Witzenberg Herald Vol.27 no.3 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 3

R 10

Friday, 26 January 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 25 Januarie

Vrydag 26 Januarie

Saterdag 27 Januarie

Sondag 28 Januarie

20° 39°

17° 33°

15° 35°

18° 34°

Ons het verhuis

CERES KOEKEDOUW DAM

84,4% TULBAGH DAM

66%

HARMONIEGEBOU

WAVERENSKROON TULBAGH

Voortrekkerstraat 17D, Ceres (oorkant Charlie Hofmeyr A-hokkieveld)

60,5%

Lesings geneem: 2024/01/24

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Werklose man (40) in hof

DIE Witzenberg brand en redding is die afgelope maand verskeie kere na brande in Michellspas en Kluitjieskraal uitgeroep. Die streek is midde in die brandseisoen terwyl droeë en warm toestande heers. Op Vrydag 19 Januarie het fynbos plantegroei naby die eerste uitkykpunt in Michellspas gebrand. Op Maandag 22 Januarie het ‘n groot brand in die Kluitjieskraal omgewing begin. Brandweerdienste van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en grondspanne van NCC en CapeNature het deur die nag probeer om die brand te blus. Dinsdag 23 Januarie het hulle steeds gespook om die brand onder beheer te bring. Sterk wind, digte rook en moeilike terrein het brandbestryders se werk bemoeilik. Die brand het na Voëlvleidam se rigting beweeg. Teen laatmiddag het die brand in ontoeganklike dele bokant Kluitjieskraal gewoed. Meer as 6 000 hektaar is deur die brand geraak. * Tussen 1 Desember en 24 Januarie 2024 het die nooddienste 207 oproepe ontvang. Hiervan was 67 vir veld- of bergbrande. Vir die ooreenstemmende tyd van 1 Desember 2022 tot 31 Januarie 2023 het die nooddienste 150 oproepe ontvang. Hiervan was 54 vir veld- of bergbrande.

‘n WERKLOSE man (40) moet weer einde Januarie in die hof verskyn op ‘n verkragtingsklag. Die inwoner van Wolseley word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind. Die man is gearresteer en ‘n tyd lank aangehou. Borgtog is later aan hom toegestaan en is hy vrygelaat op streng voorwaardes. Die saak is na 30 Januarie uitgestel vir verdere ondersoek. *Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.

Vier mans vas na polisie wapen in BMW 7-reeks kry wapen moontlik oor landsgrense gesmokkel is. Die vier mans van Blue Downs naby Kaapstad is gearresteer en bly tans in aanhouding. Die bestuurder en eienaar van die BMW, Zukisa Cetywayo (27), het Maandag 22 Januarie saam met William James (41), Wesley

met vier insittendes voorgekeer en deursoek. Tydens die deursoeking is ‘n 9mm Heckler en Koch-pistool met 13 patrone in ‘n rugsak in die motor gekry. Met nadere ondersoek is gevind dat die wapen nêrens in Suid-Afrika geregistreer is nie wat die vermoede laat ontstaan het dat die

VIER mans is verlede naweek tydens ‘n roetine padblokkade gearresteer vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Ceres SAPD het Saterdagaand 13 Januarie ‘n padblokkade in Vosstraat naby die veearts opgerig. Omstreeks 00:45 is ‘n swart 7-reeks BMW

Adams (26) en Richmont Abrahams (28), in die Ceres landdroshof verskyn. Uitgestel Die saak is na 21 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. Die mans bly in aanhouding.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 25 - 28 JANUARIE 2024 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

Plain Beef burger and chips SERVING SUGGESTION

26 Bulk lean Mince

79

99

p/kg

p/kg

99 p/kg

Tastic rice 2kg

7kg Aartappels, 750g Wortels, 1kg Uie, Heel Kool

GROENTE COMBO

110

00

each

each

2800

2999 89 3699 each

5999 each

each

Wild Africa Premium Cream (all variants) Liqueur 750ml

TWO FOR

99

each

12999

Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

Kellogg’s Corn Flakes 1kg Fair Cape 2L Milk

All Gold Tomato Sauce 700ml

2999

Britos smoked Cheese russian

Belgravia London Dry Blackberry or Pink Gin 750ml

4499

p/kg

each

p/kg

each

each

5999

3499

99

6999

each

each

Bulk Chicken braai packs

59

1699

9999

each

Twinsaver Luxury 2-ply toilet rolls 9’s

Joko tagless teabags 100’s

Parmalat Cheese 800g

18999

Bulk Beef tenderised Steak

Lamb bulk braai chops

139

Spar IQF mixed Spar Bacon 200g Chicken portions 5kg

9999

00

Panini’s (4’s)

each

Spar UHT Milk Full Cream, Low Fat and Fat Free 6 x 1L

99 114 00

BUY 2 FOR

145

each

Castle Lite Handies 6 x 330ml NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2 l WITZENBERG HERALD l 26 JANUARY 2024

CERES Haweloses het in samewerking met die NG Ceres Moedergemeente ‘n kersete op 17 Desember aangebied. Die kersete is in die VGK diensentrum gehou en was ‘n groot sukses. Die groep bedank almal wat gehelp en bygedra het asook Bertus Reitz wat gesorg het vir die musiek. Die haweloses het ook ‘n opvoering gehou.

079 033 6754

www.treemonkeys.co.za

Eerste Parkrun van die jaar

FOR THE LOVE OF TREES!

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T21161/2020 passed by: 1) WILLEM ISAAC CILLIE Identity number 530517 5003 084 Married out of community of property 2) MARIUS HERMAN FOURIE Identity number 550524 5086 080 Unmarried

DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het einde verlede jaar ‘n suksesvolle graad 7 kamp aangebied. Veertig graad 7 leerders het van 6-8 Desember die Waterval-terrein besoek. Die leerders het die kamp vreeslik geniet. “Dankie aan elke plaas wat dit moontlik gemaak het vir ‘n kind om te gaan kamp. Dankie ook aan Tandfontein wat die vervoer vir die leerders geborg het”.

SATERDAG 20 Januarie is die 192ste Parkrun op Ceres aangebied.109 Stappers en drawwers het deelgeneem, waarvan 20 vir die eerste keer. * Bietjie geskiedenis: Ceres Parkrun het op 14 April 2018 hul eerste byeenkoms aangebied, Sherwin Jooste se tyd van 16:15 in 2019 is steeds die beste en die vrouerekord word deur Almé Jordaan (18:45) gehou.

in favour of: PAUL WILLEM MARE Identity number 570425 5049 084 and HANNELI MARE Identity number 610113 0007 081

Married in community of property to each other

in respect of certain: Erf 276, Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice. DATED at TULBAGH on 17 JANUARY 2024 APPLICANT: HANNELI MARE c/o Johan Bezuidenhout Attorney 15 Van der Stel Street, Tulbagh, 6820 E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 230-1050/1

DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het van 19-21 Januarie ‘n GOB Kamp by die Boontjiesrivier kampterrein aangebied. Die leersame kamp is vir 51 gemeenskapsleiers van Witzenberg plase aangebied. “Dankie aan elke plaas en elke GOB wat die kamp bygewoon het”.

HOËRSKOOL CHARLIE HOFMEYR

Baie geluk aan ons matrieks met uitstekende uitslae! A-gemiddelde: 9 Kandidate Bo 75%: 14 Kandidate

3 Kandidate met 7 A-simbole 1 Kandidaat met 6 A-simbole 4 Kandidate met 5 A-simbole 1 Kandidaat met 4 A-simbole 4 Kandidate met 3 A-simbole 9 Kandidate met 2 A-simbole 19 Kandidate met 1 A-simbole Die klas spog met ‘n 100 vak A-simbole in totaal

Daniél Conradie (92.8%)

Cecile Steyn (87.7%)

Jani Wessels (87.3%)

Brigitta Klaasen (83%)

Lua Brand (82.8%)

Eric Moreland (82.8%)

Pieter de Villiers (81.8%)

Anneli Hanekom (80.7%)

Alicia van Zyl (80.2%)

Juan Marais (78.5%)

Conre Klaasen (75.8%)

Dieudonnee Daniels (75.2%)

Elizabeth Hendrikz (75.2%)

Ryk van Velden (75%)


26 JANUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

Man (63) met mes gesteek na woordewisseling

DIE Wolseley polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur nadat die bestuurder van dié Toyota, Christopher Malinda, beheer verloor en teen ‘n boom gebots het. Volgens die polisie het die ongeluk Sondag 14 Januarie omstreeks 03:00 naby die lekkergoedfabriek plaasgevind. Malinda is nie beseer nie. Hy beweer twee voetgangers het met ‘n hond oor die pad gestap waarna hy uitgeswaai en teen die boom gebots het.

‘n BEJAARDE inwoner van P.A. Hamlet is dood nadat hy met ‘n mes gesteek is. Volgens die polisie het die voorval op Sondag 14 Januarie omstreeks 07:45 plaasgevind toe die 63-jarige Piet Boer, vir Mihle Dudumayo (27) gekonfronteer het oor hy teen sy woning se heining urineer. Dudumayo het saam met vriende op die sypaadjie gedrink. Nadat hy aangespreek is het daar ‘n stryery ontstaan. Dudumayo het ‘n Okapi mes uitgepluk en Boer verskeie kere met die mes gesteek. Hy het ook Boer se twee honde met die mes gesteek. Boer is op die toneel dood waarna die polisie ontbied is. Dudumayo is op die toneel gearresteer en het verlede Dinsdag en Maandag 23 Januarie in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 24 Januarie uitgestel.

Twee mans wat van ontvoering en roof aangekla word, se saak word uitgestel TWEE mans van Ceres wat van ontvoering en roof aangekla word, se saak is na Maartmaand uitgestel. Die twee, Enrico Bosman (43) en Wandise Silwanyana (21), is op 4 Januarie deur lede van die Ceres speurtak gearresteer. Die voorval het einde Desember naby die Deelville-plaas by Bella Vista plaasgevind. Die twee mans het na bewering die aand van 3 Januarie en oggend van 4 Januarie, ‘n paartjie in die Ceres natuurtuin oorval waar hulle in ‘n Toyota Etios gesit het. Die 35-jarige man is met skoenveters vasgebind en agter in die kattebak gelaai. Die twee mans het daarna met die 25-jarige meisie, wat ook met veters vasgebind was, na Michellspas gery. Hulle het later op Ceres en P.A. Hamlet by OTM’s gestop en probeer geld trek uit die slagoffers se rekening voordat hulle na Gydopas gery het. In Gydopas het die voertuig gestop en die man kon daarin slaag om hom los te wikkel.

‘n Struweling het tussen hom en die verdagtes plaasgevind voordat die twee mans in die motor gespring en weggejaag het. Die paartjie het daarna na Hamlet gestap waar hulle ‘n polisievoertuig voorgekeer en hulp gevra het. Ondersoek Polisielede het na die voertuig begin soek en is dit later op die Eselfonteinpad opgemerk. Die eerste verdagte, Bosman, is kort na die voorval gearresteer. Silwanyana is later dieselfde dag vasgetrek. Hofverskyning Die mans verskyn in die Ceres landdroshof op klagtes van gewapende roof en ontvoering. Verdere klagtes kan later deur die polisie bygevoeg word. Die saak is na 18 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Waarsku Die polisie waarsku weer inwoners om nie op afgeleë, stil en donker plekke te stop nie.

Nuwe sake

Klipgooier in hof

INWONERS van Pine Valley woonbuurt buite Wolseley is die afgelope paar maande besig om die plaveisel-voetpaadjie tussen die woonbuurt en die stasiebrug, stuk-stuk weg te dra. Indien inwoners sien wie die skuldiges is, moet dit by die nooddienste aangemeld word en daar moet vir ‘n verwysingsnommer gevra word.

‘n KLIPGOOIER wat die afgelope paar maande inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die Koekedouwdam se ingang met klippe gegooi het, is onlangs deur Ceres polisie gearresteer. Christopher van Schalkwyk (35) van Klein Pruise is gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners. Hy staan ook op ‘n diefstalklag tereg. Dié twee sake teen hom is na 6 Februarie uitgestel. Die ander sake teen hom kan later saamgevoeg word saam met die nuutste klagtes.

Twee sterf in ongeluk, statistieke bekommer regering TWEE plaaswerkers van Rocklands in die Koue Bokkeveld is dood en die bestuurder ernstig beseer in ‘n ongeluk op Saterdag 13 Januarie. Die bestuurder, Luyandile Nciamile, het omstreeks 20:00 op die R355 grondpad naby Sneeukop-plaas, beheer oor sy wit Opel Kadet verloor en teen ‘n groot rots gebots. ‘n Passasier, Mzwandile Mcingane, is op die toneel dood terwyl ‘n tweede insittende, Khothatso Mohadiode, met ‘n ambulans na die Ceres hospitaal gehaas waar hy Sondag gesterf het. Nciamile is tans in Tygerberg hospitaal in ‘n stabiele toestand. * Tussen 1 Desember en 11 Januarie het 164 mense hulle lewens op Wes-Kaap paaie verloor. Byna 50% hiervan was voetgangers wat gesterf het - 14 verlede week. Naas die voetganger-sterftes, is meer as 580 bestuurders gearresteer wat onder die invloed van alkohol bestuur het en 64 is gearresteer vir roekelose en/of nalatige bestuur. Meer as 90 000 boetes is uitgereik, meer as 271 000 voertuie is gedurende die tydperk deursoek en 13 781 boetes is uitgereik vir veiligheidsgordel-oortredings.


4 l WITZENBERG HERALD l 26 JANUARY 2024

Matrieks vier uitslae DIE nasionale seniorsertifikaat-eksamen uitslae van Witzenberg skole is verlede week bekend gemaak. Die Wes-Kaap het vanjaar slegs vyfde in die land geindig met ‘n slaagsyfer van 81.54%. Die slaagsyfer het verbeter van die 81.4% van 2022. Vier uit elke 10 leerders het met matriekvrystelling geslaag. Die nasionale onderwysdepartement is baie bekommerd oor die druipsyfer van graad 11’s en die grootste druipsyfer per graad kom voor in graad 11. Uit die 1.2 miljoen leerders wat in 2012 met graad 1 begin het, was daar in 2022 altesaam 928 050 in graad 11 en in 2023 was daar slegs 740 566 leerders in matriek. Charlie Hofmeyr spog met 14 kandidate wat 75% en hoër behaal het. Die skool se top vyf presteerders is Daniél Conradie met 92,8%, Cecile Steyn met 87,7%, Jani Wessels met 87,3%, Brigitta Klaasen met 83% en Lua Brand en Eric Moreland met 82,8%. Charlies spog ook met ‘n 100 vak A-simbole. Tulbagh Hoërskool het met 33.3% verbeter op die uitslae van 2022. Die skool se slaagsyfer was 68.8%. Die top 3 leerders was Rozell van der Horst met 78%, Ruwayda Abdullah met 69,5% en Aruschka Petersen met 68%. Bella Vista hoërskool se top 3 presteeders was Francois Jacobs met 80,7%, Davidene Muller met 72,85% en Claudia Krotz met 72,71%. Die slaagsyfer was 57,2%.

DIE nasionale seniorsertifikaat-eksamen uitslae van Witzenberg skole is verlede week bekend gemaak. Duisende matrieks van oor die provinsie het Vrydag 19 Januarie hul uitslae by die skole afgehaal. Hier is ‘n groep uitbundige Charlie-leerders kort nadat hulle hul uitslae ontvang het.

CONGRA TULA TIONS TTO O CONGRATULA TULATIONS THE CLASS OF 2023 We are proud of your achievements and wish you well with your future endeavours.

BAIE GELUK AAN DIE KLAS VAN 2023

Ons is trots op jou prestasies en wens jou sterkte toe met jou toekomstige pogings.

As we stand at the beginning of 2024, I would like to wish everyone a blessed and prosperous year ahead. New start, new goals, new adventures, new things. May you achieve all you set out to do and so much more this year. Council is back from recess, and Administration is ready to service our community best we can. Welcome back to school to all the learners and teaching staff. We wish you a successful academic year. To all those returning to work after a welldeserved break, may you have a positive attitude and fruitful work year. We all have so much to be grateful for. Always try to see the positive in everything!

Trevor Abrahams Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor USodolophu oLawulayo

Welkom terug by die skool aan al die leerders en onderwyspersoneel. Ons wens u ‘n suksesvolle akademiese jaar toe. Aan almal wat na ‘n welverdiende pouse terugkeer werk toe, mag julle ‘n positiewe gesindheid en vrugbare werksjaar hê. Ons het almal soveel om voor dankbaar te wees. Probeer altyd die positiewe in alles raaksien!

☎ 023 316 2328/9 www.witzenberg.gov.za

CHARLIE Hofmeyr se top 3 presteerders is Daniél Conradie met 92,8%, Cecile Steyn met 87,7%, Jani Wessels met 87,3%.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

APPRENTICESHIPS 2024 MECHANICAL FITTING

Soos ons aan die begin van 2024 staan, wil ek graag vir almal ‘n geseënde en voorspoedige jaar toewens. Nuwe begin, nuwe doelwitte, nuwe avonture, nuwe dinge. Mag jy alles bereik wat jy beplan het om te doen en soveel meer hierdie jaar. Die Raad is terug van reses, en Administrasie is gereed om ons gemeenskap die beste te dien wat ons kan.

24 HOUR CONTROL ROOM

FRANCOIS Jacobs - Bella Vista hoërskool.

TULBAGH hoërskool se top 3 leerders was Rozell van der Horst met 78%, Ruwayda Abdullah met 69,5% en Aruschka Petersen met 68%.

The Apprenticeship Programme provides candidates with access to classroom and on-the-job training that will enable them to acquire knowledge and expertise in the chosen trade, as well as, obtain a trade certificate after the successful completion of their trade test. The Apprenticeship includes Training related cost, Personal Protective Equipment, Payment of Institutional Training, On-site Personal Insurance, as well as, a monthly stipend. Permanent employment on completion of trade test is not guaranteed. Duties and responsibilities: • Commit to and successfully complete the apprenticeship as required • Ensure a healthy and safe work environment • Adhere to all health, safety, and environmental policies and legislation • Achieve trade based technical competencies • Comply with contractual training agreement Minimum requirements: • Engineering: Fitting & Turning trade Theory Level 1& 2 / Minimum of a Grade 12 Qualification with English, Mathematics and Science • Applicable trade theory and an additional trade related technical subject would be advantageous • A team player who can also work independently • Driven, highly self-motivated • An agile thinker with excellent problem-solving skills • Great attention to detail and an aptitude for engineering CV’s can be forwarded to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd P.O. Box 366, Ceres, 6835 or e-mail to: dlintnaar@cfp.co.za Closing date for applications: 12 February 2024 Preference will be given to candidates from previously disadvantaged communities and/or belonging to designated groups.


26 JANUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

LAERSKOOL F.D. Conradie verwelkom nie net hulle graad 1 leerders nie, maar ook drie nuwe personeellede wat by hulle aangesluit het. VLNR: Marga Huddlestone, Hannamari Mouton en Fabian Fredericks.

SKOLE in die Wes-Kaap het verlede Woensdag geopen. Die WKOD en die departement van mobiliteit het op 17 en 18 Januarie verskeie punte besoek vanwaar leerders vervoer word. Die persoon wat leerders vervoer moet oor ‘n geldige operateurspermit beskik. Daar is sover 1500 lisensies in die Wes-Kaap uitgereik. Kinders mag ook nie deur permithouers agterop bakkies of in afleweringsvoeruie vervoer word nie.

THE HAVEN BELIEVES NO ONE SHOULD HAVE TO LIVE ON THE STREETS

THE HAVEN BELIEVES NO ONE SHOULD HAVE TO LIVE ON THE STREETS SOCIALWORKER: THE HAVEN NIGHT SHELTER - CERES

SOCIAL AUXILIARY WORKER: THE HAVEN NIGHT SHELTER - CERES

Laerskool Koue Bokkeveld verwelkom graad eens LAERSKOOL Koue Bokkeveld is baie opgewonde oor die nuwe graad eens wat vanjaar by hulle aangesluit het!

The Haven Night Shelter Organisation (www.haven.org.za), a non-governmental organisation working to help the homeless back to a home, family & community, requires the services of Social Auxiliary Workers for The Haven Night Shelter Ceres. The Haven Night Shelter Organisation’s method is to offer social work services, rehabilitation opportunities, family reunification services, physical care and support available to adult people living on the streets who are committed to reintegration. The Social Auxiliary Workers are for the betterment of the lives of the people we serve (Homeless People). Effective functioning of the social work aspect is pivotal to the success of our organization. The main task is to consult with residents and provide social services to them. Minimum duties: The Social Auxiliary Workers will be responsible for the initial intake of clients including their safety and care, Casework and Client Representation, The Annual Social Work Service Delivery Plan & Reports, Group and Community Work, Pension and General Administration, Shelter and Staff, Public Relations. Minimum requirements: Code 08 drivers’ licence, Social Auxiliary Work Certificate, Ability to interact with clients from different cultures and religions, manage conflict situations, Basic level of computer literacy - MS Office, MS Excel and Outlook, Ability to work as a team player, no criminal record, be in good health and experience in the NGO sector will be an advantage. Closing date: 2 February 2024 Basic salary: R7 000 per month Please send 2 page CV and motivational letter to: recruitment@haven.org.za quoting “Social Auxiliary Worker Haven - Ceres Shelter” in the subject line. Please note if all the relevant documentation (CV or motivational letter) is not attach to your application, it will not be considered. If you don’t receive a response from us within 2 weeks of closing date, please consider your application as unsuccessful. THE HAVEN NIGHT SHELTER WELFARE ORGANISATION IS AN EQUAL OPPORTUNITY EMPLOYER.

The Haven Night Shelter Welfare Organisation (www.haven.org.za), a non governmental organisation working to help the homeless back to a home, family and community, require a Social Worker for The Haven - Ceres Shelter. Please note that the post is based at the Haven Ceres and renders social work services to 48 clients at any one time. The Haven Night Shelter Organisation exists to help adult homelessness end their homelessness. Our method is to offer social work services, rehabilitation opportunities, family reunification services, physical care and support available to adult people living on the streets who are committed to reintegration. We do not enable people to live on the street. All services on offer are delivered at the Haven - Ceres premises. The Social Worker will be responsible for all social work services & the development of and monitoring of PDP’s and Exit plans for all clients. The Social Worker will report to the Shelter Manager. Minimum requirements: • Qualified Social Worker registered with SACSSP in South Africa • Code B drivers licence essential (non-negotiable) • Successful candidate will need to match The Shelter Manager’s work programme • Experience in protecting client information, is a prerequisite • Efficient development and management of Personal Development and Exit Plans • Experience in scheduling reviews, including the reviews of the exit date • Ability to present group work within 3 weeks of taking over. Starting with at least 10 hours of group work per week • No criminal record • Ability to work well with people as a team • Computer literacy - MS Outlook, MS Word and Excel • Ability to work under minimal supervision • Fluency in English, a 2nd language would be beneficial • Experience in the NGO sector will be advantages. Closing date: 2 February 2024 Basic salary: R15 300 per month Job type: Permanent Please send 2 page CV and motiva-tional letter to: recruitment@haven.org.za quoting “Social Worker Haven - Ceres Shelter” in the subject line. Please note if all the relevant documentation (CV or motivational letter) is not attach to your application, it will not be considered. If you don’t receive a response from us within 2 weeks of closing date, please consider your application as unsuccessful. THE HAVEN NIGHT SHELTER WELFARE ORGANISATION IS AN EQUAL OPPORTUNITY EMPLOYER.


6 l WITZENBERG HERALD l 26 JANUARY 2024

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Begrafnisdiens: Sat. 27 Jan. 2024

Huis: 09:30, Hillside Fruit Farm, Warm Bokkeveld Kerk: 11:00, VGK Bella Vista, Bella Vista Privaat Verassing

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bradley Baron

1987/09/21 - 2024/01/22 Roudiens: Do. 25/01/2024 om 19:00, Gousblomstr. 1824, Fase 5, PA Hamlet

Begrafnisdiens: Sat. 27 Jan. 2024

Huis: 09:00, Gousblomstr. 1824, Fase 5, PA Hamlet Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Lani 064-762-3642

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

1951/10/06 - 2024/01/19 Begrafnisdiens: Sat. 27 Jan. 2024

Huis: 08:00, Erikastr. 371, BV Kerk: 09:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

RESCUES UP FOR ADOPTION

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422

crazypistonsct@gmail.com

DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

R30 per bondel PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414

(023) 316-2021

GRATIS

c/o Vos- & Faure Street 83

nuusbrokkies

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Karel Johannes van Wyk

Roudiens: Do. 25/01/2024 om 19:00, Melkhoutstr. 21, BV

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

Deon het sy Engel vlerke ontvang op die 23ste Desember 2023. Privaat verassing.

Boland Roll on Lawn

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550 vir enige verdere navrae. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop van klaviere. Ons diens alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Leah Saria du Plessis

1971/07/17 - 2024/01/19

Bondels koerante te koop

BELLA Vista Crusaders kersfeeskoor bied ‘n worsrolletjie verkoping aan op Vrydag 26 Januarie by Magnoliastraat 106, Bella Vista (huis van Bambe). Die worsrolletjies is beskikbaar teen R25 elk en kan vanaf 17:00 afgehaal word. Vir verder inligting skakel die voorsitter Julius by 083-726-5866. BELLA Vista rugbyklub se bestuurspan vir 2024: Voorsitter: Pieter Klazen Ondervoorsitter: Hannes Steyn Sekretaresse: Joycelyn Huyser Hulp-sekretaresse: Charlotte Mckenzie Tesourier: Wilfred Seroot Hulp-tesourier: Danzille Angle Wedstrydsekretaris: Alan Seroot Skakelbeampte: John Nicol Adams Mediabeampte: Meagan Lukas Trustee: Dawid Van Der Merwe Addisionele lede: Veronique Lintnaar, Quenten Segels, Pat Lambert en Cornelius Ludick. YOUNG Good Hope rugbyklub se oefeninge het in alle erns begin onder die nuwe afrigtingspan van Andrew Minnaar, Hennie Boer, Toy Jordaan en André Hofmeester. Die eerste vriendskaplike wedstryd vind plaas op 3 Februarie teen Black Arrows, Eselfontein (tuis Bella Vista sportgronde). Die ander wedstryde is as volg: 10 Februarie vs Touwpark (weg), 17 Februarie teen Mountain Stars van De Doorns (tuis). Almal is welkom om oefeninge te kom bywoon op Maandae en Woensdae op die Bella Vista sportgronde. Vir enige navrae skakel Gays Davids by 079135-6757 of Frans Lintnaar by 062-096-8078. PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29 - 31 Maart op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com

Whatsapp die woord

HERALD gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003 Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Besigheidsure: Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Luk. 2 :10 “Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.

Evangelis Jacobs

Currently at the shelter

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za

All adoptions are subject to home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be pre-arranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

SHEILA (Female) Born 15/01/2023

COCO (Female) Born 01/12/2023

RUSTY (Male) Born 28/11/2023

LEXI (Female) Born 20/02/2023

MOLLIE (Female) Born May 2022

TIEKIE (Female) Born 15/05/2023

WIGGLES (Male) Born Feb. 2023


26 JANUARY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7

Charlies klop D.F. Malan met 6 paaltjies CHARLIE Hofmeyr se o/19 A en o/15 krieketspanne het goeie oorwinnings oor Hoërskool DF Malan behaal. Die o/19’s (foto bo) wen met 6 paaltjies. Luan Giliomee teken 64 lopies aan en Keahan Alexander neem 4 paaltjies. *Die o/15 A’s wen met 162 lopies. Daniel Kukard teken 53 lopies aan en Dewald Scholtz en Theo van Rooyen neem elkeen 3 paaltjies.

CHARLIE Hofmeyr het verlede Woensdag ook hul nuwe Krappe (graad 8's) by die skool verwelkom. VLNR: Orli du Toit, Cara Nel en Anja du Toit.

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om gedeeltes van Erf 2622, Ceres (Gedeeltes I, J &G & Gedeelte H) soos per die aangehegte sketsplan, aan mnr. Michael van Schalkwyk en mnr. Jerome Adrian Januarie teen ‘n billike prys te verkoop, vir doeleindes van verpakkingsfasiliteite as ‘n Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelings inisiatief. Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 12 Februarie 2024 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na liza-mari@witzenberg.gov.za

Charlie Hofmeyr verwelkom nuwe personeel NUWE personeel het verlede week by Charlie Hofmeyr aangemeld. VLNR: David Anger (tonnelbestuurder), Johanna Swanepoel (aflos - rekenaartoepassingtegnologie), Mardi Hartman (landboubestuur), Jahne Flanagan (aflos - Afrikaans) en Joh-Mari Marais (Afrikaans). INLAS: Marianna Rhodes. * Marianna is by die twee skoolkoshuise as voedseldiensbestuurder aangestel, David is die tonnelbestuurder, Johanna en Jahne is aflos-onderwysers vir twee onderwysers wat met kraamverlof is. Johanna neem in Marilie Cillie se plek waar en Jahne neem waar in Chereze Bruwer se plek.

LAERSKOOL F.D. Conradie se graad 1 klas van 2024.

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell a portion of Erf 2622, Ceres, (Portions I, J & G & H) as per the annexed layout plan at a fair price to mr. Michael van Schalkwyk and mr. Jerome Adrian Januarie, for the purpose of packing shed facilities as a Local Economic Development initiative. If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of mrs. L. Nieuwenhuis at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail to liza-mari@witzenberg.gov.za on or before the 12 February 2024.


8 l WITZENBERG HERALD l 26 JANUARY 2024

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

CERES tennisklub het Saterdag 20 Januarie weer die Pietman Basson gemengde pare tennistoernooi aangebied. Ceres Superspar was weer die hoofborg en 39 spanne vanoor die WesKaap het sake uitgespook om die Van Dyk beker. Die toernooi is vir die eerste keer in 1965 aangebied. Eckhard Cloete en Adele de Vries (Gardens tennisklub) was die wenners van die A-afdeling. Gerrie Snyman (Ceres tennisklub) en Marni Thomas (Stellenbosch) was die naaswenners. VLNR: Juanita Koen (Ceres Superspar), Adele de Vries, Eckhard Cloete en Victor Hendrikz (Ceres tennisklub voorsitter). * Die klub bedank ook hul ander borge, komiteelede en die Basson-familie.

Witzenberg Herald

DIE Ceres Ope, een van die gewildstes op die Wes-Kaap gholfkalender, is Saterdag 20 Januarie op Ceres gholfbaan oor 36 putjies aangebied. Vyftig van die Wes-Kaap se top amateurs was hier in aksie. VLNR: Anton Pieters (derde), Wilco Hall (2024 kampioen) en Bosman de Villiers (naaswenner). * TynanVermeulen van Stellenbosch (foto links) is die 2024 Ceres Junior Ope kampioen. Hy het die toernooi met ‘n telling van 74 houe gewen.

Wilco wen Ceres Ope

DIE Ceres Ope, een van die gewildstes op die Wes-Kaap gholfkalender, is Saterdag 20 Januarie op Ceres gholfbaan oor 36 putjies aangebied. Vyftig van die Wes-Kaap se top amateurs was hier in aksie en het sake in hoë temperature en ‘n sterk wind uitgespook. Wilco Hall van Devonvale het die Saterdag die Ceres Ope met ‘n telling van 143 houe gewen. Bosman de Villiers van die Paarl was tweede, ook met 143 houe met Anton Pieters van die Paarl in die derde plek met 145 houe. Vincent Hewitt van Ceres gholfklub was gesamentlik vyfde met 146 houe. Die vroue-afdeling is deur Lee-ann van der Merwe van Langebaan met ‘n telling van 155 houe gewen. Ashley Huyseman van Durbanville was tweede met 159 houe en Kayla van der Merwe van Langebaan in die derde plek met 162 houe. Daar was 55 spelers wat deelgeneem het. Die Ceres junior ope het Sondag 21 Januarie plaas-

gevind. Tynan Vermeulen van Stellenbosch was die wenner met 74 houe. M v/d Toolen van Metropolitan was tweede met 75 houe een C. Couts van Hermanus derde met 76 houe. Die juniors het 18 putjies houespel gespeel met 61 deelnemers. Klubkampioenskappe 2024 Die Ceres klubkampioenskappe vind plaas op Saterdag 24 Februarie. Die klub het in 2022 en 2023 ‘n ander formaat op die proef gestel waar die A-afdeling oor 36 putjies op die Saterdag speel en 18 putjies op die Sondag terwyl die ander afdelings net 18 putjies oor twee dae speel. Vanjaar keer die klubkampioenskappe terug na die ou formaat van 36 putjies op een dag. Spelers sal meeding in die A-afdeling (voorgee 0-9), Bafdeling (voorgee 10-18) en C-afdeling (voorgee 19-36). Spelers ouer as 50, kan karretjies bespreek.

Wolseley wen T20-wedstryd met ses paaltjies CERES tennisklub het Saterdag 20 Januarie weer die Pietman Basson gemengde pare tennistoernooi aangebied. Anton Abrahamse en Arina Muller (Bottelary tennisklub) was die wenners van die B-afdeling. VLNR: Juanita Koen (Ceres Superspar), Anton Abrahamse, Arina Muller en Victor Hendrikz (Ceres tennisklub voorsitter). * Seamus Hennesy en Lindie (Gardens tennisklub) was die naaswenners.

BACKUP POWER SOLUTIONS call us for:

inverters batteries solar panels

WOLSELEY krieketklub het sy veldtog in die Kaapse Wynlande Wes T20-kompetisie op ‘n wennoot afgeskop toe hy Riebeek Warriors op Riebeek Kasteel met ses paaltjies geklop het. Die Warriors het eerste gekolf en 130/7 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Francois Roussouw met (53), Adrian Neethling met (24) en Chris Botha met (14)

het goed met die kolf gevaar. Vir Wolseley het Franklin Mars (3/18) en Ravel Prins (2/31) met die bal uitgeblink. Wolseley het 132/4 aangeteken met 6 paaltjies staande. Franklin Mars(43), Adiam Abrahams (41) en Rashied September (15) het flink met die kolf bygedra. Vir die Warriors het Adrian Neethling (2/36), Niel Andreas (1/18) en Francois Rossouw (1/35) goed met die bal vertoon.

We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 023 1000 515 info@jptek.co.za www.jptek.africa


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.