Witzenberg Herald Vol.27 no.22 (Online Weergawe)

Page 1

Man (38) doodgeskiet

EEN man is die naweek in Bella Vista doodgeskiet en twee mans gewond na ‘n onbekende skieter op hulle losgebrand het.

Die skietvoorval het Sondag 2 Junie omstreeks 19:15 in Vyeboomstraat plaasgevind. Die skieter het na die voorval van die toneel weggejaag.

Bongani Mawanda (38) van Groenheuwel naby die Paarl is in die voorval doodgeskiet en twee ander mans, Gerswin Matthys (29) en Martinique Jacobs (28), is gewond. Matthys is in beide bene geskiet en Jacobs is in die rug geskiet.

Dit is nie bekend wat die rede vir die skietery was nie. Al wat die polisie wou sê is dat Mawanda in Bella Vista by vriende kom kuier het en dat beide mans bier by die huis in Vyeboomstraat, gaan koop het.

Mawanda het op die toneel gesterf terwyl nooddienstepersoneel die twee mans op die toneel behandel het. Jacobs is later van Ceres hospitaal na ‘n hospitaal in Worcester of Kaapstad oorgeplaas.

Indien daar enige ooggetuie is van die skietvoorval, kan hulle die Ceres speurderskantore skakel by (023) 316-8500/3

Moord

‘n Jongman van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is die naweek dood nadat hy met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Shane Scholts (22) en sy meisie, Ashleigh Fortuin (24). Hy is in die nek gesteek met ‘n mes en later na die hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is. Fortuin het Dinsdag 4 Junie vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 24 Julie uitgestel. Sy is op borgtog van R500 vrygelaat.

‘n MINIBUS taxi en ‘n vragmotor het Woensdagoggend net voor 07:00 op P.A. Hamlet teen mekaar gebots. Die ongeluk het oorkant die Bossie-huisies en Royal kafee plaasgevind. Nooddienstepersoneel was vinnig op die toneel. Dit is nie bekend of daar enige beseerdes was en wat die ongeluk veroorsaak het nie. * Gedurende die week van 27 Mei tot Sondag 2 Junie was daar 224 padblokkades en kontrolepunte deur verkeersbeamptes in die provinsie beman en meer as 30 900 voertuie is nagegaan. Vier en negentig persone is gearresteer waarvan 70 vir dronkbestuur. Daar was 26 ongelukke waarin 27 mense gesterf het. Hiervan was 19 voetgangers en een persoon wat van ‘n voertuig afgeval het. Voetganger sterftes wek steeds kommer in die Wes-Kaap. Verlede week het 10 voetgangers gesterf, twee daarvan op Ceres.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d Witzenberg Volume 27 no. 22 R 10 Friday, 7 June 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 64,5% TULBAGH DAM 88% WAVERENSKROON TULBAGH 17% Lesings geneem: 2024/06/05 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 6 Junie 2° 13° Vrydag 7 Junie Saterdag 8 Junie Sondag 9 Junie 3° 16° 3° 19° 4° 22° Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES Martin Behm
316-2959 082-734-4549mar
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
(023)
tinb@27four.com
SHANE Scholts (22). Taxi en trok bots

KROMLIN primêr het Saterdag 25 Mei hul jaarlikse Mnr. en Mej. Kromlin Senior 2024 kompetisie aangebied. Hier is die wenners van die aand saam met die skoolhoof en beoordelaars. Aswin Pedro en Ashlene Titus is gekroon as wenners.

LAERSKOOL Waveren op Tulbagh bou aan goeie verhoudings en vriendskappe met Dagbreek primêr van Robertson. Die derbystryd tussen die twee skole gaan nou ‘n jaarlikse instelling word. Hier is die twee skoolhoofde, Neville Jones en Neville Padiachy, saam met hul personeel afgeneem.

WF Loots primêr op Wolseley het verlede Vrydag ‘n optog deur Wolseley se strate gehou om hul steun te wys tydens Kinderbeskermingsweek wat van 20 Mei tot 5 Junie plaasgevind het.

RIAN Engelbrecht van Laerskool Koue Bokkeveld en lid van die Witzenberg Photografic Society, het onlangs ‘n vyfde plek behaal in sy ouderdomsgroep en ook ‘n beoordeelaarstoekenning ontvang. Daar was 450 inskrywings van 188 deelnemers in sy ouderdomsgroep in die Dierewêreld-afdeling en hiervan is 156 fotos van 89 deelnemers aanvaar. Hy het aan ‘n internasionale fotokompetisie deelgeneem wat in Rusland plaasgevind het.

DRIE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld is gekies om die naweek aan die Interpro tennisproewe vir Laerskole deel te neem. Die top 6 spelers sal later vanjaar meeding om ‘n plek in die S.A. span. VLNR: Anmari Steenkamp, Johan du Toit en Alize Fabricius.

2 l WITZENBERG HERALD l 7 JUNE 2024 FIRE DETECTION | INVERTERS & SONPANELE | CCTV INSTALLASIES | ALARMS | TOEGANGSBEHEER (FINGER PRINT/FACIAL READERS, HEK MOTORS, STRIKER LOCKS) Kom besoek ons nuwe kantore by die Harmoniegebou, Voortrekkerstraat 17D, Ceres (oorkant Charlie Hofmeyr se A-hokkieveld) 023 1000 515 info@jptek.co.za www.jptek.africa
na Interpro-proewe
Tennisspelers

DIE eerste goeie winterreën het van 1-5 Junie oor ‘n wydverspreide gebied in die Witzenbergstreek begin uitsak. Die meeste hiervan het gedurende Maandagaand tot Woensdag 5 Junie om 09:00 geval. In die Warm Bokkeveld wat Ceres dorp insluit is 108.1 mm gemeet, in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing is 87.5 mm en in die Koue Bokkeveld (Bronaar) 29.4 mm. In die Winterhoek is 60.8 mm gemeet en by Romansrivier 47.9 mm. ** Die Ceres Koekedouwdam staan op 64.5%, Tulbaghdam 88% vol en die Waverenskroondam 17%. * Die reënvalsyfers is deur Hortec Ceres en ileaf beskikbaar gestel.

Drie rowers sal later hoor oor borgtog

DRIE rowers wat die Agrimark Express geriefswinkel op Wolseley beroof het, bly agter tralies terwyl hul borgaansoek nog aangehoor word.

Die drie rowers is vinnig vasgetrek na ‘n roof op 12 April by Kaap Agri Express se winkel op Wolseley.

Die drie verdagtes, Marolisa Rapule, Dandisle Nconsana en Themba Ndani, se borgaansoeke is verlede Dinsdag na 20 Junie uitgestel.

Agtergrond

Die roof het omstreeks 23:06 plaasgevind. Drie mans, waarvan twee gewapen was, het die 24-uur winkel se nagskofwerker en twee petroljoggies oorval en vasgebind.

Hulle het eers die winkel gesluit en toe geld geëis. Die mans het R1800 uit die kasregister geneem.

Die polisie is na die toneel waar hulle drie verdagtes op heterdaad betrap en gearresteer het. Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens wat se reeksnommers verwyder is, asook ammunisie.

Stropers in hof

DIE vyf Inverdoorn renosterstropers, moet weer in Juliemaand in die streekhof verskyn vir ‘n voorverhoor. Die stropers het verlede Vrydag in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, verskyn. Die saak is vinnig uitgestel omrede die landdros nie by die hof was nie. Die saak is nou na 5 Julie uitgestel vir ‘n voorverhoor*.

Een van die beskuldigdes, Amade Filemone Chongo (49), se borgaansoek was suksesvol en is hy op 10 April vanjaar op R10 000 borg vrygelaat. Die ander vier verdagtes wat ook al vir meer as 2 jaar aangehou word en wie se borgaansoeke afgekeur is, Innocence Davey Chiwenya (58), Wishes Mugari (32), Justice Cossa (30) en Michael Mbaura (25), bly in aanhouding.

Dié renosterstroper-saak is ‘n eerste vir die WesKaap.

Agtergrond

Die vyf renosterstropers is twee en ‘n half jaar gelede op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n foren-

siese ondersoeker, vasgetrek.

Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.

Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings.

'n Voorverhoor handel hoofsaaklik met aspekte soos blootlegging van dokumente of bewyse, opsommings van deskundige getuienis en versoeke vir verhoorbesonderhede tussen die opponerende prokureurs en landdros.Dit is om te bepaal of almal gereed is dat dié verhoor kan begin.

DIE herstelwerk en bouwerk aan die Van Bredabrug op Ceres, is voltooi. Bouwerk het in Desember 2021 begin en is gedurende Mei 2024 voltooi. Die brug is opgegradeer teen ‘n koste van meer as R58 miljoen. Motoriste sowel as fietsryers en voetgangers, kan nou met veiligheid die verbeterde brug gebruik. * Die nuwe pad tussen P.A. Hamlet en die aansluiting by Theronsbergpas en Matroosberg, is ook voltooi. Beide se seremoniële opening sal later plaasvind sodra die Wes-Kaap se provinsiale kabinet gefinaliseer is.

7 JUNE 2024 l WITZENBERG HERALD l 3 023 1000 515 info@jptek.co.za
FOTO: Pieter du Toit

Pieter du Toit awarded prestigious award for 2024

PIETERduToitwasrecentlyawardedtheprestigiousOSHReinecke Frontrunner Award for 2024 by Hortgro, the industry association representing South Africa’s deciduous fruit growers. Pieter is the third member of the Du Toit family to receive this accolade, which honours industry leaders who have excelled in a leadership role within the deciduous fruit industry over an extended period. This award, which has been presented to an industry leader every year since 1972, exists to motivate industry leaders to excel and set an exampleforotherstakeholders,aswellastopromotetheinterests ofthedeciduousfruitindustryatanationalandinternationallevel. Pieter received this award at the Hortgro Awards evening held at the Lord Charles Hotel on 31 May. Seen here with Pieter is Nic Dicey (Hortgro chairman).

SENIOR PAYROLL ADMINISTRATOR

Laastedrif Agri (Pty) Ltd, situated in Ceres, is one of the major role players in the fruit and vegetable industry and has the above-mentioned position. The successful candidate has well-developed organizational skills, good problem-solving skills, attention to detail, is deadline driven and able to effectively communicate with others at all levels. The purpose of the position is to give strategic direction and manage the daily operations of the Payroll Department.

The successful candidate will be responsible for:

•Payroll Administration and Management (administrate and oversee payroll processing, payroll reconciliation)

•Maintenance of payroll guidelines, procedures and policies

•Payroll System Management

•Benefit administration (provident fund and loans)

•Team management

•Budget and benchmarking preparation

•Key relationship management

•All other tasks related to the role.

Essential qualifications, skills and experience:

•Tertiary qualification in HR, Payroll or Finance

•3 tot 5 years’ work experience as a Senior Payroll Administrator

•Previous experience in an agricultural environment (advantageous)

•A good knowledge of payroll systems is essential

•Excel and Word at intermediate to advanced level

•Knowledge of Labour Legislation essential

•Knowledge of Time and Attendance systems

•Knowledge of Sage Payroll Systems

•Valid Driver’s license.

Commencement date: As soon as possible

For more information and to apply please visit www.m3online.co.za before 30 June 2024

Please note that only shortlisted candidates are contacted. If you don’t hear from us within two weeks of the closing date, please assume that your application was unsuccessful.

WITZENBERG Partners in Agri Land Solutions (PALS) het die Hortgro Transformasie Toekenning vir 2024 ontvang. PALS help om Suid-Afrika se grondhervormingsuitdagings proaktief op te los op ‘n praktiese, merietegebaseerde en eerlike wyse wat ekonomiese groei, werkskepping, voedselsekuriteit en sosiale harmonie ondersteun. Dit is wonderlik dat PALS se werk raakgesien en erken word deur bedryfsleiers. Die prys is aan Witzenberg PALS span oorhandig deur Werner du Toit van FNB. VLNR: Milan Mogashoa, Adri Fourie, Reinette van Staden, Gerrit van Vuuren, Caitlyn Abdoll, dr. Heinrich Jantjies(voorsitter PALS) en Werner du Toit.

SENIOR PRODUKSIEBESTUURDER: GROENTE (CERES)

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel in Ceres en bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte.

Die Voorvereiste:

•Toepaslike landbou kwalifikasie met minstens 5 jaar praktiese ondervinding in die verbouing van Groente. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir :

•Onafhanklike bestuur van besigheids-eenheid, produktiwiteits-bestuur, deeglike rekordhouding en verslaggewing, bestuur van beste boerdery praktyke.

•Goeie rekenaar- en excel vaardighede sal voordelig wees tot die kandidaat se aansoek.

Kandidate moet ‘n goeie werkende kennis en ondervinding hê van:

•Koste-bestuur, vermoeë om te beplan, prioritiseer en take doeltreffend in tyd af te handel, logiese fout-opsporing, rekenaarvaardig, goeie arbeidsverhoudinge en gewilligheid om na-ure te werk indien benodig.

•Goeie menseverhoudinge en gesindheid sal voordelig wees. Indiensname: Onderhandelbaar

Vir meer inligting en om aansoek te doen, besoek www.m3online.co.za voor 21 Junie 2024

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Biodiversity Conservation programme

A biodiversity programme, aiming to protect and conserve the area surrounding the Ceres Mountain Fynbos Nature Reserve has been established.

This initiative, funded by Perderkraal East Wind Farm in partnership with the Witzenberg Municipality, not only focuses on environmental conservation but also aims to uplift the local youth by creating employment opportunities and fostering skills development for unemployed youth within the area.

“The WBCCCP represents a collaborative effort to preserve our natural heritage while empowering communities. By investing in conservation and sustainable development, we aim to create a brighter future for both community members and the environment,” Gwynne-Lee Bocherds, Economic Development Manager for Perdekraal East Wind Farm. Launched earlier this year and set to conclude in December 2024, the Witzenberg Biodiversity Conservation and Climate Change Programme (WBCCCP) is about empowering communities and nurturing a culture of environmental responsibility.

This programme encompasses a range of activities, such as removing and managing alien vegetation, monitoring and controlling unauthorized land occupants, establishing and maintaining fire breaks, managing soil erosion, and routinely removing litter, to ensure conservation of the nature reserve.

Through employment opportunities, skills development, educational and awareness initiatives, the programme aims to equip young individuals with the tools they need to thrive in a rapidly changing world.

“We envision a future where communities can coexist with nature by fostering green jobs and equipping locals with essential skills, thereby paving the way for sustainable economic growth and environmental sustainability. The empowerment of youth leads to innovation and entrepreneurship leading to a greener, more prosperous tomorrow,” added Borcherds.

4 l WITZENBERG HERALD l 7 JUNE 2024
A biodiversity programme, aiming to protect and conserve the area surrounding the Ceres Mountain Fynbos Nature Reserve has been established.

POLITIEKE partye moet volgens munisipale regulasies alle plakkate binne 14 dae nadat die verkiesing plaasgevind het, verwyder. Die sperdatum hiervoor is Donderdag 13 Junie.

Polisie se ondersoek nog nie klaar nie

DIE Wolseley SAPD se moordondersoek van ‘n jong vrou, is nog nie afgehandel nie.

Die polisie is Maandag 27 Mei omstreeks 23:45 na Hopestraat ontbied waar ‘n Sothoman hulle vertel het van ‘n jong vrou wat dood is op ‘n voetpaadjie in die woonbuurt.

Die polisie is na die toneel in White City, Pine Valley waar hulle die liggaam van Ntseliseng Ramonyatsi (18) aangetref het.

Met nadere ondersoek is ‘n verdagte geïdentifiseer en is hy Dinsdag met twee steekwonde aan sy bene, deur die polisie in hegtenis geneem.

Kopano Stierman het vlugtig in die hof verskyn waarna die saak na 6 Junie uitgestel is vir ‘n borgaansoek.

Verdagte se borgaansoek weer uitgestel

DIE verdagte wat ‘n sakeman by sy werksplek aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan het, se borgaansoek is weer uitgestel.

Die borgaansoek is op 5 Junie aangehoor word.

Agtergrond Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar op die dorp, was Maandag 4 Maart omstreeks 17:15 besig om sy perseel te sluit toe hy deur Elrico Engelbrecht (33) aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is.

Engelbrecht, wat blykbaar voor die voorval op die perseel se stoep gesit het, het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.

Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof.

Inwoners stem sonder enige probleme

DIE 2024 nasionale verkiesing is verby.

Inwoners in die Witzenbergstreek het sonder enige voorval by 41 stemlokale gestem. Volgens die plaaslike OVK en Witzenberg munisipaliteit, het alles goed afgeloop. Net ‘n Karoo stemlokaal het laat oopgemaak.

Provinsiale uitslae

Die Witzenberg munisipaliteit bestaan uit 41 stemlokale met 50 414 stemgeregtiges.

Dit is 2 892 meer mense as in 2019. Die opkoms op 29 Mei by die stembus was 2.9% laer as in 2019 en slegs 24 576 inwoners het vanjaar hul kruisies getrek. Dit is 52 meer as in 2019. Van die kiesers wat gaan stem het, het 23 946 vir die top 10 partye gestem.

Vanjaar het 11 275 mense (45.88%) in die Witzenbergstreek vir die DA gestem en 6 911 (28.12%) vir die ANC. Die PA het 3 490 stemme (14.20%) gekry en die EFF 3.46% wat 850 stemme is.

INWONERS in die Witzenbergstreek het sonder enige voorval by 41 stemlokale gestem. Volgens die plaaslike OVK en Witzenberg munisipaliteit, het alles goed afgeloop. Net ‘n Karoo stemlokaal het laat oopgemaak.

Daar het 460 mense vir GOOD gestem, 413 vir VFPlus, 152 vir MK, 147 vir ACDP, 125 mense vir ARA en 123 vir CCC. Partye buite die top 10 het slegs 307 gekry.

Die stempersentasie was 48.75%. In die Wes-Kaap was 3.31 miljoen kiesers geregistreer waarvan slegs 1.98 miljoen (59.79%) gaan stem het.

Die DA het 55.3% van die stemme gekry gevolg deur die ANC met 19.55% en die PA met 7.8% stemme.

Nasionale uitslae

Op nasionale vlak het die ANC sleg teruggeval en 39.76% behaal, die DA het tweede meeste 21.79% en MK in die derde plek met 14.36%.

Daar was 27.78 miljoen kiesers vanjaar geregistreer waarvan 16.29 miljoen (58.64%) gestem het. Net meer as 12 miljoen kiesers het vir die drie partye wat meeste stemme verwerf het, gestem.

Plakkate

Politieke partye moet volgens munisipale regulasies alle plakkate binne 14 dae nadat die verkiesing plaasgevind het, verwyder. Die sperdatum hiervoor is Donderdag 13 Junie Boetes kan hierna aan partye uitgereik word.

BRONAAR PLASE

Bronaar Plase (Edms) Bpk, Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte en groente produksie eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon vir onderstaande vakature.

MESSELAAR - ONDERHOUD AFDELING

Die aangewese kandidaat moet ‘n gemotiveerde persoon wees wat goeie mensverhoudinge kan handhaaf, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk, asook eie inisiatief aan die dag lê.

Verantwoordelikhede : • Instandhouding van alle plaas geboue • Messel en Pleister • Bereik van doelwitte.

Vereistes: • Toepaslike ervaring in die boubedryf op alle gebiede, soos loodgietery en skrynwerk sal die aansoek versterk • Minimum skolastiese vereiste van Graad 10 • Sober gewoontes • Moet goed in ‘n span kan funksioneer.

Stuur CV aan Madelein by: madelein@bronaar.co.za

Navrae: Andro by (023) 317-0729

Sluitingsdatum vir aansoeke:5 Julie 2024

Diensaanvaarding:1 Augustus 2024

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

WATER & WASTES UTILISATION SOLUTIONS (PTY) LTD

Notice of Water Use License Application (WU36515) for the proposed Section 21g and 21e water uses on behalf of Mountain Ridge Wines on Farm 320/15, Wolseley, Western Cape 60 day Period of Public Participation 10 June 2024 to 10 August 2024

Mountain Ridge Wines is in the process of formalising a water use license summarised in the Table below. The water uses will occur on Farm 320 portion 15 in the Wolseley District. The licence application had been initiated with the Breede Olifants Catchment Management Agency (BOCMA) and this notice of the application serves as part of the public participation process. Water UseWater Use Description

Section 21 gDisposing of waste in a manner which may detrimentally impact on a water resource (containing wastewater in a reservoir before irrigation)

Section 21 eEngaging in a controlled activity as such in Section 37(1) or declared under Section 38 (1) of the NWA - irrigation of water containing wastes

The Mountain Ridge cellar, situated on De Liefde Road Wolseley had been in operation since 1949.

The existing practises of wastewater management will be formalised as part of the license application whereby some 10 314m3 of pre-treated wastewater per annum will be beneficially reused in the irrigation of 8ha pastures.

The technical assessments done for this water use license application, together with specialist studies, will be available upon request, after completion.

Please address any questions, comments, or objections to the below contact numbers, or by returning a completed form as attached.

C.E. (Buks) Schutte (Pr Sci Nat) ceschutte@mweb.co.za l 082 902 2947

7 JUNE 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Willem Geduld

1967/01/01 - 2024/05/25

Begrafnisdiens: Sat. 8 Junie 2024

HuisHuis Huis: 10:00, Waboomslaan 545, P.A. Hamlet

GrafGraf Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Dienste :

•Blokkasies en lekke

•Geiser installasies

•Rioolstelsels

•Gebarste pype

•Alle loodgieter herstelwerk

•Son geysers (COC) Skakel Richard ‘Stormy’ Langeveldt 079-814-0627

NB Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

DIANA & KIM

is there to help with:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases •Pay after job is done

•Delayed pension 063-478-6523

Kantoorspasie TE HUUR te Van Eedengebou, Voortrekkerstr., Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Vriende, die Heilige Gees regeer julle lewens. Daarom, wanneer julle sien iemand doen sonde, dan moet julle mooi met hom praat en hom help om reg te lewe. Maar pasop dat julle nie dieselfde sonde doen nie. Gal 6:1

DIE Togryers museum op Ceres stel hul UBUNTU WINTER DRIVE aan die publiek bekend . Vanjaar vat hul hande met die ACVV op Ceres. Die projek sluit in die jaarlikse sop- en koffieflesse en die insameling van verskeie ander noodsaaklike items. Die seisoen draai en dit is tyd om kaste skoon te maak. Indien jy enige warm klere het kan jy dit gerus by die Togryers museum óf ACVV-kantore kom afgee. Onthou ook om jou leë Koffieflesse (groot mayonnaise bottels kan ook werk) museum toe te bring. Die museum steun elke jaar swaar op die gemeenskap vir droë bestanddele vir hul bottels.

nuusbrokkies

NASIONALE Kinderbeskermingsweek is van 28 Mei tot 4 Junie in die land herdenk. Ondersteun kinderbeskerming deur jou POPPIE plakker by die Togryers museum @ R10 te kom koop.

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie 2024. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@ kbos.co.za

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan isaacjacobs50@yahoo.com

INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.

INWONERS moet kennis neem van ‘n ou skelmstreek wat weer sy kop uitsteek. Persone doen hulle voor as meterlesers en stap sommer jou erf binne. Indien jy so iemand teëkom wat homself nie kan identifiseer nie, laat weet die munisipaliteit en SAPD.

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies R30 per bondel

Whatsapp die woord HERALD

(023) 316-2021 na 066-316-3003

Die item wat jy wil verkoop

nie

09:00 - 12:30 Sat. 8 Junie 2024 l 09:00 - 15:00 STALLETJIES TE HUUR @ R100 (Bespreek en betaal asb. stalletjie voor 31 Mei 2024) (Bring eie tafel en stoele) TB SURVIVOR kom praat by omgeewinkel Ons is opsoek na wintersklere vir mans en vroue

- Vrydag: 09:00 - 16:00

6 l WITZENBERG HERALD l 7 JUNE 2024
classifieds
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat
oorkant Ceres Cycles) Besigheidsure
Maandag
-
:
Saterdag:

+
+
R
per
telefoon
per
Jou naam
eëls:
Slegs items onder R1 000
Slegs EEN item
Whatsapp
Gratis advertensies word NIE per
of
e-pos aanvaar
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT
HIRE HIRE
HIRE HIRE
AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL
TOOL
Evangelis Jacobs

DERTIEN leerders van Laerskool Koue Bokkeveld het die afgelope naweek die skool verteenwoordig by die Wes-Kaap Wynland tennisproewe. Die proewe is op Ceres, Robertson, Worcester en De Doorns gespeel. AGTER: Lukas Kotzé, Wikus Bothma, Markus Tomlinson, Johan du Toit, Luca du Preez, Daniël du Toit en Anmari Steenkamp. VOOR: Cassie du Toit, Cara van den Heever, Ben van der Merwe, Helené du Toit, Zané Bothma en Du Toit van der Merwe.

South African National Blood Service Celebrates World Blood Donor Day

THE South African National Blood Service (SANBS) invites all South Africans to celebrate World Blood Donor Day on June 14.

This year, SANBS under its ongoing and impactful # WeAreThePulse campaign, seeks to celebrate the life-saving contributions of whole blood donors across the nation and to inspire new donors to join in this vital act of service.

World Blood Donor Day is a global event established by the World Health Organisation to raise awareness about the need for safe blood and blood products and to thank voluntary, unpaid blood donors for their lifesaving gifts. This year SANBS highlights the essential contribution blood donors make to keeping people, and communities healthy. It also serves as a call to action to more people to contribute to saving lives by donating blood regularly.

“Each year, thousands of South Africans require blood transfusions during medical procedures, emergencies, and for ongoing medical conditions. World Blood Donor Day stands as a beacon of hope and unity, reminding us of the profound impact that individual generosity can have on the health and vitality of our society. We see this day not just as an occasion to celebrate, but as a

powerful call to action. It urges us all to step forward, to give something of ourselves, and to become part of a life-saving network of heroes who fuel the pulse of our nation,” said Thandi Mosupye, SANBS Senior Manager: Marketing, Communication and Brand. Blood donation takes only 30 minutes, but each donation can save up to three lives. For more information about World Blood Donor Day, or to find out how to become a blood donor, please visit www.sanbs.org.za or call SANBS at 0800-11-9031

op

Twee jeugfotograwe word na Rusland genooi

JEUGFOTOGRAWE van die Witzenbergstreek het geskitter by die IV International Youth Photo Contest Eurasia Noframes wat onlangs in Rusland aangebied is. Ané Sauer (16) van Hoërskool Charlie Hofmeyr en Thomas Bothè (18) van Wolseley - beide lede van Witzenberg Photographic Society, is uitgenooi na Rusland om hul toekennings te ontvang op die Eurasia kongres in Chelyabinsk wat vanaf 8 tot 12 Julie plaasvind. Net ‘n klein aantal jeug fotograwe is genooi. Witzenberg Photographic Society vra die gemeenskap om te help met enige finansiële ondersteuning om die twee jongmense te help met vlug- en vervoerkostes van nagenoeg R24 000 elk. Hulle verblyf- en kongreskostes word deur die Eurasia-komitee betaal. Vir navrae skakel Phillip de Lange by 078-863-9184. Donasies kan inbetaal word in die Witzenberg Photografic Society se Capitec rekening: 1582 7136 75 - verwysing Eurasia. * Ané het ’n totaal van sestien interrnasionale salon-aanvaardings ontvang. Hoërskool Charlie Hofmeyr het 155 aanvaardings en vyf medaljes en vier eretoekennings ontvang. Dit is die meeste in Suid Afrika vir jeugfotograwe. Thomas het die meeste aanvaardings in totaal ontvang. Hy het 28 aanvaardings - wat twee goue medaljes en ‘n serifikaat van meriete insluit, ontvang.

Dr. Johani Pieterse: Witzenberg Vets Tulbagh

023 230 0123

078

The chill is in the air AND in the bones - and as winter sets in, the joints of both humans and animals seem to reveal their pain.

OA is a chronic and progressive joint disease with no known cure. This degenerative condition makes dogs and cats lose their joint cartilage, leading to other changes in their bones and causing pain, inflammation and difficulty using the affected limb. Identifying the problem early and initiating appropriate management can help keep your pet active and improve his/her quality of life. Some factors can predispose your pet to this condition, such as large or giant breeds (German Shepherds, Labrador Retrievers, Rottweilers): obesity; age, particularly middleaged to senior pets; repetitive stress from athletic activities (especially while the pet is still growing); injuries such as fractures or ligament tears; prior diagnosis of hip or elbow dysplasia; improper nutrition; poor conformation and genetics.

Prevention

Prevention is always better than cure: feed a goodquality diet that is appropriate for your pet’s size and age; do not allow your pet to be overweight; and do not over-exercise young, large-breed dogs.

Symptoms

Symptoms to look out for are joint stiffness or difficulty getting up; decreased activity; limping, pain and discomfort; stiffness after walks; reluctance to jump onto surfaces/climb trees (cats); & impaired activity.

Diagnosis and treatment

OA is diagnosed after a physical exam, where your veterinarian will observe your dog’s gait and posture, and feel for any abnormal changes to the joints or signs of pain. X-rays may be performed to further assess the joint or bony changes, and to help diagnose any underlying orthopaedic conditions. When osteoarthritis develops, treatment is typically focused on controlling pain, decreasing inflammation, improving quality of life, and slowing the develop-

ment of the disease. Treatment of osteoarthritis is usually multimodal, meaning that several different therapies are used simultaneously in order to achieve the best outcome. These include non-steroidal anti-inflammatory drugs, monthly ‘pain injections’, joint supplements, special diets and even surgery.

Weight loss: If your pet is carrying extra weight, work with your veterinarian to plan a weight-loss strategy to help him/her become lean and stay that way. Your veterinarian will prescribe a diet that will provide joint support and help your pet lose weight. Regular, moderate exercise contributes to better joint health, even in the face of OA.

Level of food dishes: There are some simple things you can do to make everyday living much more comfortable and fun for your pet with OA. Something as straightforward as providing raised food and water dishes can relieve low-back pain and make mealtimes more enjoyable.

Comfortable living: Keep your pet with OA warm and dry. Outdoor living is, in general, not appropriate for these pets. To make sleeping surfaces as comfortable as possible, consider providing an orthopaedic or memory foam bed. A ramp to enter and leave the vehicle makes car rides more enjoyable by eliminating stress on the back and leg joints. Keep your dog’s nails short to increase traction and reduce strain on their joints. Finally, an often-overlooked, yet very important, environmental modification is slipfree flooring. In this age of hardwood, laminate, tile and vinyl flooring, most pets with OA struggle just to get around the house.

Work with your veterinarian to expand and fine-tune these options for your pet. With a bit of imagination and creative thought, you can help your pet with OA enjoy a long, happy, and comfortable life!

7 JUNE 2024 l WITZENBERG HERALD l 7
and
072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za Follow us on Instagram Like us on Facebook@ChainBoland https://www.chainboland.co.za Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh SUBSCRIBE TO NEWSLETTER: kevin@mettamedia.co.za Donate
Pets
joint pain
now
419 8844
PUMA Garage Ceres het onlangs saam met Coke ‘n kompetisie aangebied. Hier is die wenners afgeneem. VLNR: Michelle Loubser, Keagan-Lee van Niekerk en Daniela du Plooy.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Ceres en Wolseley wen, Bella Vista verloor

PLAASLIKE spanne het die naweek wisselvallig vertoon in die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie.

Die kompetisie is die naweek hervat nadat spanne die vorige naweek ‘n loslooitjie gehad het.

Bella Vista rugbyklub het teen Newtons vasgeval en met 23-30 verloor.

Ceres en Wolseley het hulle wedstryde gewen, Hamlet het onverwags gelykop gespeel teen Wellington en Delicious het naelskraap teen Young Blues verloor.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaag-

kompetisie:

Ceres klop Hillcrest United 30-25, Wolseley klop Temperance 32-27, Roses United wen 23-14 teen Evergreens Paarl, Hamlet speel 27-27 gelykop teen Wellington en Young Blues klop Delicious 17-13.

Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie:

Môrester klop Paardekloof 25-20, Vastrap wen 21-15 teen Red Roses, Lovedal wen 3216 teen Westlyans, Young Good Hope verloor 17-27 teen Lindeshof en Tulbagh klop Opdie-Berg 22-14.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.

Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Remainder of farm

Rijk’s Ridge No. 396 Tulbagh

Ligging / Location

1.5km North of Tulbagh

(Rijk Tulbagh Private School)

Aansoeker / Applicant Spencer Dreyer (021 872 4086)

Aard / Nature

Application for subdivision of the Remainder of Farm Rijk’s Ridge No. 396 into Portion A and the rezoning of Portion A from Agricultural zone I to Community zone I for educational purposes.

Aansoek om onderverdeling van die Restant van Plaas Rijk’s Ridge Nr. 396 in Gedeelte A en die hersonering van Gedeelte A vanaf Landbousone I na Gemeenskapsone vir opvoedkundige doeleindes.

Verwysing / Reference

15/4/2/24

Sluitingsdatum / Closure date

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant

30 Days from date of publication in newspaper

Brown wen klubkompetisie

DIE naweek het Ceres gholfklub ‘n houespel kompetisie aangebied. Henry Brown was die wenner met 69 houe. Francis Matthee was in die tweede plek met 70 houe gevolg deur FK van Schalkwyk en Cornel Muller, met 71 houe. Cornell het ook ‘n skitterende brutotelling van 66 houe gespeel.

Kompetisies

Die klub bied vanaf Vrydag 31 Mei weer die weeklikse Sundowner 9 putjie-kompetisie aan. Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings. Daar is ook spesiale aanbiedinge op drank en kos. Skakel die klub om meer hieroor uit te vind.

Juniemaand se klubkompetisies: Op 6 Junie ‘n enkel stableford, op 15 Junie ‘n enkel progressiewe stableford, op 22 Junie ‘n enkel syfer plus kompetisie en op 29 Junie ‘n enkel stableford kompetisie.

Dit is ook weer tyd vir die jaarlikse Enkelspel- en Pare-putjiespel kampioenskappe. Inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Julie en die trekking sal op 12 Julie gedoen word. Die eerste16 betaalde spelers/pare sal deel wees van die trekking. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332 of (023) 312-3068

HENRY Brown het Saterdag se kompetisie gewen.

ADRIAAN Wildschutt (25), internasionale langasem en oud-Ceresiet, het die afgelope twee weke, twee van sy SA-rekords in Oslo en Stockholm tydens die Diamantliga kampioenskappe, verbeter. Eers het Adriaan ‘n nuwe SA-rekord in die 5 000 meter opgestel toe hy in die 13de plek in 12:56:67 klaargemaak het. Die wedloop is deur Hagos Gebrhiwet van Ethiopië gewen in 12:36:73 - die tweede vinnigste tyd in die geskiedenis. Vier dae later het Wildschutt sy eie 3 000 meter rekord met 2.48 sekondes verbeter na 7:36:77. Narve Gilje Nordas het die wedloop in 7:33:49 gewen. * Adriaan was die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat deur die grens van 27 minute in die 10 000 meter gebars het met ‘n tyd van 26:55:54.

8 l WITZENBERG HERALD l 7 JUNE 2024
CERES het die naweek op hul tuisveld vir Hillcrest United met 30-25 geklop.
twee rekords
vier
Adriaan laat spat
in
dae

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.