Witzenberg Herald Vol.24 no. 25 (Aanlyn-weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 25

R7.50

Friday, July 2, 2021

Since 1997

TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578

• SERVICES • PARTS • ACCESSORIES • CLOTHING • LAY-BYE

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 1 Julie

Vrydag 2 Julie

4° 14°

3° 19°

Saterdag 3 Julie

Sondag 4 Julie

3° 13°

1° 13°

Ceres Koekedouw dam

65,5%

Competition valid untill end of August 2021

Lesing: 2021/06/30

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Meisie (8) uit wrak gered, beide ouers sterf DRIE mense is Saterdag 26 Junie dood toe twee voertuie buite Gouda op die R44 gebots het. Volgens die Tulbagh polisie het die kopaan-kop botsing omstreeks 06:35 naby die afdraai na die plaas Môredouw tussen Gouda en Saron plaasgevind. ‘n Renault Sandero met drie insittendes het teen ‘n Volkswagen TCross gebots. Die Renault het op sy dak beland en aan die brand geslaan. Die bestuurder van die Renault, Francois van der Ross en sy swanger vrou, Nazlee van der Ross (31) van Saron, het tragies gesterf. Hulle 8-jarige dogter kon deur ‘n omstander uit die brandende wrak getrek en gered word. Sy het ligte brandwonde opgedoen en is na die Lapa Munnik hospitaal op Porterville geneem vir behandeling. Die bestuurder van die VW T-Cross, Masilino Green (35) van Saron, is ook in die ongeluk dood.

Vlak 4 moet impak van derde vlaag help keer VLAK 4 inperkings is vanaf Maandag 28 Junie ingestel om die impak van ‘n derde vlaag van COVID-19, te probeer beperk. Vlak 4 inperkings is voorlopig vir 14 dae afgekondig. Die instelling van vlak 4 inperkings het weer die drank- en restaurantbedryf asook toerisme ‘n gevoelige slag toegedien. Drankwinkels sal die volgende twee weke gesluit wees. Ook gimnasiums, openbare oefengeriewe en museums in die streek moet die volgende twee weke sluit. Skole en universiteite sluit vanaf Woensdag tot Vrydag. Skole heropen moontlik weer op 19 Julie. Berig op bladsy 3

DIE eerste goeie winterreën het sedert verlede Vrydagoggend oor ‘n wydverspreide gebied in die Witzenbergstreek begin uitsak. Die Ceres Koekedouwdam het die afgelope week van 55.4% na 65.5% gestyg. Meer as 10% in een week! *Die reënvalsyfers is deur Hortec Ceres en ILeaf beskikbaar gestel. In die Warm Bokkeveld, wat Ceres dorp insluit, is 41.3 mm van verlede Donderdag tot Saterdag gemeet. Van Maandag 28 Junie tot Woensdag 30 Junie is 111.8 mm gemeet. In die Koue Bokkeveld is 46.1mm en 101.7 mm vir dieselfde tydperk gemeet. ** Hier is Jermaine Geldenhuys van Bella Vista by ‘n vrugtestalletjie in Voortrekkerstraat afgeneem waar hy somtyds bietjie uithelp. Jermaine het sy verbeelding gebruik en sy eie reënpak gemaak.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.24 no. 25 (Aanlyn-weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu