WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 28
R7.00
Indien jy jou bakkie wil verkoop skakel my by 072-407-1951
Friday, July 24, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 23 Julie
Vrydag 24 Julie
Saterdag 25 Julie
11° 22°
10° 22°
COOL TECH COOLTECH
Sondag 26 Julie
10° 20°
Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
9° 13°
Ceres Koekedouw dam
75%
Telephone: (023) 316-2021/3
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar
Lesing: 2020/07/22
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Moordsaak
Twee jong verdagtes vrygelaat
WYDVERSPREIDE reën het verlede week groot verligting gebring vir die Witzenbergstreek. In die eerste twee weke van Julie het daar plek-plek byna 300mm uitgesak en Ceres Koekedouwdam het verlede week met ‘n rekord 22.8% gestyg. Die dam is tans 75% vol nadat nog 4% se water die afgelope week ingeloop het. Goeie sneeuneerslae het ook in die Bo-Swaarmoed omgewing voorgekom. Dit is vanjaar die tweede keer dat dit lekker sneeu. Sneeukykers en 4x4 entoesiaste, het die heel week asook die naweek na Matroosberg gestroom. Stappers het ook die berg uitgestap. Hier is ‘n 4x4 entoesias besig om na die bopunt te ry met die vallei in die agtergrond. Bo-op Matroosberg is daar nog sneeu. FOTO: Cordré Smith
TWEE minderjarige moordverdagtes is verlede week op waarskuwing vrygelaat. Die twee 16-jarige seuns is op 15 Julie op waarskuwing in hulle ouers se toesig vrygelaat. Die twee word aangekla van die moord op Brandon Claasen (35). Hulle was drie weke lank in ‘n plek van veiligheid aangehou op Clanwilliam. Agtergrond Claasen is Woensdag 24 Junie omstreeks 19:20 vermoor terwyl hy met ‘n vriend gestaan en praat het. Die voorval het naby die wit kafee op die hoek van Limpopo- en Noordhoekstraat in Bella Vista plaasgevind. Ses seuns tussen die ouderdomme van 11 en 16 jaar oud, het van die winkel gestap en in ‘n argument met Claasen betrokke geraak. Twee van die seuns het hom aangeval en elk een keer met ‘n mes gesteek. Die seuns het gevlug van die toneel. Met die polisie se aankoms op die moordtoneel het omstanders inligting verskaf waarna vyf seuns gearresteer is. Drie is later vrygelaat. Die saak is tot 4 September uitgestel.
Polisieman weer in hof vir verkragting offer, die saak gaan terugtrek het. Die 39-jarige polisiesersant kan volgens die strafproseswet eers geidentifiseer word sodra hy gepleit het. Volgens inligting het die verkragting gedurende Mei 2017 in die polisiebarakke op Wol-
DIE 2017 verkragtingsaak teen ‘n Ceres polisieman is onlangs weer op die streekhofrol teruggeplaas. Dit byna ‘n jaar nadat dit verlede jaar sonder rede verwyder is. Later is daar vasgestel dat die ma van die verstandelik gestremde slag-
2kg Rainbow Chicken IQF
5990
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 Weet-Bix 450g Refreshhhh 2L ass.
2399
125g Topper Biscuits
629
999
2.5kg Golden Cloud Cake Flour
22
99
seley plaasgevind. Hierna het OPOD die saak vir meer as ‘n jaar lank ondersoek voordat hulle aanbeveel het dat die polisieman aangekla moet word. In Junie 2018 het hy in die Wolseley hof verskyn weens die beweerde verkragting van
‘n 22-jarige verstandelik gestremde vrou. OPOD het destyds geen skorsing aanbeveel en die verdagte werk sedertdien steeds by die Ceres polisiestasie. Die polisieman moet nou weer op 24 Augustus in die Wolseley streekhof verskyn.
PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG
Score Energy drink 500ml
699 2kg Power Sugar
2999
Ricoffy 500g
5799
Sunshine D’lite Margarien 500g brick
999
B-Well / D’Lite Oil 750ml
1550
Albex bleach 750ml
087 095 361 7
Pryse geldig tot 22 Julie - 2 Augustus 2020 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.
INTEGRATED TECHNOLOGY SOLUTIONS I WWW.JPTEK.CO.ZA I INFO@JPTEK.CO.ZA
1099
2
WITZENBERG HERALD
Friday, July 24, 2020
Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman DIE manier hoe sake by Wes-Kaap landdroshowe hanteer word was voor COVID-19 reeds, om die minste te sê, maar treurig. Nou tydens die inperking gaan dinge nog meer beroerd. Dit lyk my hoe minder sake op die hofrolle toegelaat word van mense wat verhoor moet word hoe gelukkiger is die hofpersoneel wat daarmee werk. Lyk my net dit is sake met ‘n 100% positiewe uitkoms wat op hofrolle gehou word. Die ander word vir enige verskoning deur staatsaanklaers teruggetrek of van die hofrol verwyder sonder enige rede. Die plaaslike landdros- en streekhof is ook geen uitsondering. Op Ceres is twee minderjarige moordverdagtes verlede week op waarskuwing in hulle ouers se toesig vrygelaat. Hul ouers of voogde kon nie voor die moord na hulle kyk nie - waarom gaan hulle nou strenger optree of beter na hulle kyk? Op Wolseley is die saak teen ‘n polisieman, wat tereg staan weens die verkragting van ‘n gestremde meisie, vir meer as ‘n jaar van die hofrol verwyder. Dit omdat die ma dit gaan terugtrek het. Intussen werk die polisieman sedert die voorval in Mei 2017 steeds ongestoord voort op Ceres Die staat, die polisie, die DOV en die MRK is veronderstel om dié gestremde kind se regte te beskerm. Dit het nie gebeur nie. Na talle navrae oor die afgelope jaar, is daar uiteindelik opdrag gegee en is die saak weer vir Augustusmaand op die hofrol geplaas. Hopelik kan geregtigheid seevier.
MANDELADAG 2020 op Ceres is gevier midde in die COVID-19 krisis. Die virus het weer vir almal gewys dat hulle beter moet saamwerk en bydraes moet maak om ‘n veilige omgewing vir inwoners te skep. Perdekraal East windplaas het hul gewig saam met ‘n plaaslike NRO Witz Event Network (WEN) gegooi om behoeftige bejaarde mense in Ceres, Nduli, Bella Vista en P.A. Hamlet, ‘n gekookte bord kos te gee asook ‘n mandjie met vrugtesap, 'n gesigmasker en handreiniger. 100 Hamburgers is ook aan jong mense gegee. Hier gee Warrick Alexander, bestuurder Witz Event Network (WEN), ‘n hamburger aan ‘n jong seun.
Dr. Astrid Sass het verlede maand haar MB CHB (mediesegraad) aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Sy is ‘n oudleerder van Hoërskool Charlie Hofmeyr. Astrid is die dogter van Abé en Diana Sass van Ceres.
Wees waterveilig gedurende grendeltyd WINTERTYD en waterveiligheid is nie twee woorde wat mense dink nie bymekaar pas nie! En wanneer Ceres aan winter dink, is dit koue, sneeu en reën! Dit beteken natuurlik dat die damme, riviere en kanale voller raak en dus is waterveiligheid en die beskerming teen verdrinkings van die belangrikste aspekte waaraan gereeld aandag geskenk moet word. Tydens wintermaande glip waterveiligheid maklik deur die krake en kan dit groot hartseer teweeg bring. Die Waterveiligheidsprogram van die Nasionale Seereddingsinstituut bied virtuele lesse aan om kinders bewus te maak van die gevare naby water. Skole en speelgroepies is welkom om vir
Eoudia Erasmus by 074-321-5322 te skakel of ‘n epos te stuur na eoudiae@searescue. org.za Tydens die wintermaande en veral met grendeltyd, is meer kinders tuis en die NSRI wil graag die onderstaande wenke met u deel: - Ouers moet vir kinders van jonks af leer dat hulle nooit alleen naby water mag speel nie. (Wees bewus daarvan dat kinders in 4cm water kan verdrink.) - Indien naby water, sorg dat jy ten minste ‘n armlengte van jou kind af is. - Visdammetjies, fonteintjies, toilette, slote, waterbakke van diere en skottels vol water wat buite staan, is enkele voorbeelde waarin kinders kan verdrink. - Leer KPR en ken die noodnommer: 112
DIE Waterveiligheidsprogram van die Nasionale Seereddingsinstituut bied virtuele lesse aan om kinders bewus te maak van die gevare naby water. Kinders word geleer om altyd ‘n PLAN te hê en nooit paniekerig te raak wanneer hul in ‘n noodsituasie verkeer nie. * Die foto is voor die grendeltyd geneem.
Ons boerdery, geleë in die Porterville-omgewing, beskik tans oor ‘n betrekking vir ‘n selfgemotiveerde en toegewyde persoon wat passie het vir plaaswerk. Kennis van sagte sitrus sal in die persoon se guns tel.
PRODUKSIEBESTUURDER - SITRUS AFDELING DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT SAL ONDER ANDERE VERANTWOORDELIK WEES VIR: • Toesighoudende beheer oor die algemene boerdery-aktiwiteite • Kontrole en beheer uit te oefen oor al die werknemers • Dag tot dag beplanning saam met Bestuur • Opdragte van Senior Bestuur oor te dra en toe te sien dat die werk effektief uitgevoer word deur bestuur en werknemers. DIE IDEALE KANDIDAAT SAL AAN DIE VOLGENDE VEREISTES EN ONDERVINDING MOET VOLDOEN: • Toepaslike tersiêre opleiding / Landbou-diploma • Minstens 5 jaar ondervinding in die werksaamhede van ‘n vrugteplaas. ‘n Mededingende vergoedingspakket kan aan die suksesvolle kandidaat gebied word. Behuising is op die plaas beskikbaar. Aansoeke met volledige CV, asook besonderhede betreffende huidige besoldiging, moet gerig word aan: aclombard@gdm.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Augustus 2020 Indien u binne 30 (dertig) dae vanaf die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, July 24, 2020
Meeste wat sterf is diabete DIE COVID-19 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek het dié week met 154 gevalle gestyg. Die sterftesyfer het vir die tweede week in 'n ry met 5 gestyg na 32 gestyg. Die sterftesyfer is meer as 3% van die totale positiewe gevalle in die streek. Statistieke Teen Dinsdag 21 Julie was daar 1060 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 832 herstel met 196 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (211), Bella Vista (226), Ceres (222), Tulbagh (60), Wolseley (155), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (135), Koue Bokkeveld plase (7), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (8), Breërivier (7) en 2 gevalle buite Witzenberg. Bella Vista het 50 aktiewe gevalle, Wolseley het nou 49 gevalle, Ceres het 46 gevalle, P.A. Hamlet 19 gevalle en Nduli 11 gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (13), 5-9 jaar (10), 10-19 jaar (68), 20-29 jaar (227), 30-39 jaar (245), 40-49 jaar (242), 50-59 jaar (152), 60-69 jaar (57), 70-79 jaar (21) en 80-89 jaar (19). Tans is die meeste gevalle in die ouderdomsgroepe 30-39 jaar en 40-49 jaar. Die grootste stygings kom ook in dié ouderdomsgroepe voor. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 2654 (tot 20 Julie), daar is 84 340 positiewe gevalle aangemeld en 68 334 het volkome herstel. Daar is tans 337 pasiënte in ICU. Twee en dertig (32) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (P.A. Hamlet en Nduli met 6 sterftes, Bella Vista en Wolseley met 5 sterftes elk, Ceres en Tulbagh met 4 sterftes elk en Koue Bokkeveld plase en Breërivier met 1 sterfte elk). Die afgelope week is daar weer vyf persone oorlede (2 op Ceres en een elk in Bella Vista, Breërivier en Wolseley). Die sterftesyfer is meer as 3% van die totale positiewe gevalle in die streek. Die provinsie se gemiddeld is net meer as 2%. Onderliggende siektes Tot en met 14 Julie het daar 2182 mense in die Wes-Kaap gesterf. 1042 mense is dood wat diabete was en 1086 het aan hipertensie/ hoëbloeddruk gely. Byna 300 van die wat gesterf het, het aan TB gelei of vroeër aan TB gely, 274 het HIV gehad en net 35 van die wat gesterf het, was kankerlyers. 513 mense wat gesterf het, het drie onderliggende mediesekwale gehad. Die meeste sterftes in die Wes-Kaap was in die ouderdomsgroep tussen 60 en 69 en ouer as 70 (1246). Meer as 54% van die gevalle was mans. Diabete word aangeraai om by die huis te bly en die Pocket Clinic WhatsApp te gebruik om hul medikasie te laat aflewer. Stuur ‘Hi’ na 087-240-6122 om jouself vir dié tuisaflewering te registreer. Veranderings Rampbestuurregulasies is op 12 Julie in die staatskoerant gewysig rakende die toerismebedryf, die dra van maskers, drankverkope en die instel van die aandklokreël. Geen drank mag sedert 13 Julie verkoop word nie en ‘n aandklokreël is vanaf 21:00 tot
04:00 ingestel. Die dra van maskers is ook nou verpligtend en daar kan teen diegene opgetree word indien hulle dit nie dra nie. Skole Welgemoed primêre skool is weer oop nadat een van die onderwysers positief vir COVID-19 getoets het. ‘n Tweede skool, Hoërskool Charlie Hofmeyr, is vir die heel week gesluit nadat drie onderwysers positief getoets het. ‘n Leerder van Ceres Sekondêr het die week ook positief getoets. Die skool is Woensdag deeglik skoongemaak. Tans is net die graad 12 leerders by dié skool. Onderwysers met onderliggende siektes moet steeds by die huis bly. Skole wat onderwysers het wat positief getoets het, kan aansoek doen vir klas-assistente om met die kurrikulum en klasse te help. Sedert die eerste positiewe geval by ‘n WKOD personeelid aangemeld is, het 1920 personeellede (16 Julie) al positief getoets en 1557 het herstel. Tans is daar 333 aktiewe gevalle in die Wes-Kaap. 379 leerders is al positief getoets. Die WKOD het sedert die uitbreek van die virus 30 personeellede aan die dood afgestaan. Hiervan was 21 onderwysers en 9 kantooren nie-doserende personeel. Kleuterskole en nasorgsentrums kon die afgelope twee weke hul deure oopmaak sodra hulle aan die streng maatreëls voldoen. Teen Maandag 20 Julie het slegs 8 kleuterskole/chreches uit ‘n totaal van 103, weer in die Witzenbergstreek oopgemaak. Net een nasorgsentrum uit ‘n totaal van 57 het al oopgemaak. Op Ceres het net 2 kleuterskole uit 11 oopgemaak, 1 uit 11 op P.A. Hamlet, een elk op Wolseley en Tulbagh en drie in die Koue Bokkeveld. Maandag 20 Julie het die graad 3 en graad 10 leerders teruggekeer na die skoolbanke. Nie almal het na hulle skole teruggekeer nie. die meeste wat teruggekeer het was die graad 3’s. Op Maandag 27 Julie keer die graad eens en twees terug en op 17 Augustus keer graad 4 en 9 leerders terug na die skoolbanke. Graad 5 en 8 leerders gaan op 31 Augustus terug skool toe. COVID-19 oortredings Vanaf 1 April tot 30 Junie het die Wes-Kaap departement van vervoer en publieke werke 2386 padblokkades in die provinsie gehou en meer as 145 500 voertuie is gestop. Daar is ook 1213 spoedboetes en 11545 boetes ter waarde van meer as R16 miljoen uitgereik. Veertig bestuurders is vir dronkbestuur inhegtenis geneem en 28 weens spoedoortredings. Daar was tussen 1 April en 30 Junie 144 ongelukke in die provinsie waarin 163 mense dood is. Die meeste hiervan, 75, was voetgangers, 42 passasiers en 31 bestuurders. Vyf fietsryers is ook in die tyd dood. Onder die rampbestuurswet is meer as R2.6 miljoen se boetes uitgereik. Meer as 880 mense is beboet omdat hulle nie by hul huise was nie, 290 beboet oor hulle die 70% lading in voertuie oorskry het, 72 nie die nodige permitte kon toon nie en 408 persone is gearresteer gedurende die tydperk.
DIE Ceres polisie ondersoek ‘n ongeluk waarin een persoon beseer is en ‘n bestuurder weggehardloop het. Die ongeluk het verlede Vrydag 17 Julie omstreeks 08:00 plaasgevind by die Nduli-kruising op die R46. Die Ford Bantam bakkie was onderweg in Ceres se rigting toe ‘n wit Toyota Venture voor hom ingedraai het. Die bestuurder, Gawie Jakops, het uitgeswaai en in ‘n watersloot langs die pad tot stilstand gekom. Die bestuurder van die Venture het weggehardloop en in die woonbuurt verdwyn. Jakops is beseer en deur Ceres EMS behandel. Die passasier in die bakkie, A. Kamfer, is nie beseer nie. * Die polisie soek nog na die bestuurder van die Toyota Venture met ‘n Ceres registrasienommer en vra dat mense met inligting na vore moet kom. Hulle kan die polisiestasie by (023) 3168600 of die speurders by (023) 316-8500 skakel.
Stappers vind vrou se liggaam in Bainskloof DIE Worcester polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin na die dood van dr. Theresa Hallowes (41) op Saterdag 18 Julie. ‘n Groep stappers het Saterdag omstreeks 11:00 op haar lewelose liggaam afgekom waar dit in ‘n rivierbedding tussen Eerste en Tweede Tol in Bainskloof gelê het. EMS Ceres is na die toneel ontbied maar sy was toe reeds dood. Volgens inligting het sy in die Paarl gewoon en in Stellenbosch as dokter gewerk.
Taxi ignoreer stopstraat en tref fietsryer TANNY November (30), hofbestuurder by Tulbagh landdroshof, is Woensdag 22 Julie omstreeks 06:45 beseer nadat hy van sy fiets gery is. Hy was op pad Ceres toe ‘n minibus nie by die stopstraat by die Schoonvleigebied gestop het nie. Hy het etlike meters verder op die Ceres/ Bella Vista hoofpad te lande gekom. Hy is vir behandeling en waarneming na die Ceres provinsiale hospitaal geneem maar later ontslaan.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, July 24, 2020
Virtual arts get local Ceres band onto National stage TALLE bome is voorverlede Sondag en Maandag op Ceres ontwortel en groot skade is ondermeer aan die St. Marks primêr se biblioteek aangerig toe ‘n stormwind die streek getref het. Drie bome het naby Ceres hospitaal, langs die Dwarsrivier, omgewaai. Dennebos vakansieoord en tydelike COVID-19 kwarantynsentrum, het ook sleg deurgeloop nadat bomme van die eiendom beskadig het. Sowat 31 pasiënte moes na Du Toitskloof lodge verskuif word. Niemand is beseer nie. Die Witzenberg munisipaliteit poog nou om Dennebos so gou as moontlik weer operasioneel te kry as kwarantynsentrum. Altesaam 12 huisies, die Dennebossaal asook privaat eiendom is tydens die storm beskadig. Daar word nog kosteberamings gedoen.
OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakkings- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ’n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg:
GEHALTEVERSEKERINGSBESTUURDER Die posbekleër sal verantwoordelikheid aanvaar vir kwaliteitsverwante aspekte van die maatskappy, wat insluit: • Bestuur van verskaffer- en kliëntespesifikasies • Ondersoek van kliënteklagtes en kwaliteits afwykings • Instelling van regstellende stappe • Bestuur van Dipar Kwaliteitstelsel • Bestuur van die Gehaltebeheer span, Kwaliteitskontroleerders • Opstel en implementering van kwaliteitsbeleide- en praktyke • Evaluering van temperatuurafwykings van verpakte vrugte en grootmaathouers • Evaluering en rapportering van potensiële uitpakke teenoor werklike uitpakke • Bestuur en monitor van wateren pakhuishigiëne • Evaluering van pakhuishigiëne en algemene skoonmaakmiddels, deelname aan die uitvoer van interne en eksterne kwaliteitsoudits • Bystandsverlening tot die onderhoud van die Veiligheidstelsel en Gehaltebeheerstelsel. Toepaslik gekwalifiseerde kandidate moet aan die volgende minimum vereistes voldoen: • Sterk persoonlikheid, goeie interpersoonlike vaardighede, ingestel op fynere detail en kan meestal onafhanklik werk • ‘n Naskoolse kwalifikasie in Voedseltegnologie of verwante dissiplines • Bogemiddelde rekenaarvaardigheid in MS Excel en Word • 5 jaar toepaslike ondervinding in die kwaliteitsproduksie-omgewing • Goeie vrug kennis • Sterk analitiese (syfervaardigheid) en probleemoplossingsvaardigheid • Goeie kommunikasie in Afrikaans en Engels • ‘n Skerp oog vir detail en moet selfgeldend kan optree • ‘n Geldige bestuurderslisensie en eie vervoer • Bereidheid om ongereelde ure te werk. Ons bied ’n markverwante vergoedingspakket wat aangevul word deur die voordele en aangename werksomstandighede wat met ’n vooruitstrewende maatskappy vereenselwig word. Stuur asseblief u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en drie verwysings waarmee in verbinding getree kan word, aan die Bestuurder: Menslike Hulpbronne, Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, Privaatsak X67, Ceres 6835 of per faks na (023) 312-2700 of per e-pos na nadia.oosthuizen@cfg.co.za Sluitingsdatum: 4 Augustus 2020 Indien u nie binne drie weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. In ooreenstemming met ons beleid op gelyke indiensneming, sal toepaslik gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.
THIS year’s National Arts Festival was a virtual celebration of the South African arts and featured local Ceres band, Basic Aim, who joined performing artists from around the country on the online platform. With funding from Perdekraal East Wind Farm, this group of talented musicians were able to add their performance to the virtual festival platform. Speaking on behalf of the band, Julian Hails explained how they had to contend with practice sessions during COVID-19 lockdown, but despite all the challenges and upheaval, they thrilled to have made it onto the prestigious event and hope that next year they will get to perform to a live audience. The pre-recorded work of the band has been loaded on the National Arts Festival Website.
Huiseienaars moet hulle vergewis van regulasies ELKE huiseienaar het al een of ander tyd ‘n warmwatersilinder by sy/haar huis vervang. Maar min huiseienaars weet dat hulle kan aangekla word as die regulasies oor die installering van warmwatersilinders (geyser) oor-tree word. Die wet op gesondheid en veiligheid van 1993 bepaal dat warmwatersilinders reg geinstalleer moet wees. Hierdie regulasies dui daarop dat die huiseienaar siviel en krimineel aangekla kan word, indien hy/sy nie verseker het dat hulle geyser korrek geinstalleer is nie. Om dit te kan verseker moet die installasie deur ‘n bevoegde en gesertifiseerde persoon geinstalleer word en ‘n bevoegdheidsertifikaat moet daarvoor uitgereik word wat die eienaar vrywaar. Meer en meer gevalle word daagliks aangemeld van loodgieters wat geysers installeer wat nie voldoen aan dié wetgewing nie. Dit maak die huiseienaar of opdraggewer direk verantwoordelik vir die onwettige installasie. Daar word al hoe strenger teenoor sulke individue opgetree met boetes of tronkstraf.
Meer inligting Dit is belangrik dat huiseienaars hulle hiervan moet vergewis. As hulle meer inligting benodig of om meer uit te vind oor hul pligte as huiseienaar en die strawwe, kan hulle regulasies gaan lees (no. 38505 wat in staatskoerant van 27 Februarie 2015 gepubliseer is). Versekering Versekeringsmaatskappye vereis nou dat die geyser volgens SANS10254 en sonpaneelgeysers volgens SANS10106 geinstalleer moet word en ‘n sertifikaat van bevoegdheid uitgereik moet word om soedoende ‘n veilige installasie te verseker en daardeur hulle risiko te verminder. Verbruikers kan ook die Instituut van Loodgieters (IOPSA) direk skakel om meer inligting te verkry. Waarborg verval Al hoe meer vervaardigers aanvaar nie meer waarborgeise van geysers, indien die geyser nie volgens die voorgeskrewe standaard geinstalleer is nie, wat kan beteken dat die kliënt dan uit sy/haar eie sak vir ‘n nuwe geyser moet betaal.
PUT YOUR
WHERE
YOUR ♥ IS BUY LOCAL
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○
WITZENBERG HERALD
Friday, July 24, 2020
5
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Dr Mama Moses
John Petrus Muller
Herbal Expert Traditional & Spiritual 082-399-4068
Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Angela Magdalena Weitz
Stefanis Laban 1953/07/13 - 2020/07/17 Privaat begrafnis: Sat. 25 Julie 2020
1928/08/08 - 2020/07/20
Privaat begrafnis: Vry. 24 Julie 2020
Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend
CERES NICO
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
Angela Magdalena Weitz
1928/08/08 - 2020/07/20
U ons moeder, grootmoeder, oumagrootjie het ons finaal verlaat. ‘n Stryd was gestry en was gewen. Ons as kinders, kleinkinders sowel as agterkleinkinders gaan u mis. Rus sag, dit is God’s wil.
Slegs 45 naasbestaandes. 1,5m Afstand moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Was hande of gebruik sanitizer Huis: 10:00, Kiaatstr. 5, BV Kerk: 10:30, Ou Apostoliese, Bella Vista Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Stefanis Laban 1953/07/13 - 2020/07/17 Until we meet again We think about you always, we talk about you still. You have never been forgotten, and you never will. We hold you close within our hearts, and there you will remain. To walk and guide us through our lives until we meet again.
1935/12/24 - 2020/07/17
Privaat begrafnis: Vr. 24 Julie 2020 Slegs 45 naasbestaandes. 1,5m Afstand moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Was hande of gebruik sanitizer Huis: 09:00, Beetstraat 15, Ceres Kerk: VGK, Ceres Graf: Ceres
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
1953/07/13 - 2020/07/17 I thought about you today, but that’s nothing new, I thought about you yesterday and days before that too. I think of you in silence, I often say your name, all I have of you are memories and your picture in a frame. Your memory is a keepsake from which I’ll never part. God has you in his arms, I have you in my heart. From Monique, Appie, Kaydé and Eliah-Seth
Stefanis Laban 1953/07/13 - 2020/07/17
Mercia Malan
1974/01/15 - 2020/07/20
Privaat begrafnis: Son. 26 Julie 2020 Slegs 45 naasbestaandes. 1,5m Afstand moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Was hande of gebruik sanitizer
Huis: 10:00, Fabriekstraat 8, Ceres Graf: Bella Vista
Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814
Happy Heavenly Birthday Until we meet again
Those special memories of you, will always bring a smile. If only we could have you back for just a little while. Then we could sit and talk again, just like we used to do. You always meant so very much, and always will do too. The fact that you’re no longer here, will always cause me pain.
The Lord is our light , strength and salvation. We give thanks for the father he gave us. Thank you for the love, guidance and strength only our father could give. Lord you gave us our father and that give could never be taken away. He will forever be in our hearts and minds, everliving. We love you Daddy, Oupa. from Stean, Dorshie, Marcus-Stean, Jah-Stean, Jahmalia and all those who share our pain.
Services: sell, install & repair
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
Gold Medal Carpet Care
from Jacoba, Jonnery, Candice, Jacques and grandchildren
Benjamin Harold (Bennie) Petersen
Vir ‘n gratis kwotasie, skakel:
Mari Blom 084-212-3020
SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voer tuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings
1948/07/21 - 2019/04/30
Dit is jou tweede verjaarsdag weg van ons, maar die seer lê nog vlak en die verlange is nog groot. Ons mis jou nog so baie, maar koester die mooi herinneringe. Daddy sal altyd voortleef in ons harte. Van jou vrou, kinders en kleinkinders
Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
from Cathy, Debonay and Carlton
Stefanis Laban Elsie (Dyn) Lintnaar
22/07/1964 - 11/08/2019
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o
LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION. In terms of section 35(5) of the Administration of Estates Act, No. 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estates specified below will be open for the inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the offices of the Masters of the High Court and Magistrates as stated. Should no objection thereto be lodged with the Masters concerned during the specified period, the executors will proceed to make payments in accordance with the accounts. The estate of the late: Colyn Joslin de Bruin Estate Number: 4842/2016 Province of Master’s Office of the Western Cape. I.D. Number: 4901305081080 Last Address: 426 Burg Street, Bella Vista, Ceres. Name of Executor: Roelof Feenstra Inc. Tel: (021) 883-8012
MAMA FATIMA & PROF
Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help nie. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskeidings. Stop buite egtelike verhoudings. Maak hom/ haar net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om ‘n baba te kan kry, werk te kry, jou salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres.
STEFAN STEYN 083-227-6476
Joh. 14:6 “Jesus het vir hom gesê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie!”
Mama Fatima & Prof by 078-082-6131
Here for all your problems. Big or Small. She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres
For free consultation call:
064-086-2635
Aan John Adams
Ek was was verkeerd. Ek vra nederig omverskoning vir die daad wat ek u aangedoen het. Met die brief herken ek dat ek verkeerd was en dat dit onvanpas was. Ek hoop u aanvaar my verskoning en dat ons twee in die toekoms beskaafd met mekaar kan wees. Die uwe
Hershall Schippers
Paws & Claws. Skeer & was van honde en katte. Geleë te Ceres Veearts, Vosstraat 502. Werk slegs op afspraakbasis op ‘n Dinsdag en Donderdag. Skakel Elsabé by 083-4583629. Sms/Whatsapp welkom. 3/7 - 31/7
Baie skoon, netjiese
EENSLAAPKAMERWOONSTEL Van Riebeeckstraat, Ceres
Eie toegang. Sekuriteit en baie veilig. Onderdak parkering. Beskikbaar: 1 September 2020 Huur per maand: R3 800 Skakel Arida vir ‘n afspraak en aansoekvorm by: (023) 316-1198 Slegs tydens kantoorure
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490
Evangelis Jacobs
Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook bankaflosse. Skakel 079-379-2898. c/s CX87 24/7
☎ /Fax: (023) 312-1414
c/o Vos- & Faure Street 83
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
Friday, July 24, 2020
Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie
Disclaimer at quackery advertisements Witzenberg Herald have not verified wether any of the services or products advertised will have the desired effect or outcome. Readers will note that some of the promised results in the advertisements are extraordinary and may be impossible to achieve. Beware some of the procedures and claims advertised may be dangerous if not executed by a qualified medical practioner. Readers are warned that they should carefully consider and verify the advertiser’s credentials. Witzenberg Herald do not accept any liability whatsoever in respect of any of the services or goods advertised
Spread warmth this Mandela Month SOME patients in public health facilities and intermediate care facilities in the Western Cape will be feeling the warmth of fellow residents thanks to donations received as part of the provincial Health department’s Spreading Warmth Mandela Day campaign. “To date we have received donations from Shoprite, Pres Les and the Mandalay Society of False Bay - amongst others. We’re extremely grateful for each and every donation received". "These donations will go a long way in helping our patients feel the care and comfort of fellow residents and organisations during a time when they are away from family and friends,” says Marika Champion, spokesperson for Western Cape Government Health. “But the work is not done yet. We have many more who still need a little bit of encouragement and a warm embrace through a care package”. All residents can help by preparing care packages for patients. Some of the highly sought-after items are: Blankets (fleece blankets), socks, toiletries, warm clothing, clean three layer cloth masks for patients to take home after their stay and sports water bottles. Residents can include anything else to show their care and which will make a hospital stay warmer and more healing. It is requested that donations not increase infection risk or place burden on already over-burdened staff. Individuals and companies wanting to get involved, can contact Harry Grainger at The Health Foundation for more information on how to donate: (021) 418-1580 or 072-6133-719 or send an email to Harry@thehealthfoundation.org.za.
WITZENBERG HERALD
7
Friday, July 24, 2020
Williams-duif die vinnigste by huis DIE tweede Laingsburg duiwewedvlug is Saterdag 18 Julie in goeie weersomstandighede gevlieg. Saterdag 25 Julie verskuif die wedvlugte ‘n bietjie verder na Leeu Gamka CHPS Jaaroud 1. Cyril & Ann Davids 1206.315 mpm 2. Clarence van Wyk 1196.569 mpm 3. André & A. Koopman - 1186.170 mpm 4. Cyril & Ann Davids 1180.188 mpm 5. Brian Isaacs 1179.152 mpm Ope 1. Brian Isaacs 1284.806 mpm 2. Brian Isaacs 1276.649 mpm 3. Brian Isaacs 1261.360 mpm 4. Clarence van Wyk 1246.616 mpm 5. Brian Isaacs 1240.838 mpm CPS Laingsburg1 Jaaroud 1. Meyer & Van Wyk 2. CT Nige 3. G.Williams -
1345.015 mpm 1340.968 mpm 1340.770 mpm
4. Krotz Lofts 5. Meyer & Van Wyk Ope 1. S.R. Williams 2. Camerin Mars 3. Camerin Mars 4. Meyer & Van Wyk 5. Camerin Mars Laingsburg2 Jaaroud 1. Blue Mountain Loft 2. Blue Mountain Loft 3. S.R. Williams 4. Camerin Mars 5. S.R. Williams Ope 1. JRK Lofts 2. JRK Lofts 3. S.R. Williams 4. CT Nige 5. CT Nige Hamlet duiweklub Jaaroud 1. Erasmus Hok 2. A. Geldenhuys -
DIE mooi sonsondergang by die Grootvlaktedam naby Matroosberg.
Kershoff
Ingenieurswerke / Engineering Maverick Trading 924 CC
Kershoff Ingenieurswerke te Ceres beskik oor die volgende vakature:
SWEISER
Vereistes: • Aansoeker moet 3-jaar en meer ondervinding hê in die sweis van Mildsteel & Alum • Moet met ‘n Mic en Tig welder kan werk • Moet onafhanklik werk en opdragte korrek uitvoer • Moet geletterd wees • Moet toepaslike verwysing kan verskaf van vorige poste beklee • Sober gewoontes handhaaf. Stuur asb. u CV met kontaknommers na: mkershoff@gmail.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2020 Navrae kan gedoen word by: 083-722-3665
M. Delport AANSTELLING VAN KURATOR Kennis geskied hiermee ingevolge Art. 75 van die Boedeladministrasiewet Nr. 66 van 1965 (soos gewysig) dat FRANCESCA DE QUINTAL, ROSETTE JORDAAN, vanaf 7 Julie 2020 deur die Meester van die Hooggeregshof Kaapstad aangestel is as kurator in boedel CR502/ 2019, Provinsie Wes-Kaap van MARIANA DELPORT, van Huis Disa, Van der Stelstraat 1959, Tulbagh, 6820. KELLERMAN JOUBERT INC. 1ste Vloer, Dorpstraat 98 Stellenbosch, Western Cape Tel: (021) 300-8660 E-pos: francesca@kjlaw.co.za 887048 Jul. 24 (4201)r
1333.303 mpm 1332.019 mpm 1395.068 1349.972 1334.886 1324.024 1317.576
mpm mpm mpm mpm mpm
1267.358 1236.982 1217.825 1217.746 1216.819
mpm mpm mpm mpm mpm
1275.528 1274.241 1265.429 1250.988 1248.866
mpm mpm mpm mpm mpm
1272.432 mpm 1242.943 mpm
3. Erasmus Hok 4. Erasmus Hok 5. C.B. Frick Ope 1. L. Kitshoff 2. A. Geldenhuys 3. Erasmus Hok 4. JJ Kitshoff 5. JJ Kitshoff -
1240.949 mpm 1239.708 mpm 1228.214 mpm 1263.194 1247.872 1227.432 1215.441 1205.043
mpm mpm mpm mpm mpm
Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Silvervaring 1224.741 mpm 2. Silvervaring 1210.612 mpm 3. Dauw van Der Berg 1207.504 mpm 4. Silvervaring 1202.486 mpm Ope 1. Rodrick Albertus 1246.644 mpm 2. Bertie Rabie 1228.614 mpm 3. Silvervaring 1165.264 mpm 4. Silvervaring 1164.870 mpm Rodrick Albertus wen ook die Wes-Boland Unie in die Ope wedvlug gevolg deur Bertie Rabie in die tweede plek. Tulbagh duiwekub het ook goed gevaar in die Federasie wedvlugte.
FOTO: Cordré Smith
SAPD soek na verdagte DIE hofsaak teen ‘n motorkaping-verdagte (31) gaan steeds voort in die Ceres landdroshof al is een verdagte dood en die ander een nog voortvlugtig. ‘n Vrou van Khayelitsha, Kutala Memke (31), het verlede Vrydag 17 Julie weer in die Ceres landdroshof verskyn. Sy is die enigste van drie verdagtes wat al gearresteer is. Die saak is tot 26 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. Memke word saam met haar vriend, Zukile Khuseko (30) en ‘n voormalige polisieman van Ceres, Ntandazo Kuse (30), by ‘n motorkaping betrek. Die polisie soek nog na Zukile Khuseko (30). Die derde verdagte, kst. Ntandazo Kuse (30) was sedert 6 Maart vermis. ‘n Soektog is van stapel gestuur maar dit het niks opgelewer nie. Ongeveer drie weke gelede is die liggaam van ‘n man met ‘n skietwond in die kop by Monwabisistrand naby Khayelitsha gevind. ‘n DNS-ondersoek het bevestig dat dit die liggaam van die vermiste konstabel Kuse is. Kuse was sedert September 2014 by Ceres SAPD werksaam. Hy is Saterdag 18 Julie op begrawe.
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, July 24, 2020
Witzenberg Herald
COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Classic gaan nog voorlopig voort DIE jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. Inskrywings sluit 30 September. Die klub sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye sover moontlik eerbiedig, maar vra spelers se begrip vir die finale loting. Uitslae Divan Maaz het Saterdag 18 Julie die individuele stableford kompetisie met 38 punte gewen. L. Esterhuizen (besoeker) was tweede met 36 punte gevolg deur Charl du Toit (sr.) en Bevan Davids, beide met 35 punte.
Ceres rolbalklub is weer aan die gang NA bykans vier maande van inperking kon Ceres se rolbalspelers ‘n welkome terugkeer na die baan maak op Saterdag 18 Julie. Streng COVID-19 maatreëls is ingestel en elke speler bring sy kant in die bekamping van die virus. Rolbalspelers het baie goed by die nuwe maatreëls aangepas en almal het die dag se spel terdeë geniet.* Enige persoon wat wil kom speel, kan op Woensdae of Saterdae vanaf 14:00 aanmeld en voor 11:00 op die betrokke dag ‘n bespreking maak by Stoffel op 072-347-2050 of Matie op 083-229-6402. ** Afrigting vir persone wat belangstel om rolbal te speel kan ook onder streng higiëne-maatreëls gedoen word. Vir meer inligting skakel Stoffel om ‘n afpraak te reël.
CHARL du Toit (sr.) was Saterdag derde in die kompetisie met 35 punte.
CORNEL Muller, oudleerder van Charlie Hofmeyr, het verlede jaar sy PGA-diploma by Swingfit Performance Academy voltooi. Cornel het gedurende sy drie jaar by Swingfit meer as 2000 uur se afrigting onder twee van die Wes-Kaap se top afrigters, James Wade en Adrian Buchner, ontvang. Tot voor die COVID-19 inperking, het Cornel vir 7 maande as verkoopsassistent in Pearl Valley gholfklub se gholfwinkel gewerk. Hy was ook verantwoordelik om gholfstokke vir spelers te herstel asook stele en grepe te vervang. Cornel is van 1 Julie by Ceres gholfklub waar hy afrigting aan junior sowel as senior spelers gee en om sy PGA leerlingskap te voltooi.