Witzenberg Herald Vol.25 no. 29 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 29

R8

Friday, July 29, 2022

Gold Medal Carpet Care SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Mari Blom • Was ruite van huise en geboue (slegs buite) 084-212-3020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 28 Julie

Vrydag 29 Julie

Saterdag 30 Julie

-1° 13°

3° 24°

Sondag 31 Julie

-2° 13°

-3° 15°

Ceres Koekedouw dam

59,2%

The trusted name in commercial and residential

Waterproofing.

087 094 8092

Lesing: 2022/07/27

Telephone: (023) 316-2021

www.rubberroofs.co.za

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Hartaanval

Speler sterf op veld

MORNÉ Titus (36).

‘n RUGBYSPELER van Donkerbos rugbyklub is Saterdag op die rugbyveld dood nadat hy vermoedelik ‘n hartaanval gekry het. Morné Titus (36), ‘n besproeiingspesialis op Rietfontein en ‘n woelige haker van Donkerbos rugbyklub in die Koue Bokkeveld, is in die tweede helfte dood terwyl hulle teen Nooitgedacht gespeel het. Hy het skielik inmekaargesak waarna mediese personeel ontbied is. Medelye het ingestroom op sosiale media en talle rugbyklubs, inwoners en die Boland rugbyunie het hul meegevoel teenoor sy familie uitgespreek. Titus word oorleef deur sy vrou, Angelina en twee kinders, Abraline (10) en Morné jr. (5). Die begrafnis sal waarskynlik die naweek plaasvind.

‘n MAN (28) is verlede week doodgeskok nadat hy ‘n houtpaal met 'n kragverhogingstransformator op, probeer afsaag het. Die polisie is Vrydagoggend na die voorval ontbied.

Doodgeskok

Matroos dood aan natuurlike oorsake ‘n MAN wat die afgelope tyd op straat geslaap het, is verlede Vrydagoggend dood voor PEP, oorkant die taxistaanplek, aangetref. Die polisie is omstreeks 07:20 ontbied waar hulle die lewelose liggaam van Gert Matroos in Oranjestraat aangetref het. Daar is eers vermoed dat Matroos verkluim het maar ‘n nadoodse ondersoek het later bepaal dat hy weens natuurlike oorsake dood is.

MORNE Horn (28) is doodgeskok.

‘n MAN is dood nadat 11 000 volt hom op ‘n plaas getref het. Ceres SAPD ondersoek dié voorval waartydens 'n 28-jarige man doodgeskok is en ‘n 16-jarige seun ernstig beseer is. Die polisie is Vrydagoggend 22 Julie omstreeks 08:10 na die Morceaux-plaas ontbied nadat ‘n liggaam in ‘n vrugteboord opgemerk is. Die gru-voorval het die vorige aand plaasgevind. Morné Horn (28) is doodgeskok nadat hy Donderdagaand ‘n houtpaal met 'n kragverhogingstransformator op, probeer afsaag en dit met kragdrade op die grond en teen hom geval het. Hy is op die toneel dood en die 16-jarige seun, wat vermoedelik saam met hom was, is ernstig beseer. Die seun is na Ceres hospitaal gehaas maar dit is nie bekend wat sy toestand tans is nie.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 28 - 31 JULY 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

Panini’s 4’s

Whole grilled Chicken, Chips & 6 Hamburger rolls

SERVING SUGGESTION

8999

1499

Nestlé Cremora 750g

p/combo

Bulk Lean Mince

Bulk Stewing Beef

4999

p/kg

79

7kg Potato bag 350g Baby Marrow 1 x Cabbage head 1kg Sweet Potato 750g Carrots

PER COMBO

10000

Spar Bacon 200g ass. PER MUL TIBUY MULTIBUY

p/kg

89

p/kg

99

Spar canned soup 410g ass.

p/kg

DC Sandwich Ham

Avo 1kg bag

2499

10

139 99 129 99

Smoked Eisbein

8999 99

3

32 99 29 99

p/meal

Beef Oxtail

Olof Bergh Brandy 750ml

Jungle Oats 1kg

69

19

99

99 each

2 FOR

3

42 99 39 99

5500

Tastic Rice 2kg

p/kg

Spar UHT Milk 6x1L, Full Cream, Fat Free or Low Fat

each

7499

6-pack

Ballantine’s Whiskey 750ml Baby Soft 2-ply toilet paper 18’s

Nescafé Ricoffy 750g

Ouma Rusks 450g, 500g/ 550g

20

3499 each

99 99 79 99

19999 each

Castle Lite Cans 6 x 500ml PER MULTIBUY

BUY 2 FOR

2499 each

10999 each

14500 NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, July 29, 2022

EZELFONTEIN primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van reënbaadjies aan hul leerders. Die skenking word opreg waardeer.

WELGEMOED Primary School, a tiny farm school close to Ceres, was alive with activity this Mandela Day, to give the 48 learners a fresh new building. Parents, members of the governing body, and a team from Perdekraal East Wind Farm and Mainstream Renewable Power, spent their 67 minutes for Mandela Day working alongside a local painting crew to make Madiba magic. In keeping with Perdekraal East Wind Farm’s commitment to supporting local business and its Asset Based Community Development approach, the five painters were employed from the local community for two days. The teams enjoyed spending their time at the school and the painters were happy to share their expertise and guidance to ensure everything was done well. “The Mandela Day project was a great success - not only do the learners have a cleaner and more welcoming school, but we were able to provide work to five local painters, which we work alongside. Best of all is that our 67 minutes was spent in honour of Madiba’s spirit and the lessons that he instilled in us as South Africans,” said Jo-Anne Brown, Economic Development Manager at Perdekraal East Wind Farm.

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of T 1165/1962 transferred from Kouebokveldse Aartappelmoere Koöperasie Beperk to Republiek van Suid-Afrika (in sy Administrasie van Spoorweë en Hawens) (now vested in Transnet SOC Ltd, Registration Number 1990/000900/30) in respect of certain: 1. Gedeelte 95 (‘n gedeelte van Sonop) van die plaas Wagenbooms Rivier, geleë in die Afdeling Ceres (now Erf 2042 Prince Alfred Hamlet, In the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Western Cape Province) 2. Gedeelte 96 (‘n gedeelte van Sonop) van die plaas Wagenbooms Rivier, geleë in die afdeling Ceres (now Erf 2043 Prince Alfred Hamlet, In the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Western Cape Province) 3. Gedeelte 97 (‘n gedeelte van Sonop) van die plaas Wagenbooms Rivier, geleë in die Afdeling Ceres (now Erf 2044 Prince Alfred Hamlet, In the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Western Cape Province) which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds, Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Cape Town this 22nd day of July 2022 APPLICANT: ROBERT CHARLES ATTORNEYS AND CONVEYANCERS INC. 3rd Floor, 33 Church Street, Cape Town E -mail: ischuman@rcharles.co.za Contact number: (021) 426-4460

THE WELGEMOED school furthermore received sports equipment as part of the Mandela Day project, funded by Perdekraal East Wind Farm.

Digitale-skuif word ondersoek ELKE besigheid moet altyd vernuwe en nuwe idees en tendense in hul bedryf, ondersoek en op die proef stel. Elke besigheid is egter verskillend - party is meer gerig op die digitale mark as ander. Die platteland se voorkeure en behoeftes is ook heeltemal verskillend van dié van stadsgebiede. Ook die koerantbedryf gaan deur fases een hiervan is die verskuiwing na digitale platforms wat sosiale media, interaktiewe webtuistes en apps (toeps) insluit. In die Witzenberg Herald se geval wil die koerant vasstel wat lesers se voorkeure is tussen die papierformaat, ten volle digitaal of ‘n kombinasie van papier en digitaal. Vrae wat beantwoord moet word sluit in: ● Is die platteland al gereed om gedeeltelik na digitale platvorms oor te skakel? ● Sal inwoners die koerant op ‘n tablet, skootrekenaar of slimfoon wil lees? ● Hoeveel mense in die huisgesin lees tans die gedrukte koerant-weergawe? ● Indien jy inteken vir digitale weergawe, sal jy dit ook aan iemand wil aanstuur om te lees? Marktendense Marktendense in Afrika wys tans dat 70% die papier weergawe verkies en 30% die digitale weergawe. In die Witzenbergstreek lyk dit tans of meer as 55% die gedrukte weergawe verkies teenoor ongeveer 45% wat digitaal verkies. Meer lesers (veral die jonger geslag) verkies om deesdae selektief sekere berigte digitaal/ aanlyn te lees. Die Interaktiewe Advertensieburo het die afgelope maand syfers rakende digitale advertensies bekendgemaak. Ten spyte van die CV-19 pandemie het die digitale reklamebedryf die afgelope jaar met 31% gegroei. Dit is 21% meer as in 2020. Digitale betaalde advertensies op die internet maak tans 32.3% uit van die totale advertensiespandering in Suid-Afrika. Die meeste advertensies gaan oor finansies, kos en alkohol.

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of T 5940/1983 transferred from Ceres Aartappels (Koöperatief) Beperk to Republiek van Suid-Afrika vir die Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (now vested in Transnet SOC Ltd, Registration Number 1990/000900/30) in respect of certain: Gedeelte 166 (‘n gedeelte van Gedeelte 165) van die plaas Wagenbooms Rivier no. 372, in die Munisipaliteit Prince Alfred’s Hamlet, administratiewe distrik Ceres (now Erf 2047 Prince Alfred Hamlet, In the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Western Cape Province) which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds, Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Cape Town this 22nd day of July 2022 APPLICANT: ROBERT CHARLES ATTORNEYS AND CONVEYANCERS INC. 3rd Floor, 33 Church Street, Cape Town E -mail: ischuman@rcharles.co.za Contact number: (021) 426-4460

Nuwe webtuiste Daar word tans aan ‘n interaktiewe webtuiste gewerk sowel as ‘n toepaslike app wat spesifiek vir lesers van die Witzenberg Herald ontwerp word. “Die digitale platvorms sal ook beskikbaar wees vir adverteerders om op te adverteer en diegene wat in die e-hoofkoerant adverteer kan ekstra blootstelling kry deur hul advertensie/s in die e-hoofkoerant aan hul webtuistes te laat koppel met ‘n QR-kode. Die app/toep sal jou dan direk neem na byvoorbeeld die adverteerder se webtuiste. Die platvorm maak dit ook moontlik om ‘n video insetsel van ‘n besigheid of ‘n nuusberig te plaas”. Niks is verniet nie Niks in besigheid en van waarde, is egter verniet nie. Daar sal steeds enkele mense wees wat kla oor die verkoopprys van koerante of tydskrifte en wat dit net wil lees indien dit verniet is - hetsy op winkelrakke of in digitale vorm. Koerante en tydskrifte in Suid-Afrika sal in die toekoms moontlik net gedeeltelik in papierformaat verskyn. Moeilike ekonomiese toestande vir besighede en maatskappye wat hul advertensies die laaste paar jaar drasties moes verminder asook hoër petrolpryse, die voortslepende oorlog in Oekraïne en lesers wat meer en meer digitale publikasies verkies, dra by tot die tendens. Die meerderheid lesers verkies steeds betaalde gehalte-inhoud (hetsy digitaal of gedruk) bo gratis en by tye vals of niksseggende nuus. Kostes Die digitale weergawe se beraamde koste gaan ongeveer R40 per maand beloop of R480 per jaar vir 50 uitgawes. ‘n Skakel (link) word aan die digitale-intekenaar gestuur en hy/sy kan dit op enige digitale platvorm lees of uitdruk. Sodra die webtuiste voltooi is, kan lesers maklik en vinnig aanlyn vir die koerant betaal.

The Honey & Chai Indian Restaurant The Farmyard Honey Factory Farm Waveren, Wolseley

Whether you sit down and enjoy an authentic Indian meal or pop in for a quick cup of coffee or masala chai you’ll enjoy the relaxing environ-ment. Otherwise, simply call us for a takeaway. RESTAURANT HOURS:

Tuesday - Saturday: 10:00 - 17:00

Closed on: Sunday + Monday

☎ 060-610-5329


WITZENBERG HERALD

Friday, July 29, 2022

3

Stropers se saak na Khayelitsha streekhof oorgeplaas

TWEE motorbestuurders is beseer nadat ‘n bakkie en ‘n motor teen mekaar gebots het. Die ongeluk het Saterdagaand omstreeks 21:00 tussen die Vredebes-ontwikkeling en Dutoit Vrugte plaasgevind. Een van die bestuurders het vermoedelik sy been gebreek terwyl die ander een lig beseer is.

Twee mans doodgeskiet DIE polisie ondersoek twee moorde waar twee inwoners van Nduli doodgeskiet is asook ‘n aanrandingsvoorval by die Ceres hospitaal. Volgens die Ceres polisie het die twee skietvoorvalle verlede week in Nduli plaasgevind. In die eerste voorval is Molefe Elia Makoetlane op 21 Julie omstreeks 23:50 ses keer geskiet. Hy is ondermeer in die kop, hand en maag getref voordat hy later met privaat vervoer na Ceres hospitaal gehaas is. Hy is later na Worcester hospitaal oorgeplaas waar hy Dinsdag 26 Julie aan sy skietwonde beswyk het. In die ander skietvoorval is ‘n Sotho-man, Daniël Leluma (31), dood nadat hy Saterdagaand een keer deur ‘n onbekende persoon geskiet is. Die polisie is Sondagoggend omstreeks 06:00 na die toneel ontbied. Geen verdere inligting of redes vir die skietvoorvalle is tans bekend nie. Enigiemand met inligting kan die Ceres

speurders by (023) 316-8500 skakel. Aanranding Die Ceres polisie ondersoek ‘n aanrandingsklag nadat ‘n sekuriteitsbeampte by die Ceres hospitaal aangerand is. Die voorval het Saterdag 16 Julie plaasgevind toe ‘n munisipale werknemer saam met ‘n groep familielede of vriende in ‘n onderonsie met die sekuriteit was. ‘n Man het een van die wagte gestamp en na bewering met die kop gestamp. Niemand is nog deur die polisie aangekla nie. Die Wes-Kaap gesondheidsdienste het die voorval bevestig op 16 Julie. “‘n Groep mense het ‘n pasiënt na die ongevalle-eenheid gebring. Van die mense wie die pasiënt ingebring het, was oproerig en toe die sekuriteitsbeamptes moes intree, is ‘n sekuriteitsbeampte aangeval. Die polisie is ontbied en die sekuriteitsbeampte het ‘n klag by die polisie gelê”. Die Wes-Kaap gesondheidsdienste veroordeel enige vorm van geweld teen hul personeel, en sekuriteitspersoneel.

VYF renosterstropers, ook bekend as die Inverdoorn-5, se saak is Dinsdag na die Khayelitsha streekhof oorgeplaas. Die verhoor van die vyf verdagtes gaan op 6 September in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, begin nadat dit sedert die voorval in Desember 2021, in die Ceres landdroshof aangehoor is. Die renosterstroper-saak is ‘n eerste vir die Wes-Kaap. Die direkteur van openbare vervolging het adv. Williams aangewys om die staat se saak te behartig. Advokate William Fullard en Johan Ferreira, het Dinsdag namens hul kliënte, Amade Filemone Chongo (47) en Michael Mbaura (23), beswaar gemaak teen dié uitstel.

CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings. Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhoring.

Hulle het aangevoer dat daar by ‘n vorige geleentheid al ‘n finale uitstel aan die staat verleen is maar nou word dit weer toegestaan oor ‘n DNS-verslag wat uitstaande is. Die ander drie verdagtes word deur die regshulpprokureur,Callie Isaacs, verteenwoordig. Adv. Williams het gesê die staat se ondersoek is voltooi en dat hulle die selfoon-verslag ontvang het. Die DNS-verslag is uitstaande oor dit ‘n nasionale polisie-probleem is. Volgens Williams hou die DNS-verslag net verband met een verdagte - Chongo. Bloedspatsels is in sy bakkie en op sy skoene gekry. Chongo is op 10 Desember op die N1 voor die Hugenote-tonnel afgetrek en gearresteer.

Geen borg Die vyf renosterstropers, Amade Filemone Chongo (47), Justice Cossa (28), Innocence Davey Chiwenya (56), Wishes Mugari (30) en Michael Mbaura (23), se borgaansoek is vroeër vanjaar afgekeur nadat die hof die vlugrisiko, waarde van die renosters en ander feite voor die hof, in ag geneem het.

Landdros Joyce Mabuya het die saak uitgestel na 6 September. Al vyf bly in aanhouding en sal moontlik later van ‘n gevangenis op Worcester nader aan een in die Kaapstadomgewing oorgeplaas word. Agtergrond Die vyf renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester,

Hofstukke Uit hofstukke blyk dit verder dat Chongo ‘n vervoer- en konstruksie-onderneming, Amado & Dauza Multitrade, bedryf en al 25 jaar in die land woon - al is hy onwettig hier. Sy kinders is volgens sy verklaring in Curro Benoni en is hy die alleen broodwinner van sy gesin. Drie van die verdagtes is ook onwettig in die land waarvan twee se permitte in 2021 en 2022 verval het terwyl net een (Chiwenya) wettig in die land is. Hy woon sedert 2006 in Modimolle, is ‘n gewese Lodge-sjef. Die vyfde beskuldigde (Mbaura), wie se familie in die P.A. Hamlet omgewing woon, se asielpermit het verval of is gekanselleer na sy arrestasie.

PELGRIMSTOG NA NA PELGRIMSTOG

23 November 2023 Onder leiding van PPK Ceres Navrae: Past. Jacobs by 084-657-4673 of e-pos: isaacjacobs50@yahoo.com


4

WITZENBERG HERALD

LAERSKOOL Gericke verwelkom twee nuwe onderwysers, Annami Gerber (biblioteek) en Anneli Opperman (graad R), by die skool.

Friday, July 29, 2022

MOOI Uitsig primêr se hulpbronklas het warm baadjies, truie, skoolfrokkies en sokkies ontvang van Nicolene le Roux. Die skool en leerders is baie dankbaar vir die donasie. Hier is Nicolene saam met die hulpbron-leerders afgeneem.

STEENVRUG EVALUASIE ASSISTENT Vereistes: • Ceres gebaseerd • Afrikaans en Engels geletterd • Stiptelik wees en take volg soos gekommunikeer word • Deeglike kommunikasie vernuf. Sal tel in sy guns: • Eie vervoer • Selfoon • Ervaring in die vrugtebedryf • Bestuurderslisensie • Matriek sertifikaat en/of moontlike na-skoolse opleiding. Die kandidaat sal aan die Junior Evalueerder rapporteer en hom assisteer met die volgende take: • Oes van vrugte • Boord instandhouding • Somer snoei van vrugtebome • Boord sanitasie • Bystand lewer tydens vrug evaluasie met opname en insameling van data. Aansoeke kan gestuur word na: michelle@stemsfruit.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 Augustus 2022 Indien daar geen terugvoer na twee weke van aansoek geskied nie, kan daar aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was

DIE werkswinkelspan. VLNR: Alwyn Huisamen (werkswinkelbestuurder), Johan Niemand, Teason Maurice, Louis Jordaan en Nelius van der Walt.

Werkswinkelspan lewer flinke diens CASE Ceres beskik oor ‘n baie goeie werkswinkelspan wat flinke diens aan kliënte lewer. Die werkswinkel in Vosstraat, Ceres beskik oor drie gekwalifiseerde tegnici wat kwaliteit diens lewer. Case Ceres diens enige fabrikaat trekker of stroper. Hulle diens ook vragmotors en vurkhysers. “Ons kliënte is familie en daarom streef ons om die heel beste verkope en na-verkoopsdiens te lewer aan die landboubedryf. Sodoende help ons ook die landboubedryf om winsgewend en so effektief moontlik te funksioneer” sê Ceres takbestuurder, Jannie Brand. Case Ceres spog met ‘n mededingende reeks produkte wat voorsien in elke boer se behoefte.

DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP!

Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het ‘goed’ wat in die huis rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.

nuusbrokkies DIE Togryers museum skop af met ‘n nuwe mondelingeprojek saam met Deanwill Krotz. Die projek vorm deel van die Year Beyond-program. Deanwill, ‘n boorling van Bella Vista, sal die volgende ses maande werk om inligting te versamel oor Bella Vista - voorheen bekend as Gebied K. Indien inwoners ‘n bydrae wil lewer met fotos of jou herinneringe van die vroeëre Bella Vista wil deel, kan hulle die Togryers museum skakel by (023) 312-2045. Die eindresultaat sal verwerk word in ‘n digitale uitstalling en ook in die museum op-geneem word.

DIE volgende besighede in die Witzenbergstreek was genomineer vir die Best of the Cape 2022 Awards.

Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.

As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za

- Matroosberg Private Nature Reserve vir Cape’s Best Tourist Attraction - Kole & Deeg vir Cape’s Best Breakfast Spot - Bosjes vir Cape’s Best Wedding Venue Die Ceres toerismekantoor wil inwoners aanmoedig om vir die plaaslike besighede te stem tot 3 Augustus. Die wenners sal deur KFM aangekondig word op Vrydag, 12 Augustus 2022. CERES krieketklub hou hul algemene jaarvergadering (AJV) op Woensdag 17 Augustus om 18:00 in die klubhuis op Victoria Park.


WITZENBERG HERALD

Friday, July 29, 2022

5

nuusbrokkies COUNCIL for Enterprise Development & Economic Reform (CEDER) nooi alle opkomende kontrakteurs en diensverskaffers in die konstruksiebedryf uit na ‘n inligtingsvergadering. Dit sal plaasvind op Woensdag 3 Augustus om 12:00 by Tilla’s Bagel Bistro. Die doel van die vergadering is om meer geleenthede te skep en volhoubaarheid te vestig. Vir meer inligting en om bywoning te bevestig, skakel vir Christophe by 071-278-0544 CERES krieketklub hou hul algemene jaarvergadering (AJV) op Woensdag 17 Augustus om 18:00 in die klubhuis op Victoria Park. Alle lede en nuwe lede is welkom om die vergadering by te woon waartydens ‘n nuwe bestuur ook verkies sal word. Ceres Krieket speel weer in die Promosieliga van Boland krieket. DEUR ‘n Pas na Ceres. Andrew Kok kom gesels op Donderdag 28 Julie tydens die Vriende van die Museum se AJV oor dié tema. Indien jy die geleentheid om 18:00 wil bywoon, kan jy nou jou plek bespreek by (023) 312-2045.

FAIRFIELD primêr se leerders bedank die St. Andrews gemeente vir die skenking van toiletware.

DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook 10 km en 5 km padwedlope, word weer op Saterdag 29 Oktober aangebied. Deelnemers kan nou reeds inskryf nadat die wedloop die afgelope twee jaar weens CV-19, nie aangebied is nie. Die plaas/maatskappy kompetisie oor 10 km is ook weer oop. Enige navrae kan aan Nico Jansen by 078-8825-299 gerig word. WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. FRED Gaum Hostelites/koshuisgangers (Huidiglik Ceres Sekondêr) beplan ‘n reünie (1979 - 1989) tydens die naweek van 30 September tot 2 Oktober 2022. Vir navrae skakel Lynn Julies by 078915-2902 of Floors by 081-815-7343 of Jan by 067-317-1457.

CALEB Seroot was gedurende die skoolvakansie deel van die Boland o/13 IPT A-span. Hierdie hokkiespan was onoorwonne en het altesaam 38 doele aangeteken en slegs 4 doele afgestaan.

WILAN van der Berg, kranige gholfspeler van Laerskool Gericke, het gedurende die skoolvakansie aan ‘n o/15 gholftoernooi deelgeneem. Boland het algeheel tweede geëindig.

DANIEL Hanse van Laerskool Gericke, was deel van die o/13 Boland Cravenweek rugbyspan wat vanaf 27 Junie tot 1 Julie in Krugersdorp deelgeneem het. Die Bolandspan het in die finaal teen die Leeus gespeel.

JAYLA Geldenhuys, ‘n graad 7 leerder van Laerskool Gericke, het vanjaar reeds 43 boeke gelees.

DRIE netbalspelers van Laerskool Gericke het tydens die skoolvakansie aan netbaltoernooie deelgeneem. Caitlynn Overmeyer (Kaapse Wynlandspan o/12 verwerf goud by die Wes-Kaap inter-distrikstoernooi), Chelsey Davids (Kaapse Wynlandspan o/13 verwerf brons by die Wes-Kaap inter-distrikstoernooi) en Marí Wium (WesKaap o/13 netbalspan eindig vyfde by die SASN alle ouderdomme toernooi).

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere en skoene. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.

Gee asb. items af by: Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Navrae: Louw-Marie 083-634-8068


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Roy Edmund Jantjies 1965/10/15 - 2022/07/18 Drive-by: Do. 28/07/2022 om 17:00, Suikerbosstr. 747, BV

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Morné Horn 1994/02/09 - 2022/07/22 Begrafnisdiens: Sat. 30 Julie 2022 Huis: 13:00, Johannes du Plessisstr. 13, Bella Vista Kerk: 14:00, Ou Apostoliese Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Begrafnisdiens Sat. 30 Julie 2022 Huis: 09;00, Suikerbosstr. 747, Bella Vista Kerk: 10:00, Ceres Stadsaal Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Roy Edmund Jantjies 1965/10/15 - 2022/07/18 Everything reminds me of you and makes me feel connected to you. I will cherish you forever. You are never out of my heart or thoughts. You may be gone, but I can still see your face and hear your laughter. I shall always love you, even in death. You were more than a husband, you were my best friend. Even though you died, I still feel you near, watching over me. I know that someday we shall be together. Vrou Marinese, seuns Mickyle & Mickylo

Abraham Jacob Claassen 1979/06/30 - 2022/07/22 Begrafnisdiens: Sat. 30 Julie 2022 Huis: 09:00, Moena Manjaalstr. 60, Bella Vista Kerk: 10:00, Heilige Evangeliese Kerk, BV Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Benjamin Johannes Abrahams 1955/02/05 - 2022/07/25 Roudiens: Do. 28/07/2022 om 18:30, Vygiesingel 1051, BV

Begrafnisdiens: So. 31 Julie 2022 Huis: 13:00, Vygiesingel 1051, Bella Vista Kerk: 14:00, PPK Kerk, BV Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Margaretha Herlena Ruiters 1961/04/20 - 2022/07/25 Roudiens: Do. 28/07/2022 om 19:00, Waboomlaan 12, PAH

Begrafnisdiens: Sat. 30 Julie 2022

Morné Horn

DIE Wes-Kaap Kiyobukan karatespan het onlangs op Saldanhabaai onder leiding van renshi Andries Douglas, aan die nasionale proewe deelgeneem. Die SA-span sal later bekend gemaak word. * Vir navrae oor die dissiplineprogram skakel Andries by 0833768-989 of stuur ‘n epos na renshiandries@gmail.com

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

Wilhelmina Pharo (Antie Koekie)

1994/02/09 - 2022/07/22 So gou en tog ook so skielik is jy weg. Geen woorde kan my pyn beskryf. Jy het ‘n leemte gelaat, maar in my hart sal jy vir altyd wees. Verlos is jy van die wrede wêreld en al sy versoekings. Ek weet jy is vandag op ‘n beter plek. Jy was ‘n seun, ‘n ouboet en ‘n daddy. Rus sag my seun tot ons weer ontmoet. Van jou ma Magrieta, kleinsus Mary-Jane, MaryAnn en jou kinders MaryJane, Melanie en Le-Chain

ABN BYE 1929/06/29 - 2022/07/22 Roudiens: Do. 28/07/2022 om 19:00, Keurboomstr. 11, Bella Vista

Begrafnisdiens: Sat. 30 Julie 2022

Huis: 09:00, Oranjestr. 25, Ceres Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista

Sarel Cornelius Haas

Ons lewer bestuiwingsdienste in Witzenberg en omliggende areas. Vir meer inligting: 071 332 6439

1957/07/28 - 2022/07/22 Drive-by: Do. 28/07/2022, om 18:00, Frieslandstr. 913, BV

Begrafnisdiens: Sat. 30 Julie 2022 Huis: 09:00, Frieslandstr. 913, Bella Vista Kerk: 10:00, Peres Saal, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Automotive Engineering

• Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Mechanical workshop

• Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du PPreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie

It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda:

• Relationship problems • Financial problems • Court cases • Divorce cases • Winning luck • Pregnant cases • Home protection • Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour • Unfinished work and many more

071-707-2066

1962/01/25 - 2022/07/23

Huis: 10:00, Waboomlaan 12, PA Hamlet Kerk: 11:00, PA Hamlet Gemeenskapsaal Graf: Bella Vista

079-298-4616 065-015-8713

Maama Sauda

Christopher Johannes Theys

Huis: 10:00, Fabriekstr. 32, Ceres Kerk: 11:00, St. Andrews Kerk, Ceres Graf: Bella Vista

van Ceres

Het jy probleme of is jy teleurgesteld deur so baie genesers wat dinge beloof het en dan gebeur dit nie? Hier is jou enigste kans om jou lewe te verander. Maama Rosset en Prof John kan help met jou probleme soos heksery, finansiële probleme, dwelms, huweliksprobleme, swangerskap en kan jou suksesvol maak in jou eie besigheid. Skakel dadelik vir hulp. Vind Maama Rosset en Prof in Ceres, Wolseley en Tulbagh. Kry resultate binne 30 min. Al die bogenoemde gratis vir dié bo 50 jaar.

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

TE HUUR

KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R8 300 p/maand

Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Call or WhatsApp

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Begrafnisdiens Sat. 30 Julie 2022

Maama Rosset & Prof John

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Witzenberg. Bome afsaag, uitdun asook verwydering daarvan. Verkoop van kaggel- of braaihout. 1 000 Stukke vir R950. Vir ‘n baie goeie prys skakel Janneman 078-526-6198 c/s DG82 15/7 29/7

Gifted

MAAMA AMIDHA with the best services It’s never too late for you to be happy, life is good when you are happy in your family, if you feel that you are disturbed and need help MAAMA AMIDHA is ready to take you through a journey of a lifetime. Contact MAAMA now and you will be happy.

•Stuck in the wilderness and need help •Get rid of your enemies •Financial breakthrough •Protection for home and business •Relationship and pregnancy •Bring back lost love and love spells •Control your partner and stop cheating •TO Win lotto and Powerball or UK49 •FIX work problems and loans •Quick sale of property

CALL 067-032-1641

TS Vragmotors ‘n Vragmotorwerkswinkel in Ceres, wat hoë gehalte werk en diens aan ons kliënte verskaf, is opsoek na ‘n hardwerkende persoon om by ons aan te sluit.

DIESELWERKTUIGKUNDIGE Ondervinding in vragmotors en sleepwaens sal in jou guns tel. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied.

Stuur e-pos na: yolandatsv@ gmail.com

Openb. 21:3 “Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God.”

Ev. Jacobs

Friday, July 29, 2022


WITZENBERG HERALD

Friday, July 29, 2022

7

Carel wen gholfkompetisie SATERDAG 23 Julie is ‘n enkel stableford kompetisie by Ceres gholfklub aangebied. Carel Cronjé was Saterdag die wenner met ‘n telling van 36 punte. F. Bezuidenhout (besoeker) was tweede met 34 punte gevolg deur Johan Smit met 33 punte en FK van Schalkwyk met 32 punte. Daar was 44 spelers. Vir die volgende paar weke tot einde Augustus word net individuele kompetisieformate by die klub aangebied.

CAREL Cronjé (links) was Saterdag die wenner met ‘n telling van 36 punte. By hom staan Johan Smit wat derde was met 33 punte.

Op 30 Julie vind ‘n individuele syfer plus kompetisie plaas en op 6 Augustus word ‘n individuele houespel kompetisie aangebied. Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 of op die Clubmaster app bespreek. Kruger-liga Ceres het Saterdag hul plek in die Krugerliga semi-finaal (tuis) bespreek toe hulle Robertson met 5-1 afgestof het. Worcester het ook maklik met Malmesbury afgereken toe hulle met 5-1 gewen het. Die een semifinaal vind op Saterdag 6 Augustus plaas op Ceres. Putjiespel 2022 Die 2022 putjiespelkampioenskappe, dubbels sowel as die enkelspel kampioenskappe, is nou volstoom aan die gang. Die afsnydatums vir die eerste rondte is 8 Augustus vir die enkelspelwedstryde en 15 Augustus vir dubbelspelwedstryde. Vanjaar kan spelers wat aan die putjiespelkompetisies deelneem, gratis in die week hul wedstryde speel. Indien dit op ‘n Saterdag gespeel word, geld normale wedstrydfooie. Inligting Spelers moet ook onthou die klub is vanaf 1 Junie, kontantloos en net bankkaarte en gholflidmaatskapkaarte word vir betalings aanvaar.

NET drie spanne in die Witsentraal-liga het die naweek op ‘n wennoot begin. Bella Vista rugbyklub begin soos hul die eerste rondte afgesluit het, met ‘n oorwinning. Hulle klop Newton met 52 - 10. Die rustydtelling was 24 - 3. Bella Vista druk 8 drieë Elcado Baadjies, Terry Grootboom, Chesvill Muller en Lurencó Jumath wat voorlangs goed gespeel het. Agterlangs het Kenan Wessels, Jared Manus, Jayten-Lee Martin en Cameron Davids uitgestaan met goeie spel. * Ander uitslae: Hamlet klop Evergreens Paarl met 41 - 16, Wolseley klop Delicious 25 - 19, Hillcrest klop Ceres naelskraap 15 - 14 en Roses United mors met Tulbagh en wen maklik met 86 - 7. ** Hier hardloop ‘n Ceres-speler, Lee-Brian Rooi, met die bal terwyl Hillcrest spelers hom probeer vasvat.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

Ceres Apteek borg Hamlet rugbyklub HAMLET rugbyklub het Saterdag vir Evergreens met 41-16 afgestof. Hier is die eerstespan (foto bo) afgeneem met hul nuwe truie en broeke wat deur Ceres Apteek geborg word. Hamlet rugbyklub wil ook hul opregte dank uitspreek teenoor hul hoofborg Ceres Apteek. Randall Julius van Ceres Apteek (links) oorhandig hier die truie en broeke aan Aubrey Flucks.

JAY-LEIGH du Toit, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr en lid van die Wynland o/12 netbalspan, het van14 tot 16 Julie aan ‘n netbaltoernooi op Wellington deelgeneem. Die Wynlandspan het eerste geëindig in hul afdeling en ‘n goue medalje ontvang. Hier is Jay-Leigh met haar medalje afgeneem.

Bessie Male. Born 1 March 2022

Dina Female. Born 20 November 2021

Micky - Female. Born 16 February 2022

Curly ’s Female Curly’s kitten no. 1

Blanket Drive It’s cold out there! Let’s all come together as a community this winter to make a difference. You can donate blankets or R150 to buy a blanket for someone in need. All blankets will be distributed within Ceres to assist organisations working in the community. For every blanket received, Seeff will donate a second blanket. LIVVY 083-757-8532 livvy@seeff.com

Spelers ontvang Bolandkleure en pette BOLAND Laerskole Rugby se pettefunksie het op Donderdag 23 Junie by Hoërskool Worcester Gimnasium plaasgevind. Hier het spelers en beamptes van Witzenberg Laerskole rugby hul Bolandkleure en pette ontvang. VLNR: Tom Persens (Boland Laerskole voorsitter), Hanno du Toit (Laerskool Koue Bokkeveld), Lyle Erasmus (Morrisdale primêr), Beuthan Vergotine (Morrisdale primêr), Daniël Hanse (Laerskool Gericke), Shane Alexander (Ceres Sekondêr), Jaydon Booysen (Saron primêr), Craig Volmoer (Boland Akademie spanbestuurder) en Martin Absalom (Boland Laerskole tesourier). * Boland Laerskole se o/13 Cravenweekspan het in die finaal teen die Goue Leeus verloor.

MARIANNA 082-448-5497 marianna.groenewald@seeff.com

Please contact us for banking details should you wish to donate via EFT

Curly Female. Born January 2022

Curly ’s Female Curly’s kitten no. 2

All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Includes a chip. Sterilization is par t of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, July 29, 2022

Witzenberg Herald

THE Witzenberg Local Football Association’s 2022 Promotional League season has come to an exciting end on Bella Vista Sports Ground where the champions for the different divisions were crowned. Results: Ziyaduma Bafana was the winners of the u/13 boys title, Tulbagh United u/15 boys were the Champions in their division and the team from Ceres FC was crowned victorians of the boys u/17 division. SBM Ajax were too strong and played like champions and thrashed King Stars from Tulbagh 5 - 0 in their final encounter to reign supreme in the WLFA Promotional League season of 2022. * The WLFA wish to thank Witzenberg Municipality, Cape Winelands District Municipality, Perdekraal East Windfarm, Boland Badges, WRFM, Witzenberg Herald and Basson Sport for their worthy contributions in this year’s season. The WLFA will continue to have its programs running and Schools Football is anticipated to resume soon with the local Kay Motsepe u/19 boys competition as well as the Primary Schools Football Competition.

Bokvelders klop groot skole DIE seuns en meisies tennisspanne van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs met ‘n paar groot skole van Gauteng en Limpopo afgereken. Beide spanne wen die Egalite tennistoernooi wat by Sun City gehou is en waaraan 21 skole deelgeneem het. Die seunsspan klop Pietersburg-Oos in die finaal en die meisies wen teen Wierdapark. Die KBV-meisies staan slegs een wedstryd in die hele toernooi af. Die Koue Bokkeveld span neem Sondag 31 Julie deel aan die BNP Paribas Rising Star toernooi wat op Stellenbosch gehou word. AGTER: Ignatius van der Merwe, Charl du Toit, Hanno du Toit, Hanlé Lourens (afrigter), Jomarié Kotze en Isabella Knoesen. VOOR: Zak Oosthuizen, Anlia van der Merwe, Alize Fabricius, Roné Lourens en Johan du Toit.

Akeelah Zimri haal Wynland gimnastiekspan AKEELAH Zimri van Ceres Sekondêr, het die naweek aan die Kaapse Wynland gimnastiekproewe deelgeneem. Sy is in die Wynlandspan opgeneem wat later op Saldanhabaai aan die Wes-Kaap proewe gaan deelneem. Gimnaste sal tydens die proewe gekies word om in Oktober aan die Gym Ga-mes in Gauteng te gaan deelneem.

Kitshoff-duif maak skoonskip WEDVLUGDUIWE is Saterdag 23 Julie op Leeu Gamka losgelaat. Duiwe moes die terugtog teen sterk suidewinde aanpak om by hul hokke uit te kom. Saterdag 30 Julie skuif die loslating na Hopetown in die Noord-Kaap. Slegte weer word vir die naweek voor-spel wat beteken dat duiwe weer ‘n baie moeilike vlug gaan hê. CHPS Jaaroud 1. Cyril en Anne Davids 1031.678 mpm 2. Team Koopman 1027.652 mpm 3. Neil Davids 1020.381 mpm 4. Team Koopman 995.552 mpm 5. Cyril en Anne Davids 993.210 mpm Ope 1. Cyril en Anne Davids 1088.141 mpm 2. Team Koopman 1066.865 mpm 3. Team Koopman 1047.186 mpm 4. Team Koopman 1047.186 mpm 5. Hendriks familie 1045.853 mpm BHPS Jaaroud 1. R.A. van Wyk 994.891 mpm 2. R.A. van Wyk 990.958 mpm 3. R.D. November 990.781 mpm 4. R.D. November 974.222 mpm 5. R.A. van Wyk 973.111 mpm Ope 1. R.D. November 1075.437 mpm 2. N. Smith 1022.232 mpm 3. R.A. van Wyk 1005.952 mpm 4. E. Arries 987.109 mpm 5. L. Koopman 972.443 mpm Hamlet duiweklub Jaaroud 1. NJ Kitshoff jr.1031.678 mpm 2. Kitshoff hokke 1017.463 mpm

3. Kitshoff hokke 4. Kitshoff hokke 5. Kitshoff hokke Ope 1. Erasmus hok 2. Erasmus hok 3. Erasmus hok 4. N.J. Kitshoff jr. 5. Erasmus hok Tulbagh duiweklub Jaaroud 1. Silvervaring hok 2. Rodrick Albertus 3. Game Over loft 4. Silvervaring hok 5. Rodrick Albertus Ope 1. Always Rising 2. Rodrick Albertus 3. Rodrick Albertus 4. Rodrick Albertus 5. Silvervaring hok -

N.J. Kitshoff jr. van Hamlet duiweklub het die naweek goed gevaar en sy jaaroud klubkompetisie sowel as die Ceres Federasie en Suidstreek Unie afdelings gewen.

1011.138 999.366 999.172

mpm mpm mpm

1093.816 1066.087 1066.012 1061.446 1042.799

mpm mpm mpm mpm mpm

1016.54 939.53 880.23 827.22 822.44

mpm mpm mpm mpm mpm

904.65 864.94 833.10 810.34 795.60

mpm mpm mpm mpm mpm


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.