Witzenberg Herald Vol. 23 no.27 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 27

R7.00

Friday, July 17, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Julie

4° 17°

Vrydag 17 Julie

Saterdag 18 Julie

6° 18°

THINK LONG TERM AND STICK TO YOUR PLAN

Sondag 19 Julie

4° 19°

If you are feeling concerned about your savings and investments I would like to encourage you to take a long term view. Even though the future is uncertain, in times of uncertainty significant opportunities are created. A long term approach to investing has always proved to produce the best outcomes. Contact CJ for an appointment at ☎ (023) 316-8482 / 082-837-4325

4° 19°

Ceres Koekedouw dam

71%

Lesing: 2020/07/15

Telephone: (023) 316-2021/3

CERES ☎ (023) 312-2144

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Na goeie reën styg dam met 22%

DIE twee laagwaterbruggies waaronder die Dwarsrivier vloei is Maandag en Dinsdag gesluit nadat die rivier sy walle oorstroom het. Hier is die Alheit/Hugostraat bruggie onderwater. Motoriste moes via Voortrekkerstraat oor Van Bredabrug ry om aan die ander kant van die dorp te kon kom.

TALLE bome is Sondag en Maandag op Ceres ontwortel en groot skade is aan St. Marks primêr se biblioteek aangerig toe ‘n stormwind die streek getref het. Die dak van die biblioteek op P.A. Hamlet is afgewaai en rekenaars en boeke is beskadig toe dit nat gereën het. WKOD is nog besig om die skade te bepaal. St. Marks primêr is voorlopig gesluit tot Vrydag omrede die skoolterrein onveilig vir leerders is. Drie bome het naby Ceres hospitaal, langs die Dwarsrivier, omgewaai en ‘n paar Dennebome is in Dennebos vakansieoord ontwortel. Bome het ook eiendom in die oord beskadig maar niemand is beseer nie. Die erge koue front het ook wydverspreide reën vir die streek gebring asook sneeu in die Bo-Swaarmoed omgewing by Matroosberg en Klondyke kersieplaas. Vanaf 1 Julie tot Dinsdag 14 Julie is die onderstaande reënval vir die Witzenbergstreek deur Hortec Ceres gemeet. In die Warm Bokkeveld is daar gemiddeld 168.25 mm gemeet (hoogste 296.7 mm) en in Witzenberg 126.35 mm (hoogste193.4 mm). In die Koue Bokkeveld het daar gemiddeld 183.6 mm reën geval (hoogste 255.2 mm), Bokkeveld-Noord 101.83 mm (hoogste 115.2 mm) en in die Swaarmoed-omgewing 97.73 mm (hoogste 113.9 mm). Die Ceres gholfbaan het Sondag 26 mm en Maandag 82 mm gemeet. Van 1-14 Julie is 230mm op die baan gemeet. Dramatiese styging Die Ceres Koekedouwdam het die afgelope week met ‘n rekord 22.8% gestyg. Die dam is nou 71% vol.

DUISENDE rande se skade is aan St. Marks primêr se biblioteek op P.A. Hamlet aangerig toe ‘n stormwind die skool getref het. 'n Boom in Owenstraat, Ceres is ook omgewaai.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, July 17, 2020

Leon Steyn (83) sterf op Ceres ‘n JARE lange ouditeur en inwoner van Ceres, Leon Steyn (83), is Woensdagoggend 1 Julie oorlede. Die laaste paar jaar was hy woonagtig in Ceres Tuiste. Aan die einde van die vyftiger jare het hy vanaf Lydenburg (in Mpumalanga), na die Boland gekom. Hy was baie betrokke in die rekenmeestersbedryf en in die boerdery-gemeenskap. Hy was ‘n vennoot by Brink Roos & Du Toit en later jare by PWC Ceres. Hy het op 63-jarige ouderdom afgetree by PWC. Oor die jare was hy ‘n mentor vir menige jong leerling-rekenmeesters asook ‘n rekenmeestersvennoot vir menige sakemanne en boere. Na sy aftrede was hy baie betrokke as mentor en raadgewer by besighede en boerderye. Hy word onthou as ‘n toegewyde, hardwerkende persoon met ‘n noukeurige ingesteldheid. Leon Steyn was betrokke by die Rapportryers en het o.a. op die Koekedou Waterskema gedien. Hy was ook ‘n groot sportliefhebber en dit was vir hom ‘n trots om in 1958 vir Ceres se eerste rugbyspan uit te draf. Hy was lewenslank ingestel op sy gesondheid en het groot waardering gehad vir die natuur. Hy het baie tyd deurgebring in Ceres se berge, die Karoo en langs die see. Leon het ook sy groot liefde, Roenie, op Ceres ontmoet waar hulle hul leeftyd saam deurgebring het. Roenie is in Julie 2017 oorlede. Die kinders wil graag hul dank uitspreek aan sy versorgers Antoinette, Valerie en Veronica van Aandmymering, personeel en inwoners van Ceres Tuiste, Antjie, sy huishulp

en Johannes sy tuinman, wat mooi na hom gekyk het. Een van sy geliefde uitdrukkings was: “Gee die blomme terwyl jy lewe”. Leon sal onthou word as ‘n toegewyde pa en ‘n geliefde oupa. Hy word oorleef deur drie kinders, Herman, Karini en Janus en sewe kleinkinders. ‘n Gedenkdiens is Donderdag 9 Julie by die Opstal in Slanghoekvallei.

Spandeer 30 van jou 67 minute om bloed te skenk en help om gesonder gemeenskappe te bou

LEON Steyn (83).

Communities should adhere to strict regulations THE ANC Boland regional leadership meeting took place on 2 July on Zoom to observe the lockdown regulations as declared by President Ramaphosa. “This meeting took place at a time where the country is facing three pandemics - COVID19, the gender-based violence (GBV) and the scourge of racism in the world and in the Western Cape". “The ANC pays tribute to all comrades who lost their lives during the lockdown.“ The ANC RTT in the Boland noting that the region is the second hotspot in the Western Cape with Drakenstein being the epicentre of the region. The Corona virus has now entered densely populated townships and informal

settlements where people live in conditions that are not conducive for social distancing, and with limited access to healthcare and basic services. “Accurate reporting of all infections is crucial if the Boland is to win the fight against this pandemic. Thus, there is a call to all communities to adhere to the strict regulations.“ The meeting also touched on issues regarding the re-opening of schools in the Western Cape, gender-based violence, illegal evictions and acts of racism, social relief grants and the role of employers regarding the fight against COVID-19.“ Full statement available from Boland Regional Task team.

JULIE is gewoonlik ‘n maand waar daar ‘n beroep gedoen word op die gemeenskap om aksie te neem en die wêreld te verander, aangesien elkeen van ons die vermoë het om dit te doen. Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) het op 14 Junie Wêreldbloedskenkerdag gevier met die slagspreuk: “Gee bloed en maak die wêreld ‘n gesonder plek”. Met Mandela-dag op 18 Julie, wil hulle voortgaan in hierdie gees en ‘n beroep doen op elke skenker om 30 van hul 67 minute te gebruik om drie lewens te red. “Na jou eerste skenking kan jy binne 56 dae weer bloed skenk. Bloedskenking neem slegs 30 minute maar sal ‘n lewensveranderende verskil in iemand anders se lewe maak”. Tradisioneel is wintermaande ‘n moeilike tydperk vir bloedinsameling aangesien ‘n aantal gereelde skenkers aan verkoue en griep lei en gevolglik nie kan skenk nie, die COVID-19-pandemie pas ook addisionele druk toe. WKB ervaar tans ‘n afname in hul bloedvoorraadvlak met ‘n kritiese tekort in O- en B+ bloedgroepe. “Ons het almal nodig, wat aan die basiese skenkervereistes voldoen, om bloed te skenk en die verskil in iemand se lewe te wees. Kom ons bou gesonder gemeenskappe. Gebruik 30 van jou 67 minute om bloed te skenk en red tot 3 mense se lewens”. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 wees, 50 kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Bloed veilig Die WKB wil graag vir bloedskenkers verseker dat dit veilig is om bloed te skenk en dat personeel en bloedskenkers top prioriteit bly.

Die WKB het verdere voorsorgmaatreëls getref om die veiligheid van bloedskenkers en personeel te verseker namate die COVID19 pandemie ontwikkel. Vir meer inligting rakende waar om te skenk skakel ons gerus by (021) 507-6300 of besoek die webtuiste www.wcbs.org.za.

DIE polisie sowel as die familie soek steeds na Andrew Manuel (37). Andrew, ook bekend as Skaats of Skaatser, is vermis en is die laaste keer op 8 Junie in Bella Vista gesien. Hy is op 16 Junie as vermis aangemeld. Hy het 'n swart Adidas sweetpakbroek aangehad saam met ‘n paar plakkies. Indien inwoners weet waar hy hom bevind of hom gesien het, kan hulle die ondersoekbeampte s/ sers. John Baron by (023) 316-8500 of 079-8939854 skakel.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, July 17, 2020

Verdagte sterf in die Kaap DIE P.A. Hamlet polisie se soektog na ‘n verdagte in ‘n motorkapingsaak gaan voort al is sy beweerde makker dood in Kaapstad gevind.

Vragmotor brand uit in bergpas ‘n VRAGMOTORBESTUURDER van Kuilsrivier, T. Shoranga, het Dinsdag 14 Julie het noue ontkoming gehad toe sy International Eagle vragmotor geknipmes en teen die berghang in Michellspas tot stilstand gekom het. Die kajuit het heeltemal uitgebrand. Daar was geen vrag op die vragmotor. Die ongeluk het vroegoggend in Michellspas plaasgevind net bokant die treinspoor. Die bestuurder is nie beseer nie en die Ceres brandweerdienste het die vlamme geblus.

‘n Vrou van Khayelitsha, Kutala Memke (31), wat reeds ‘n paar keer in die Ceres landdroshof verskyn het, is die enigste van die drie wat al gearresteer is. Sy word saam met haar vriend, Zukile Khuseko (30) en ‘n polisieman van Ceres, Ntandazo Kuse (30), by ‘n motorkaping betrek wat op 5 Maart plaasgevind het. Die polisie soek steeds na Zukile Khuseko. Memke is vroeër vanjaar op borgtog van R1000 vrygelaat en moet weer op Vrydag 17 Julie in die Ceres landdroshof verskyn. Agtergrond Volgens die polisie het die kaping Donderdag 5 Maart in die AgterWitzenbergvallei plaasgevind. Terwyl die polisie besig was om na die verdagtes te soek, het Memke doodluiters langs ‘n grondpad gestap. Sy is deur die SAPD honde-eenheid, wat ‘n goeie beskrywing van haar gehad het, gewaar en gearresteer. Verdere ondersoek het daartoe gelei dat die polisie ook ‘n wit Toyota Fortuner verlate in Harare buite Kaapstad gekry het. Die polisie het ook op ‘n silwer Mercedes Benz beslag gelê. Dood ondersoek Ntandazo Kuse was ‘n polisieman op Ceres. Hy het kort na die kaping verdwyn en is vanaf 6 Maart al vermis. Hy het nog dié oggend aangemeld vir diens op Ceres maar later siekverlof geneem en toe net verdwyn. Die SAPD wou met Kuse in aanraking kom aangesien hy ‘n persoon van belang was met inligting oor dié motorkaping. ‘n Man se liggaam met ‘n skietwond in die kop is in Juniemaand in die Harare woonbuurt buite Kaapstad gekry. DNS monsters het verlede week dit met die vermiste polisieman, Kuse, verbind. Geen begrafnisreëlings was teen Woensdag bekend nie. Talle leidrade is reeds deur die ondersoekspan opgevolg maar indien die gemeenskap oor nuwe inligting beskik waar Khuseko hom bevind, kan hulle s/sers. Van Rooyen skakel by (023) 313-3133 of 079-8939-861.

DIE polisie soek steeds na Zukile Khuseko.

KUTALA Memke.

DOOD. Ntandazo Kuse.

Drie verdagtes ontglip soekgeselskap DIE reuse en uitgebreide soektog na drie verdagtes wat ‘n vuurwapen op ‘n plaaseienaar gerig het, is afgelas. ‘n Gewapende man en twee makkers het verlede Dinsdag 7 Julie ‘n plaaseienaar probeer beroof buite Wolseley. ‘n Reuse soektog is ‘n paar uur na die voorval op Elandskloof geloods waaraan polisielede, die hondeeenheid asook plaaswaglede deelgeneem het. Hommeltuie en privaat helikopters is ook ingespan in die soektog. Die soektog is later afgelas en geen verdagtes kon opgespoor word nie. Voorval Die polsie het verlede week gesê die voorval het om-

streeks 05:50 plaasgevind kort nadat die 65-jarige Peter Hartmann in sy werksbakkie geklim het op die plaas. Hy het ‘n man met ‘n klapmus op buite die bakkie se passasiersvenster gewaar wat ‘n vuurwapen op hom gerig het. Hy het die bakkie se toeter verskeie kere gedruk terwyl hy agteruit gery het. Sy vrou, Batie, was in die woonhuis. Geen skote is afgevuur en beide is ongedeerd. Plaaswerkers het later genoem dat hulle drie verdagtes gesien hardloop het in die rigting van die berg agter die woonhuis. Die soektog het op die berggedeelte gefokus maar sonder sukses. Inligting Indien daar mense is met inligting oor die verdagtes, kan hulle Wolseley speurtak skakel by (023) 231-8012 of 079-894-0195.

STAY SAFE. STAY WARM.

ST AY HOME. STA

Indien jy jou bakkie wil verkoop skakel my by 072-407-1951

6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW TELL FRIENDS AND FAMILY FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ENGAGE WITH THEIR POSTS GIVE THEM A SHOUT OUT SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER

TOTAL

R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00

R0.00

******************************


4

WITZENBERG HERALD

DRIE inwoners van Ceres het Dinsdag 14 Julie besluit om vroegoggend in die pad te val om te gaan sneeukyk. Hulle het ook ‘n sneeuman gebou by Klondyke voordat die Kaapse besoekers daar opdaag. Hier is Alrich Smith, Francois Hofmeester en Gaby Kaalmeyer met koffie en ‘n muffin in die hand. * Theronsbergpas was Dinsdagoggend nog gesluit.

Friday, July 17, 2020

Reën en sneeu val in streek DIE reënboog is Dinsdagoggend bokant die Dwarsrivier afgeneem. Dit het byna vir twee dae aaneen gereën.

TALLE bome is Sondag en Maandag op Ceres ontwortel. Drie bome het naby Ceres hospitaal, langs die Dwarsrivier, omgewaai en ‘n paar Dennebome is in Dennebos vakansieoord ontwortel. Een boom het op ‘n huisie se dak geval.

DUISENDE rande se skade is aan St. Marks primêr se biblioteek op P.A. Hamlet aangerig toe ‘n stormwind die skool getref het. Die dak van die biblioteek is afgewaai en rekenaars en boeke is beskadig toe dit nat gereën het.

SNEEU het ook op Merino geval. Theronsbergpas was ook Maandag en Dinsdag vir verkeer gesluit.

ADVERTISING SPECIALS FOR JULY 2020 Times are tough and budgets tight - that’s exactly why we created these amazing deals! CLASSIFIEDS SPECIAL

¼ PAGE AD SPECIAL

ANY SIZE AD SPECIAL

Book any classified advert for 4 weeks and get 1 FREE ADVERT

Book a quarter page advert and get 1 FREE ADVERT T&C Apply

Book any size advert and get 25% DISCOUNT T&C Apply

Enquiries: erika@witzenbergherald.com

DIE boom is op P.A. Hamlet ontwortel.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, July 17, 2020

Witzenbergstreek

Man op Vredebes vermoor

Positiewe gevalle styg geleidelik maar sterftes neem toe DIE COVID-19 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek het dié week met 105 gevalle toegeneem. Die sterftesyfer het met 5 na 27 gestyg. Statistieke Teen Dinsdag 14 Julie was daar 906 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 689 herstel met 190 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (201), Bella Vista (187), Ceres (184), Tulbagh (52), Wolseley (120), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (111), Koue Bokkeveld plase (7), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (1), Breërivier (7) en 1 geval buite Witzenberg. Ceres en Bella Vista het beide 49 aktiewe gevalle, P.A. Hamlet 17 gevalle en Nduli 14 gevalle. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap is nou 2416, daar is 79332 positiewe gevalle aangemeld en 61756 het volkome herstel. Daar is tans 300 pasiënte in ICU. Sewe en twintig (27) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (P.A. Hamlet en Nduli met 6 sterftes, Tulbagh, Bella Vista en Wolseley met 4 sterftes elk, Ceres met 2 sterftes en Koue Bokkeveld plase met 1 sterfte). Die afgelope week is vyf persone oorlede (2 op Wolseley en Nduli en een op P.A. Hamlet). Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (10), 5-9 jaar (9), 10-19 jaar (60), 20-29 jaar (196), 30-39 jaar (215), 40-49 jaar (217), 50-59 jaar (121), 60-69 jaar (43), 70-79 jaar (16) en 80-89 jaar (13). Tans is die meeste gevalle in die ouderdomsgroepe 4049 en 30-39 jaar. Polisiestasie gesluit Wolseley SAPD was verlede Woensdag 8 Julie die tweede polisiestasie wat in die

Witzenbergstreek moes sluit nadat vier lede in verskillende afdelings positief vir COVID19 getoets het. Nog ‘n paar lede wag vir hul toetsuitslae. Die polisiestasie is ontsmet waarna die polisielede weer kon teruggekeer werk toe. Nuwe veranderings Rampbestuurregulasies is op 12 Julie in die staatskoerant gewysig rakende die toerismebedryf, die dra van maskers, drankverkope en die instel van die aandklokreël. Geen drank mag van 13 Julie verkoop word nie en ‘n aandklokreël is vanaf 21:00 tot 04:00 ingestel. Beide is onmiddellik van krag. Die dra van maskers is ook nou verpligtend en daar kan teen diegene opgetree word indien hulle dit nie dra nie. Regulasies rakende verblyf in die provinsie het weer verander en jy mag nie vir ontspanning iewers anders gaan bly nie. Jy mag ook nie familie besoek nie.

Jy mag net vir werk reis. Skole Leerders in graad R, 6 en 11 kon verlede Maandag terugkeer skoolbanke toe. Sover vasgestel kan word het alles goed afgeloop in die streek. Geen nuwe COVID-19 gevalle is die week by skole aangemeld nie. Onderwysers met onderliggende siektes moet steeds by die huis bly. Skole wat erg geraak word het reeds aansoek gedoen vir klas-assistente om met die kurrikulum en klasse te help. Die twee Nduli skole wat erg deur die virus ontwrig is, sal baie baat vind met die hulp. Terug na skoolbanke Op 20 Julie keer die graad 3 en graad 10 leerders terug skool toe, op 27 Julie die graad eens en twees en op 17 Augustus keer graad 4 en 9 leerders terug na die skoolbanke. Graad 5 en 8 leerders gaan op 31 Augustus terug skool toe.

STATISTIEK vir Wes-Kaap. (Grafiek Dinsdag 14 Julie).

DIE polisie ondersoek ‘n moord op Vredebes. Peter Maans (25) is op 3 Julie vermoor na ‘n stryery met Brendem Smit (24). Dit blyk dat jaloesie bygedra het dat Smit vir Maans vermoor het op Vredebes. Maans was betrokke by Smit se gewese meisie. Die moord het omstreeks 06:45 plaasgevind. Smit het op 6 Julie vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is eers na Maandag 13 Julie uitgestel voordat dit na Woensdag 15 Julie oorgeplaas is.

Agri Wes-Kaap bekommerd oor impak van verbod op drankverkope AGRI Wes-Kaap betwyfel of die regering besef watter enorme skade die besluit van Sondagaand 12 Julie om drankverkope met onmiddellike effek op te hef, op die totale wynwaardeketting gaan hê. Vlakke vyf en vier van die nasionale inperking het reeds ‘n groot nadelige uitwerking op die wynbedryf gehad toe die verbod op binnelandse verkope ‘n inkomste-verlies van ‘n meer as R3 miljard tot gevolg gehad het, sê Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap. Hy sê Agri Wes-Kaap is uiters bekommerd oor werksverliese wat reeds as gevolg van Covid-19 regulasies in die waardeketting voorgekom het. Na raming kan nog 18 000 werkers geraak word. Die besluit om drankverkope wéér te verbied, gaan ook verdere druk plaas op talle produsente en wynkelders wat reeds enorme skade vanweë Covid-19 regulasies gely het en wat ‘n groot behoefte aan oorbruggingsfinansiering het. “Die landboubedryf is nie in die besluit geken of gekonsulteer nie en die impak stop nie by die plaashek of by die kleinhandelaar nie. Daar bestaan ook praktiese implikasies, soos wat van 2021 se oes gaan word as die 2020 oes nog in die kelders gaan wees. Die totale spiritualeë-bedryf, waarvan die oorsprong in die landbou lê, word nadelig deur die opheffing van drankverkope beinvloed”.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Raai wie word 8 op die 16 Julie?

Keaton Snyders

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

Friday, July 17, 2020

Paws & Claws. Skeer & was van honde en katte. Geleë te Ceres Veearts, Vosstraat 502. Werk slegs op afspraakbasis op ‘n Dinsdag en Donderdag. Skakel Elsabé by 083-458-3629. Sms/Whatsapp welkom. 3/7 - 31/7

Baie skoon, netjiese

EENSLAAPKAMERWOONSTEL Van Riebeeckstraat, Ceres

2009/07/16 - 2020/05/18

Eagan & Zea Abrahams

Mag God se seën altyd oor julle lewens heers. Hoop dit is ‘n pretvolle dag met baie bederf. Van julle ouers, tannie Karin en Euan en res van die familie

Willem Klein

1935/08/16 - 2020/07/14 Privaat begrafnis: Vry. 17 Julie 2020

Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Huis: 09:00, Sederweg 474, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Dit is jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou so baie, maar koester die mooi herinneringe. Jy sal altyd voortleef in ons harte. Rus in Vrede. Van jou ma en res van die gesin

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Jacobus Petrus Adams

082-399-4068

Privaat begrafnis: Sat. 18 Julie 2020

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

1969/03/06 - 2020/07/11 Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Huis: 10:00, Tulpstr. 32, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Services: sell, install & repair

Jacobus Johannes Pietersen AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

1955/10/05 - 2020/07/14

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Van Leah, Janine en res van die familie

STEFAN STEYN 083-227-6476

Rus sag, Pappa. Altyd in ons harte.

Pred. 11:1 “Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug!”

Evangelis Jacobs

Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is.

Skakel of whatsapp 071-707-2066

Dr Mama Moses

Herbal Expert

Eie toegang. Sekuriteit en baie veilig. Onderdak parkering. Beskikbaar: 1 September 2020 Huur per maand: R3 800 Skakel Arida vir ‘n afspraak en aansoekvorm by: (023) 316-1198 Slegs tydens kantoorure

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Traditional & Spiritual Here for all your problems. Big or Small. She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

For free consultation call:

064-086-2635 MAMA FATIMA & PROF

Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help nie. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskeidings. Stop buite egtelike verhoudings. Maak hom/ haar net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om ‘n baba te kan kry, werk te kry, jou salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres.

Mama Fatima & Prof by 078-082-6131

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies

Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie.

Disclaimer at quackery advertisements

Witzenberg Herald have not verified wether any of the services or products advertised will have the desired effect or outcome. Readers will note that some of the promised results in the advertisements are extraordinary and may be impossible to achieve. Beware some of the procedures and claims advertised may be dangerous if not executed by a qualified medical practioner. Readers are warned that they should carefully consider and verify the advertiser’s credentials. Witzenberg Herald do not accept any liability whatsoever in respect of any of the services or goods advertised


WITZENBERG HERALD

7

Friday, July 17, 2020

Twee polisielede geskors na COVID-19 oortredings TWEE polisielede wat aan die begin van die inperking weens oortredings van die Wet op Rampbestuur (wet 57 van 2002) aangekla is, is geskors. Die SAPD se provinsiale kantoor sowel as die Ceres SAPD swyg steeds oor die voorvalle waarby die twee polisiemanne, ‘n 39-jarige

konstabel en ‘n 44-jarige sersant, betrek word. Die polisie hou vol dat die regte prosedures gevolg is. Die twee polisiemanne is einde Junie geskors. Die 39-jarige konstabel is op 23 Junie geskors terwyl die 44-jarige sersant op 22 Junie geskors is.

Die twee polisielede is vroeër beboet nadat hulle onwettig drank vervoer, drank gekoop en hul huise verlaat het met die aandklokreël in plek. Een van die polisielede moes ook in isolasie gewees het nadat polisiestasie die eerste keer gesluit is toe ‘n ander lid positief

vir COVID-19 getoets het. Een van die polisiemanne het nie op sy gegewe hofdatum verskyn nie - omrede COVID19 verwante oortredings nog nie aangehoor word nie. Die ander polisieman se hofdatum is 17 Julie.

COVID-19

Kwarantyn beteken jy moet jouself afsonder AS ‘n gesondheidswerker sê jy moet in kwarantyn of isolasie bly, beteken dit dat jy heeltemal afgesonder van ander mense moet wees. Indien jy tuis in kwarantyn/isolasie is, moet jy alleen in ‘n kamer bly en baie rus. - Drink soveel as moontlik vloeistowwe sodat jy nie ontwater nie. As jy ontwater, kan jy sieker word. - Wanneer jy die badkamer gebruik het, moet jy die oppervlaktes ontsmet deur ‘n mengsel van water en bleikmiddel te gebruik - Jy en die res van die mense in die huishouding, mag nie besoekers ontvang nie. Indien jy positief getoets het vir COVID-19, sal die res van jou huishouding as nabye kontakte beskou word. Niemand van die huishouding mag die huis verlaat nie. Vra dat familie of vriende van buite jul huishouding noodsaaklik inkopies doen of medikasie kry en dit by jul huis se voordeur los. Jy kan paracetamol gebruik om pyn en koors te verlig. Bly in jou kamer en moenie na ander areas in die huis, soos die kombuis of badkamer, gaan nie. ‘n Gesonde persoon in jou huishouding kan maaltye by jou kamerdeur neersit en moet ook sorg dat jy aparte eetgerei as die res van die huishouding gebruik. Jou wasgoed moet apart van die huishouding s’n gewas word, en wanneer die vuilgoedblik in jou kamer leeggemaak word, moet die inhoud in ‘n sak gegooi word, en dit moet binne nog ‘n sak geplaas word. Hou dit eenkant tot die huishouding se vul-

lis uitgesit word vir die vullisverwyderaar. Indien jy positief getoets het vir COVID-19, moet jy hierdie maatreëls volhou vir 14 dae. In hierdie tyd moet jy jou simptome monitor en die gesondheidswerker kontak as jy sieker word. Gesondheidswerkers doen nie tuisbesoeke nie, maar julle sal telefonies in verbinding bly. Indien jy verward voel, drukking op jou bors ervaar or sukkel om asem te haal, moet jy die ambulans bel. Praat met die gesondheidswerker voordat jy jou isolasie-tydperk beëindig. Wag vir uitslae Mense wie getoets is vir COVID-19 en nog wag vir die uitslae, asook mense wat in nabye kontak was met mense wat positief getoets het vir COVID-19, moet dieselfde maatreëls volg. Indien die toetsuitslae negatief is, kan die kwarantyn-tydperk beëindig word. Dit is belangrik om hierdie maatreëls na te kom, sodat jy jou gesin en almal wat saam met jou woon, beskerm. As jy positief getoets het vir COVID-19, wag vir toetsuitslae of as jy nabye kontak gehad het met iemand wat positief getoets het en jy is onseker oor wat jy moet doen, praat met jou gesondheidswerker. Wanneer die gesondheidswerker hierdie riglyne vir jou gegee het, kan ‘n besluit gemaak word oor of jy tuis in afsondering moet wees en of dit prakties meer gerieflik vir jou sal wees om na ‘n fasiliteit wat hiervoor ingerig is, te gaan. Witzenbergers wat vrae het, kan skakel met die plaaslike kantoor van Wes-Kaap Regering Gesondheid by (023) 316-9600.

CERES

Aan ons Ceres gemeenskap Vanuit Huis Maudie Kriel kom ‘n groot klomp dankie aan die gemeenskap. Sedert die inperkingstyd begin het, was daar baie uitdagings by ons adres. Elke inwoner, beheerraadslid en personeellid het net weer gesien en beleef hoe die gemeenskap vir Huis Maudie Kriel en sy mense is. Baie baie dankie aan elkeen wat op hulle besondere wyse vir die inwoners en personeel in die grendeltyd en inblytyd dinge draagliker help maak het. Dit is hartseer dat ons mense in hierdie tyd aan die dood moes afstaan en hulle op sulke ongevoelige omstandighede moes groet. Saam met alles wat vir ons sleg en ongemaklik is, sê ons dankie aan ons Hemelse Vader vir die besondere mense en besighede wat hulle ontferm oor ‘n tehuis vir bejaardes.

Met baie dank, Beheerraad, Inwoners en personeel

TREKKERS • AARTAPPELTOERUSTING • SPILPUNTE • IMPLEMENTE • ALLERLEI PLAAS WESTLAND VEILING: WOENSDAG 12 AUGUSTUS 2020 OM 11:30 (NET NA DIE VEILING VAN DIE PLAAS) BESIGTIG: Dinsdag 11 Augustus van 10:00 tot 16:00 PLEK: Plaas Westland (Koördinate: S 33 01,631 O 19 23, 346) Marble Gold 324 (Edms) Bpk (in voorlopige likwidasie) Meestersverwysingsnommer: C179/2020 TREKKERS: Landini 8550 4x4, Landini 8500 4x4, Landini Atlas 85 4x4, Landini 7530 F, Landini Advance, Ford 3000, David Brown (skroot). VURKHYSERS: Toyota 2,5, 2 x TCM 2,5. AARTAPPELTOERUSTING: Volledige Uniekum aartappel uie paklyn, 3 x aartappelmassawaens, Uniekum aartappeluithaler, Uniekum aartappeluithaler opteller, 5 sakkiebins, klein pakstelsel, “strapper”, stikmasjien . SPILPUNTE: 5 toring Zimmatic, 3 toring Zimmatic, volledige uitpak besproeiingstelsel, 2 x kanonspuite. IMPLEMENTE: 2009 MF 1839 baler, Arbus 2000 spuitpomp, sleeptipe onkruidspuit, 1000L Multispray, 1000L Agrico onkruidspuit, tipwa, verskeie waens, 2000L waterkar, Sulky kunsmisstrooier, 900L dieselkar, 2x3 punt skrapers, sleeptipe padskraper, damskrop, uieroller, korsbreker, verskeie skaarploeë en ghroppe, 3-kratwa, laai-arm met bak, Falcon stokkiekapper, ens ALLERLEI: Mobiele toilet, 3 plastiese waterkrippe, verskeie voerbakke, traplere, kompressor, pallethyser, sweismasjien, gassweisstel, persmasjien, skroot, ens. Te veel om te lys! Moenie die veiling misloop nie!

STRENG COVID 19 REGULASIES SAL GELD NAVRAE: Willie van Rensburg 083-261-7641 willie.vanrensburg@homeandhectare.com Albie Loubser 082-573-9902 albie.loubser@homeandhectare.com VOORWAARDES: *Elektroniese betaling *FICA dokumente word vereis vir registrasieproses. Alle goedere sal met reserweprys verkoop word. Regulasies van Verbruikerswet, Wet 68 van 2008 beskikbaar op: http://www.gov.za/documents/consumerprotection-act-regulations


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, July 17, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Seisoen begin laat WEENS die inperkingsmaatreëls die afgelope drie maande, kon die 2020 duiwewedvlugseisoen eers Saterdag 11 Julie begin. Duiweboere moes angstig wag om die jawoord te kry om hul duiwe te vlieg. Die wedvlug vanaf Laingsburg kon eers Sondag 12 Julie gevlieg word weens slegte weer wat vir Saterdag voorspel was. Duiwe is later in mooi weerstoestande gelos. Saterdag 18 Julie vlieg die wedvlugduiwe weer vanaf Laingsburg. CHPS Jaaroud 1. Clarence van Wyk 1391.202 mpm 2. Cyril & Ann Davids 1328.263 mpm 3. Clarence van Wyk 1319.454 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1296.846 mpm 5. Clarence van Wyk 1292.106 mpm Ope 1. André & Aiden Koopman 1369.140 mpm 2. André & Aiden Koopman 1369.140 mpm 3. Cyril & Ann Davids 1355.218 mpm 4. Clarence van Wyk 1337.193 mpm 5. Bryan Isaacs 1335.625 mpm Hamlet duiweklub Jaaroud 1. A. Geldenhuys 1378.066 mpm 2. J. Kitshoff jr. 1345.233 mpm 3. C.B. Frick 1344.829 mpm 4. A. Geldenhuys 1327.403 mpm Ope 1. J.J. Kitshoff 1422.105 mpm 2. A. Geldenhuys 1342.984 mpm 3. C.B. Frick 1331.013 mpm 4. J.J. Kitshoff 1297.739 mpm BHPS Jaaroud 1. R.D. November 1395.686 mpm 2. R.A. van Wyk 1374.983 mpm 3. L. Koopman 1369.360 mpm 4. R.D. November 1341.325 mpm 5. R.A. van Wyk 1316.235 mpm Ope 1. J. van Rooy 1326.363 mpm 2. J. van Rooy 1326.363 mpm 3. L. Koopman 1296.756 mpm 4. L. Koopman 1296.756 mpm 5. N. Pedro 1277.385 mpm

DIE jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar voorlopig op 6 en 7 November plaas.

Henri Ferreira wen gholfkompetisie met telling van +3 DIE jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas.

HENRI Ferreira het Saterdag se kompetisie gewen.

“Aangesien ons klubbestuur nie weet hoe die Covid-19 pandemie gholf in November gaan beinvloed nie, kan ons nog nie die finale toernooireëlings vasmaak nie” het Gellies Gelderblom, klubbestuurder van Ceres gholfklub, gesê. “Tans weet ons nie wat die reëls rondom byeenkomste, drank en etes gaan wees nie. Die klub kyk ook na vermindere inskrywingsgelde en poog om dit teen die einde Julie bekend te maak, wanneer daar meer sekerheid oor die inperkings gaan wees”. Inskrywings sluit 30 September. Die klub sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye sover moontlik eerbiedig, maar vra spelers se begrip vir die finale loting. Ceres gholfklub se skoonveld- en sukkelveld is soos die res van die land se bane sedert middel Junie oop. Uitslae Henri Ferreira het Saterdag 11 Julie die individuele syfer plus kompetisie met ‘n telling van +3 gewen. J. Labuschagne was in die tweede plek met +1 gevolg deur D. Vorster met +1 en Willie van Heerden met -1.

CERES

VRUGTE- EN GROENTEPLAAS MET BAIE MOONTLIKHEDE WESTLAND Insolvente Boedel Klaas Fernhout Trust (Meestersverwysingsnommer: C 292 / 2020) VEILING: WOENSDAG 12 AUGUSTUS 2020 OM 11:00 PLEK: Op die perseel BESIGTIG: Slegs per afspraak Plaas van 889,7ha geleë in die pragtige area bekend as Op-die-Berg, baie bekend vir die verbouing van appels, pere, perskes en groente. 11ha Tans onder pere, 12,3ha appels (sommige bome moet vervang word), 7,8ha granate, ongeveer 70ha aartappels en uie is jaarliks geplant. Ongeveer 309ha kaal grond, res is veld. Water: Pompregte uit die Houdenbeksrivier tydens die winter, 9 boorgate, 3 opgaardamme met totale kapasiteit van 1 092 385m³ water. Geboue: Hoofwoning, tweede woning, rondawel, woonstel, kantoor, groente pakstoor, ander store, werkershuise, kampterrein met badkamers en elektrisiteit. Verskeie moontlikhede!! STRENG COVID 19 REGULASIES SAL GELD NAVRAE: Willie van Rensburg 083-261-7641 willie.vanrensburg@homeandhectare.com Albie Loubser 082-573-9902 albie.loubser@homeandhectare.com VOORWAARDES: *Elektroniese betaling *FICA dokumente word vereis vir registrasieproses. Alle goedere sal met reserweprys verkoop word. Regulasies van Verbruikerswet, Wet 68 van 2008 beskikbaar op: http://www.gov.za/documents/consumerprotection-act-regulations

CORNEL Muller, oudleerder van Charlie Hofmeyr, het verlede jaar sy PGA-diploma by Swingfit Performance Academy voltooi. Cornel het gedurende sy drie jaar by Swingfit meer as 2000 uur se afrigting onder twee van die Wes-Kaap se top afrigters, James Wade en Adrian Buchner, ontvang. Tot voor die COVID-19 inperking, het Cornel vir 7 maande as verkoopsassistent in Pearl Valley gholfklub se gholfwinkel gewerk. Hy was ook verantwoordelik om gholfstokke vir spelers te herstel asook stele en grepe te vervang. Cornel is van 1 Julie by Ceres gholfklub waar hy afrigting aan junior sowel as senior spelers gee en om sy PGA leerlingskap te voltooi.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.