WH H e r a l d
Sneeu en reen
Kinders sterf tragies
VYF kinders is Sondagaand naby die R300 afrit na Kuilsrivier dood nadat die Ford Bantam bakkie waarin hulle passasiers was, ‘n sperreling getref het.
Volgens voorlopige inligting het die 40-jarige bestuurder van Moorreesburg, Adriaan Hanse, Sondag 9 Julie omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie met 11 insittendes verloor, ‘n sperreling getref waarna die bakkie langs die snelweg tot stilstand gekom het. Hanse was op pad na Du Noon om ‘n vrou en kind te gaan aflaai voordat hulle verder na Moorreesburg sou ry. Hulle het vroeër die dag by die kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier. Die kinders wat agterop die bakkie gesit het, is met die slag van die voertuig afgegooi. Een van die kinders wat gesterf het, is ‘n 18-jarige meisie van die Koue Bokkeveld, wat saamgery het.
Haar 15-jarige vriendin en dié se 7-jarige sussie het ook in die ongeluk gesterf. Twee van die kinders wat gesterf het, is die bestuurder se eie kinders. ‘n Elfjarige niggie en 16 maande oue nefie van die ander twee slagoffers, is ook in die ongeluk dood.
Hanse se vrou en hul 4-jarige kind wat voor in die bakkie gesit het, is nie beseer nie maar is later vir skok behandel. Haar twee susters het agterop die bakkie saam met die kinders gesit.
Geen name bekend
Herstelwerk begin
HERSTELWERK aan ‘n gedeelte van Michellspas sal teen middel Augustus afgehandel wees.
Die herstelwerk kom nadat groot wattermassas ‘n klein gedeelte van Michellspas beskadig het. ‘n Kraak in die padoppervlak naby die tweede uitkykpunt is kort na die Junie-oorstromings opgemerk waar ‘n stuk grond van 15 meter onder die sperreling meegegee het weens baie ondergrondse water.
Na ‘n voorlopige inspeksie is daar Maandagaand 19 Junie besluit om die pas vir verkeer te sluit. Ingenieurs en rolspelers van die Wes-Kaap departement van infrastruktuur is die volgende dag na Michellspas om ‘n volledige padinspeksie te doen. Daar is toe besluit om weens veiligheidsredes die pas tot Donderdag 22 Junie te sluit sodat die nodige reëlings vir ‘n veilige 24-uur stop en ry punt met slegs een baan wat oop is vir verkeer, in plek gestel kon word.
Die afgelope twee weke het inwoners gewoond geraak aan die kort vertraging in die pas.
Herstelwerk aan die pad het verlede week begin en is die WesKaap departement van infrastruktuur besig om die groot gat met groot klippe op te vul. Daarna sal dit met beton opgevul word om die bergwand te stut. Die padoppervlakte wat gekraak het sal ook vervang en oorgeteer word voordat die pad middel Agustus weer oopgestel word vir verkeer.
Dinsdag 11 Julie wou die Wes-Kaap polisie steeds nie die slagoffers se name bekend maak nie behalwe om te sê dat vyf kinders tussen die ouderdomme van 1 en 18 jaar gesterf het. Drie ander insittendes is met ernstige beserings na die Tygerberg hospitaal geneem vir behandeling.
Hofverskyning
Adriaan Hanse is na die ongeluk in hegtenis geneem vir die bestuur onder die invloed van drank. Vyf klagtes van stafbare manslag is by die Brackenfell SAPD geregistreer. Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder, het Dinsdag 11 Junie, vlugtig in die Bluedowns landdroshof verskyn. Borgtog van R5 000 is aan hom toegestaan. Hy moet weer op 18 Augustus in die hof verskyn.
FOTO: Titanium Securitas/Facebook
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 27 R 8.50 Friday, 14 July 2023 CERES KOEKEDOUW DAM 100% TULBAGH DAM 95% WAVERENSKROON TULBAGH 16.5% Lesings geneem: 2023/07/12 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 13 Julie 7° 23° Vrydag 14 Julie Saterdag 15 Julie Sondag 16 Julie 7° 22° 5° 19° 6° 15° 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 087 094 8092 www.rubberroofs.co.za
in commercial and residential Waterproofing. (023) 312-1916 (023) CERESCERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
The trusted name
reën VITZ FOR VICTORY From R2 899 p/m (023) 312-1057 Voortrekkerstraat 112, CERES Arno, Pierre, Andre of Giepie From that first car feeling to the graduation celebration, victory comes in many forms. So, celebrate them all, big or small, in the all-new Toyota Vitz! Effortlessly chic and stylish, with a 1.0L three-cylinder petrol engine and 295L boot space, the Toyota Vitz is more affordable than you can imagine. Say, “Vitz for Victory” and celebrate life in the all-new Toyota Vitz. Toyota Financial Services (South Africa) Ltd is an Authorised Financial Services (FSP No:7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62) Ts & Cs Apply
Sneeu en
SENSHI Dojo onderleiding van sensei Wayne Vermeulen (voor middel), wil elke student gelukwens wat hul jaarlikse gradering geslaag en na ‘n volgende gordel aangeskuif het.
NOTICE IN TERMS OF SECTION 35 OF THE ESTATE ACT, No. 66 OF 1965, AS AMENDED
IN THE ESTATE OF THE LATE: ANDRIES NICOLAAS WERTH
IDENTITY NO: 550117 5010 083
DATE OF DEATH: 05/01/2022
LAST ADDRESS: 3 Reefslot, St. Helena Bay
ESTATE NUMBER: 004738/2022
Notice is hereby given that the First and Final Liquidation and Distribution Account in the above estate will be open for inspection at the Master of the Supreme Court, Cape Town and the Magistrate’s Court, George for a period of 21 days from publication of this notice.
Dated at Mossel Bay on 14 JULY 2023.
ELHANDRE PTY LTD
elizia@elhandre.co.za
P.O. Box 10623, Dana Bay, 6510 Telephone: 071-464-9806
KENNISGEWING
In die boedel van wyle: ROBERTO GUIDOTTI
Id. no. 450102 5325 187
Van: Connaughtstr. 2, Tulbagh, 6820
Boedelnommer: 011449/2022
Wie oorlede is op: 22 Januarie 2021
Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig)
dae vanaf VRYDAG 14 JULIE 2023
JOHAN BEZUIDENHOUT
Prokureur vir Eksekuteur
Van der Stelstraat 15, Tulbagh, 6820 (Verw: JJB/LC/JC0111)
DIE Ben Your Friend Jeugstigting het van 10-13 Julie die Ceresomgewing besoek saam met seuns van Steinthal Kinder- en Jeugsorgsentrum. Die winterkamp word in Dennebos vakansieoord gehou vir 15 seuns wat die skoolvakansie nie huis toe kon gaan nie of nie ‘n huis het om na te gaan nie. Die Ben Your Friend Jeugstigting is in 2017 deur Ben Hector gestig en mentor hulle jong seuns wie sonder ‘n pa grootword. Die stigting is vir baie jare betrokke in die Ceres-omgewing en was al betrokke by Huis Pieter Strauss en die Ceres Haven nagskuiling. Die seuns het ondermeer die Ceres natuurtuin, ‘n vrugte verpakkingsaanleg, die Togryers museum en die Rocky River Spur besoek. Hulle het ook op ‘n uitstappie na die poele gegaan en aan ‘n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem. Indien inwoners wil betrokke raak by die organisasie, kan hulle vir Ben skakel by 076-479-6758. “Dankie vir die deelname van die Ceres-gemeenskap om dit beter plek vir die kinders te maak, veral die Togryers museum, die Rocky River Spur vir die ontbyt vir die kinders, Dennebos en die Witzenberg munisipaliteit”.
2 l WITZENBERG HERALD l 14 JULY 2023
VIER rugbyspelers van Charlie Hofmeyr hoërskool is in die Bolandspan opgeneem wat van 26-29 Junie aan die Grant Khomo week deelgeneem het. VLNR: Glenn-Will Tromp, Joshua Swarts, Gerhard Goosen en Danico Sass.
TWEE rugbyspelers van Charlie Hofmeyr hoërskool, Johann Coetzee (links) en Niquin Pietersen, is opgeneem in die o/18 Akademieweek-span.
ELIZABETH Goosen het die o/14 Wes-Kaap netbalspan verteenwoordig. Sy is ook as kaptein van die span aangewys.
NA ‘n suksesvolle LSEN Cravenweek wil Boland LSEN hul dank uitspreek teenoor Ceres Superspar en Tulbagh Spar vir hul spyseniering-borgskap tydens die pettefunksie.
Rowers oorval Ceres-egpaar in Namibië
SES gewapende rowers het ‘n Ceres-egpaar in Namibië aangeval en beroof.
Eddie en Deona Reyneke van Ceres, besoek die afgelope 30 jaar Namibië en is gesoute kampeerders.
Deona en Eddie het skaars kamp opgeslaan by Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Boplaas-kampterrein langs die Oranjérivier, sowat 60 km van Rosh Pinah, toe hulle oorval is deur ses mans - gewapen met messe en pangas.
Volgens die Reynekes het hulle omstreeks 19:00 by die kamp aangekom wat heeltemal verlate was. Hulle het kamp opgeslaan en ’n braaivleisvuur aangesteek. Terwyl hulle by die vuur gesit het, het ‘n motor stadig verby hulle gery.
Die motor het ‘n ent verder gestop. Ses mans het skielik hul verskyning van agter ’n ablusieblok gemaak, met drie wat Deona en drie wat Eddie gegryp het.
Deona se baadjie is van haar lyf afgeruk en deur een van die rowers aangetrek. Al haar juwele - van haar oorbelle tot haar trouring - is met geweld gevat voordat die mans haar hande agter haar rug vasgebind het.
Eddie het ook deurgeloop toe die mans sy bril van sy gesig geklap en hulle sy trouring afgevat het.
Eddie se hande is ook agter sy rug vasgebind - terwyl die rowers heeltyd gedreig het: “Be quiet, I will kill you!”
Die rowers het alles in die boswa uitgegooi en kaste oopgeruk op soek na geld, het Eddie na die voorval aan koerante vertel.
Die rowers het buiten hul bankkaarte se PIN-kode ook geëis dat hy geld vir hulle moet oorplaas.
Die egpaar is later in die boswa geboender en op die bed laat sit waar hul voete ook vasgebind is.
Die twee is agteroor op die bed gegooi en met ’n duvet toegegooi. Die rowers het die boswa gesluit en met die Reynekeegpaar se bakkie, selfone, kameras asook juwele met ’n gesamentlike waarde van sowat R300 000 gevlug.
EDDIE en Deona Reyneke van Ceres is gesoute kampeerders.
Hulp soek Na die rowers weg is, kon Eddie daarin slaag om uit die Armadillo-boswa te kom, ’n mes in die hande te kry en homself en Deona los sny.
Hulle het in Aussenkehr se rigting beweeg, maar uit vrees dat die rowers sou terugkeerby tye in die veld weggekruip.
Hulle het op die berg agter rotse geskuil vir die nag.
Met sonopkoms het hulle tussen 15 en 20 km gestap voordat iemand hulle opgelaai het.
Hulle bakkie is later verlate langs die pad gevind, terwyl die sleutels en ook hul paspoorte, in die veld daar naby gevind is.
Die egpaar was geweldig getraumatiseer maar bly dat hulle lewe en geen ernstige beserings opgedoen het nie.
Die Reynekes was vol lof vir die Namibiese polisie se samewerking en uitstekende diens.
“Ons wil almal in Oranjémund bedank vir hul hulp en gasvryheid, veral die familie by wie ons tuisgaan - hierdie mense is kosbaar!. Ons wil net vir twee weke op ’n plaas in die Noorde uitspan en rus”.
BESOEKERS van die Kaap het die naweek op Matroosberg toegesak om in die sneeu te baljaar. Die sneeu was vir die eerste keer in meer as ‘n jaar te voet of met 4x4 voertuie bereikbaar. FOTO REGS: Mostertshoek vanaf Ceres se kant het ook Maandagoggend ‘n lagie sneeu opgehad. Teen Dinsdag het alles gesmelt.
Eerste goeie sneeu-neerslae vir 2023
DIE eerste goeie sneeu-neerslae vir 2023, het verlede naweek oor hoogliggende dele van die Wes-Kaap provinsie geval.
Stappers en besoekers het die naweek op Matroosberg toegesak om in die sneeu te baljaar. Die sneeu was vir die eerste keer in meer as ‘n jaar te voet of met 4x4 voertuie bereikbaar.
Maandag 10 Julie kon die sneeu nog bereik word as jy bereid was om bietjie meer as 2 ure te stap.
Meer as 54 mm reën het ook Saterdag 8 Julie in die Ceres-omgewing uitgesak. Op Romansrivier is 35.9 mm gemeet, Winterhoek 20.2 mm en Bo-Swaarmoed 15 mm.
Van 1-10 Julie het 63.6 mm in die Ceres omgewing uitgesak, op Romansrivier is 43.9 mm gemeet, Sterkwater 6.4 mm, Winterhoek 35.9 mm en Bo-Swaarmoed 19.6 mm.
Damvlakke
Op Maandag 10 Julie was die Koekedouwdam 100% vol, Tulbaghdam is tans 95% vol en die nuwe Waverenskroondam 16.5% vol.
Alle waterbeperkings in die Witzenbergstreek is ook opgehef.
Vir meer nuus en fotos van sneeuneerslae in SuidAfrika, besoek gerus www.snowreport.
Oudpolisielid betaal
R1 000 boete
‘n OUDPOLISIEMAN het einde Juniemaand ‘n skulderkenningsboete betaal om ‘n einde te bring aan die dronkbestuurklagtes teen hom.
Lepile Andrew Tsaine (40) is in September 2021 twee keer vir dronkbestuur en roekelose en/of nalatige bestuur gearresteer. Na die klagtes het hy uit die polisie bedank.
Hy het op 28 Junie op ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur skuldig gepleit en ‘n skulderkenningsboete van R1000 betaal.
Die voorval het op 24 September omstreeks 08:55 plaasgevind.
Hy was saam met twee vroue passasiers in Voortrekkerstraat, P.A. Hamlet onderweg in ‘n KIA Picanto toe hy deur Ceres verkeerslui afgetrek is. Tsaine het na bewering weggejaag na die polisiekwartiere langs speurderskantore waar hy gebly het.
Dit bring ‘n einde aan die hofsaak teen hom.
14 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 3 SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa 023 1000 515 info@jptek.co.za
LEPILE Andrew Tsaine (40).
Ons snuffel boelies uit!
DIT is nie cool om ‘n boelie te wees nie!
Dit is die boodskap wat honderde plaaslike kinders onlangs gehoor het tydens ‘n besoek van Kaptein Bully Buster.
Die kinders het tydens dié besoek ingestem om Kapteinn Bully Buster te help met sy groot taak regoor die land deur self die boelies in hulle skole uit te snuffel en boeliegedrag aan te meld.
Die besoek van Kaptein Bully Buster is danksy Matla A Bana moontlik gemaak en vorm deel van vele projekte tydens Kinderbeskermingsmaand. Die Matla A Bana groep het Waveren Laerskool en Steindal op Tulbagh besoek en op Ceres het hulle ‘n draai by Mooi Uitsig en Morrisdale primêre skole gemaak.
Matla A Bana is in 2002 deur Monique Strydom begin nadat sy ingelig is oor hoeveel kinders mishandel word en nooit gehelp word nie. Of, indien hul wel aanmeld, hoe traumaties die aanmeldingsisteem is vir slagoffers.
Vertoning
In ‘n halfuur vertoning leer Kaptein Bully Buster (vertolk deur Paarlse akteur ReaganReece Carolissen) kinders oor verskillede tipes boelies - en dit sluit diegene in wat kinders wil verlei met lekkergoed en ook sosiale media gebruik om kinders uit te lok of te mishandel.
Dan is daar natuurlik Petty Bettie wat saam in die skool is en lelike goed van ander sê. Kinders word ook geleer wat jy met elkeen van daardie boelies moet doen en hoe dit moet aangemeld word.
Kaptein Bully Buster was so beïndruk met die gretigheid en ywer van die kinders om te
help, dat hy summier al die kinders aangestel het as konstabel Bully Busters om so sy werk op Tulbagh en Ceres ligter te maak.
Gedurende Maart het die skoleprogram deel uitgemaak van die Xtreme For Kids Cycle
Tour wat vier provinsies in tien dae besoek het. Tydens die fietstoer is 15 skole en meer as 5 500 kinders in baie afgesonderde landelike gebiede soos Nieu Bethesda, bereik.
Die fietstoer en die skoleprojek word in samewerking met die SAPD aangebied en die polisie kom kuier saam by die skole.
Dit is vir Matla A Bana baie belangrik dat kinders nie met die polisie gedreig word nie maar ook moet weet dat die polisie daar is om kinders te help.
Polisielede van die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings-eenheid van Ceres, het met die kinders gepraat.
Elke kind het ‘n konstabel Bully Buster kenwapen en ‘n boekmerk met teenboelie wenke, ontvang. Die organisasie het ook aan deelnemende skole, gratis kopieë van die boek:
Die dag toe die draak kom deur bekende
skrywer Fanie Viljoen, gegee. Die boekie help jong kinders en ouers om meer ingelig te wees oor seksuele mishandeling en wat om daar omtrent te doen. Matla A Bana moedig ouers en onderwysers aan om te luister na kinders en ook om op die uitkyk vir gevaartekens van mishandeling te wees. Dit gebeur dikwels dat kinders selfmoord oorweeg as ‘n uitweg teen boeliegedrag. Die Witzenbergstreek gaan verseker voordeel trek uit die 2 300 nuwe konstabel Bully Busters wat nou aangestel is om boelies uit te snuffel.
NOTICE OF AMENDMENT TO ENVIRONMENTAL AUTHORISATION, FINAL LAYOUT & ENVIRONMENTAL MANAGEMENT PROGRAMME
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS
ZEN WIND FARM, WESTERN CAPE PROVINCE (REF: 14/12/16/3/3/2/322/AM5)
Applicant: FE Bonne Esperance (Pty) Ltd
Project Name: Zen Wind Farm
Project Location: Approximately 10km northwest of Gouda and ~ 4km south of Saron, Drakenstein Local Municipality, Western Cape on:
»Portion 1 of the Farm Bonne Esperance 83,
»Portion 2 of the Farm Bonne Esperance 83,
»Portion 9 of the Farm No. 88
»Portion 0 of the Nayoth 458
EA Amendment: To amend the environmental authorisation (EA) and project description as included in the EA received on 3 November 2016 and subsequent amendments as follows:
»Change in contact details of the holder of the EA
»Reduction in the number of turbines from 27 to 17;
»Increase turbine capacity from 6 MW to up to 7.5 MW per turbine
»Increase the internal roads width from 6m to ~8m
»Optimse turbine/facility layout based on the energy yield, and revise the layout as required based on the revised turbine numbers and turbine specification; and
»Optimise internal underground cabling (33kV) to enable a consolidated point of grid connection for the Zen/Bergriver cluster, and remove substation and overhead power line connection from the project description
»Amend the facility layout
»Amend the project description, as required
»Amend/remove EA Conditions no longer applicable
Amendment Process: In terms of Condition 5 of the Environmental Authorisation and Regulation 31 of the EIA Regulations (2014), as amended, an applicant can apply to the competent authority for a change or deviation from the project description to be approved. An amendment application has been submitted to DFFE, and a public participation process is required to be undertaken in support of this Part 2 amendment application.
Final Layout and EMPr: The final facility layout and the EMPr must be amended, submitted and approved prior to commencement of construction, as per conditions 13 and 15 of the EA. The amended EMPr and final layout are available to I&APs for comment.
Motivation Report, Revised EMPr and Final layout available for public review and comment: A Motivation Report in support of the Amendment Application is available for public review and comment from 18 July 2023 to 18 August 2023. The Motivation Report, Final layout and EMPr can be downloaded from Savannah Environmental’s website https://savannahsa.com/public-documents/. The due date for written comment will be 18 August 2023
To obtain further information, to submit a comment, and/or register on the project database, submit your name, contact information and interest in the project, in writing, to:
Nicolene Venter at Savannah Environmental
P.O. Box 148, Sunninghill, 2157
Tel: 011 656 3237
Mobile: 060 978 8396 (including Please Call Me & WhatsApp)
Fax: 086 684 0547
E-mail: publicprocess@savannahsa.com
Website: www.savannahsa.com
DIE besoek van Kaptein Bully Buster is danksy Matla A Bana moontlik gemaak en vorm deel van vele projekte tydens Kinderbeskermingsmaand. Kaptein Bully Buster is tydens sy Tulbagh besoek afgeneem saam met Monique Strydom, Jaime-Lee Lakey en personeel van Laerskool Waveren.
NOTICE OF AMENDMENT TO ENVIRONMENTAL AUTHORISATION, FINAL LAYOUT & ENVIRONMENTAL MANAGEMENT PROGRAMME
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS
BERGRIVER WIND FARM, WESTERN CAPE PROVINCE (REF: 14/12/16/3/3/2/2105/AM1)
Applicant: FE Bergriver (Pty) Ltd
Project Name: Bergriver Wind Farm
Project Location : Adjacent to Gouda and ~6km south of Saron, Drakenstein Local Municipality, Western Cape on:
»Portion 3 of the Farm Hartebeeste Kraal 88
»Portion 4 of the Farm Bonne Esperance 83
»Portion 1 of the Farm Hartebeeste Kraal 88
»Portion 1 of Farm 397
»Portion 2 of Farm 397
EA Amendment: To amend the environmental authorisation (EA) and project description as included in the EA received on 29 July 2022 as follows:
»Change in contact details of the holder of the EA
»Optimse turbine/facility layout based on the energy yield;
»Optimise position of on-site facility substation to enable a consolidated point of grid connection for the Zen/Bergriver wind farm cluster.
»Amend the facility layout
»Amend the project description, as required
»Amend/remove EA Conditions no longer applicable
Amendment Process: In terms of Condition 5 of the Environmental Authorisation and Regulation 31 of the EIA Regulations (2014), as amended, an applicant can apply to the competent authority for a change or deviation from the project description to be approved. An amendment application has been submitted to DFFE, and a public participation process is required to be undertaken in support of this Part 2 amendment application.
Final Layout and EMPr: The final facility layout and the EMPr must be amended, submitted and approved prior to commencement of construction, as per conditions 12 and 14 of the EA. The amended EMPr and final layout are available to I&APs for comment.
Motivation Report, Revised EMPr and Final layout available for public review and comment: A Motivation Report in support of the Amendment Application is available for public review and comment from 18 July 2023 to 18 August 2023. The Motivation Report, Final layout and EMPr can be downloaded from Savannah Environmental’s website https://savannahsa.com/public-documents/ . The due date for written comment will be 18 August 2023
To obtain further information, to submit a comment, and/or register on the project database, submit your name, contact information and interest in the project, in writing, to:
Nicolene Venter at Savannah Environmental
P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Tel: 011 656 3237 Mobile: 060 978 8396 (including Please Call Me & WhatsApp) Fax: 086 684 0547
E-mail: publicprocess@savannahsa.com Website: www.savannahsa.com
nuusbrokkies
YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 15 Julie teen Tulbagh RVK. Die wedstryd vind op die Bella Vista se sportgronde plaas. Wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.
✗✗✗✗
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com
✗✗✗✗
PLEASE support our Ceres Donation Drive. We would like to show our support to members of the community that were hit hard by the recent flooding. The Togryers museum has a task team that will ensure fair distribution of donations. Please let us stand together and help one another. For more information contact 076-689-2885.
✗✗✗✗
DIT is weer tyd vir die Vriende van die Togryers museum se algemene jaarvergadering. Vanjaar het ons ‘n uitstekende spreker. Woon die AJV by op 19 Julie om 18:00 en kom luister na prof. Nigel Penn, emeritus professor aan die Universiteit van Kaapstad wat gaan gesels oor Encouters with the unknown 1769 -1860. Indien jy belangstel om die aand by te woon, skakel ons by (023) 3122045. Koste vir nie-lede beloop R30 p.p.
DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 1974-2022 uit na ‘n gala-geleentheid ter ere van wy-le dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:00-23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-8800321. Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081-8157343, Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-691-4407.
4 l WITZENBERG HERALD l 14 JULY 2023
✗✗✗✗
Moordenaars laat vaar borgaansoek
DRIE mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo bly in aanhouding nadat hulle hul borgaansoek laat vaar het.
Willem Olivier (48), het Maandag 10 Julie saam met Kelvin Vlok (21) en die 18-jarige Curswin Jiemies in die Ceres landdroshof verskyn. Al drie verdagtes bly in aanhouding.
Die saak is deur landdros Mabuya na 3 Oktober uitgestel.
Moord
Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).
Die moord is Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 gepleeg. Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar lyk gelê.
‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie verdagtes vroeër op die plaas aankom. Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip. ‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20 kilometer daarvandaan, geloop om hulp te ontbied. Omstreeks 24:00 het hy by die huiseienaar aangeklop en van die skote en die verdagtes vertel. Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel.
Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon gearresteer. Twee familielede, Vlok en Jiemies, wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.
Vuurwapens gesteel
Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel.
Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind. Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry. Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind.
*Toestemming is die week deur landdros Mabuya verleen om fotos van die drie verdagtes in die hof te neem met hulle volgende hofverskyning.
Brandstigter in die hof
‘n VERMEENDE brandstigter het verlede week vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.
Ashlin Brandon Paulse (24) het Donderdag 6 Julie verskyn in verband met die onlangse brand waarin die Matroosberg skihut en drie voertuie in puin gelê is.
Die saak is na 22 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Paulse word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Paulse is Maandag 3 Julie deur Wes-Kaap speurders gearresteer weens die brandstigting.
Die Wes-Kaap speurdiens ondersoek die brand wat die Matroosberg skihut op Saterdag 27 Mei in puin gelê het. Die skihut het heeltemal afgebrand en drie voertuie van gaste wat daar oornag het, is ook in die brand verwoes.
Dié ondersoek is deur die Wes-Kaap speurdiens oor-
geneem en brand deskundiges was kort na die brand op die toneel. Die forensiese verslag is nog nie beskikbaar nie aangesien die brandeenheid in Pretoria nog besig is daarmee.
Agtergrond Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag. Die groep het Vrydagaand na 21:00 by die skihut aangekom, daar vleis gebraai en oornag.
Saterdagoggend omstreeks 07:00 het die groep vriende 15 kilometer gaan stap en met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.
Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.
Bejaarde weer in die hof
‘n BEJAARDE vrou wat verdink word van moord, moet weer einde Julie in die hof verskyn.
Elizabeth Sagarias (62) van Bella Vista moet weer op 27 Julie in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord op Denrico Jensel (25).
Haar verskyning spruit uit ‘n voorval op Saterdag 18 Maart in Vygiesingel nadat die polisie die liggaam van Jensel in die straat gevind het. Hy het ‘n oopwond in sy bors gehad en is op die toneel dood verklaar.
Sagarias is kort na die voorval gearresteer en is op 29 Maart op R500 borg vrygelaat.
Die saak is uitgestel in afwagting van ‘n streekhofdatum.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
DIE bedanking van Barnito Klaasen op 1 Julie as proporsionele raadslid van die Witzenberg munisipaliteit, het die weggebaan vir die DA om Trevor Abrahams vanaf 11 Julie in sy plek aan te wys. Abrahams, ‘n oudonderwyser en boer van Ceres, het Klaasen se plek op die raad ingeneem na ‘n afwesigheid van meer as 3 jaar op die raad.
14 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 5
23 Augustus 18:30 vir 19:00 NG Kerk PAH Sop en brood ingesluit Navrae: NG Kerk P.A.H Kerkkantoor (023) 313-3694 of Alma Goosen 083-443-0881
DENRICO Jensel.
Wees deel van Vat 5 vir kinders
classifieds
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Frank Stephen Brummer
Sophia Fritz
1960/09/13 - 2023/07/07
Roudiens: Do. 13/07/2023 om
19:00, Azaliasingel 1172, BV
Begrafnisdiens: Sat. 15 Julie 2023
Huis: 09:00, Azaliasingel 1172, Bella Vista
Kerk: 10:00, God’s Family (Pastoor Swarts se kerk), BV
Graf: Bella Vista
Frank Stephen Brummer
1960/09/13 - 2023/07/07
Ons beweën die heengaan van my dierbare eggenoot, pa en oupa Frank in die rype ouderdom van 62 jaar. Ons berus om te weet dat jy vandag is waar jy so graag wou wees. Alle eer en dank aan God, ons Vader en Verlosser vir so ‘n besonderse man. Rus sag my dierbare man.
Jou vrou Christa, kinders, kleinkinders en die Brummer familie
Frank Stephen Brummer
1960/09/13 - 2023/07/07
Dit is met groot hartseer dat ons vandag moet afskeid neem van Daddy. Ons wil baie dankie sê vir die tyd wat die Here hom vir ons gespaar het. Vir die spore wat hy in ons lewe gelaat het.
Ons sal hom baie mis, maar die Here gee en neem wat Hom behaag. Die herinneringe en liefde sal bly voortleef in ons gedagtenis.
Curtis, Franco, Temmy, Curaan, Franito en Jenick
Frank Stephen Brummer
1960/09/13 - 2023/07/07
1943/10/04 - 2023/07/08
Begrafnisdiens: Sat. 15 Julie 2023
Huis: 09:00, Ernest Gordonstraat 4, Bella Vista
Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Jacobus Koopman
1967/01/31 - 2023/07/08
Begrafnisdiens: Sat. 15 Julie 2023
Huis : 10:00, Leeukuil Plaas, Koue Bokkeveld
Saal: 12:00, Leeukuil Plaas, Koue Bokkeveld Graf Op-die-Berg
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Fransina Goliath
1975/07/15 - 2022/08/29
MASSAGE SPECIALS
Valid untill 31 July
Full Body (75 min)....R450
Full Body (60 min)....R380
Back/Neck & Shoulder
(40min) R320
Back/Neck & Shoulder
(30min) R250 Skakel Joanne 083-551-6688 of (023) 312-1080
DIANA & KIM
is there to help with:
•Financial assistance
•Bring back lost lovers
•Court and divorce cases
•Pay after job is done
078-283-7310
DIT is nie net ouers en gesondheidswerkers wat jong kinders kan help om te floreer nie. Almal word gevra om deel te wees van ‘n projek om kinders wat geraak word deur wanvoeding, te help.
In die 2022/23 finansiele jaar is 62 kinders wie jonger as vyf jaar oud is, by Ceres Hospitaal opgeneem weens wanvoeding.
Meer as die helfte van hulle het ernstige akute wanvoeding gehad en ongelukkig het drie kinders gesterf.
Wanneer kinders in veral die eerste 1 000 dae van lewe voldoende voeding, liefde en sorg kry, kan hulle gesonde volwassenes wees. As van hierdie boustene nie daar is nie, beïnvloed dit hulle groei, ontwikkeling, en hulle welstand as volwassenes.
Die Wes-Kaap departement van gesondheid en welstand onderneem verskeie inisiatiewe om kinders se welstand te bevorder deur ‘n fokus op die eerste 1 000 dae van lewe.
As deel hiervan, doen gesondheidswerkers opvoeding oor gesinsbeplanning en gee hulle ondersteuning tydens en ná swangerskap sodat ma en baba so gesond as moontlik bly. Uitsluitlike voeding met borsmelk word sterk aangemoedig vir babas tussen nul en ses maande.
Babas se groei en ontwikkeling word gemonitor by klinieke en tydens uitreike in gemeenskappe.
Jong kinders kry gratis immunisering om hulle gesondheid te beskerm en hulle te help groei. Personeel prioritiseer sorg aan jong kinders wat na klinieke of die hospitaal gebring
word, en kinders wie bykomende voeding nodig het, word vroeg geïdentifiseer en begin op ‘n spesiale voedingsprogram.
Ten spyte hiervan, is daar steeds kinders wat aan wanvoeding ly en gehospitaliseer moet word, sê dr. Jani Fouché van Ceres hospitaal.
Hierdie kinders is baie siek en word vir een tot ses weke gehospitaliseer.
Kinders wie ontslaan word, het ekstra ondersteuning nodig om aan te sterk en daarom begin Ceres hospitaal die Vat 5-projek.
Word nou deel van die Vat 5-projek!
Skakel dr. Fouché by (023) 316-9600 of stuur 'n epos aanJani.Fouche@western cape.gov.za
GRATIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET
Ons is ons Hemelse Vader innig dankbaar vir die jare wat my swaer Frank aan ons gegun was. Dit was mooi jare, daarom sal ons sy teenwoordigheid mis, maar sy nagedagtenis sal bly voortleef en sal vir altyd dierbaar en kosbaar bly.
Van Ouna, kinders en die Louw familie
Jou eerste verjaarsdag by ons Hemelse Vader. Die vermisting is groot en die pyn steeds rou. Ons berusting is dat jy op ‘n beter plek is. Rus sag.
Van jou man Charl, kinders Ayrton, Frederico, Selwaine en kleinkind Azayliah, Mammie Ousie, Fredeleen, Aneesha en Peyton
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
313-4422
crazypistonsct@gmail.com
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ ondervinding. Wessel de Beer 060-61927 58 of 082-704-3276. w.t.o.
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware.
Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za
Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Hail damage brings together producers and retailers to decrease food waste
AFTER a decade of little hail damage in the fruit producing areas of Ceres and Langkloof in the Western Cape, the same cannot be said for the past year. Hail hit the apple orchards multiple times affecting all apple varieties over the last twelve months, most notably in November 2022 and again in February 2023. Because of this, Dutoit and Good Hope Fruit have partnered on a campaign with Pick n Pay to promote the merits of cosmetically blemished produce. This Hail to Heroes campaign was born from a need to decrease food waste and ensure consistency of apple supplies in Pick n Pay stores.
Het jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem? Ons help graag om dit te verkoop!
Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003
Reëls:
•Slegs items met ‘n prys onder R1 000
•Slegs EEN item per Whatsapp
•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie
•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
6 l WITZENBERG HERALD l 14 JULY 2023
RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MOLLIEMOLLIE (Female) 16 Months old GUINEVERE GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022
Hazel
or
All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, via telephone, to make an appointment. *Conditions apply ANAKINANAKIN (Male) Born 14/02/2023 WIGGLESWIGGLES (Male) 13 Weeks old SMOKEYSMOKEY SMOKEY (Male) Born 14/02/2023 SHADOWSHADOW (Male) Born 14/02/2023 SIMBASIMBA (Male) Born 15/03/2023 OGIESOGIES OGIES (Male) Born 07/02/2023
Contact
072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za
www.chainboland.co.za
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND AND PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL TOOL HIRE TOOL TOOL HIRE Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André
du PAndré du P André Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023)
Matla A Bana deel van vele projekte
sy
van
‘n
besoek afgeneem
OVK sluit ooreenkoms teen fopnuus
DIE verkiesingskommissie (OVK) het onlangs ‘n ooreenkoms bereik met tegnologie- en sosialemedia-ondernemings soos Google, Tik Tok en Meta (wat onder meer Facebook, Instagram en Whatsapp bestuur) om fopnuus voor volgende jaar se algemene verkiesing hok te slaan.
Die organisasie sonder winsbejag Media Monitoring Africa (MMA) neem ook deel aan die ooreenkoms. Die OVK het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die partye ‘n ooreenkoms onderteken oor ‘n raamwerk vir samewerking om verkeerde inligting en ander “digitale skadelikheid” teen te werk. Hoewel die OVK in die twee vorige algemene verkiesings met sosialemediaplatforms saamgewerk het, is dit die eerste keer wat so ‘n ooreenkoms onderteken word.
Die ooreenkoms versterk volgens die OVK onder meer samewerking in die verkiesingstydperk.
As die “opbloei” van waninliting op sosiale media oor die laaste jare nie in toom gehou word nie, kan dit volgens die OVK geloofwaardige verkiesings ondermyn.
Die ooreenkoms stel ook ondertekenaars in staat om met die OVK en MMA saam te werk aan inisiatiewe soos Real411.org (‘n platform vir klagtes) en Padre.org.za (‘n deursigtige bewaarplek van politieke advertensies).
Nadat ‘n klag oor waninligting oorweeg is, sal die kommissie die relevante aanlyn platvorm daarvan in kennis stel. Van die betrokke platvorm word verwag om ontvangs van die kennisgewing te erken dit spoedig te verwerk. Volgens die OVK kan platvorms in ooreenstemming met hul eie beleid besluit om die inhoud te verwyder. Of om ‘n kennisgewing by die inskrywing te plaas.
Volgens die OVK sal Real411-klagtes oor waninligting deur ‘n paneel van kundiges, insluitend kenners van mediareg, oorweeg word. Hulle sal aanbevelings aan die kommissie doen oor moontlike verdere optrede. Hierdie optrede kan insluit die verwysing van die kwessie na die kieshof of om mediaverklarings uit te reik om die publiek in kennis te stel en verkeerde inligting reg te stel.
Karatekas presteer
MIA Laubscher het tweede in die Boland Dragonsliga top 10 geëindig met goud in kata, silwer medalje in kumite-Silwer, goud in long weapon en goud in short weapon.
SENSHI Dojo het Saterdag 24 Junie aan die WUKUF Cape Town All Styles Invitational kampioenskappe deelgeneem. Drie klublede het goed presteer. Mia Laubscher het medaljes in Kata (goud), Kubudo-Long Weapon en Kubudo-Short Weapon (silwer), Ippon Kumite (brons), Sanbon Kumite (goud) verower. Sy was ook eerste in die top 10 individuele deelnemers. Retief Spence (middel) het medaljes in Kata (brons) en Nihon Kumite (silwer) verower. Sensei Wayne Vermeulen het medaljes in Kata (brons) en Kubudo-Long Weapon (silwer) verower.
SENSHI Dojo het op 6 Mei aan die Boland Dragonsliga 1 deelgeneem . Elke student wat deelgeneem het word deur hul klub, Senshi Dojo, gelukgewens. Die klub het tweede uit vier Dojo’s geëindig en het 21 medaljes tussen 11 karatekas verower. AGTER: Lukas Krige (kata-goud en kumite-goud), Retief Spence (kata-silwer, kumite-silwer, long weapon-brons en short weapon-brons), Tylor Engelbracht (kumite-brons), Emileo Claasen (kumite-silwer), Jaydene Willemse (kata-brons en kumite-brons) en sensei Wayne Vermeulen. VOOR: Elana Claasen (kata-silwer en kumite-brons), Christi Pretorius (kata-brons en kumite-brons), Izak Krige (kata-brons), Diago Hanse (kumite-silwer) en Leathea Willemse (kata-goud).
14 JULY 2023 l WITZENBERG HERALD l 7
DIE besoek
Kaptein Bully Buster is danksy Matla A Bana moontlik gemaak en vorm deel van vele projekte tydens Kinderbeskermingsmaand. Die Matla A Bana groep het Waveren Laerskool en Steindal op Tulbagh besoek en op Ceres het hulle
draai by Mooi Uitsig en Morrisdale primêre skole gemaak. Kaptein Bully Buster is tydens
Ceres
saam met me. Khalif, Johan Jacobs (hoof van Morrisdale primêr), Monique Strydom stigter van Matla A Bana en sers. AJ van Rooi van Ceres GKS.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
WILAN van der Berg, belowende gholfspeler van Ceres gholfklub en leerder van Charlie Hofmeyr, het verlede Donderdag 6 Julie gesamentlik eerste met Jack Brugman van Strand gholfklub geëindig in die De Zalze Junior Ope. Wilan en Jack het 70 ander spelers uitgestof en beide met ‘n telling van -4 (68) klaargemaak. Die uitspeelstryd is deur donkerte gekelder en Wilan was ongelukkig om met ‘n uittel te verloor nadat Brugman se tweede nege telling van 33 houe beter was as die van Wilan se 34 houe.
Witzenberg Herald
Sport
Duiwe later losgelaat weens gure weer
WEDVLUGDUIWE is die naweek weens gure weer, eers op Sondag 9 Julie op Victoria Wes losgelaat. Nicky Smit het uitstekend gevaar en ook die jaaroud uniewedvlug gewen. Marquine Pieterse het ook uitstekend gevaar met ‘n algehele tweede plek in die ope wedvlug.
Saterdag 15 Julie vlieg duiwe vanaf Britstown.
CPHS
Jaaroud
1. Michael Mauritius - 1051.708mpm
2. Cyril en Anne Davids - 1013.872mpm
3. Cyril en Anne Davids - 993.819mpm
4. Cyril en Anne Davids - 958.314mpm
5. Cyril en Anne Davids - 952.880mpm
Ope
1. Team Koopman - 1079.033mpm
2. Team Koopman - 1056.026mpm
3. Team Koopman - 1053.783mpm
4. Cyril en Anne Davids -1043. 388mpm
Tulbagh duiweklub
1. Silvervaring hok - 1033.60mpm
2. Always Rising - 848.17mpm
3. Always Rising - 845.40mpm
4. Silvervaring hok - 769.16mpm
Ope
1. Rodrick - 1133.79mpm
2. Silvervaring hok - 1008.84mpm
3. Rodrick - 1007.87mpm
4. Silvervaring hok - 996.46mpm
CPS Jaaroud
1. Blue Mountain loft - 1117.094mpm
2. E. Lofts - 1100.877mpm
3. Blue Mountain loft - 1092.140mpm
4. Johannes Erasmus - 1066.762mpm
5. Van Rooy Lofts -1065.946mpm
Ope
1. N. Jacobs - 1123.091mpm
2. Blue Mountain loft - 1094.609mpm
3. N. Jacobs - 1079.928mpm
4. Meyer en Van Wyk - 1076.653mpm
5. Blue Mountain loft - 1070.139mpm
Talle kompetisiedae uitgereën
CERES gholfklub doen ‘n beroep op spelers om in te skryf vir die 2023 Putjiespel-kompetisie.
Daar was te min inskrywings vir beide die enkelspel- en dubbelspelwedstryde waarna die komitee besluit het om net die dubbelspel aan te bied.
Die enkel-putjiespel sal later vanjaar aangebied word. Koste beloop R220 per speler. Die sluitingsdatum vir die dubbelspel-kompetisie is 31 Julie en die kompetisie begin op 5 Augustus Inskrywings kan by die klub of via 084-5876-332 gedoen word. Spelers wat deelneem sal ook oorweeg word vir ligawedstryde.
Maand kompetisies
Op 15 Julie word ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied en op 22 Julie begin die Winterreeks.
Die tweede Rubberroofs Winterreeks duur tot 26 Augustus. Spelers moet aan vier van die ses kompetisies deelneem om in aanmerking te kom vir ekstra prysgeld. Daar is vanjaar ook 'n BONUS PRYS vir die speler wat in al ses kompetisies speel en die beste nettotellings aanteken oor die ses dae.
Besprekings
Bespreek op die Clubmaster app of skakel die klub by (023) 3123068. Inwoners wat ‘n funksie wil aanbied en die gholfklub se geriewe wil huur, kan Ilse skakel by (023) 312-3068 vir verskillende tariewe.
LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige hengellaar, het onlangs vir die tweede keer die Protea kushengelspan gehaal. Sy is tans tweede gekeur in die land. In 2022 is Leensie vir die eerste keer vir die Protea kushengelspan gekies. Die Protea-span gaan Desember 2023 deelneem aan die internasionale kushengel kampioenskappe op Hentiesbaai. Witzenberg gemeenskap kan haar ondersteun om looitjies te koop of ‘n donasie gee. Skakel haar gerus by De Villiers Optometrist by (023) 312-3768.
8 l WITZENBERG HERALD l 14 JULY 2023
Wilan hou Ceres se naam hoog op gholfbaan