WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578
Witzenberg
Volume 24 no. 21
R7.50
Friday, June 4, 2021
WINTER SPECIALS
MINI SERVICE R150
TUBES & TYRES 10%
Since 1997
WASH & LUBE R80
ALL PARTS 15%
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 Junie
Vrydag 4 Junie
4° 21°
Saterdag 5 Junie
5° 22°
Sondag 6 Junie
5° 23°
7° 24°
Ceres Koekedouw dam
59%
Lesing: 2021/06/02
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Verkragter kry 20 jaar vonnis ‘n VERKRAGTER van Wolseley is verlede week lank tronk toe gestuur. Shadick Khalief (50) is op 20 Mei in die Wolseley streekhof tot 20 jaar direkte tronkstraf gevonnis. Hy het in Oktober 2013 ‘n 14-jarige meisie in ‘n leë gebou in Montana woonbuurt verkrag. Die saak het lank gesloer terwyl Khalief uit op borgtog was en ‘n tyd lank oorsee was. Hy is later weer gearresteer.
Verdagte (19) vas na hy vrou met klip slaan
Heli-ongeluk
Burgerlugvaart-ondersoek afgehandel DIE Burgerlugvaartowerheid (BLO) se voorlopige ondersoek na ‘n helikopterongeluk buite Wolseley, is afgehandel. Stewart Graham (25), ‘n helikoptervlieënier van ‘n onderneming wat boorde spuit vir vrugtevlieë, het op 19 Januarie tragies gesterf nadat sy Bell helikopter vroegoggend ‘n Eskom-kraglyn buite Wolseley getref het. Lees die berig op bladsy 3 met meer fotos en illustrasies.
DIE Ceres polisie ondersoek ‘n ernstige aanrandingsvoorval wat die naweek op die dorp plaasgevind het. ‘n Vrou van Ceres is Saterdagaand omstreeks 23:00 wreed aangerand en met ‘n klip teen haar kop geslaan. 'n 19-jarige verdagte het later weggehardloop en die vrou bewusteloos langs die rivier gelos. Volgens die polisie het die vrou die aand die verdagte vir ‘n sigaret gevra toe hy by ‘n huis verby gestap het. Hy het die vrou aangesê om saam te stap. Hy het haar later oorval, probeer verkrag, haar gewurg en later met ‘n klip teen die kop geslaan. Sy het terugbaklei waarna hy te voet gevlug het. Goeie polisiewerk het daartoe gelei dat ‘n 19-jarige verdagte gearresteer is. Hy het Dinsdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn weens poging tot verkragting en aanranding om ernstig te beseer. Hy bly in aanhouding tot hy weer op 21 Junie in die hof moet verskyn. Die verdagte, wie se naam volgens die strafproseswet eers genoem kan word wanneer hy gepleit het, verskyn later op ander aanklagte wat verband hou met ‘n mesaanval ‘n paar maande gelede op ‘n polisieman. Waarskuwing Vroue en kinders in die Witzenbergstreek word gevra om versigtig te wees en nie alleen in die strate te loop nie. Slagoffers kan bly wees dat hulle lewe maar die trauma na sulke voorvalle en die emosionele impak daarvan op die slagoffers en hul families, sal lank vat om verwerk te word. Die gemeenskap moet ook help om toe te sien dat vroue en kinders veilig is en verdagte persone aan die polisie uit te wys en te rapporteer.
Make your life easier with Mobile convenience
CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!
OPEN GATE VIA MISSED CALL
Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES
2
WITZENBERG HERALD
Friday, June 4, 2021
Dankie vir jul omgee en eerlikheid
IRNA Visser (nee Van den Heever), jarelange inwoner van Ceres en vrou van oudbrandweerhoof, Hermie Visser, is Maandag 17 Mei skielik by hul huis oorlede. Irna (74) se lewe was sedert die vroeë 1970’s fyn verweef met die onderwysgemeenskap van Villiersdorp, Robertson en Steynsburg. Haar liefde en passie vir onderwys is sedert die 1990’s in Ceres voortgesit met ondersteunende tuisonderrig. Haar familie sal haar altyd onthou as ‘n hardwerkende onderwyser, liefdevolle eggenoot, regverdige ma met ‘n onblusbare liefde vir fynbos en spesiaal vir proteas. “Ons sal haar baie mis, maar is tevrede dat ons weet sy het ‘n goeie wedloop gehardloop en die wenstreep bereik het. Haar vertroue in die Here het haar nooit in die steek gelaat nie”. * Baie dankie vir elkeen se gebede, oproepe, besoeke en simpatie asook vir jul teenwoordigheid en ondersteuning. Dit word waardeer. Irna, het ‘n hartoperasie in 2020 ondergaan en het goed herstel voor haar skielike dood. Sy word oorleef deur haar man, Hermie Visser, en dogters Danel, Carien en Herma asook skoonseuns en vyf kleinkinders.
DIE Vlytige vingers het onlangs kniekombersies vir bejaardes in die Gydosig siekeboeg gebrei. Hier oorhandig hulle die komberse aan Gydosig se bestuurder, Bernadette Pelser.
‘n OPE brief van dankbare inwoners aan Trevor en Maggie Abrahams. Net dankbaarheid vir julle - sout-van-dieaarde-mense! Julle reuse bydrae in opregtheid, eerlikheid, medemenslikheid, egtheid en ‘n liefde vir “alles hier”, bring groot seën na ons pragtige vallei. Vir ons is julle onmiskenbaar deel van ons omgewing soos: Die groenvylaning na die Karoo. Die halfedelstene wat die gletser daar neergelaat het Die botterbome en ghaap in Karoopoort. Die rykdom fossiele in ons berge Die skaamrosie en perdekloutjies wat slegs in ons berg gevind word Die otters wat in Koffiegat speel en die keesfamilies wat op die boomtoppe by die tolhuis parlementsitting hou. Julle onvoorwaardelike omgee laat ons eie klein planeet, Ceres draai.
MONTROUGE primêr buite Tulbagh, het onlangs hul nuwe leiers gekies. Hier is die skoolleiers afgeneem saam met James Andrews, skoolhoof van Montrouge.
OP 26 Mei het Masizole Mnqasela, nuwe speaker van die Wes-Kaap provinsiale regering, 100 paar skoolskoene aan Mooi-Uitsig primêr geskenk. Die onderburgemeester van Witzenberg, Karriem Adams, hier saam met ‘n groepie leerders wat van die skoolskoene ontvang het.
Ons boerdery, geleë in die Grabouw- / Elginomgewing, beskik tans oor ‘n betrekking vir ‘n selfgemotiveerde en toegewyde persoon wat passie het vir plaaswerk. Kennis van appel- en peerboerdery sal in die persoon se guns tel.
PRODUKSIEBESTUURDER - VRUGTEPLAAS DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT SAL ONDER ANDERE VERANTWOORDELIK WEES VIR: • Toesighoudende beheer oor die algemene boerdery-aktiwiteite • Kontrole en beheer uit te oefen oor al die werknemers • Dag tot dag beplanning saam met Bestuur • Opdragte van Senior Bestuur oor te dra en toe te sien dat die werk effektief uitgevoer word deur bestuur en werknemers. DIE IDEALE KANDIDAAT SAL AAN DIE VOLGENDE VEREISTES EN ONDERVINDING MOET VOLDOEN: • Toepaslike tersiêre opleiding / Landbou-diploma • Minstens 5 jaar ondervinding in die werksaamhede van ‘n vrugteplaas. ‘n Mededingende vergoedingspakket kan aan die suksesvolle kandidaat gebied word.
CERES (023) 316-2226 KASSIERE • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge kan handhaaf • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Vorige ondervinding sal in u guns tel • Matriek is ‘n vereiste. Salaris onderhandelbaar Rig CV aan: ceres2@retail.spar.co.za Vir aandag: Front Bestuurder
Behuising is op die plaas beskikbaar.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Dinsdag 8 Junie 2021
Aansoeke met volledige CV, asook besonderhede betreffende huidige besoldiging, moet gerig word aan: chris@qvjhb.co.za
Diensaanvaardings: Spoedig moontlik
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Junie 2021 Indien u binne 30 (dertig) dae vanaf die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
PIETER Fredericks van Ceres helder almal met wie hy in aanraking kom, se dag op met sy glimlag en mooi geaardheid. Hy doen sy deel vir die gemeenskap deur elke dag by die Rietvallei biblioteek en kliniek in Lyellstraat behulpsaam te wees met allerlei takies soos om blare te hark, pos te gaan haal en enige los takies waarvoor hulle hom kan inspan. Hy is altyd gewillig om te help. * Pieter het Donderdag 27 Mei verjaar en almal by die munisipaliteit, biblioteek en kli-niek wens hom net alle voorspoed toe.
Indien u teen Vrydag 11 Junie 2021 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
OPERATOR & ADMIN ASSISTANT (in Ceres) Must obtain the following: • PSIRA registered • Grade C (Not needed for admin) • Updated contactable references • Sober habits
SECURITY OFFICERS (in Gouda area) Must obtain the following: • PSIRA registered • Grade C • Updated contactable references • Sober habits Submit CV for both vacancies via e-mail to: admin@ghostsecurity.co.za
WITZENBERG HERALD
3
Friday, June 4, 2021
Ondersoek na Wolseley heli-ongeluk afgehandel
DIE onbekende bestuurder van dié Mazda Midge het Sondag 30 Mei omstreeks 15:50 beheer oor die voertuig verloor en teen ‘n paal by die La Plaissant-kruising op die R43 tot stilstand gekom. Hy het uit-gespring en weggehardloop en twee insittendes op die toneel ge-los. Een passasier is beseer en op die toneel deur EMS behandel. Die polisie probeer nog om die bestuurder op te spoor.
Ceres Lionsklub skenk geld aan twee ouetehuise TWEE ouetehuise op Ceres, Huis Pieter Strauss en Huis Maudie Kriel, het onlangs groot skenkings van die Ceres Lionsklub ont-vang. Die Lionsklub het aan die begin van die jaar hul jaarlikse gholfdag op Ceres gholfbaan aangebied. Na afloop van die gholfdag het die Lionsklub besluit om vanjaar R30 000 elk aan die twee tehuise te skenk. VLNR: Ria Prins (bestuurder van Huis Maudie Kriel), Louis Marais (Huis Pieter Strauss se be-stuurder ) en Maureen Peters (president van Ceres Lionsklub). * Die Lionsklub bedank die organiseerder, die gemeenskap en elke donateur en speler wat gehelp het om ‘n groot sukses van die gholfdag te maak.
DIE burgerlugvaartowerheid (BLO) se voorlopige ondersoek na ‘n helikopterongeluk buite Wolseley, is afgehandel. Stewart Graham (25), ‘n helikoptervlieënier van ‘n onderneming wat boorde spuit vir vrugtevlieë, het tragies gesterf nadat sy Bell helikopter vroegoggend ‘n Eskomkraglyn buite Wolseley getref het. Die kragtoevoer na dorpe soos Ceres, P.A. Hamlet en Op-die-Berg is na die ongeluk vir ‘n paar uur onderbreek. Die Eskom 132 kv Romansrivier/Witzenberglyn en ‘n grondafleier is beskadig. Die kragtoevoer is eers na 18:00 herstel. Die ongeluk het Dinsdag 19 Januarie omstreeks 07:40 op die plaas Silwerstroom buite Wolseley plaasgevind. Die helikopterwrak het te lande gekom in ‘n peerboord op die grens tussen Silwerstroom en Ou Stasie plase. Die plaaseienaar, Kosie Möller, het in sy bakkie op die plaas gery toe hy ook ‘n harde slag hoor. Hy het besef iets groot is fout en het met ‘n paar mense en brandblussers na die plek gery waar die helikopter geval het. Met hul aankoms was die vlieënier reeds dood. Graham was werksaam by Ross Air op Wellington en alleen in die helikopter. Hy was besig met ‘n vrugtevlieg-bespuitingsprogram in die Wolseley-omgewing toe die onderkant van die helikopter aan ‘n hoogspanningsdraad vasgehaak het. Voorlopige ondersoek Uit die burgerlugvaartowerheid (BLO) verslag blyk dit dat daar geen meganiese of tegniese fout met die Bell 206B JetRanger II gevind kon word nie. Die vlieënier het meer as 1360 vliegure gehad waarvan meer as 480 uur in die JetRanger. Die vlieënier het kort voordat die helikopter neergestort het, nagenoeg 40.6 kg brandstof ingegooi en 295 kg gifstof aan boord geneem. Verder meld die verslag dat die vlieënier voor die ongeluk al drie keer op dieselfde plaas werk verrig het, waarvan die laaste keer die dag voor die ongeluk. Die helikopter het oor die breedte van die 28 meter hoë hoogspanningsdrade gevlieg waarna die onderste gedeelte vasgehaak en dit teen die grond vasgevlieg het. Wrakstukke was oor ‘n 80 meter radius versprei.
Man (40) steek sy broer na argument dood met 'n mes DIE polisie ondersoek ‘n moordsaak en ‘n verkragtingsaak wat die naweek plaasgevind het. In die eerste voorval is ‘n man Saterdag 29 Mei op Eselfontein dood nadat sy broer hom met ‘n mes gesteek het. Volgens die polisie was daar omstreeks 15:40 blykbaar ‘n argument tussen die twee broers. Johan van Wyk (40) het Henry Daniël (43) met ‘n mes gesteek. Van Wyk het Maandag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord. Die saak is tot 21 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Van wyk is op waarskuwing vrygelaat. Verkragting ‘n 14-Jarige seun was die naweek ‘n
verkragtingslagoffer in Nduli. Die seun het omstreeks 03:00 alleen gestap toe ‘n verdagte hom nader en met ‘n mes dreig. Die man het die seun verkrag en gevlug. Die polisie ondersoek die voorval.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, June 4, 2021
Lien sterf weke na sy haar heup breek
KENNISGEWING AANVAARDING: 2021/2022 BEGROTING EN GEINTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) Kennis geskied hiermee ingevolge, onderskeidelik, artikel 18 van die Munisipale Begrotings en rapporterings regulasies, 2009 en artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 26 Mei 2021 goedgekeur is. • Begroting 2021/2022 (en aanduidende syfers vir en 2022/2023 en 2023/2024) • Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2021/2022
LIEN Stemmet, oudwerknemer van Dutoit Groep is Sondagaand in haar slaap in die Worcester Mediclinic oorlede. Lien is sedert einde Julie 2019, weens permanente skade aan haar rugmurg, medies ongeskik verklaar. Sy het vir byna 11 jaar by Dutoit Groep as Pieter du Toit (sr.) se persoonlike assistent gewerk. Lien het op Maandag 26 April geval, haar heup gebreek en is in Worcester Mediclinic opgeneem waar sy ‘n heupvervanging gekry het. Sy het goed herstel en is ontslaan maar weens komplikasies met haar wond, was sy weer opgeneem. Dutoit Groep sal Lien onthou vir haar deursettingsvermoë, veggees, positiewe ingesteldheid en organiseringsvermoë. Sy het altyd tyd vir almal gehad en nooit gekla of opgegee nie. Haar grootste droom was om weer haar posisie in die Groep in te neem - ‘n plek waar sy baie gelukkig was. “Ons koester Lien se mooi herinneringe saam met haar man, Anton, hulle 3 dogters en 2 skoonseuns. Haar gesin was haar trots en haar liefde vir hulle was admirerend!. Ons gebed is dat ons Vader hulle in hierdie hartseertyd sal vertroos”. Gedenkdiens ”Belangstellendes moet kennis neem dat Lien se gedenkdiens op Maandag 7 Junie om 11:00 vanuit die NG Ceresvallei gemeente sal plaasvind”. “In die lig van die Vlak 2 Covid-regulasies gaan die getalle beperk word tot die voorgeskrewe 100 persone. Familie, vriende en kollegas sal voorkeur geniet om die diens by te woon. Die diens sal ook gestroom word.”
LIEN Stemmet.
Die 2021/2022 begroting, gelde, kostes en tariewe sal vanaf 1 Julie 2021 geïmplementeer word.
Senior burgers kry kans vir enting teen COVID-19
Die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke van die Witzenberg Munisipaliteit gedurende normale kantoorure, en is ook beskikbaar op die Witzenberg Munisipaliteit se webwerf by: www.witzenberg.gov.za
BYKANS 3 000 senior burgers in die Kaapse Wynlandstreek het hul eerste van twee dosisse COVID-19entings gekry - ‘n belangrike wapen teen die pandemie. Vanaf Maandag 24 Mei het gesondheidswerkers uitgereik na tehuise en aftreeoorde in die Breedevallei en Drakenstein en hier 1 621 mense geënt. Op 31 Mei is die uitreike uitgebrei na tehuise in Langeberg, Stellenbosch en Witzenberg en lede van die publiek kon hul afsprake om geënt te word, opneem by spesifieke sentrums. In die Witzenbergstreek is 170 persone ingeënt. Volgende week van 7 Junie af, sal al meer van WesKaap gesondheidsklinieke, gemeenskapsdagsentrums (daghospitale) en distrikshospitale COVID-19-entings bied en meer mense sal SMS’e met afspraakbesonderhede ontvang. Mense wie opdaag vir hul afsprake, word geprioritiseer. ‘n Groot hoeveelheid van mense wie na fasiliteite gekom het vir inentings op die eerste dag, was mense sonder afsprake. Indien jy by ‘n fasiliteit opdaag sonder dat jy die SMS met jou afspraakbesonderhede ontvang het, moet jy wag en sal jy geënt word indien moontlik. Teen Maandag 1 Junie het net meer as 38% van mense in die ouderdomsgroep van 60 jaar en ouer, geregistreer vir enting. Die plaaslike span gesondheidswerkers vra entstowwe aan volgens die hoeveelheid mense wie geregistreer het, daarom is dit belangrik dat almal in hierdie groep wie graag die entstof wil ontvang, so gou as moontlik registreer. Registreer nou Bel *134*832# van jou selfoon af om te registreer (dit is gratis). Volg die instruksies. Jy kan ook registreer deur die woord ‘register’ te stuur na 0600-123-456 op WhatsApp. Gemeenskapsgesondheidswerkers beweeg in gemeenskappe om mense te ondersteun met die registrasieproses. Styging in positiewe gevalle Daar is ‘n kommerwekkende styging in die Kaapse
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER
PUBLIC NOTICE ADOPTED: 2021/2022 BUDGET AND INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) Notice is hereby given in terms of Section 18 of the Municipal Budget and reporting regulations, 2009, and Section 75(A) (3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr 32 of 2000) respectively, that the following documents were approved at the Council meeting held on 26 May 2021. • Budget 2021/2022 (and indicative figures for 2022/2023 en 2023/2024) • Amended Integrated Development Plan (IDP) 2021/2022 The 2021/2022 budget, fees, costs and tariffs shall be implemented with effect from 1 July 2021. The said Council Resolution and all other relevant documents may be inspected at the Municipal Offices and Public Libraries of Witzenberg Municipality during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipality’s website at: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER
ISAZISO AMKELEKILEYO: UHLAHLO LWABIWO MALI LUKA 2021/2022 NE NKQUBO YEZICWANGCISO ZOPHUHLISO YEMINYAKA EMIHLANU Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 18 likaRhulumente wengingqi wezohlahlolwabiwo mali kunye nomthetho wokunika ingxelo, ka 2009, necandelo 75(A) (3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32) ubhentsisa mhlophe ukuba ezizinto zilandelayo ziye zavunywa kwintlanganiso yeBhunga eyayibanjwe ngomhla wama 26 kuCanzibe 2021. • Uhlahlo lwabiwomali luka 2021/2022 (Namanani abonisayo ka2022/2023 no 2023/2024) • Inkqubo yeZicwangciso zoPhuhliso Yeminyaka Emihlanu (IDP) -2021/2022 Uhlahlolwabiwo mali luka 2021/2022 neendleko kunye namaxabiso aqingqiweyo ziyakuzalisekiswa ukusuka ngomhla wo 1 KweyeKhala 2021. Ezizigqibo zeBhunga kunye namanye amaxwebhu anxamnye ayakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumathala eencwadi kaMasipala wase Witzenberg ngamaxesha empangelo,kwaye ayafumaneka nakwi website ethi: www.witzenberg.gov.za D. NASSON UMPHATHI MASIPALA
Wynland se COVID-19-syfers. Teen 31 Mei het meer as 500 mense van hier aktiewe COVID-19. Die grootste toenames van COVID-19 was in die Breedevallei (54%) en Drakenstein (55%). Vaksinering is een manier waarop gemeenskappe kan terugbaklei teen die virus. Terwyl enting aan meer en meer mense in die ouderdomsgroep van 60 jaar en ouer tans geënt word, vra die departement dat mense van alle ouderdomme stappe neem om hulself te beskerm. Teen Dinsdag 1 Junie was daar 16 aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Net een persoon op Tulbagh het die week weens COVID-19 gesterf. Sedert die pandemie begin het is daar 5090 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4845 volkome herstel het. Statistieke wys Ceres het die meeste positiewe gevalle aangemeld nl: 1039 gevolg deur Bella Vista met 870, P.A. Hamlet met 708, Wolseley met 584, Tulbagh met 527, Nduli met 430 en Koue Bokkeveld plase met 410. Twee honderd nege en twintig (229) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 35, Bella Vista met 34, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 24. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 811 (tot 31 Mei) met 294 207 positiewe gevalle en 278 265 wat al herstel het. Daar is al 136 395 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19 Ceres hospitaalbesoektye Ceres provinsiale hospitaal bied daagliks besoektye tussen 15:00 tot 15:45 aan pasiënte wie in die algemene saal of in die kraamsaal is. Een besoeker word toegelaat per pasiënt. Besoekers moet om 14:45 aanmeld by die hospitaal sodat hulle deur die COVID-19-siftingsproses kan gaan. Onthou dat COVID-19-protokol steeds geld. Besoekers word nie in die noodeenheid of die COVID-19-saal toegelaat nie.
INVIT ATION TO BID INVITA Bid reference: CKB T2/2021 Bid description: LOCAL ENGINEER: KOEKEDOUW DAM Bids will be evaluated according to the 80/20 points system. BID IS FOR THE PROVISION OF PROFESSIONAL ENGINEERING SERVICES TO THE CERES KOEKEDOUW MANAGEMENT COMMITTEE FOR A PERIOD OF 36 MONTHS. Bid documents can be obtained from Ceres Koekedouw Management Committee offices, tel. no.: (023) 315-5569 / e-mail: kantoor.kbr@gmail.com. Contact person: Nelmari Janse van Rensburg. Bid document may be collected from Monday to Friday from 07:30 - 12:30. Closing date: 25 June 2021 at 12:00 This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2017 that was promulgated by the Minister of Finance on 20 January 2017 in Government Gazette No 40553. No bids will be considered from persons in the service of the state. Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the Ceres Koekedouw Irrigation Board. A valid B-BBEE status level verification certificate must be submitted in order to claim preference points for B-BBEE. Documents can be obtained from Mondays to Fridays between 07:30 - 12:30 from CKB offices. Contact person: Nelmari Janse van Rensburg on (023) 3155569 or e-mail to: kantoor.kbr@gmail.com Enquiries: Mr. N. Jacobs, Senior Manager Water and Sewerage on tel: (023) 316 8540 or at e-mail: nathan@witzenberg.gov.za R. VISAGIE CHAIRMAN
TIMOTHY Faroa is een van die vaksineerders by Ceres provinsiale hospitaal.
ROSEMARY Nyamadzawo (68) van Wolseley is een van die eerste Witzenbergers wat op 31 Mei by Ceres provinsiale hospitaal geënt is.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, June 4, 2021
CHARLIE Hofmeyr se kultuurraad het onlangs ‘n baie suksesvolle aand aangebied. Mnr. Charlie 2021 was Cillié du Toit (asook mnr. Persoonlikheid). Liyema Mvumvu is as die eerste prins aangewys met Ryan Shapley as die tweede prins. * Mianel Potgieter en Noah Jacobs is as die Paartjie kreatief aangewys.
CHARLIE Hofmeyr se kultuurraad het onlangs ‘n baie suksesvolle aand aangebied. Mej. Charlie is tydens die geleentheid ook aangewys. Mianel Potgieter is as Mej. Charlie 2021 aangewys asook Mej. Persoonlikheid. Haar eerste prinses is Monique Hanse en die tweede prinses was Annibelle Wadsworth.
DIE reënboog is Saterdagoggend op Ceres gholfbaan se 18de putjie afgeneem. *Volgens Hortec Ceres en iLeaf webtuiste het daar tussen verlede Vrydag en Maandagoggend 14.4mm reën in die Warm Bokkeveld geval. In die Koue Bokkeveld is 14.8 mm gemeet en in die Bo-Swaarmoed omgewing 4.7mm gemeet.
LOVE AND SOLES IN ACTION is die skoolskoene insamelingsveldtog van die Togryers museum vir Mandeladag. Die museum samel gebruike (en nuwe) skoolskoene in vir twee plaasskole in die Witzenbergomgewing. * Indien jy skoolskoene het wat in onbruik geraak het, kan jy dit by die Togryers museum kom afgee. Help ons om diegene te help wat die winter sonder skoolskoene moet klaarkom. Vir enige navrae skakel die museum by (023) 312-2045.
Oorspronklike Gesondheid- en Skoonheidsorg vir meer as 80 jaar! WATKINS, ‘n nasionale verkoper van gesondheids-, huishoudelike- en skoonheidsprodukte, het die week een van hul top verkopers in die Witzenbergstreek besoek. Rudolph Booysen (86) van Tulbagh is een van Watkins se top 3 verkopers in die land en werk al die afgelope 44 jaar vir die onderneming. Booysen het op Waterval buite Tulbagh grootgeword by sy oumagrootjie en het net tot standerd 2 skoolgegaan. Op 10-jarige ouderdom moes hy noodgedwonge gaan werk en sy eerste salaris was R20.05!
RUDOLPH Booysen (86) van Tulbagh is een van Watkins se top 3 verkopers in die land en werk al die afgelope 44 jaar vir die onderneming. Hy lewer al jare met sy fiets af. Hy plaas sy produkte in ‘n kartonhouer voor op sy fiets en ry dan orals in die dorp rond om dit af te lewer.
Hy het latere jare by departement bosbou aangesluit waar hy vir meer as 20 jaar werksaam was voordat ‘n besering en twee operasies hom gedwing het om weens mediese redes te bedank. Hy trek later dorp toe en in 1978 sluit hy hom by Watkins aan as ‘n verkoper. Oor die jare kon hy darem vir hom ‘n huis koop en bietjie geld wegsit in die bank. “Solank die gesondheid goed is, sal ek steeds die produkte verkoop en dit stiptelik by kliënte aflewer” sê Rudolph. Hy lewer al jare met sy fiets af. Hy plaas sy produkte in ‘n kartonhouer voor op sy fiets en ry dan orals in die dorp rond om dit af te lewer. Dit hou hom fiks en gesond sê hy. Booysen is baie betrokke in die gemeenskap en sy skerp humorsin help om met al sy kliënte goed oor die weg te kom. Hy het altyd raad vir diegene wat hom vir raad vra. Sy gesondheid is nog baie goed en hy doen ook alles vir homself. Hy begin elke dag met ‘n koppie kruie soos Wildeals. Hy skryf sy sukses toe aan goeie produkte. Dit is veral die Menthol Camphor salf en olie asook die kruie ontsmettingsmiddel en Kure Oil wat die beste verkoop.
RUDOLPH Booysen hier saam met Melinda Mostert (Watkins se groep verkoopsbestuurder). Sy en Rudolph werk al die jare saam.
Rudolph dink nog glad nie aan aftree nie en as sy gesondheid nog goed is, wil hy nog ten minste werk tot hy 90 is.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Sylvia Auletha Helen Swartz
Privaat begrafnis: Sat. 5 Junie 2021
Huis: 09:00, Binnestr.6, Ceres Kerk: 10:00,VGK, Ceres Graf: Ceres
CERES NICO
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
082-859-2300
Andries Pedro
1939/04/01 - 2021/05/28 Roudiens: Don. 03/06/2021 om 19:00, VGK, Ceres
• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Skakel
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
1952/11/04 - 2021/05/27
Dit het ons Alwyse Hemelse Vader behaag om van ons weg te neem, ons geliefde broer, oom en oupa. Ons sal hom baie mis en sou hom graag nog veel langer by ons wou hou, maar die Here het anders gewil en ons berus in Sy liefdevolle besluit. van Suster Breg, Sandré en kinders, Uncle Koos en gesin
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Sylvia Auletha Helen Swartz
1939/04/01 - 2021/05/28
Llewellyn Aubrey Juries 1958/06/05 - 2020/04/10 Mommy Sylvie, Your presence, love and kindness will forever be with us. Your gentle, loving and caring nature touched so many people on your life path and we are grateful for that. Rest well for now until we meet again. Lots of love Peter, Naomi, Georgia and Layla
Sylvia Auletha Helen Swartz
1939/04/01 - 2021/05/28
Wellyn, Pappie, Oupa, Uncle, Burie, Jura... Jou tweede verjaarsdag weg van ons. Die tyd stap aan, maar die gevoel van verlies bly. Ons mis jou...veral op die 5de Junie.
Van almal wat jou lief het...
Johan Mpharu 1988/06/08 - 2018/01/03 Rest softly in the gentle arms of our Lord and Master Mommy Sylvie. You will always be our Queen. Love you forever Sylnita, Gerard, Arian and eldest granddaughter Gemma
Sylvia Auletha Helen Swartz
1939/04/01 - 2021/05/28
Mammie Sylvia, Ons al jou altyd onthou. Jou teenwoordigheid, omgee en liefde sal altyd by ons wees. Jy het gedoen wat jy kan en baie meer. Rus sag, ons sien jou weer. Liefde Ernest, Esmeralda, Sachin, Earle, Ronwyn en Quade
Andries Pedro
Die 8ste Junie is dit jou 3de verjaarsdag weg van ons. Ons verlang en mis jou so baie. Jy sal altyd in ons harte bly en jou herinneringe sal voortleef. Lekker verjaar by Jesus. Van jou pa, ma, broer, skoonsuster en jou dogtertjie
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
1952/11/04 - 2021/05/27 Roudiens: Don. 03/06/2021 om 19:00, PPK Kerk, Bella Vista
• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Privaat begrafnis: Sat. 5 Junie 2021
Huis: 13:00, Keurboomstr. 220, Bella Vista Kerk: 14:00, PPK, Bella Vista Graf: Bella Vista
CERES NICO
Begrafnisdienste
/ Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
082-399-4068 Services: sell, install & repair
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
AND FRAMES
Maama Baraka Jou oplossing is hier
Liefdes spel/palmlesing ....................... R20000 Geld in rekening in uur ....................... R15000 Skrap lenings .... R15000 Wen Lotto/Powerball ....................... R22000 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ......... R20000 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R19990 Werkpromosie ... R20000 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R20000 Geluksolie/towering ....................... R30000 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 078-777-8802
(Wolseley)
Op soek na ‘n hardwerkende persoon. Moet beskik oor geldige bestuurderslisensie en eie voertuig. Vir verdere navrae:
skakel Pierre by 083-663-3980 of (023) 231-1677
STOOR TE HUUR (P.A. Hamlet) • • • • • • •
250m² 9 gewone muurproppe 3x driefase kragpunte toilet 2x stoorkamers kantoor alarm
Op soek na iemand wat langtermyn wil huur. Skakel: Potjie Geldenhuys vir meer inligting:
083-703-4811
PLANT AND TOOL HIRE
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
STEFAN STEYN 083-227-6476
c/o Vos- & Faure Street 83
Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuig-sitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o
Algemene Werker
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Transvaal. Ons het deelvragte ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Help met die verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Skakel ons by tel: (023) 347-4092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of 'n epos na: www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
Swaar TYE. Warm HARTE
KLERE DONASIES
Ons is dringend op soek na klere en skoene vir dames en kinders
Gee asb. af by Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir enige navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414
Ev. Jacobs
Spreuke 31:10 “‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.”
Friday, June 4, 2021
WITZENBERG HERALD
7
Friday, June 4, 2021
nuusbrokkies
Leap to Know vat hande met Matjiesrivier primêr
MET die skrywe wil ons (Bibbie Potgieter en Lenie van der Merwe) erkenning en dank uitspreek teenoor almal wat betrokke is by die inentingsproses by die Ceres provinsiale hospitaal. Elke persoon met wie ons kontak gehad het, was uiters proffesioneel en behulpsaam. Die hele inentingsproses neem nie langer as ‘n uur nie. Die fasiliteite is silwerskoon en dit was ‘n plesier om die proses te ervaar. Doen so voort Ceres hospitaal! WESTERN Cape blood stocks are critically low. We only have 1 day’s blood supply for group O and B+. You can help by donating blood at your nearest blood donation venue: www.wcbs.org.za/blood-donation HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum het ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek begin en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-6892885 of (023) 312-2045. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.
MATJIESRIVIER opvoeders John Franse, Elmarie Smit en Margeret-Ann Piquer saam met Leap to Know verteenwoordiger, Rolien Bührmann. FOTOS: Magriet Theron
STAKEHOLDER ENGAGEMENT PROCESS Screening Study for Eskom’s Proposed Second 765 kV Kappa-Sterrekus Transmission Powerline
SRK Project No: 542335
ELECTORAL COMMISSION NOTICE OF APPLICATION FOR REGISTRATION OF A PARTY IN TERMS OF SECTION 16(1)(a) OF THE ELECTORAL COMMISSION ACT, 1996 (ACT No. 51 OF 1996)
1. Notice is hereby given that the: WITZENBERG PARTY (WP) is applying for registration in terms of the Electoral Commision Act, 1996 (Act No. 51 of 1996). 2. Date on which the application will be or has been submitted to the Chief Electoral Officer 15/04/2021. 3. The abbreviation of the name of the party is: WP 4. Anyone wishing to raise an objection against the intended registration must do so by written notice in which are set out the grounds for the objections and which must be delivered at the Office of the Chief Electoral Officer within fourteen days after the publication of this notice on 4 Junie 2021.
MATJIESRIVIER primêre skool gebruik nou tegnologie in hul graad 1 klas. Hulle het onlangs ‘n tablet-oplossing van Leap to Know vir hul grondslag fase bekom. Ná die afdraai op die Bo-Swaarmoedpad, 30 km buite Ceres, kom jy op ‘n blou plaasskool af wat trots onder die bloekombome staan. Die tuin is vrolik en kleurvol en trefwoorde soos “eerlikheid” en “betroubaarheid” is teen hul muur geverf. As buitestaander ken ’n mens nie al die dryfvere tot sukses by ’n skool nie - daar kan so baie rolspelers wees - maar wanneer skoolhoof John Franse jou groet, is jy gou oortuig van ’n dinamiese man wat die voorspoed van sy leerders eerste stel. “Ek het in 2019 die voorreg gehad om mnr. Franse te ontmoet toe hy by ’n ADESSA uitstalling in Worcester by die Leap to Know stalletjie aangeklop het om meer van ons tablet-oplossing vir grondslag fase uit te vind”. “Dit was vir hom belangrik om tegnologie in sy skool in te faseer, maar die koste daaraan verbonde was ’n groot uitdaging. Leap to Know kon in September 2019 bekostigbare (herwinde) tablette bekom en Matjiesrivier primêr het ons skoolgereedheidsprogram in Afrikaans aangeskaf. Ons het daarna die grondslagfase opvoeders begelei om die tablette in die klasse te implementeer”. Volgens opvoeders Ann-Margeret Piquer en Elmarie Smit het Leap to Know se Kwakie- program sukses op verskeie vlakke meegebring: dit help die kinders met luistervaardighede, fokus en motivering het oefening gekry terwyl leerders ook basiese konsepte soos vorms, kleure, syfers en letters kon hersien. Uitdagings Die Covid-19-pandemie het baie groot uitdagings aan skole regoor die land gestel. Terselfdertyd het Leap to Know die geleentheid gekry om verdere programme te skep. Te danke aan ruim skenkings van twee befondsers, dr. Fanie Marais (Cordis Trust) en Louis van der Walt, het Leap to Know ’n Geletterdheidsprogram in Afrikaans ontwikkel wat gratis by nege skole in die Wes-Kaap gratis geimplementeer kon word. Moedertaal-onderrig in Afrikaans lê die twee skenkers na aan die hart, behalwe nog vir die feit dat dr. Marais in die Witzenbergstreek grootgeword en skoolgegaan het! Op 28 Mei het Leap to Know Matjiesrivier vir ’n derde keer besoek en hul geletterdheidsprogram in Afrikaans op hul mooi-opgepaste tablette geinstalleer. Navrae Indien skole meer wil weet van die program, kan hulle Rolien Bührmann by 082-780-8655 skakel of ‘n epos stuur na rolienbuhrmann@ leaptoknow.com
BELANGEHOUERSDEELNAMEPROSES Siftingsondersoek vir Eskom se Voorgestelde Tweede 765 kV Kappa-Sterrekus-transmissiekraglyn
SRK Projek No.: 542335
Notice is hereby given of a stakeholder engagement process in terms of the National Environmental Management Act 107 of 1998 (NEMA) and the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014.
Kennis geskied hiermee van ‘n belangehouersdeelnameproses ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbetuur, Wet 107 van 1998 (NEMA) en die Regulasies van die Omgewingsimpakbeoordeling (EIA), 2014.
Project description: Eskom Holdings SOC has appointed SRK Consulting (South Africa) (Pty) Ltd (SRK) to undertake an environmental screening study of three “sub-corridor” alternatives for a proposed second 765 kV transmission powerline between the Sterrekus and Kappa Substations in the Western Cape. The screening study will inform the selection of a preferred sub-corridor which will be assessed in more detail leading to determination of a powerline route to be assessed in an Environmental Impact Assessment.
Projekbeskrywing: Eskom Holdings SOC het SRK Consulting (Suid-Afrika) (Edms.) Bpk. aangestel om ‘n omgewingsiftingsondersoek van drie “subkorridor”alternatiewe te doen vir ‘n voorgestelde tweede 765 kV-transmissiekraglyn tussen die Sterrekus- en Kappa-substasies in die Wes-Kaap. Die siftings-ondersoek sal die keuse van ‘n voorkeur-subkorridor toelig wat in meer besonderhede beoordeel sal word in die bepaling van ‘n kraglynroete in ‘n Omgewingsimpakbeoordeling.
Location: The powerline will extend from the Sterrekus Substation near the Koeberg Power Station, to the Kappa Substation ~ 25km north of Touws River. Three alternative sub-corridor alignments are proposed: • Central A Alignment: ±195km in length (via Gouda); • Central B Alignment: ±185km in length (via Wolseley); and • Southern Alignment: ±260km in length (via De Doorns).
Ligging: Die kraglyn sal uitbrei van die Sterrekus-substasie naby die Koebergkragstasie na die Kappa-substasie ~25 km noord van Touwsrivier. Drie alternatiewe subkorridor-riglynings word voorgestel: • Sentraal A-lyn: ±195km lank (via Gouda); • Sentraal B-lyn: ±185km lank (via Wolseley); en • Suidelike lyn: ±260km lank (via De Doorns).
Opportunity to participate: The Screening Report is available on SRK’s website (via ‘Knowledge Centre’ and ‘Public Documents’) and at the following Public Libraries: • Malmesbury • Goudini (Rawsonville) • Riebeek West • Worcester • Gouda • Prince Alfred Hamlet • Hermon • De Doorns • Wellington • Touws Rivier • Tulbagh • Koeberg (Melkbosstrand) Stakeholders are encouraged to review the Screening Report, submit comments and/or register on the project database (via SRK’s website or the email address below) by 9 July 2021.
Geleentheid tot deelname: Die Siftingsverslag is beskikbaar op SRK se webblad (via “Knowledge Centre” en “Public Documents”) en by die volgende openbare biblioteke: • Malmesbury • Goudini (Rawsonville) • Riebeek-Wes • Worcester • Gouda • Prince Alfred Hamlet • Hermon • De Doorns • Wellington • Touwsrivier • Tulbagh • Koeberg (Melkbosstrand) Belanghebbendes word aangemoedig om die Siftingsverslag te bestudeer, kommentaar te lewer en/of te registreer op die projek se databasis (via SRK se webblad of die e-pos-adres hieronder) voor of op 9 Julie 2021.
Stakeholder Meetings: Public Open Days will be held between 14:00 and 18:00 as follows: • Tuesday 22 June 2021, Karoo 1 Hotel Village, De Doorns; • Wednesday 23 June 2021, Town Hall, Tulbagh; and • Thursday 24 June 2021, Melkbos Country Club, Melkbosstrand.
Vergaderings vir belanghebbendes: Openbare ope dae word tussen 14:00 en 18:00 as volg gehou: • Dinsdag 22 Junie 2021, Karoo 1 Hotel Village, De Doorns; • Woensdag 23 Junie 2021, Stadsaal, Tulbagh; en • Donderdag 24 Junie 2021, Melkbos Country Club, Melkbosstrand.
Note that Public Open Days will not include a formal presentation and stakeholders are invited to visit the Open Day at any time between 14:00 and 18:00. Strict Covid-19 protocols will be implemented, and no access will be allowed without a mask.
Neem kennis dat die publieke ope dae nie ‘n formele voorlegging insluit nie en dat belanghebbendes genooi word om die ope dae op enige tyd tussen 14:00 en 18:00 te besoek. Streng Covid-19-protokols sal geïmplementeer word en geen toegang sal toegelaat word sonder ‘n masker nie.
Online stakeholder meetings will be held during the weeks of 7 and 28 June 2021. Please register your interest in attending a stakeholder meeting or Public Open Day via SRK’s website or the email address below.
Aanlyn vergaderings vir belanghebbendes sal in die weke van 7 en 28 Junie 2021 gehou word. Registreer asseblief u belangstelling om ‘n belanghebbersvergadering of ope dag by te woon via SRK se webblad of die e-pos-adres hieronder.
To submit comments, register for meetings or request information please contact: the SRK Public Participation Coordinator at kappaPP@srk.co.za; Postnet Suite #206, Private Bag X18, Rondebosch, 7701; Fax: 086 530 7003; Tel: 021 659 3060.
Om kommentaar in te dien, vir vergaderings te registreer of inligting te versoek, kontak asseblief: die SRK Openbare-deelname-koördineerder by kappaPP@srk.co.za; Postnet Suite #206, Privaat Sak X18, Rondebosch, 7701; Faks: 086 530 7003; Tel.: 021 659 3060.
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, June 4, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Krieketspan bly oor borgskap IN Oktober 2020 het Gerhard Coetzee besluit om sy eie sosiale krieketspan - Warriors Bangelore - op Tulbagh te begin. Hy het spelers genader en gou ‘n groep manne tussen die ouderdomme van 16 en 38 bymekaar gekry wat dieselfde waardes en liefde vir die sport deel. By dié krieketklub leer die jongmense hoe om dinge beter te hanteer, hulle leer ook van broederskap en hoe om ander mense te respekteer en saam dinge aan te pak. * Die span bedank David en Janette Anderson van Diggers Home vir die borg van Themde. AGTER: Delano Seister, Anthony Manho, Lesley Demas, David Anderson, Lee-haygo Jansen, Garrin Jansen, Jasswill Olivier en Rowen Fortuin. VOOR: Gerhard Coetzee, Valentino Schippers, Ashwin Williams, Bradley Majiedt, Haron Kock en Samuel Schippers. FOTO: Peter Luitjies
Ceres rolbalklub kies nuwe bestuur CERES rolbalklub het hul algemene jaarvergadering op 19 Mei gehou en ook ‘n nuwe bestuur gekies. VLNR: Pieter Mostert (visepresident), Elsa Riekert (sekretaris), Stoffel Lambrechts (president), Engela Lambrechts (wedstrydsekretaris), Hanlie Bohlmann (spysenieringsbeampte) en Charmaine Mostert (ontwikkelingsbeampte).
VIER BLOU WILDEBEESTE KAN IN HOPEFIELD GEJAG WORD TEEN R500 PER WILDEBEES
(Twee nagte se verblyf ingesluit by selfsorg Gastehuis)
Jag moet plaasvind Augustus 2021
Skakel Ria Prins (Huis Maudie Kriel) per e-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za of whatsapp: 083-628-2785 of skakel (023) 312-1950 om ‘n nommer te bespreek, alvorens inbetaling gedoen word Allokasie van “nommer” vir trekking onderhewig aan bewys van betaling (EFT-aankope word aangemoedig)
(Trekking van gelukkige wenners word gedoen op 31 Julie 2021)
DIE algemene jaarvergadering van Cape Winelands Bowls het op 20 Mei by Worcester rolbalklub plaasgevind. Die uitvoerende bestuur is ook tydens die vergadering verkies. VLNR: Charmaine Mostert (president), Engela Lambrechts (wedstrydsekretaris), Jaco Whiteman (vise-president) en Jacques Siebrits (sekretaris). * Steven Kilfoil (tesourier) en Kalie Barnes (skoolverteenwoordiger) was afwesig.
STEGGIES VOORSKOOLSENTRUM bied aan
25 Junie 2021 THE HAMLET COUNTRY LODGE 12:00 - 17:00
STAP1: NEEM WAAR! Ken jy iemand wat altyd laat is, nooit die koffiepot volmaak nie, ‘n bietjie te hard neurie of altyd vuil skotteldgoed in die kombuis se wasbak agterlaat? Dit is dit nou die kans om ‘n lasbrief te laat uitreik en van hulle tronk-voëls te maak! STAP 2: MELD AAN! Stuur ‘n e-pos vir die lasbriefaansoekvorm na: steggiekleuters@gmail.com STAP 3: LAG BAIE! Volg die dag live op facebook en kyk hoe die tronkvoëls hulle borgtog bymekaar moet maak!
Vir enige navrae stuur ‘n epos na: steggiekleuters@gmail.com
Carel Matthee wen gholfdag op Ceres GHOLFSPELERS het Saterdag aan ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Carel Matthee jr. was die wenner met 40 punte. BJ Claasen was in die tweede plek met 39 gevolg deur Carel Matthee sr. met 38 punte. L.J. du Plessis, was vierde gevolg deur Dries Coetzee en Rovan Barnard, almal met 38 punte. * Goeie tellings is aangeteken deur BJ Claasen (69), Roy Engelbrecht (70), Dries Coetzee (71) en Carel Matthee sr. (73).