Witzenberg Herald Vol.25 no. 28 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 28

R8

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 21 Julie

Vrydag 22 Julie

-1° 18°

3° 18°

Saterdag 23 Julie

Sondag 24 Julie

0° 16°

-1° 19°

Ceres Koekedouw dam

61%

Lesing: 2022/07/20

Telephone: (023) 316-2021

Friday, Julie 22, 2022

BEST BREAD ROLLS IN THE WITZENBERG AREA: • Hamburger (normal, jumbo and seeded) • Hotdog • Portugese • Cocktail • Cheese • Paninis • And any ☎ 060-911-9535 other on request. Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

Damvlak laer DIE Witzenbergstreek kort reën en die Koekedouwdamvlak is meer as 19% laer as in 2021. Die Ceres Koekedouwdam is tans 61% vol teenoor verlede jaar se 80% in die ooreenstemmende week. In die Warm Bokkeveld is 157.6mm reën in Junie gemeet en slegs 26mm vir die eerste drie weke van Julie. In die Koue Bokkeveld is 154.3mm in Junie gemeet en skaars 35.7mm in Julie. * Inligting word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf. Fax: 086-211-5774

WA: 066-316-3003

nuus@witzenbergherald.com

The trusted name in commercial and residential

Waterproofing.

087 094 8092 www.rubberroofs.co.za

www.witzenbergherald.co.za

Diewe steel geld en selfone

INBREKERS het die naweek by Jet Ceres ingebreek en drie kluise oopgesny. Duisende rande se selfone en kontant is gesteel.

INBREKERS het die naweek by Jet Ceres ingebreek en duisende rande se selfone gesteel. Volgens die polisie het diewe tussen sluitingstyd Saterdagmiddag om 15:30 en Sondagoggend 08:30, toegang tot die winkel in Vosstraat gekry. Hulle het drie kluise met sluipmasjiene (grinders) oopgesny en R23 000 kontant en 159 selfone gesteel ter waarde van meer as R40 000. Die inbraak is Sondag aangemeld kort nadat ‘n personeellid die winkel oopgesluit het. Volgens die polisie is dit onbekend hoeveel inbrekers toegang tot die winkel gekry het en hoekom niemand enige geraas die aand gehoor het nie. Jet Ceres is skaars 150 meter van Ceres polisiestasie. Inligting Speurders kyk ook deur CCTV opnames of hulle diewe iewers kan opmerk. Enige persoon met inligting kan die ondersoekbeampte s/ kst. Nowatha skakel by (023) 316-8500.

Tweede skudding vanjaar op Tulbagh TULBAGH inwoners se oë het verlede Vrydag gerek toe ‘n tweede skudding vanjaar op die dorp gevoel is. Party inwoners het self die vorige aand blykbaar ook een skudding gevoel. ‘n Woordvoerder van die Raad vir Geo Wetenskappe se seismologiese afdeling in Pretoria, Michelle Grobbelaar, het hul data nagegaan en die week laat weet dat daar net Vrydag 15 Julie omstreeks 13:28 ‘n skudding van 3.0 Noord-Wes van die dorp geregistreer het. Geen skade of beserings is op die dorp aangemeld nie. Die vorige trilling is Maandag 21 Februarie waargeneem en deur ‘n handjievol inwoners gevoel en het dit 1.1 op die Richterskaal geregistreer. Die twee skuddings vanjaar is die eerstes

sedert September 2019. In 2019 is daar drie trillings waargeneem met die sterkste twee wat op 17 Junie, 1.8 en 1.7 op die Richterskaal, gemeet het. Geskiedenis Die aardbewing van 1969 het 52 jaar gelede Tulbagh en Ceres op 29 September geskud en het 6.3 op die Richterskaal geregistreer. Die ergste trilling in die laaste paar jaar was op 2 Desember 2015 wat daar 'n 3.7 geregistreer het. In 2018 is vier trillings waargeneem wat gewissel het van 1.9 op 4 Februarie, 24 Augustus (1.7), 5 Oktober (1.1) en 28 November (1.1). Paar jaar sonder skuddings Daar was geen trillings of skuddings in 2017, 2020 en 2021.

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91

Come and enjoy our daily baked fresh fish and chips parcel 7600

Pryse en produkte geldig tot 30 Julie 2022 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.