Witzenberg Herald Vol.23 no. 26 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 26

R7.00

Friday, July 10, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 9 Julie

9° 15°

Vrydag 10 Julie

5° 11°

Saterdag 11 Julie

Sondag 12 Julie

2° 9°

7° 15°

(023) 316-2463 CERES

Ceres Koekedouw dam

48,2%

For T&C’s visit www.steers.co.za

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/07/08

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

‘n VROU is verlede Donderdag 2 Julie lig beseer toe sy naby Grootvlei-plaas beheer oor ‘n Wes-Kaap regeringsbakkie verloor en dit gerol het. Die ongeluk het omstreeks 09:00 plaasgevind op die R46 tussen Tulbagh-weg en die Eikelaan-afdraai. Die bestuurder is na die Ceres Netcare hospitaal geneem vir behandeling. FOTO: Louise de Lange

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Drie verdagtes vlug berge in ‘n GEWAPENDE man en sy makkers het Dinsdag ‘n plaaseienaar probeer beroof buite Wolseley. ‘n Reuse soektog is kort na die voorval op Elandskloof, geloods waaraan polisielede, die honde-eenheid asook plaaswaglede deelgeneem het. Hommeltuie en privaat helikopters is ook ingespan in die soektog. Die polsie het die week gesê die voorval het op 7 Julie omstreeks 05:50 plaasgevind kort nadat die 65-jarige Peter Hartmann in sy werksbakkie geklim het op die plaas. Hy het ‘n man met ‘n klapmus op buite die bakkie se passasiersvenster gewaar wat ‘n vuurwapen op hom rig. Hy het die bakkie se toeter verskeie kere gedruk terwyl hy agteruit gery het. Sy vrou, Batie, was in die woonhuis. Die gewapende verdagte het hom bly volg voordat ‘n veiligheidslig aangeskakel het.

Die verdagte het toe omgedraai en weggehardloop saam met ‘n ander verdagte. Geen skote is afgevuur en beide is ongedeerd. Plaaswerkers het later genoem dat hulle drie verdagtes gesien hardloop het in die rigting van die berg agter die woonhuis. Inligting Indien daar mense is met inligting oor die verdagtes, kan hulle Wolseley speurtak skakel by (023) 231-8012 of 079-894-0195. Inligting is tans skraps en teen Woensdagoggend was daar nog geen arrestasies uitgevoer nie. Die verdagtes het klapmusse op gehad en is blykbaar nog iewers teen die berg vasgekeer. Die soektog kon egter eers ‘n paar uur na die voorval van stapel gestuur word wat bygedra het dat verdagtes nog nie opgespoor is nie.

COVID-19 oortredings

Twee polisielede geskors TWEE polisielede wat onlangs weens oortredings van die Wet op Rampbestuur (wet 57 van 2002) aangekla is, is geskors.

DIE Wes-Kaap regeringsbakkie is 'n wrak.

Die SAPD se provinsiale kantoor sowel as die Ceres SAPD weier steeds om kommentaar te lewer oor die voorvalle waarby die twee polisiemanne, ‘n 39-jarige konstabel en ‘n 44-jarige sersant, betrek word. Die polisie hou vol dat die regte prosedures gevolg is. Betroubaar word verneem dat die twee polisiemanne

Koop jou nuwe Hilux teen kosprys

middel Junie geskors is maar dit kon nie bevestig word by een van die twee kantore nie. Beboet Die twee polisielede is blykbaar vroeër beboet nadat hulle onwettig drank vervoer, drank gekoop en hul huise verlaat het met die aandklokreël in plek. Een moes ook na bewering in isolasie gewees het nadat polisiestasie die eerste keer gesluit is toe ‘n ander lid positief vir COVID-19 getoets het.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 9 - 12 JULY 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL.

CERES SUPERSP AR (023) 316-2226 SUPERSPAR

11999 p/kg

Sirloin Steak

Pork Loin and Rasher combo

Spar Butcher’s Best Smoked or Red Vienna’s 500g

6999

2499

p/kg

each

74

Royco packet Soup assorted

99

3999 each

Skakel Steyn, Arno, Giepie of Andre ☎ (023) 312-1057

2299 Twinsaver Toilet Paper 1-ply 8’s

3499

5 FOR

p/kg

Pasta Grande Macaroni or Spagetti

CERES TOYOTA Voortrekkerstr. 112, CERES

750g Nola Mayonnaise assorted each

Bulk Lean Beef Mince

*Termes & voorwaardes geld. Beperkte voorraad. Foto slegs ter illustrasie.

SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Thur 09:00 - 17:00

Potato bag 7kg

1099 each

Soft Citrus or Lemon bag 1kg

2 VIR

20

00

each

22

00

5

99

Spar Long Life Milk, Full Cream, Low Fat or Fat Free 6 x 1L

each

Banana Snack pack 500g

6999

p/pack


2

WITZENBERG HERALD

Spandeer 30 van jou 67 minute om bloed te skenk en help om gesonder gemeenskappe te bou

‘n BEJAARDE en jare lange inwoner van Ceres, Helena (Antie Pansie) Ockhuis vier op 9 Julie haar 90ste verjaarsdag. Sy word gelukgewens deur haar 10 kinders, 32 kleinkinders en 24 agterkleinkinders.

Princess Zintle Jolingana The staff, management and directors of Truworths express their sincere condolences on the passing of their colleague and friend to the family and loved ones of Princess Zintle Jolingana.

JULIE is gewoonlik ‘n maand waar daar ‘n beroep gedoen word op die gemeenskap om aksie te neem en die wêreld te verander, aangesien elkeen van ons die vermoë het om dit te doen. Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) het op 14 Junie Wêreldbloedskenkerdag gevier met die slagspreuk: “Gee bloed en maak die wêreld ‘n gesonder plek”. Met Mandeladag op 18 Julie, wil hulle voortgaan in hierdie gees en ‘n beroep doen op elke skenker om 30 van hul 67 minute te gebruik om drie lewens te red. “Na jou eerste skenking kan jy binne 56 dae weer bloed skenk. Bloedskenking neem slegs 30 minute maar sal ‘n lewensveranderende verskil in iemand anders se lewe maak”. Tradisioneel is wintermaande ‘n moeilike tydperk vir bloedinsameling aangesien ‘n aantal gereelde skenkers aan verkoue en griep lei en gevolglik nie kan skenk nie, die COVID-19-pandemie pas ook addisionele druk toe. WKB ervaar tans ‘n afname in hul bloedvoorraadvlak met ‘n kritiese tekort in O- en B+ bloedgroepe. “Ons het almal nodig, wat aan die basiese skenkervereistes voldoen, om bloed te skenk en die verskil in iemand se lewe te wees. Kom ons bou gesonder gemeenskappe. Gebruik 30 van jou 67 minute om bloed te skenk en red tot 3 mense se lewens”. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 wees, 50 kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Die WKB wil graag vir bloedskenkers verseker dat dit veilig is om bloed te skenk en dat personeel en bloedskenkers top prioriteit bly. Die WKB het verdere voorsorgmaatreëls getref om die veiligheid van bloedskenkers en personeel te verseker namate die COVID-19 pandemie ontwikkel Meer inligting Vir meer inligting rakende waar om te skenk skakel ons gerus by (021) 507-6300 of besoek die webtuiste www.wcbs.org.za.

Friday, July 10, 2020

Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman SUID-AFRIKA asook die res van die wêreld stoei nou meer as 100 dae met die VIRUS!

Daar is nie ‘n enkele mens op die aarde wat nie weet van COVID19 nie. Daar is skynbaar wel mense hier in die Witzenbergstreek wat nie die impak en komplikasies van die virus verstaan nie en nie omgee wat die impak daarvan op mense rondom hulle is nie. Net toe dinge begin beter lyk en ons begin wegbeweeg van brandpuntstatus. Tans is hier ‘n paar positiewe gevalle wat skynbaar rondbeweeg en hulle nie aan kwaratyn of isolasie stuur nie. Dit is tyd dat die skuldiges deur die gemeenskap aan die provinsie uitgewys en gerapporteer word sodat daar teen hulle opgetree word. Die volgende laat my ook wonder. Hoekom wil staats- of semi-staatsdepartement personeel of onderwysers by die huis gaan sit sodra daar positiewe CV-19 gevalle aangeteken of aangemeld word? Dit is wel lekker om by huis te wees as jy ten volle betaal word daarvoor. As jy wel by die huis wil bly, mag jy dan nêrens heen gaan nie anders wat is die doel daarvan om by huis te bly weens jou vrees vir die virus? Maar as jy vir jouself werk, ‘n huishulp is of in ‘n vlak van inperking val waar jy nie mag gaan werk nie - is dit beslis ‘n ander storie. Daar is baie van dié mense wat eerder sal verkies om veilig by hul huise te wees maar as hulle nie werk nie verdien hulle nie geld nie! Almal se veiligheid en gesondheid is ewe belangrik maar dink veral aan diegene wat geen keuse het om te werk soos hospitaalpersoneel en polisielede. Hou eerder jou kant skoon en tree veranwoordelik op. Hou op om die skuld vir die virus en die impak daarvan op die President se skouers te pak. Hou eerder die onbevoegte ministers of hul adviseurs verantwoordelik vir stupid en vaag besluite. Wees verantwoordelik en meld eerder die mense aan wat veronderstel is om in kwarantyn of isolasie te wees. ‘n Versoek word ook gerig aan diegene wat positief getoets is of in aanraking was met positiewe gevalle, om munisipale riglyne te volg rakende hul huisvullis. Vullis moet in dubbel swart sakke geplaas word en wanneer dit vol is, moet dit ten minste 5 dae in direkte sonlig gestaan het. Dink aan die vullisverwyderings mense en sakgrawers wat die vullis hanteer. Ondersteun plaaslik Noudat ‘n groot deel van die plaaslike besighede weer mag begin sake doen, is dit belangrik dat ons mekaar moet ondersteun. Koop plaaslik en ondersteun plaaslike besighede. Dit is tot elke inwoner se voordeel. Jy kan nie buite die dorp koop maar verwag dat plaaslike besighede donasies en borgskappe moet aan jou of jou skool moet gee nie.

CERES

Indien jy jou bakkie wil verkoop skakel my by 072-407-1951

FODB Ingelyf, ‘n geoktrooieerde rekenmeestersfirma, het die volgende betrekking by hul Ceres kantoor beskikbaar:

ASSISTENT: SALARIS- EN LOONVERWANTE DIENSTE Pligte: • Salarisadministrasie van kliënte: • Indien van EMP201-,

EMP501- en UI19 opgawes (eFiling, uFiling, E@syfile) • Indien van jaarlikse Opgawe van Verdienste • Vergoedingskommissaris rekeningnavrae • Verwerking op VIP Payroll • Pakket strukturerings • Berekening van werknemersbelasting en ETI

• Algemene administrasie insluitend SARS en Dept. van Arbeid navrae, registrasies en reël van opgawe betalings • Kommunikasie met kliënte, SARS, Dept. van Arbeid ens. • Hulp aan sekretariële afdeling, o.a. indien van jaarlikse opgawes by CIPC. Vereistes: • ‘n BRek- of soortgelyke graad, met voltooide SAIPA of SAICA klerkskap en/of 3 jaar toepaslike ondervinding • Kennis van MS-Word, Excel, SARS E-filing en E@syfile is ‘n vereiste • Kennis van VIP Payroll sal in jou guns tel • Betroubaar, pligsgetrou, goed georganiseerd en uitstekende kommunikasievaardighede; moet goed funksioneer onder druk en baie akkuraat werk. Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen rig ‘n bondige CV voor 17 Julie 2020 aan: Janine Olivier E-pos: janine.olivier@fodb.co.za Faks: 086-271-7656 Indien u geen terugvoer teen 31 Julie 2020 ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

VRUGTE- EN GROENTEPLAAS MET BAIE MOONTLIKHEDE WESTLAND Insolvente Boedel Klaas Fernhout Trust (Meestersverwysingsnommer: C 292 / 2020) VEILING: WOENSDAG 12 AUGUSTUS 2020 OM 11:00 PLEK: Op die perseel BESIGTIG: Slegs per afspraak Plaas van 889,7ha geleë in die pragtige area bekend as Op-dieBerg, baie bekend vir die verbouing van appels, pere, perskes en groente. 11ha Tans onder pere, 12,3ha appels (sommige bome moet vervang word), 7,8ha granate, ongeveer 70ha aartappels en uie is jaarliks geplant. Ongeveer 309ha kaal grond, res is veld. Water: Pompregte uit Houdenbeksrivier tydens die winter, 9 boorgate, 3 opgaardamme met totale kapasiteit van 1 092 385m³ water. Geboue: Hoofwoning, tweede woning, rondawel, woonstel, kantoor, groente pakstoor, ander store, werkershuise, kampterrein met badkamers en elektrisiteit. Verskeie moontlikhede!! STRENG COVID 19 REGULASIES SAL GELD NAVRAE: Willie van Rensburg 083-261-7641 willie.vanrensburg@homeandhectare.com Albie Loubser 082-573-9902 albie.loubser@homeandhectare.com VOORWAARDES: *Elektroniese betaling *FICA dokumente word vereis vir registrasieproses. Alle goedere sal met reserweprys verkoop word. Regulasies van Verbruikerswet, Wet 68 van 2008 beskikbaar op: http://www.gov.za/documents/consumerprotection-act-regulations

6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW TELL FRIENDS AND FAMILY FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ENGAGE WITH THEIR POSTS GIVE THEM A SHOUT OUT SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER

TOTAL

R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00

R0.00

******************************


WITZENBERG HERALD

3

Friday, July 10, 2020

Feit of mite oor isolasie? TYDENS die ongekende tydperk van ‘n wêreldwye pandemie maak almal veranderinge om COVID-19 te stop.

STATISTIEK vir Wes-Kaap. (Grafiek Dinsdag 7 Julie).

Positiewe gevalle styg geleidelik, sterftes neem toe DIE COVID-19 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek het dié week met 67 gevalle toegeneem. Die sterftesyfer het met 4 na 22 gestyg. Dit bly steeds ‘n groot bekommernis dat aktiewe en positiewe gevalle in die munisipalegebied wat veronderstel is om in isolasie (positief getoets) en kwarantyn (kontak met iemand wat positief is of wag vir toetsuitslae) te wees, nog vrylik rondbeweeg. Statistieke Teen Dinsdag 7 Julie was daar 801 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 588 herstel met 191 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (196), Bella Vista (163), Ceres (152), Tulbagh (47), Wolseley (91), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (111), Koue Bokkeveld plase (5), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (1), Breërivier (6) en 2 gevalle buite Witzenberg. Ceres het nou 40 aktiewe gevalle, Bella Vista 50 gevalle, P.A. Hamlet 24 gevalle en Nduli 34 gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (10), 5-9 jaar (9), 10-19 jaar (55), 20-29 jaar (179), 30-39 jaar (197), 40-49 jaar (193), 50-59 jaar (104), 60-69 jaar (32), 70-79 jaar (13) en 80-89 jaar (9). Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap is nou 2139, daar is 71 272 positiewe gevalleaangemeld en 52175 het volkome herstel. Daar is tans 315 pasiënte in ICU. Twee en twintig (22) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (P.A. Hamlet met 5 sterftes, Tulbagh, Bella Vista en Nduli met 4 sterftes elk, Ceres en Wolseley met 2 sterftes elk en Koue Bokkeveld met 1 sterfte). Die afgelope week is vier persone oorlede (2 op Wolseley en een elk op Ceres en in Nduli). Toerisme Rampbestuurregulasies is op 25 Junie gewysig rakende die toerismebedryf. Alhoewel die nuwe regulasies bietjie vaag was, word reis vir ontspanning nou toegelaat en alle inwoners in die provinsie mag rondbeweeg al is die area ‘n brandpunt. Sneeukykers in die Wes-Kaap kan nou die Witzenberggebied besoek as dit weer sneeu.

Meeste van die streek se restaurante is ook nou weer oop, terwyl een nog moet bevestig wanneer hul gaan oopmaak vir aansit-etes. Van die restaurante wat oop was vir wegneemetes en aflewerings het gesê dat dit amper nie die moeite werd was om oop te wees nie maar kon darem van hul kostes dek. Plaaslike restaurant en akkommodasie fasiliteite is ook positief noudat reis vir ontspanningsdoeleindes in die provinsie toelaatbaar is. Dit is ook goeie nuus vir akkommodasie fasiliteite wat nou besprekings vir ontspanningsdoeleindes mag neem. Die Ceres toerismekantoor het die afgelope week selfs ‘n paar dagbesoekers gehad. Op 7 Julie is flieks, museums en biblioteke toestemming gegee om hulle deure te open. Almal moet aan streng CV-19 regulasies voldoen en planne by hul onderskeie staatsdepartemente indien. Skole Leerders in graad R, 6 en 11 kon Maandag 6 Julie terugkeer skoolbanke toe. Sover vasgestel kan word het alles goed afgeloop in die streek. Drie onderwysers by plaasskole is die afgelope week positief getoets vir COVID-19. Onderwysers met onderliggende siektes by al die skole in die Witzenbergstreek, is vroeër verlede maand gevra om by die huis te bly. Ma’s wat werk met voorskoolse kinders glimlag weer nadat privaat kleuterskole van Maandag 6 Julie weer toegelaat is om hul deure oop te maak. Op 20 Julie keer die graad 3 en graad 10 leerders terug skool toe, op 27 Julie die graad eens en twees en op 17 Augustus keer graad 4 en 9 leerders terug na die skoolbanke. Graad 5 en 8 leerders gaan op 31 Augustus terug skool toe. Die WKOD het reeds R450 miljoen gespandeer om skole gereed te kry en aan COVID-19 regulasies te voldoen en santitasie hulpmiddels en maskers aan te koop. Noodgeval Die S.A. Beenmurg register doen ‘n dringende beroep op landsburgers om as skenkers te registreer. Om ‘n suksevolle skenker te kry is tans 1 uit 100 000.

Teen 5 Julie het ‘n totaal van 6 577 mense in die Kaapse Wynland positief getoets. Van hierdie groep het 4 717 mense reeds herstel. Die Witzenberg het nou die tweede minste gevalle (801 met 588 wat herstel het) van die vyf munisipalegebiede. “Behalwe vir die verandering van ons gewoontes sodat ons nie ander mense met COVID-19 aansteek nie, word ons ook deur twee nuwe werklikhede gekonfronteer: kwarantyn en isolasie. Almal kan hulself nie tuis afsonder nie, wat beteken dat ons gebruik moet maak van kwarantyn- of isolasiefasiliteite”. Vyf mites en die feite oor kwarantyn en isolasie wat jy moet weet: Mite: Ek wag vir COVID-19-toetsuitslae. Ek moet nou vir 14 dae in afsondering wees. Terwyl jy wag vir jou toetsuitslae, moet jy in afsondering wees. Wanneer jou toetsuitslae beskikbaar is en dit negatief is, kan jou tydperk van afsondering beëindig word - selfs al is jy by ‘n kwarantynfasiliteit. Feit: Sodra jy jou toetsuitslae ontvang en dit negatief is, kan jy jou afsondering beëindig. Indien jy positief getoets het, sal jy wel vir die volle 14 dae in afsondering moet wees. Mite: Ek moet weggaan van my huis af as ek vir COVID-19 getoets is en as die uitslae positief was. Jy moet jouself van ander afsonder indien: jy wag vir COVID-19toetsuitslae; as jy nabye kontak gehad het met iemand wat COVID19 het en as jy positief getoets het vir COVID-19. Dit is moontlik dat jy tuis in kwarantyn of isolasie kan wees. As dit vir jou moeilik is om dit te doen, of as die gesondheidswerker so aanbeveel, kan jy na ‘n kwarantyn- of isolasiefasiliteit gaan. Dit sal ‘n opoffering wees, omdat dit moeilik kan wees om van jou geliefdes geskei te wees, maar só kan jy hulle teen COVID-19 beskerm. Feit: Slegs as jou omstandighede dit nie toelaat om tuis in kwarantyn of isolasie te wees nie, of as jy dit verkies, byvoorbeeld wanneer jy persone met chroniese siektes in jou huishouding het, kan jy na ‘n fasiliteit gaan wat hiervoor ingerig is. Mite: ‘n Kwarantyn- of isolasiefasiliteit is by ‘n hospitaal en hier word ek verpleeg soos by ‘n hospitaal. COVID-19-kwarantyn- of -isolasiefasiliteite is plekke wat akkommodasie bied wat aangewend word sodat jy jouself veilig kan afsonder en nie jou geliefdes aansteek nie. Dit kan ‘n munisipale oord, ‘n hotel, gastehuis of koshuis wees. Wes-Kaap Regering Gesondheid bied die mediese dienste wat gebied word by die fasiliteite soos behartig deur die Departement van Openbare Werke. Hier is nie 24/7 verpleging nie, maar ‘n gesondheidswerker sal jou een keer ‘n dag besoek. Jy sal ook telefonies in kontak wees met ‘n gesondheidswerker. Jy moet jou simptome monitor en indien jy skielik siek word, kan jy ‘n sekerheidswag of die fasiliteitbestuurder vra om mediese hulp te bied. Feit: Kwarantyn- en isolasiefasiliteite is plekke soos ‘n oord of gastehuis wat akkommodasie bied. Gesondheidswerkers sal jou besoek, maar voltydse verpleging is nie beskikbaar nie. Mite: Enigiemand kan na ‘n kwarantyn- of isolasiefasiliteit gaan. Enigiemand wat voel hy kan nie veilig tuis in afsondering wees nie, kan versoek om na ‘n kwarantyn- of isolasiefasiliteit te gaan. Die meerderheid mense wie COVID-19 het behoort ligte tot matige simptome te ervaar en sal tuis kan aansterk of na ‘n fasiliteit hiervoor kan gaan. Mense wat baie siek is, sal gehospitaliseer word. Feit: Almal wat ligte tot matige simptome het, is welkom by ‘n kwarantyn- of isolasiefasiliteit. Mite: By ‘n kwarantyn- of isolasiefasiliteit sal ek sleg behandel word, sieker word en sterf. Dit kan moeilik en ongerieflik wees vir jou as jy jou huis verlaat sodat jou geliefdes nie ook COVID-19 kry nie. Verskillende regeringsdepartemente en besighede werk saam sodat jou tyd van afsondering by ‘n fasiliteit so gemaklik as moontlik is. Iemand met COVID-19 kan skielik sieker word en mediese sorg benodig. Indien dit met jou gebeur, kan jy ‘n sekerheidswag of die fasili-teitbestuurder kontak om mediese hulp te ontbied. ‘n Ambulans is op bystand om vinnig te kan reageer as jy by een van ons fasiliteite in afsondering is en sieker word. Die meerderheid mense behoort net ligte tot matige COVID-19-simptome te ervaar en behoort te herstel. Feit: Verskillende rolspelers werk saam om te verseker dat jou verblyf by ‘n fasiliteit vir kwarantyn of isolasie so gerieflik as moontlik is.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, July 10, 2020

Na vyf maande was verdagte nog nie in die hof nie VYF maande nadat ‘n 26-jarige man ‘n jong vrou in Voortrekkerstraat op Ceres doodgery het, het hy nog nie in die landdroshof verskyn nie. Die verdagte moes die eerste keer op 11 Maart in die Ceres landdroshof verskyn het op ‘n klag van strafbare manslag, maar die polisiedossier was toe nie by die hof nie. ‘n Nuwe verskyningsdatum van 2 Julie is later gegee maar die saak is weer nie op die hofrol geplaas nie - die keer was daar getuieverklarings uitstaande. Nie die hof of polisie kon sê wanneer die saak weer op die hofrol geplaas kan word nie. Die ondersoekbeampte is tans op verlof. Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie in die vroeë oggend ure oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.

Die tref en trap het omstreeks 01:45 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag. Die bestuurder (26) het homself later aan die polisie oorgegee. Verdere klagtes soos die gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming en nie stop by ongelukstoneel om besering of skade vas te stel, kan later bygevoeg word. Die verdagte het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Cemielia Ross was saam met haar vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou by Engen op Ceres gestop het. Sy het oor Voortrekkerstraat na Shell gestap toe sy deur ‘n voertuig getref is. Sy het op Tulbagh grootgeword, gebly en by ‘n plaaslike gastehuis gewerk.

CEMIELA Ross (31) van Tulbagh.

‘n Beroerte is altyd ‘n noodgeval ‘n Beroerte vind plaas wanneer die toevoer jou help om te bepaal wat jou risiko is om ‘n ‘n BEROERTE is altyd ‘n noodgeval selfs tydens die COVID-19-pandemie. van suurstofrykebloed na die brein afgesny beroerte te hê. Hulle kan jou ook help om ver-

Nuwe bevelvoerder WOLSELEY SAPD het van 1 Julie ‘n nuwe stasiekommisaris. Kaptein Donald Farao is permanent in die pos aangestel en was voorheen by Porterville SAPD. Kapt. Farao het ‘n oopdeur-beleid en nooi die Wolseley gemeenskap uit om hom te kom spreek rakend misdaadkwessies. Samewerking tussen die polisie en die gemeenskap is baie belangrik. Hy kan geskakel word by (023) 231-8001 of 082-778-6821.

Reg oor die wêreld is daar ‘n afname in die hoeveelheid mense wat aanmeld vir noodsorg weens beroertes. Dit kan ‘n groot impak hê op hierdie individue se herstel. Wes-Kaap Regering Gesondheid se fasiliteite bied steeds noodsorg vir pasiënte en voorsorg word getref om besoekers teen COVID-19 te beskerm. “Dit kom voor asof minder mense na noodeenhede kom as hulle dink hulle kry ‘n beroerte,” sê dr. Colette Gunst, ‘n huisarts in die Kaapse Wynland. In die Wes-Kaap is beroertes onder die top vyf oorsake van natuurlike sterftes. “Vinnige optrede binne die eerste vier ure nadat jy die simptome opgelet het, kan ‘n verskil beteken tussen lewe, dood of permanente gestremdheid.”

word.

As jy skielik hierdie nuwe simptome oplet, kan dit ‘n teken wees dat jy ‘n beroerte het: • Verloor van balans of koördinasie; • Dowwe sig of ‘n verlies van sig; • ‘n Mondhoek wat hang of een kant van jou gesig wat hang; • Swakheid in ‘n arm of been; of • As jy sukkel om te praat, of as jy praat op ‘n manier wat moeilik is vir ander om te verstaan. Kry dadelik mediese hulp. Bel ‘n ambulans by 10177 of gaan na die naaste hospitaal se noodeenheid. As jy nog nie voorheen ‘n beroerte gehad het nie, kan personeel by ‘n plaaslike kliniek

anderinge te maak sodat jou risiko verlaag. Dit is belangrik dat jou bloeddruk en bloedsuiker gereeld getoets word. Mensie wie al in die verlede ‘n beroerte gehad het, het ‘n groter kans om weer ‘n beroerte te hê. Jy kan jou risiko verlaag deur op te hou rook, meer water te drink en minder alkohol, deur jou spanning te hanteer met gereelde oefening en ook ‘n verskeidenheid groente en vrugte in te sluit in jou dieet. Indien jy ‘n kroniese toestand soos hoë bloeddruk of diabetes het, is dit belangrik dat jy aanhou om die behandeling en medikasie te neem soos voorgeskryf deur jou gesondheidswerker. Moet nooit ophou om dit te gebruik tensy jy met die dokter gepraat het nie.

EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN CAPE Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires an energetic and professional person for the following post at its Ceres plant:

SAFETY AND QUALITY SYSTEMS ADMINISTRATOR The successful candidate will report to the Managers: Engineering and Production and be responsible for the following key performance areas: • Development of management control systems for safety, quality and environment • Ensuring adherence to prescribed legislation and standards • Implementing of document control systems and procedures • Continuously controlling, evaluating and revising of documentation and procedures • Managing and executing internal and external audits, including supply chain audits • Coordinating and evaluating all internal incident investigations and liaising with relevant government departments • Managing traceability system and documentation and following up “non-conformances” • Reporting on monthly target reports for safety and quality • Consulting with accreditation bodies. The ideal candidate must meet the following minimum requirements: • An appropriate tertiary qualification with 3 years’ extensive working knowledge of ISO, BRC, HACCP, OHSAS, SIZA and HIRA implementation • Knowledge of fruit industry will be advantageous • Above-average communication proficiency in Afrikaans and English and computer skills in MS Office programs • Ability to function independently, take initiative and meet deadlines • Systems and target driven individual. A negotiable remuneration package, including the normal fringe benefits associated with a progressive organization, is offered. Please send your application, accompanied by your current remuneration package and three contactable references, including details of qualifications in your CV, to the Manager: Human Resources, Ceres Fruit Growers (Pty) Limited, Private Bag X67, Ceres 6835 or fax: (023) 312-2700 or e-mail: nadia.oosthuizen@cfg.co.za Closing date: Friday 20 July 2020 If you have not been contacted within three weeks of the closing date, please accept that your application has been unsuccessful. In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.

Jumpstart your business

Advertise NOW!

LOUIS LATEGAN & SEUNS BOERDERY Die plaas Klaarfontein geleë aan die voet van Bainskloof-pas ongeveer 13km buite Wolseley en 30km buite Worcester bied ‘n uitdagende geleentheid vir ‘n:

WERKTUIGKUNDIGE

Die geskikte kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die algemene instandhouding en herstelwerk van die plaas se vragmotors, bakkies, trekkers, spuitkarre, sleepwaens en implemente. Posvereistes: • Werktuigkundige kwalifikasie • Relevante ondervinding • Die vermoë om die werkswinkel effektief te laat funksioneer met die nodige stelsels en sisteme. Vergoeding: ‘n Markverwante salaris (sonder behuising) word aangebied. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Stuur u CV met verwagte vergoedingspakket voor of op 18 Julie 2020 aan: Renaldo van Hoogstraten per e-pos: renaldo@skillsforu.co.za en klaarfontein@breede.co.za Indien u nie binne 1 maand na sluitingstyd van ons gehoor het nie, was u aansoek onsuksesvol.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, July 10, 2020

Plaaslike fotograaf kry internasionale erkenning vir strandmeer-foto PHILLIP de Lange (64) van Wolseley en ‘n gesoute fotograaf, het onlangs internasionale erkenning vir een van sy natuurfotos ontvang. Die wenfoto (bo) is van die strandmeer tussen Hermanus en Stanford. Phillip is lid van die Worcester fotografieklub en is in Junie vereer met die toekenning op die bekende aanlyn platform, GuruShots. Hy was geskok toe hy sien sy foto het gewen. Twee van sy fotos is al voorheen deur GuruShots in Spanjé uitgestal. Phillip bied fotografieklasse aan waar hy sy kennis en ‘n paar wenke deel.

Minister Madikizela meets taxi industry to resolve impasse WESTERN Cape minister of transport and public works, Bonginkosi Madikizela, met with the leadership of the taxi industry on Monday to resolve the ongoing taxi related murders that have flared up in the Western Cape. Six taxi related murders have been recorded since Friday 3 July. Three taxi drivers were killed in Philippi East and two drivers and an assistant were gunned down in Nyanga on Monday. It is not yet clear what is behind the recent killings. However, the issues of operating licences and route invasions have been identified as the main causes behind the taxi conflict. Since January 2020, there have been 40 taxi related murders and 20 cases of attempted murders. These include cases in Paarl, Delft, Bellville, Bloekombos, Ceres, Masiphu-

melele and Nyanga. These cases involve either CATA and/or CODETA and affiliated associations. “These murders are condemned in the strongest possible terms. I call on the SAPS to bring the perpetrators and their paymasters to book as soon as possible. The leadership of the taxi industry must assist the authorities to ensure that the rule of law is respected by their members and that the few rotten apples are exposed and brought to justice”. The Western Cape department of transport and public works will assist the SAPS with any information that they may require in their investigations. “We need a stable and safe taxi industry for the sake of our commuters”. Madikizela is confident that the team of detectives are closing in on the masterminds and paymasters.

ADVERTISING SPECIALS FOR JULY 2020 Times are tough and budgets tight - that’s exactly why we created these amazing deals!

DIE polisie sowel as die familie soek na Andrew Manuel (37). Andrew, ook bekend as Skaats of Skaatser, is steeds vermis en is die laaste keer op 8 Junie in Bella Vista gesien. Hy is op 16 Junie as vermis aangemeld. Indien inwoners weet waar hy hom bevind of hom gesien het, kan hulle die ondersoekbeampte s/sers. John Baron by (023) 316-8500 of 079-8939854 skakel.

CLASSIFIEDS SPECIAL

¼ PAGE AD SPECIAL

ANY SIZE AD SPECIAL

Book any classified advert for 4 weeks and get 1 FREE ADVERT

Book a quarter page advert and get 1 FREE ADVERT T&C Apply

Book any size advert and get 25% DISCOUNT T&C Apply

Enquiries: erika@witzenbergherald.com


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

SELECT LAUNDRY

☎ (023) 316-1201 082-821-3610

Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Joubertstr. 16, Ceres •Wasgoed van die publiek en besighede kan teen baie billike pryse hier gewas, gedroog en gestryk word. •Bring wasgoed ook in vir nét droog of stryk. Ons voldoen aan u versoek

Jakoba Johanna Swartz 1947/11/06 - 2020/07/02 Privaat begrafnis: Sat. 11 Julie 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Jakoba Johanna Swartz

082-399-4068 Services: sell, install & repair

1947/11/06 - 2020/07/02

Mamma se stem is nou stil, maar sal nooit vergete raak in ons gedagtes. Mamma se omgee vir haar kinders en kleinkinders en ook spesiaal vir haar enigste broer. Rus sag, Mamma verdien die welverdiende rus. Van jou kinders Rachel, Jeff, John, Anna, Naomi, kleinkinders en jou enigste broer Johan, sy vrou en kinders

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

1992/06/18 - 2020/07/03 Privaat begrafnis: Don. 9 Julie 2020

Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Graf: 10:00, Bella vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

AND FRAMES

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Gold Medal Carpet Care

Vir ‘n gratis kwotasie, skakel:

Mari Blom 084-212-3020

Rufus Thembelani Swangaza

SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voer tuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings

1981/06/24 - 2020/06/30 Privaat begrafnis: Sat. 11 Julie 2020

Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Huis: 08:00, Matroosstr. 12, Pine Valley, Wolseley Graf: Wolseley

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

prof Prins

Kry nou jou seëninge. Ek is Janefer en ek wil graag prof Prins bedank dat hy my lewe verander het. Ek het met huweliken finansiële probleme gesukkel en het prof Prins probeer. Kom kry die sleutel om alle geslote deure in jou lewe te open. Die voorvaders weet wie om hulp roep.

Skakel of whatsapp

083-885-8142

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

Brenden Ryno Olivier

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

(023) 312-1457

iiBhedi amaxabiso ehle ngoluhlobo 5% ne 10% iiFriji iiKhabhathi iiWodrophu nezinge njalo-njalo Sifumaneka ku le dilesi emva ko Spur Rockey River Ifowuni esifumaneka Kuyo 064-665-6495 Ku ale mbangula Okanye 071-464-6969 Enkosi Mawethu

Finances and money in account, lotto and powerball, goodluck oil for horse betting and casino, money within 24 hours.

Delayed work by other healers for free, claim your pension or provident fund within 3 weeks. Magic wallet, relationships and pregnancy.

Contact Julius

083-388-2491 Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 071-707-2066

Dr Mama Moses Herbal Expert Traditional & Spiritual

Here for all your problems. Big or Small. She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

For free consultation call:

064-086-2635

MAMA FATIMA & PROF

Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help nie. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskeidings. Stop buite egtelike verhoudings. Maak hom/ haar net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om ‘n baba te kan kry, werk te kry, jou salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres.

Mama Fatima & Prof by 078-082-6131

Paws & Claws. Skeer & was van honde en katte. Geleë te Ceres Veearts, Vosstraat 502. Werk slegs op afspraakbasis op ‘n Dinsdag en Donderdag. Elsabé 083458-3629. Sms/ Whatsapp welkom. 3/7 - 31/7

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414

c/o Vos- & Faure Street 83

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

nuusbrokkies BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of per epos na isaacjacobs50@yahoo.com Beperkte plek beskikbaar. DIE Brewelskloof hospitaal in Worcester is steeds opsoek na die familie van Puseto Khau (19). Puseto is op 2 April in die hospitaal opgeneem. Sy adres is Hopestraat, Pine Valley, Wolseley. Die familie moet Lena Jendrissek gedurende kantoorure skakel by (023) 348-1397. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

Indien jy jou bakkie wil verkoop skakel my by 072-407-1951

Jes. 43:1 “Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!”

Evangelis Jacobs

Friday, July 10, 2020

Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.

KOOP PLAASLIK

PUT YOUR WHERE YOUR ♥ IS

○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○

BUY LOCAL

○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○


WITZENBERG HERALD

7

Friday, July 10, 2020

Moordverdagte (17) kry borg BORGTOG is Woensdag aan ‘n minder- meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is vasgetrek. langs sy voertuig dood. Die moordwapen, ‘n Huisarres jarige moordverdagte toegestaan. Landdros Pieter Klazen het Woensdag 8 Julie in die Tulbagh landdroshof borg met streng voorwaardes toegestaan aan een van die vier moordverdagtes wat betrek word by die moord op dr. Roelof Botha (59). Dr. Botha is op 1 Junie omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch grondpad vermoor. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en

mes, is later op die toneel gevind. Leidrade Talle leidrade is opgevolg waarna drie verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30) en Justin Adonis (30) die dag na die moord gearresteer is. ‘n 17-Jarige meisie is op 3 Junie gearresteer. Die verdagtes is skaars 2 kilometer van die moordtoneel in die Witzenville woonbuurt

Die minderjarige verdagte sal 24-uur onder huisarres bly in Wolseley (Pinevalley) en mag geen kontak met staatsgetuies hê nie. Sy sal weer op 28 Julie saam met Abels, Gouws en Adonis in die Tulbagh landdroshof verskyn. Haar mede-verdagtes het tydens ‘n vorige hofverskyning gesê hulle gaan nie nou om borgtog aansoek doen nie.

DIE mes is op die toneel gekry en bloedmonsters is vir DNS-toetse weggestuur.

VLNR: Aiden Abels (27), Justin Adonis (30) en Andrew Gouws (30). FOTOS van verdagtes verskaf deur Netwerk24 en Jaco Marais.

Agri Wes-Kaap neem kennis dat Nersa glo verkeerde prosedure volg AGRI Wes-Kaap het onlangs kennis geneem dat Nersa glo nie die korrekte prosedure met betrekking tot die besluit oor Eskom se kragtariewe gevolg het nie. As prosedures nie gevolg kan word nie, het Agri Wes-Kaap met reg vrae oor die korrektheid van fisiese berekenings en watter versekering alle verbruikers, wat die landbou insluit, in die verband het. Elektristeit is van kardinale belang vir die landbousektor is, hetsy vir direkte benutting in die koueketting of indirek vir byvoorbeeld besproeiing. Om Eskom te red en sin te maak van Nersa se betrokkenheid is amper onmoontlik. Agri Wes-Kaap het tydens publieke verhore in Februarie omvattend verwys na die onduidelikheid met die omvang en samestelling van agterstallige inkomstes waarop Eskom geregtig sou wees. Agri Wes-Kaap het spesifiek aangedring op meer omvattende verduidelikings van agterstallige bedrae en het groter duidelikheid oor die skedulering van verhalings verlang, spesifiek die impak daarvan op toekomstige tariewe.

Die doeltreffendheid van Nersa se toesigfunksie is bevraagteken aan die hand van opsigtelike oorsigte en bepaalde Eskom kontrakte wat nie nagegaan is nie. Elektristeitskoste maak tot 20% van die veranderlike koste van boerderye in die WesKaap uit. Daar word tans gespekuleer oor tariefverhogings van tot 15% en Agri WesKaap is ernstig bekommerd oor die finansiële oorlewing van produsente. Agri Wes-Kaap verwag dat alles moontlik gedoen sal word om die verhoging te temper. Vir alle praktiese doeleindes is Eskom nie meer ‘n lopende saak nie en sal redding op alle vlakke gesoek moet word, hetsy kosteaanpassings of strukturele verskuiwings wat privatisering kan insluit. Die feit dat Eskom agterstallige bedrae vir verhaling kan registreer, bevat geen aansporing om doeltreffendheid te verskerp nie. Agri Wes-Kaap dring in belang van landbouers en in belang van die land daarop aan dat ferm en deursigtige besluite om die onuithoudbare situasie te hanteer, spoedig geneem word.

STAKEHOLDER ENGAGEMENT PROCESS

OPENBARE DEELNAMEPROSES

Screening Study for Eskom’s Proposed Second 765 kV Kappa-Sterrekus Transmission Powerline

Keuringstudie vir Eskom se Voorgestelde Tweede 765 kV Kappa-Sterrekus-Versendingskraglyn

SRK Project No: 542335

SRK Projek Nr: 542335

Kennis word hiermee gegee van ‘n openbare deelnameproses kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet 107 van 1998), soos gewysig (WNOB) en die Omgewingsimpakbepalings Regulasies van 2014. Projek Beskrywing: Eskom Holdings SOC het SRK Consulting (South Africa) (Pty) Ltd (SRK) aangestel om ‘n omgewingskeuringstudie te onderneem vir drie “subdeurgangsroete” alternatiewe vir ‘n voorgestelde tweede 765 kV transmissiekraglyn tussen die Sterrekus- en Kappa-substasies in die Wes-Kaap. Die siftingsproses sal ‘n voorkeur-sub-korridor uitlig wat in meer besonderhede ondersoek sal word. Die proses sal lei tot ‘n kraglynroete wat beoordeel moet word in die omgewingsimpakstudie. Ligging: Die belyningsalternatiewe strek vanaf die Sterrekus-substasie naby die Koeberg-kragstasie, oor die Skurweberge-bergreeks tot by die Kappa-substasie ~ 25 km noord van Touwsrivier. Alternatiewe vir Sub-Korridor-Belyning: Drie alternatiewe subdeurgang-belynings word voorgestel as: • Sentrale A-lyn: ± 195 km in lengte (via Gouda); •

Sentrale B-lyn: ± 185 km in lengte (via Ceres); en

Suidelike lyn: ± 260 km in lengte (via Worcester).

Notice is hereby given of a stakeholder engagement process in terms of the National Environmental Management Act 107 of 1998 (NEMA) and the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014. Project description: Eskom Holdings SOC has appointed SRK Consulting (South Africa) (Pty) Ltd (SRK) to undertake an environmental screening study of three “sub-corridor” alternatives for a proposed second 765 kV transmission powerline between the Sterrekus and Kappa Substations in the Western Cape. The screening study will inform the selection of a preferred sub-corridor which will be assessed in more detail leading to determination of a powerline route to be assessed in an Environmental Impact Assessment. Location: The alignment alternatives extend from the Sterrekus Substation near the Koeberg Power Station, over the Skurweberge Mountain Range to the Kappa Substation ~ 25 km north of Touws River. Sub-Corridor Alignment Alternatives: Three alternative sub-corridor alignments are proposed: • Central A Alignment: ±195 km in length (via Gouda); •

Central B Alignment: ±185 km in length (via Ceres); and

Southern Alignment: ±260 km in length (via Worcester).

Deelname-geleentheid: ‘n Agtergrondinligtingsdokument is beskikbaar en kan afgelaai word vanaf https://www.srk.co.za/en/za-eskom-kappa-sterrekus-transmission-powerline. Belanghebbendes word aangemoedig om die dokument te hersien en op die projekdatabasis te registreer deur die aanlynregistrasievorm op https://tinyurl.com/SRKkappa teen 21 Augustus 2020 in te voltooi. Let daarop dat slegs geregistreerde belanghebbendes direk in kennis gestel sal word van toekomstige geleenthede om deel te neem.

Opportunity to participate: A Background Information Document (BID) is available on SRK’s website at https://www.srk.co.za/en/za-eskom-kappa-sterrekus-transmission-powerline. Stakeholders are encouraged to review the BID and register on the project database by completing the online registration form at https:/ /tinyurl.com/SRKkappa by 21 August 2020. Note that only registered stakeholders will be notified directly of future opportunities to participate.

Om inligting te vra skakel gerus: die SRK-koördineerder vir openbare deelname by kappaPP@srk.co.za; Postnet Suite #206, Privaatsak X18, Rondebosch, 7701; Faks: (021) 685-7105; Tel: (021) 659-3060.

To request information please contact: the SRK Public Participation Coordinator at kappaPP@srk.co.za; Postnet Suite #206, Private Bag X18, Rondebosch, 7701; Fax: (021) 685-7105; Tel: (021) 659-3060.


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, July 10, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

CORNEL Muller, oudleerder van Charlie Hofmeyr, het verlede jaar sy PGAdiploma by Swingfit Performance Academy voltooi. Cornel het gedurende sy drie jaar by Swingfit meer as 2000 uur se afrigting onder twee van die Wes-Kaap se top afrigters, James Wade en Adrian Buchner, ontvang.

TALLE bergfiets entoesiaste van die omgewing het weer hulle bergfietse afgestof en begin oefen. Die foto is verlede week op Paardekloof in die Witzenbergvallei geneem. FOTO: Pieter du Toit.

Classic nog aan DIE jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind nog voorlopig plaas op 6 en 7 November. “Aangesien ons klubbestuur nie weet hoe die Covid-19 pandemie gholf in November gaan beinvloed nie, kan ons nog nie die finale toernooireëlings vasmaak nie” het Gellies Gelderblom, klubbestuurder van Ceres gholfklub, gesê. “Tans weet ons nie wat die reëls rondom byeenkomste, drank en etes gaan wees nie. Die klub kyk ook na vermindere inskrywingsgelde en poog om dit teen die einde Julie bekend te maak, wanneer daar meer sekerheid oor die inperkings gaan wees”. Inskrywings sluit 30 September. Ceres gholfklub se skoonveld- en sukkelveld is soos die res van die land se bane weer van middel Junie oop. Uitslae AJ du Toit het Saterdag 4 Julie die individuele houespel kompetisie met 64 houe gewen. BJ Claasen was in die tweede plek met 69 houe gevolg deur Hannes Laubscher en J. Wade, beide met 71 houe. Op Saterdag 11 Julie kan spelers inskryf vir ‘n individuele syferplus kompetisie.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

ELF bergfietsryers van die Witzenbergstreek en Malmesbury, het verlede Saterdag 4 Julie ‘n gedeelte van die Epic-roete by Tulbagh gaan trap. Die roetes is deur die ervare bergfietsryer, Deon Wilkins van Tulbagh, uitgelê en staan bekend as die “Bone Trails”. FOTO: Pierre de Jager

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.