WH Her ald
TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street (023) 312-3578
Volume 25 no. 21
R8
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 Junie
Vrydag 3 Junie
2° 21°
6° 25°
Saterdag 4 Junie
Sondag 5 Junie
6° 23°
5° 23°
Ceres Koekedouw dam
59,4%
Friday, June 3, 2022
Polisielede weer in hof DRIE Wolseley SAPD-lede en twee inwoners het die afgelope week weer in die Bellville handelsmisdaadhof verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling. Die vyf moet weer op 6 Julie tereg staan op die klagtes teen hulle. Hul hofverskyning spruit voort uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid rakende ‘n voorval op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing. LEES berig op bladsy 3.
Lesing: 2022/06/01
Telephone: (023) 316-2021
STAY WARM THIS WINTER
Witzenberg
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
Voortrekkerstr. 17 Ceres 078-766-6268
Grilled Ham & Cheese bagel @ R49 www.witzenbergherald.co.za
Teistering-voorvalle
Amptenaar in hof ‘n SENIOR munisipale amptenaar van die Witzenberg munisipaliteit is verlede week summier geskors na voorvalle van seksuele teistering. Die 38-jarige personeellid word nou aangekla van seksuele aanranding en seksuele teistering van twee getroude vroue. Hy is reeds deur speurders van Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) gearresteer en aangekla. Die personeellid het Dinsdag 31 Mei vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak na 29 Junie uitgestel is vir verdere ondersoek. Die Witzenberg munisipaliteit het die verdagte ook verlede Vrydag geskors hangende die uitslag van hul ondersoek asook dié van die polisie. Vorige gevalle Die personeellid is ook in 2020 aangekla
van seksuele teistering van vroue in die werkplek maar net een het ‘n saak teen hom gemaak. Die verdagte het in Maart 2021 egter ‘n skikking met die 28-jarige klaer bereik waarna die saak teen hom teruggetrek is en hy weer teruggekeer het na die munisipaliteit. Dit is al ‘n geruime tyd dat bewerings teen die man die rondte doen. Vroulike werknemers by die munisipaliteit se kantore op Ceres het al voorheen by die bestuur gekla dat hulle betas en geteister word tydens besoeke aan die personeellid se kantoor om dokumente af te gee. Talle het ook Whatsapp boodskappe van die man gekry. Dreigemente dat hulle hul werk kan verloor, is ook teen van die vroue gemaak. * Volgens die strafproseswet kan die naam van die 38-jarige verdagte eers bekend gemaak word sodra hy gepleit het.
CERES polisie soek na die naasbestaandes van ‘n 26-jarige man wat die naweek in die berg bokant Michellspas gesterf het.Die onbekende bergbewoner is moontlik aan natuurlike oorsake dood en geen misdaad word tans vermoed nie. Die polisie is Sondag 29 Mei van die sterfte in kennis gestel waarna hulle die man se liggaam tussen 15:30 en 16:30 uit die berg verwyder het. ‘n Nadoodse ondersoek sal nou gedoen word om te bepaal waaraan die man gesterf het.
Motor ploeg tussen mense in op toneel TWEE kinders en twee polisielede tel onder die beseerdes nadat ‘n voertuig hulle die naweek op ‘n ongelukstoneel getref het.
Die ongeluk het Saterdag omstreeks 23:00 in Obiquastraat, Tulbagh plaasgevind kort nadat ‘n Opel-voertuig in ‘n huis se muur vasgery het. Volgens inligting het ‘n silwerkleurige Opel in ‘n huismuur vasgery. Polisielede is na die toneel ontbied terwyl omliggende inwoners op die toneel begin saamdrom het. Kort hierna het ‘n tweede motor, ‘n silwerkleurige Citroën, in die omstanders en polisielede vasgery. Twee polisielede, sers. Aldon Beukes en sers. Ashley Rooi, het onder andere been- en armbreuke opgedoen terwyl twee kinders, ‘n man en ‘n vrou van dieselfde familie, ook ern-
stige beserings opgedoen het. Magdalene Solomons, Samuela Solomons, Lanwill Solomons en Shahim Solomons is na Ceres hospitaal geneem. Die twee polisielede is na hospitale in die Paarl en Worcester geneem vir behandeling. Net die bestuurder van die Citroën, is gearresteer en aangekla van roekelose en/of nalatige bestuur. Die polisie kon Woensdag geen inligting oor die Opel se bestuurder gee nie aangesien hy nie aangekla is nie en dit nie ‘n ernstige ongeluk was nie. Dit is ook onbekend wat aanleiding gegee het dat die bestuurder in die huis vasgery het.
Kind raakgery In ‘n ander voorval op Vrydag 27 Mei is ‘n 9jarige seun, Lee-Hayden Mankopan, deur ‘n Ford bakkie omgery. Die voorval het omstreeks 07:15 op die hoek van Oleander- en Vredestraat naby Jaysham winkel, in Bella Vista gebeur. Lee-Hayden is met kopbeserings na Ceres hospitaal vir behandeling geneem. Bewerings ondersoek Ceres speurders ondersoek bewerings dat ‘n groep kinders op ‘n sypaadjie gespeel het toe die slagoffer voor die bakkie ingehardloop het.