amateurs was hier in aksie en het sake in hoë temperature uitgespook. Leroux Ferreira van Ceres het met skittertellings van 64 en 68 houe (132), die kompetisie met ses houe gewen. Leroux was in 2021 en 2020, die naaswenner. Clemmy de Bruin van Ceres was in die tweede plek met 138 houe (68 en 70). Tom Joubert van Stellenbosch gholfklub was in die derde plek met 141 houe (70 en 71) en Ian Jacobs van Stellenbosch gholfklub was vierde met 142 houe (75 en 67). Clive Williams was die senior wenner. Die dag het 14 arende (2-onder) opgelewer. Lourens Strydom van Ceres gholfklub was in die gesamentlike 18de plek met +6 en Vince Hewitt in die gesamentlike 33ste plek met +9. Junior ope Die Ceres junior ope het Sondag 23 Januarie plaasgevind. Dylan Kayne (67) van Pearl Valley het die junior ope gewen. Hennie de Villiers, ook van Pearl Valley was tweede met 70 houe. Ineke Brynard van De Zalze het die meisies afdeling gewen. Zandré Robberts van Devonvale gholfklub was die o/15 wenner en Booye Walters van Bellville was die o/13 wenner. Die juniors het 18 putjies houespel gespeel met 61 deelnemers. Klubkampioenskappe 2022 Vanjaar se Ceres klubkampioenskappe vind plaas oor die naweek van 5 en 6 Maart. Die klub wil vanjaar ‘n nuwe formaat op die proef stel nadat daar in vorige jare slegs ‘n beperkte hoeveelheid spelers kon speel. Spelers sal meeding in die A-afdeling (voorgee 0-9), B-afdeling (voorgee 10-18) en C-

LEROUX Ferreira van Ceres het met skittertellings van 64 en 68 houe, die toernooi met ses houe gewen.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH Remotely access your CCTV system and view live images CCTV CAMERAS on your mobile, tablet and computer. WE OFFER OFFER: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems

· · · ·

Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS 023 1000 515 | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 066 205 3312 * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. info@jptek.co.za Product images may vary.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.