WH H e r a l d
4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig
SEWE Kaapse vriende se wegbreeknaweek by Matroosberg het Saterdag in vlamme opgegaan toe die ski hut waar hulle oornag het saam met hulle voertuie uitgebrand het.
Berig op bladsy 3
• Onafhanklike finansiële advies
• Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com
Drie sterf in ongeluk
DRIE mense van Waterval Bosdorp buite Tulbagh is Vrydag opslag dood in ‘n ongeluk by die Tulbaghwegkruising.
Sewe passasiers is beseer en na Ceres en Tygerberg hospitaal geneem.
Volgens die polisie het die ongeluk Vrydag 26 Mei omstreeks 16:00 plaasgevind.
Volgens voorlopige inligting het die bestuurder van die wit Toyota Hilux bakkie van Tulbagh-dorp se kant, na bewering oor die stopstraat na Waterval Bosdorp gery sonder om te stop.
‘n Audi SUV met die Goosen-familie van Malmesbury was onderweg in die rigting van Wolseley toe hulle die bakkie op die passasierskant tref. Beide voertuie het die pad verlaat en die Audi het in die veld langs die kruising op sy dak tot stilstand gekom en die bakkie se kappie is deur die slag afgeruk.
Gert Goosen (35), sy vrou Melissa (32) asook hul twee dogters van 3 en 6 jaar oud, is in die ongeluk beseer. Hulle is na die Paarl MediClinic geneem vir behandeling.
James Adams (41) wat die bakkie bestuur het en Jaque Jacobs (41) wat voor in die bakkie gesit het, is opslag dood.
Lena Maans (49) wat agterop die bakkie gesit het, is ook dood in die ongeluk. Lena sou op Donderdag 1 Junie haar 50ste verjaarsdag gevier het.
Al drie die oorledenes was werksaam by Lyns Valley, ‘n landbou-onderneming wat indringer bome en plante verwyder. Adams was ‘n toesighouer en Jacobs ‘n saagoperateur.
Die beseerdes is Jakob Swanepoel wat sy sleutelbeen gebreek en in die middel voor in die bakkie gesit het. Die ander beseerdes is Estelle Wolhurter en Patroeska Williams wat in Worcester behandel en
later ontslaan is en Daantjie Maans wat sy heup beseer het. Maans het kort voor die ongeluk huistoe gestap en minder as 500 meter voor die ongelukstoneel, ‘n saamrygeleentheid gekry. Sy vrou Lena, is een van die oorledenes. Gert Fortuin is met kopbeserings in
die Tygerberg hospitaal behandel en sou later die week na Ceres oorgeplaas word.
‘n Strafbare manslagsaak word deur die Tulbagh polisie ondersoek.
Geen begrafnisreëlings is bekend gemaak nie.
Gesterf
James Adams (41) wat die bakkie bestuur het, Jaque Gerald Jacobs (41) en Lena Maans (49).
Visit Ceres Cycles @ 49 Lyell Street, Ceres to light up your bicycle TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578 PLEASE ENSURE VISIBILITY AT ALL TIMES WHEN CYCLING Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 21 R 8.50 Friday, 2 June 2023 Ceres Koekedouw dam 41% Tulbagh dam 34% Lesings geneem: 2023/05/31
Donderdag 1 Junie 6° 20° Vrydag 2 Junie Saterdag 3 Junie Sondag 4 Junie 4° 20° 2° 13° 2° 12°
In puin gelê
BEIDE die Toyota Hilux bakkie en die Audi het die pad verlaat. Die Audi met vier insittendes van Malmesbury het in die veld langs die kruising op sy dak tot stilstand gekom.
DANKSY Sela kon dié skrywers die naweek hul stories aan mense op Tulbagh vertel. Hulle het ook voorlesings aan leerders van Laerskool Waveren en ander belangstellendes gedoen. VLNR: Julaine Marais, Ashley Cloete, Anneline de Hout, Belinda Weber, Rina Theron en Diane Carol Edworthy.
Eerste Travelling Book Fair is Saterdag
27 Mei op Tulbagh aangebied
Mooi so Ceres!
OPLETTENDE Ceres inwoner skryf:
DIT is opvallend hoeveel moeite daar met Ceres se sakesentrum gedoen word om dit te verbeter.
Die geboue op die hoek by die polisiestasie is netjies opgeknap en die teëls is slim en kreatief gebruik. Die landdroskantoor is spierwit en netjies. Die grys gebou by die brug en die Televideo-gebou lyk nou goed. Daar waar die sypaadjie klaar is, is dit ‘n groot verbetering. Die banke, kerke en vulstasies bring ook hulle kant. Die vrugtestalletjie is vrolik en die John Steyn biblioteek is oop.
As die voetganger-reëlings ‘n aanduiding is van hoe die nuwe brug gaan lyk, gaan dit ‘n groot aanwins vir die omgewing wees.
In Vosstraat lyk die nuwe Amazing Pies-gebou so mooi soos iets uit London of New York.
Baie dankie aan die owerhede, munisipaliteit en al die privaat besighede wat help om die dorp te verbeter. Die boodskap wat ons hoofstraat uitstuur - is lewendig en positief. Ons inwoners sien dit raak.
Is alles 100%? Natuurlik nie. Daar is geboue wat vrot kolle is.
Ons verstaan dat water ‘n prioriteit is, maar die verwydering van die populiere langs die rivier met hulle silwer stamme wat so kleurvol die seisoene van ons lewens uitgebeeld het, is hartseer.
Die Dennebos se konstante agteruitgang is onnodig en as iets nie gou gedoen word nie gaan dit die volgende Belmont-tragedie wees.
Die Nduli ingang.... Ons is nog nie die Dorp van die Jaar nie, maar hou ons dop!
‘n Spesiale dank aan die munisipaliteit se skoonmaak- en tuinbouspan. Die morsjorse het skaars die papier neergegooi of hulle is daar om dit op te tel. Ons ontspan Saterdae aande al lekker, dan vee julle nog altyd.
Baie dankie. Julle maak ons dorp mooi.
Munisipaliteit ondersoek klagte oor straatveërs
Bekommerde inwoner van Wolseley skryf:
REGTIG?
Hoeveel personeel is nodig om langs dorpsypaadjies skoon te maak? In Wolseley twee spanne, een aan weerskante van die straat. Een persoon per span stoot die trollie, die ander een kyk hoe die trollie gestoot word, een loop met ‘n hark en nog een het ‘n graaf.
Geen vullis word opgetel nie, die papiere word net in die leiwatervore vorentoe geskuif tot die gemors spoed vang om stroom af te beweeg.
Dié voorval het 24 Mei tussen voor 9:30 en 12:30 in Whitestraat plaasgevind. Nadat ek die groep werkers gevra het hoekom doen hulle vir meer as 3 ure niks, toe kom die aanmerkings en opmerkings. Die vrou wat dié trollie stoot het gesê ek hoort in ‘n ouetehuis waarna die res van die span rassistiese aanmerkings gemaak het.
Is daar enige vorm van toesighouding van dié werkers? Hoekom is 4-5 mense nodig om een persoon se werk te moet doen. Dit gaan ook so op Tulbagh.
Geen wonder die land is in so ‘n toestand en daar is nie meer geld vir ander projekte oor nie. Ek het die munisipaliteit geskakel en probeer om dié klagte aan te meld. Heinrich het geantwoord en die oproep het niemand bereik nie. Volgens hom is almal besig.
Toe ek vir ‘n verwysingsnommer vra toe sê hy ek moet sy naam as ‘n verwysing gebruik.
Kommentaar
DIE eerste Travelling Book Fair is Saterdag 27 Mei op Tulbagh aangebied in die Mission kerkgebou. Verskillende skrywers en leerders het deelgeneem aan die boekvoorlesing en uitstalling. Hier is vier van die skrywers wat hulle boeke uitgestal het. VLNR: Anneline de Hout (Aleph-Bet), Julaine Marais (connected), Belinda Weber (Bread Trail) en Diane Carol Edworthy (Lalakids).
WINE TASTING ASSISTANT
Seven Oaks Winery, situated in the Breërivier, is looking for a wine tasting assistant to join the tasting room team on weekends.
Requirements: • Basic wine knowledge is essential • Own reliable transport is essential (non-negotiable) • Must be numerically strong • Updated CV with contactable references • Must be available to work weekends and public holidays (or weekends/weekdays as may be required during high season, November to April).
Job description: • Conducting wine tastings in an informative, friendly and professional manner • Clearing of tables, washing of glasses or any other task that might be relevant to the position • Time management and the ability to work under pressure and independently are essential to succeed in this position.
Please email your CV to: caitlin@sevenoaks.co.za
Joseph Barnard, direkteur van tegniese dienste, het die week gesê hulle neem dienslewering in ‘n baie ernstige lig en veral die optrede/ werksaamhede van munisipale amptenare. “Die nodige stappe sal geneem word wat insluit dissiplinêre stappe”.
Salga Waste app
Inwoners kan gerus die Salga Waste App aflaai om vullisverwyderingklagtes of -navrae aan te meld.
CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226
Opwindende loopbaangeleenthede te Ceres Superspar
BAKERY CONFECTIONER AND BAKER
Vereistes : • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Vorige ondervinding sal in guns tel • Matriek is ‘n vereiste.
Salaris onderhandelbaar
Indien u aan die vereistes voldoen, stuur asb. u CV (ID ingesluit) na : ceres3@retail.spar.co.za
Vir aandag : Bakkery bestuurder
Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Junie 2023 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien u vir beide poste teen Donderdag 15 Junie 2023 geen terugvoering ontvang het, neem asb. aan dat aansoek onsuksesvol was.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
BESIGHEIDSURE:
Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 2
FOTOS: Peter Luitjies
Nog geen arrestasie na inwoner op pad na damwal aangeval word
MEER as ‘n week nadat ‘n vrou op pad na die Koekedouwdamwal aangeval is, is nog geen arrestasie gemaak nie.
Die polisie is tans besig met hulle ondersoek en volg inligting en leidrade op. ‘n Arrestasie sal gemaak word sodra die ondersoek voltooi is.
Inwoners word weer gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle na die Koekedouwdamwal stap of draf.
Voorval
‘n Vrou van in haar dertigs, is Saterdagoggend 20 Mei omstreeks 10:00 aangeval en aangerand terwyl sy daar gestap het.
‘n Verdagte het die vrou aangeval en probeer verkrag. Terwyl sy histeries geskreeu het, het hy haar verskeie kere met ‘n klip teen die kop gegooi. Die voorval het plaasgevind tussen die bruggie en die hek. Die verdagte het later weggehardloop.
‘n Man wat moontlik die aanvaller kon wees, is geïdentifiseer maar moet nog deur die polisie in hegtenis geneem en aangekla word. Inwoners word gevra om nie die man se foto te versprei nie aangesien dit hul ondersoek, getuies en latere identifisering van die verdagte, gaan bemoeilik.
Moordenaars sal in Junie aansoek doen vir borg
Brandstigting ondersoek
Brand verwoes drie motors en ski hut in reservaat
SEWE Kaapse vriende se wegbreeknaweek by Matroosberg het Saterdag in vlamme opgegaan toe die ski hut waar hulle oornag het saam met hulle voertuie uitgebrand het.
Die groep het Vrydagaand na 21:00 by die skihut aangekom, daar vleis gebraai en oornag.
Saterdagoggend omstreeks 07:00 het die groep vriende 15 kilometer gaan stap en met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.
Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die ski hut. Die skade word op meer as ‘n R1 miljoen geraam.
Die polisie ondersoek ‘n klag van brandstigting en ‘n spesiale taakspan is aangestel om die voorval op Matroosberg te ondersoek.
Die opsporingstelesel in een van die voertuie wys blykbaar dat die voertuig ‘n paar keer aangeskakel en vorentoe geskuif is.
Dit vorm deel van die polisie se ondersoek. Die oorsaak van die brand sal ondersoek word en talle aanvullende verklarings moet nog afgeneem word.
Niemand is beseer nie en geen arrestasies is nog gemaak nie.
Indien iemand oor verdere inligting beskik kan hulle
lt. kol. Pretorius skakel by 082-777-8499 of Ceres speurders by (023) 316-8500.
Kommentaar
Matroosberg reservaat het Woensdag in ‘n verklaring gesê dat hulle gewilde ski hut Saterdag 27 Mei saam met gaste se besittings en voertuie in ‘n brand verwoes is. Die brandweer is ontbied, maar Witzenberg Brand en Redding se voertuig se waterpomp het nie gewerk nie en moes hulle Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se brandweerwa ontbied.
“Matroosberg personeel het ander akkommodasie aan die sewe vriende vir Saterdagaand gegee en hulle in die restaurant bederf. Die groep is later deur ‘n familievriend, Jacques Terblanché, na Kaapstad geneem”.
Didi de Kock sê hulle word oorval met boodskappe en oproepe van persone wat simpatiseer. “Ons wil van die geleentheid gebruik maak om elkeen te bedank vir boodskappe en oproepe. Die verlies van die ski hut het ‘n groot impak op die reservaat, toekomstige besprekings sal na ander eenhede verskuif word. Almal is hartseer omdat hulle nie meer in die gewilde hut kan tuisgaan nie en is baie simpatiek teenoor Matroosberg reservaat en sy mense”.
*Dit is die tweede keer dat die ski hut afbrand. In Januarie 1992 het ‘n bergbrand van De Doorns se kant oorgekom en die hut afgebrand.
DIE drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo bly in aanhouding todat hul borgaansoek middel Junie aangehoor word.
Willem Olivier (48) het Maandag 29 Mei saam met Kelvin Vlok (22) en die 18-jarige, Curswin Jiemies in die Ceres landdroshof verskyn maar die saak is na 14 Junie uitgestel. ‘n Uitkenningsparde moet nog in Kaapstad gehou word voordat fotos van die drie mans gepubliseer mag word.
Moord
Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).
Die moord is Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 gepleeg.
Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik ook geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê.
Die polisie is na die moordtoneel ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel.
Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon gearresteer.
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERING VAN DIE
WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD:
6 JUNIE 2023
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat ‘n Spesiale Raadsvergadering gehou sal word op Dinsdag, 6 Junie 2023 om 09:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
Vlok en Jiemies wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel.
Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel.
Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind.
Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry. Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind.
PUBLIC
NOTICE OF MEETING OF
THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL:
6 JUNE 2023
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that a Special Council meeting will be held in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres on Tuesday, 6 June 2023 at 09:00
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 3 SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa 087 095 3617 023 1000 515 info@jptek.co.za
CHRISTINA Walters (74).
DIE Charlie Hofmeyr
Klazen moet plek maak vir nuwe GOOD-lid
DIE GOOD leierskap het verlede week ‘n nuwe raadslid in die plek van die geskorste Witzenberg onderburgemeester aangewys.
Na ‘n onlangse aanbeveling aanvaar is dat Felicity Klazen as GOOD-lid geskors word en sy haar pos as onderburgemeester moet ontruim, het die Wes-Kaap hooggeregshof verder sout in die wonde van die twee gewese lede gevryf deur Klazen en Shaun August se dringende aansoek op 19 Mei teen die onafhanklike dissiplinêre verhore se aanbevelings, van die hofrol te skrap.
Die GOOD leierskap het Donderdag 25 Mei aangekondig dat Katriena Robyn, ‘n oudburgemeester en oudonderburgemeester, in Felicity Klazen se plek aangewys is. Die OVK en munisipaliteit is van die besluit in kennis gestel. Robyn behoort by ‘n spesiale raadsvergadering as raadslid ingesweer te word. Robyn is sedert 2019 ‘n lid van die GOOD-party.
Robyn het in ‘n verklaring gesê dat sy opgewonde is om ‘n rol in die Witzenberg munisipale raad te speel en die verantwoordelikhede en uitdagings aan te pak.
TWEE o/14 hokkiespelers van Charlie Hofmeyr hoërskool gaan die skoolvakansie Boland verteewoordig. Gracie Adams is in die A-span opgeneem en JameyRuth Swartz is in die B-span opgeneem.
KENNISGEWING
AANVAARDING:
2023/2024 BEGROTING EN GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP)
Kennis geskied hiermee ingevolge, onderskeidelik, artikel 18 van die Munisipale Begrotings en rapporterings regulasies, 2009 A artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 30 Mei 2023 goedgekeur is.
•Begroting en Begrotings beleide 2023/2024 (en aanduidende syfers vir en 2024/2025 en 2025/2026)
•Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2023/2024
Die 2023/2024 begroting, gelde, kostes en tariewe sal vanaf 1 Julie 2023 geïmplementeer word. Die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke van die Witzenberg Munisipaliteit gedurende normale kantoorure, en is ook beskikbaar op die Witzenberg Munisipaliteit se webwerf by: www.witzenberg.gov.za
D.NASSON MUNISIPALE BESTUURDER
DRIE o/18 hokkiespelers van Charlie Hofmeyr hoërskool gaan die skoolvakansie Boland verteewoordig. VLNR: Demi Theunissen (Boland C-span), Jaylynne Titus (Boland B-span) en Lenielle Smith (Boland Cspan).
NOTICE
ADOPTED:
2023/2024 BUDGET AND INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP)
Notice is hereby given in terms of Section 18 of the Municipal Budget and reporting regulations, 2009, and Section 75(A)(3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr 32 of 2000) respectively, that the following documents were approved at the Council meeting held on 30 May 2023.
•Budget and Budget Policies 2023/2024 (and indicative figures for 2024/2025 and 2025/2026)
•Amended Integrated Development Plan (IDP) 2023/2024
The 2023/2024 budget, fees, costs and tariffs shall be implemented with effect from 1 July 2023.
The said Council Resolution and all other relevant documents may be inspected at the Municipal Offices and Public Libraries of Witzenberg Municipality during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipality’s website at: www.witzenberg.gov.za
D.NASSON MUNICIPAL MANAGER
ISAZISO
OLUVUNYIWEYO: UHLAHLO
LWABIWO MALI LUKA 2023/ 2024 NE NKQUBO YEZICWANGCISO ZOPHUHLISO YEMINYAKA EMIHLANU
Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 18 likaRhulumente wengingqi wezohlahlolwabiwo mali kunye nomthetho wokunika ingxelo, ka 2009, necandelo 75(A)(3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32) ubhentsisa mhlophe ukuba ezizinto zilandelayo ziye zavunywa kwintlanganiso yeBhunga eyayibanjwe ngomhla wama 30 kuCanzibe 2023.
•Uhlahlo lwabiwomali luka 2023/ 2024 (Namanani abonisayo ka2024 /2025 no 2025/2026)
•Inkqubo yeZicwangciso zoPhuhliso Yeminyaka Emihlanu (IDP) 2023/2024
Uhlahlolwabiwo mali luka 2023/2024 neendleko kunye namaxabiso aqingqiweyo ziyakuzalisekiswa ukusuka ngomhla wo 1 KweyeKhala 2023. Ezizigqibo zeBhunga kunye namanye amaxwebhu akumila kunje ayakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zika Masipala nakumathala eencwadi kaMasipala wase Witzenberg ngamaxesha empangelo,kwaye ayafumaneka nakwi website ethi: www.witzenberg.gov.za
D.NASSON UMPHATHI-MASIPALA
Vragmotor ry van pad af
DIE vragmotor van La Grange vervoer buite Tulbagh, het Maandagoggend omstreeks 07:30 tussen die twee Wolseley-kruisings van die pad gery. Dit is nie bekend wat tot die ongeluk bygedra het nie.
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 4
KATRIENA Robyn.
leerders sal gedurende die Junie skoolvakansie na verskeie plekke in die land toer om Boland op die sportveld te verteenwoordig. AGTER: Zak Groenewald, Marnus van der Westhuizen, Marcus Nasson (o/18 Boland B-span), Hendré Kotzé en Daniël Kukard (Boland Noord Witspan). VOOR: Dewald Scholtz, Shaun Saunders, Jaydon Wiese en Dehan Ontong (o/16 Boland C-span). * Die ander o/14 seuns is almal in die Boland Noord Swartspan opgeneem.
SEDERT verlede Donderdag het wyd verspreide reën in die Witzenbergstreek geval asook bietjie sneeu op Matroosberg en drie ligte haelbuie Maandagmiddag op Ceres. Die Koekedouwdamvlak is op 30 Mei, 41% vol gewees teenoor einde Mei 2022 se 61%. Daar is sedert 16 Februarie vlak 4 waterbeperkings op Tulbagh van krag en vlak 1 op die ander dorpe in die Witzenbergstreek. Tulbaghdam is tans 34% vol terwyl inwoners net na 16:00 water mag kry. * Daar is tussen 25 en 30 Mei 59.4 mm reën in die Warm Bokkeveld gemeet, 78.5 mm in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing), 44.4mm naby Bronaar, 25.9 mm in die Bo-Swaarmoed omgewing en 46.9 mm in die Romansrivier-omgewing buite Wolseley. Sneeu het Vrydag 26 Mei bolangs op Matroosberg gelê. Drie ligte haelbuie het op 29 Mei op Ceres uitgesak. Geen skade is aangemeld nie.
** Reënvalsyfers word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.
Tref-en-trapverhoor begin Augustusmaand
MEER as drie jaar nadat ‘n jong vrou op Ceres doodgery is, gaan die motorbestuurder wat weggejaag het van die ongelukstoneel, in Augustusmaand verhoor word.
Die saak sal nou op 30 Augustus in Ceres landdroshof aangehoor word. Jan Justin du Toit (29) van Bella Vista, het na bewering die jong vrou van Tulbagh in Februarie 2020 in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.
Hy het die afgelope paar jaar verskeie kere in die landdroshof verskyn op aanklagte van manslag asook dronkbestuur. Die dronkbestuurklag is later bygevoeg en het op 8 Mei 2018 plaasgevind.
Agtergrond
Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie 2020 in die vroeë oggendure, oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.
Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou aan Engen se kant van die pad in ‘n parkeerplek gestop het.
Sy het uit die bakkie geklim, langs die voertuig gestaan en na regs na die verkeerslig se kant, gekyk. Sy het skaars ‘n paar treë gestap na Shell toe sy die voertuig hoor aankom.
Sy het probeer terughardloop maar is deur die voertuig wat vinnig gejaag het, getref en byna 30 meter ver teen ‘n boom geslinger. Die tref-en-trap het omstreeks 01:41 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag.
Du Toit het homself later aan die polisie oorgegee. Hy het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Verdere klagtes kan steeds later bygevoeg word.
Een persoon dood nadat bakkie naby Tankwa padstal rol
DIE bestuurder van ‘n Noord-Kaap bakkie het Vrydag 26 Mei omstreeks 24:00 ‘n sandwal getref en beheer oor die voertuig verloor. Die bakkie met 7 insittendes het naby Tankwa padstal gerol en weer op sy wiele in die R303 pad tot stilstand gekom. Die 53-jarige Apie Botha van die plaas Brakfontein het in die ongeluk gesterf. Die ander insittendes is nie beseer nie. Die bestuurder word weens strafbare manslag aangekla en moet op 28 November in die Ceres landdroshof verskyn.
‘n NJALA-polisievoertuig van die Paarl se openbare-ordepolisie was besig met misdaadvoorkomingspligte op Wolseley, toe die bestuurder verlede Donderdag in reënweer beheer verloor het oor die Njala en die sypaadjie getref het. Die Njala het omgeslaan en op sy sy tot stilstand gekom het. Die voorval het in die hoofstraat by die Mega Value store plaasgevind.
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 5
classifieds
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021
info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Regina Jannekie Prins
Totsiens oom Hennie
Hennie Kotze
26/05/1959 - 21/05/2023
Boland Roll on Lawn
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel 082-859-2300
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
: 09:00, Dahliastr. 1077, Bella Vista
Kerk 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista
081-742-6706
n/u: 082-5753-181
Carolus Hardneck
1936/12/28 - 2023/05/25
Begrafnisdiens: So. 4 Junie 2023
Huis 09:00, Die Eike Plaas, Koue Bokkeveld Saal 10:00, Die Eike Plaas, Koue Bokkeveld Graf: Die Eike Plaas, KBV
081-742-6706
n/u: 082-5753-181
Koos Basson
1961/05/19 - 2023/05/25
Begrafnisdiens: Sat. 3 Junie 2023
Huis: 09:00, Naudéstr. 13, Ceres
Kerk 10:00, Ou Apostoliese
Kerk, Ceres Graf: Bella Vista
081-742-6706
n/u: 082-5753-181
William Willemse
1958/06/26 - 2023/05/29
Troosdiens:
Sat. 3 Junie 2023
Kerk: 10:00, Nuwe Apostoliese
Kerk, Ceres (Hoek van Lyellen Melkwegstraat) Privaat Verassing
Die beste diens, altyd.
John Kannemeyer
☎ ☎ (023) 316-1814
Hamlet en Ceres het ‘n legende verloor. Hennie Kotze voorheen van die Hamlet Country Lodge en tot op hede
Jakalash Pub and Grill, is skielik Sondag 21 Mei in die ouderdom van 63 jaar oorlede. Hennie laat ‘n groot leemte en diep spore agter.
Herdenkingsdiens Donderdag
1 Junie 2023 11:00, NG Kerk, PA Hamlet
Twee blindings in goeie toestand 950mm en 1 450 mm breed. Beide vir R850. Skakel Francois by 082468-2649. w.t.o.
Vans Old School. No. 5 grootte, nog net een keer gedra. R450. Skakel Brandon Lee by 073234-9384. 02/06
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274
Ceres. Groot 3slaapkamerwoonhuis te huur in goeie area. Ruim eet-, sitkamer, kombuis en TV kamer. Dubbelmotorafdak. Twee lugversorgers. Goed beveilig met palisade omheining en veiligheidshekke. Nuut geboude swembad en buite braai area. Baie privaat. Skuifdeure wat uitloop op patios en afdakke. Alarmstelsel en WiFi. Verkieslik vir ‘n gesin om te huur. Skakel 079-0817053 vir verdere navrae. c/s DJ92 2/6
Landswye Meubelvervoer . Ons doen gereelde vragte na en vanaf Gauteng. Deelvragte is ook beskikbaar op navraag. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Ons doen verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal beskikbaar, veilige stoorruimte, vir lang- en korttermyn. Skakel (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan die kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer. Die streeksfunksie vind plaas op 27 Julie 2023. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@kbos.co.za
Die PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar. Navrae kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan: isaac jacobs50@yahoo.com
DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 1974-2022 uit na ‘n gala-geleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:00-23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-880-0321. Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081-815-7343, Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-691-4407.
AND FRAMES
SUPPLY AND INSTALL
TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN
083-227-6476
Select LAUNDRY
Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park
4 Edison Street, Ceres
Mechanical workshop
• Engine overhaul
• General Services
• Suspension
• Brakes
• and more
André du Preez André du Preez André du Preez André du Preez du 082-639-2800
(023) 313-4422
crazypistonsct@gmail.com
RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter
SARS will visit the Thusong centre in Bella-Vista on 29 June from 09:00-14:00
GRATIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET
Het jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem?
Ons help graag om dit te verkoop!
Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003
Reëls:
•Slegs items met ‘n prys onder R1 000
•Slegs EEN item per Whatsapp
•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie
•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
Contact
072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za
Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 6
MOLLIEMOLLIE
(Female) 15 Months old GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022
Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply ANAKINANAKIN ANAKINANAKIN ANAKIN (Male) Born 14/02/2023 WIGGLESWIGGLES WIGGLESWIGGLES (Male) 12 Weeks old SMOKEYSMOKEY (Male) Born 14/02/2023
MOLLIEMOLLIE MOLLIE
Hazel
SHADOWSHADOW SHADOWSHADOW (Male) Born 14/02/2023 WW WAFFLEAFFLE AFFLEAFFLE AFFLE (Male) Born 14/02/2023
Abu Lusuku •Lost love/financial specialist •Get back lost lover •Get money •Remove bad luck •Drug/evil spirits •Debts/unfinished work •Win Lotto/ Powerball/Casino •Delayed pension •Protection of business&property 100% Guarantee Same day results 078-580-6890 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND TOOL HIRE Full Body (75 min) ........................R450 Full Body (60 min) ........................R380 Back/Neck & Shoulder (40min)............R320 Back/Neck & Shoulder (30min)............R250 Skakel Joanne 083-551-6688 of (023) 312-1080 MASSAGE SPECIALS Valid untill 30 June 3 Joh. 1:2 “Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.” Evangelis Jacobs 1960/08/26 - 2023/05/24 Roudiens Do. 01/06/2023 om 19:00, VGK Bella Vista Begrafnisdiens: Sat. 3 Junie 2023 Huis
nuusbrokkies
Plaaslike jeug fotograwe
blink uit
JEUG fotograwe van Charlie Hofmeyr Hoërskool, HTS Drostdy en Hoërskool Swartland het onlangs uitgeblink in die PSA Youth Showcase 2023 kompetisie vir hoërskool leerders.
Leerders vanoor die wêreld neem aan die kompetisie deel.
Vyf fotograwe van Charlie Hofmeyr het plekke behaal. Sofia van der Merwe het ‘n tweede plek behaal in die afdeling People of Animals. Anine Engelbrecht het ‘n eervolle vermelding ontvang terwyl Chloe Sarikaki, Liza du Toit en Anandi van As elkeen een aanvaarding ontvang het.
Thomas Bothé van HTS Drostdy en sy suster
Alexa Bothé van Hoërskool Swartland het elkeen een aanvaarding ontvang. Jeug fotograwe se fotografiese vaardighede is ook deur PSSA se jeugafdeling erken en daar is aan fotograwe sertifikate van uitnemendheid (meriete en onderskeiding) uitgereik.
Die leerders wat een van die sertifikate ontvang het is: Charlie Hofmeyr leerdersAnine Engelbrecht, Charl Conradie, Jani van der Merwe, Ané Sauer, Daniël Conradie, Liza du Toit, Luc Joubert en Sofia van der Merwe. Thomas Bothé van HTS Drostdy het ook ‘n sertifikaat ontvang.
OP Saterdag 27 Mei het Kromlin primêre skool hul senior modelkompetisie aangebied. Hier is die wenners saam met die beoordelaars. Die skool se personeel is trots op die leerders. Baie dankie aan al die ouers en beoordelaars wat gehelp het om ‘n groot sukses van die geleentheid te maak.
Pick n Pay helping to feed South African families
PICK n Pay, one of South Africa’s leading retailers, has launched an exciting initiative to reward their Smart Shoppers by randomly selecting one winner from every store nationwide every day until 18 June 2023 to win their entire shopping for free. It aims to give away up to R10 million in free groceries over six weeks.
The initiative aims to provide some relief to shoppers during a difficult period while also creating moments of true excitement.
The initiative launched on 8 May 2023, has already surprised over 2,700 winners with a free shop collectively valued at R1,6 million. Two customers walked out with a free shop worth more than R10 000 each, much to their considerable delight.
To qualify to win, customers need to swipe
their registered Smart Shopper card and buy any two participating products. The winners will be notified at the till point, and their groceries will be packed into a limited-edition golden reusable bag before they walk away with their entire basket or trolley of groceries, free of charge.
The Smart Shopper programme is one of the country’s biggest loyalty reward programmes, dedicated to giving customers real value. Pick n Pay hopes that the initiative will provide some relief to customers who are currently under huge pressure.
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 7
ANJA du Plessis van Charlie Hofmeyr hoërskool is in die ECHS hokkieuitnodigingspan opgeneem en sal vanaf 1-9 Oktober na Nederland toer.
HAMLET rugbyklub wil Johnny Jafta van Jafta toere bedank vir die klub se nuwe opwarmingshemde.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
GLEN-LIHN TROMP van Ceres (links), tans verbonde aan die South Coast Warriors (SCW) rugbyspan in KwaZulu-Natal, het goed gespeel in hul oorwinning van 126-0 teen die Jaguars. Hier is hy saam met Xhanti Waki wat saam met hom as speler van die wedstryd aangewys is. REGS: Glen-Will Tromp, ‘n graad 11 leerder van Charlie Hofmeyr hoërskool, is verlede week opgeneem in die Grant Khomo o/16 rugbyspan.
Sport
WILLIAM Cumpsty van Laerskool Gericke het Saterdag 6 Mei ‘n tweede plek behaal in die pistool-skiet afdeling vir junior skuts. Die kompetisie het op die Klaas Fernhout skietbaan op Ribbokskloof in die Koue Bokkeveld plaasgevind.
Witzenberg Herald
Glenny wen kompetisie
GLENNY Nasson het Saterdag die enkel syfer plus kompetisie met ‘n telling van +2 gewen.
C. Faroa was in die tweede plek met +1 gevolg deur BJ Claasen, Herman van der Walt en JC Hagen, almal met tellings van 0 (gelyk aan voorgee).
Ligabepalings
Saterdag 3 Junie speel Ceres se Brodiespan teen Hexvallei en Riverside I. Die Krugerspan speel teen Worcester.
Op 10 Junie vind die Nelson-liga finaal plaas op Piketberg en op Saterdag 17 Junie speel Ceres se Bro-
diespan teen Worcester en die Krugerspan teen Riverside.
Maand kompetisies
Op 3 Junie word ‘n enkel stableford kompetisie aangebied, op 10 Junie ‘n enkel houespel kompetisie en op 17 Junie ‘n beterbal stableford kompetisie.
Besprekings
Bespreek op die Clubmaster app of skakel die klub by (023) 312-3068
Inwoners wat ‘n funksie wil aanbied en die gholfklub se geriewe wil huur, kan Ilse skakel by (023) 312-3068 vir verskillende tariewe.
BELLA Vista het Saterdag nie oortuig in hul oorwinning van 17-
3 oor Temperance op Gouda nie. Dit was ‘n wedstryd wat net nie aan die gang wou kom nie. Bella Vista was rustyd met 10-3 voor.
* Die naweek reis Bella Vista na Wellington vir hul wedstryd teen Newtons.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case.
Highwave Consultants (084-5886089)
DELICIOUS het Saterdag tydens die Groot Uitdaagwedstryd vir Young Blues met 8114 oorrompel. Delicious se voorspelers het die wedstryd heeltemal oorheers wat gehelp het dat die agterspelers met die bal kon baljaar. Delicious druk 12 driee teenoor Young Blues se 2. Hier is Derick Fredericks op pad doellyn toe.
MICHAELA Geldenhuys het vroeër die maand aan ‘n skou in St.Helenabaai deelgeneem. Sy het met twee verskillende perde aan nege verskillende klasse deelgeneem. Sy het ondermeer twee eerste plekke en 3 tweede plekke behaal. Sy het ook op uitnodiging aan die ruiterkampioenskappe deelgeneem.
WITZENBERG HERALD Friday, June 2, 2023 8
Eiendom / Property Remainder of the Farm Vaal Kloof Rivier No. 261, Ceres Portion 1 of the Farm Eiberg West No. 260, Ceres & Portion 2 of Farm Kolkies Rivier No. 234, Ceres Ligging / Location Ceres Karoo Aard / Nature Proposed consent use and permanent departure to allow a PV Solar Plant Facility Voorgestelde vergunningsgebruik en permanente afwyking om
sonkragfasiliteit toe te laat Verw. / Ref. 15/4/2 /349 Sluitingsdatum / Closure date 30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant 30 Days from date of publication in newspaper Aansoeker
‘n
/ Applicant
FOTO: Trevor Felix
GLENNY Nasson