Witzenberg Herald Vol.27 no.26 (Online Weergawe)

Page 1


CERES Model vliegklub het die naweek van 28-30 Junie hul sesde jaarlikse vliegnaweek aangebied. Veertig model vlieëniers van verskeie vliegklubs van regoor die Wes-Kaap en Suid-Kaap is uitgenooi om hulle vernuf met radiobeheerde vliegtuie en helikopters te wys. * Die Greatplanes WW1 Stick was ook in aksie tydens die naweek se byeenkoms. * Lees ook artikel op bladsy 5.

FOTO: Tommy Weideman

Polisielede en twee inwoners weer in Bellville-hof

DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, is verlede Vrydag in die Bellville handelsmisdaadhof voortgesit.

Die vyf verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling.

Die drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (45), kst. Johannes Fransman (42) en kst.(v) Melzandré Pieters (35), en oudpolisieman Daniël Davids (45) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (43), se deelsverhoor gaan weer voort op 10 Oktober.

Agtergrond

Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD antikorrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as drie jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.

Die drie polisielede is meer as twee jaar gelede op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het.

Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.

Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie.

Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.

Die vyf is steeds uit op borgtog van R2 000 elk.

KLOKSGEWYS: sers. Mxolisi Sigila (45), kst. Johannes Fransman (42), kst. (v) Melzandré Pieters, Anita Fransman (43) en Daniël Davids (45).

KAREL Baron van Laastedrif is onlangs oorlede. Hy was ‘n staatmaker op Laastedrif waar hy vir meer as 27 jaar werksaam was. Hy was mentor vir baie en het ‘n groot passie en trots vir sy werk gehad - elke oes was baie belangrik vir hom. Hy was ‘n harde werker en voorbeeld vir ander werkers. Die begrafnis vind Sondag 7 Julie om 09:00 plaas by Nessa se huis en 10:00 in Ceres Sekondêr se skoolsaal.

Vaccination remains the best protection against severe flu this year

THE Western Cape is currently experiencing the peak of the annual influenza or flu season as the virus circulates in communities. Vaccination against influenza remains the best method of preventing serious illness and individuals who are at risk of severe influenza illness or complications are strongly encouraged to consider getting vaccinated at their nearest health facility (or buy the vaccine at a pharmacy) as soon as possible. * The following groups of people are at high risk of severe influenza: Young children (under 5 years of age), older individuals (65 years old and older), people with underlying medical conditions, such as heart diseases, lung disease, cancer, diabetes or liver/kidney diseases and pregnant women (up to 6 weeks post-partum). * * Seen here a nurse administers a vaccine at a facility in the Cape Winelands district.

Werksgeleentheid beskikbaar by Ceres Landbou Midas HIDROLIESE TEGNIKUS

• Met ondervinding in “house & fittings en hydraulic cylinders” asook;

• Basiese bestuursvermoë;

• 5 Jaar ondervinding in die werkveld. Stuur asb. u CV na: petro@landbouonderdele.co.za

Aansoeke sluit: 12 Julie 2024

Indien u teen 19 Julie 2024 geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

APPLICATION FOR THE RENEWAL OF AN ATMOSPHERIC EMISSION LICENCE NOTICE IS HEREBY GIVEN, IN TERMS OF SECTION 38(3)(B) OF THE NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT AIR QUALITY ACT, 2004 (ACT NO. 39 OF 2004) OF AN INVITATION TO REGISTER COMMENTS WITH REGARDS TO AN APPLICATION FOR THE RENEWAL OF THE EXISTING ATMOSPHERIC EMISSION LICENCE, ISSUED IN TERMS OF THE AFOREMENTIONED LEGISLATION FOR TWOHIL COMPANY (PTY) LTD t/a TULBAGH BRICKS, SLAGTERSPAD ROAD, TULBAGH

Applicant: TWOHIL COMPANY (PTY) LTD t/a TULBAGH BRICKS

: Cape Winelands

Municipality

JacobPWright@outlook.com Closing date for comments: 7 August 2024

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

Francois Snyman

DIE afgelope week het ‘n paar Afrikaanse gesegdes en idiome my weer opgeval. Trek die skoen aan as hy jou pas, ‘n benoude kat maak benoude spronge, gryp na grashalms en as jy ‘n perd opsaal moet jy weet dat jy hom kan ry.

In laaste geval, anders val jy af!

Ons leef in ‘n wêreld waar werklikheid, realiteit, eerlikheid, menslikheid en integriteit nog ‘n belangrike rol speel.

Dit kan wel ‘n deurmekaarwêreld wees maar dit is beslis nie

Feetjieland nie.

Daar is daagliks belangrike dinge wat rondom ons gebeur en die groot meerderheid van ons probeer om op ‘n eerlike manier te leef en op klein of groot skaal positiewe veranderings te maak en om vir jou medemens om te gee.

Daar is ook ‘n klein minderheid - wat altyd kla en raas - en geen positiewe bydrae tot die samelewing maak nie. Daar is individue wat in hofsake verskyn en hul verantwoordelikheid en foute aanvaar en daarmee saamleef. Daar is ook diegene wat nooit verkeerd is nie en wanneer hulle in ‘n hoek is dan maak hulle soos ‘n benoude kat, benoude spronge. As hulle oor geen feite beskik nie gebruik hulle gerieflikheidshalwe die rassekaart en onwaarhede en versin stories en probeer dit op sosiale media as die waarheid verkoop.

Weer, ons leef nie in Feetjieland nie. Jy kan nie in die kuberruim wil leef en dink dat as jy ‘n kuber-held is met 141 volgelinge, dat almal jou sommer net in hul massas gaan glo en volg nie. My raad. Trek die skoen aan as hy jou pas. Raak groot, moet nie na grashalms gryp nie en neem verantwoordelikheid vir jou dade en moet nie ander vir jou foute blameer nie.

Kompetisie wenner

CERESIANS Kersfeeskoor, een van die oudste Kersfeeskore in die streek, het Sondag 30 Junie ‘n vleismandjietrekking gehou. Die gelukkige wenner was Mariaan Reitz-Fortune. VLNR: Johan Vergotine, Mariaan Reitz-Fortune en Keenan Engelbrecht.

Gemeenskap neem afskeid van Allen

ALLEN Wilfred Hofmeester (52), bekende oudskeidsregter van Boland en Ceres inwoner, is skielik op 16 Junie na ‘n kort siekbed oorlede. Allen was voorheen by Young Good Hope rugbyklub betrokke en het later vir Delicious rugby gespeel. Hy was destyds een van die min rugbyspelers wat goed met beide voete kon skop. Hy was ook ‘n man van min woorde maar het groot respek afgedwing as familieman. Allen was ‘n gerekende Boland skeidregter en het later die groot taak gekry om jong skeidsregters touwys te maak. * Allen word oorleef deur sy vrou, Gerland en kinders Leandra Cairncross, Irma Burgess, Hanley Damon en Elroy Hofmeester. Die begrafnis was Saterdag 29 Junie.

Barnard se saak nou

na streekhof

‘n OUD Ceres-inwoner wat weer met die gereg gebots het - die keer in George - se saak is nou na die streekhof oorgeplaas.

Riaan Barnard (43) het verlede Dinsdag 25 Junie in die George landdroshof verskyn weens die aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (80).

Die voorval het tussen 4 en 5 Maart vanjaar plaasgevind tydens ‘n onderonsie. Barnard het na bewering die stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Barnard is op 5 Maart in hegtenis geneem en op 20 Mei op borgtog vrygelaat.

Die saak is na die George streekhof oorgeplaas. Barnard moet weer op 16 Julie in die streekhof verskyn.

Vorige vonnis

In Maart 2023 is ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele aan Barnard opgelê.

Landdros Z.B. Sogwagwa het in Maart 2023 vir Barnard op drie klagtes van die oortredings van regulasie 103 van wet 60 van 2000 (minagting van beskermingsbevele en gesinsgeweldoortredings), skuldig bevind.

Barnard is 3 jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort is. Barnard is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit of te hanteer. Hy is na dié vonnis vrygelaat.

Barnard bots sedert Julie 2022 met die gereg en was sedertdien in en uit hofsale. Hy was ook in die tyd sewe maande in aanhouding, twee keer op borgtog vrygelaat en twee

Polisie fynkam CCTV beeldmateriaal opsoek na leidrade

SPEURDERS volg leidrade op nadat inbrekers by twee woonhuise op Ceres ingebreek en vuurwapens en juweliersware gesteel het.

Niemand was tuis tydens die inbrake op 22 Junie nie aangesien die huiseienaars weg was met vakansie. Polisie is ook besig om CCTV beeldmateriaal te fynkam vir leidrade.

Inbrake

Onbekende inbrekers het omstreeks 18:00 op die eerste huis toegeslaan en deur ‘n badkamervenster toegang tot die huis gekry.

Daarna het inbrekers ‘n gat in die plafon geslaan voordat alarmdrade geknip is. Die inbrekers het in hul soektog ‘n wapenkluis in die huis gevind en dit oopgebreek. Twee handwapens, ‘n 9mm pistool en ‘n .38 special, is gesteel.

Die tweede inbraak, deur dieselfde diewe, het omstreeks 22:40 plaasgevind toe inbrekers by die bure langsaan ingebreek het. Hier het hulle ook toegang verkry deur ‘n badkamervenster. Een wapenkluis is uit die muur geruk en ‘n tweede groter kluis, is met moeite by die huis uitgedra en in die tuin gelos.

Hierna is die veiligheidshek uit sy spore gelig voordat die kluis in ‘n voertuig gelaai is.

Wapens

Die rowers het met twee handwapens, ‘n .38 special en ‘n .22 pistool, en juweliersware gevlug.

Inligting nodig

Tref-en-trap voorvalle nog onopgelos

SPEURDERS het nog geen inligting ontvang na twee onbekende mans buite Ceres in afsonderlike tref-en-trap voorvalle gesterf het nie.

Die mans het gesterf toe hulle deur motorvoertuie buite Ceres getref is.

Die twee tref-en-trap voorvalle het einde Meimaand plaasgevind, skaars 10 kilometer van mekaar.

Die polisie vra die Witzenberg gemeenskap om na vore te kom met inligting of indien hulle weet van iemand wie se voertuie onlangs beskadig is. Beide motorbestuurders het van die toneel weggejaag.

Die eerste voorval het omstreeks 20:05 op Sondag 26 Mei plaasgevind waartydens ‘n 28-jarige man op die R46 op pad na Theronsberg dood is toe hy deur ‘n voertuig getref is.

Die tweede voorval het omstreeks 23:26 op die Bo-Swaarmoedpad naby De Eiken en Lakenvlei plaasgevind. Indien iemand iets weet van die voorvalle, kan hulle s/kst. Sikade of s/sers. Laban skakel by (023) 316-8500.

Speurders volg leidrade op

CERES speurders volg leidrade op in hul ondersoek waar ‘n man in Bella Vista doodgeskiet en twee ander mans gewond is.

Dié skietvoorval het Sondag 2 Junie omstreeks 19:15 in Vyeboomstraat plaasgevind. Die skieter het na die voorval van die toneel weggejaag.

Bongani Mawanda (38) van Groenheuwel naby die Paarl is in die voorval doodgeskiet en twee Bella Vista inwoners, Gerswin Matthys (29) en Martinique Jacobs (28), is gewond. Matthys is in beide bene geskiet en Jacobs is in die rug geskiet. Mawanda het op die toneel gesterf. Beide Matthys en Jacobs is na die voorval uit die hospitaal ontslaan.

Dit is nie bekend wat die rede vir die skietery was nie. Daar is patroondoppies op die toneel opgetel en vir forensiese toetse na georganiseerde misdaad weggestuur. Indien daar enige ooggetuie/s is van die skietvoorval, kan hulle die Ceres speurderskantore skakel by (023) 3168500/3

‘n Verantwoordelike media-instelling

BY die Witzenberg Herald glo ons vas in die krag van media as ‘n pilaar van die demokrasie.

Ons is trots daarop om ‘n koerant te wees (27 jaar) wat onpartydige, akkurate en betroubare nuus aan die Witzenberg gemeenskap verskaf. As die redakteur is dit my plig om ons etiese waardes en die wyse waarop ons aan statutêre en regulatoriese bepalings voldoen, weer te gee.

Etiese Waardes

1. Integriteit en akkuraatheid: Ons is daartoe verbind om alle inligting wat ons publiseer na te gaan. Ons streef daarna om die waarheid akkuraat te rapporteer.

2. Onpartydigheid: Ons publiseer nuus en menings wat die volle spektrum van perspektiewe verteenwoordig. Ons vermy bevooroordeeldheid en werk hard om ‘n gebalanseerde weergawe van gebeure te lewer.

3. Verantwoordbaarheid: Ons neem verantwoordelikheid vir alles wat ons publiseer. As daar ‘n fout gemaak word, erken ons dit openlik en maak die nodige regstellings so vinnig as moontlik.

4. Respek en Waardigheid: Ons behandel alle individue en groepe met respek en waardigheid, en ons vermy sensasiebejag en skinder.

5. Gelykheid en Onpartydigheid: Die Witzenberg Herald lewer onpartydige beriggewing, ongeag ras, geslag, ouderdom, godsdiens, fisiese aantreklikheid of seksuele oriëntasie. Ons is verbind tot die beginsel van gelykheid en verseker dat verslagdoening inklusief en regverdig is.

Nakoming van statutêre en regulatoriese bepalings

Die Witzenberg Herald voldoen aan die Mediawet van Suid-Afrika, sowel as die voorskrifte van die Persombudsman en die Persraad.

1. Reg op antwoord: Ons bied ‘n platform vir individue en organisasies om hul kant van die storie te vertel. Ons gee altyd geleentheid vir regstellings en reg op antwoord.

2. Beskerming van bronne: Ons beskerm die identiteit van bronne wanneer dit nodig is en verseker dat hulle inligting veilig en vertroulik hanteer word.

3. Privaatheid: Ons respekteer die privaatheid van individue en vermy die publikasie van inligting wat onnodig skade kan berokken, tensy dit van openbare belang is.

4. Kinderregte: Ons is baie sensitief vir die beskerming van kinders en publiseer GEEN inligting wat hulle kan skade berokken of hulle regte kan skend nie.

5. Mediavryheid: Ons koester die vryheid van die media soos gewaarborg deur die Grondwet van Suid-Afrika. Ons bly toegewyd aan die beginsel van vrye en regverdige joernalistiek, wat noodsaaklik is vir ‘n gesonde demokrasie.

Die Witzenberg Herald besef dat ons verantwoordelikheid groot is en dat ons ‘n kritieke rol speel in die Witzenberg gemeenskap. Ons sal voortgaan om ons pligte met toewyding en integriteit na te kom, terwyl ons onwrikbaar bly in ons strewe na die hoogste standaarde van joernalistiek.

* Die Witzenberg Herald is die afgelope 27 jaar die amptelike mondstuk van die Witzenbergstreek. Die koerant het in byna drie dekades nog geen hofsaak verloor of in die hof verskyn oor enige nuusplasings nie.

RIAAN Barnard (43).

OLD Mutual Ceres het op 10 Junie amptelik hul nuwe tak geopen. Die kantore is gemoderniseer en verbeter vir ‘n beter kliënt-ervaring. Hier is die personeel afgeneem tydens die opening.

Old Mutual spog met nuwe tak

OLD Mutual Ceres het op 10 Junie amptelik hul nuwe tak geopen. Die Witzenberg burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het die opening waargeneem. VLNR: Shaun Veldsman (Old Mutual streekbestuurder), rdl. Trevor Abrahams en Vusi Zingitwa (Old Mutual provinsiale bestuurder).

Jain-moordondersoek na drie jaar nog nie klaar nie

NA meer as 3 jaar is die polisie se ondersoek na die Jain-moord buite Wolseley, nog nie afgehandel nie.

Verder vertraag beskuldigdes se regsaangeleenthede die saak verder. Die saak is middel Junie in die Wolseley streekhof na 21 Augustus uitgestel.

Hofverskyning

Maurice Arries verskyn saam met nog drie beskuldigdes, Freddy Lottering (37), Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (23). Die vier mans staan tereg op aanklagte wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad.

Arries is in April vanjaar op borgtog van R10

000 vrygelaat nadat hy sedert sy inhegtenisname in Desember 2022, in aanhouding was. Die ander drie bly in aanhouding.

Moord

Inbrekers het meer as drie jaar gelede - op 26 Maart 2021 - by die vakansiewoning van Reneé Jain (51) van Kaapstad, ingebreek.

Jain was die betrokke aand alleen by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat. Sy is dood nadat sy in die huis oorval, gewurg en vermoor is.

Visagie en Schippers is meer as ‘n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede.

Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte bygevoeg. Lottering dien reeds tronkstraf uit in ‘n ander saak.

DIE twee verdagtes, Bongani Banda (links) en Banele Moyo, tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof.

FOTO: Edrea du Toit - Rapport

Moordsaak na streekhof oorgeplaas

TWEE mans wat van die moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner aangekla word, se saak is nou na die Worcester streekhof oorgeplaas.

Die saak is tot 30 Julie uitgestel sodat regsverteenwoordigers verdere inligting kan bekom.

Twee mans, Banele Moyo (20) en Bongani Banda (21), bly in aanhouding. Hulle word verdink en aangekla van die moord op die 59-jarige Herman Nieuwoudt van Ceres. Hulle verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Gemeenskap geskok

Dié moord het in 2023 skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.

Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 net na 17:00, sy huis op Ceres verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan

koop. Die Toyota dubbelkajuit bakkie waarmee hy gery het, is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het.

Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Dit is later as dié van Nieuwoudt geïdentifiseer.

Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eurekaplaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.

CERES Model vliegklub het die naweek van 28-30 Junie hul sesde jaarlikse vliegnaweek aangebied. Veertig model vlieëniers van verskeie vliegklubs van regoor die Wes-Kaap en Suid-Kaap is uitgenooi om hulle vernuf met radiobeheerde vliegtuie en helikopters te wys. * Die ¼ skaal WW1 Fokker Eindecker 111E.

FOTO: Marc Wolffe

Jaarlikse vliegnaweek op Ceres aangebied

CERES Model vliegklub het die naweek van 28-30 Junie hul sesde jaarlikse vliegnaweek aangebied. Veertig model vlieëniers van verskeie vliegklubs van regoor die Wes-Kaap en SuidKaap is uitgenooi om hulle vernuf met radiobeheerde vliegtuie en helikopters te wys. Hulle het die naweek saam met Ceres klublede gevlieg en later die dag gesellig saamgekuier. “Natuurlik word daar baie vliegstories rondom die kampvure uitgeruil - sommige sukses-stories van nuwe vliegtuie en projekte - ander weer van minder suksesvolle proefvlugte met nuutgeboude vliegtuie wat nie so lekker wou vlieg nie”.

Klublede van sovêr as Citrusdal, Stellenbosch, Simonstad en selfs Mosselbaai het kom kuier. Vanjaar het vlieëniers van die Weskus (Saldanha en Langebaan) ook hul vliegtuie vanuit die Eerste Wêreldoorlog soos die ¼ Skaal WW1 Fokker Eindecker 111E asook ‘n baie groot skaal dubbelenjin (35cc elk) Bronco AV-10 vegvliegtuig van John Bowels van Langebaan.

Die jongste deelnemer, die 14-jarige Seth Berrill van Stellenbosch Model vliegklub, het ook gewys wat ‘n Greatplanes WW1 Stick met 35cc enjin, in goed opgeleide jong hande kan doen.

Waar is die klub?

Ceres Model Aircraft Club (CMAC) is by die Ceres vliegveld geleë. Alle belangstellendes is welkom om die klub te skakel en aan te sluit.

Die klub is aktief en vlieg gereeld oor naweke. Vir enige navrae skakel Peter Brewis by 083-362-9156

VANJAAR het vlieëniers van die Weskus (Saldanha en Langebaan) ook hul vliegtuie vanuit die Eerste Wêreldoorlog kom wys. Hier is ‘n Bronco AV-10 vegvliegtuig van die VSA afgeneem.

FOTO: Marc Wolffe

Rowers vra borgtog - uitspraak later

TWEE mans wat ‘n werknemer van Pep van duisende rande beroof het en nou in die Ceres landdroshof aansoek doen vir borgtog, moet nog ‘n ruk lank wag. Na verskeie uitstelle van die borgaansoek, is die saak na 8 Julie uitgestel vir die landdros se uitspraak of dit toegestaan sal word.

Die twee mans, Ibrahim Dwaba (20) en Kamva Gqalaqha (23), bly in aanhouding tot 8 Julie Vasgetrek Ceres speurders het die twee mans vinnig vasgetrek na die roof en ongeluk.

‘n Vrou was op 20 November 2023 op pad om die geld by Standard Bank op Ceres te gaan bank toe sy deur dié verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is.

‘n Gewapende man wat later as Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, het haar voorgekeer en beroof.

Na dié roof het twee mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het hulle teen ‘n Toyota bakkie gebots.

Na die ongeluk het Gqalaqha na bewering uitgespring en weggehardloop.

Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is later in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba, wat vrugte in Munnikstraat gesmous het, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Gqalaqha is ‘n paar dae later deur speurders gearresteer. Van die gesteelde geld is by hom teruggevind.

Mullins-verhoor

Saak gaan voort in Worcester streekhof

DIE man wat meer as drie jaar gelede ‘n Bella Vista inwoner in sy bakkie doodgeskiet het, se verhoor gaan Septembermaand in die Worcester streekhof aangehoor word.

Justin Mullins (41) van Ceres, wat tereg staan in die Worcester streekhof op aanklagte van moord (2020), poging tot moord (2019) en die oortreding van ‘n beskermingsbevel, se verhoor sal op 17 September begin. Mullins bly in aanhouding.

Hofsaak

Mullins word van die moord op Manschoer Constance (34) van Bella Vista aangekla. Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg gebeur.

Mullins het later gevlug en na meer as ‘n week op die vlug, het hy homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee.

Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het.

Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het beslag gelê op die moordwapen.

EIA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Availability of the Draft Environmental Impact Report

SPV Renfields (Pty) Ltd: Proposed development of the Ceres (Gydo) Renewable Energy Project

Project Applicant and Proposal: SPV Renfields (Pty) Ltd proposes to develop the Ceres (Gydo) Renewable Energy Project which will consist of a:

•240 MW Solar Photo-Voltaic (PV) Renewable Energy Facility (SPVR 8), •1222 MWh Dispatchable Energy Battery Energy Storage System (BESS) (SPVR 7) and a;

•new 132 kV Overhead Powerline (SPVR 6) to connect SPVR 8 to the existing Eskom Witzenberg Main Transmission Substation (MTS).

Project Location: Several Farms and Farm Portions near Ceres in the Witzenberg Local Municipality, Western Cape Province (Specific property details can be provided on request).

Notice is hereby given of a public participation process in terms of:

•the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (“NEMA”)

•the National Water Act (Act 36 of 1998)

•the Heritage Resources Act (Act 27 of 2004)

•Agricultural Land Act 70 of 1970 (SALA)

It is necessary to submit Applications for Environmental Authorisation, and an Integrated Water-Use License to undertake the following activities:

NEMA Listed Activities (GN No. 983, 984 & 985):

Listing Notice 1: Activity 11, 12, 19, 28 & 56;

Listing Notice 2: Activity 1 & 15;

Listing Notice 3: Activity 4, 12 & 14.

National Water Act:

WULA Application in terms of Section 21 (a, c, e & i)

Opportunity to participate and availability of the Draft Environmental Impact Report (DEIR):

The application is subject to a Scoping and Environmental Impact Reporting process, as prescribed in the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended) published under NEMA. The respective applications will be submitted to the Department of Forestry, Fisheries, and the Environment, (DFFE), the Department of Water and Sanitation (DW&S), Heritage Western Cape, the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD).

Opportunity to participate and availability of the Draft Environmental Impact Report (DEIR):

The DEIR will be made available for public review and comment from Monday, 8 July 2024 until Wednesday, 7 August 2024 at the Ceres and Prince Alfred Hamlet Public Libraries, and electronically on the RMS website (www.rmsenviro.co.za).

If you would like to register as an Interested and/or Affected Party (I&AP) for the above listed project, please contact Larry Eichstadt of RMS.

Contact: Larry Eichstadt (082 444 2630); Tel: 021 975 7396 E-mail: larry@rmsenviro.co.za

Website: www.rmsenviro.co.za

Address: P.O. Box 4296, Durbanville, 7551.

The Draft Environmental Impact Report commenting period ends on Wednesday, 7 August 2024

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1951/06/01 - 2024/06/29

BEGRAFNISDIENS:

Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Gert Jakobus Fransman Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

1959/05/20 - 2024/06/26

ROUDIENS: Do. 4 Julie

Huis 19:00 Marsstr. 186,

: Sat. 6

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Ester Elena Sampson

ROUDIENS: Do. 4 Julie

Huis: 19:00 Meulstr. 4, PAH

BEGRAFNIS: Sat. 6 Julie

Huis: 10:00 Meulstr. 4, PAH

Kerk: 11:00 Nuwe Apostoliese

Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

nuusbrokkies

DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Die streekfunksie vind plaas op 25 Julie 2024. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@kbos.co.za

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan isaacjacobs50@yahoo.com

INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

HuisHuis HuisHuis Huis:10:00, Albert Lutulistr. 7, Prince Alfred’s Hamlet GrafGraf
Eva Nel

VYF rugbyspelers wat op Ceres grootgeword en hul laerskooldae hier voltooi het maar nou by ander hoërskole in die land skoolgaan, het vanjaar aan die o/16 Grant Khomo rugbyweek deelgeneem. VLNR: Harold de Silva (Boland - Bella Vista Hoërskool), Adrian Faul (WP- Paarl Boys High), Yuvrah George (Bulls - Garsfontein Hoërskool), Drewyn Baron (Bulls - Garsfontein Hoërskool) en Tilon Baron (Bulls- Hoërskool Zwartskop).

*Tilon, Yuvrah en Adrian was almal in Laerskool Gericke.

Emile Arries wen Ceres Federasie jaaroud-wedvlug

WEDVLUGDUIWE is Saterdag 29 Junie op Beaufort-Wes gelos. ‘n Sterk Noorde-wind het die duiwe se terugtog bemoeilik. Die Ceres Federasie jaaroudwedvlug is deur Emile Arries van BHPS gewen en die Ope wedvlug deur E. Lofts van CPS duiweklub.

CHPS

Jaaroud

1.Bryan Isaacs - 1158.413mpm

2.Cyril en Ann Davids - 1014.881mpm

3.Cyril en Ann Davids - 983.640mpm

4.Bryan Isaacs - 966.791mpm

5.Mauritius Lofts - 929.090mpm

Ope

1.Team Koopman - 1169.360mpm

2.Cyril en Ann Davids - 1132.950mpm

3.Team Koopman - 1106.010mpm

4.Cyril en Ann Davids - 1094.949mpm

5.Cyril en Ann Davids - 1088.702mpm Ceres Pigeon Society (CPS)

Jaaroud

1.JRK Lofts - 1154.191mpm

2.CT Nige - 1135.590mpm

3.Van Rooy Loft - 1128.239mpm

4.S.R. Williams - 1100.016mpm

5. Meyer en Van Wyk - 1096.037mpm

Ope

1.E. Lofts - 1170.098mpm

2. Meyer en Van Wyk - 1144.041mpm

3.Camerin Mars - 1123.892mpm

4.CT Nige - 1123.306mpm

5.S.R. Williams- 1120.939mpm

*Geen ander duiweklub het uitslae ingestuur nie.

Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ‘n tikkie nostalgie.

5 September 2024

18:30 vir 19:00

P.A. Hamlet NG Kerksaal

Ligte ete ingesluit l Bring eie drankies en glase

Vir inligting skakel Kerkkantoor (023) 313-3694 Alma 083-443-0881

SANLAM Boland Kavaliers het Saterdag 29 Junie ‘n draai op Ceres gemaak. Boland het teen die Phangela SWD Arende op die Lyellstraat sportgronde gespeel en die wedstryd met 43-7 gewen. FOTO: Trevor Felix
VEERTIG model vlieëniers van verskeie vliegklubs van regoor die Wes-Kaap en Suid-Kaap is die naweek uitgenooi om hulle vernuf met radiobeheerde vliegtuie en helikopters te wys. FOTO: Tommy Weideman

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

DELICIOUS kon nie Saterdag hul segetog voortsit nie en het met 19-25 vasgeval teen Hamlet. Marlin Baron (losskakel) van Hamlet het ‘n goeie wedstryd beleef en Tyron Fortuin (foto bo) het ‘n paar sterk lopies ingekry.

FOTOS: Trevor Felix

Hamlet klop Delicious

DELICIOUS was die naweek gasheer vir die wedstryd tussen Boland en SWD en vir Hamlet.

Delicious kon nie Saterdag hul segetog voortsit nie en het met 19-25 vasgeval teen Hamlet. Die rustydtelling was 7-3 in Hamlet se guns. Na rustyd gaan druk Hamlet nog drie drieë om die derbystryd te wen.

Marlin Baron (losskakel) van Hamlet het ‘n goeie wedstryd beleef en Tyron Fortuin het ‘n paar sterk lopies ingekry.

*Name van puntemakers was nie beskikbaar nie.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:

Bella Vista klop Young Blues naelskraap met 20-19, Ceres is te sterk vir Temperance en wen 40-14, Wolseley verloor naelskraap met 17-18 teen Paarl Evergreens, Wellington verras teen Roses en wen 30-24 en Hillcrest klop Newtons met 18-15.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende nor male kantoor ure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Erf 1632 Ceres

Ligging / Location

Cloetestraat 2 / 2 Cloete Street, Ceres

Aansoeker / Applicant

WJ Cotter, R Crafford, JJ Cronje (Jaco Cotter083 273 2835)

Aard / Nature

Hersonering vanaf Nywerheidsone I na Besigheidsone I en Vergunningsgebruik (Woonstel) / Rezoning from Industrial Zone I to Business Zone I and Consent Use (Flat)

Sluitingsdatum / Closure date 06/08/2024

Rodney wen klubkompetisie

DIE naweek het Ceres gholfklub ‘n individuele stableford kompetisie aangebied.

Rodney Engelbrecht was die wenner met 36 punte. Henk Rossouw was tweede met 35 punte met BJ Claasen in die derde plek met 34 punte.

Ander kompetisies

Ceres gholfklub het Vrydag 28 Junie ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse.

Die kompetisie is deur Robert Matthee met 19 punte gewen met Wincen Abrahams in die tweede plek, ook met 19 punte.

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.

Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

Juliemaand se klubkompetisies: Op 6 Julie bied die klub ‘n enkel houespel kompetisie aan. Op Saterdag 13 Julie kan spelers inskryf vir ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 20 Julie ‘n enkel stableford kompetisie en op 27 Julie ‘n enkel syfer plus kompetisie.

Min tyd vir inskrywings

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Enkelspel- en Pare-putjiespel kampioenskappe

Inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Julie en die trekking sal op 12 Julie gedoen word. Die eerste 16 betaalde spelers/pare sal deel wees van

die trekking. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332, 076-233-1981 of (023) 312-3068

*Daar is nog net vier pare-inskrywings en vyf enkel-inskrywings vir die 2024 putjiespel.

CERES gholfklub het Vrydag 28 Junie ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Die kompetisie is deur Robert Matthee (regs) met 19 punte gewen Wincen Abrahams was in die tweede plek, ook met 19 punte.

Gilliomee, belowende losskakel en kaptein van Boland se o/18 Cravenweekspan, is na afloop van die 60ste Cravenweek, in die S.A. Skole A-span opgeneem. Gilliomee, ‘n leerder van Charlie Hofmeyr op Ceres, het by die toernooi uitgeblink en die tweede meeste punte aangeteken. * Boland het die toernooi onoorwonne afgesluit met oorwinnings van 4121 oor die Luiperds, 34-20 oor Grens en 35-27 oor die OP.

LUAN

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.