Witzenberg Herald Vol.25 no. 26 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 26

R8

Friday, July 8, 2022

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 7 Julie

Vrydag 8 Julie

-2° 18°

0° 23°

Saterdag 9 Julie

Sondag 10 Julie

6° 26°

1° 19°

Ceres Koekedouw dam

OPEN DURING

61,5%

(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres

Lesing: 2022/04/06

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Susters se dood ruk gemeenskap DIE Witzenbergstreek is die naweek geruk met die nuus van Breyton Paulse se ma en tannie wat verdrink het in die see by Hermanus. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die tragiese dood van Getruida (Setta) Visagie (65) en Mariëtte Sophia (Marie) Galant (60) by die polisie aangemeld. Die twee vroue was met vakansie in Hermanus en het Sondag 3 Julie saam met familie die Ou Hawe besoek. Hulle was blykbaar besig om fotos op die hawemuur te neem toe Visagie en Galant in ‘n fratsongeluk deur branders afgeslaan en hulle in die see geval het. Die NSRI se personeel is kort ná 15:00 ontplooi toe ooggetuies twee persone se liggame in die seewater sien dryf. Craig Lambinon, woordvoerder van NSRI, het gesê twee vroue is opgespoor en op ‘n reddingsboot uitgebring. Hy het gesê kardiopulmonêre resussitasie (KPR) is toegepas, maar beide is op die toneel dood verklaar. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Hermanus hanteer die ondersoek. Medelye Medelye vanoor die land het op sosiale media platforms ingestroom vir die oud-Springbok en SuperSport omroeper Breyton Paulse en Jaffie Galant se families. Individue, sportklubs, landbou organisa-

sies, kollegas en politieke partye het almal hul simpatie met die families betuig. Die gemeenskap se medelye gaan ook uit na Breyton se ouma, Anna Paulse, wat twee dogters aan die dood afgestaan het. Paulse het vroeër gesê dit is ‘n baie hartseertyd vir hulle en dat die gemeenskap vir die families kan bid. Setta Visagie het vir 50 jaar vir Charl en Pauline du Toit van De Keur landgoed gewerk. Van 2005 tot 2022 het sy vir Charl jr. en Cathy op die plaas gewerk. Marina Potgieter van De Keur landgoed het op Facebook geskryf: Liefste Setjie, ons harte is so seer. Ons is so verskriklik lief vir jou en gaan jou lekker lag, jou omgee, liefde en stywe drukkies oneindig baie mis. Jy was ‘n besonderse vrou! Ons dink aan julle. PALS Witzenberg (Partners in Agri Land Solutions) en die Wes-Kaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer, het ook Maandag op Facebook hul medelye teenoor Jaffie Galant en sy gesin betuig met die tragiese afsterwe van Jaffie se vrou, Marie. Jaffie Galant is ’n voormalige direkteur van Witzenberg PALS en voorsitter van die Themba Trust op Bronaar. Begrafnisreëlings ‘n Gesamentlike begrafnis word vir die twee vroue gehou op Sondag 10 Julie om 12:00 vanuit die VGK Op-die-Berg gemeente.

Beloning van R100 000 aangebied DIE Wes-Kaap minister van gemeenskapsveiligheid en polisietoesig, Reagen Allen, het verlede Vrydag die Tulbagh moordtoneel in die informele gebied in Asla-kamp besoek waar hy met die gemeenskap sowel as met van die naasbestaandes gesimpatiseer het. FOTOS en berig op bladsy 3.

Guaranteed Future Value

Urban Cruiser fromR3 295 pm* Model shown only for illustrative purposes. *T’s & C’s Apply

(023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre Voortrekkerstraat 112, CERES

The trusted name in commercial and residential

Waterproofing.

087 094 8092 www.rubberroofs.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.