Witzenberg Herald Vol.26 no.26 (Online Weergawe)

Page 1

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Raadslid aangekla

‘n RAADSLID van die Witzenberg munisipaliteit is in die moeilikheid nadat sy verlede naweek gearresteer is na ‘n aanrandingsvoorval. Die raadslid vir Op-die-Berg (wyk 8) is na die beweerde voorval, op waarskuwing vrygelaat en gewaarsku om op Dinsdag 25 Julie in die Ceres landdroshof te verskyn.

Voorval

Die aanranding het omstreeks 02:00 op 25 Junie plaasgevind toe die raadslid na haar bure se woning gegaan het om te kla oor die harde musiek. Daar was ‘n onderonsie en het sy na bewering vir Kevin Arries (19) met ‘n selfoon deur die gesig geslaan.

Die polisie is ontbied waarna hulle die raadslid gearresteer het.

*Die raadslid moet op Dinsdag 25 Julie vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn. Sodra sy verskyn het, kan haar naam gepubliseer word.

DIE skihut op Matroosberg het Saterdag 27 Mei heeltemal afgebrand. Drie voertuie is ook in die brand verwoes.

Brandstigter vasgetrek

WES-KAAP speurders het ‘n deurbraak gemaak in die brandstigtingsaak waartydens die Matroosberg skihut in puin gelê is.

‘n Gewoonte misdadiger van die omgewing en ‘n minderjarige medepligtige is Maandag 3 Julie gearresteer weens dié brandstigting.

Die 24-jarige verdagte sal Donderdag 6 Julie in die Ceres landdroshof verskyn. Dit is nie bekend of die minderjarige al aangekla is nie.

Die Wes-Kaap speurdiens ondersoek die brand wat die Matroosberg skihut op Saterdag 27 Mei in puin gelê het. Die skihut het heeltemal afgebrand en drie voertuie van gaste wat daar oornag het, is ook in die brand verwoes.

Dié ondersoek is deur die Wes-Kaap speurdiens oorgeneem en brand deskundiges was kort na die brand op die toneel.

Aanvaller bly agter tralies

‘n MAN wat ‘n vrou aangeval en probeer verkrag het, bly agter

tralies tot sy volgende hofverskyning.

Die forensiese verslag is nog nie beskikbaar nie aangesien die brandeenheid in Pretoria nog besig is daarmee.

Agtergrond

Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag. Die groep het Vrydagaand na 21:00 by die skihut aangekom, daar vleis gebraai en oornag. Saterdagoggend omstreeks 07:00 het die groep vriende 15 kilometer gaan stap en met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.

*Dit is die tweede keer dat die skihut afbrand. In Januarie 1992 het ‘n bergbrand van De Doorns se kant oorgekom en die hut het toe afgebrand.

Lee-Irvin Geldenhuys is op 31 Mei vasgetrek nadat hy ‘n vrou op pad na die Koekedouwdamwal aangeval het op Saterdag 20 Mei. Die polisie het eers hul ondersoek afgehandel voordat hulle vir Geldenhuys gearresteer het. Geldenhuys het op 8 Junie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van poging tot verkragting en aanranding om ernstig te beseer. Die saak is na Dinsdag 18 Julie uitgestel.

‘n Vrou van in haar dertigs, is omstreeks 10:00 aangeval en aangerand terwyl sy na die damwal gestap het.

Geldenhuys het haar aangeval en probeer verkrag. Terwyl sy histeries geskreeu het, het hy haar verskeie kere met ‘n klip teen die kop gegooi en gekap. Hy het na die aanval weggehardloop.

Martin Behm (023) 316-2959
tinb@27four.com • Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
082-734-4549mar
Witzenberg Volume 26 no. 26 R 8.50 Friday, 7 July 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 90% WAVERENSKROON TULBAGH 13% Lesings geneem: 2023/07/05
Donderdag 6 Julie 6° 24° Vrydag 7 Julie Saterdag 8 Julie Sondag 9 Julie 4° 17° 1° 11° 0° 12° TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres Valid until 31 July 2023 MINI SERVICE + FREE POWER GEL ............ R275 MAJOR SERVICE.... R395 WASH & LUBE........... R85
Verslag nog nie klaar nie
LEE-IRVIN Geldenhuys.

Nuwe raadslid in Klaasen se plek

DIE bedanking van Barnito Klaasen (47) op 1 Julie as raadslid van die Witzenberg munisipaliteit, het nou die weggebaan vir die DA om ‘n nuwe kandidaat in sy plek aan te wys.

Na meer as 18 maande van omstredenheid en talle hofsake, het Klaasen self besluit om as DA proporsionele lid te bedank.

Rudolf Perold Architect Urbanist

Professionele argitekspraktyk in Prince Alfred Hamlet, werksaam deur die hele Witzenberg en Boland-streek. Volledige argiteksdiens van konsepontwerp tot konstruksie. Vind ons op Google of Instagram, of skakel 084 484 4484

HUIS

Huis PJ DU PLESSIS STRAUSS is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes- en Suid-Kaap] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde en dinamiese persone met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor ouer persone en hulpbehoewendes, word vir die volgende betrekkings ingewag:

HUISHOUDSTER

Vereistes : • Bewese ervaring as voedseldiensbestuurder • Verantwoordelik vir huishoudelike afdeling (skoonmaakdienste, waskamer, spyseniering) • Bestuurderslisensie.

VERSORGER / SAALHULP

Vereistes: • Opleiding en ervaring as versorger • Verantwoordelik vir versorging van fisies en psigies verswakte bejaarde persone • Matriek sertifikaat

KOK / KOMBUISHULP

Vereistes: • Ervaring as kok of kombuishulp • Verantwoordelik vir voorbereiding en bediening van voedsel, skoonmaak van kombuis, eetsale, ens.

ALGEMENE WERKER

Vereistes: • Ervaring as skoonmaker

• Verantwoordelik vir skoonmaak van vloere, vertrekke, toerusting, ens.

• Verantwoordelik vir tuindienste en dien as assistent vir Faktotum • Verrig take as drywer (bestuurderslisensie/ PDP ‘n vereiste)

Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese- en aftreeskema en ruim verlof.

Rig ‘n volledige CV, tesame met ‘n aansoekbrief en duidelik gemerk die pos waarvoor u aansoek doen, nie later as 21 Julie 2023 aan: Die Bestuurder, Huis PJ Du Plessis Strauss, Lyellstraat 36, Ceres, 6835 Of stuur ‘n e-pos aan: huispjstrauss@isat.co.za

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Die munisipaliteit het die week ‘n vakature by die OVK verklaar waarna ‘n nuwe raadslid volgende week aangewys sal word.

Betroubaar word verneem dat Trevor Abrahams, oudonderwyser en boer van Ceres, die aangewese persoon is wat volgende week Klaasen se plek op die raad gaan inneem.

Die DA in die Wes-Kaap het twee weke gelede in ‘n mediaverklaring bevestig dat Klaasen op 6 Junie besluit het om as raadslid te bedank.

Onstuimige tyd

Na ‘n onstuimige 18 maande met talle ondersoeke teen hom, is Klaasen op 14 April vanjaar van die prokureursrol geskrap en ‘n voorlopige sekwestrasie-aansoek is Meimaand by die Meester van die Hooggeregshof teen hom en sy vrou, ingedien.

Respondente moes voor einde Junie vir die

hooggeregshof aandui waarom die sekwestrasie-aansoek teen die egpaar nie ‘n finale bevel gemaak moet word nie.

Die aansoek is tot ‘n latere datum uitgestel.

Die Hooggeregshof kon Woensdag 5 Julie nog nie bevestig na watter datum die aansoek uitgestel is nie.

Behalwe vir die SARPR se regskostes, is Klaasen verantwoordelik vir meer as R7.2 miljoen se terugbetalings.

Die SARPR-ondersoek en -aansoek hou verband met R6.559 miljoen wat Klaasen onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het, dat hy tydens die ondersoek verbied was om verder as prokureur te praktiseer en dat die trustrekening bevries word.

Die prokureurskantoor op Ceres is ook maande gelede gesluit.

Glen-Will en sy ouers dankbaar vir ondersteuning

GLEN-WILL Tromp, leerder van Charlie Hofmeyr en sy ouers, wil elkeen bedank wat hom ondersteun het om aan die Grant Khomo rugbyweek deel te neem. Hier ontvang hy sy Boland trui van Peet van der Walt.

Heuningkwas of .....HARDEKWAS

ALMAL van ons het ‘n slegte of swak gewoonte - party het meer slegte gewoontes as ander.

DIE beminde tannie Monica Bester (93) van Tulbagh is op 29 Junie oorlede. Sy was ‘n baie spesiale persoon wat vir 43 jaar die Hoërskool Tulbagh se sekretaresse was. In hul huldeblyk sê Tulbagh Hoërskool dat tannie Monica vir honderde leerders en opvoeders oor die jare ook ‘n ma, vriendin, trooster en raadgewer was. Sy het haar lewe aan die skool, sy personeel en leerders gewy - rus sag, tannie Monica. Tannie Monica was die afgelope 5 jaar ‘n inwoner van Huis Disa op Tulbagh waar sy net so geliefd onder inwoners en personeel was.

FAGHAN Swartbooi van Charlie Hofmeyr hoërskool is in die o/15 WesKaap rugbyspan opgeneem.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Suid Afrika se voorkeur produseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in Ceres.

TYDELIKE DRYWER

Verantwoordelikhede sluit die volgende sleutelprestasieareas in :

•Bode pligte (banke, vervoer van werkers, onderdele aflewer en gaan haal, pos)

•Skoonhou van voertuie

•Voorrit-inspeksies op voertuie

•Aflewerings

•Dokumentasie - rit magtigings

Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik:

•PDP

•Geldige kode 08 lisensie

•Fisies gesond wees

•Kennis van roetes van Kaapstad & omgewing

•Graad 12

•Vurkhyser lisensie sal voordelig wees Stuur asseblief u CV per e-pos aan: Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

E-pos: dlintnaar@cfp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke : 14 Julie 2023

Party mense se gewoontes is nie so opvallend of irriterend nie. Maar seker van die mees irriterendste gewoontes - of dit is dalk luiheid - is mense wat teen die middag se kant steeds in hulle nagklere in die dorp en woonbuurtes rondloop. Ander gaan sommer inkopies doen met hulle nagklere aan of met krullers in die hare. Doen bietjie moeite, staan vroeër op en trek aan voordat jy dorp toe gaan. Almal is nie lus om jou in jou nagklere te sien rondloop nie. Mans kan ook regte broeke aantrek en hul blink prentjie-nagbroeke by die huis los. Ander slegte gewoontes soos die gespoegery op straat, hou weer gesondheidsrisikos in vir jou mede inwoners. Ander weer kan nie goed beplan nie en as die nood druk dan gebruik hulle sommer die bome en oopruimtes in die dorp vir ‘n toilet. Een so ‘n inwoner was skaars 400 meter van sy woonhuis toe sy passasier se nood te groot raak. In plaas daarvan om te knyp, gebruik die persoon sommer die boom by die stopstraat naby die Ceres hospitaal. Kom aan! Respekteer jou mede inwoners.

2 l WITZENBERG HERALD l 7 JULY 2023
PJ DU PLESSIS STRAUSS TEHUIS VIR BEJAARDES - CERES BARNITO Klaasen (47). Francois Snyman

dat bejaardes met waardigheid versorg moet word. Hulle is derhalwe ingesluit by die munisipaliteit se inisiatief - waarvoor daar elke boekjaar begroot en geprioritiseer word - om doeke te verskaf aan dienssentrums vir bejaardes, skole, VKO-fasiliteite en organisasies wat na erg gestremde of siek persone omsien. Die departement van gemeenskapsontwikkeling en beplanningsdienste het gedurende die boekjaar 995 pakke doeke vir volwassenes binne die distrik versprei met ‘n spesifieke fokus op organisasies wat na gestremde of siek persone omsien. “Hierdie projek is een van die waardevolste projekte van die KWDM en ons voel bevoorreg om ’n klein verskil te maak met ’n projek wat versorging en waardigheid aan die kwesbaarste inwoners voorsien,” het rdl. Minnie Petersen, gesê. Die KWDM het erkenning vir die waarde en kennis wat bejaardes ons kan bied, en het empatie met die probleme wat diegene met gestremdhede ervaar. VLNR: Rdl. Gerrit Fredericks (KWDM), rdl. Margie Sampson (KWDM onderburgemeester), rdl. Dirk Swart (KWDM verteenwoordiger) en Lylani Adams (KWDM).

glo

Reënvalsyfers oortref vorige jare

Reënvalsyfers oortref vorige jare

MEER as 400 mm reën is gedurende Juniemaand op Ceres gemeet.

Volgens iLeaf se statistieke het 430.8 mm reën op Ceres uitgesak. In die Winterhoek-vallei by Tulbagh is 304.5 mm gemeet en 352.9 mm by Romansrivier. By Sterkwater in die Koue Bokkeveld is 233.2 mm gemeet en in die BoSwaarmoed-omgewing het 192.2 mm uitgesak.

Gedurende Junie 2022 is 157.6 mm op Ceres gemeet, 99.7 mm in die Winterhoekvallei by Tulbagh en 160.5 mm by Romansrivier.

By Sterkwater in die Koue Bokkeveld is 154.3 mm gemeet en in die Bo-Swaarmoed-omgewing slegs 86.3 mm. Die 2023 syfer is tussen 2 en 3 keer meer as die vorige jaar.

Die Koekedouwdam is 100% vol teenoor die 62,5% aan die einde van Junie 2022. Tulbaghdam is tans 90% vol en die nuwe Waverenskroondam 13% vol.

*Reënvalsyfers word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.

DIE Witzenberg munisipaliteit verwelkom Jeremy Kolkota as die nuwe adjunkdirekteur van finansies. Jeremy is oorspronklik van Elsiesrivier en is vanaf 1 Februarie in die pos aangestel. Hy is ‘n gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester en het voorheen by die Ouditeur Generaal se kantoor in Kaapstad gewerk. VLNR: David Nasson (munisipale bestuurder), Jeremy Kolkota en Cobus Kritzinger (direkteur van finansies).

Best frontline service delivery employee CALL FOR AESTHETICS

PHUMLA Yabo, acting deputy principal of Nduli primary school becomes the best frontline service delivery employee at Nduli primary. This follows an award ceremony held at Century City on May 12 where she received a silver award from WCED.

ADVISORY COMMITTEE NOMINATIONS

Witzenberg Municipality calls for nominations of public persons to be appointed as members of the Ceres CBD Aesthetics Advisory Committee.

The Witzenberg Municipality intends to facilitate the establishment of an independent Aesthetics Advisory Committee for the Ceres Central Business District (CBD) comprising of the area along Voortrekker and Vos Streets. The Committee will be responsible for commenting on building plan applications as designated by Witzenberg Municipality.

The Aesthetics Committee will consist of members of the public with knowledge and experience of building and aesthetics matters. Responsibilities will include providing input on building plan applications, attendance and participation at meetings of the Committee, attending site inspections and other duties and functions.

Interested individuals are invited to submit nominations for consideration as members who have knowledge, experience, and/or qualifications in one or more of the aforementioned fields to be appointed to the Ceres CBD Aesthetics Advisory Committee for its first term of office. Members will be appointed for a four year term, subject to terms and conditions. It is a part time position, estimated to take 10 (ten) hours per month, and does not involve remuneration.

Nominations must be in writing accompanied by a curriculum vitae of the nominee. The closing date for the nominations is: 14 August 2023.

Applications must be sent to the Municipal Manager: By

7 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 3
DIE Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) sterk
post: P.O. Box 44, Ceres, 6835
delivered to: 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
E-mail: meagan@witzenberg.gov.za
Hand
By

OP 16 Junie, het die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum ‘n suksesvolle Jeugdag aangebied. Meer as 320 hoërskoolleerders het die Jeugdag verrigtinge bygewoon. Die aanbieding was interaktief, lewenslustig en leersaam. Die plase se bestuur vertel dat die kinders nie kan ophou praat oor hoe goed die boodskappe was wat hulle ontvang het nie. Dankie aan al die leerders wat die dag bygewoon het. Hulle gedrag was puik en ons is trots op julle!

DIE Witzenberg munisipaliteit het einde 2022 vir die tiende agtereenvolgende jaar ‘n skoon oudit behaal. Die bekendmaking van die skoonoudit is deur die Ouditeur-Generaal gedoen. Die oorhandiging van die trofee is vroeër vanjaar aan die Witzenberg uitvoerende burgemeester, raadsheer Hennie Smit, oorhandig. Hier is die uitvoerende komitee met die trofee afgeneem. VOOR: Rdl. Lea Hardnek, raadsheer Hennie Smit (burgemeester) en raadsheer Karriem Adams. AGTER: Raadsheer Ronald Visagie en rdl. John Fredericks.

NDULI primary school choir (grades R-7) optained four trophies for both infants and intermediate phase and a second place. The schools choral competition was held in Worcester. Seen here is Mr. Gqalaqha Siseko with some of the students. They also received an invitation to participate in the Schools Arts Festival 2023 at Artscape in Cape Town.

Blood is needed daily for patients to stay alive, so it is always in demand. It cannot be manufactured outside the body, and it has a limited shelf life. There are various periods throughout the year when the Western Cape Blood Service (WCBS) struggle to maintain the required 5-day blood stock levels. The fluctuation in the stock levels can be ascribed to the supply and demand of blood. WCBS carefully assess how many units of blood are needed and send out various collection teams daily to collect blood, but when the planned amount is not collected, it adds pressure to the overall supply.

The periods that typically influence the lack of supply are:

• Winter months - as weather is not conducive to going out, and with storms in Cape Town, they see the effects on the blood stocks. Blood donors suffer from colds and flu during this time and can subsequently not donate blood - up until 3 days after the resolution of their symptoms.

• School and public holidays - blood donors take a well-deserved break and don’t attend their regular blood donation clinic. There are also no blood donation clinics at schools and universities as they are closed during this time.

• Ramadan - during the fast in the month of Ramadan, Muslim donors cannot donate blood, as it is a requirement for a donor to eat at least 3 - 4 hours prior to donating. Aside from the periods that influence the blood supply, the demand for blood can increase when there is a rise in trauma cases or elective surgeries. Thousands of patients require a life-saving blood transfusion daily in South Africa. Aside from accident and other traumarelated transfusions, blood is also needed for patients undergoing chemotherapy; awaiting a bone marrow transplant; during childbirth; undergoing heart surgery; suffering from immunodeficiency disorders; and to correct a low platelet count.

“As we are currently in the middle of winter and school holiday’s we encourage everyone to help support the many patients who need blood during this crucial period,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS. During the winter period, WCBS pays tribute to blood donors, or as they refer to them, local heroes, by giving each donor who successfully donates blood a pair of WCBS hero-inspired socks.

“Not all heroes wear capes; they donate blood and save lives. No matter who you are, you could become a hero. Register to become a blood donor today”, Carli added. If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate.

For more information or to find your closest blood donation clinic, visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060-549-7244

Do something remarkable, donate blood.

Distributed by the Western Cape Blood Service Public Relations Manager | Marike Carli | 071-856-3625 | marike@wcbs.org.za

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Witzenberg munispaliteit kry vir 10de jaar 'n skoon oudit

DIE Witzenberg munisipaliteit het einde 2022 vir die tiende agtereenvolgende jaar ‘n skoon oudit behaal. Hier is personeel saam met ‘n paar raadslede afgeneem.

AGTER: Raadsheer Ronald Visagie, Heinrich Snyers, Franklin Mars, William Mars, Cobus Kritzinger (direkteur finansies), Beatrix Visser, Anne Alberts en rdl. Gert Laban.

MIDDEL: Rdl. John Fredericks, Sandy Peres, Shayle Mentor en Carmen Stevens.

VOOR: David Nasson (munisipale bestuurder), rdl. Lea Hardnek, raadsheer Hennie Smit (burgemeester) en raadsheer Karriem Adams.

4 l WITZENBERG HERALD l 7 JULY 2023

Witzenberg Munisipaliteit 2023/2024 Begroting

INCOME

The operational income budget for the 2023/2024 financial year totals R904 million, of which R205 million is from capital and operational grants

Inkomste bronne

CAPITAL BUDGET

The Capital Budget for the 2023/2024 financial year is R73.3 million, of which R16.9 million is from revenue generated by the municipality.

The rest of the capital budget is financed from grant funding received from government grant and a loan.

Totale uitgawes per prestasie-areas

EXPENDITURE

The operational expenditure budget for the 2023/2024 financial year equates to R912 million, of which R757 million is financed from the revenue generated by the municipality. The rest of the operational budget is financed from grant funding received from government entities

The increase in salary expenditure in based on an expected increase of 5.5% CPI as well as the notch increase of 2.5% for qualifying employees. This is in line with the new wage agreement.

It is estimated that the increase in bulk purchases will be 18.49%.

Bedryfs uitgawes

Administration

Operational Spend R175 mil

Capital Investment R1 mil

Community services

Operational Spend R77 mil

Capital Investment R1 mil

Refuse removal

Tarriffs increase by 6%

Operational spend R71 mil

Capital Investment R14 mil

Free service to the indigent

Electricity

Tariffs increase by 18.49% for residential, commercial & industrial consumers. Operational spend R404 mil

Capital Investment R5 mil 50kWh free units to the indigent

Water

Tarriffs increase by 6%

Operational spend R51 mil

Capital Investment R18 mil

Roads

Operational Spend R28 mil

Capital Investment R27 mil

Sanitation

Tarriffs increase by 6%

Operational spend R45 mil

Capital Investment R0 mil

Free service to the indigent

Housing

Operational Spend R12 mil

Capital Investment R0 mil

Public Safety

Operational Spend R51 mil

Capital Investment R2 mil

Property rates

Revenue increase by 6%

Begroting hoogtepunte:

·Tariewe is aangepas in lyn met begrote verhogings in wesenlike koste komponente soos elektrisiteit aankope en salarisse.

·Water +6%

Riool +6%

Vullis verwydering+6%

·Die eerste R150 000 op die waarde van residensiële eiendomme is vrygestel van eiendomsbelasting.

·Elektrisiteitstariewe styg met 18.49%, wat gelykstaande is aan die verhoging van grootmaat aankope by Eskom.

·‘n Nuwe waardasierol sal vanaf 1 Julie 2023 geïmplementeer word. Tariewe is herbereken om die gemiddelde verhoging in eiendomsbelasting betaalbaar tot ±6% te beperk. Die werklike verhoging in die rekening sal wissel na gelang van die aanpassing van die markwaarde van die spesifieke eiendom.

7 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 5
Op die foto verskyn van die personeel van Witzenberg munisipaliteit, departement van finansies wat betrokke was by die skoon oudit. AGTER: Heinrich Snyers, Franklin Mars, Cobus Kritzinger (direkteur finansies), Beatrix Visser, William Mars en Anne Alberts. VOOR: David Nasson (munisipale bestuurder), Sandy Peres, Carmen Stevens en Shayle Mentor.

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com

066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Winsten Brendan Koeries

MagdalenaMagdalena MagdalenaMagdalena Magdalena PP Pedroedro edroedro edro

1977/03/19 - 2023/06/26

R oudiens: Do. 06/07/2023

om 19:00, VGK Tulbagh

Begrafnisdiens: Sat. 8 Julie 2023

Huis: 10:00, 3de Laan 29, Tulbagh

Kerk: 11:00, VGK Tulbagh

Graf: Tulbagh Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ (023) 316-1814

Angelique Abrahams

1980/02/10 - 2023/06/30

R oudiens : Do. 06/07/2023

om 19:00, Christian Mission

Kerk, Noordhoekstraat, Bella Vista

Begrafnisdiens: Sat. 8 Julie 2023

Kerk: 09:00, Christian Mission

Kerk, Noordhoekstraat, Bella Vista Graf Bella Vista

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel 082-859-2300

1970/02/08 - 2023/06/29 Begrafnisdiens: Sat. 8 Julie 2023

Kerk: 09:00, Suiderlandse Kerksaal, Bella Vista

Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Margaret Jacobs

1957/05/05 - 2023/06/30

R oudiens : Do. 06/07/2023

om 19:00, Impalaweg 241, BV Begrafnisdiens: Sat. 8 Julie 2023

Huis: 12:00, Impalaweg 241, Bella Vista

Kerk 13:00, PPK Bella Vista

Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel

082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres

Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE TOOL HIRE

nuusbrokkies

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas gedurende Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan: isaacjacobs50@yahoo.com

AND FRAMES

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

MASSAGE SPECIALS

Valid untill 31 July

Full Body (75 min)....R450

Full Body (60 min)....R380

Back/Neck & Shoulder

(40min) R320

Back/Neck & Shoulder

(30min) R250 Skakel Joanne 083-551-6688 of (023) 312-1080

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Skakel (023) 347-4092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Het jy ongebruikte artikels wat jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem? net in opneem? net

Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items met ‘n prys onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of pere-pos aanvaar nie

PLEASE support our Ceres Donation Drive. We would like to show our support to members of the community that were hit hard by the recent flooding. The Togryers museum has a task team that will ensure fair distribution of donations. Please let us stand together and help one another. For more information contact 076-6892885.

DIT is weer tyd vir die Vriende van die Togryers museum se algemene jaarvergadering. Vanjaar het ons ‘n uitstekende spreker. Woon die AJV by op 19 Julie om 18:00 en kom luister na prof. Nigel Penn, emeritus professor aan die Universiteit van Kaapstad wat gaan gesels oor Encouters with the unknown 1769 -1860. Indien jy belangstel om die aand by te woon, skakel ons by (023) 312-2045. Koste vir nie-lede beloop R30 p.p.

DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 1974-2022 uit na ‘n gala-geleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:0023:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-880-0321 Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081-815-7343, Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-691-4407.

SMME’s benefit from Entrepreneurs Day

OVER 100 local entrepreneurs gathered on 8 June at the Bella Vista Community Hall, in Witzenberg, for the annual Entrepreneurship Day event, aimed at educating local SMME’s about compliance, governance, available funding opportunities, as well as engagement with key government department stakeholders. This event was funded by Perdekraal East Wind Farm and forms part of a broader and ongoing initiative aimed at equipping and assisting SMME’s towards being more sustainable. This annual event provides entrepreneurs with opportunities to achieve compliance, learn from different stakeholders such as the Department of Agriculture: Rural Development Programme, as well as gain insights into the internal processes of these stakeholders. In addition to compliance and funding, entrepreneurs further can

explore how the services provided by each stakeholder can assist them. Glodine du Toit, owner of Glodine Cake Box and a small business owner and beneficiary of the programme.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too

GRATIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET

Sien advertensie elders op die bladsy vir termes en voorwaardes.

6 l WITZENBERG HERALD l 7 JULY 2023 classifieds
23 Augustus 18:30 vir 19:00 NG Kerk PAH Sop en brood ingesluit Bring eie drankies en glase Navrae: NG Kerk P.A.H Kerkkantoor (023) 313-3694 of Alma Goosen 083-443-0881 RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter
MOLLIEMOLLIE (Female) 16 Months old GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, via tel, to make an appointment. *Conditions apply ANAKINANAKIN ANAKINANAKIN (Male) Born 14/02/2023 WIGGLESWIGGLES WIGGLES (Male) 13 Weeks old SMOKEYSMOKEY (Male) Born 14/02/2023 SHADOWSHADOW SHADOWSHADOW (Male) Born 14/02/2023 WW WAFFLEAFFLE AFFLEAFFLE AFFLE (Male) Born 14/02/2023 SIMBASIMBA SIMBA (Male) Born 15/03/2023
small.
MariaMaria
GLODINE du Toit.
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
7 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 7

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Duiwe vlieg van Beaufort Wes

WEDVLUGDUIWE is op 1 Julie op Beaufort Wes losgelaat.

Duiwe kon vinnig hul hokke bereik en het die wedvlug in ongeveer vier uur afgelê.

Saterdag 8 Julie vlieg duiwe vanaf VictoriaWes wat dan ook die eerste middelpad wedvlug sal wees.

CPHS

Jaaroud

1. Cyril en Anne Davids -1314.701 mpm

2. Cyril en Anne Davids -1171.165 mpm

3. Cyril en Anne Davids -1105.544 mpm

4. Cyril en Anne Davids -1099.667 mpm

5. Jacobus Kupido -1093.656 mpm

Ope

1. Team Koopman -1329.345 mpm

2. Team Koopman -1305.153 mpm

3. Cyril en Anne Davids -1301.036 mpm

4. Team Koopman -1298.746 mpm

5. Cyril en Anne Davids -1298.457 mpm

CPS

Jaaroud

1. E. Lofts - 1332.218 mpm

2. S.R. Williams - 1304.225 mpm

3. Blue Mountain Loft -1289.700 mpm

4. Mike Loft - 1275.302

mpm

4. R.A. van Wyk - 1266.036 mpm

5. D. Muller - 1255.948 mpm

1. M. Pieterse - 1338.344 mpm

2. L. Koopman - 1317.676 mpm

3. M. Pieterse - 1252.173 mpm

4. R.A .van Wyk - 1236.838 mpm 5. N. Smith - 1233.601 mpm

LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige hengellaar, het onlangs vir die tweede keer die Protea vroue kushengelspan gehaal.

Leensie gaan Suid-Afrika langs viswaters verteenwoordig

LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige hengellaar, het onlangs weer die Protea vroue kushengelspan gehaal.

Sy is tans tweede gekeur in die land.

In 2022 is Leensie vir die eerste keer vir die Protea kushengelspan gekies wat teen Namibië by die internasionale kushengel kampioenskappe op Jeffreysbaai deelgeneem het. Sy behaal die eerste plek in die vroue-afdeling en die span verower ‘n goue medaljé.

Vanjaar word sy vir die tweede keer gekies. Die Protea-span gaan in Desember deelneem aan die internasionale kushengel kampioenskappe op Hentiesbaai.

Ander prestasies

Van 2016 tot 2020 verteenwoordig sy

Boland kushengelspan en in 2021 haal sy die SA President kushengelspan.

In 2022 hengel sy as geleende hengelaar vir Zululand vrouespan en kom sy eerste by die SASAA vroue nasionale kampioenskap. Die Zululand-span wen ook goud.

In 2023 verteenwoordig Leensie weer die Boland kushengelspan waar die Boland-span goud verower.

Leensie is ook ‘n Fishman Tackle ambassadeur. Spanlede moet self hul vervoer-, verblyf- en toernooi-onkostes na die komende nasionale kampioenskappe in Desember betaal.

Die Witzenberg gemeenskap kan haar ondersteun om looitjies te koop of ‘n donasie gee. Skakel haar gerus by De Villiers Optometrist by (023) 312-3768

TWEE neefs van Tulbagh, Flip du Plessis en Johann du Plessis, het onlangs aan die jaarlikse Theuniskraal trailrun deelgeneem. Hulle het die 30 km wedloop voltooi. VLNR: Lance Pepler (aankondiger), Flip du Plessis, Flippie en Annari Jordaan van Theuniskraal en Johann (Hollie) du Plessis.

Twee van Ceres deel van o/21 groep

TWEE inwoners van die streek is onlangs gekies as Boland o/21 bestuurspanlede. Gaby Kaalmeyer (heel links) is die o/21 spanbestuurder en Zenaldo Fredericks is die nuwe fiksheidsafrigter. Boland speel hul eerste wedstryd teen Grens.

8 l WITZENBERG HERALD l 7 JULY 2023
‘n GROEP vriende en kinders het van 27-29 Junie die Klipspringer-staproete by Augrabies in die Noord-Kaap voltooi. VOOR: Markdeen Draai, PJ de Wee en Menill Draai. AGTER: Jo- Anne Sass, Jonathan Witness, Kae-Will Witness, Alwyn Smit, Zeeck Swarts, Edwahl Felix en Suelindie Witness.
mpm 5. N. Jacobs - 1249.132 mpm Ope 1. Meyer en Van Wyk -1354.102 mpm 2. Camerin Mars -1334.856 mpm 3. N. Jacobs - 1327.536 mpm 4. N. Jacobs - 1326.280 mpm 5. S.R. Williams - 1296.297 mpm BHPS Jaaroud 1. D. Muller - 1337.304 mpm 2. M. Pieterse - 1289.855 mpm 3. R.A. van Wyk - 1277.836
Ope

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.