Witzenberg Herald Vol.24 no.27 (Aanlyn Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 27

R7.50

Friday, July 16, 2021

Since 1997

CERES (023) 312-2144

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 Julie

Vrydag 16 Julie

Saterdag 17 Julie

3° 19°

0° 16°

Sondag 18 Julie

2° 19°

5° 23°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

80%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) ☎ (023) 004-1338 or 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za

Lesing: 2021/07/14

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Drie beroof winkel Voetganger raakgery ‘n Voetganger (10) is beseer toe die bestuurder van ‘n Ford Laser haar getref het. Volgens die polisie het die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor en vir Dalene Mankopan op die hoek van Grens- en Langstraat in Bella Vista getref.

DIT was die afgelope week betreklik stil op die plaaslike misdaadfront. Drie gewapende mans met COVID-19 maskers op, het Maandagaand omstreeks 17:50 die Usave in Nduli van kontant beroof. Hulle het die bestuurder, Aviwe Mpila (26), oorval en van nagenoeg R12 000 beroof. Die drie verdagtes het daarna in ‘n blou VW Polo gevlug. Indien daar inwoners is wat die voertuig gesien het of ‘n registrasienommer afgeskryf het, kan hulle vir s/sers. John Baron skakel by (023) 316-8500. Die polisie het ook vingerafdrukke gekry en volg leidrade op.

Mankopan is na Ceres provinsiale hospitaal geneem voordat sy met ‘n gebreekte enkel na Worcester hospitaal oorgeplaas is. Sy is Maandag 12 Julie uit die hospitaal ontslaan. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.

WELKOME reën het van Sondag tot Dinsdagoggend in die Witzenbergstreek uitgesak. Lekker sneeu het ook Maandag begin val en Matroosberg en Bo-Swaarmoed met ‘n sneeukombers bedek. Talle Kaapse voertuie het Dinsdag vroegoggend die dorp ingery om na die sneeu te kom kyk. Die afgelope drie dae is 40.4 mm in die Warm Bokkeveld (wat Ceres insluit) gemeet en 47.9 mm in die Koue Bokkeveld. Vir Juliemaand het Hortec sover 156.1 mm in die Koue Bokkeveld gemeet en 128.1 mm in die Warm Bokkeveld. Die jaar se reënval staan tans op 540.8 mm. * Die Ceres Koekedouwdam is tans 80% vol. * Plaaslik inwoners het ook nie op hulle laat wag nie en Dinsdag die mooiweerstoestande gebruik om na Matroosberg en Bo-Swaarmoed uit te ry. Hier is Frankens: Kristen, die tweeling Joha en Enya en Herman Franken afgeneem in die sneeu. Op die foto regs tel Melina Dumas ‘n klomp sneeu op tydens hul gesin se uitstappie na Matroosberg.

ONLY AVAILABLE AT CERES SUPERSPAR FROM 15 - 18 JULY 2021 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. (023) 316-2226 CERES SUPERSPAR Ma - So 07:00 - 19:00

Chicken Breyani & Beetroot Salad

Bokomo Weetbix 450g

3

SERVING SUGGESTION Bulk Matured Rump steak

119

Bulk Pork Neck steaks

99 p/kg

7999

99

89

99 p/kg

Bulk Beef Oxtail

79

99 p/kg

Nutripick Crushed Garlic Tubs 250g

1999 each

Tomato Bag 1kg

1499 each

5999 p/kg

Spar IQF 2kg Chicken

p/kg

p/meal

2

Party Wheel

19

each

Baby Cakes Vanilla or Chocolate

29

99 each

Spar UHT Milk Full Cream, Low Fat or Fat Free 1L

1499 each

Sunlight 2in1 Auto Washing Powder 2kg or Auto Liquid 1.5L

699 each

Cocktail Snowball

Tastic Parboiled Rice 2kg

5 FOR

2000

4299 each

28 99 26 99

99

p/kg

Bulk Ouma’s Boerewors

1999

Spar Bulk Cheddar or Gouda

99

22 99 19 99

Jacobs Krônung Jar 200g or Economy Pack 230g

Knorr Soup Packs (Incl. Tasty) 50g

COMBO

Sasko Wheat Flour 2.5kg

1999 each

3999 each

Five Roses Tagless Tea bags 100’s

5

89 99 84 99

5999 HOUSEHOLD CLEANING KIT (Handy Andy, Sulight Liquid and Domestos 750ml) WITH FREE BASKET


2

WITZENBERG HERALD

Twee oudinwoners sterf BETTIE Botha (58), oudinwoner van Ceres, is onlangs in die Cape Gate hospitaal oorlede aan COVID-19 verwante komplikasies. Bettie (links) se gedenkdiens het verlede Vrydagoggend vanuit die Ceresvallei NG gemeente plaasgevind. Bettie en haar man, Gerhard, het van 1992 tot 2013, op Ceres gewoon. Ten tye van haar dood het hulle op Swellendam gebly. Johan Conradie (73), oudinwoner van Ceres en jare lank werksaam by Sanlam, is op 6 Julie oorlede. Johan (foto regs) en sy vrou, Siska, het hulle in 1983 op Ceres kom vestig. Na 20 jaar op die dorp, het hulle in 2003 op Onrusrivier gaan aftree. Johan is aan COVID19 komplikasies oorlede. Sy gedenkdiens is onbepaald uitgestel aangesien Siska ook in die Hermanus MediClinic behandel word vir COVID-19 komplikasies.

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T74795/98 passed by: WITZENBERG MUNICIPALITY in favour of: MAGRIETA JOHANNA MALAN in respect of certain: Erf 1206, GOUDA, in the Tulbagh Municipality, Division Tulbagh, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice. DATED at TULBAGH on 9 JULY 2021 APPLICANT: MAGRIETA JOHANNA MALAN c/o Johan Bezuidenhout Attorney 15 Van der Stel Street, Tulbagh, 6820 E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 230-1050/1

Friday, July 16, 2021

Registrasie uitgestel DIE registrasie vir die munisipale verkiesings is weens die COVID-19 pandemie uitgestel. Die registrasie sou die naweek van 17 en 18 Julie plaasgevind het maar is weens die derde vlaag, met twee weke uitgestel. Die verkiesingskommissie (OVK) het dié aankondiging verlede Woensdagaand gedoen. Die OVK het nou besluit dat kiesers op 31 Julie en 1 Augustus vir die munisipale ver-kiesing kan registreer. Dikgang Moseneke, voormalige adjunkregter, is namens die OVK besig om vas te stel of dit wenslik sal wees om te midde van die pandemie, ‘n vry en regverdige verkiesing te hou.

SSB stel ekstra maatreëls in nadat vrugtemoes op pad val ANDRé Brink van SSB Transport het die week die onderstaande verklaring uitgereik nadat verskeie voertuie op 17 Junie in Michellspas, op vrugtemoes gegly het wat van hul vragmotors afgeval het. “SSB Vervoer lewer ‘n kritieke diens aan die Witzenberggemeenskap, deurdat SSB Vervoer op ‘n verantwoordelike wyse, ongeveer 30 000 ton vrugtemoes jaarliks verwyder vanaf die CFP vrugteprosesseringsaanleg. Sonder hierdie diens sal die aanleg nie, soos huidiglik die geval is, in staat wees om 24 uur per dag, 7 dae van die week in bedryf te wees nie. Dit behoort dus duidelik te wees dat die diens wat SSB Vervoer in hierdie verband verskaf, ‘n beduidende ekonomiese voordeel vir die Witzenbergstreek inhou”. Brink sê voorts dat SSB Vervoer verskeie veiligheidsprotokolle in plek het om te verhoed dat vrugtemoes op die padoppervlak beland. “In die onwaarskynlike geval dat dit wel gebeur, (soos op 17 Junie 2021 in die Michellspas), word alles so gou as moontlik gedoen om die moes van die padoppervlak te verwyder en die veiligheid van ander padverbruikers te verseker”. “Die protokol is dat die vragmotorbestuurder die voorval onmiddellik aanmeld by die brandweer op Ceres. Die brandweer, op hulle beurt, lig die verkeersdeparte-

ment in en hulle sorg verder vir die verkeersreëlings en die opruiming van die gestorte moes vanaf die padoppervlak. Dan stuur SSB Vervoer ook sy eie span uit om weer seker te maak dat die pad skoon is”. “Uit die aard van die saak is dit van besondere belang vir SSB Vervoer as ‘n verantwoordelike vervoerkontrakteur, dat alle vragte met veiligheid vervoer word en dat daar sover prakties moontlik geen gevaar vir ander padverbruikers geskep word voortspruitend uit sodanige vervoer nie”. Sedert die storting van vrugtemoes op 17 Junie in Michellspas, het SSB Vervoer verdere bykomende veiligheidsmaatreëls in plek gestel. “Voortaan mag vragmotors van SSB Vervoer wat vrugtemoes vervoer, nie vinniger as 30km per uur deur Michellspas ry nie, (voorheen was dit 60 km/h)". "Alle sleepwaens of treilers is nou toegerus met seile en alle vragte vrugtemoes sal voortaan met die seile be-dek word voordat die vragmotors die CFP-aanleg verlaat. Die vragmotors en treilers se buffers en modderskerms sal ook skoongemaak word voordat die perseel verlaat word ten einde te verseker dat daar geen vrugtemoes op die padoppervlak kan beland nie”.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, July 16, 2021

Tref-en-trapsaak na streekhof MEER as 18 maande nadat ‘n jong vrou op Ceres doodgery is, het die motorbestuurder se verhoor in die tref-en-trapsaak, nog nie begin nie.

Die saak is nou na die Ceres streekhof oorgeplaas. Jan Justin du Toit (27) van Bella Vista, het na bewering die jong vrou van Tulbagh in Februarie 2020 in Voortrekkerstraat doodgery. Hy het in die Ceres hof verskyn op aanklagte van manslag asook dronkbestuur. Die dronkbestuurklag hou verband met ‘n voorval op 8 Mei 2018. Du Toit is tans uit op waarskuwing en moet weer op 16 Julie in die hof verskyn. Agtergrond Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie 2020 in die vroeë oggendure oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.

Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou aan Engen se kant gestop het. Sy het uit die geparkeerde bakkie geklim, langs die voertuig gestaan en gekyk na die verkeerslig se kant. Sy het skaars ‘n paar treë gestap na Shell toe sy 'n voertuig hoor aankom. Sy het probeer terughardloop maar is deur die voertuig wat baie vinnig gejaag het, getref en meters ver teen ‘n boom geslinger. Die tref-en-trap het omstreeks 01:41 tydens beurtkrag plaasgevind. Du Toit en sy passasier het van die toneel weggejaag. Hy het homself later aan die polisie oorgegee. Du Toit het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Verdere klagtes soos die gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming en nie stop by ongelukstoneel om besering of skade vas te stel, kan nog bygevoeg word.

Drie verkragters weer September in streekhof DRIE mans van Tulbagh wat aangekla word van die verkragting van ‘n 12-jarige meisie, se verhoor gaan Septembermaand in die streekhof begin. Die drie verdagtes, tussen 30 en 32 jaar oud, is einde September 2020 deur die Tulbagh polisie gearresteer. Die drie mans, wat eers geïdentifiseer mag word as hulle in September gepleit het, moet nou op 29 September in die Tulbagh streekhof verskyn wanneer hulle verhoor begin. Hulle bly in aanhouding.

Die voorval het Vrydag 25 September 2020 na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop. Hulle is deur drie verdagtes agtervolg en later die bosse ingesleep. Die 14-jarige kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Die verdagtes is Saterdag 26 September 2020 op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle gewoon het.

Borgaansoek duur voort DIE polisie se ondersoek na twee huisrooftogte buite Tulbagh duur voort. Een verdagte is al vasgetrek en vier is nog soek. Die 31-jarige Charles Mafunga is gearresteer en het al ‘n paar keer vir ‘n borgaansoek in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is na Maandag 19 Julie uitgestel wanneer die borgaansoek voortgesit sal word. Mafunga verskyn op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, besit van ammunisie en die besit van ‘n onwettige vuurwapen. Agtergrond Vier verdagtes het Donderdag 17 Junie omstreeks 20:00 ‘n gesin op die plaas Sneeusig buite Tulbagh oorval en beroof. Die gesin, ‘n man, sy vrou en hul seun is net na 20:00 oorval in hul huis. Die mans was gewapen met ‘n vuurwapen en messe en het die huis binnegekom en sonder waarskuwing twee skote op die man geskiet. Die gesin is later vasgebind voordat die mans gevlug het. Niemand is in dié voorval beseer nie. Paarl SAPD en plaaswaglede het dieselfde aand ‘n Chevrolet-motor afgetrek waar hulle ‘n deursoekpunt vir motors op die R45 beman het. Hulle het Mafunga gearresteer nadat die ander vier insittendes uitgespring en weggehardloop het. Die polisie het beslag gelê op klapmusse, handskoene, ‘n pistool met magasyn en patrone asook elektroniese toerusting en die motor. Daar is later vasgestel dat die items vroeër op Sneeusig gesteel is. Tweede voorval Die Sneeusig-huisrooftog volg skaars 10 dae nadat vier gemaskerde mans ‘n gesin

op die plaas Duikersdrift oorval en beroof het. Die gesin van vier en ‘n personeellid is Maandag 7 Junie omstreeks 20:20 oorval en vasgebind. Die mans was met messe en ‘n pistool gewapen en het geld en vuurwapens geëis. Hulle het omstreeks 22:30 te voet met skootrekenaars, selfone, kontant en juweliersware gevlug.

DIE week van 5-11 Julie het Wes-Kaap provinsiale verkeersbeamptes 144 padblokkades asook verskeie voertuig deursoekingspunte beman waar 24 925 voertuie gestop en deursoek is. Meer as 260 bestuurders is weens spoedoortredings vasgetrek en 3 860 boetes ter waarde van R3 568 750 is uitgereik. Ses voertuie is geskut en 49 was onpadwaardig. In sewe ongelukke is nege mense dood - 5 voetgangers, twee bestuurders, 1een fietsryer en een passasier.

OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘n VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 28 JULIE 2021 In terme van Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) word hiermee kennis gegee van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum

Tyd

Plek

Besonderhede

Woensdag, 28 Julie 2021

09:00

Virtuele vergadering

Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF A MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 28 JULY 2021

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date

Time

Venue

Particulars

Wednesday, 28 July 2021

09:00

Virtual meeting

Council meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3


4

WITZENBERG HERALD

Vlak 4 verleng

Shiraz Challenge

Witzenbergstreek blink uit in kompetisie DIE uitblinkers van die 9de jaarlikse Shiraz Challenge is verlede week in die Paarl bekend gemaak. Die geleentheid, aangebied deur kultivarassosiasie Shiraz S.A., moes weens die CV-19 pandemie vanjaar weer die aanlynroete volg om die wenners aan te kondig. Die Witzenbergstreek het twee wenners, Koelfontein Shiraz 2019 en Saronsberg Shiraz 2019, opgelewer. Die alombekende televisiepersoonlikheid, Marciel Hopkins, was die seremoniemeester wat die aanlyn verrigtinge gelei het en Karen Zoid, Suid-Afrika se eie rockster, liedjieskrywer, was die eregas en is die taak opgelê om die wenners aan te kondig. Beide die Koelfontein en Saronsberg wyne is deur Dewaldt Heyns van Tulbagh gemaak. Sedert 2014 is Shiraz-versnitte by die kompetisie ingesluit en vanjaar het die kategorie ‘n merkbare styging in inskrywings getoon.

NOTICE OF BASIC ASSESSMENT AND PUBLIC PARTICIPATION PROCESS PROPOSED SADAWA SUITE PHOTOVOLTAIC SOLAR ENERGY FACILITIES, BATTERY ENERGY STORAGE SYSTEMS, COLLECTOR SUBSTATION AND ASSOCIATED ELECTRICAL GRID INFRASTRUCTURE (EGI) NEAR CERES, WESTERN CAPE PROVINCE Applicant: South Africa Mainstream Renewable Power Developments (Pty) Ltd. Proposed Activity: Establishment four (4) Photovoltaic (PV) Solar Energy facilities (SEF), Battery Energy Storage Systems (BESS), Collector Substation and associated Electrical Grid Infrastructure (EGI) connecting the facilities to the national grid at the existing Eskom 765kV Kappa Substation. Infrastructure associated with the projects will include: Solar Energy Facilities

Electrical Grid Connections

Collector Substation

• Solar PV arrays comprising PV modules & mounting structures; • Inverters and transformers; • Cabling between the project components; • 33kV/132kV On-site substation (IPP portion); • Battery Energy Storage System (BESS); • Site offices and maintenance buildings; • Permanent and temporary laydown areas; • Access roads and internal roads; • Fencing and lighting around the development area; • Lightning protection; • Temporary construction camp and laydown area; • Telecommunication infrastructure; and • Stormwater channels and water pipelines.

• 132kV double- or single-circuit overhead power line; • 132kV on-site substation (Eskom portion); • Buildings associated with the substation; • Temporary and permanent laydown areas; and • Extension of the Eskom Kappa substation including new transformer bays (up to 500MVA); feeders; busbars; within the existing footprint, if required.

• 132kV doubleor singlecircuit overhead power line connecting to Eskom’s Kappa MTS; • 33/132kV Collector substation; • Associated equipment, infrastructure and buildings; and • Temporary & permanent laydown areas as required.

Project Location: Approximately 65km north-east of Ceres along the R365, within the Witzenberg Local Municipality, Cape Winelands District Municipality, Western Cape Province. SADAWA SUITE Sadawa PV Suite (four (4) distinct PV SEF Developments)

Sadawa Grid Suite (four (4) distinct EGI Connection developments)

Projects (100MW respectively)

Property/ies

Projects (132kV respectively)

Waboom PV SEF

• Farm Sadawa 239 (Portion 0) - PV SEF & associated infrastructure (incl. access roads)

Sadawa PV SEF Misgunst PV SEF Breede PV SEF

Savannah Environmental website: https://savannahsa.com/publicdocuments/energy-generation/

Waboom EGI Sadawa EGI Misgunst EGI Breede EGI

Property/ies • Farm Die Brak 241 (Portion 0); • Farm Sadawa 239 (Portion 0); and • Farm Platfontein 240 (Portion 0)

Savannah Environmental website: https://savannahsa.com/publicdocuments/grid-infrastructure/

Collector EGI (including a substation and powerlines) Sadawa Collector EGI (33kV/132kV)

• Farm Sadawa Savannah Environmental website: 239 (Portion 0); https://savannahsa.com/public(collector subdocuments/energy-generation/ station & alternative location) • Farm Platfontein 240 (Portion 0) (grid connection); and • Farm Die Brak 241 (Portion 0) (grid connection)

Basic Assessment Processes: In terms of Sections 24 and 24D of the National Environmental Management Act (No 107 of 1998), as read with Government Notice R324 – R327, as amended, and GN R114 (February 2018), a Basic Assessment is required for each project associated with the Sadawa Suite. Savannah Environmental is undertaking the required basic assessment and public participation processes for these projects. Basic Assessment Reports available for review & comment: The BA Reports for each of the respective projects are available for download, review and comment on the Savannah Environmental website (see applicable link in table above) The 30 day review and comment period of the BA Reports is from Tuesday, 20 July until Friday, 20 August 2021. The final date to submit comments is, Friday, 20 August 2021. To obtain further information & register on the project database, please submit name, contact information and interest in the project to the contact person below Nicolene Venter at Savannah Environmental P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Tel: 011 656 3237 Fax: 086 684 0547 Email: publicprocess@savannahsa.com Website: www.savannahsa.com

Friday, July 16, 2021

DIE Nduli jeug het ook begin om senior inwoners bo 60 jaar te help registreer vir die CV-19 inentings. Die jeug moes aansluit by ‘n WA-groep om te help met bejaarde inwoners wat nie oor nodige tegno-logie beskik nie. Slegs 171 uit nagenoeg 700 inwoners het sover al geregistreer. Hier is Lulamile Wawini, gesondheidsbestuurder by Ceres primêre gesondheidsorg, saam met Andile Gili (regs) van Nduli. NOTICE OF BASIC ASSESSMENT AND PUBLIC PARTICIPATION PROCESS PROPOSED KOLKIES SUITE PHOTOVOLTAIC SOLAR ENERGY FACILITIES, BATTERY ENERGY STORAGE SYSTEMS AND ASSOCIATED ELECTRICAL GRID INFRASTRUCTURE (EGI) NEAR CERES, WESTERN CAPE PROVINCE Applicant: South Africa Mainstream Renewable Power Developments (Pty) Ltd. Proposed Activity: Establishment six (6) Photovoltaic (PV) Solar Energy facilities (SEF), Battery Energy Storage Systems (BESS) and associated Electrical Grid Infrastructure (EGI) connecting the facilities to the national grid at the existing Eskom 765kV Kappa Substation. Infrastructure associated with the projects will include: Solar Energy Facilities

Electrical Grid Connections

• Solar PV arrays comprising PV modules and mounting structures; • Inverters and transformers; • Cabling between the project components; • 33kV/132kV On-site substation (IPP portion); • Battery Energy Storage System (BESS); • Site offices and maintenance buildings; • Permanent and temporary laydown areas; • Access roads and internal roads; • Fencing and lighting around the development area; • Lightning protection; • Temporary construction camp and laydown area; and • Telecommunication infrastructure • Stormwater channels and water pipelines.

• 132kV double- or single-circuit overhead power line; • 132kV on-site substation (Eskom portion); • Buildings associated with the substation; • Temporary and permanent laydown areas; and • Extension of the Eskom Kappa substation including new transformer bays (up to 500MVA); feeders; busbars; within the existing footprint, if required.

Project Location: Approximately 65km north-east of Ceres along the R365, within the Witzenberg Local Municipality, Cape Winelands District Municipality, Western Cape Province. Kolkies PV Suite (six (6) PV Solar Energy Facilities developments) Projects (100MW respectively) Vygie PV SEF Lily PV SEF Kolkies PV SEF Erica PV SEF

Property/ies • Farm Die Brak 241 (Portion 0) PV SEF & associated infrastructure

Kolkies Grid Suite (six (6) EGI Connection developments) Projects (132kV respectively) Vygie EGI Lily EGI Kolkies EGI Erica EGI

Property/ies • Farm Die Brak 241 (Portion 0); • Farm Sadawa 239 (Portion 0); and • Farm Platfontein no. 240 (Portion 0)

Compton PV SEF

Compton EGI

Scholtzbos PV SEF

Scholtzbos EGI

Savannah Environmental website: https://savannahsa.com/publicdocuments/energy-generation/

Savannah Environmental website: https://savannahsa.com/publicdocuments/grid-infrastructure/

Basic Assessment Processes: In terms of Sections 24 and 24D of the National Environmental Management Act (No 107 of 1998), as read with Government Notice R324 – R327, as amended, and GN R114 (February 2018), a Basic Assessment is required for each project associated with the Kolkies Suite. Savannah Environmental is undertaking the required basic assessment and public participation processes for these projects. Basic Assessment Reports available for review & comment: The BA Reports for each of the respective projects are available for download, review and comment on the Savannah Environmental website (see applicable link in table above) The 30 day review and comment period of the BA Reports is from Tuesday, 20 July until Friday, 20 August 2021. The final date to submit comments is, Friday, 20 August 2021. To obtain further information & register on the project database, please submit name, contact information & interest in the project to the contact person below Nicolene Venter at Savannah Environmental P.O. Box 148, Sunninghill, 2157 Tel: 011 656 3237 Fax: 086 684 0547 Email: publicprocess@savannahsa.com Website: www.savannahsa.com

VLAK 4 inperkings is verleng met nog twee weke! Vlak 4 is vir die eerste keer weer op Maandag 28 Junie ingestel om die impak van ‘n derde vlaag van COVID-19, te probeer keer. Die inperkings is Sondag 11 Julie weer met 14 dae verleng. Die voortsetting van vlak 4 inperkings het die drank- en restaurantbedryf asook toerisme byna op hul knieë. Drankwinkels is sedert 28 Junie gesluit. Skole en universiteite is gesluit en sal weer op 26 Julie heropen. Tot dusver het Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite waar entings gebied word, meestal gefokus daarop om mense wat afsprake het, in te ent. Om die uitrol van die entings te bespoedig, sal meer mense wie opdaag sonder registrasie of ‘n afspraak, gehelp word. Gesondheidswerkers sal in die komende weke uitreike doen na gemeenskappe om te verseker dat almal in veral die ouderdomsgroep van 60 jaar en ouer wat geënt wil word, die kans kry. Met een só ‘n inisiatief in die Nduli-omgewing, kon gesondheidswerkers meer as 80 mense help om te registreer en hulle in te ent. Daar is al 618 991 mense, wat gesondheidswerkers en mense bo 50 insluit, al in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. Tans word die hoeveelheid entings wat toegedien word per omgewing aangeteken. In die Witzenbergstreek is 5153 mense van 50 en ouer teen 9 Julie ingeënt en ‘n verdere 280 by die spesiale entingsgeleentheid wat verlede Saterdag by Ceres provinsiale hospitaal, Tulbagh kliniek en P.A. Hamlet kliniek gedoen is. Polisielede asook diegene wat kwalifiseer vir hulle tweede dosis Pfizer inentings, was ook die afgelope week by die hospitaal. Die Nduli jeug het ook begin om senior inwoners bo 60 jaar te help registreer vir die CV19 inentings. Die jeug moes aansluit by ‘n WA-groep om te help met bejaarde inwoners wat nie oor nodige tegnologie beskik nie. Slegs 171 uit nagenoeg 700 inwoners het sover al geregistreer. Jong inwoners kan Gili skakel by 073-625-8563 om by die groep aan te sluit. Registrasies in Bella Vista en Tulbagh is ook baie laag. Positiewe gevalle bly konstant Teen Dinsdag 13 Julie was die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek reeds 110 teenoor 73 van die vorige week. Die week was daar 43 positiewe gevalle op Ceres, 23 positiewe gevalle op Tulbagh en 12 op Wolseley. Die afgelope week is daar een COVID-19 sterfte op Tulbagh aangeteken. Sedert die pandemie begin het is daar 55 35 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 5186 volkome herstel het. Statistieke wys Ceres het die meeste positiewe gevalle aangemeld nl: 1204 gevolg deur Bella Vista met 900, P.A. Hamlet met 765, Wolseley met 626, Tulbagh met 617, Nduli met 443 en Koue Bokkeveld plase met 421. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar die afgelope jaar 87 gevalle aangemeld. Twee honderd nege en dertig (239) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 37, Bella Vista met 36, P.A. Hamlet met 28, Tulbagh met 27 en Nduli met 24. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 13 097 (tot 12 Julie) met 350 561 positiewe gevalle en 307 737 wat al herstel het. Kliniektye Ceres Hospitaal vanaf 31 Mei Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 14:00 P.A. Hamlet kliniek vanaf 7 Junie Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek vanaf 7 Junie Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek vanaf 7 Junie Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek vanaf 7 Junie Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek vanaf 7 Junie Vrydae van 09:00 tot 11:00 Vanaf Woensdag 7 Julie sal registrasie en entings ook by Nduli gemeenskapsaal gedoen word tussen 09:00 en 14:00 As deel van die departement se maatreëls om pasiënte en personeel veilig te hou, is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal uitgestel tot verdere kennisgewing. Mense wie gehospitaliseer is by een van Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite, kan nie besoek word nie, hoewel uitsonderings gemaak kan word as dit kom by ‘n persoon wie in ‘n kritieke toestand is.


WITZENBERG HERALD

Friday, July 16, 2021

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Friday, July 16, 2021

PLANT AND TOOL HIRE

HUIS MAUDIE KRIEL Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Keaton Snyders 2009/07/16 - 2020/05/18 Jou tweede verjaardag weg van ons. Ons mis jou so baie, maar koester die mooi herinneringe. Jy sal altyd voorleef in ons harte. Rus in Vrede. Van jou Ma Katriena, Pappa Petrus, Mamma Lawie, George, Margon, Andrew en Justin.

Zenna (Allies) Jonas

CENTRAL CERES MOTORS

Voortrekkerstraat, Ceres

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

1977/07/20 - 2021/01/03

Zenna, di 20ste Julie is dit jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons treur nog steeds en ons harte is seer. Mis jou so baie. Mag jy jou verjaarsdag saam met Pappa en die Engele geniet in die Hemel. Geseënde verjaarsdag, ons Engel. Van jou seuns Shynn en Charl, jou familie en vriende

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Ons maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari by 084212-3020 vir enige navrae of gratis kwotasies. rek G69 w.t.o Vir die stem, herstel, verkoop en koop van klaviere. Ons diens alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 vir enige navrae of kwotasies. w.t.o.

ASSISTENT VERPLEEGSTER Vereistes: • Registrasiefooi aan SA verplegingsraad is op datum • Handhaaf sober gewoontes • Kan in ‘n span werk • In staat om leiding en bevel te neem • Kennis dra van die behoeftes en die hantering van ouer persone Posaanvaarding: So spoedig moontlik

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

ACVV tehuis vir bejaardes NPO 003-083 Benodig die dienste van ‘n

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Julie 2021 Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Rig aansoeke aan: Die Bestuurder, Huis Maudie Kriel, Posbus 847, Ceres, 6835 Navrae: Sr. Mullins ☎ (023) 312-1950 Epos: bestuurder.maudie@lando.co.za

Ceres Toyota

Voortrekkerstraat 112, CERES ☎ (023) 312-1057

Witzenberg Association for persons with disabilities

Ceres Toyota het ‘n posisie vir ‘n ervare en gekwalifiseerde

F&I BESIGHEIDSBESTUURDER Vereistes vir bg. pos sluit in: • Moet ‘n erkende kwalifikasie hê in RE 5 en NCA • CPD punte moet op datum wees • Uitstekende kennis van die FICA • Uitstekende kennis van FAIS • Moet in besit wees van ‘n NCR-kaart • Uitstekende kommunikasievaardighede (geskrewe en gesproke) • Om winsgewendheid te kan maksimeer in terme van die 2de bruto inkomste • Uitstekende verkoopsvaardighede is voordelig vir hierdie pos • Kennis van POPI Wet. Hierdie pos bied ‘n mededingende salaris plus kommissie. Stuur asseblief u CV na: lune@cerestoyota.co.za

PLEASE DONATE NEW OR GENTLY USED BLANKETS AND HELP US SHARE THE WARMTH WITH OUR NEIGHBOURS THIS WINTER! DROP OFF LOCATION: Witzenberg APD 31 Lyell Street, Ceres ☎ (023) 312-3935 E-pos: hanoigoliathapd@gmail.com

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Swaar TYE. Warm HARTE

LOGISTICS CO-ORDINATOR

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

A Fruit and Vegetable Marketing Company, situated in Ceres, is looking for an experienced Logistics Co-ordinator to join their growing team. Key Performance areas: • Co-ordination of all logistical processes • Liaise with clients and all parties involved • Stock Control • Capturing of all loading instructions and processing purchase orders. Requirements: • Strong administrative & organisational skills • Excellent communication skills • Basic knowledge of accounting • Excellent computer skills • Must be able to show initiative & be a team player • Must have reliable transport • Self driven. Closing date: 16 August 2021 Interested individuals can forward CV’s, cover letters to: Lizette Burger at lizette@fflogistics.co.za If you do not hear from us within two weeks from the closing date, please accept your application as unsuccessful.

KLERE DONASIES

Ons is dringend op soek na klere en skoene vir dames en kinders

Kom gee asb. af by die Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir enige navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)


WITZENBERG HERALD

7

Friday, July 16, 2021

Witzenberg Toetssentrum vier 15 jaar

Berry bewaarheid sy droom met skryf van dié boek BERRY-DEAN Jacobs van Ceres het sopas sy eerste boek, Genade Oorvloedig, uitgegee. Vir die boorling van Ceres, (vyf dae na die geskiedkundige aardbewing in '69), is dit nog steeds elke dag ‘n fantastiese voorreg om in so ‘n pragstuk van ‘n dorp wakker te word. “My ankers is sedertien vasgegooi hier waar ek my primêre en sekondêre skoolloopbane voltooi het. Geld vir verdere studies was daar nie en het ek maar begin werk, al wou ek graag onderwys studeer. Ek het op latere stadium toe ek self kon betaal, begin studeer in ‘n finansiële rigting. Nou werk ek as admin/finansiëlebeampte by Ceres Sekondêre skool”. “Tydens my hoërskooljare het ek by die biblioteek aangesluit. Ons kon in daardie stadium twee boeke vir twee weke uitneem. My familie het almal boeke geneem en het ons agt boeke vir die twee weke gehad. Gou het die leesgier my beetgepak en het ek te midde van skoolwerk, al agt boeke vinnig klaar gelees. Die lekkerste deel was wanneer ek self die agt boeke kon gaan kies”. Die skryfgier het Berry-Dean beetgepak - al was dit net opstelle vir beide Engels en Afrikaans vakke op skool. Hy het ook ‘n reeks gedigte geskryf. “Ek het in 1988 tot bekering gekom - ek was toe in standerd 9 - en oor die jare heen het die begeerte om iets geestelik te skryf, stelselmatig begin groei. Ek het begin skryf maar dan weer gelos, daarvan vergeet, dan weer probeer en weer gelos. Totdat ek uiteindelik in 2011 ernstig begin het om aandag te gee om iets neer te pen”. “My skryf-reis het uiteindelik begin. My wens is dat die skryfstuk tot die hart van die lesers sal praat en dat lesers, net soos ek, ‘n dieper verhouding met die Here sal begeer. Ek is tans die leier van ‘n klein gemeente in Bella Vista, Ceres en is ons baie opgewonde oor wat die Here in ons gemeente vermag het - en nog meer oor wat die Here kan doen”. My boodskap. Ontdek God vir jouself en nie uit die mond van predikers nie, dan sal jy deur elke storm kan kom, omdat jy weet wie God is en nie gehoor het wie God is nie. * Die boek is later die maand beskikbaar teen R100. Vir bestellings stuur ‘n epos na Berry-Dean by berrydean.j@ gmail.com.

WITZENBERG Toetssentrum het op 3 Julie 2006 hul deure geopen met die mees moderne masjinerie vir die toetsing van voertuie en ses voltydse personeellede. Die maand vier die onderneming hul 15de bestaansjaar. Wat as ‘n grap begin het om ‘n braaivleisvuur het gerealiseer te danke aan ons Pa - Brian Bastiaan - wat ons ondersteun het, gementor en gehelp het. “Ons wil hom dank vir alles wat hy vir ons beteken het oor meer as 14 jaar. Brian Bastiaan is op 4 Januarie 2021 oorlede. Ons bou voort op sy kennis en insette”. “Witzenberg Toetssentrum het klein begin met ‘n kliëntetal van 98 per maand en na 15 jaar kan ons met trots sê ons bedien 98% van die Witzenbergstreek insluitend plekke soos Worcester, Touwsrivier, Merweville, Laingsburg, Saron, Porterville, Gouda om net ‘n paar te noem buite die munisipale grense”. “Dit was nie altyd ‘n maklike pad nie maar sukses word gekenmerk aan harde werk en toewyding. Ons wil ons personeel bedank vir hul harde werk". "Witzenberg Toetssentrum kan ook met trots noem dat hulle twee voertuigondersoekers gestuur het vir opleiding en wat hul goed van hul taak kwyt in hul onderskeie werke by ander toetssentrums”. Witzenberg Toetssentrum is bewus van die CV-19 pandemie en die effek wat dit het op die gemeenskap. Hulle sorg dat die toetsstasie goed skoongemaak word deur Demi Theunissen en volg alle voorgeskrewe Covid voorskrifte. Albertha Bastiaan West (mede-eienaar en bestuurder) is steeds besig met Witzenberg Fleet Support wat baie uitgebrei het oor die afgelope 15 jaar. Haar dienste sluit in: registrasie en lisensiëring van voertuie, lisensie hernuwings van voertuie en ander meer gekompliseerde voertuigtransaksies. Lesers kan haar skakel by 076-3462-521 of (023) 312-3486/7. Eienaars Kevin en Albertha West is die eienaars van Witzenberg Toetssentrum en saam het hulle 25 jaar ondervinding in die bedryf. Kevin is ‘n kwalifiseerde senior voertuigondersoeker en mede-eienaar van die onderneming. Besigheidsure is 08:00 tot 17:00 (Maan-Don), Vrydae vanaf 08:00 tot 16:00 en Saterdae slegs oop as kliënt afspraak gemaak het. Vir enige verdere navrae skakel Kevin by (023) 312-3486/7. Bedankings “ Ons wil die Witzenberg gemeenskap, grondeienaars en inwoners van die onderliggende dorpe bedank vir hul volgehoue ondersteuning oor die jare”. Witzenberg Toetssentrum vra dat Suid-Afrikaners vir die land moet bid - doen jou deel om ons land te herstel. Wees veilig en dra jou masker ten alle tye.

Voortrekkerstraat 82 ☎ (023) 312-2261 / 082-577-7169 johan@jrt.co.za

Witzenberg Vehicle Testing Station

Baie geluk met jul 15de bestaansjaar bestaansjaar.. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen. Mag jul besigheid van krag tot krag gaan. ■

Platbakvervoer Tipbakvervoer Self storage Container hire ■

DIE personeel van Witzenberg Toetssentrum. VLNR: Albertha Bastiaan-West (mede-eienaar), Kevin West (mede-eienaar en senior ondersoeker), Liezle Norman (ontvangsdame en E-Natis kassier) en Divan Damon (put-assistent). AFWESIG: Nico Plaatjies (ondersoeker).

WITZENBERG Toetssentrum is geleë agter Puma en die OK Minimark. Die ingang is in Vos-straat geleë en die uitgang is in Pinestraat.

TS Vragmotors Boerneefstraat Skoonvlei CERES (023) 315-5443 Faks: (023) 315-5574 082-897-4430 ●

Witzenberg Vehicle Testing Station Geluk met julle 15de verjaarsdag. Dit is ‘n groot voorreg om met julle besigheid te doen.

☎ (023) 313-3373 Faks: 086-627-3390

Baie geluk

Witzenberg Vehicle Testing Station met jul 15de verjaarsdag!

Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word.

Baie geluk met jul 15de bestaansjaar. Witzenberg Vehicle Testing Station Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word.

Witzenberg Vehicle Testing Station Baie geluk met jul 15de bestaansjaar.

Witzenberg Vehicle Testing Station Baie geluk met jul 15de verjaarsdag!

Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word.

Baie geluk met jul 15de bestaansjaar. Witzenberg Vehicle Testing Station Quality fruit packers and distributors since 1957

Voortrekkerstraat 112 ☎ (023) 312-1057

Celliersstraat 55 ✉ 286 CERES 6835 (023) 316-2280 Faks: (023) 316-1883  e-pos: hjnsons@netactive.co.za


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

Wedvlugduiwe word op Victoria Wes vrygelaat WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Victoria Wes losgelaat in mooi weerstoestande. Saterdag 17 Julie vlieg die duiwe vanaf Britstown. CHPS Jaaroud 1. Bryan Isaacs 1331.804 mpm 2. Cyril & Ann Davids 1249.217 mpm 3. Trevor’s Team 1243.152 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1180.683 mpm 5. Cyril & Ann Davids 1171.076 mpm Ope 1. Clarence van Wyk 1300.548 mpm 2. Cyril & Ann Davids 1278.989 mpm 3. Team Koopman ARL 1277.202 mpm 4. Team Koopman ARL 1277.202 mpm 5. Bryan Isaacs 1274.753 mpm CPS Jaaroud 1. Meyer en Van Wyk 1345.950 mpm 2. Krotz Lofts 1344.675 mpm 3. Krotz Lofts 1342.672 mpm 4. Krotz Lofts 1332.606 mpm 5. CT Nige 1324.566 mpm Ope 1. Meyer en Van Wyk 1326.627 mpm 2. Meyer en Van Wyk 1299.993 mpm 3. JRK Lofts 1298.663 mpm 4. JRK Lofts 1298.330 mpm 5. Camerin Mars 1287.040 mpm Hamlet duiweklub Jaaroud 1. Erasmus Hok 1355.246 mpm 2. N.J. Kitshoff jr. 1239.379 mpm 3. N.J. Kitshoff jr. 1235.870 mpm 4. Erasmus Hok 1221.194 mpm 5. L. Kitshoff 1187.054 mpm Ope 1. L. Kitshoff 1315.386 mpm 2. L. Kitshoff 1297.058 mpm 3. N.J. Kitshoff jr. 1293.317 mpm 4. N.J. Kitshoff jr. 1290.285 mpm 5. J.J. Kitshoff 1275.239 mpm

VIER BLOU WILDEBEESTE KAN IN HOPEFIELD GEJAG WORD TEEN R500 PER WILDEBEES

WITZENBERG HERALD

Friday, July 16, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Michiel wen kompetisie SATERDAG 10 Julie is ‘n enkel stableford kompetisie op Ceres gholfbaan aangebied. Die kompetisie is deur Michiel Heroldt (links) gewen met 37 punte. Wilhelm Muller (regs) was in die tweede plek met 35 punte gevolg deur JC van der Merwe en Ashley Schroeder met 35 punte elk. Liga Ligawedstryde het ook Saterdag plaasgevind. Die Ceres Brodie-ligaspan wen 4-2 teen Stellenbosch en die Ceres Krugerspan wen 4-2 teen Theewaterskloof. Putjiespelkompetisie Die jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie het begin. Spelers wat ingeskryf het moet seker maak teen wie hulle speel in die eerste rondte. Die eerste rondte moet teen 16 Augustus afgehandel wees.

Vlak 4

Sport bly in die slag

ADRIAAN Wildschutt, oud-Ceresiet en tans ‘n MBA-student by die Florida Universiteit (FSU), was onlangs in Kaapstad ter voorbereiding vir die Olimpiese Spele. Hy het die afgelope ses maande uitstekend gevaar en die atletiekbaan aan die brand gehardloop. Hy was bitter naby om Atletiek SuidAfrika by die Olimpiese Spele te verteenwoordig maar het ongelukkig nie die span gehaal nie.

COVID-19 het sedert 2020, ‘n reuse impak op sportbyeenkomste gehad. Daar was einde Junie 2021 en verlede Sondagaand weer slegte nuus vir sportliefhebbers. Weens die impak van die derde vlaag van die CV-19 pandemie, mag amateur- en klubrugby tot 31 Julie nie plaasvind nie. Verklaring Jurie Roux, uitvoerende hoof van die SA rugbyunie, sê in ‘n verklaring dat dit belangrik is dat die gesondheid van spelers voorop gestel word. Die toenemende COVID-19 gevalle maak dit onmoontlik dat amateur- en klubrugby kan voortgaan en skolesport is ook in Maart gekanselleer. Die laaste skolewedstryde het in Maart 2021 plaasgevind. Sportvelde is ingevolge vlak 4 beperkings gesluit en skole is toe tot 26 Julie.

TANKWA CAMINO CALVINIA - CERES (256,6km)

(Twee nagte se verblyf ingesluit by selfsorg Gastehuis)

Jag moet plaasvind Augustus 2021

Marcel de Wet gaan vanaf 3 - 12 September 2021 die Tankwa Camino stap. Sy begin in Calvinia vir 10 dae, oor berge en dale as fondsinsameling vir Huis Mostertshoek, Tehuis vir Bejaardes in Wolseley. BORG HAAR PER KILOMETER ASB! Huis Mostershoek Registrasienr: 011-891 NPO

Skakel Ria Prins (Huis Maudie Kriel) per e-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za of whatsapp: 083-628-2785 of skakel (023) 312-1950 om ‘n nommer te bespreek, alvorens inbetaling gedoen word Allokasie van “nommer” vir trekking onderhewig aan bewys van betaling (EFT-aankope word aangemoedig)

(Trekking van gelukkige wenners word gedoen op 31 Julie 2021)

ABSA BANK Tjekrekening: 0460400228 Takkode: 632005 Verw: (naam)camino

☎ (023) 231-0282 Borgvorms beskikbaar te bestuurder@huismostertshoek.org Huis Mostertshoek, Wolseley admin@huismostertshoek.org ☎ (023) 231-0282 Marcel 073-208-1318 of marceldewet3@gmail.com

Byvoorbaat baie dankie vir u ondersteuning - ons waardeer dit opreg

LOVE AND SOLES IN ACTION is die skoolskoene insamelingsveldtog van Togryers museum vir Mandeladag. Die museum samel gebruikte (en nuwe) skoolskoene in vir 2 plaasskole in die Witzenbergomgewing. *Indien jy skoolskoene het wat in onbruik geraak het, kan jy dit by Togryers museum kom afgee. Help ons om diegene te help wat die winter sonder skoolskoene moet klaarkom. Vir enige navrae skakel die museum by (023) 312-2045.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.