Witzenberg Herald Vol.23 no.25 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 25

R7.00

1L OF FUEL = 15C INSTANT CASH REWARDS

Friday, July 3, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 Julie

6° 17°

Vrydag 3 Julie

Saterdag 4 Julie

7° 19°

Sondag 5 Julie

7° 19°

6° 18°

MONDAY FRIDAY

Ceres Koekedouw dam

48,8%

08:30 - 17:00

SATURDAY

08:00 - 13:00 Lesing: 2020/07/01

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

49 Lyell Street, Ceres ☎ (023) 312-3578

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Twee jeugdiges vermoor man na argument ‘n MAN (35) van Bella Vista is verlede week vermoor deur ‘n groep jeugdiges. Volgens die polisie is Brandon Claasen verlede Woensdag 24 Junie omstreeks 19:20 vermoor terwyl hy met ‘n vriend gestaan en praat het. Die voorval het naby die wit kafee op die hoek van Limpopo- en Noordhoekstraat in Bella Vista plaasgevind. Ses seuns tussen die ouderdomme van 11 en 16 jaar oud, het van die winkel gestap en in ‘n argument met Brandon Claasen betrokke geraak. Twee van die seuns het hom

aangeval en elk een keer met ‘n mes gesteek. Die seuns het gevlug van die toneel. Claasen is op die toneel dood. Met die polisie se aankoms op die moordtoneel het omstanders inligting verskaf waarna vyf seuns gearresteer is. Drie is later vrygelaat. Hofverskyning Twee 16-jariges word van die moord aangekla en het Maandag 29 Junie vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 7 Julie uitgestel. Die twee is na ‘n plek van veiligheid by Clanwilliam gestuur.

Onderwysers en kinders se lewens is belangrik DIE onderwysers van Morrisdale primêr het Maandag in eerste pouse ‘n vreedsame plakaatbetoging voor die skoolgebou gehou. Dit was in solidariteit met twee plaaslike onderwysers van Nduli wat onlangs gesterf het aan COVID-19 asook ander onderwysers in die provinsie en die land. Lees berig op bladsy 3.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


2

WITZENBERG HERALD

HEINRICH Moses (29), ‘n onderwyser by Ceres Sekondêr en inwoner van Ceres, is vanjaar ‘n deelnemer in die Mnr. S.A. kompetisie. Dit is Heinrich se tweede jaar van skoolhou. Hy het ‘n groot liefde en passie om met kinders te werk en hul te motiveer om hul plek as betekenisvolle landsburgers vol te staan. “Ek het besluit om deel te neem omdat ek daaraan glo om myself te uit te daag. Ek glo in groei en groei geskied deur die onbekende aan te pak. Ek wil vir ander ‘n spieëlbeeld wees deur te bewys dat ‘n mens moet strewe om ‘n beter weergawe van jouself te wees. Daar is geen droom te groot om aan te pak nie en omdat ek van ‘n klein dorpie is wil ek vir ander ‘n voorbeeld wees om groter te droom. Die kompetisie bied my die geleentheid om jongmense te inspireer. Lesers kan stem soveel keer as wat hulle wil. Stuur jou sms: MRSA75 na 40439 @R2 per sms.

Kyk beter na diere CHAIN Boland Dieresorg vereniging is bitter bekommerd om die erge verwaarlosing van diere in die Witzenbergstreek tydens die inperktyd. Diere word verwaarloos en sterf weens brandsiek of honger omrede inwoners hul werk in die tyd verloor het en finansieël sukkel. Chain doen ‘n beroep op gemeenskap om beter na hul diere te kyk, nie met honde te teel wetend jy kan nie vir hulle sorg nie en van die begin af sterilisasie te oorweeg. * Donasies asook kat- en hondekos is welkom en kan dié verwaarloosde diere help. Vir enige navrae skakel vir Hazel by 072-609-1165. Die bankbesonderhede vir donasies is: CHAIN, FNB, Tulbagh, takkode: 250 655 en rek no: 627-3579-3194.

One Home One Garden campaign encourages households to start food production IN support of the Western Cape Department of Agriculture’s (WCDoA) One Home One Garden Campaign, Western Cape Minister of Agriculture, Dr. Ivan Meyer recently visited food gardens in Nduli and Bella Vista. According to Minister Meyer, every household needs to have a food garden as it will contribute towards the family’s food security. Food production units come in the form of a vegetable garden or a chicken house. The WCDoA has contributed to the establishment of over eighty household food gardens through the distribution of starter packs consisting of 150 vegetable seedlings, fertiliser and advice on production practices such as planting, tending and harvesting of vegetables.

WEES eerder veilig en beskerm lewens om jou. Indien jy weens COVID-19 in kwarantyn of isolasie moet gaan is dit soms veiliger vir jou familielede indien jy van die provinsie se kwarantyngeriewe gebruik maak. Veral as jou huis te klein is of daar woon te veel mense. Kyk na die groter prentjie - hou jou familie en mense rondom jou veilig en gesond. Een so persoon, is Marie Jantjies van die Witzenbergstreek. Sy het van die Dennebos-geriewe gebruik gemaak om haar 97-jarige ma en jong kinders, te beskerm. Haar boodskap aan diegene wat positief toets: aanvaar die uitslag, bly positief, isoleer jouself maar bly in aanraking met jou familie per foon.

ADVERTISING SPECIALS FOR JULY 2020 Times are tough and budgets tight - that’s exactly why we created these amazing deals! CLASSIFIEDS SPECIAL

¼ PAGE AD SPECIAL

ANY SIZE AD SPECIAL

Book any classified advert for 4 weeks and get 1 FREE ADVERT

Book a quarter page advert and get 1 FREE ADVERT T&C Apply

Book any size advert and get 25% DISCOUNT T&C Apply

Enquiries: erika@witzenbergherald.com

Friday, July 3, 2020

6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW TELL FRIENDS AND FAMILY FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ENGAGE WITH THEIR POSTS GIVE THEM A SHOUT OUT SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER

TOTAL

R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00

R0.00

******************************


WITZENBERG HERALD

3

Friday, July 3, 2020

Positiewe gevalle moet in isolasie bly DIE COVID-19 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek het dié week met meer as 30 toegeneem. Die sterftesyfer het met een geval gestyg tot 17. ‘n Groot bekommernis is die aktiewe en positiewe gevalle in die munisipalegebied wat in isolasie (positief getoets) en kwarantyn (kontak met iemand wat positief is of wag vir toetsuitslae) moet wees maar wat vrylik rondbeweeg. Die enigste manier om dit te keer is om die skuldiges te verkla. Statistieke Teen Dinsdag 30 Junie was daar 672 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 467 herstel met 188 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Die Witzenberg munisipaliteit asook die verkeersdepartement was verlede Donderdag en Vrydag gesluit na positiewe gevalle daar aangemeld is. Beide kantore het Maandag 29 Junie heropen. Die kantore was vir 48 uur gesluit sodat dit heeltemal ontsmet kan word volgens nasionale regulasies. By die hoofgebou in Voortrekkerstraat is een skoonmaker positief wat in aanranking was met vier mense. By die verkeersafdeling is twee positiewe gevalle. By die reinigingsafdeling is ook ‘n paar gevalle aangemeld. Die Ceres landdroshof was ook Vrydag gesluit nadat twee personeellede positief getoets het. Die hofgebou het Maandag 29 Junie weer oopgemaak na ‘n ontsmettingsproses. Nog een positiewe geval is die afgelope week by Nduli Primary school aangemeld met een van die onderwysers wat positief getoets het. Die skool is later weer deur WKOD ontsmet. Onderwysers met onderliggende siektes by al die skole in die Witzenbergstreek moet ook by die huis bly. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (177), Bella Vista (131), Ceres (120), Tulbagh (41), Wolseley (67), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (95), Koue Bokkeveld plase (4), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (2) en 2 gevalle buite Witzenberg. Ceres het nou 42 aktiewe gevalle, Bella Vista 43 gevalle, P.A. Hamlet 32 gevalle en Nduli 29 gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (10), 5-9 jaar (8), 10-19 jaar (49), 20-29

jaar (153), 30-39 jaar (168), 40-49 jaar (158), 50-59 jaar (89), 60-69 jaar (28), 70-79 jaar (8) en 80-89 jaar (5). Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap is nou 1824, daar is 62 157 positiewe gevalle en 44514 het volkome herstel. Daar is tans 322 pasiënte in ICU. Sewentien COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (P.A. Hamlet met 5 sterftes, Tulbagh en Bella Vista met 4 elk, Nduli 3 sterftes en Koue Bokkeveld met 1 sterfte). Openbare vervoer Die Wes-Kaap departement van vervoer is steeds bekommerd oor minibus taxis in die provinsie wat nie gehoor gee aan COVID-19 maatreëls nie en passasiers se lewens in gevaar stel. Passasiers kan dit anoniem aanmeld by *134*234#. Restaurante en haarkappers oop Die meeste restaurante in die Witzenbergstreek is vanaf Maandag oop vir aansit-etes. Een of twee restaurante het gesluit of verskuif na ‘n buurdorp. Al die restaurante moet voldoen aan COVID-19 maatreëls. Baie restaurante het net hul openingstye aangepas en kliënte kan net by hulle seker maak daaroor. Haarkappers en salonne is reeds vanaf verlede week oop vir besigheid.

Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.

ONDERWYSERS van Morrisdale primêr het Maandag in eerste pouse ‘n vreedsame plakaatbetoging voor die skoolgebou gehou.

Onderwysers bekommerd oor veiligheid DIE onderwysers van Morrisdale primêr het Maandag in eerste pouse ‘n vreedsame plakaatbetoging voor die skoolgebou gehou. Dit was in solidariteit met twee plaaslike onderwysers van Nduli wat onlangs gesterf het aan COVID-19 asook ander onderwysers in die provinsie en die land. Dié onderwysers vrees vir hulle en die kinders se lewens en wil die gemeenskap se aandag daarop vestig. Maandag 6 Julie keer die graad R’e sowel as graad 1-3, graad 6, 10 en 11 leerders terug skooltoe. Intussen is nog een positiewe geval by Nduli Primary school aangemeld met een van die onderwysers wat positief getoets het. Die skool is later weer deur WKOD ontsmet. Twee weke gelede was Charlie Hofmeyr ook vir ‘n dag gesluit na ‘n matriekleerder positief getoets het. Onderwysers met onderliggende siektes by al die skole in die Witzenbergstreek is weke gelede gevra om by die huis te bly. Verklaring Die nasionale minister van onderwys, Angie Motshega, het Maandag tydens ‘n parlementêre vraesessie gesê dat skole wat deur COVID-19 geraak word, met bestaande getal onderwysers moet klaarkom. Geen bykomende onderwysers gaan in die stadium ontplooi word ter wille van gesonde afstandhouding in klasse nie. Onderwysers gaan ook nie oortyd betaal word nie. Die nasionale onderwys departement sê 1169 personeellede en 523 leerders is positief getoets sedert skole heropen het. Die departement sê 775 skole is reeds deur COVID-19 geaffekteer. Modelle Daar is tans ‘n paar modelle om van te kies en wat by elke skool se unieke behoeftes moet pas. Van die modelle is sekere grade gaan in oggend skool terwyl ander grade in middag klas kry. Nog ‘n model is sekere grade gaan langer op een dag skool om die volgende dag af te wees waarna ‘n ander graad die volgende dag klas kry. Nog ‘n opsie is dat grade op ‘n weeklikse basis roteer. Dit is veral by groter skole waar dié modelle toegepas moet word.

Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo 51 Baring Street, Worcester 6850 Private Bag X3055, Worcester 6850

STAKEHOLDER CONSULTATIONS ON RAW WATER USE CHARGES 2021/2022 FINANCIAL YEAR

KOOP PLAASLIK

In terms of section 57 of the National Water Act, Act 36 of 1998, the BreedeGouritz Catchment Management Agency must consult with its stakeholders annually regarding increases of Water Resource Management charges. The consultation process used to be through public gatherings, however, public meetings cannot be held this year due to the restrictions imposed as a result of the COVID-19 pandemic. Information and documents regarding tariff increases are available on our website www.bgcma.co.za

Comments must please be sent to tariffsconsult@bgcma.co.za by 31 July 2020.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, July 3, 2020

Witzenberg Munisipaliteit se begroting is ‘n publieke dokument en inwoners word genooi om dit op ons webtuiste by www.witzenberg.gov.za te besigtig. Indien u enige navrae rakende die goedgekeurde begroting het, skakel Witzenberg Munisipaliteit se Finansies-afdeling by (023) 316-1854.


WITZENBERG HERALD

Friday, July 3, 2020

The Witzenberg Municipality Budget is a public document and we invite residents to view it on our website at www.witzenberg.gov.za Should you have any queries regarding the approved budget, you may call the Witzenberg Municipality’s Finance Department on (023) 316-1854 for assistance.

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Hester van Rooi

1932/07/23 - 2020/06/27 Privaat begrafnis: Sat. 4 Julie 2020

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

Begrafnisdienste

Izak Pharo

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300 1929/01/29 - 2020/06/24 Pa, dit het so vinnig gebeur. Die vermisting is groot. Die mooi oomblikke saam met jou sal ons altyd onthou. Rus in Vrede in die Hemel.

Van jou vrou, kinders, kleinen agterkleinkinders

Cupido van Wyk

1999/01/19 - 2020/06/25 Ps. 23 “Ek kom niks kort nie” Ons gaan jou mis Hottie, omdat jy liefdevol, vriendelik en ‘n omgee mens was vir ander. Rus sag en in vrede ons kind, broer, oom en vriend. Liefde van die Van Wyk familie, tot ons weer mekaar ontmoet.

082-399-4068 Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

Willem Boer

1954/12/27 - 2020/06/27 Privaat begrafnis: Sat. 4 Julie 2020

Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Huis: 09:00, Limpopostr. 526, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Lena Januarie

1925/02/27 - 2020/06/24 Privaat begrafnis: Sat. 4 Julie 2020

Slegs 45 naasbestaandes. 1,5m Afstand moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Was hande of gebruik sanitizer

Kerk: 09:00, A.G.S. Kerk, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Dr Mama Moses Herbal Expert

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

For free consultation call:

prof Prins

CERES NICO  / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

h/v Albert- en Voortrekkerstraat (Agter die Spur)

Besoek ons vir vele spesiale aanbiedinge op tv’s, beddens ens.

Skakel

071-464-6969

My naam is Nicole van Paarl en my lewe was baie swaar sonder geld. Nou is dit nie meer ‘n probleem nie, sedert prof Prins my geseën het. Na 32 jaar van swaarkry het prof Prins my lewe kom red. Kom kry ‘n sleutel om alle geslote deure in jou lewe te open. Kom na prof Prins, ek waarborg jou lewe sal verander. Probeer prof Prins altyd. Skakel of whatsapp

Traditional & Spiritual

Here for all your problems. Big or Small. She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

064-086-2635

Paws & Claws. Skeer en was van honde en katte. Geleë te Ceres Veearts, Vosstraat 502. Werk slegs op afspraakbasis op ‘n Dinsdag en Donderdag. Skakel Elsabé by 083-458-3629. Sms/Whatsapp welkom. 3/7 10/7 17/7 24/7 31/7

PLANT AND TOOL HIRE

083-885-8142

Finances and money in account, lotto and powerball, goodluck oil for horse betting and casino, money within 24 hours.

Delayed work by other healers for free, claim your pension or provident fund within 3 weeks. Magic wallet, relationships and pregnancy.

Contact Julius

083-388-2491

Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00

Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 071-707-2066

Friday, July 3, 2020

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

THE Western Cape Government Health’s purpose-built, R281 million forensic pathology facility, located at the entrance to Groote Schuur Hospital, is nearing completion despite construction delays. The expanded facility is 91.4% complete and is expected to reach practical completion by the end of 2020, if the final project phase goes according to plan. The expanded facility will set new standards within the Forensic Pathology sphere and enhance service delivery. The COVID-19 pandemic has had a huge effect on the project progress. As a result, there were construction delays and critical delays on the supply of goods and services, as some of the imported construction materials were inaccessible. Contractors were unable to continue working during the lockdown. Fortunately, they were able to recommence on site on 18 May. “In addition to the efficient work flow, staff will work in a healthy and safe environment, compliant with all OHS guidelines. The design of the facility is modern and light, with various green spaces”.

Epilepsy and COVID-19 awareness AROUND 10% of people have epilepsy, making it the most common of neurological conditions. It affects people of any age, with one in four affected experiencing their first seizure by the age of 20. Yet few understand what it is and how it is treated. National Epilepsy Day was commemorated on 21 June to raise awareness of this common, treatable neurological condition. The neurology service at Red Cross War Memorial Children’s Hospital is committed to improving the lives of children with epilepsy through dedicated weekly outpatient epilepsy clinics and access to qualified and experienced clinicians on a daily basis. There are some 2000 clinic visits by around 800 regular and new young patients each year. “The service is unique in that it offers care to children from self-limiting forms of epilepsy through to children who are medically resistant and may need alternative interventions and treatments. The service is strengthened by the multidisciplinary team who coordinate optimal care, these include the neurology doctors and clinic nurses, the neurophysiology technologists, neurosurgeons, child development specialists, neuropsychologists, child psychiatry and rehabilitation staff,” says Prof. Jo Wilmshurst, head of Paediatric

Neurology at Red Cross War Memorial Children’s Hospital. The neurophysiology service has 2 trained paediatric clinical technologists who perform detailed electrophysiology studies, inclusive of video EEG telemetry. This is the only centre in the Government sphere, with access to this tool, which is essential for understanding complex and undefined epilepsies. The majority of people with epilepsy have their seizures controlled by anti-epileptic medication. The choice of drug depends not only on the type of seizure but also on the individual and it may take some time to achieve the right dose for each person. The COVID pandemic has meant that the service has had to adapt. Many children are managed by telemedicine to limit their exposure to the hospital setting, but urgent and worrying cases are still seen and provided with full access to care. Members of the team have assisted with the development of International League Against Epilepsy guidelines for safe care of people with epilepsy during the COVID pandemic. Reassuringly, there does not appear to evidence that COVID infection exacerbates epilepsy control.

Evangelis Jacobs

Ps. 121:4 “Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie.”

CLINICAL technologists in the paediatric neurophysiology service are committed to conducting tests in a child-friendly environment.


WITZENBERG HERALD

7

Friday, July 3, 2020

Gelukkig om te lewe ‘n MAN van Ethiopië, Biruk Abeira, wat op Wolseley woon, het net ligte beserings opgedoen nadat hy Saterdag meer as 200 meter teen Michellspas afgery het. Die ongeluk het omstreeks 12:30 plaasgevind. Abeira was onderweg in Ceres se rigting toe hy uitgeswaai het vir ‘n voertuig om ‘n ongeluk te vermy. Hy het beheer oor sy Nissan Hardbody bakkie verloor, die sperreling getref voordat hy teen die berg af is.

CALL FOR NOMINATIONS GOVERNING BOARD MEMBERS FOR BREEDE-GOURITZ CATCHMENT MANAGEMENT AGENCY

Moord 1 Junie

Borgaansoek uitgestel DIE borgaansoek van ‘n minderjarige moordverdagte, is Woensdag vir die tweede keer op Tulbagh uitgestel. Die keer tot 8 Julie.

Die staatsaanklaer het die borgaansoek van die 17-Jarige verdagte teengestaan. Haar mede-verdagtes het tydens ‘n vorige verskyning gesê hulle gaan nie nou om borgtog aansoek doen nie. Ondersoek vorder Die polisie het sedert 1 Junie talle leidrade opgevolg nadat dr. Roelof Botha (59) van Tulbagh wreed vermoor is op die Schalkenbosch grondpad, ongeveer 3 kilometer buite Tulbagh. Die polisie is omstreeks 18:45 na die moordtoneel ontbied. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen, ‘n mes, is later op die toneel gevind. Goeie polisiewerk het daartoe gelei dat drie verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30) en Justin Adonis (30) die dag na die moord gearresteer is. Die 17-jarige meisie is op 3 Junie gearresteer. Die verdagtes is skaars 2 kilometer van die moordtoneel in die Witzenville woonbuurt vasgetrek. Betroubaar word verneem dat die polisie dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry het. Een van die ander verdagtes het die polisie later gaan wys waar die haelgeweer versteek is na die moord. Abels, Gouws en Adonis sal op 28 Julie in die Tulbagh landdroshof verskyn.

MINISTER OF HUMAN SETTLEMENTS, WATER AND SANITATION CALLS FOR NOMINATIONS FOR APPOINTMENT OF GOVERNING BOARD MEMBERS TO SERVE ON THE BOARD OF THE BREEDE-GOURITZ CATCHMENT MANAGEMENT AGENCY FOR THE TERM 2020 - 2024 The Minister of Human Settlements, Water and Sanitation is the Executive Authority and shareholder of the Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA). She is responsible for the appointment of Governing Board members of Catchment Management Agencies (CMAs). The BGCMA is a National Government business entity, operating in terms of the National Water Act No. 36 of 1998 and listed as a schedule 3a in the Public Finance Management Act, Act No. 1 of 1999. The purpose of a CMA is to manage water resource within its Water Management Area (WMA) and to involve local communities in the decision-making processes. The area of operation is the Breede-Gouritz WMA in the Western Cape Province. According to section 81(3) of the National Water Act (Act 36 of 1998), the Minister has established an Advisory Committee to recommend to her which organs of state and bodies representing different sectors and other interests within the Water Management Area of the BGCMA, should be represented or reflected on the Governing Board. The Advisory Committee recommended that the following sectors should be represented on the Governing Board: Domestic/Local Government; Government Departments, Agriculture (Commercial and Subsistence); Conservation and Environment; Forestry; Academia; Industry; Communities/NGOs/CBOs; Traditional Councils; Recreation. Sectors and Organisations as stated above, within the Breede-Gouritz WMA, are hereby called to submit at least three (3) nominations of suitable persons to be considered for appointment as members of the Governing Board of the BGCMA. Closing date for nominations is 31 July 2020. Accordingly, the Governing Board must comprise of interested, suitably qualified and skilled members with experience in one or more of the following areas: • Water Resource Management; Engineering, Audit and Public Finance; Legal and Risk Management; Human Resources Management; Governance and Research in water or related sectors. • Must have personal attributes of objectivity, integrity, a good reputation, commitment and be a South African citizen; and • Appropriate knowledge of, understanding and experience in exercising fiduciary duties in accordance with the provisions of the PFMA, and King Code of Good Corporate Governance. Grounds for disqualification: A nominee will not be considered to hold office as a member of the Governing Board if he/she is an insolvent and/or non-rehabilitated person; has been convicted of any offence involving dishonesty, fraud; or has been sentenced to imprisonment without the option of a fine. Officials working for the Department of Human Settlements, Water and Sanitation and the BGCMA will also be disqualified. Stipends: The appointed Governing Board Members will receive a stipend determined and approved by the Minister of Human Settlements, Water and Sanitation. The stipend is paid in respect of expenses incurred in and during attendance of official duties.

DIE naweek het ‘n kouefront lekker reën vir die Wes-Kaap gebring. Stormwind het egter plek-plek groot skade aangerig met talle bome wat ontwortel is. In die Witzenbergstreek het die wind ook verwoed gewaai en ‘n paar takke is afgebreek. Nie baie skade is aangemeld nie. Net op Matroosberg is dié huisie beskadig nadat die dak afgeruk is. DIE onderstaande winterreënvalsyfers vir 1 tot 30 Junie vir die Witzenbergstreek is deur Hortec Ceres verskaf. In die Warm Bokkeveld was die gemiddelde reënval 132 mm (die laagste was 89.7 en die hoogste 221.7mm) , Witzenberg 151. 73 mm (die laagste 122 mm en die hoogste 171.3mm), Koue Bokkeveld 158.75mm (die laagste 143mm en die hoogste 174.5 mm), Bokkeveld Noord 128.3mm (die laagste 102.2 mm en die hoogste 143.9mm) en Swaarmoed 86.77 mm (die laagste 63.3mm en die hoogste 104. 8mm). Die Ceres Koekedouwdam is tans 48.8% vol (1.8% styging). * ‘n Dun lagie sneeu het op 26 Junie bo-op Matroosberg geval.

Requirements: Upon appointment, the Minister reserves the right to conduct probity checks (criminal and civil records; reference checks; verification of qualifications and experience; credit records and conduct integrity tests). Every nomination of a person for appointment to the Governing Board must be signed by a proposer and seconder, none of whom may be the nominee, and must also contain the nominee’s signed acceptance. No person may nominate or second more than one candidate. Applications: The sectors mentioned above must submit CV’s of at least three nominees per sector, certified copies of qualifications and Identity Documents as well as motivations to: bgcma@dws.gov.za and cc masekos@dws.gov.za Nomination forms will be made available at the BGCMA Offices in Worcester and George, on the BGCMA website: www.bgcma.co.za or e-mailed on request. For further information on the Governing Board appointment process, kindly contact Mr. Sibusiso Maseko at 082-708-8694 or (012) 336-7323. Closing date: 31 July 2020


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, July 3, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

DAAR is tans 10 Springbokke met 5 kleintjies op Ceres gholfbaan en landgoed. Dit was die enigste spelers gedurende vlak 4 en 5 se inperking. Hulle het die hele baan vir hulsself gehad.

Classic gaan voort terwyl daar gewag word vir nuwe regulasies Die klub sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye DIE jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind sover moontlik eerbiedig, maar vra spelers se begrip vir vanjaar op 6 en 7 November plaas.

“Aangesien ons klubbestuur nie weet hoe die Covid-19 pandemie gholf in November gaan beinvloed nie, kan ons nog nie die finale toernooireëlings vasmaak nie” sê Gellies Gelderblom, klubbestuurder van Ceres gholfklub. “Tans weet ons nie wat die reëls rondom byeenkomste, drank en etes gaan wees nie. Die klub kyk ook na vermindere inskrywingsgelde en poog om dit teen die einde Julie bekend te maak, wanneer daar meer sekerheid oor die inperkings gaan wees”. Inskrywings sluit 30 September.

die finale loting. Baan weer oop Ceres gholfklub se skoonveld- en sukkelveld is soos die res van die land se bane weer van middel Junie oop. Gholfklubs moet egter aan streng riglyne voldoen. Klubs moes ook Golf RSA skriftelik verwittig dat hulle risikomaatreëls vir die bekamping van COVID-19 in plek is en dat dit streng toegepas gaan word. Van die maatreëls sluit in dat spelers en baljoggies maskers moet saambring en dat hulle ‘n vraelys moet invul en hul temperatuur moet gemeet word. Spelers hoef egter nie met maskers te speel nie. Die klubhuis bly nog in vlak 3 buite perke vir spelers, net die badkamer is oop en die klubhuis moet om 17:00 sluit. Geen drank word van Vrydag tot Sondag verkoop nie maar slegs nie-alkoholiese versnapperinge. Spelers moet ook as hulle klaar gespeel het die klub verlaat, die vlagpenne moet ingelos word, spelers moet hulle eie toerusting gebruik en sandputte net met hulle voet of gholfstok gelykmaak.

CORNEL Muller, oudleerder van Charlie Hofmeyr, het verlede jaar sy PGA-diploma by Swingfit Performance Academy voltooi. Cornel het gedurende sy drie jaar by Swingfit meer as 2000 uur se afrigting onder twee van die Wes-Kaap se top afrigters, James Wade en Adrian Buchner, ontvang. Tot voor die COVID-19 inperking, het Cornel vir 7 maande as verkoopsassistent in Pearl Valley gholfklub se gholfwinkel gewerk. Hy was ook verantwoordelik om gholfstokke vir spelers te herstel asook stele en grepe te vervang. Cornel is van 1 Julie by Ceres gholfklub waar hy afrigting aan junior sowel as senior spelers gee en om sy PGA leerlingskap te voltooi.

JERRY Muller (64), jare lange inwoner van Bella Vista en getroue lid van Bella Vista rugbyklub, is Maandag 29 Junie skielik oorlede. Hy was voorheen werksaam by Eskom en was ten tye van sy dood, die president van Bella Vista rugbyklub. Hy het ook vir Bella Vista rugby gespeel in die dae toe die veld nog daar was waar Mooi Uitsig primêr vandag geleë is. Hy het oor die jare op talle komitees gedien en was ook ere-lid van die klub. ‘n Roudiens word Donderdagaand by sy huis gehou. Die begrafnis vind Saterdag om 15:00 plaas. COVID-19 maatreëls geld asook sosiale afstandhouding en dra van maskers is verpligtend.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.