Witzenberg Herald Vol.23 no.29 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 29

R7.00

Friday, July 31, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 30 Julie

Vrydag 31 Julie

Saterdag 1 Augustus

8° 20°

7° 16°

Gold Medal Carpet Care

Sondag 2 Augustus

10° 24°

Indien jy jou bakkie wil verkoop skakel my by 072-407-1951

11° 24°

Ceres Koekedouw dam

76%

Vir ‘n gratis kwotasie, skakel:

Mari Blom 084-212-3020

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/07/29

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings.

www.witzenbergherald.co.za

Sakeman oorleef aanval CERES speurders en die Wes-Kaap taxieenheid ondersoek die naweek se skietery in Nduli waarin een persoon doodgeskiet is en een ernstig gewond is. Die aanval is deur drie gemaskerde mans uitgevoer. Hulle het ‘n bekende buseienaar van Nduli, Sizwe (Mgeba) Adoons (41), ernstig gewond. Mpiyakhe Qokole (48) het in die aanval gesterf na twee skote hom getref het. Volgens die polisie het die skietery Saterdag 25 Julie omstreeks 21:30 in Senoanalistraat plaasgevind. Sizwe Adoons het naby sy huis agter die stuur van sy wit Toyota dubbelkajuit bakkie gesit toe die drie aanvallers van agter die bakkie toeslaan. Daar is vyf skote deur die bestuurderskant geskiet waarvan twee vir Mpiyakhe Qokole aan die passasierskant getref het. ‘n Derde persoon wat in die voertuig was, is ongedeerd en het op die vlug geslaan.

Die polisie sal later verklarings by hom afneem. Na die skietvoorval is Sizwe Adoons na ‘n hospitaal gehaas waar hy tans in die intensiewe sorgeenheid in ‘n kritieke maar stabiele toestand verkeer. Twee ondervra Op Tulbagh is twee verdagtes ondervra kort nadat ‘n taxibestuurder op die dorp doodgeskiet is. Tsehla Mphutlane (25), ‘n taxibestuurder van Codeta, is Maandag 20 Julie ses keer geskiet en op die toneel in die Chris Hani woonbuurt oorlede. Die voorval het omstreeks 22:35 plaasgevind. Die polisie ondersoek duur voort. Daar word gewag vir DNS en ballistiesetoetse. Die twee verdagtes is weer vrygelaat. Minister veroordeel voorvalle Die Wes-Kaap minister van vervoer en publieke werke, Bonginkosi Madikizela, het die

afgelope weke met rolspelers in die WesKaap taxibedryf vergader. Hy het ook aanvalle op taxibestuurders en -eienaars veroordeel. Voor die naweek se skietery op Ceres en Tulbagh, is daar vanjaar reeds 43 mense doodgeskiet in die Wes-Kaap op Ceres, Paarl, Delft, Bellville, Bloekomsbos, Nyanga en Masiphumelele. Die polisie ondersoek ook meer as 20 poging tot moordsake. CATA word by 75% van sake wat ondersoek word betrek en CODETA by 20%. Madikizela het vroeër die maand met die Wes-Kaap-tak van SANTACO vergader sowel as met CODETA en CATA om ‘n oplossing vir die toenemende taxigeweld te soek. Die taxiverenigings het genoem dat roetepermitte, die gebrek om taxiroetes te beheer en die oor en weer afrokkel van lede en roetes is van die faktore wat lei tot die huidige taxigeweld.

MPIYAKHE Qokole (48) het gesterf.

Drie bly agter tralies, meisie terug by jeugsentrum DRIE moord-verdagtes bly agter tralies terwyl ‘n vierde verdagte (17) na plek van veiligheid terugkeer. Die vier verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30) en Justin Adonis (30) en die 17jarige meisie het Dinsdag 28 Julie weer in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel na 1 Oktober vir verdere ondersoek en verklarings wat nog uitstaande is. Daar moet ook nog besluit word of die saak in die streek- of hooggeregshof verhoor gaan word. Borg is op 8 Julie aan die meisie toegestaan met streng voorwaardes. Die vrou wat haar grootgemaak het en by wie sy voorheen op Wolseley gebly het, het egter verhuis. Die meisie is direk na die borg toegestaan

is, weer teruggeplaas in ‘n jeugsentrum vir meisies in Elsiesrivier totdat sy 18 word in Oktober. Daarna sal sy na ‘n korrektiewesentrum verskuif word. Agtergrond Dr. Roelof Botha (59) is op 1 Junie omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch grondpad vermoor. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen, ‘n mes, is later op die toneel gevind. Talle leidrade is opgevolg waarna drie verdagtes die dag na die moord, gearresteer is. Die meisie is op 3 Junie gearresteer. Die verdagtes is skaars 2 kilometer van die moordtoneel vasgetrek.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 30 JULY - 2 AUGUST 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR TOPS: SUPERSPAR BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: (023) 316-2226 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Mon - Thur 09:00 - 17:00 T-Bone & Club Pork Neck bulk Beef Oxtail Steak COMBO

99 8599 5999 74 p/kg

Ceres Spar Boerewors bulk

7699 p/kg

COMBO

100

00

29

p/meal

5999 each

5999 1499 each

4999 5999 each

each

1kg Nature’s Garden Enterprise Red, Smoked (no Frozen Chips range Pork) or Chicken Viennas 500g

2kg Spar IQF mixed Chicken portions

Spar Briquettes 5kg Spar Firelighters 12’s

Banana Caramel tart

99

p/kg

p/kg

7kg Potato, 3kg Butternut 1kg Onions, 750g Carrots 1 Cabbage

Chicken Leg quarter, savoury Rice Oreo tart & Pumpkin Serving suggestion

Spar bulk Cheddar or Gouda Cheese

Nescafé Ricoffy (excl. Decaf) 750g STORE PRICE: R7499

7999

6999

p/kg

each

Spekko long grain parboiled rice 2kg

28

2999 each

Aarbeie 250g

2 FOR

30

00

2399

99

59

each

each

1kg Freshline Tomatoes

2 FOR

3000

Spar Long Life Milk, Full Cream, Low Fat or Fat Free 6 x 1L

6999

p/pack

each

(extra R5 off with Rewards)

Twinsaver 1-ply White Toilet Paper 15’s 99 Brookes Oros each Squash 2L ass.

3299 each


2

WITZENBERG HERALD

Friday, July 31, 2020

Huiseienaars kan aangekla word as hulle nie aan regulasies voldoen nie

Dankie vir ondersteuning DIE naasbestaandes en familie van wyle Angela Weitz, spreek hul opregte dank en waardering uit teenoor die personeel van Huis Mostertshoek asook talle ander wat menslikheid aan haar getoon het, tydens die begrafnis en versorging. Opregte dank aan Nico begrafnisdienste vir julle puik diens.

Lize is bang vir die virus TOEKIE Steyn van Ceres Tuiste skryf: HY skrik wakker van klein Lize wat hard en aanhoudend in haar kamer huil. Liggies stoot hy aan sy vrou: “Word wakker Liesbet, Lize huil.” Verward kom sy orent. “Hoekom gaan kyk jy nie? Die baba het my nog die hele nag wakker gehou. Het so pas eers aan die slaap geraak.” Nog half deur die slaap skakel sy die lig in Lize se kamer aan. Lize sit regop in haar bed, huil hartverskeurend. “Hoekom huil jy so liefling?” vra sy, tel haar vyfjarige op en druk haar styf teen haar aan. “Ek is bang mamma,” snik sy en druk haar gesiggie onder haar ma se arm in. “Hoekom is jy bang?” vra sy en streel liggies oor haar hare. “Hier was ‘n man met ‘n lang swart jas in my kamer,” snik sy. “Dit was net ‘n droom my liefling, kyk, hier is niemand .” Sy weier om haar kop onder haar ma se arm uit te haal. “Ek is bang mamma, ek wil by julle kom lê.” Hy het gesê ek mag nooit weer uit my kamer uitkom. Gevaarlike goggas wag vir my buite. Sy lig haar kop onder my arm uit, kyk na my en sê droewig: “As ek hier uitgaan, het hy gesê, gaan ek vir mamma, pappa en vir babatjie aansteek. Dan sal julle almal doodgaan en dit sal dan alles my skuld wees. Ek is bang mamma.” Sy slaan haar armpies om my nek en begin weer rukkend huil. “Toemaar,” troos Liesbet en staan op. “ Jy kan by ons kom lê.” Tevrede wikkel sy haar tussen hulle in. Raak binne minute weer rustig aan die slaap. “Jy kon ‘n rukkie by haar geslaap het,” brom Piet. “Jy weet hoe ongerieflik dit is met haar tussen ons. Sy lê nie vir ‘n minuut stil nie. Bly skop my tussen die ribbes.” “En hoekom het jy nie opgestaan om by haar te gaan slaap nie” sê sy ergelik. “ Môre slaap jy buitendien vir hoe lank jy wil. Doen tog niks.” Hy draai hom om, gee ‘n ergelike snorkie deur sy neus en sê hard genoeg vir haar om te hoor: “Verdomde virus.”

ELKE huiseienaar het al een of ander tyd ‘n warmwatersilinder by sy/haar huis vervang. Maar min huiseienaars weet dat hulle kan aangekla kan word as die regulasies oor die installering van warmwatersilinders (geyser) oortree word. Die wet op gesondheid en veiligheid van 1993 bepaal dat warmwatersilinders reg geinstalleer moet wees. Hierdie regulasies dui daarop dat die huiseienaar siviel en krimineel aangekla kan word, indien hy/sy nie verseker het dat hulle geyser korrek geinstalleer is nie. Om dit te kan verseker moet die installasie deur ‘n bevoegde en gesertifiseerde persoon geinstalleer word en ‘n bevoegdheidsertifikaat moet daarvoor uitgereik word wat die eienaar vrywaar. Meer en meer gevalle word daagliks aangemeld van loodgieters wat geysers installeer wat nie voldoen aan dié wetgewing nie. Dit maak die huiseienaar of opdraggewer direk verantwoordelik vir die onwettige installasie. Daar word al hoe strenger teenoor sulke individue opgetree met boetes of tronkstraf.

Meer inligting Dit is belangrik dat huiseienaars hulle hiervan moet vergewis. As hulle meer inligting benodig of om meer uit te vind oor hul pligte as huiseienaar en die strawwe, kan hulle regulasies gaan lees (no. 38505 wat in staatskoerant van 27 Februarie 2015 gepubliseer is). Versekering Versekeringsmaatskappye vereis nou dat die geyser volgens SANS10254 en sonpaneelgeysers volgens SANS10106 riglyne geinstalleer moet word en ‘n sertifikaat van bevoegdheid uitgereik moet word om soedoende ‘n veilige installasie te verseker en daardeur hulle risiko te verminder. Verbruikers kan ook die Instituut van Loodgieters (IOPSA) direk skakel om meer inligting te verkry. Al hoe meer vervaardigers aanvaar nie meer waarborgeise van geysers, indien die geyser nie volgens die voorgeskrewe standaard geinstalleer is nie, wat kan beteken dat die kliënt dan uit sy/haar eie sak vir ‘n nuwe geyser moet betaal.

WE ARE LOCAL! www.jptek.africa 087 095 3617 37 Voortrekker Street, Ceres

CCTV ALARM SYSTEMS DATA CABLING

Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.

KOOP PLAASLIK

Sera Baartman

Wishing you a beautiful day with good health and happiness forever. From all who love you dearly


WITZENBERG HERALD

3

Friday, July 31, 2020

Inwoner (56) in hof

ANDREW Jaeger (56).

‘n INWONER van Tulbagh het verlede week vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn weens diefstal. Andrew Jaeger (56) van die plaas Oudekloof, het op Woensdag 22 Julie verskyn op twee klagtes van diefstal van boegoe op plase in die Tulbagh omgewing. Betroubaar word verneem dat dit oor ‘n tydperk van Maart tot April plaasgevind het en dat ongeveer 4 ton gestroop is. Boegoe se waarde word tussen R60 000 en R80 000 per ton geraam. Jaeger het nie toestemming gehad of 'n permit om die boegoe te stroop nie.Die SAPD op Malmesbury ondersoek die saak. Jaeger moet weer op 3 September in die hof verskyn.

Kapingsaak gaan voort DIE hofsaak teen ‘n motorkaping-verdagte (31) gaan steeds voort in die Ceres landdroshof al is een verdagte dood en die ander een nog voortvlugtig. ‘n Vrou van Khayelitsha, Kutala Memke (31), het Vrydag 17 Julie weer in die Ceres landdroshof verskyn. Sy is die enigste van drie verdagtes wat al gearresteer is. Die saak is tot 26 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel. By kaping betrek Memke word saam met haar vriend, Zukile Khuseko (30) en ‘n voormalige polisieman van Ceres, Ntandazo Kuse (30), by ‘n motorkaping betrek. Die polisie soek nog na Zukile Khuseko (30). Die derde verdagte, kst. Ntandazo Kuse (30) was sedert 6 Maart vermis. ‘n Soektog is van stapel gestuur maar dit het niks opgelewer nie. Ongeveer drie weke gelede is die liggaam van ‘n man met ‘n skietwond in die kop by Monwabisistrand naby Khayelitsha gevind. ‘n DNS-ondersoek het bevestig

dat dit die liggaam van die vermiste konstabel Kuse is. Die omstandighede rondom sy dood word nog ondersoek. Kuse was sedert September 2014 by DIE polisie soek nog na Zukile Khuseko (30). Ceres SAPD werksaam. Hy is Saterdag 18 Julie op Lady Frere begrawe. Agtergrond Volgens die polisie het die kaping Donderdag 5 Maart in die Agter-Witzenbergvallei plaasgevind. Memke is na die kaping in die Agter-Witzenbergvallei opgemerk en gearresteer. Die ander verdagtes het die polisie ontglip. Die polisie het later ‘n wit Toyota Fortuner verlate in Harare buite Kaapstad gekry het. Die polisie het ook op ‘n silwer Mercedes Benz beslag gelê. Inligting Talle leidrade is reeds deur die ondersoekspan opgevolg maar indien die gemeenskap oor nuwe inligting beskik waar Khuseko hom bevind, kan hulle s/ sers. Van Rooyen skakel by (023) 313KUTALA Memke (31). 3133 of 079-8939-861.

Na meer as vier jaar is die saak teen ‘n taxibestuurder nog nie afgehandel nie VIER en ‘n half jaar nadat ‘n taxibestuurder verantwoordelik was vir die dood van twee Ceres inwoners, is die manslagsaak vir die soveelste keer uitgestel. Die saak is tot 23 September vir pleit en verhoor uitgestel. Salmon Nelson (65) en Elsa Nelson (63) is dood nadat hulle met hul motorfiets in ‘n botsing buite De Doorns betrokke was. Die ongeluk het omstreeks 14:35 gebeur. Die botsing het by die De Doorns-afdraai op die N1 snelweg plaasgevind waar kontrakteurs besig was met pad-

werke met ‘n stop en ry-aksie in plek. Die bestuurder van ‘n Toyota Condor en ‘n Lesotho-burger,Thaptlo Mtebere, het vanuit Touwsrivier se rigting by die stop en ry voor die Nelsons se motorfiets ingeswaai waarna die Nelsons se motorfiets en die Toyota gebots het. Die impak het die Nelsons teen ‘n minibus geslinger wat by die verspering stilgestaan het. Mtebere verskyn op ‘n aanklag van roekelose en/of nalatige bestuur asook twee klagtes van strafbare manslag.

MICHELLE Dicey along with Peppi, Nick and Simone Stanford established Littlethingsza in Wolseley during the first few weeks of lockdown to assist the established soup kitchens in the Wolseley Community as well as the Wolseley Community Safety Group. It has so far been a very successful project and had great support from the community in terms of donations of vegetables and fruit and financial donations (see our website littlethingsza.org.za). “We have also been fortunate to have had international donations”.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, July 31, 2020

Virus eis nog ses slagoffers in die Witzenbergstreek Tans is die meeste gevalle in die ouder- twee weke besig om Dennebos weer ope- opdrag gegee dat skole in die land vanaf DIE COVID-19 virus het die week nog ses slagoffers in die Witzenbergstreek domsgroepe 30-39 jaar en 40-49 jaar. Die rasioneel te kry as kwarantynsentrum en ver- Maandag 27 Julie tot Maandag 24 Augustus grootste styging het weer in die 30-39 jaar wag dat die oord weer teen Vrydag gebruik gesluit word. Matrieks en graad sewes is geëis. Die positiewe gevalle in die Witzenbergstreek het dié week met 183 gevalle gestyg. Ses mense is die week dood wat die sterftesyfer in die streek na 38 opgestoot het. Die sterftesyfer is tans 3% van die totale positiewe gevalle in die streek. Statistieke Teen Dinsdag 28 Julie was daar 1243 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 953 herstel met 252 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (220), Bella Vista (262), Ceres (267), Tulbagh (79), Wolseley (180), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (152), Koue Bokkeveld plase (15), Warm Bokkeveld plase (16), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (10), Agter-Witzenberg plase (6), Breërivier (8) en 1 geval buite Witzenberg. Ceres het 75 gevalle, Bella Vista het 52 aktiewe gevalle, Wolseley het 46 gevalle, P.A. Hamlet 24 gevalle, Tulbagh 18 gevalle en Nduli 13 gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (13), 5-9 jaar (10), 10-19 jaar (81), 20-29 jaar (260), 30-39 jaar (280), 40-49 jaar (265), 50-59 jaar (178), 60-69 jaar (82), 70-79 jaar (30), 80-89 jaar (29), 90-99 (14) en 100-110 (1).

groep plaasgevind met 15 gevalle wat in die ouderdomsgroep ouer as 90 jaar voorgekom het. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 2948 (tot 27 Julie), daar is 91 659 positiewe gevalle aangemeld en 76 835 het volkome herstel. Daar is tans 275 pasiënte in ICU. Agt en dertig (38) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (P.A. Hamlet en Wolseley met 7 sterftes elk, Nduli en Bella Vista met 6 sterftes elk, Ceres met 5 sterftes, Tulbagh met 4 sterftes, Koue Bokkeveld plase, Breërivier en Op-dieBerg met 1 sterfte elk). Die afgelope week is daar weer ses persone oorlede (2 op Wolseley en een elk in Bella Vista, Ceres, Op-die-Berg en P.A. Hamlet). Die sterftesyfer is tans 3% van die totale positiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Die provinsie se gemiddeld is ook net meer as 3%. Kwarantyngeriewe Dennebos vakansieoord en tydelike COVID19 kwarantynsentrum, het onlangs sleg deurgeloop onder stormskade. Talle bome is omgewaai en het eiendom op die terrein beskadig. Sowat 31 pasiënte moes noodgedwonge na Du Toitskloof lodge verskuif word. Witzenberg munisipaliteit is die afgelope

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property

Ligging / Location

Aansoeker / Applicant

Aard / Nature

Erf 152, Tulbagh

47 Van der Stel Street, Tulbagh

Paul Meyer 082-7841387

Erf 152 Tulbagh: Rezoning from residential zone 1 to business 111 (offices) Aansoek om hersonering vanaf residensiële sone 1 na sakesone 111 (kantore)

Verwysing / Sluitingsdatum Reference / Closure date

15/4/1/2/ 98

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant 30 Days from date of publication in newspaper

kan word. Altesaam 12 huisies, die Dennebossaal asook privaat eiendom is tydens die storm beskadig. Die erg beskadigde huise sal herstel word sodra die versekeringseis afgehandel is. Huis Pieter Strauss Badisa het verlede week bevestig dat ‘n aantal inwoners van Huis Pieter Strauss (HPS) op Ceres die afgelope paar dae positief getoets het vir COVID-19. (Lees berig hier onder). Onderliggende siektes Diabete word aangeraai om by die huis te bly en die Pocket Clinic WhatsApp te gebruik om hul medikasie te laat aflewer. Stuur ‘Hi’ na 087-240-6122 om jouself vir dié tuisaflewering te registreer.

Veranderings Rampbestuurregulasies is op 12 Julie in die staatskoerant gewysig rakende die toerismebedryf, die dra van maskers, drankverkope en die instel van die aandklokreël. Geen drank mag sedert 13 Julie verkoop word nie en ‘n aandklokreël is vanaf 21:00 tot 04:00 ingestel. Die dra van maskers is ook nou verpligtend en daar kan teen diegene opgetree word indien hulle dit nie dra nie. Skole Die nasionale regering het verlede week

egter hierby uitgesluit. Hoërskool Charlie Hofmeyr het reeds ‘n week vroeër gesluit nadat drie onderwysers positief getoets het. Matrieks en hul onderwysers moet Maandag 3 Augustus terugkeer skool toe. Die graad sewes moet op 10 Augustus terug skoolbanke toe. Nuwe datums vir ander grade se terugkeer sal later deur die nasionale regering bekend gemaak word. Onderwysers met onderliggende siektes moet steeds by die huis bly. Koshuisleerders positief Ceres Sekondêr is die vierde skool in die Witzenbergstreek wat hard deur die COVID19 virus getref is. Koshuisleerders het verlede week simptome begin getoon en is getoets. Vyf leerders het positief getoets en word by die koshuis geïsoleer en is in selfisolasie geplaas. Twee koshuispersoneellede het ook positief getoets. Agt leerders wat simptome getoon het, het herstel. Drie leerders is vir 10 dae by die Du Toitskloof Lodge kwarantynfasiliteit in isolasie geplaas. Die skoolkoshuis is na die aanmeldings deeglik skoongemaak. Die departement gesondheid asook die WKOD gee deurlopend goeie ondersteuning aan die leerders en personeel.

COVID-19 tref Huis Pieter Strauss BADISA het verlede week bevestig dat ‘n aantal inwoners van Huis Pieter Strauss (HPS) op Ceres die afgelope paar dae positief getoets het vir COVID-19. “ Onmiddellik nadat bevestiging van die eerste positiewe toets ontvang was, is alle inwoners, met die samewerking van die Ceres provinsiale hospitaal, vir COVID-19 getoets”. “Op Dinsdag 28 Julie is die inwoners en personeel se uitslae ontvang. 25 Inwoners is positief getoets, 21 se uitslae was negatief en 6 uitslae is nie afdoende nie. HPS wag nog op die uitslag van drie inwoners”. Badisa meld voorts in hul verklaring dat 3 van die 25 persone wat positief getoets het, tans in die hospitaal is en dat hul toestand bevredigend is. Die res word in die tehuis versorg en het tot dusver geen of ligte simptome. Vier personeellede is tans positief en in selfisolasie. Die aantal bevestigde sterftes weens CO-

VID-19 is tans twee mense. Maatreëls “Alle maatreëls vir verdere verspreiding sowel as die versorging van inwoners na aanleiding van voorgeskrewe protokolle, is in plek gestel. Ceres provinsiale hospitaal ondersteun die tehuis. Ons het geweldige waardering vir die betrokkenheid van die superintendent van die hospitaal en vir die ondersteuning wat hy tans bied”. Ondersteuning “Ons wil die gemeenskap verseker dat alle moontlik hulpbronne gemobiliseer word om inwoners te beskerm en te versorg. Ons vra die gemeenskap se ondersteuning tydens die moeilike situasie”. “ Huis Pieter Strauss het tans voldoende persoonlike beskermende toerusting om personeel en inwoners te beskerm. Die hele fasiliteit is verlede Donderdag 23 Julie vir die derde keer sedert die uitbraak van die pandemie, skoongemaak.”

OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘n SPESIALE VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 31 JULIE 2020 In terme van Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) word hiermee kennis gegee van die volgende geskeduleerde Spesiale Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum Vrydag 31 Julie 2020

Tyd

Plek 09:00 Virtuele vergadering

Besonderhede Spesiale Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF A SPECIAL MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 31 JULY 2020 Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Special Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date Friday 31 July 2020

Time Venue 09:00 Virtual meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50/50 Voortrekker Street Posbus/P.O. Box 44, CERES, 6835 Verw/Ref.: 03/1/2/3

Particulars Special Council meeting


WITZENBERG HERALD

Friday, July 31, 2020

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Sadé Lubbe 30 Julie 1999

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

1980/08/26 - 2020/07/26

Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

c/o Vos- & Faure Street 83

Muti mama - die een wat lewens kan verander. Die beste van die beste! Ons wil almal wat al misluk het kanse gee. Ons help met: Mislukte huwelike. Onopgeloste finansiële probleme wat ander dokters nie mee kon help nie. Verlore liefde. Geliefdes wat jou gelos het vir iemand anders of egskeidings. Stop buite egtelike verhoudings. Maak hom/ haar net joune alleen. Stop hom/haar om op jou te cheat. Help om ‘n baba te kan kry, werk te kry, jou salaris te verdubbel en ‘n promosie te kry. Wil jy jou besigheid laat groei? Huur magic stok beurs vir lotto, casino, perde. Resultate binne 2 dae. Besoek ons in Ceres.

Mama Fatima & Prof by 078-082-6131

MAMA ZAINA & PROF SULA 100% finansiële sukses & verhoudingskenner

Sanna Hardneck

1958/03/28 - 2020/07/28 Privaat begrafnis: Vry. 31 Julie 2020

Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Graf: 12:00, Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Sanna Jors

1972/10/22 - 2020/07/23 Privaat begrafnis: Son. 2 Aug. 2020

Slegs 45 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Huis Huis: 09:00, Prinshof Plaas, Ceres Graf Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

☎ /Fax: (023) 312-1414

MAMA FATIMA & PROF

Privaat begrafnis: Vry. 31 Julie 2020

PLANT AND TOOL HIRE

Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490

Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Van almal wat lief is vir jou

Katrina van Rooy

Paws & Claws. Skeer & was van honde en katte. Geleë te Ceres Veearts, Vosstraat 502. Werk slegs op afspraakbasis op ‘n Di. en Do. Elsabé 083-458-3629. Sms/ Whatsapp welkom. 3/7 -31/7

• Finansiële groei • Verlore minnaar terug hou • Help Lotto • Casino nommers, asook huwelike • Help met geestelike probleme • Raak ontslae van bose geeste in woning • Help met kontant in rekening, asook met skuld probleme deur amagwande • Help met padongeluksfonds uitbetaling • Towering vir jou beursie om te help met finansiële bystand • Help ook met alle hofsake en bevorderings in die werksplek

Bel/Whatsapp

083-230-1940

Dr Mama Moses Herbal Expert Traditional & Spiritual

Here for all your problems. Big or Small. She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

For free consultation call:

064-086-2635

Voortrekkerstraat 133

Voortrekkerstraat 133

VOORRAAD KREDITEUREKLERK

HIRE SPECIALIST (VERKOOPSPERSOON)

• Persoon met ondervinding in voorraad in ons bedryf en/of retail • 3 - 5 jaar ondervinding in voorraad • Moet tegniese kennis hê van gereedskap, power tools, small plant masjiene ens. • Krediteure ondervinding

Stuur asb. CV’s na:

• Ons is opsoek na iemand met baie energie • Kennis van masjienerie en DIY gereedskap is belangrik • Moet ten minste 3 jaar ondervinding hê in verkope.

Stuur asb. CV’s na:

personeel@jmgrp.co.za

personeel@jmgrp.co.za

7 Augustus 2020

7 Augustus 2020

Sluitingsdatum vir aansoeke:

Sluitingsdatum vir aansoeke:

Friday, July 31, 2020

Koue Bokkeveld Waterbewaringskoördineerder

(2-jaar kontrak gestasioneer naby Ceres, Wes-Kaap) Verwagte salaris boonste salarisvlak C – gebaseer op toepaslike ervaring Namens die plaaslike watergebruikers adverteer die Waboomsberg Bewaringsgebied ‘n pos vir ‘n opvangsgebied-koördineerder op ‘n tweejaarkontrak om waterbeheer in die groter Koue Bokkeveld-omgewing te bestuur. Dit maak deel uit van ‘n samewerkende voorsieningskanaal-inisiatief wat WWF SA fasiliteer met die doel om die kollektiewe bestuur van waterbronne in twee kritieke opvanggebiede in die Wes-Kaap te bevorder. Die projekspan soek ‘n dinamiese en selfgedrewe individu met toepaslike werkservaring met die fokus op landbouwetenskap, besproeiingstegnologie en bestuur van waterbronne. Die suksesvolle kandidaat sal positiewe werksverhoudinge met produsente en watergebruikers in die Koue Bokkeveld-omgewing vestig, data insamel en intervensies vir die bestuur van waterhulpbronne binne plaaslike projekareas implementeer. Dit sal die volgende insluit: kartering van huidige grondgebruike en ekologiese infrastruktuur, meting en monitering van die onttrekking en gebruik van water, prioritisering van indringerplante op grond van watersekuriteit en biodiversiteitsvoordele, asook die vestiging van ander moontlike projekaktiwiteite, soos die herstel van oewergebiede, bestuur van gronderosie, die skep van brandbane en die bevordering van volhoubare boerderypraktyke gebaseer op plaaslike behoeftes en beskikbare finansiering. AGTERGROND: Die geleentheid vir so ‘n koördineerderposisie het ontstaan ná die onlangse droogte wat die toenemende klimaatsdruk as ‘n risiko vir beide die plaas- en markkant uitgelig het. Verskeie invloedryke Britse klein-handelaars het kragte saamgespan omdat hulle die gedeelde waterrisiko’s van hierdie kritieke toevoergebied ingesien het, terwyl baie van die plase, hoewel hulle effektief water op hul plaasvlak bestuur, nie altyd die volle impak op die opvangsgebied kan meebring vir toekomstige besigheidsbe-sluite nie. Dit is dikwels te wyte aan ‘n gebrek aan die deel van inligting en ‘n databasis wat betroubaar, deursigtig en streeksbestuur is. Die rol van hierdie posisie is om ‘n gedeelde begrip en verantwoordelikheid van die watervoorsiening binne die opvanggebied te fasiliteer, gebaseer op akkurate gegewens, en om hierdie inligting te gebruik om ‘n waterbestuursplan vir die projekgebied in die Koue Bokkeveldstreek saam te ontwikkel. Aktiwiteite gaan waarskynlik die volgende insluit: • Help om ‘n omvattende plan vir die opvanggebied te ontwikkel, gefokus op waterverwante uitdagings, met alle insette van die belanghebbendes • Om oppervlak- en grondwatermoniteringsprojekte te vestig wat data versamel om te verseker dat hulpbronne op volhoubare vlakke gehandhaaf word • Om ‘n spesifieke plan vir die uitroei van uitheemse (indringer) plantegroei te ontwikkel wat oor die hele projekarea geïntegreer is om spanne te help koördineer op grond van prioriteitsareas en vasgestelde tydlyne en beskikbare begrotings • Om die uit-ruil van leerervarings oor waterkwessies tussen verskillende opvanggebiede (bv. gehalte van water, besproeiingspraktyke, ens.) of volhoubare produksiestandaarde te koördineer • Om ‘n brandbestuursplan vir die gebied saam met die plaaslike BBV op te stel • Om direk met proaktiewe private grondeienaars en vrugteverskaffers in die projekgebied saam te werk om hul waterrisiko’s te bestuur en verbeteringsplanne saam te ontwikkel wat in die plan oor die vlak van die opvangsgebied inpas. Die persoon wat hierdie pos beklee is gestasioneer by die Waboomsberg Bewaringsgebied en sal direk aan die leier van die WWF-projekspan rapporteer. Kernverantwoordelikhede van die suksesvolle aansoeker: • Betrokkenheid van belanghebbendes en die ontwikkeling van verhoudinge met projekvennote (soos grondeienaars, boereverenigings, kontrakteurs vir indringerplante en herstel van vreemde plante, asook verwante regeringsinstansies soos die Wes-Kaapse Departement van Landbou: LandCare, Cape Nature, Departe-ment van Water and Sanitasie ens.) • Personeelbestuur en leierskap, inslui-tend bestuur en implementering van kontrakteurs (wat wissel van uitheemse skoonmaakspanne tot watergehalteadviseurs ens.) • Projekbestuur en gehalteversekering van alle projekte, insluitend monitering en evaluering, kontraktering, verslagdoening en projektoesig oor bedryfsaktiwiteite soos beplanning en implementering van jaarlikse bedryfsplan en finansiële rekordhouding • Die waterbestuursplan te laat herleef deur die bestaande en nuwe data-insameling en -ontleding aan te vul vir die prioriteitsrivierstelsels wat terreinbesoeke insluit voor en na verslagdoening oor bevindings • Be-stuur en administrasie van watersekuriteitsaktiwiteite (soos uitheemse skoonmaak- en restourasie-aktiwiteite), insluitend administrasie, kartering, datavaslegging, beplanning, verifiëring in die veld, verslagdoening oor be-vindings en gereelde uitgebreide verslagdoening aan die Koue Bokkeveld GBV’s en eksterne befondsers • Bewusmaking rakende effektiewe bestuur van natuurlike hulpbronne aan verskillende belanghebbendes, insluitend die reël van werkswinkels en geleenthede waartydens inligting gedeel word vir projekdeelnemers • Fondsinsameling vir projekverwante aktiwiteite, bv. om die skoonmaak van indringerplantegroei, en infrastruktuur- of tegnologie-ontwikkeling te ondersteun om die monitering en rapportering van wateront-ginning te verbeter, data-ontleding en verslagdoening deur verskillende instrumente, navorsings- of loodsprojekte te ondersteun om innovering rondom die bestuur van natuurlike hulpbronne (waterherwinning, grond- koolstof) en aanpassingstegnieke en -tegnologieë vir klimaatsverandering. Vaardighede benodig: • Professionaliteit, sterk werksetiek en die vermoë om onafhanklik te werk, maar moet ook ‘n baie goeie spanspeler wees • Uitstekende verhoudingsbestuurvaardighede en die vermoë om met verskillende belanghebbendes saam te werk • 3 - 5 jaar ervaring in die versameling, ontleding en interpretasie van gehalte data, veral met betrekking tot waterbronne • Toepaslike hidrologiese en omgewingsbestuurskwalifika-sie • Vorige ondervinding in besproeiingslandbou en produksiepraktyke • Die vermoë om toesig te hou oor en bestuur van klein spanne kontrakteurs - veral in die uitvoering van aktiwiteite met betrekking tot die skoonmaak van indringerplantegroei en restourasie-aktiwiteite • Effektiewe vaardighede om data te bestuur • GIS en karteringskundigheid is ‘n voordeel • Projekbestuursvaardighede insluitend gesonde finansiële administrasie en bestuur (bestuur van verskeie begrotings), voorspelling, fondsinsameling • Voel gemaklik om onder die druk van streng sperdatums te werk en om die projekuitkomste te bereik • Vaardigheid in Microsoft Word, Excel, Powerpoint • Die vermoë om die projek te verteenwoordig en namens die projekvennote op verskillende forums voorleggings te doen • Vlot in Engels en Afrikaans Vir meer besonderhede tree asseblief in verbinding met Shelly Fuller by e-posadres: sfuller@wwf.org.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 Augustus 2020 Verwagte aanvangsdatum: So spoedig moontlik


7

Verkragtingsaak sloer voort in Worcester streekhof DIE hofsaak teen ‘n Ceres-verkragter duur voort in die Worcester streekhof. Die 40-jarige verdagte, Adriaan (Rudi) de Vlam van Bella Vista, moet weer op 31 Julie in die hof in Worcester verskyn. De Vlam verskyn op aanklagte van verkragting en poging tot moord. Hy is sedert die voorval in aanhouding. Agtergrond De Vlam is na goeie werk deur polisielede en met die hulp van die publiek, aangekeer in 2018 na die wrede verkragting en aanranding van ‘n 19-jarige slagoffer. Die voorval het op Donderdag 29 Maart 2018 tussen 21:00 en 23:30 in ‘n beboste-gebied naby die Bella Vista begraafplaas, plaasgevind.

Wees waterveilig gedurende grendeltyd WINTERTYD en waterveiligheid is nie twee woorde wat mense dink bymekaar pas nie! En wanneer Ceres aan winter dink, is dit koue, sneeu en reën! Dit beteken natuurlik dat die damme, riviere en kanale voller raak en dus is waterveiligheid en die beskerming teen verdrinkings van die belangrikste aspekte waaraan gereeld aandag geskenk moet word. Tydens wintermaande glip waterveiligheid maklik deur die krake en kan dit groot hartseer teweeg bring. Die Waterveiligheidsprogram van die Nasionale Seereddingsinstituut bied virtuele lesse aan om kinders bewus te maak van die gevare naby water. Skole en speel-

groepies is welkom om vir Eoudia Erasmus by 074-321-5322 te skakel of ‘n epos te stuur na eoudiae@searescue. org.za Tydens die wintermaande en veral met grendeltyd, is meer kinders tuis en die NSRI wil graag die onderstaande wenke met lesers deel: - Ouers moet vir kinders van jonks af leer dat hulle nooit alleen naby water mag speel nie.

Indien jy jou bakkie wil verkoop skakel my by 072-407-1951

6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW TELL FRIENDS AND FAMILY FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ENGAGE WITH THEIR POSTS GIVE THEM A SHOUT OUT SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER

TOTAL

R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00

R0.00

******************************

(Wees bewus daarvan dat kinders in 4cm water kan verdrink.) - Indien naby water, sorg dat jy ten minste ‘n armlengte van jou kind af is. - Visdammetjies, fonteintjies, toilette, slote, waterbakke van diere en skottels vol water wat buite staan, is enkele voorbeelde waarin kinders kan verdrink. - Leer KPR en ken die noodnommer: 112


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, July 31, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Kitshoff-duif eerste by huis na moeilike wedvlug WEDVLUGDUIWE is Saterdag 25 Julie op Leeu Gamka losgelaat. ‘n Sterk wind van voor het egter die vlug huistoe belemmer en duiwe was heelwat later terug as wat daar verwag was. Saterdag 1 Augustus skuif die vlugte na Beaufort-Wes. CHPS Jaaroud 1. Cyril & Ann Davids 1152.379 mpm 2. André & A. Koopman - 1149.097 mpm 3. Brian Isaacs 1147.844 mpm 4. Brian Isaacs 1073.743 mpm 5. Brian Isaacs 992.608 mpm Ope 1. Cyril & Ann Davids 1214.383 mpm 2. Brian Isaacs 1053.659 mpm 3. Brian Isaacs 1044.250 mpm 4. Cyril & Ann Davids 965.847 mpm 5. Cyril & Ann Davids 963.259 mpm CPS Jaaroud 1. E. Lofts 1169.824 mpm 2. Camerin Mars 1144.815 mpm 3. Blue Mountain Loft 1127.642 mpm 4. Blue Mountain Loft 1090.476 mpm 5. N. Jacobs 1087.532 mpm Ope 1. Camerin Mars 1116.412 mpm 2. Blue Mountain Loft 1108.146 mpm 3. Meyer & Van Wyk 1098.798 mpm 4. JRK Lofts 1073.888 mpm 5. Meyer & Van Wyk 1073.026 mpm BHPS Jaaroud 1. M. Pieterse 1148.553 mpm 2. J. Van Rooy 1144.054 mpm 3. M. Pieterse 1139.335 mpm 4. L. Koopman 1138.128 mpm 5. D. Muller 1116.324 mpm Ope 1. R.D. November 1131.726 mpm 2. M. Pieterse 1097.733 mpm 3. Muller & Vergotine 1069.488 mpm 4. D. Muller 1069.130 mpm 5. L. Koopman 1067.262 mpm

Hamlet duiweklub Jaaroud 1. L. Kitshoff 2. Erasmus Hok 3. A. Geldenhuys 4 Erasmus Hok 5. Erasmus Hok Ope

1215.099 1168.404 1150.948 1150.604 1150.169

mpm mpm mpm mpm mpm

1. J. Kitshoff jr. 2. J.J. Kitshoff 3. J.J. Kitshoff 4. Erasmus Hok Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Bertie Rabie -

1211.417 1209.582 1200.466 1198.001

mpm mpm mpm mpm

1078.011 mpm

2. Silvervaring 3. Bertie Rabie 4. Rodrick Albertus -

1055.254 mpm 1031.674 mpm 998.296 mpm

Ope 1. Bertie Rabie 2. Little Lofts 3. Silvervaring 4. Silvervaring -

1070.285 mpm 1025.226 mpm 993.844 mpm 993.846 mpm

Ceres Classic se reëlings vorder

CASPER de Bruin het een van die beste rondtes van die dag aangeteken met ‘n brutotelling van 70. Clement de Bruin het ook goed gespeel en 70 houe aangeteken.

CERES

TREKKERS • AARTAPPELTOERUSTING • SPILPUNTE • IMPLEMENTE • ALLERLEI PLAAS WESTLAND VEILING: WOENSDAG 12 AUGUSTUS 2020 OM 11:30 (NET NA DIE VEILING VAN DIE PLAAS) BESIGTIG: Dinsdag 11 Augustus van 10:00 tot 16:00 PLEK: Plaas Westland (Koördinate: S 33 01,631 O 19 23, 346) Marble Gold 324 (Edms) Bpk (in voorlopige likwidasie) Meestersverwysingsnommer: C179/2020 TREKKERS: Landini 8550 4x4, Landini 8500 4x4, Landini Atlas 85 4x4, Landini 7530 F, Landini Advance, Ford 3000, David Brown (skroot). VURKHYSERS: Toyota 2,5, 2 x TCM 2,5. AARTAPPELTOERUSTING: Volledige Uniekum aartappel uie paklyn, 3 x aartappelmassawaens, Uniekum aartappeluithaler, Uniekum aartappeluithaler opteller, 5 sakkiebins, klein pakstelsel, “strapper”, stikmasjien . SPILPUNTE: 5 toring Zimmatic, 3 toring Zimmatic, volledige uitpak besproeiingstelsel, 2 x kanonspuite. IMPLEMENTE: 2009 MF 1839 baler, Arbus 2000 spuitpomp, sleeptipe onkruidspuit, 1 000L Multispray, 1 000L Agrico onkruidspuit, tipwa, verskeie waens, 2 000L waterkar, Sulky kunsmisstrooier, 900L dieselkar, 2x3 punt skrapers, sleeptipe padskraper, damskrop, uieroller, korsbreker, verskeie skaarploeë & ghroppe, 3-kratwa, laai-arm met bak, Falcon stokkiekapper, ens. ALLERLEI: Mobiele toilet, 3 plastiese waterkrippe, verskeie voerbakke, traplere, kompressor, pallethyser, sweismasjien, gassweisstel, persmasjien, skroot, ens. Te veel om te lys! Moenie die veiling misloop nie!

STRENG COVID 19 REGULASIES SAL GELD NAVRAE: Willie van Rensburg 083-261-7641 willie.vanrensburg@homeandhectare.com Albie Loubser 082-573-9902 albie.loubser@homeandhectare.com VOORWAARDES: *Elektroniese betaling *FICA dokumente word vereis vir registrasieproses. Alle goedere sal met reserweprys verkoop word. Regulasies van Verbruikerswet, Wet 68 van 2008 beskikbaar op: http://www.gov.za/documents/consumerprotection-act-regulations

REELINGS vir die jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vorder goed. Die toernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. “Aangesien Ceres gholfklub se bestuur nie weet hoe die Covid-19 pandemie gholf in November gaan beinvloed nie, kan ons nog nie die finale toernooireëlings vasmaak nie” het Gellies Gelderblom, klubbestuurder van Ceres gholfklub, gesê. “Tans weet ons nie wat die reëls rondom byeenkomste, drank en etes gaan wees nie”. Inskrywings kos R4000 per span en sluit 30 September. Daar is net plek vir 36 spanne per dag en die eerste 36 betaalde spanne sal voorkeur geniet.

BESKIKBAARHEIDSTELLING VAN GROND VIR DIE SKUT VAN DIERE Die Raad is van voorneme om met twee voornemende grondeienaars van onderskeidelik Tulbagh en Ceres ‘n ooreenkoms te sluit vir die beskikbaarheid stelling van grond vir die skut van diere. Die grond geleë te Tulbagh sal gebruik word vir diere wat in die Ceres en Prince Alfred Hamlet area geskut word, en die grond geleë in Ceres vir die diere wat in Tulbagh en Wolseley area geskut word. Enige grondeienaars wat begerig is om ‘n soortgelyke ooreenkoms met die Raad te sluit, is meer as welkom om hulself op die Witzenberg Databasis te registreer. Aanstellings vir die skut van die diere sal op ‘n rotasiebasis geskied. Alle databasis aansoeke moet voor of op 7 Augustus 2020 ingedien wees by die Voorsieningskanaal-Afdeling se kantore in Drommedarisstraat, Ceres. Die Munisipaliteit is tans besig om die voorgeskrewe tariewe vas te stel in ooreenkomstig die Verordening vir die Skut van Diere, gedateer 19 Junie 2015. Indien daar enige besware is teen die voorgenome aanstelling, moet besware skriftelik ingedien word by die Bestuurder Regsdienste voor of op 7 Augustus 2020 om 12:00 te Voortrekkerstraat 50, Ceres of by wyse van e-pos stuur na liza-mari@witzenberg.gov.za Rig asseblief alle navrae aan die Bestuurder Regsdienste, Me. L Nieuwenhuis by ☎ (023) 316-1854 of liza-mari@witzenberg.gov.za

Die klub sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye sover moontlik eerbiedig, maar vra spelers se begrip vir die finale loting. Uitslae Neil Bettesworth en A. Stofberg het Saterdag 25 Julie die beterbal stableford kompetisie met 44 punte gewen. Casper de Bruin en Jean de Jager was in die tweede plek met 42 punte. Casper het een van die beste rondtes van die dag aangeteken met ‘n brutotelling van 70 houe. Clement de Bruin het ook goed gespeel en 70 houe aangeteken. Ashley Schroeder en Justin Wesson was in die derde plek, ook met 42 punte.

Gewilde wedloop afgestel DIE immer gewilde Michellspas halfmarathon is gekanselleer. Die halfmarathon sou op 31 Oktober plaasgevind het maar is weens onsekerheid oor COVID-19 en die implikasies daarvan op padwedlope, gekanselleer. Die halfmarathon sou vanjaar vir die 29ste keer aangebied geword het. Die atletiekklub vier vanjaar hul 30ste bestaansjaar. Meer as 1 000 atlete het verlede jaar in September aan die Michellspas halfmarathon en ander wedlope deelgeneem. “Ceres atletiekklub wil hul dank oordra aan atlete en die gemeenskap wat jaarlikse bydra het tot die sukses van die wedloop. Dit sal eers weer in 2021 aangebied word”.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.