Verkragter kry 20 jaar
TWEE seksuele oortreders wat jong slagoffers se lewe verwoes het, gaan vir ‘n lang tyd agter tralies deurbring.
Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het beide die sake ondersoek en skuldigbevindings in die hof gekry wat sal help dat dié twee mans, lank agter tralies sal deurbring.
In die eerste geval 17 jaar gelede - in Desember 2007 - is ‘n 6-jarige meisie by ‘n woning in die Ceres omgewing verkrag terwyl haar ouers by die werk was. Sy was alleen by die huis.
Deon de Bruin (nou 57) het by die huis opgedaag en gevra waar is haar ouers. Toe die slagoffer sê hulle is nie by die huis nie, het hy haar oorval en verkrag.
Terwyl hy op die rusbank gelê het, het sy opgespring en gevra sy wil die badkamer gebruik. Sy het deur ‘n badkamervenster geklim en na ‘n familielid gehardloop en haar van dié voorval vertel.
Eers verlede jaar kon die polisie De Bruin met die 2007-verkragting verbind nadat sy DNS verkry is. Hy was besig om gevangenisstraf in die Dwarsrivier gevangenis uit te dien vir ‘n verkragting van ‘n 4-jarige slagoffer van Nduli. Dié voorval het blykbaar ‘n paar weke na die Desember 2007-voorval plaasgevind.
Vonnisse
Deon de Bruin is op 28 Junie, 20 jaar gevangenisstraf in die Ceres landdroshof opgelê.
In ‘n tweede saak, is Wilbur Cupido, 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir poging tot moord en poging tot verkragting van ‘n 53-jarige slagoffer. Die voorval het op die plaas Ideaal plaasgevind.
Die slagoffer was die betrokke dag na ‘n kerkdiens, op pad terug van ‘n buurplaas. Sy het deur ‘n vrugteboord geloop toe Wilbur Cupido haar van agter aanval, teen die grond neergooi en haar teen haar kop skop. Hy het later op haar gesit en met ‘n mes haar in die nek en op die kop gesteek. Die slagoffer het terugbaklei en omhulp geroep. Van die plaasmense het haar gehoor en nader gehardloop. Cupido het daarna weggehardloop.
Hy is later gearresteer en op 27 Junie skuldig bevind en gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf.
Beide die sake is deur s/a.o. Jenny van Wyk van Ceres SAPD GKS ondersoek.
MEER as 13000 huishoudings in die WesKaap was Woensdag nog sonder krag midde erge stormweer. Nog reën en moontlike sneeu word tot die naweek vir die Witzenbergstreek voorspel. Drie kouefronte het die Wes-Kaap kort na mekaar getref en nog drie is op pad. Swaar sneeu-neerslae in die Witzenbergstreek - die dikste in meer as 20 jaar - het sedert Sondag oor ‘n groot deel van die streek uitgesak.
Lees berig op bladsy 3 plus fotos.
THE Western Cape is currently experiencing the peak of the annual influenza or flu season as the virus circulates in communities. Vaccination against influenza remains the best method of preventing serious illness and individuals who are at risk of severe influenza illness or complications are strongly encouraged to consider getting vaccinated at their nearest health facility (or buy the vaccine at a pharmacy) as soon as possible. * The following groups of people are at high risk of severe influenza: Young children (under 5 years of age), older individuals (65 years old and older), people with underlying medical conditions, such as heart diseases, lung disease, cancer, diabetes or liver/kidney diseases and pregnant women (up to 6 weeks post-partum).
KENNISGEWING
In die boedel van wyle: ROBERTO GUIDOTTI
Id. no. 450102 5325 187
Van: Connaughtstr. 2, Tulbagh, 6820
Boedelnommer: 011449/2022
Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 12 Julie 2024 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH.
GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 2de dag van JULIE 2024.
JOHAN BEZUIDENHOUT
Prokureur vir Eksekuteur Van der Stelstr. 13, TULBAGH, 6820 (Verw: JJB/LC/JC0111)
Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ‘n tikkie nostalgie.
5 September 2024
18:30 vir 19:00
P.A. Hamlet NG Kerksaal
Ligte ete ingesluit l Bring eie drankies en glase
Vir inligting skakel
Kerkkantoor (023) 313-3694
Alma 083-443-0881
vloei deur die families se are. Drie kleinseuns van Charl en Pauline du Toit van Ceres, het die afgelope skoolvakansie aan die rugby-jeugweke deelgeneem. Quintin Potgieter was deel van die onoorwonne o/18 WP Cravenweekspan wat die Cheetahs verslaan het om as die nie-amptelike Cravenweek-kampioen gekroon te word. Met hierdie oorwinning het die WP ‘n rekord 15 oorwinnings in ‘n ry behaal. Zachary Watt en John du Toit het beide die Boland Akademiespan by die o/13 Cravenweek in Pretoria verteenwoordig. Hul span het goed gevaar en drie van hul vier wedstryde gewen.
PUBLIEKE DEELNAMEPROSES
DIE PUBLIEKE DEELNAMEPROSES VIR DIE RIETPOORT TRUST ARTIKEL 21(A) WATERGEBRUIK-LISENSIE AANSOEK IS NOU OOP VIR PUBLIEKE KOMMENTAAR
Hierdie kennisgewing dien om u in te lig dat Umvoto met die openbare deelnameproses begin het vir Die Rietpoort Trust Artikel 21(a) grondwateronttrekking van 108 620 kubieke meter per jaar (m3/a) uit die Karoo Waterdraers vir die besproeiing van groente en/of olywe, veesuiping van bokke en plaashuise op plaas Rietpoort 1/243 in die Ceres Karoo, soos uiteengesit in Artikel 41(4) van die Nasionale Waterwet (No. 36 van 1998). Alle belanghebbendes word uitgenooi om as Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GPs) te registreer en enige kommentaar of navrae by Umvoto in te dien.
Om te registreer en kommentaar te lewer, stuur ‘n e-pos na Gemma Bluff (gemma.b@umvoto.com) teen Maandag 19 Augustus 2024.
Lakenvlei-karatekas bring hul kant
KARATEKAS van Lakenvlei boerdery onder leiding van renshi Andries Douglas het tydens die skoolvakansie ‘n opknappingsprojek by Wanganella primêr aangepak. Die karatekas het die speelpark in vrolike kleure geverf. Hierdie projekte is verpligtend vir karatekas voordat hulle verder kan vorder en hulle bruin-gordel verwerf. Dit vorm deel van leierskap- en karakterontwikkeling terwyl karatekas ook leer om terug te ploeg in die gemeenskap. Al die karatekas is tans pers-gordels en neem een keer per week deel aan die dissiplineprogram. Vir meer inligting skakel 083 376 8989 of stuur e-pos na renshiandries@gmail.com
‘n Verantwoordelike media-instelling
BY die Witzenberg Herald glo ons vas in die krag van media as ‘n pilaar van die demokrasie. Ons is trots daarop om ‘n koerant te wees (27 jaar) wat onpartydige, akkurate en betroubare nuus aan die Witzenberg gemeenskap te verskaf.
As redakteur is dit my plig om ons etiese waardes en die wyse waarop ons aan statutêre en regulatoriese bepalings voldoen, weer te gee.
Etiese Waardes
1. Integriteit en akkuraatheid: Ons is daartoe verbind om alle inligting wat ons publiseer na te gaan. Ons streef daarna om die waarheid akkuraat te rapporteer.
2. Onpartydigheid: Ons publiseer nuus en menings wat die volle spektrum van perspektiewe verteenwoordig. Ons vermy bevooroordeeldheid en werk hard om ‘n gebalanseerde weergawe van gebeure te lewer.
3. Verantwoordbaarheid: Ons neem verantwoordelikheid vir alles wat ons publiseer. As daar ‘n fout gemaak word, erken ons dit openlik en maak die nodige regstellings so vinnig as moontlik.
4. Respek en Waardigheid: Ons behandel alle individue en groepe met respek en waardigheid, en ons vermy sensasiebejag en skinder.
5. Gelykheid en Onpartydigheid: Die Witzenberg Herald lewer onpartydige beriggewing, ongeag ras, geslag, ouderdom, godsdiens, fisiese aantreklikheid of seksuele oriëntasie. Ons is verbind tot die beginsel van gelykheid en verseker dat verslagdoening inklusief en regverdig is.
Nakoming van statutêre en regulatoriese bepalings
Die Witzenberg Herald voldoen aan die Mediawet van Suid-Afrika, sowel as die voorskrifte van die Persombudsman en die Persraad.
1. Reg op antwoord: Ons bied ‘n platform vir individue en organisasies om hul kant van die storie te vertel. Ons gee altyd geleentheid vir regstellings en reg op antwoord.
2. Beskerming van bronne: Ons beskerm die identiteit van bronne wanneer dit nodig is en verseker dat hulle inligting veilig en vertroulik hanteer word.
3. Privaatheid: Ons respekteer die privaatheid van individue en vermy die publikasie van inligting wat onnodig skade kan berokken, tensy dit van openbare belang is.
4. Kinderregte: Ons is baie sensitief vir die beskerming van kinders en publiseer GEEN inligting wat hulle kan skade berokken of hulle regte kan skend nie.
5. Mediavryheid: Ons koester die vryheid van die media soos gewaarborg deur die Grondwet van Suid-Afrika. Ons bly toegewyd aan die beginsel van vrye en regverdige joernalistiek, wat noodsaaklik is vir ‘n gesonde demokrasie. Die Witzenberg Herald besef dat ons verantwoordelikheid groot is en dat ons ‘n kritieke rol speel in die Witzenberg gemeenskap. Ons sal voortgaan om ons pligte met toewyding en integriteit na te kom, terwyl ons onwrikbaar bly in ons strewe na die hoogste standaarde van joernalistiek.
* Die Witzenberg Herald is die afgelope 27 jaar die amptelike mondstuk van die Witzenbergstreek. Die koerant het in byna drie dekades nog geen hofsaak verloor of in die hof verskyn oor enige nuusplasings nie.
Ma wat kind met kookwater gooi, uit op borg
DIE ma wat haar volwasse kind met kookwater gegooi het, is op borgtog van R500 vrygelaat.
Die Ceres polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) se ondersoek na dié poging tot moord word nog ondersoek.
Die ondersoek volg na ‘n argument tussen Sharon Matthysse (39) van die plaas Elrio en haar dogter, Amelia Matthysse (23). Die voorval het Saterdag 4 Mei omstreeks 12:30 tydens ‘n argument plaasgevind.
Saak uitgestel
Die saak is na 1 Augustus uitgestel.
of iemand beseer is nie.
Meeste sneeu in jare, byna 200mm reën en krag plek-plek af
MEER as 13 000 huishoudings in die WesKaap was Woensdag nog sonder krag midde erge stormweer in die provinsie.
Dit het plekke soos Gouda, Tulbagh en plase in die Ceres en P.A. Hamlet omgewing ingesluit.
Nog reën en moontlike sneeu word tot die naweek vir die Witzenbergstreek voorspel.
Drie kouefronte het die Wes-Kaap kort na mekaar getref en nog drie word verwag.
Swaar sneeu-neerslae in die Witzenbergstreek - die dikste in meer as 20 jaar - het Sondag die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit genoodsaak om Gydopas en Theronsbergpas om veiligheidsredes te sluit.
Die Bo-Swaarmoedpad was ook ‘n tyd lank gesluit voordat ‘n padskraper van die distriksmunisipaliteit Dinsdag, die sneeu van die padoppervlakte kon wegskraap.
Baie landelike-areas was ook sedert Sondag van die buitewêreld afgesny. Selfs Kagga Kamma was toe onder ‘n sneeukombers.
Passe weer oop
‘n Stop-en-ry is Dinsdag weer vir Gydopas ingestel nadat die pas Sondag en Maandag vir lang tye gesluit was. Die pas is ook Dinsdag oornag gesluit.
Talle inwoners van die Koue Bokkeveld, wat Sondag van vakansie teruggekeer het, moes noodgedwonge in ‘n parkeerarea op P.A. Hamlet sit en wag tot die pas oopgemaak is.
Die Bo-Swaarmoedpad is weer oop tot by Laastedrif. Voertuie kon Dinsdag tot by Lakenvlei-plaas vorder en net SUV en bakkies is verder tot by Laastedrif/Matroosberg toegelaat.
Waarsku
Sneeukykers wat na Matroosberg reservaat ry om sneeu te gaan kyk, moet versigtig wees aangesien die sneeu baie dik langs die pad lê. Daar is ook geen selfoonopvangs indien ‘n motoris in die moeilikheid beland nie. Luister vir plaaslike inwoners, die distriks-
munisipaliteit se werkers en rolspelers soos die polisie en verkeersbeamptes.
Die Witzenberg munisipaliteit het ook alle sportbyeenkomste en begrafnisse vir die naweek gekanselleer in afwagting van nog swaar reën en sneeu. Motoriste se veiligheid geniet voorkeur en die begaanbaarheid van paaie word streng gemonitor.
Damvlak styg vinnig
Die Koekedouwdam se vlak het sedert verlede Donderdag met meer as 20% gestyg. Die dam staan nou op 97% en gaan seker teen die naweek oorloop. Tulbagh se dorpsdam is 100% vol en die nuwe Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 29% nadat dit die week met byna 3% gestyg het.
Reënval ILeaf en Hortec se weerstasies het tussen Sondag 7 Julie en Woensdag 10 Julie (10:00) 196.4mm vir die Warm Bokkeveld gemeet.
By Lakenvlei (Bo-Swaarmoed) is 126.2mm gemeet, 94.5mm by Bronaar, 190.7mm by Sterkwater en 138.9mm by Romansrivier.
KLOKSGEWYS: 1. Twee inwoners van Ceres, een ‘n kranige veldloopatleet, het Maandagoggend die koue getrotseer om Oukop uit te klim en die sneeu te ervaar. Dit is min dat die sneeu so dik op dié bekende kop bokant Ceres lê. Dimitri van Rooyen hier afgeneem saam met Daniël van der Merwe. 2. LISA Verster van Ceres het Dinsdagoggend saam haar ouers en twee vriendinne, Mia Muller en Gerda Maree, gaan sneeukyk naby Matroosberg.3. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit is die naweek genoodsaak om Gydopas en Theronsbergpas om veiligheidsredes te sluit. Die BoSwaarmoedpad was ook ‘n tyd lank gesluit voordat ‘n padskraper van die distriksmunisipaliteit Dinsdagoggend, die sneeu van die padoppervlakte kon wegskraap.
ZEE Gadgets, Vape and Cell phone repair, het op 1 Junie ‘n derde winkel in Voortrekkerstraat oorkant Caltex op Ceres oopgemaak. Daar is ook ‘n Zee Fix en ‘n Zee Gadgets, Vape and Cell phone repair winkel in Vosstraat oorkant Capitec. Die eerste winkel het sy deure in 2007 oopgemaak. Die winkels verkoop ‘n verskeidenheid selfoon benodighede en Vape produkte en doen goeie kwaliteit herstelwerk aan selfone en skootrekenaars se LCD skerms. Winkelure is Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:00 en van 09:00 tot 14:30 op Saterdae. Vir navrae skakel 066-279-1820.
Zee open sy derde winkel op Ceres
ZEE wys hier die enigste hoë kwaliteit masjien op Ceres wat skermbeskermers vir kliënte op aanvraag maak. Hierdie diens is net beskikbaar by die Voortrekkerstraat-winkel oorkant Caltex en word gedoen terwyl jy daarvoor wag. Kostes beloop tussen R150 en R350 vir skerm-beskermers vir slimhorlosies, fone en tablette.
Fokus op Ceres BESIGHEDE
NOSTOP help kinders
NOSTOP NPO het onlangs ‘n uitreikprogram in Ceres aangebied wat vreugde en ondersteuning aan kinders met fisiese en geestelike gestremdhede gebring het. Die kinders is getrakteer op ‘n wonderlike musikale vertoning deur Peter van Wyk en Tommy Jooste. Die musiek het glimlagte en vreugde gebring aan almal. * NOSTOP wil die P.A. Hamlet stasiebevelvoerder, kol. Albert Ballack, bedank vir sy ondersteuning, sowel as die departement van maatskaplike ontwikkeling en die Witzenberg Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) vir hul bydraes. Die skoolhoof van St. Marks primêr en personeel wat die program ondersteun het, ten spyte van die skoolvakansie, die Bikers Club LOS Olvidados van Goodwood, wie se lid Bernice Kotzé die skenking van skryfbehoeftes en bestanddele vir die voedingsprogram gefasiliteer het, word bedank vir hul ruimhartigheid en ondersteuning. As daar belangstellendes is wat die nasorg- en voedingsprogram wil ondersteun, kan hulle die stigter, Charlene Miles, skakel by 064 994 8925.
CERES Motors Caltex - die eerste brandstofhandelaar as jy die dorp binneryis aangewys as die beste handelaar vir 2023 (vlak 3). Die bestuur is trots op die personeel vir hul harde werk en goeie gesindheid om te help om dié toekenning te verwerf.
Die personeel op die foto is Veon, Stephan-Lee, Brenda, Godfrey, Simone, Johannes, Michell, Micheal, Bradley Claudia, Marinda, Alison, Joseph en Walter. Inlas: Cheswin.
NOSTOP NPO het onlangs ‘n uitreikprogram in Ceres aangebied wat vreugde en ondersteuning aan kinders met fisiese en geestelike gestremdhede gebring het. Die geleentheid was deel van NOSTOP se nasorg- en voedingsprogram wat deur die toegewyde Suhrien Booysen en haar seun Ashwin, aangebied word. Die hoogtepunt van die dag was die ruim skenking van skooltasse en skryfbehoeftes deur die Hollywood Foundation. Die Purple Team het al die pad na Ceres gereis om hierdie broodnodige voorrade te oorhandig en sodoende te verseker dat die kinders goed toegerus is vir hul opvoedkundige reis. Hulle teenwoordigheid en pogings is werklik waardeer deur almal wat betrokke was.
Inverdoorn-stropers
in
voorverhoor, ander wil nou ook borg vra
DIE vyf Inverdoorn renosterstropers het verlede Vrydag weer in die Khayelitsha streekhof verskyn vir ‘n voorverhoor.
Nou wil die ander vier verdagtes ook aansoek doen vir borgtog.
Die stropers het op Vrydag 5 Julie in die streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, verskyn in ‘n voorverhoor*. Die saak is na 7 Augustus uitgestel.
Amade Filemone Chongo (49), se borgaansoek was vroeër suksesvol waarna hy op 10 April vanjaar op R10 000 borg vrygelaat is.
Die ander vier verdagtes wat ook al vir meer as 2 jaar aangehou word en wie se borgaansoeke voorheen afgekeur is, Innocence Davey Chiwenya (58), Wishes Mugari (32), Justice Cossa (30) en Michael Mbaura (25), wil nou weer aansoek doen.
CERES gholfklub het Vrydag 5 Julie ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Die kompetisie is deur Hannes Laubscher (regs) gewen met 19 punte. Schalk, ‘n besoeker, was in die tweede plek, ook met 19 punte.
Crous wen kompetisie
DIE naweek het Ceres gholfklub ‘n individuele houespel (medal) kompetisie aangebied.
Wynand Crous was die wenner met 69 houe. Willie van Heerden was in die tweede plek, ook met 69 houe. BJ Claasen was derde met 70 houe en Henk Rossouw was vierde met 71 houe.
Ander kompetisies
Ceres gholfklub het Vrydag 5 Julie ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse.
Die kompetisie is deur Hannes Laubscher gewen met 19 punte. Schalk, ‘n besoeker, was in die tweede plek, ook met 19 punte. Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.
Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies.
Spelers moet die klub skakel by (023) 3123068 vir besprekings.
Juliemaand se klubkompetisies: Op Saterdag 13 Julie kan spelers inskryf vir ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 20 Julie vir ‘n enkel stableford kompetisie en op 27 Julie vir ‘n enkel syfer plus kompetisie. Min tyd vir inskrywings
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Enkelspel- en Pare-putjiespel kampioenskappe Inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Donderdag 11 Julie en die trekking sal op Vrydag 12 Julie gedoen word. Die eerste 16 betaalde spelers/pare sal deel wees van die trekking. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332, 076-233-1981 of (023) 3123068
*Daar is nog net vier pare-inskrywings en vyf enkel-inskrywings vir die 2024 putjiespel.
Die vier bly in aanhouding. Dié renosterstroper-saak is ‘n eerste vir die Wes-Kaap.
Agtergrond
Die vyf renosterstropers is meer as twee en ‘n half jaar gelede op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek.
Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57
(1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.
Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhoring.
* ‘n Voorverhoor handel hoofsaaklik met aspekte soos blootlegging van dokumente of bewyse, opsommings van deskundige getuienis en versoeke vir verhoorbesonderhede tussen die opponerende prokureurs en landdros. Dit is om te bepaal of almal gereed is dat dié verhoor kan begin.
classifieds
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS
“ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
Select LAUNDRY
Whatsapp of skakel
082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
CENTRAL CERES
MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop
• Engine overhaul
• General Services
• Suspension
• Brakes
• and more André du PAndré du P André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte. Persoonlik betrokke by verhuisings. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 of www.trekstoor.co.za rek M44 w.t.o
INWONERS word gevra om te help om ‘n selfoon op te spoor wat op Vrydag 5 Julie tussen 19:00 en 20:00 voor die Harmoniegebou op Ceres uitgeval het. Polisielede was besig met ‘n padblokkade toe die selfoon in ‘n blou omhulsel, uitgeval het. Twee persone, vermoedelik bergslapers, het dit opgetel. Indien iemand iets weet van die foon, kan hulle vir a.o. Van der Westhuizen skakel by 082-302-8682
DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.
IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@kbos.co.za
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan isaacjacobs50@yahoo.com
Dit is die Here wat my sterk maak en wat my beskerm, ek is seker dat Hy my sal help. Hy sal dit doen, en ek sal bly wees, ek sal sing en Hom prys. Ps. 28:7 Evangelis Jacobs
Whatsapp die woord
na 066-316-3003
+ Jou naam + Die item wat jy wil verkoop Reëls: • Slegs items onder R1 000
• Slegs EEN item per Whatsapp
• Gratis advertensies word NIE per telefoon of e-pos aanvaar nie
Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies
R30 per bondel
(023) 316-2021
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.
MEER as 13 000 huishoudings in die Wes-Kaap was Woensdag nog sonder krag midde erge stormweer. Nog reën en moontlike sneeu word tot die naweek vir die Witzenbergstreek voorspel. Drie kouefronte het die Wes-Kaap kort na mekaar getref. Swaar sneeu-neerslae in die Witzenbergstreek - die dikste in meer as 20 jaar - het sedert Sondag oor ‘n groot deel van die streek uitgesak.
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit is die naweek genoodsaak om Gydopas en Theronsbergpas om veiligheidsredes te sluit. Die Bo-Swaarmoedpad was ook ‘n tyd lank gesluit voordat ‘n padskraper van die distriksmunisipaliteit Dinsdagoggend, die sneeu van die padoppervlakte kon wegskraap.
NOG reën en moontlike sneeu word tot die naweek vir die Witzenbergstreek voorspel. Drie kouefronte het die Wes-Kaap kort na mekaar getref. Swaar sneeu-neerslae in die Witzenbergstreek - die dikste in meer as 20 jaar
DIE twee laagwaterbruggies op Ceres was tot Woensdagoggend nog gesluit nadat die Dwarsrivier sedert Sondag begin afkom het. Die rivier het soos verlede jaar, weer sy walle op die gholflandgoed oorstroom. Hier is ‘n nuutgeboude bruggie onder water wat die nuwe gedeelte met die bestaande gholfbaan verbind.
Skole Donderdag gesluit weens erge reën
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
DIE Sharks en die Blitsbokke het nie op hulle laat wag nie en die belowende losskakel en matriekleerder van Charlie Hofmeyr, Luan Gilliomee, opgeraap. Gilliomee, wat in die S.A. Skole A-span opgeneem is, het Donderdag 4 Julie teen die S.A. Skolespan gespeel. Die A-span het met 22-38 verloor maar Luan het weer skitterspel gelewer en twee doelskoppe oorgeskop. Een kantlyn-lugskop van hom is uit die lug gepluk waarna die vleuel oorgeduik het vir ‘n drie. Luan het by die Cravenweek die tweede meeste punte (40) in 3 wedstryde aangeteken. * Charlies is baie opgewonde oor Luan se insluiting by die Sharks - dit is ‘n groot geleentheid wat oor sy pad gekom het en elke Charlie is trots op hom!
Koopman se duif wen
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 6 Julie op Victoria-Wes gelos. Ceres Federasie se jaaroud wedvlug is deur ‘n duif van Le Bretton Lofts gewen met ‘n spoed van 1387.921 mpm en die ope Ceres Federasie wedvlug is gewen deur ‘n duif van Marius Koopman met ‘n spoed van 1400.439 mpm gewen. Dit is slegs die tweede jaar dat Le Bretton Lofts aan die jaaroud wedvlug deelneem.
Die naweek vlieg duiwe vanaf Britstown.
CHPS
Jaaroud
1. Cyril en Ann Davids - 1369.559 mpm
2. Cyril en Ann Davids - 1362.425 mpm
3. Hendriks familie - 1327.458 mpm
4. Hendriks familie - 1255.881 mpm
5. Team Koopman - 1200.776 mpm
Ope
1. Cyril en Ann Davids - 1391.489 mpm
2. Team Koopman - 1367.595 mpm
3. Team Koopman - 1337. 740 mpm
4. Team Koopman - 1336. 257 mpm
5. Hendriks familie - 1318.960 mpm
Ceres Pigeon Society (CPS)
Jaaroud
1. Le Bretton Loft - 1387.921 mpm
2. Meyer en Van Wyk - 1380.084 mpm
3. Meyer en Van Wyk - 1377.237 mpm
4. Van Rooy Loft - 1355.840 mpm
5. JRK Loft - 1352.293 mpm
Ope
1. Marius Koopman - 1400.439 mpm
2. Camerin Mars - 1385.587 mpm
3. E. Lofts - 1383.104 mpm
4. CT Nige - 1353.415 mpm
5. CT Nige - 1347.520 mpm
Bella Vista vee Wellington van die veld
DIE naweek het Bella Vista vir Wellington van die veld gevee en maklik met 66-17 gewen.
Die rustydtelling was 26-10 met Bella Vista wat toe reeds ‘n bonuspunt ingesamel het. Oudergewoonte was dit weer Bella Vista se voorspelers wat die grondslag vir die oorwinning gelê het. Hulle het geskrum, gerolmaal en losgemale met mening skoongemaak. Wellington het nie ‘n antwoord vir die inklimspel gehad nie. Bella Vista het 11 drieë ingeryg.
Maar dit is beslis Patwin van der Merwe wie se naam deur rugbygeesdriftiges neergeskryf moet word. Patwin, een van die jongelinge in die Bella Vista-span, het die naweek ‘n driekuns aan drieë gedruk en was in die kol met agt doelskoppe. Hy teken 31 punte aan en word welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys. Agterlangs is dit Elron McLeod (losskakel) wat sy agterlyn flink wegstuur met Lurenco Jumath wat die span goed lei. Die goeie dissipline was deurgaans sigbaar in die wedstryd.
Vir Bella Vista is drieë deur Patwin van der Merwe (3), Ruan Manuel (2), Cameron Davids(2) en een elk deur Elron McLeod, Therry Grootboom, Saulesville Jantjies en Jemiehl Muller gedruk. Patwin van der Merwe was in die kol met 8 doelskoppe.
Bella Vista reis die naweek na Wolseley en sal ‘n bonuspunt sege wil behaal om in die Top 12 wedloop te bly. Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie: Die ander plaaslike spanne het gemengde welslae behaal. Ceres speel 27-27 gelykop teen Hamlet, Delicious verloor met 31-52 teen Newtons, Roses United is te sterk vir Wolseley en wen 46-0, Hillcrest klop Evergreens Paarl met 27-22 en Temperance klop Young Blues 38-29.
Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: Lovedale klop Op-die-Berg 31-29, La Plaisant en Lindeshof speel 14-14 gelykop, Tulbagh is te sterk vir Young Good Hopes en wen 38-12, Vastrap klop Paardekloof 29-26 en Môrester verloor 21-22 teen Young Westlyans.
spanne het die naweek gemengde welslae behaal. * Hier probeer Hamlet spelers ‘n Ceres speler plattrek. Die wedstryd het op Hamlet se velde plaasgevind. Die telling was 27-27.