Witzenberg Herald Vol.25 no. 27 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 27

R8

Friday, July 15, 2022

CERES (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 14 Julie

Vrydag 15 Julie

4° 15°

4° 22°

Saterdag 16 Julie

Sondag 17 Julie

8° 26°

6° 23°

Ceres Koekedouw dam

61%

Lesing: 2022/07/13

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

Huis in brand verwoes

‘n BRAND het Saterdagaand kort na 21:00 ‘n huis in Paulingstraat, Wolseley in puin gelê. Witzenberg Brand en Redding asook Wolseley polisie was gou op die toneel maar die huis was toe reeds in ligte laaie. Die brand het vermoedelik begin toe ‘n kers in die huis omgeval het. Daar was tien inwoners in die huis toe die brand uitgebreek het. Sover vasgestel kon word is niemand beseer nie. FOTOS: Thomas Bothe

www.witzenbergherald.co.za

Taxibaas sterf maand nadat hy geskiet is DIE voortslepende taxigeweld sedert 2015 in die Witzenbergstreek, het nog ‘n slagoffer geëis. ‘n Nduli taxibaas wat byna ‘n maand gelede buite sy huis in sy motor geskiet is, is die naweek op Ceres dood. ‘n Nadoodse ondersoek sal die week gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Elliot Pheza (66), voorsitter van een van die plaaslike taxiverenigings, is Maandag 13 Junie omstreeks 07:05, vyf keer op kort afstand geskiet. Twee onbekende aanvallers het kort nadat Pheza met sy voertuig by sy erf uitgetrek het, hom geskiet. Agtergrond Pheza is deur beide arms geskiet en is ook in sy bors en skouer gewond. Nadat die twee verdagtes op die vlug geslaan het, het Pheza eers teruggery in sy erf voordat hy deur iemand by die huis na die Ceres hospitaal gehaas is. Die voorval het by Pheza se huis langs 'n laerskool plaasgevind terwyl skoolkinders besig was met ‘n byeenkoms by die skool. Die polisie en lede in die plaaslike taxibedryf het bevestig dat Pheza Vrydag gesterf het. Dié skietvoorval en moordsaak word deur plaaslike speurders sowel as speurders van die Wes-Kaap taxi-taakspan ondersoek. Vorige aanval Die sluipmoord-aanval was skaars vyf weke nadat Hlongwane Mokhosi (35) in Nduli doodgeskiet en sy vrou gewond is op 12 Mei. Onlangse sterftes ‘n Taxibestuurder is in November verlede jaar op Tulbagh doodgeskiet en ‘n omstander skrams gewond. Die Tulbagh-skietvoorval was skaars drie maande nadat een persoon dood en een gewond is in twee skietvoorvalle op Ceres. Vyf maande voor dit is vyf taxibestuurders koelbloedig by Nduli doodgeskiet. Fotos op bladsy 3


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.25 no. 27 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu