Kabeldief doodgeskiet
EEN kabeldief is Dinsdagoggend doodgeskiet en een gearresteer in ‘n voorval waar koperkabels buite Tulbagh gesteel is.
twee kabeldiewe was saam met drie ander verdagtes besig om koperkabels van Transnet naby ‘n plaas te steel.
Waarde van kabels meer as R75 000
die mans opgemerk. Hulle het weggehardloop. Skote is later oor en weer op mekaar geskiet waarna die onbekende man noodlottig getref is.
Twee vuurwapens van die Transnet sekuriteit is deur Tulbagh SAPD gekonfiskeer asook ‘n selfoon van die oorledene en 50 meter koperkabel ter waarde van R75 000.
Baba met noodvlug na Tygerberg hospitaal
DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter is Vrydag 14 Julie ontbied om ‘n 5-dae oue premature baba by Ceres hospitaal te kom haal. Die helikopter het net na 13:15 geland maar moes byna drie ure wag voordat verpleegpersoneel van die hospitaal en AMS, die baba kon stabiliseer vir die noodvlug na Tygerberg hospitaal. Die babatjie is in die helikopter se spesiale broeikas met suurstof geplaas vir die 25 minute vlug na Kaapstad. * Nie AMS of EMS kon teen Woensdag sê wat die babatjie se toestand is nie.
Die SAPD het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) begin, die omstandighede rondom dié skietery word ondersoek en ‘n klag van poging tot moord word ondersoek.
Inligting
Indien enigiemand oor inligting beskik, kan hulle die Stop misdaad nommer 0860010-111 skakel.
Heuningkwas of .....HARDEKWAS
Francois SnymanWanneer gaan barbare se wreedheid teen diere stop?
WAT dra by dat gewone mense om ons, in gewetenlose barbare verander en nie verdien om enigsins as mens goed behandel te word nie? Tot watter vlak sal inwoners daal om uiting aan hul barbaarsheid te gee?
Die eerste vraag is dalk moeiliker om te antwoord. Ek weet nie. Wat ek wel weet dit moet ingebore en patetiese gene in ‘n mens wees om tot sulke baarbaarsheid uiting te gee. Tot watter vlak sal die mense daal met geweld teen weerlose diere wat niemand skade doen nie.
Verlede naweek het een van die onbekende Tulbagh-barbare, ‘n hond aan haar keel in Kerkstraat opgehang.
Hoekom weet ons nie. Wat ek wel weet, dat as die treurige verskoning vir ‘n mens en lafaard my of enige diereliefhebber of inwoner van die streek se pad kruis, dat daar beslis pynlike reaksie hieroor sal wees.
Iewers in die gemeenskap is daar iemand wat weet wie die sleg lafaard is - ons soek hom of haar. Sulke wreedheid teen diere moet nie ongestraf bly nie. Staan op vir geregtigheid en doen die menslike ding om dit te bekamp.
Hierdie is dalk nie die ergste wreedheid wat in die streek plaasgevind het nie maar om diere te mishandel of net te verwaarloos, is net so erg. Indien jy nie eers vir jouself kan sorg nie, moenie diere aanhou nie.
Daagliks moet vrywilligers van CHAIN, wat geen geld daarvoor ontvang nie, mense om ons se wreedheid teen diere verduur.
Ek hoop dat die gemeenskap meer betrokke sal raak en CHAIN help om die diere te beskerm teen barbare en lafaards. Miskien kan die munisipaliteit en raadslede ingryp en meer fondse bewillig om CHAIN te help.
Begin vandag ‘n verskil maak - ons is nie barbare nie!
WOLSELEY Omgeemense het Saterdag 15 Julie vroegoggend ingespring en ‘n heerlike braai vir inwoners van Huis Mostertshoek op Wolseley gehou. Hulle het ‘n skaap gebraai en braaibroodjies gemaak. Die omgeemense bied op Donderdag 17 Augustus ‘n Stoepstories Manne-aand aan om geld in te samel vir die braai se onkostes.
Engen fuel supports Gouda young learners
‘n Gevestigde vervaardiger en bemarker van kwaliteit landboumasjinerie en -toerusting in Ceres is opsoek na ‘n
FINANSIËLE KLERK
Verantwoordelikhede:
•Volle debiteure funksie
•Krediteure beheer tot en met Pastel
•Bestuur van die werkskaart sisteem in werkswinkel
•Staan die Finansiële Bestuurder by in enige finansiële take
Vaardighede verlang:
•MS Office asook Pastel
•Ritesoft sagteware ondervinding sal in u guns tel
•Vervaardiging werkskaart ondervinding
Vereistes:
•Volledig tweetalig (Afrikaans en Engels)
•3 Jaar ondervinding in n soortgelyke rol
•Naskool diploma
‘n Markverwante vergoedingspakket sal in lyn met u ondervinding aangebied word.
Belangstellendes kan ‘n volledige CV met ‘n dekbrief stuur aan: finance@redantagri.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2023
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u nie terugvoering ontvang binne 5 dae nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol.
ENGEN has donated R15 000 worth of fuel to the Anwar Jakoet Foundation (AJF), a non-profit company focusing on education in the early childhood development (ECD) space. Striving to reach young learners that have fallen through the cracks, Engen’s fuel donation will be used to power the AJF’s delivery vehicles, staff and volunteers to reach impoverished communities, often in remote rural areas. Engen’s fuel sponsorship made it possible for the AJF to reach Gouda Educare Centre in the Winelands area earlier this month. They assisted with much needed educational and sports equipment, clothing, warm blankets, beanies and gloves, bulk food ingredients and food parcels. They also visited the Gouda Community clinic where they dropped off some grocery parcels and sanitary towels. Seen here are founder Anwaar Jakoet of the AJF who visited the Gouda Educare Centre.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Hanse (40) later in hof op talle klagtes
DIE bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie met 11 insittendes in, moet oor ‘n maand in die hof verskyn op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur.
Vyf kinders is dood toe die 40-jarige bestuurder van Moorreesburg, Adriaan Hanse, Sondag 9 Julie omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling getref het. Die bakkie het langs die snelweg tot stilstand gekom.
Die bestuurder, sy vrou Nolisa, en haar twee susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveldomgewing gekuier.
Al die kinders was saam met die twee susters agterop die bakkie. Almal is met die slag van die voertuig afgegooi.
‘n 18-Jarige meisie van die Koue Bokkeveld, Elwina Lesch, wat saamgery het is ook dood in die ongeluk.
Haar 15-jarige vriendin, Sarisa Hanse en dié se 7-jarige sussie, Abigail, het ook in die ongeluk gesterf. ‘n Elfjarige niggie, Devoline en ‘n 16 maande oue nefie, Cruzan Kyba, is ook in die ongeluk dood.
Hanse se vrou, Nolisa, en hul 4-jarige kind wat voor in die bakkie gesit het, is nie beseer nie maar is later vir skok behandel.
Haar twee susters en Alexa Kyba (17) was ook agterop die bakkie. Drie insittendes is met ernstige beserings na die Tygerberg hospitaal geneem vir behandeling.
Hofverskyning
Adriaan Hanse is na die ongeluk in hegtenis geneem vir die bestuur onder die invloed van drank.
Vyf klagtes van stafbare manslag is by die Brackenfell SAPD geregistreer. Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder, moet weer op 18 Augustus, in die Bluedowns landdroshof verskyn. Borgtog van R5 000 is aan hom toegestaan.
Begrafnisreëlings
Geen inligting was beskikbaar oor die slagoffers se begrafnisreëlings nie. Ook nie waar die begrafnis gehou sal word nie.
Damage to Western Cape agriculture infrastructure estimated at R1.05 billion
FOLLOWING the recent severe floods in the Western Cape, the Western Cape Department of Agriculture (WCDoA) this week released an updated assessment of the estimated financial cost of the damage.
A rapid assessment conducted during the period 26 to 30 June considered damage to primary agriculture sites in the West Coast, Cape Winelands and the Overberg and confirmed extensive damage to riverbanks, irrigation equipment, private roads and sediment over vineyards and fruit orchards.
The estimated costs of the damage are:
● Irrigation - R7.7 million
● Fencing - R1.4 million
● Rehabilitation of rivers, riparian zones, vine yards and orchards due to large volumes
of sediment removed upstream and de posited downstream in rivers, riverbanks, vineyards and orchards - R748 million
● Crop losses - R278 million
● Loss of income (seasonal workers) R18.7 million and
● The cost of clearing a weir to provide drinking water to 400 people - R120 000
The above estimates do not consider potential losses experienced along the agriculture value chain nor provide any insight into the impact on future exports.
Armed with a more credible, albeit conservative estimate, officials will, together with the Department of Agriculture, Land Reform and Rural Development, approach the National Disaster Management Centre with the aim of
having the flood-damaged areas declared a disaster and unlocking the relevant funding and support that could be provided.
In the interim, the WCDoA will ensure that affected producers have access to the best technical information through its extension and advisory services.
In addition, the Department will also extend its current river protection works programme to flood-affected river systems as this will mitigate the impact of future flooding.
The WCDoA will also reprioritize existing allocations, as well as approach its national sector department and the National Disaster Management Centre, via the Provincial Disaster Management Centre, to cover the costs of river protection works.
Pasiënte kom vroeg, staan buite in reën
NAVRAE is aan die Wes-Kaap gesondheidsdepartement gerig na klagtes van vroue wat met babas buite in die donker en in reën moet staan en wag todat die Tulbagh kliniek om 07:00 oopmaak.
Indien pasiënte van EMS se ambulansdienste gebruik maak, moet hulle ook buite staan en wag indien die personeel uit is na ‘n mediese geval. Hulle kan ook nie onder die dak van die kliniek gaan staan en wag nie aangesien die sekuriteit eers 07:00 begin werk.
Tulbagh kliniek en die EMS-stasie is langs mekaar geleë. Verskillende toegangshekke gee inwoners toegang tot hul persele.
Tulbagh kliniek het wel ‘n afdak buite en wanneer dit reën word soveel as moontlik binne die kliniek gehuisves terwyl besoekers moet wag om gehelp te word. Maar dit is eers na 07:00 as die sekuriteitswag aanmeld vir diens.
Riglyne
Die gesondheidsdepartement doen ‘n beroep op inwoners wie
dié fasiliteite, besoek om onderstaande riglyne te volg.
Met besoekers se hulp kan besoeke meer gerieflik gemaak word indien inwoners tussen 07:30 en 16:00 by die kliniek aanmeld. Ongelukkig daag mense vroeg op voordat die fasiliteite oopmaak in die hoop om eerste gesien te word.
“Ons klinieke se besigheidsure is van 07:30 tot 16:00. Sodra jy by die kliniek kom, evalueer ‘n gesondheidswerker jou toestand, sodat ons kan bepaal wie eerste gesien moet word. Die siekste persone word geprioritiseer en sover as moontlik ook kinders, senior burgers en mense met gestremdhede”.
Die tweede manier waarop die departement besoeke so aangenaam as moontlik maak, is deur wagtye te verkort met behulp van ‘n afspraaksisteem.
“Pasiënte wie kroniese toestande het, kry afsprake waarvolgens hulle die fasiliteit moet besoek. Inwoners word gevra om alleen te kom en slegs 15 minute voor hul afspraaktyd, by die kliniek aan te meld”.
Wees deel van Vat 5 vir kinders
DIT is nie net ouers en gesondheidswerkers wat jong kinders kan help om te floreer nie. Almal word gevra om deel te wees van ‘n projek om kinders wat geraak word deur wanvoeding, te help.
In die 2022/23 finansiële jaar is 62 kinders wie jonger as vyf jaar oud is, by Ceres Hospitaal opgeneem weens wanvoeding.
Meer as die helfte van hulle het ernstige akute wanvoeding gehad en ongelukkig het drie kinders gesterf.
Wanneer kinders in veral die eerste 1 000 dae van lewe voldoende voeding, liefde en sorg kry, kan hulle gesonde volwassenes wees. As van hierdie boustene nie daar is nie, beïnvloed dit hulle groei, ontwikkeling, en hulle welstand as volwassenes.
Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand onderneem verskeie inisiatiewe om kinders se welstand te bevorder deur te fokus op die eerste 1 000 dae van hul lewe.
As deel hiervan, doen gesondheidswerkers opvoeding oor gesinsbeplanning en gee hulle ondersteuning tydens en ná swangerskap sodat ma en baba so gesond as moontlik bly. Uitsluitlike voeding met borsmelk word sterk aangemoedig vir babas tussen nul en ses maande.
Babas se groei en ontwikkeling word gemonitor by klinieke en tydens uitreike in gemeenskappe.
Jong kinders kry gratis immunisering om hulle gesondheid te beskerm en hulle te help groei. Personeel prioritiseer sorg aan jong
OVK sluit ooreenkoms teen fopnuus met Google, Meta en kie
DIE verkiesingskommissie (OVK) het onlangs ‘n ooreenkoms bereik met tegnologie- en sosialemedia-ondernemings soos Google, TikTok en Meta (wat onder meer Facebook, Instagram en Whatsapp bestuur) om fopnuus voor volgende jaar se algemene verkiesing hok te slaan.
Die organisasie sonder winsbejag Media Monitoring Africa (MMA) neem ook deel aan die ooreenkoms. Die OVK het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die partye ‘n ooreenkoms onderteken oor ‘n raamwerk vir samewerking om verkeerde inligting en ander “digitale skadelikheid” teen te werk. Hoewel die OVK in die twee vorige algemene verkiesings met sosialemediaplatforms saamgewerk het, is dit die eerste keer wat so ‘n ooreenkoms onderteken word.
Die ooreenkoms versterk volgens die OVK onder meer samewerking in die verkiesingstydperk.
As die “opbloei” van waninliting op sosiale media oor die laaste jare nie in toom gehou word nie, kan dit volgens die OVK geloofwaardige verkiesings ondermyn.
Die ooreenkoms stel ook ondertekenaars in staat om met die OVK en MMA saam te werk aan inisiatiewe soos Real411.org (‘n platform vir klagtes) en Padre.org.za (‘n deursigtige bewaarplek van politieke advertensies). Nadat ‘n klag oor waninligting oorweeg is, sal die kommissie die relevante aanlyn platvorm daarvan in kennis stel.
Van die betrokke platvorm word verwag om ontvangs van die kennisgewing te erken en dit spoedig te verwerk.
Volgens die OVK kan platvorms in ooreenstemming met hul eie beleid besluit om die inhoud te verwyder. Of om ‘n kennisgewing by die inskrywing te plaas. Volgens die OVK sal Real411-klagtes oor waninligting deur ‘n paneel van kundiges, insluitend kenners van mediareg, oorweeg word.
Hulle sal aanbevelings aan die kommissie doen oor moontlike verdere optrede. Hierdie optrede kan insluit die verwysing van die kwessie na die kieshof of om mediaverklarings uit te reik om die publiek in kennis te stel en verkeerde inligting reg te stel.
Volgens die OVK het sosialemediavennote die raamwerk geloof en verbintenis herhaal om in hierdie inisiatief met die OVK saam te werk.
“Die vennote het benadruk dat hulle die beleid en meganismes het om waninligting teen te werk en daarmee sal volhou om dit te gebruik as ‘n bydrae tot die kollektiewe poging om valshede uit te wis”.
kinders wat na klinieke of die hospitaal gebring word, en kinders wie bykomende voeding nodig het, word vroeg geïdentifiseer en begin op ‘n spesiale voedingsprogram.
Ten spyte hiervan, is daar steeds kinders wat aan wanvoeding ly en gehospitaliseer moet word, sê dr. Jani Fouché van Ceres hospitaal. Hierdie kinders is baie siek en word vir een tot ses weke gehospitaliseer.
Kinders wie ontslaan word, het ekstra ondersteuning nodig om aan te sterk en daarom begin Ceres hospitaal die Vat 5-projek.
Dr. Fouché vra dat die gemeenskap kositems soos mieliemeel, eiers, grondboontjiebotter, olie en warm klere (vir kinders vyf jaar en jonger) skenk sodat elke kind wat ontslaan word nadat hulle gehospitaliseer is weens wanvoeding, ‘n pakkie het om hulle te help
Hail damage brings together producers and retailers
AFTER a decade of little hail damage in the fruit producing areas of Ceres and Langkloof in the Western Cape, the same cannot be said for the past year.
Hail hit the apple orchards multiple times affecting all apple varieties over the last twelve months, most notably in November 2022 and again in February 2023. Because of this, Dutoit and Good Hope Fruit have partnered on a campaign with Pick n Pay to promote the merits of cosmetically blemished produce.
This Hail to Heroes campaign was born from a need to decrease food waste and ensure consistency of apple supplies in Pick n Pay stores.
Apples have the ability to repair themselves after suffering superficial indentation caused by the impact of a hard piece of ice. According to Jaco Jordaan, Technical Manager at Good Hope Fruit, hail generally only causes cosmetic damage. “The fruit quality and taste of these apples remain perfectly intact, with the exact same nutritional value and delicious taste as those that are not damaged,” he says. “While our human scars do not define us, the natural scars from hail do not define what lies beneath the skin of the fruit.
Daar bestaan huidig ‘n opwindende geleentheid in die produksie-afdeling van Dutoit Agri Wes-Kaap. Dié posisie is op Kromfontein landgoed in die Koue Bokkeveld geleë.
PRODUKSIEBESTUURDER
Groente
Ons benodig ‘n bedrewe bestuurder om die Bestuurspan van Kromfontein te versterk. Die posbekleër sal aan die Senior Groentebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir • Kontrole en toesig oor alle produksie-aktiwiteite wat insluit, onder andere, plant, besproeiing, bemesting, oesbeskerming, ens. • Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid en • verwante administrasie.
Die suksesvolle kandidaat beskik oor • minstens 3 tot 5 jaar goeie ondervinding van die verbouing van groente (aartappels en uie) op groot skaal • bogemiddelde rekenaarvaardighede • bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede • die vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer • ondergeskiktes te motiveer en • produktiwiteit te verbeter.
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket, wat behuising en lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV so gou doenlik na recruitment@dutoit.com Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar nie later as 1 Oktober 2023 wees nie.
aansterk. “Dit sal kinders help om vir die eerste maand nadat hulle ontslaan is, die belangrikste voedingstowwe te kry,” sê dr. Fouché. Warm klere is ook belangrik, omdat kinders wie wanvoeding het se velle baie dun word. Dit lei daartoe dat hulle vinniger ontwater en dat hulle makliker hitte verloor.
Volgens die 2020 verslag van Kinderarmoede in Suid-Afrika (uitgereik deur Statistiek S.A.) word 6 uit 10 kinders in verskeie opsigte deur armoede geraak. Die verslag dui aan dat 57,9% van kinders se ontwikkeling geraak word, en 54,4% se gesondheid.
Word nou deel van die Vat 5-projek!
Skakel dr. Fouché by (023) 316-9600 of Jani.Fouche@westerncape.gov.za
The wonderful eating experience remains intact - nutritious and delicious, just the same as our wholesome spirits as humans,” says Linde du Toit, Head of Technical at Dutoit.
The challenge is that when consumers buy fresh produce, they tend to buy with their eyes. An incorrect perception exists that only perfect looking fruit will be delicious and nutritious.
The truth when it comes to hail damaged fruit is that, although there might be a blemish or slight bruising on the skin, the inside of the apple is unaffected. Unlike fruit that is rotten or moldy, hail damaged produce has prominent scar tissue which means the fruit has been able to heal itself.
Given the increasing electricity, cooling and packing costs, the Fruit industry cannot afford further losses, especially when these hail damaged apples are crunchy, juicy and full of flavour.
Hail to Heroes
Hail to Heroes also creates jobs up and down the supply chain, positively impacts the economy and uplifts the local communities.
Hail to Heroes not only honours the fruit that braved the storm and reached the retailer’s shelves, but also the farmers and farm workers who have continued to nurture the fruit.
Thank you to Pick ‘n Pay, for stepping up to sell unique looking apples that are perfectly nutritious and delicious.
Let’s show our love for the fruit that braved the storm, and Hail to the Heroes that feed our nation by looking out for specific Hail to Hero stickers attached to selected bags of apples in Pick n Pay stores.
Available in store from 26 July 2023, each sticker also has a code that consumers can use to access more information.
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021
info@witzenbergherald.com
066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Glenville Vivian James Davids
Kry plaaslike, professionele hulp met jou bouprojek
Rudolf Perold
Architect Urbanist
PRINCE ALFRED HAMLET Vind ons op Google en Instagram, of skakel 084 484 4484
Boland Roll on Lawn
2006/03/28 - 2023/07/13
Begrafnisdiens: Sat. 22 Julie 2023
Huis: 09:00, La Rochelle, PA Hamlet Kerk 10:00, Christian Mission, Bella Vista Graf: Bella Vista
081-742-6706
n/u: 082-5753-181
DIANA
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS
“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Benjamin Harold (Bennie) Petersen
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
1948/07/21 - 2019/04/30
We celebrate this special day with so many beautiful memories. Your place is empty, your voice is still but with love in our hearts we will always treasure all you have done. We honour you as being the best father God could ever have blessed us with. Happy birthday in Heaven, Dad. Love always. Your wife, sons and grandchildren
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021
w.t.o.
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274
•Financial assistance
•Bring back lost lovers
•Court and divorce cases
•Pay after job is done 078-283-7310
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
What to do when you reach a roadblock in business
WE‘ve all been there! Everything in our business runs like clockwork, then, unexpectedly (or not) a challenge surfaces that either brings our operations to a grinding halt or has the potential to disrupt operations.
It is said that ignorance is bliss. In business you will pay a price should you choose to ignore a challenge. Most challenges do not disappear in the void if left unattended. Roadblocks come in different guises. Here are a couple of examples:
- There is a new industry trend which can potentially impact my business
- A shareholder, business partner or key staff member dies or becomes permanently disabled
- A key staff member resigns
- Unreasonable client expectations
- My business model does not work - it leads to a cash shortfall and a lack of profitability
- I find myself in murky waters due to dubious actions of business associates or partners
- Technological advancements necessitate me to respond accordingly to update the IT infrastructure of my business - I procrastinate
- Client complaints are on the rise - for unknown reasons we are not meeting our delivery deadlines
- I realise that we have not hired the right people for the job in hand
- The current delivery capacity of the business is restraint - we need to scale
- The attitude of our staff is not conducive to uphold the culture which we want to exalt in our business
There are more potential roadblocks which we can be faced with. The question is, how do we respond to face and address these roadblocks?
A process perspective can include the following steps as a consideration:
1. Identify and verbalise the roadblock
2. Assess the roadblock - see it for what it is
3. Decide what the options are to resolve it or turn it around in an opportunity
4. Acquire external advice/guidance (if needed)
5. Decide which is the best response
6. Action the response
7. Measure the outcomes - if it did not meet the outcome expectations you need to revert to point three and repeat the process
It is productive to pro-actively put measures in place to avoid roadblocks as a whole or at least have an early warning system in place to address it before it becomes as challenge.
Here are four building blocks which can stand you in good stead to manage the occurrence of roadblocks in the business:
GRAGRA GRAGRA GRATISTIS TISTIS TIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
AND FRAMES
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
083-227-6476
Select LAUNDRY
Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
- Make sure your contracts and agreements are clearly defined to the benefit of all parties involved
- Document all the core business processes and review them regularly. This will help you to identify shortcomings which can be addressed immediately
- Continuously check the key business metrics of the business
- “Live close” to your staff, salespeople, clients and key stakeholders
- this will enable you to pick challenges up as they arise
To own and operate a business is not for the faint hearted Jannie Rossouw will facilitate a business workshop on August 15 at the Dutoit conference room.
Het jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem?
Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003
Reëls:
•Slegs items met ‘n prys onder R1 000
•Slegs EEN item per Whatsapp
•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie
•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
YOUNG Eagles rugbyklub op P.A. Hamlet wil rugbyliefhebbers bedank wat uitreik na hul klub. Die bestuur bedank verskillende borge (wat anoniem wil bly) vir die twee stelle rugbytruie. “Dit is ‘n riem onder die hart - ons is dankbaar vir die ondersteuning. Mag jul besighede net goed doen in die toekoms”.
Koos Persens behaal driekuns
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 15 Julie op Britstown gelos. Koos Persens het ‘n driekuns behaal in die Ceres Federasie jaaroud afdeling en Nathan Jacobs het die ope afdeling gewen. Saterdag 22 Julie verskuif die wedvlugte weer na Leeu Gamka wat ‘n kortpad wedvlug is.
CPHS Jaaroud
1. Mauritius Lofts - 1133.212mpm
2. Jacobus Kupido - 1084.189mpm
3. Jacobus Kupido - 1080.695mpm
4. Mauritius Lofts - 1070.929mpm
5. Cyril en Anne Davids - 989.162mpm
Ope
1. Team Koopman - 1193.916mpm
2. Team Koopman - 1153.185mpm
3. Team Koopman - 1141.927mpm
4. Team Koopman - 1138.706mpm
5. Clarence van Wyk - 1131.653mpm
BHPS Jaaroud
1. M. Pieterse - 1190.510mpm
2. E. Arries - 1171.527mpm
3. C. Vergotine - 1153.284mpm
4. E. Arries - 1149.084mpm
5. M. Pieterse - 1133.758mpm
Ope
1. E. Arries - 1199.016mpm
2. N. Smith - 1153.172mpm
3. M. Pieterse - 1152.306mpm
4. L. Koopman - 1149.180mpm
5. L. Koopman - 1139.713mpm
CPS Jaaroud
1. Blue Mountain Loft - 1263.977mpm
2. Blue Mountain Loft - 1211.703mpm
3. Blue Mountain Loft - 1204.635mpm
4. N. Jacobs - 1172.920mpm
5. E. Loft - 1159.954mpm
TWEE netbalspelers van Charlie Hofmeyr, Lané Giliomee (links) en Miché Mars het die afgelope skoolvakansie aan die Telkom junior netbal kampioenskappe in Kaapstad deelgeneem. Hulle het altesaam 9-10 wedstryde gespeel. Die Oaks (Lané se netbalspan) het vyfde uit 17 spanne geëindig en Miché se Cedars-span het agtste uit 17 spanne geëindig.
FAGHAN Swartbooi van Charlie Hofmeyr, was deel van die DCAS Wes Kaap o/15 rugbyspan wat van 2 tot 7 Julie aan ‘n toernooi in Johannesburg deelgeneem het.
UITSLAE: Wes-Kaap klop Oos-Kaap 19-0, Wes-Kaap klop Limpopo 56-0, Wes-Kaap klop Vrystaat 35-0, Wes-Kaap klop Gauteng 29-0 en Wes-Kaap klop Noord-Wes 27-10. Wes-Kaap klop KZN in die finaal met 10-5.
Ope
1. N. Jacobs - 1248.874mpm
2. C. Mars - 1247.056mpm
3. M. & M. Koopman - 1205.686mpm
4. C. Mars - 1198.076mpm
5. Meyer en Van Wyk - 1167.624mpm
(Geen ander duiweklub het die week uitslae ingestuur nie).
MONITEERDER/ECLOSION BEAMPTE: FRUITFLY AFRICA (Witzenberg)
FruitFly Africa, ‘n maatskappy wat spesialiseer in area wye geïntegreerde plaagbeheer van vrugtevlieë, het ‘n vakature vir ‘n moniteerder/eclosion beampte in die Ceres/ Witzenberg area beskikbaar. Die suksesvolle kandidaat sal aan die area koördineerder rapporteer en sal verantwoordelik wees vir monitering van verskeie insekte en peste. Die ideale kandidaat vir hierdie posisie sal ‘n energieke, selfstandige individu wees wat betroubaar en lojaal is en noukeurig dog teen ‘n redelike tempo kan werk. Verantwoordelikhede:
•Lokval monitering, insluitend uithaal en uithang van lokvalle, gereelde monitering van lokvalle en alle pligte wat daarmee gepaard gaan.
•Identifisering van insekte asook insameling en vaslegging van data.
•Insameling van ander data, onder andere hektaar opnames, spat kaarte, gasheer plante, lokval data ens.
•Vervoer en loslating van steriele insekte.
•Veldoperasies: grondloslatings, grondspatte, sanitasie en higiëne.
TWEE hokkiespelers van Charlie Hofmeyr, Jaylynne Titus en Demi Theunissen, het vanaf 25-30 Junie aan die o/18 nasionale hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem waar hulle vir Boland B verteenwoordig het. Boland het vyfde geeïndig uit 12 spanne. FOTO REGS: Gracie Adams het die skoolvakansie aan ‘n hokkietoernooi deelgeneem waar sy vir die o/14 A-span gespeel het. Haar span het eerste geëindig en goue medaljes verower.
•Vroegtydige identifisering en aanmelding van potensiële “hotspots” op plase en dorp.
•Eclosion: verpak papies; rapporteer afwykings; vervoer vlieë, assisteer lugoperateurs.
•Deurlopende skakeling met produsente en bou van verhoudings.
•Die bywoon van beplanningsvergaderings.
•Algemene dag tot dag take, insluitend skoonmaak en onderhoud van geboue, voertuie en gronde wat deur FruitFLy Africa gebruik word in die area.
•Addisionele take wat bydraend tot die effektiewe werking van die organisasie is.
Vereistes:
•Graad 12 met ondervinding in landbou aktiwiteite.
•Goeie beplanning en organiseringsvaardighede.
•Goeie administratiewe vaardighede.
•Uitstekende interpersoonlike vaardighede.
•Goeie vlak van fiksheid (buitelug aktiwiteite).
•Moet aanspreeklikheid en verantwoordelikheid kan aanvaar.
•Betroubaar en lojaal.
•Aanpaspaar met die vermoë om aandag aan fyner besonderhede te gee.
•Geldige bestuurderslisensie.
TWEE netbalspelers van Charlie Hofmeyr het die skoolvakansie vir die Wynlandspan gespeel. Jamey-Ruth Swartz (links) het vir die o/14 Kaapse Wynlandspan gespeel. Die span ‘n goue medalje verower. Talia van der Berg (regs) speel vir die Kaapse Wynland o/17 span wat ‘n brons medaljé verower het. FOTO REGS: Elizabeth Goosen het in Boksburg aan die SA-SN netbaltoernooi deelgeneem. Sy was lid en kaptein van die o/14 Wes-Kaap Oakes net-balspan. Hulle het teen al die provinsies gespeel en derde geëindig uit 19 spanne.
•Gefokus op kliëntediens.
Stuur asseblief CV aan : eloise@fruitfly.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Julie 2023
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
Adriaan verbeter tweede rekord in paar maande
ADRIAAN Wildschutt, oud Ceresiet, het vanjaar sy tweede Suid-Afrikaanse rekord laat spat. Hierdie keer was dit die SA 5000 meter rekord wat na 7 jaar in die slag gebly het. Adriaan het in Heusden-Zolder, Belgium, ‘n nuwe rekordtyd van 13:02.46 opgestel. Dit is skaars ‘n paar maande nadat hy die SA rekord in die 10 000 meter wat vir 24 jaar gestaan het, gebreek het. Met die laaste rekordpoging het hy ‘n geleentheid verdien om aan die Wêreld atletiekkampioenskappe sowel as die 2024 Olimpiese spele in Parys, Frankryk, te gaan deelneem.
VIER
en Glen-Will Tromp, het aan die o/16 Grant Khomo rugbyweek deelgeneem. Boland speel die eerste dag teen WP in die hoofwedstryd en verloor 41-12. In die tweede wedstryd speel hulle teen die Luiperds en wen 30-25. Boland verloor hul derde wedstryd teen die OP naelskraap met 13-15. Boland eindig sewende uit 22 spanne. * Gerhard Goosen is aangewys as Boland se speler van die toernooi. FOTO LINKS: Marcus Nasson het aan die interprovinsiale hokkietoernooi deelgeneem. Boland se Bspan het vierde uit 12 spanne geëindig.
Bella Vista begin stadig
BELLA Vista rugbyklub het Saterdag in hul wedstryd teen Hillcrest, so stadig soos ‘n ou stoomlokomotief weggetrek voordat hulle ‘n agterstand uitgewis en die wedstryd met 39-31 gewen het.
Hillcrest United het vroeg die pap dik aangemaak en hul agterspelers het gereeld Bella Vista se verdedigingslyn gebreek. Die tuisspan teken drie drieë in die bestek van 10 minute aan om rustyd gemakliklik en welverdiend met 24-12 voor te loop. Kort na die afskop vir die tweede helfte, teken Hillcrest nog ‘n drie aan om met 31-12 voor te loop.
Kort hierna wys Bella Vista se spelers ongelooflike karakter en begin hul terugveg poging in alle erns. Hul agttal neem beheer oor en dryf Hillcrest meters ver oor die veld. Hul skrumwerk verbeter en daar is geen keer aan dié agttal nie. In die laaste 20 minute druk Bella
Vista vier drieë om met 39-31 te wen. Bella Vista se voorspelers moet uitgesonder word vir hul inklimspel. Cameron Hufke, Westley Jonkers, Francois Adam, Selwyn Jafta en Chesvill Muller (2) het Bella Vista se drieë gedruk. Hufke was in die kol met drie doelskoppe en een strafskop. Die naweek speel Bella Vista gasheer vir Wellington rugbyklub.
Ander uitslae
Witsentraal Groot Uitdaagreeks: Delicious klop Hamlet 26-20, Newtons klop Wolseley 16-11 en Young Blues wen Mriacles 56-12.
Streek Uitdaagreeks: Ceres klop Paardekloof met 46-28, Tulbagh klop Young Good Hopes met 40-19, Pumas 19-18 baas teen Lovedale, Vastrap wen 18-11 teen Lindeshof, Young Westlyans klop Op-die-Berg 1812 en La Plaisant wen 28-0 teen Red Roses.
Simon wen kompetisie, putjiespel-inskrywings oop
SIMON Molaza het Saterdag 15 Julie se klubkompetisie met 37 punte gewen.
Jodey Kayer was in die tweede plek met 35 punte gevolg deur Rossouw van Zyl en Mossie Botha, ook met 35 punte. Glenny Nasson was in die vyfde plek met 34 punte. Maand kompetisies Op 29 Julie begin die tweede Rubberroofreeks en duur dit tot 2 September
Putjiespelkompetisie
Ceres gholfklub doen ‘n beroep op spelers om in te skryf vir die 2023 dubbels putjiespel-kompetisie. Die enkel putjiespel sal later vanjaar aangebied word. Koste beloop R220 per speler. Die sluitingsdatum is 31 Julie en die kompetisie begin op 5 Augustus Inskrywings kan by die klub of via 084-5876-332 gedoen word.