WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 26
R7.50
Friday, July 9, 2021
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 Julie
Vrydag 9 Julie
2° 14°
1° 12°
Saterdag 10 Julie
Netcare hospitaal kan dalk sluit
Sondag 11 Julie
1° 15°
DIE afgelope week was daar gerugte dat Netcare se Ceres privaat hospitaal sy deure einde Julie gaan sluit. Netcare het Dinsdag 6 Julie in ‘n persverklaring meer duidelikheid hieroor gegee en bevestig dat hulle tans in die proses is om die hospitaal te verkoop.
2° 15°
Ceres Koekedouw dam
75%
Lesing: 2021/07/07
Telephone: (023) 316-2021
(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Lees berig op bladsy 3
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Inwoners staan in lang toue
INWONERS bo 50 het Maandagoggend van vroeg af in lang toue gestaan en wag om by Ceres provinsiale hospitaal ingeënt te word. Hulle is die eerstes in die ouderdomsgroep wat op Ceres en omliggende dorpe ingeënt is. Die rye het in een stadium tot by die hoofhek gekronkel.
INWONERS bo 50 het Maandagoggend van vroeg af in lang toue gestaan en wag om by Ceres provinsiale hospitaal ingeënt te word. Hulle is die eerstes in die ouderdomsgroep wat op Ceres en omliggende dorpe ingeënt is. Polisielede asook diegene oor 60 jaar wat kwalifiseer vir hulle tweede dosis Pfizer inentings, was ook Maandag by die hospitaal. Die rye het in een stadium tot by die hoofhek gekronkel. Vlak 4 inperkings is sedert Maandag 28 Junie van krag om die impak van ‘n derde vlaag van COVID-19, te probeer keer. Vlak 4 inperkings is voorlopig vir 14 dae afgekondig maar ‘n nuwe aankondiging deur pres. Ramaphosa word teen die naweek verwag. Die instelling van vlak 4 inperkings het die drank- en restaurantbedryf asook toerisme ‘n gevoelige slag toegedien. Drankwinkels was die afgelope twee weke gesluit en kan geensins nog verdere sluitings bekostig nie. Skole en universiteite is sedert verlede week gesluit en sal moontlik weer op 19 Julie heropen. Die Wes-Kaap departement van gesondheid het meer as 191 800 van Pfizer se entstof ontvang wat tussen 25 Junie en 9 Julie toegedien gaan word. Meer as 27 000 mense wie 60 jaar en ouer is, het teen die einde van 1 Julie hul eerste enting gekry. “Onthou jou afspraak vir die tweede enting. Dit is op die kaartjie wat jy ontvang het met jou eerste inenting”. Inwoners van die 48 tehuise vir bejaardes en aftreeoorde in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit na wie gesondheidswerkers uitgereik het, sal besoek word vir hul tweede inenting. Tot dusver het Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite waar entings gebied word, meestal gefokus om mense wat afsprake het, in te ent. Om die uitrol van die entings te bespoedig, sal meer mense wie opdaag sonder registrasie of ‘n afspraak, gehelp word. Gesondheidswerkers sal in die komende weke uitreike doen na gemeenskappe om te verseker dat almal in veral die ouderdomsgroep van 60 jaar en ouer wat geënt wil word, die kans kry. Met een só ‘n inisiatief in die Nduliomgewing op 30 Junie, kon gesondheidswerkers meer as 80 mense help om te registreer en hulle in te ent. Positiewe gevalle bly konstant Teen Maandag 5 Julie was die aktiewe positiewe ge-
valle in die Witzenbergstreek 73 teenoor verlede week se 77. Die week was daar 29 positiewe gevalle op Ceres en 17 positiewe gevalle op Tulbagh. Die afgelope week is daar een COVID-19 sterfte in Nduli aangeteken. Sedert die pandemie begin het is daar 5390 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 5079 volkome herstel het. Statistieke wys Ceres het die meeste positiewe gevalle aangemeld nl: 1144 gevolg deur Bella Vista met 892, P.A. Hamlet met 752, Wolseley met 611, Tulbagh met 590, Nduli met 436 en Koue Bokkeveld plase met 415. Twee honderd agt en dertig (238) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 37, Bella Vista met 36, P.A. Hamlet met 28, Tulbagh met 26 en Nduli met 24. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 12 549 (tot 5 Julie) met 334 868 positiewe gevalle en 297 536 wat al herstel het. Daar is al 461 233 mense, wat gesondheidswerkers en bejaarde mense bo 60 insluit, al in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. Kliniektye Ceres Hospitaal vanaf 31 Mei Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 14:00 P.A. Hamlet kliniek vanaf 7 Junie Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek vanaf 7 Junie Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek vanaf 7 Junie Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek vanaf 7 Junie Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek vanaf 7 Junie Vrydae van 09:00 tot 11:00 Vanaf Woensdag 7 Julie sal registrasie en entings ook by Nduli gemeenskapsaal gedoen word tussen 09:00 en 14:00 As deel van die departement se maatreëls om pasiënte en personeel veilig te hou, is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal uitgestel tot verdere kennisgewing. Uitsonderings sal gemaak word as dit kom by ‘n persoon wie in ‘n kritieke toestand in 'n hospitaal is.
VIEW OUR SERVICES ON:
www.jptek.co.za
• License plate recognition • Security solutions & consulting • Access control • CCTV • Fibre optic • Alarms • IT support
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS From R3 799 p/m* ON GUARANTEED FUTURE VALUE *T’s & C’s apply.
Voortrekkerstr. 112, CERES Steyn, Arno, Giepie of Andre (023) 312-1057
Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer.
* Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES