WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 29
R7.50
Friday, July 30, 2021
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 29 Julie
Vrydag 30 Julie
1° 12°
0° 20°
Saterdag 31 Julie
Vir gratis kwotasie, skakel:
Mari Blom 084-212-3020
SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings.
PROFESSIONAL CCTV AND ALARM SYSTEMS IN WITZENBERG
Sondag 1 Augustus
5° 25°
Gold Medal Carpet Care
5° 23°
Ceres Koekedouw dam
84,4%
087 095 361 7 WWW.JPTEK.CO.ZA INFO@JPTEK.CO.ZA
Lesing: 2021/07/28
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Bekende roete moet sluit DIE wrak van die Opel Astra.
Jacobs sterf in hospitaal DIE tragiese ongeluk buite Tulbagh waar ‘n sperreling ‘n voertuig deurboor het, het sy tweede slagoffer geëis. Volgens die Tulbagh polisie het die ongeluk Sondag 18 Julie omstreeks 21:45 plaasgevind tussen die twee Tulbagh-kruisings. ‘n Passasier, René Sampies, het op die toneel gesterf en die bestuurder, Johnly Jacobs, nege dae later in die Tygerberg hospitaal. Jacobs (42) van Bella Vista en ‘n bewaarder by Voorberg gevangenis, het die betrokke Sondagaand die silwerkleurige Opel Astra bestuur. Hy was op pad na die Voorberg gevangenis waar hy woon en het vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor en die sperreling langs die pad getref. Die reling het die voertuig deurboor en het na die ongeluk byna 10 meter agter die voertuig uitgesteek. Sampies (29) van Bella Vista, wat ‘n saamrygeleentheid saam met Johnly gekry het, is opslag dood. Jacobs is met ernstige inwendige beserings na die Ceres provinsiale hospitaal vervoer voordat hy na die Tygerberg hospitaal oorgeplaas is. Geen begrafnisreëlings was teen druktyd beskikbaar nie.
DIE bekende Matroosberg reservaat oorweeg regstappe nadat die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning en CapeNature verlede week die bergpad na die Groothoekkloof parkeerarea bo-op Matroosberg gesluit het. Die pad word al jare lank deur sneeukykers in 4x4 voertuie en 4x4 entoesiaste gebruik om die Matroosberg kruin te bereik. Om die Matroosberg-piek te bereik moet mense deur die Bokkeriviere natuurreservaat ry wat staatsgrond is met ‘n sensitiewe botaniese ekosisteem. Die Western Altimontane Sandstone fynbos kom voor teen die hange van Matroosberg op ‘n hoogte hoër as 1800 meter. Nagenoeg 75% van die Matroosberg-piek is die habitat van ‘n verskeidenheid bedreigde plant- en dierespesies. Verbod Die verbod is verlede week deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning ingevolge art.28 van die nasionale wet op omgewingsbestuur uitgereik met spesifieke voorskrifte aan Matroosberg en die buurplaas, Valschgatkloof. Dit volg nadat die Groen Skerpioene die omgewing besoek en gevind het dat die sensitiewe botaniese ekosisteem beskadig is of erg agteruitgegaan het. Die agteruitgang is blykbaar veroorsaak deur 4x4 voertuie se gebruik van informele paaie en die parkeergebied. Onbeperkte voertuig-gebruik dra blykbaar by dat CapeNature nie die sensitiewe ekosisteem genoegsaam kan bewaar nie. Die paaie is ook breër gemaak binne die sensitiewe fynbosgebied. Die departement het die grondeienaars nou ‘n maand gegee om met ‘n plan vorendag te kom om die skade aan die omgewing te rehabiliteer. Hulle moet ook alle voertuig verkeer wat nie verband hou met die oes van proteas
nie, stop bo die 1280 meter merk. Verontagsaming van die bevel is ‘n ernstige oortreding en kan tot ‘n maksimum boete van R10 miljoen of 10 jaar gevangenisstraf lei. Reaksie en kommentaar Attorneys West and Rossouw het Maandag 26 Julie namens Matroosberg ‘n dringende skrywe aan die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gerig rakende die vroegtydige uitreik van die verbod en persverklaring. Dit is blykbaar aan Spekrivier (‘n verkeerde regsentiteit) uitgereik wat niks met Matroosberg se administrasie te doen het nie. Die verklaring verwys egter net na Matroosberg reservaat.
In dié skrywe word die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning tyd gegee tot Woensdag 28 Julie om op hul vrae te reageer en dat die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning nie die verbod sal toepas nie. Hulle vra ook dat die departement na die voorlegging en eposse van Paul Slabbert sal kyk en die huidige verbod ter syde sal stel. Hofgeding Indien hulle dit nie doen nie, sal Matroosberg reservaat genoodsaak wees om as ‘n saak van dringendheid, die Kaapstad hooggeregshof te nader.
DIE bergpad na die Groothoekkloof parkeerarea bo-op Matroosberg moet sluit.