Bedrog van R6.55
milj.
‘n NUWE bedrogklag van miljoene rande staar ‘n oudburgemeester van Ceres nou in die gesig - meer as twee jaar nadat dié saak by die Riebeek Wes polisie aangemeld is.
Barnito Klaasen (48) van Ceres is op 4 Julie deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer. Hy het op 5 Julie vlugtig in die Malmesbury landdroshof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn. Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het.
Die staat was nie teen borgtog gekant nie. Klaasen is op R10 000 borg vrygelaat en moet weer op 23 Augustus in die Malmesbury landdroshof verskyn.
Ander bedrogsaak
Klaasen wat in 2023 van die hofrol geskrap is as prokureur en wat verlede Junie, as munisipale raadslid op Ceres bedank het, verskyn ook in ‘n ander bedrogsaak op Tulbagh.
Dié saak is in Maart 2023 by die Tulbagh polisie aangemeld.
Klaasen is vroeër vanjaar op Maandag 29 Januarie, deur Tulbagh speurders gearresteer waar hy oornag in die polisieselle aangehou is. Sy hofverskyning hou verband met ‘n bedrogklag van meer as R120 000. Hy moet weer op 27 September in die Tulbagh landdroshof verskyn. Hy is tans uit op R1 000 borg.
Agtergrond
Klaasen het bedank na meer as 18 maande van omstredenheid en talle hofsake. Hy is ook gedurende April 2023 van die prokureursrol geskrap en ‘n sekwestrasie-aansoek by die Meester van die Hooggeregshof is ook teen hom, toegestaan.
Polisie soek al drie dae na kind wat in rivier val
DIE polisie se duikeenheid is die naweek ontbied en saam met Ceres SAPD soek hulle sedert Sondag 14 Julie na ‘n 9-jarige seun. Volgens inligting het die seun Sondagmiddag in die Titusrivier geval op die plaas Dankbaar. Polisielede soek onverpoos en teen Woensdag 10:00 kon hulle nog nie die seun - wat moontlik verdrink het - opspoor nie. Troebel rivierwater en die rivier wat vroeër die week nog baie vinnig gevloei het, het die soektog belemmer.
Kompetisie vereer vroue
DIE Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) is verheug om die derde jaarlikse Kaapse Wynland Distrik Fenomenale Vrouetoekennings aan te kondig wat in samewerking met die Historium Trust en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) gehou sal word. Hierdie toonaangewende geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die fenomenale vroue in die gemeenskap vier. Die toekenningseremonie word op Woensdag 28 Augustus in die Paarl gehou.
Nominasies is nou oop en die organiseerders nooi die publiek om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland-gemeenskappe gemaak het, te nomineer.
Nominasievorms kan van die KWDM-webwerf afgelaai word of by enige KWDM-kantoor of die Historium Trust in die Paarl afgehaal word. Belangstellendes kan ook die vorm ontvang deur ’n WhatsApp-boodskap met die teks “Phenomenal Women” na 076 017 6062 toe te stuur. Voltooide vorms kan per e-pos na info@historium.co.za of per WhatsApp na 076 017 6026 gestuur word of by die Historium Trust of enige KWDM-kantoor afgelewer word. Inskrywings sluit op Woensdag 31 Julie
Die beoordeling sal in Augustus deur ’n paneel vooraanstaande vroue van die Kaapse Wynland gedoen word.
Die seremonie beloof om ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees, deur die erkenning en viering van die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe geïnspireer het en ander gemotiveer het om na uitnemendheid te streef.
Die Kaapse Wynland-distrik se Fenomenale Vroue-toekennings het ten doel om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te inspireer en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie.
Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die viering van hierdie uitsonderlike vroue en hul besondere reise. Kategoriebeskrywings en die bepalings en voorwaardes is beskikbaar by www. capewinelands.gov.za
DIE plaaslike VLV het tydens die skoolvakansie ‘n kompetisie aangebied waar die jeug selfoonfotos van die natuur kon neem en na hulle Whatsapp. * Die wenfoto is deur Ron-Lee van den Heever geneem. Ander pryswenners was Mi-Chay en Lilitha Magalakanqa. Meer as 100 inskrywings is ontvang en dit it was goed om te sien hoe oplettend die jeug van vandag is.
Fokus op klein besighede
Nuwe winkel op Ceres
WILDEHART is ‘n nuwe besigheid wat op 1 Julie hul deure geopen het. Die publiek kan die winkel, wat spesialiseer in wildsvleis-verkope, verskillende wildsnitte en wildsbiltong, besoek in Voortrekkerstraat 137, Ceres. Die winkel verkoop ook lekker biltong, beesvleis asook droëwors en biefpatties. Daar is ook lekker neute. Hier is Cody Denation saam met Clayton Zeelie (mede-eienaar) afgeneem. Judy Zeelie (mede-eienaar) was nie beskikbaar vir die foto nie. * Die winkel is aan dieselfde kant as African Bank en Ceres Trekkers op die oorkantste hoek. Skakel Cody by 060-649-7552.
‘n OUDCHARLIE leerder, Susara Muller, is besig om haar merk behóórlik te maak in die internasionale modelwêreld. Sy verskyn onder andere in die Julie-uitgawe van Marie Claire Griekeland asook in die Augustusuitgawe van die Duitse skoonheidstydskrif, Schön. Sedert September 2023 het sy al modelwerk in Turkye, Griekeland, Milaan, Londen en Parys gedoen. Sy vertrek binnekort na Maleisië en later Swede.
IVAN Pharo (61), oudonderwyser en inwoner van Ceres, is Donderdag 11 Julie skielik oorlede. ‘n Troosdiens word Donderdag 18 Julie gehou en daarna op Saterdag 20 Julie om 09.00 vind die huisdiens in Stanleystraat 14 plaas en daarna om 10:00 vind die kerken begrafnisdiens vanuit die VGK Ceres plaas. Ivan word oorleef deur sy vrou, Desiree, kinders, kleinkinders en familie.
NA drie suksesvolle albums onder die belt, het Pietman Geldenhuys, oudinwoner van die Witzenbergstreek, op 12 Julie sy vierde album, Vaal Sand, vrygestel. Alhoewel Pietman vir baie lank in sy loopbaan nie Afrikaanse liedjies opgeneem het nie, het hy na sy eerste Afrikaanse album, Van die os op die jas, waarvoor hy ook die gesogde Ghoema-toekenning vir liedjieskrywer van die jaar gewen het, meer in Afrikaans begin skryf. * Vaal Sand bestaan uit ses liedjies wat die luisteraars op ‘n emosionele reis deur die Karoo neem. Die inspirasie vir dié album het gedurende grendeltyd ontstaan toe Pietman baie tyd in die Tankwa Karoo deurgebring het. Die album weerspieël sy tyd daar, waar die vaal sand onder die oppervlak kleurvol en vol lewe is. Met hierdie album wil Pietman ‘n eenvoudige boodskap oordra - daar is ongekende skoonheid in die alledaagse eenvoud, en dit verg nét kyk om dit raak te sien. Pietman is ook aanbieder van Oppiestoep en Landbouweekliks op VIA. Vir enige navrae skakel 082-520-1946 of stuur epos na pietman@spottedapple.co.za
DP & JC GOOSEN BOERDERY (EDMS) BPK
Is ‘n gevestigde Boerdery-onderneming in die Prince Alfred Hamlet, Wolseley en Rawsonville omgewing. Die onderneming spits hom toe op die verbouing van kwaliteit groente en vrugte vir uitvoer en plaaslike mark. Die volgende loopbaangeleentheid is tans beskikbaar op die plaas OU STASIE te Wolseley KANTOOR ADMINISTRATEUR
Die geskikte kandidaat word verlang om beide die Produksie Bestuurder sowel as die Menslike Hulpbron Bestuurder te assisteer.
Vereistes: • Bestuurderslisensie • Microsoft Office • Moet baie noukeuring wees • Goeie menseverhoudings
Hoof funksies: • Bespreking en bestuur van opleiding onder leiding van Menslike Hulpbronbestuurder • WCA aanmelding en laai • Opdatering van kennisgewingborde • Bewaarskool bestuur onder leiding van Menslike Hulpbronbestuurder
• Kothuise se bestuur onder leiding van Menslike Hulpbronbestuurder • Gemeenskapsontwikkeling • Assisteer die Produksie bestuurder waar benodig.
Stuur asb. u aansoek na: hr@goosenboerdery.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Julie 2024
Indien u nie binne 2 weke van aansoek gekontak is nie, was u aansoek onsuksesvol. DP & JC Goosen Boerdery (Edms ) Bpk het ‘n gelyke en billike indiensnemingsbeleid wat daarna streef om ‘n diverse werksmag in die breë verteenwoordiging van ons werknemers te bevorder.
‘n VRAGMOTOR van die Buonadonna Groep wat Maandagoggend 15 Julie met ‘n vrag appelsap op pad was na Ceres Fruit Juices, se remme het vermoedelik aan die brand geslaan waarna die helfte van die vrag verwoes is. Die voorval het omstreeks 07:50 voor CFG se hoofkantoor in Bon Chretienstraat plaasgevind. Niemand is beseer nie en die brand is vinnig geblus. Die vrag appelsap was van die RBI Wadeville fabriek na Ceres onderweg en sou minute later afgelaai word op die perseel.
DIE twee laagwaterbruggies op Ceres is sedert verlede Woensdagoggend gesluit vir verkeer. Die Dwarsrivier het ‘n week gelede begin afkom en plek-plek sy walle oorstroom. Teen Dinsdag het die rivier al baie gesak maar steeds oor die pad geloop. * ILeaf en Hortec se weerstasies het vanaf 1-16 Julie (16:00) die volgende reënvalsyfers gemeet: 350.6 mm vir die Warm Bokkeveld, by Lakenvlei (Bo-Swaarmoed) is 236.9mm gemeet, 249.8mm by Bronaar, 304.1mm by Sterkwater en 292.1mm by Romansrivier. ** In Junie 2023 is meer as 430mm in die Warm Bokkeveld gemeet. Volgens statistieke van die Witzenberg munisipaliteit wat sedert 1960 noukeurig bygehou word, het die meeste reën in 1977 geval. Ander jare waar daar baie reën gemeet is, was 1984, 1996 en in 2023.
SWAAR sneeu-neerslae is die afgelope week in die Witzenbergstreek aangeteken - die dikste in meer as 20 jaar. Die Witzenberg munisipaliteit het alle sportbyeenkomste en begrafnisse vir verlede naweek gekanselleer na swaar reën en sneeu.
Sakeman word vrygespreek
‘n INWONER van Tulbagh wat in Maart 2020 aangekla is weens verskeie oortredings van natuurbewaring ordonansies, is onskuldig bevind op al die klagtes teen hom.
Andrew Jaeger (60) van die plaas Oudekloof is op 22 April onskuldig bevind en vrygespreek op vier klagtes teen hom. Twee klagtes het verband gehou met die pluk van beskermde flora sonder ‘n permit en een klagte van besit van boegoe sonder dokumentasie en ‘n diefstalklag. Ondersoek
Die voorvalle het in Maart 2020 in die Tulbagh omgewing plaasgevind en is deur die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester ondersoek.
Die een beweerde voorval het op die plaas Tierkloof plaasgevind waar nagenoeg 50kg boegoe (Agathosma betulina) na bewering onwettig gepluk is. Die tweede voorval het ook in Maart 2020 plaasgevind op die plaas Aande Kleine Bergrivier waar daar na bewering 361 kg boegoe (Agathosma betulina) sonder ‘n permit gepluk is.
Uitspraak
Die uitspraak bring ‘n einde aan dié uitgerekte saak in die Tulbagh landdroshof.
Saak word na streekhof oorgeplaas
DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose Wolseley-inwoner is na die Wolseley streekhof oorgeplaas vir regshulp-konsultasie.
Die 41-jarige man wat op Wolseley woon, word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 op die dorp plaasgevind.
Die man is verlede jaar gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is. Hy moet aan streng voorwaardes voldoen.
Die saak is verlede Woensdag na 4 September uitgestel.
*Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.
NOTICE OF IMPOUNDMENT OF ANIMALS
Notice hereby given that stray animals will be impounded in terms of sect 6(1) of the Witzenberg Municipality: By-Law Relating to pounds nr. 7404 of 19 June 2015.
The owner of animals must: · Ensure that his/her animals are always under control and accompanied by and animals guard · Ensure that the animals does not pose any danger to the public or vehicles · Ensure that no roaming animals are being found on any public road or in the vicinity of a public road · Ensure that any animal in his/her possession are clearly marked with the owners unique marking. Impounded animals will not be handed over to any person, unless: · He/she can proof ownership of the animal/s · All cost incurred relating to the impounded animal/ s, including dipping, medical treatment, inoculation or any other treatment in terms of the By-Law, is fully paid · The impounded animal/s are claimed by the owner within 14 days of date of and includes date of first impoundment. (Impounded animals for a period longer than 14 days, will be sold on public auction).
Impoundment costs : · The owner of any impounded animal/s will be held liable for the payment of the impounded and any other cost incurred during the stay of an animal in the pound · The fees of an impounded animal accumulates on a daily basis per animal per day a portion of the day and also includes transport costs and where applicable, any veterinary services deemed necessary for the well-being of an animal · Horses, cows, pigs , sheep, goats, and any other animal, R150 per day, bulls and stallions, R200 per day and rams, R160 per day. Tariffs are inclusive of vat. · All animals will be sold on public auction, after a period of impoundment of 14 days to cover any costs accrued · The court may order the owner of an animal not sold on such auction, to pay any outstanding fees.
For any further enquiries please contact:
D. NASSON MUNICIPAL MANAGER at (023) 316-8196
TWEE hokkiespelers van Charlie Hofmeyr het die afgelope skoolvakansie die Boland verteenwoordig. Daniël Overmeyer was deel van die Boland IPT B-span wat in Bloemfontein deelgeneem het en ‘n goue medalje verower het. Christoff van der Merwe (bo) het Boland IPT Cspan verteenwoordig. Boland speel in die finaal en wen die toernooi.
HUISHOUDINGS in die Wes-Kaap was die afgelope week sonder krag en internet-verbindings. Erge stormweer, wydverspreide reën en sneeu het ook die Witzenbergstreek lamgelê nadat ‘n paar kouefronte die Wes-Kaap kort na mekaar getref het. ‘n Ramptoestand is ook vir die Wes-Kaap afgekondig. ‘n Paar informele huise en strukture in die munisipalegebied is oorstroom en talle plase was vir lang tye sonder krag of afgesny van die buitewêreld. ‘n Paar grondeienaars het ook pompe langs die rivier verloor. * ‘n Bruggie op ‘n plaas in die Agter-Witzenbergvallei word herstel nadat dit verlede week weggespoel het.
Ons benodig die dienste van ‘n Vitrax-Stelseladministrateur om by ons span aan te sluit ten einde die pakhuis te ondersteun en om te verseker dat data-integriteit gehandhaaf word.
VITRAX-STELSELADMINISTRATEUR
(Dutoit Groente)
Prince Alfred Hamlet
Hierdie sleutel-posisie sal verantwoordelik wees vir, onder andere, die identifisering en regstelling van data kwessies binne die Vitrax-stelsel. Die rol sluit gereelde gebruikers opleiding, implementering en nakoming van daaglikse, weeklikse en maandelikse bedryfsprosedures in.
Die suksesvolle kandidaat sal effektief met gebruikers op alle vlakke binne die besigheid kan kommunikeer en beskik oor die vermoë om dieper na probleme te kyk (buite die boks) en sodoende probleme en ondoeltreffendheid te identifiseer. Foutsporing op data sal ‘n groot deel van die funksie wees en sal dus baie geduld verg. Voorraad beheer en kontroleer. ‘n Goeie begrip van verpakkings- en produksie bedrywighede binne ‘n kommersiële en uitvoer omgewing sal die aansoek versterk. Kwalifikasies: Goeie rekenaargeletterdheid met gevorderde Excel-vaardighede is ‘n vereiste terwyl kennis en ondervinding in die landbou (Groente) in die kandidaat se guns sal tel. Vitrax stelsel agtergrond sal voordelig wees. Goeie mense kennis. Vaardighede en bevoegdhede sluit in: • Probleemoplossing • Verwerking van data • Skryf van verslae • Evalueer en prioritiseer verbeterings versoeke • Werk saam met die besigheid om eindgebruikers se behoeftes te verstaan om tegniese oplossings vir die implementering van nuwe funksies te verskaf • Sterk analitiese, kritiese denke en besluitnemings-vaardighede • Sterk administrateur met proaktiewe ingesteldheid • Uitstekende interpersoonlike vaardighede met die vermoë om personeel op alle vlakke te ondersteun • Uitstekende kommunikasievaardighede • Sterk gefokus op detail, met die vermoë om onder druk te werk • Moet goeie menseverhoudings hê • Moet beskikbaar wees vir skofte in seisoen tye. Benewens aangename werkomstandighede bied ons mededingende vergoeding (weekliks) wat lidmaatskap tot ‘n voorsorgfonds insluit.
Belangstellendes moet volledige aansoeke voor Woensdag, 24 Julie 2024 by Ilze by die kantoor kom afgee of e-pos na ilze@dutoit.com
Diensaanvaarding sal ideaalgesproke nie later as 1 September 2024 wees nie.
SWAAR sneeu-neerslae is die afgelope week in die Witzenbergstreek aangeteken - die dikste in meer as 20 jaar. Nog sneeu het weer Sondag en Maandagoggend op berge rondom Ceres geval. * Op Matroosberg het dik sneeu, 4x4 voertuie verhoed om die bergpad aan te pak. Dit is egter besoekers wat nie ‘n snars omgee vir privaateiendom of hekke wat gesluit is nie, wat grondeienaars warm onder die kraag maak. Almal is welkom om sneeu te kom kyk maar die besoekers wat nie ore het nie of wat voel dit is hulle reg om enige plek in te ry, moet liefs tuisbly.
DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit was die afgelope week genoodsaak om met tye Gydopas en Theronsbergpas om veiligheidsredes te sluit. Die Bo-Swaarmoedpad was vroeg verlede week ook ‘n tyd lank gesluit voordat ‘n padskraper die sneeu van die pad-oppervlakte kon wegskraap. Verlede week is die stop-en-ry weens padwerke in Gydopas, hervat. ‘n Stop-en-ry is vir veiligheidsredes by die treinspoor in Michellspas ingestel weens ‘n duik in die pad. Die pad sal herstel word saam met die res van die pas sodra weerstoestande dit toelaat. * Teen Maandag 15 Julie was Bainskloof nog gesluit weens modderstortings en die Slanghoek laagwaterbrug gesluit weens water wat daaroor vloei. Volgens SanParke is die Tankwa-Karoo-park weer oop vir besoekers nadat die pad tussen Ceres en die park weer heropen is.
Ons benodig die dienste van ‘n Junior Versendings Assistent om by ons span aan te sluit ten einde die pakhuis te ondersteun.
JUNIOR VERSENDINGS ASSISTENT
(Dutoit Groente)
Prince Alfred Hamlet
Hierdie posisie sal verantwoordelik wees vir, onder andere, die administrasie en fasilitering van die versending van vragte by Dutoit Groente. Die rol sluit gereelde gebruikers opleiding, implementering en nakoming van daaglikse, weeklikse en maandelikse bedryfsprosedures in.
Die suksesvolle kandidaat sal effektief met gebruikers op alle vlakke binne die besigheid kan kommunikeer en beskik oor die vermoë om dieper na probleme te kyk (buite die boks) en sodoende probleme optelos en te identifiseer. ‘n Goeie begrip van verpakkings- en produksie bedrywighede binne ‘n kommersiële en uitvoer omgewing sal die aansoek versterk.
Kwalifikasies: Goeie rekenaargeletterdheid met gevorderde Excel-vaardighede is ‘n vereiste terwyl kennis en ondervinding in die landbou (Groente) in die kandidaat se guns sal tel. Vitrax stelsel agtergrond sal voordelig wees.
Vaardighede en bevoegdhede sluit in: • Probleemoplossing • Verwerking van data • Evalueer en prioritiseer verbeterings versoeke • Werk saam met die besigheid om eindgebruikers se behoeftes te verstaan om tegniese oplossings vir die implementering van nuwe funksies te verskaf • Sterk analitiese, kritiese denke en besluitnemings-vaardighede • Sterk administrateur met pro-aktiewe ingesteld-heid • Uitstekende interpersoonlike vaardighede met die vermoë om personeel op alle vlakke te ondersteun • Uitstekende kommunikasievaardighede • Sterk gefokus op detail, met die vermoë om onder druk te werk • Moet goeie mense verhoudinge hê • Moet beskikbaar wees vir skofte in seisoen tye. Benewens aangename werkomstandighede bied ons mededingende vergoeding (weekliks) wat lidmaatskap tot ‘n voorsorgfonds insluit.
Belangstellendes moet volledige aansoeke voor Woensdag, 24 Julie 2024 by Ilze by die kantoor kom afgee of e-pos na ilze@dutoit.com Diensaanvaarding sal ideaalgesproke nie later as 1 September 2024 wees nie.
classifieds
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Ivan Aubrey Pharo
1963/04/17 - 2024/07/11
Die
Hemelse Tuin. Ons dank God vir sy wonderlike bydrae in ons lewens, maar berus in sy heengaan. Liefde altyd. Jou vrou, kinders, kleinkinders en familie.
TROOSDIENS:
Do. 18 Jul 2024 om 19:00 VGK, Ceres
HUISDIENS: Sat. 20 Jul 2024 om 09:00 Stanleystraat 14, Ceres
KERKDIENS: Sat. 20 Jul 2024 om 10:00 VGK, Ceres
Mark Robert Baron
1971/01/24 - 2024/07/14
ROUDIENS: Do. 18 Jul.
Kerk: 19:00 St. Andrews Kerk
GEDENKDIENS: Sat. 20 Jul.
Huis: 11:00 Maritzstraat 1 Kerk: 12:00 St. Andrews Kerk Privaat verassing
Die beste diens, altyd.
John Kannemeyer
☎ ☎ (023) 316-1814
regassing
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer vir enige navrae by 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30
skoene asook wintersklere vir mans en vroue
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng en deelvragte. Persoonlik betrokke by verhuisings. Breekware verpakking. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
woord
+ Jou naam + Die item wat jy wil verkoop
Reëls: • Slegs items onder R1 000
• Slegs EEN item per Whatsapp
• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
DIE gholfbaan ontwikkelaars besig om die nuutgeboude brug op die gholfbaan op te rig voor die storm. Die onderste foto is verlede week geneem nadat massas water die nuutgeboude brug oorstroom het. Die bruggie verbind die nuwe gedeelte met die bestaande gholfbaan.
Bobbejaan raak nou 'n oorlas
DIE bobbejaanmannetjie is besig om al dieper in beboude areas op Ceres te beweeg. Die mannetjie, wie se linkervoorpoot misvorm is, is die afgelope tyd sover as Vierde- en Umzumaailaan opgemerk. Hy skrik glad nie meer vir mense nie, is aggresief en het in ‘n erf gespring waar daar twee honde is. Die bobbejaanmannetjie het ook verlede week by ‘n huis agter die hospitaal, by die agterdeur ingeglip. Hy het ‘n piesang en kaas gegryp en laat spaander. Die munisipaliteit se wetstoepassers is bewus van die klagtes maar het teen Maandag nog nie opgetree of die bobbejaan opgespoor nie.
Kind lig beseer in ongeluk
‘n MINIBUS taxi het Sondag 14 Julie na bewering oor ‘n stopstraat op Wolseley gery en teen ‘n Ford Bantam bakkie gebots. Die ongeluk het net na 14:00 op die hoek van Paradys- en Madaliefiestraat plaasgevind. ‘n 13Jarige seun wat voor in die bakkie gesit het, is lig beseer.
Polisie kry vuurwapen en gesteelde goedere
GOEIE speurwerk en talle leidrade wat opgevolg is deur Ceres speurders, het onlangs daartoe gelei dat ‘n ongelisensieërde vuurwapen asook ander gesteelde eiendom teruggevind is.
Ceres speurders het inligting opgevolg en saam met Ceres SAPD misdaadvoorkoming toegeslaan op ‘n perseel.
Op 11 Junie, omstreeks 19:00 tydens die deursoeking van die perseel in Nduli, is daar op ‘n vuurwapen en ammunisie en gesteelde items beslag gelê.
Drie verdagtes is gearresteer weens die afpersing van Spaza winkels in Nduli waartydens daar R1 500 per maand van elk van die ondernemings geëis is.
Die vuurwapen is weggestuur vir ballistiese toetse om te bepaal of dit met ander misdrywe in die Wes-Kaap verbind kan word.
In die hof
Die drie mans Mbulelo Hlalukana van Mfuleni naby die Paarl, Sindile Olifant en Mayosi Bam. Olifant en Bam is van Nduli.
Die mans het Maandag 15 Julie verskyn en die sake is na 23 Julie uitgestel vir borgaansoeke.
Hlalukana word ook verbind met ander geweldsmisdade in Kaapstad en is op uitstaande lasbriewe gearresteer.
In die huisbraak en diefstalsaak waar gesteelde goedere in Nduli gekry is, is Sizwe Gqalaqha gearresteer. Hy het op Maandag 15 Julie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van gewapende roof, aanranding, besit van gesteelde eiendom en huisbraak.
Die saak is tot Donderdag 18 Julie uitgestel vir ‘n borgaansoek.
KENNISGEWING (AFR)
Transfer in terms of a contract of business Notice is hereby given in terms of section 34(1) of the Insolvency Act, No 24 of 1936, to interested parties and creditors of the intended transfer in terms of a contract of businesses, and/or goodwill, goods or property forming part of busines, after a period of 30 days from the last publication of the relevant advertisements.
1. Distrik: WITZENBERG, WES-KAAP
2. Verkoper of Handelaar of Vennootskap: BINAMAY SERVICE STATION AND CONVENIENCE STORE CC
REGISTRASIE: 2007/046644/23
3. Besigheid of handel, soort, naam en /of styl en adres waar gedryf: BINAMAY SERVICE STATION AND CONVENIENCE STORE CC
REGISTRASIE: 2007/046644/23
ADRES: Voortrekkerstraat 34, Ceres, 6835
4. Doel en voorneme (vervreemding, verkoop, oorgawe, verandering of ontbinding van vennootskap, verhuising of adresverandering, naamverandering, kansellasie van verkoop, ens); voorwaardes en datum of tydperk indien anders as 30 dae: VERKOPING
5. Koper, nuwe besitter en/of eienaar of vennoot, of kontrakterende party: LAMPROPTERA (PTY) LTD
REGISTRASIE: 2020/808874/07
6. Besigheid en adres, indien anders as onder (3); opmerking, kommentaar: VOORTREKKERSTRAAT 34, CERES, 6835
7. Adverteerder en/of agent, adres en datum: VOORTREKKERSTRAAT 34, CERES, 6835
Adverteerder naam: NATU BHAWAN
Adverteerder adres: VOORTREKKERSTRAAT 34, CERES, 6835
Adverteerder e-pos: projects@ithubaletu.co.za
Datum ingedien: 2024/06/06
Adverteerder tel: (013) 751-2620
NOTICE (ENG)
Transfer in terms of a contract of business Notice is hereby given in terms of section 34(1) of the Insolvency Act, No 24 of 1936, to interested parties and creditors of the intended transfer in terms of a contract of businesses, and/or goodwill, goods or property forming part of busines, after a period of 30 days from the last publication of the relevant advertisements.
1. District: WITZENBERG, WESTERN CAPE
2. Seller or Trader or Partnership: BINAMAY SERVICE STATION AND CONVENIENCE STORE CC
REGISTRATION: 2007/046644/23
3. Business or trade, kind, name and/or style and the address at which carried on: BINAMAY SERVICE STATION AND CONVENIENCE STORE CC REGISTRATION: 2007/046644/23
ADDRESS: 34 Voortrekker Street, Ceres, 6835
4. Purpose and intent (alienation, sale, abandonment, change or dissolution of partnership, removal or change of address, change of name, cancellation of sale, etc.); conditions, and date or period of time if other than 30 days: SALE
5.Purchaser, new proprietor and/or owner or partner, or contracting party: LAMPROPTERA (PTY) LTD
REGISTRASTRATION: 2020/808874/07
6. Business and address, if other than under (3); notes, comments: 34 VOORTREKKER STREET, CERES, 6835
7. Advertiser and/or agent, address and date: 34 VOORTREKKER STREET, CERES, 6835
Advertiser name: NATU BHAWAN
Advertiser Address: 34 VOORTREKKER STREET, CERES, 6835
Advertiser e-mail: projects@ithubaletu.co.za
Date submitted: 2024/06/06
Advertiser telephone: (013) 751-2620
DIE ongelisensieërde vuurwapen asook ander gesteelde eiendom in Nduli en Bella Vista teruggevind is.
LEDE van Ceres A-skof het Woensdag 10 Julie drie verdagtes gearresteer vir gewapende roof. Die voorval het omstreeks 14:00 by Lewis meubelwinkel plaasgevind. Skoflede is in kennis gestel van die roof waarna die drie verdagtes op Van Bredabrug opgemerk is. Hulle is vinnig gearresteer. Die polisie het op ‘n speelgoedwapen beslag gelê. Hier is twee skoflede, kst. Abrahams en a.o. Andries Douglas. AFWESIG: Sers. Theunissen het gehelp maar was nie aan diens tydens die voorval.
De Vlam na 2 jaar steeds vermis
SPEURDERS van Ceres probeer na 2 jaar steeds vasstel wat het van Jastin de Vlam (34) geword. De Vlam is die laaste keer op 19 Desember 2021 omstreeks 12:42 deur sy ouma gesien voordat hy spoorloos verdwyn het. Indien daar mense is wat meer van die verdwyning of waar hy hom moontlik kan bevind, kan hulle vir s/sers. Nowata skakel by (023) 316-8500.
PRODUCTION MANAGER
Doornkraal Agri has an exciting opportunity available for a Production Manager to join their team. The designated candidate will have excellent technical- and problem-solving skills. The incumbent will report to the General Manager: Production.
R esponsibilities:
•Manage production processes on a production unit (fertilizing, irrigation, pruning, manipulation, harvest, thinning and planting)
•Personnel Management (productivity, planning of labour requirements, discipline, training)
•Coordinate maintenance on the production unit
•Manage Health and Safety and GlobalGap systems on production unit
•Stock Control on production unit
R equirements:
•At least 2 years of experience in a fruit production management role
•Relevant post matric qualification will be advantageous
•Well-developed leadership and management skills
•Excellent planning and organisational skills
•Computer literate and proficient in the use of MS Office
•Accuracy and attention to detail
•Excellent communication (English and Afrikaans) and interpersonal skills
•Ability to function well under pressure and prioritise tasks
Closing date: 29 July 2024
Commencement date: As soon as possible
CV can be directed to: hr@dkagri.co.za
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
Eric laat rekords spat
ERIC Kotzé (14), ‘n leerder van Paul Roos, het onlangs weer ‘n paar swemrekords laat spat. Eric (links) het vier S.A. rekords en twee WP swemrekords gebreek tydens die WP kortbad kampioenskappe wat van 4-7 Julie aangebied is. Hy het vier goue en een silwer medaljes verower in die 14-15 jaar ouderdomsgroep asook twee silwer medaljes in die senior mansafdeling. * Eric se ma, Elizabeth, is ‘n oudleerder van Laerskool Gericke en Charlie Hofmeyr en die dogter van Esmé Schreuder van Ceres.
Alle sport en begrafnisse was gekanselleer weens ongure weer
DIE naweek was geen duiwewedvlugte gevlieg nie. Weens baie slegte weersomstandighede is daar besluit om die wedvlug vanaf Britstown met ‘n week aan te skuif. Duiwe vlieg Saterdag 20 Julie vanaf Britstown. * Alle sport in die Witzenbergstreek asook begrafnisse is die afgelope naweek weens die ongure weer en uiterse nat sportvelde, deur die Witzenberg munisipaliteit gekanselleer.
VYF leerders van Laerskool F.D. Conradie is opgeneem in die Wes-Kaap Jeugskouspan. Hierdie leerders gaan die WP by die Nasionale Jeugskou kampioenskappe in Middelburg, Mpumalanga, van 22 tot 25 September, verteenwoordig. VLNR: Leané Erasmus, Jacobus Botha, Mia Möller, Liam Giliomee en Reevah Shiba.
SAN-MARI Prins (regs) van Charlie Hofmeyr het die afgelope skoolvakansie die o/17 Kaapse Wynland netbalspan by die Interdistriktoernooi op Riversdal verteenwoordig. Hulle het vyf wedstryde gespeel waarvan hulle 4 gewen en 1 verloor het. Hulle word in die semi-finaal deur Weskus uitgeskakel. Die span eindig algeheel derde. * Nog twee netbalspelers van Charlie Hofmeyr het die afgelope skoolvakansie die skool se naam hoog gehou op die netbalbaan. Elizabeth Goosen was deel van die o/15 Wes-Kaap Willows netbalspan wat aan die All Ages netbaltoernooi in Boksburg deelgeneem het. Hulle speel 8 wedstryde waarvan hulle 5 wen en 3 verloor. In die kwarteindstyd wen hulle vir Oaks (Wes-Kaap) 22-10 maar verloor in die semi-finaal teen Lamba (Gauteng). Die span speel later uit vir derde en vierde plek maar verloor met ‘n skrale punt in ekstra tyd. Wes-Kaap Willows netbalspan eindig vierde. Jamey-Ruth Swartz was deel van die o/15 Kaapse Wynland netbalspan wat aan die Interdistriktoernooi op Riversdal deelgeneem het. Hulle het ses wedstryde gespeel waarvan hulle vier wen, een eindig gelykop en een verloor hulle. Die span eindig tweede in die toernooi.