WH H e r a l d
Spesiale uitgawe
DIT is ‘n groot eer en voorreg om die 100ste bestaansjaar van Ceres Fruit Growers te vier.
CFG is al ‘n eeu lank ‘n belangrike rolspeler in die vrugtebedryf en verskaf vars produkte van hoë gehalte aan mense regoor die wêreld.
In vandag se uitgawe verskyn 'n spesiale 100 jaar promosieblad oor dié maatskappy.
Voetganger sterf na taxi hom tref
‘n VOETGANGER het die naweek gesterf nadat ‘n taxi hom getref het.
Volgens die Ceres polisie het die voorval Saterdagaand net voor 18:00 in erge reënweer plaasgevind. Gert van Wyk (in sy sestigs) van die plaas Molensvlei het na bewering voor ‘n minibus taxi ingeloop. Van Wyk is na die hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.
Tussen 29 Mei en 4 Junie was daar 22 botsings op Wes-Kaap se paaie waarin 27 mense gesterf het. Hiervan was 15 voetgangers.
Indien daar daar dalk nog mense is wat die voorval gesien het, kan hulle die speurderskantore by (023) 316-8500 skakel.
Selfdood
In ‘n tragiese selfdood-voorval, is ‘n 21-jarige man die naweek oorlede.
Die polisie is omstreeks 17:55 uit na ‘n huis in Bella Vista waar hulle die liggaam van die jongman onder ‘n afdak aangetref het. Hy was ten tye van die voorval alleen by die huis.
Geen nota is agtergelaat nie.
Polisie maak deurbraak
TWEE weke nadat ‘n vrou op pad na die Koekedouwdamwal aangeval is, het die polisie ‘n deurbraak gemaak en ‘n verdagte gearresteer.
Die polisie het eers hul ondersoek afgehandel voordat hulle vir LeeIrvin Geldenhuys op 31 Mei vasgetrek het. Geldenhuys het op 1 Junie vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van poging tot verkragting en aanranding om ernstig te beseer.
Die saak is na Donderdag 8 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek.
‘n Vrou van in haar dertigs, is Saterdag 20 Mei omstreeks 10:00 aangeval en aangerand terwyl sy na die damwal gestap het. Die verdagte het haar aangeval en probeer verkrag. Terwyl sy histeries geskreeu het, het hy haar verskeie kere met ‘n klip teen die kop gegooi. Geldenhuys het na die aanval weggehardloop.
Ceres kry meer as 80mm reën
TUSSEN 80 en 95mm reën is van Saterdag 3 Junie tot Sondag 4 Junie op Ceres gemeet. Nog reën word vir later die week voorspel. Die dam was Woensdag 49.2% vol teenoor die 59.4% in die ooreenstemmende week in 2022. Tulbaghdam is 42% vol. In die Warm Bokkeveld is 84.2 mm gemeet, in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing) is 43.4 mm gemeet en naby Bronaar 38.6 mm en Romansrivier buite Wolseley 69.1 mm. Op die Ceres gholfbaan is byna 100mm gemeet.
12 Months, 1 500km p/m
Total Contract Mileage 18 000km Terms & conditions apply
(023) 312-1057
Voortrekkerstraat 112, CERES
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 22 R 8.50 Friday, 9 June 2023 Ceres Koekedouw dam 49,2% Tulbagh dam 42% Lesings geneem: 2023/06/07 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 8 Junie 7° 14° Vrydag 9 Junie Saterdag 10 Junie Sondag 11 Junie 6° 15° 4° 18° 6° 17°
FOTO: Francois Snyman
(023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za We are open during LOADSHEDDING
Arno, Pierre, Andre of Giepie
The Toyota Vitz 1.0 MT R2999R2999 R2999R2999 R2 999 p/m
WESTERN Cape Minister of Health and Wellness, Dr Nomafrench Mbombo, Monday officially opened the brandnew R17.9 million Gouda Clinic. The new clinic replaces the former semi-detached house - the former Gouda Clinic - which was converted into a clinic. Due to increased demand and insufficient space for expansion, it was decided that building a new clinic will be the most viable option. In doing so, the new clinic now offers additional space and waiting areas for residents. The additional space also offers the possibility for further additions or alterations in the future.
Streek se oudste inwoner oorlede
TANNIE Baby Schoeman (103), die Witzenbergstreek en Tulbagh se oudste inwoner, is Woensdag 31 Mei oorlede. Sy was die afgelope jare ‘n inwoner van Huis Disa op Tulbagh en het op 9 Maart, 103 jaar oud geword. ‘n Herinneringsdiens is Maandag 5 Junie by Huis Disa gehou. Haar dogter, Antoinette Immelman, woon nog op die dorp.
LE-KEISHA Smith, ‘n leerder van St. Marks primêr en kranige netbalspeler, is opgeneem in die o/12 Kaapse Wynland netbalspan. Sy neem tans deel aan ‘n reeks oefenkampe, waarna sy gedurende die Junie skoolvakansie aan die o/12 toernooi op Riversdal gaan deelneem.
Gemeenskap geskok
DIE Witzenberg gemeenskap was verlede week geskok om te hoor van die skielike dood van Jamie-Lee Crow (19). Sy was ‘n kranige netbalspeler en ‘n geesdriftige Bella Vista rugbyklubondersteuner. Sy het ook diens gedoen as ‘n noodhulpbeampte tydens die klub se wedstryde. Bella Vista het op sosiale media gesê hulle is geskok oor die tragiese nuus. “Jamie was ‘n geesdriftige ondersteuner wat haar passie uitgeleef het en na die welstand van die klubspelers omgesien het. Die klub se bestuur en spelers wil hul innige simpatie betoon aan haar familie en naasbestaandes”. ‘n Roudiens is op Dinsdag 6 Junie vir haar gehou.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
PRODUCTION MANAGER
Doornkraal Agri has an exciting opportunity available for a Production Manager to join their team. The designated candidate will have excellent technical- and problem-solving skills. The incumbent will report to the Operational Manager.
R esponsibilities:
•Manage production processes on a production unit (fertilizing, irrigation, pruning, manipulation, harvest, thinning and planting)
•Personnel Management (productivity, planning of labour requirements, discipline, training)
•Coordinate maintenance on the production unit
•Manage Health and Safety and GlobalGap systems on production unit
•Stock Control on production unit
R equirements:
•At least 2 years of experience in a fruit production management role
•Relevant post matric qualification will be advantageous
•Well-developed leadership and management skills
•Excellent planning and organisational skills
•Computer literate and proficient in the use of MS Office
•Accuracy and attention to detail
•Excellent communication (English and Afrikaans) and interpersonal skills
•Ability to function well under pressure and prioritise tasks
Closing date: 23 June 2023
Commencement date: As soon as possible
CV can be directed to: hr@dkagri.co.za
2 l WITZENBERG HERALD l 9 JUNE 2023
DIE Wes-Kaap speurdiens se ondersoek na ‘n brand wat die Matroosberg skihut op 27 Mei in puin gelê het, duur voort.
Brand deskundiges op toneel
DIE Wes-Kaap speurdiens se ondersoek na ‘n brand wat die Matroosberg skihut in puin gelê het, duur voort.
Die skihut het Saterdag 27 Mei heeltemal afgebrand. Drie voertuie is ook in die brand verwoes. Dié ondersoek is deur die WesKaap speurdiens oorgeneem en brand deskundiges was die naweek op die toneel.
Indien iemand oor verdere inligting beskik kan hulle lt.kol. Pretorius skakel by 082-7778499 of Ceres speurders by (023) 316-8500.
Agtergrond
Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag.
Die groep het Vrydagaand na 21:00 by die
Netcare Ceres Hospital building officially transferred
ON Wednesday 31 May, Western Cape Minister of Health and Wellness, Dr Nomafrench Mbombo, was briefed on the progress made in the Ceres Hospital Improvement Plan.
It was also the site at which it was announced that the former Netcare Ceres Hospital, that had been procured by the Department of Infrastructure on behalf of the Department of Health and Wellness, had officially been transferred to the Western Cape Government (WCG).
The facility has also filled the critical vacancies which existed last year.
Medical Manager of Ceres Hospital, Dr Elton Titus noted: “The newly acquired building and newly built Acute Psychiatrist Unit will give us a significant opportunity to improve the quality of patients’ care and ease pressure on the services, freeing up space for additional beds at Ceres Hospital.
skihut aangekom, daar vleis gebraai en oornag. Saterdagoggend omstreeks 07:00 het die groep vriende 15 kilometer gaan stap en met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.
Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut. Die skade word op meer as ‘n R1 miljoen geraam.
*Dit is die tweede keer dat die skihut afbrand. In Januarie 1992 het ‘n bergbrand van De Doorns se kant oorgekom en die hut het toe afgebrand.
Nog verdagtes gaan aangekla word vir Jain-moord
NOG twee persone gaan eersdaags aangekla word weens die moord op Reneé Jain (51).
Twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (24) en Anthony Schippers (22), was die eerste twee verdagtes wat in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem is na ‘n gesamentlike polisie-optrede.
Die twee mans se arrestasie kom meer as ‘n jaar na die moord op 26 Maart 2021 van Reneé Jain (51) van Kaapstad. Hulle verskyn op ‘n klagte van moord en drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede en ‘n klag van voertuigdiefstal.
Visagie en Schippers bly in aanhouding en moet weer op 21 Junie in die Wolseley streekhof verskyn.
Die hof het ook gehoor dat nog drie mense saam met Visagie en Schippers by die saak gevoeg gaan word. Die klagstaat gaan ook aangepas word om aanklagte van sameswering om moord te pleeg en moord met voorbedagte rade, by te voeg.
Polisielid in hof
‘n Gewese polisielid van Piketberg word met die moord op Wolseley verbind en is ook aangekla.
Hy bly in aanhouding tot 21 Junie wanneer hy saam met twee nuwe verdagtes waarvan een ‘n bendelid in die gevangenis is, in die hof sal verskyn.
A.o. Maurice Arries (43) word betrek by die Jain-moord en word ondermeer aangekla van moord, bedrog, korrupsie, vervalsing, uitgifte, regsverydeling en intimidasie.
Arries is op 6 Desember 2022 op Piketberg gearresteer. Arries se verskyning hou verband met ‘n voorval waar hy ‘n gevangene en bendelid wat ondermeer vir moord gevangenisstraf uitdien by die Voorberg korrektiewe sentrum, in Maart 2021 gaan haal en onder vals voorwendsels uitgeboek het om in die hof te verskyn. Hy het glo dokumente vervals wat hom die nodige toestemming daarvoor sou gee.
This means that the building can now be repurposed to serve the greater Ceres population. Plans are currently being finalised and it is expected that construction work will begin in November this year.
The project timeline is for it to be transformed into a Community Day Centre by the end of 2024 and be equipped with a transitional care unit as well. This will greatly assist in decongesting the hospital platform and assist with patient flow.
For the past 8 years, Ceres Hospital has had an average bed utilisation rate of 90% to 95% and at times has even reached 100% capacity.
The growing mental health burden at Ceres Hospital has also placed an additional pressure on the availability of beds.
Because of increased bed pressure at referral mental health hospitals, Ceres Hospital has not been able to transfer acute mental health patients - which averages 20 admissions per month for further care.
Various initiatives have been implemented and are underway to improve the quality of care to mental health users within the Witzenberg district. This includes that:
- The local mental health forum was strengthened and extended to include local NGOs, FBOs and local government departments.
- All the service providers in the scope of mental health were connected and continue to work together to the benefit of our patients.
To augment healthcare services in Ceres Hospital, an Acute Psychiatric Unit has also been established.
Additionally, the general ward now has 10 designated beds for mental health patients.
Ceres Clinic’s services will move to the newly acquired building, which will also host a transitional care facility and become the hub from which rehab staff offers services to the community. This is in line with the 2030 bed plan of the Western Cape Department of Health and Wellness to increase the official number of beds from 86 to 112 for Ceres Hospital.”
Minister Mbombo concluded: “I am most excited for the developments which have and will be taking place in Ceres. The progress in the improvement plan can be seen to be greatly assisting the community and alleviating the pressure on the hospital platform. As Minister, I am proud of the extensive partnerships that have been created amongst the private, public and civic sectors alike. By working together, we can ensure that the health sector is responsive to the needs of residents.”
9 JUNE 2023 l WITZENBERG HERALD l 3 087 095 3617 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems BACKUP POWER SOLUTIONS call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa
THE former Netcare Ceres Hospital had been procured by the Department of Infrastructure on behalf of the Department of Health and Wellness and were officially transferred to the Western Cape Government (WCG).
ON Wednesday 31 May, Western Cape Minister of Health and Wellness, Dr Nomafrench Mbombo, was briefed on the progress made in the Ceres Hospital Improvement Plan.
DIE groot gewag is verby - die bekroonde Suid-Afrikaanse Kaasfees maak vanjaar ‘n terugkeer op Stellenbosch met nuwe datums én nuwe eienaars. Die Sandringham-landgoed sal gasheer speel vir hierdie buitelug kulinêre geleentheid oor die Erfenisdag-langnaweek van Vrydag 22 tot Maandag 25 September 2023. Die nuwe feeseienaars, ‘n konsortium van private beleggers en die DGTL Marketing Group, het die gewilde fees herontwerp om ‘n vier dag lange viering rondom kaas, wyn en vermaak vir die hele gesin te skep. Die SA Kaasfees, wat bekend is as Suid-Afrika se enigste kaas-gefokusde geleentheid, is reeds sedert 2002 as ‘n tradisie in die Kaapse Wynland gevestig. Die nuwe eienaars beskik oor uitgebreide kundigheid in die organisering, bemarking en aanbieding van leefstylgeleenthede reg oor die land, wat die SA Kaasfees nuwe hoogtes sal laat bereik. Besoekers kan ‘n treffende ervaring verwag met nuwe lewe wat in die fees geblaas word.
PASSER (Ceres)
DUTOIT VRUGTE, die verpakkingsafdeling van Dutoit Agri in Ceres, benodig die dienste van ‘n gekwalifiseerde Passer om die instandhoudingsspan van die afdeling te versterk. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Aanleg-instandhoudingsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir • die instandhouding van alle pakhuistoerusting • voorkomende onderhoud • beplanning van jaarlikse onderhoud en • bestuur van ‘n assistent en ‘n handlanger wat aan hom rapporteer.
Die ideale kandidaat is gekwalifiseerd as ‘n Passer en beskik oor minstens 3 jaar toepaslike ervaring. Hierbenewens beskik die suksesvolle kandidaat oor bogemiddelde mensevaardighede en die vermoë om ondergeskiktes te motiveer.
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ‘n voorsorgfonds insluit.
Stuur ‘n volledige CV so gou doenlik na recruitment@dutoit.com
Diensaanvaarding sal ideaalgesproke nie later as 1 Augustus 2023 wees nie.
BELLA Vista Hoërskool bedank die Witzenberg munisipaliteit vir die instandhouding van hulle sportvelde. VOOR: Anchen Nasson (Bella Vista Hoërskool), Vuyani Magalakanqa, Ronel Boer, Patric Matea, Angeline Wilschute, Willem Cedras, Desiree Pharo (waarnemende skoolhoof), Nicolas Mathys, Francois Jacobs (opsigter), Keanen Saim (assistent) en Denmar Jacobs. AGTER: Sarel Mouton, Martin Valensky, Willa Swartz, Jemeco van Rooyen en Wilden Malgas.
Leerders skenk skoene
CHARLIE Hofmeyr Hoërskool se graad 12 leerders het ‘n jaarlikse tradisie voortgesit en kort nadat hulle, hul laaste eksamen geskryf het, hulle skoolskoene in ‘n houer gegooi. Die leerders kies dan ‘n skool in die streek vir wie hulle die skoene wil skenk. Die 2022 matrieks het onlangs die skoene oorhandig aan Iingcinga Zethu Secondary School in Nduli. Hier staan Daniël Pieters saam met die skoolhoof, mnr. Lethunya en Megan Goosen.
KLEINBEGIN bewaarskool op Môrester Landgoed het op 23 Mei aan die Koue Bokkeveld Vroeë Kinderontwikkelingsforum Eisteddfod deelgeneem. Die deelnemers het goeie uitslae: Luzandrè Tromp (voordrag graad 4 - goud +), Patricia Willemse (voordrag graad 6 - brons), Jamé Theron (voordrag graad 4 - goud) en Shanique Leukes (voordrag graad 4 - silwer). Dit was die eerste keer dat die bewaarskool se leerders aan so ‘n geleentheid deelneem en dankie aan juffrou Livvy Kotze vir al haar tyd en geduld om die kinders af te rig. VLNR: Luzandrè Tromp, Patricia Willemse, Jamé Theron en Shanique Leukes.
OPENBARE KENNISGEWING
VAN VERGADERING VAN DIE
WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD:
13 JUNIE 2023
Kennis word hiermee gegee ingevolge
Artikel 19 van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat ‘n Spesiale Raadsvergadering gehou sal word op Dinsdag, 13 Junie 2023 om 09:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres
50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL
MUNICIPAL COUNCIL:
13 JUNE 2023
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that a Special Council meeting will be held in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres on Tuesday, 13 June 2023 at 09:00
4 l WITZENBERG HERALD l 9 JUNE 2023
VIER leerders van Laerskool Waveren het Saterdag 27 Mei ‘n geleentheid gekry om stories voor te lees. Die voorlesing het deel uitgemaak van die Book Fair geleentheid. VLNR: Zoë Adams, Mason Zimri, Janelé Stoffels, Matthew Hendricks en Elano Daniels.
glo langtermyn verhoudings is die hoeksteen waarop die maatskappy gebou is
CFG kan voortbou op die geskiedkundige gebeure en ontwikkeling tot waar ons vandag deurlopend poog om waarde toe te voeg vir ons aandeelhouers, personeel en die groter Ceres-omgewing.
Jaarliks word gemiddeld 135 000 ton vars appels en pere vir verpakking vir aandeelhouers en ander produsente hanteer. Dit verteenwoordig ongeveer 8 miljoen verpakte kartonne vir die plaaslike -en uitvoermarkte.
Die produkte word bemark in ongeveer 105 lande regoor die wêreld wat van die belangrikste markte en supermarkte insluit: die Verenigde Koningkryk, Europa, Verre-Ooste, Midde-Ooste, Asië, Noord-Amerika, Afrika en die Suid-Afrikaanse binnelandse mark.
CFG verskaf werk aan 270 permanente en ongeveer 1 700 seisoenale personeel, almal vanuit die groter Ceres-omgewing.
“Ons stoor, verpak en verkoel verskillende appel- en peer variëteite met elkeen se eie unieke vereistes om ‘n vars en aantreklike produk vir die eindverbruiker te verseker”.
CFG lewer ‘n eenstopdiens aan die 38 aandeelhouergroepe, wat wêreldklas produkte deur middel van innoverende en aanpasbare boerderypraktyke verbou.
Ons besef dat aandeelhouers, kliënte, verskaffers en die gemeenskap waarbinne die maatskappy funksioneer, ‘n belangrike bydrae tot die suksesse van die afgelope eeu gelewer het.
CFG is dankbaar vir die ondersteuning van alle rolspelers en is langtermyn verhoudings ‘n hoeksteen waarop CFG met vertroue kan bou.
“Ons toekomstige realiteit lyk waarskynlik anders as vandag, maar ons glo CFG beskik oor wêreldklas lojale aandeelhouers en kundige personeel wat, die toekoms met dieselfde visie en moed as ons voorgangers, die veranderende markte, produsente en personeel sal diens”.
Die 100ste bestaansjaar is gevier met verskeie geleenthede met alle personeel en aandeelhouers waar op spesiale wyse erkenning aan die prestasie gegee is. ‘n Gedenkboek is saamgestel waarin die 100 jaar vasgevang is.
2 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary l 9 JUNE 2023
info@lastaal.co.za
Baie geluk CERES FRUIT GROWERS met jul 100ste bestaansjaar. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word.
(023) 342-7246
www.lastaal.co.za
'n LUGFOTO van CFG wat in 2022 geneem is.
CFG
CFG-tydlyn strek oor 100 jaar
1800’s
Die eerste aanplantings van vrugtebome was hoofsaaklik vir huishoudelike gebruik. Die bome het hoë tonnemaat gedra en getoon dat die Ceres-omgewing se klimaat baie gunstig is vir vrugteverbouing. Dit het die Ceres-boere aangespoor tot verdere uitbreidings.
1900’s
Die eerste aantekening in die geskiedenis van die uitvoer van vrugte vanaf Ceres, maak melding van Danie Joubert, eienaar van Morceaux plaas, een van die eerste produsente wat boorde in Ceres aangeplant het. PM Cillié, die seun van die bekende Piet Kalifornië van Wellington, het in 1910 die plaas De Bosch, aangrensend aan Ceres-dorp gekoop.
Vrugte verpakking geskied op die plase en is oorspronklik in ‘n verskeidenheid houers gepak. Die pakkers het die kiste met “corkdust”, wat later vervang is met houtwol, volgemaak om die vrugte in posisie te hou.
Michellspas in die ou dae.
1923
Die amptelike registrasie van die Assosiasie het op Saterdag 13 Januarie 1923 plaasgevind. Ten minste vier van die stigterslede was oud-offisiere, wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog vir Brittanje in Indië diens gedoen het. Met die beëindiging van die oorlog, het die Britse offisiere hulle op plase in die De Vlei-area buite P.A. Hamlet, gevestig. Die diversiteit van lede het bygedra dat meer as twee derdes van die aandeelhouers Engelssprekend was en dat die notules aanvanklik in Engels gehou is.
1929 Die spoorlyn word vanaf Ceres-stasie tot op P.A. Hamlet verleng en die spoorweë het ‘n 5-ton vragmotordiens vanaf P.A. Hamlet na die Koue Bokkeveld ingestel. Dit het verdere vrugteverbouing in die Koue Bokkeveld aangemoedig, omdat Gydopas met sy steil en moeilike grondoppervlak, die enigste padverbinding tussen die Koue Bokkeveld en Ceres was.
Die oprig van die Ceres-stasie het vervoer na die Kaapse Hawe aansienlik verbeter, maar die verhoging in vrugtemperatuur op die stasie tydens die laai van die trein, was nadelig vir vrugkwaliteit. 1929 was ‘n goeie jaar, die produsente het tot 6 sjielings en 6 pence (R31. 90 vandag) per kis Winter Nelis pere gekry.
Ou fotos van boorde en vrugteverkopers
1920 PM Cillié en Piet Hugo plant die eerste appelbome op Vaalbult en Elandsfontein in die Koue Bokkeveld.
1922 Die stigtingsvergadering van Ceres Fruit Growers Cooperation Association Limited het op Saterdag 2 September 1922 plaasgevind en is deur 21 produsente van die distrik bygewoon.
Die eerste notule boek van CFG. Die eerste notule dui aan dat die doel van die Assosiasie was om die belange van produsente van Ceres te bevorder, om gesamentlike pakmateriaal aan te koop en om die uitbreiding van oorsese markte te bevorder.
1931
Die amptelike opening van die eerste koelkamer van ‘n aparte Koöperasie naamlik Ceres Cooperative Cold Storage Company (CCS) het op Saterdag, 21 Februarie 1931 plaasgevind.
9 JUNE 2023 l CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 3 Bradbury Finance (Pty) Ltd Bradbury House 31A Bright Street, Somerset West (021)851-6357 Our warmest congratulations to Ceres Fruit Growers on your 100th year of existence! We thank you for your loyalty and faithful support. Helping you help your employees with a responsible, risk free, transparent and managed loan solution. Ons hartlike gelukwensing aan CFG met jul 100ste bestaansjaar! Dankie vir julle lojaliteit en getroue ondersteuning.
Spoorlyn in Michellspas - 1929
4 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary l 9 JUNE 2023 Fotos uit die argiewe Handelsmerke wat gebruik was deur Ceres produsente en CFG. Ceres
Porterstraat Ceres ☎ ☎ ☎ (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.:08:00 - 17:00 Sat.:08:00 - 11:30 CERES FRUIT GROWERS Baie geluk met jul 100ste bestaansjaar. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
Koelkamers
Die CFG-jare 1936 tot 1953
1936 ‘n Groter aantal Afrikaanse lede het by die Assosiasie aangesluit en die eerste Afrikaanse notule is neergepen. Groot skade word deur kodlingmot in 1936 aan oeste in die Ceres-distrik aangerig.
1938 Die praktyk van geforseerde verkoeling (aaneenlopende verkoelde lugvloei met behulp van ‘n waaier) van klaarverpakte produkte is in die Kaapse Hawe ontwikkel wat die houvermoë van verpakte vrugte aansienlik verbeter het.
1939 Die Sagtevrugteraad, na goedkeuring van die Bemarkingswet, word gestig. Hierdie wet het die regulering van produksie en bemarking van verskillende landbouprodukte, insluitend kern- en steenvrugte, ingesluit.
Die Sagtevrugteraad het alle produsente verplig om hul vrugte, insluitend dié bestem vir inmaak en droog, aan die Raad, of goedgekeurde bemarker, te verskaf.
Die Raad was alleenlik verantwoordelik vir die prysbepaling, kwaliteitstandaarde en logistieke reëlings.
1940 Langeberg Koöperasie word op 4 April
1940 gestig vir inmaak vrugte.
1946 DDT word ontwikkel vir die beheer van kodlingmot.
1950 CFG koop ‘n deel van De Bosch vir die oprig van ‘n pakstoor.
1951
Die eerste verpakking op ‘n Bartlett appelen twee Cutler-gradeerders vind plaas. Op daardie tydstip het die Sagtevrugteraad alleen die uitvoer van vrugte bestuur en alle SuidAfrikaanse vrugte is onder die handelsmerk “South African Fruit - D.F.B.” uitgevoer.
1951
Ouma Lizzie du Toit Elizabeth (Lizzie) du Toit het as 14-jarige van peer-verpakking geleer by die plaasvoorman van De Bosch, Pieter Retief, en Lizzie was deel van die proef verpakking wat in 1948 by die Sagtevrugte Raad se droogbaan plaasgevind het. Koos Cillié was ook as jong man betrokke by die proef en het tegniese kennis van sortering en verpakking by Lizzie opgedoen.
Nadat die Assosiasie amptelik in 1951 met verpakking begin het, het Lizzie opleiding verskaf aan nuwe pakkers. Sy was ‘n geliefde personeellid en was bekend vir haar waardering en lof vir Pikkie Mouton, die eerste verpakkingsbestuurder. Sy het in 1991 afgetree en is kort daarna oorlede.
1952 Die oorspronklike handelsmerk met die afkorting CFG is in 1952 ontwerp.
1953 Die eerste enkelsterkte-sap word by Ceres Fruit Juices and Vitamin Company vervaardig onder die handelsmerk Ceramin en die naam was ‘n samestelling van Ceres en Vitamien
9 JUNE 2023 l CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 5 Skakel asseblief ons beheerkamer by (023) 316-1117 Ceres Alarms and Guarding Ons is trots op ons verbintenis met CERES FRUIT GROWERS Baie geluk met jul 100ste bestaansjaar.
Ouma Lizzie tydens 'n boomplantdag.
Ouma Lizzie
CFG-tydlyn van 1956 tot 1982
1956 Pakhuis 2 word opgerig. Die personeel het die masjien vergelyk met die Springbok rugbyspan en die bynaam het behoue gebly.
1958 In die oggendure van 29 Januarie 1958, in die piek van die vrugte seisoen, het ‘n brand die koelkamers in die Kaapse hawe verwoes. CFG besluit om sy eie koelkamers op te rig met ammoniak-tegnologie. Die eenheid het bestaan uit agt kleiner koelkamers en het baie soos ‘n hedendaagse Beheerde Atmosfeer (BA) koelkamers gelyk.
1967 Daar word 76 huise vir seisoenale werkers opgerig, waarvan die eiendom aan CFG behoort het. Die areas waar hierdie huisvesting opgerig is het bekend gestaan as Volstruiskamp, die Voetbalkamp en Sandkamp. Hierdie areas staan vandag steeds gesamentlik bekend as die Rooikamp.
1970’s
Verskeie suksesvolle proewe met die verpakking van vrugte in kartonne word by CFG gedoen. Die kartonne was nie net goedkoper en makliker hanteerbaar nie, maar die handelsmerk kon op al vier sye en bo-op die karton vertoon word. Die uitvoermarkte het vinnig die kartonverpakking verkies.
1970 ‘n Konsentraataanleg word vir die verwerking van laer graad vrugte opgerig op CFG se perseel, die voorloper van Ceres Fruit Processors.
1972
In 1972 het Pikkie Mouton na 20 jaar diens as hoofbestuurder by die maatskappy, met pensioen afgetree.
1975 Nuwe handelsmerk.
1980’s
Gedurende die tagtiger jare is die CERES-handelsmerk ontwikkel.
1982 CFG het ‘n enkelsterkte-sap-, sowel as ‘n konsentraataanleg, op sy perseel gehad. Die aanleg het voortgegaan om as ‘n afdeling van CFG te funksioneer.
Pikkie Mouton, die eerste verpakkingsbestuurder. In 1972 tree hy na 20 jaar diens as hoofbestuurder, af.
Huhtamaki
South AfricaProudly supplying Ceres Fruit Growers eco-friendly packaging since 1979
6 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary l 9 JUNE 2023
Verpakking Bartlett appel- en twee Cutler gradeerders.
Die handelsmerk Ceramin - ‘n samestelling van Ceres en Vitamien.
Koelkamers in Kaapse Hawe
Die CFG-jare van 1975 tot 2010
1983 Die eerste elektroniese gewigsgebasseerde gradeerder, ‘n Durand-Wayland, word in Pakhuis 3 geïnstalleer. Beide Pakhuis 2 en 3 is ontwerp om die vrugte direk na verpakking op treintrokke te laai. Die grootste gedeelte van die masjien was groen geverf, maar die bakkies wat die vrugte geweeg en vervoer het, was spierwit en daarom is daar na die masjien verwys as die Witrok. Aan die begin het die masjien redelik staantyd gehad en is daar tong-in-die-kies daarna verwys as die witrok se soom wat alweer uithang.
Op Donderdagaand, 13 Januarie 1983, het die eerste werklike nagskofverpakking, onder leiding van Dana de Klerk, in Pakhuis 2 plaasgevind. Alhoewel nagskofverpakking unieke uitdagings bied, was dit ‘n suksesvolle oplossing vir die behoefte aan groter verpakkingskapasiteit.
1985
Die munisipaliteit, saam met CFG, het ‘n aantal huise in Bella Vista gebou vir die maatskappy se personeel. Die ontwikkeling staan vandag nog bekend as die Ou Blok.
Die maatskappy het egter besef dat dit goed sal wees as werkers self ‘n huis kon besit en die eienaarskap is sedert 1985 op billike terme aan die werkers oorgedra.
Die prysoorlog in die enkelsterkte-sap mark, het gelei tot verskeie onderhandelinge tussen CFG en SAB. Teen die einde van hierdie jaar is ‘n transaksie met SAB gesluit waarin alle bates van die Ceres-, LiquiFruiten Fruittree-handelsmerke saamgevoeg is om ‘n nuwe maatskappy, Ceres Fruit Juices (Edms) Bpk, te vorm.
1988 Vier aandeelhouers naamlik CFG, Two-aDay, Kromco en Goede Hoop Sitrus, het ondersoek ingestel na die oprigting van ‘n riffelkarton fabriek. Dit lei uiteindelik tot die stigting van APL Kartonne in Worcester op 1 Maart 1988 en die amptelike opening van die aanleg op 8 De-sember 1988. Die naam APL is die afkorting van Appels, Pere en Lemoene, wat die aandeelhouers se kernbesigheid verteenwoordig.
1990’s
Die Rietvallei behuisingsprojek is gedurende die tydperk geloods. Die grond waarop die behuisingsprojek voltooi is, was voorheen deel van De Bosch. Die ontwikkeling is deur middel van ’n subsidie van die Departement van Behuising gefinansier met CFG as hoofborg.
Gedurende die 80’s is die Ceres handelsmerk vir die eerste keer ontwikkel.
Tru-Cape Fruit Marketing behartig die bemarking van plaaslike en internasionale vrugte. CFG gebruik die Core-handelsmerk, met hulle hoofkantoor in die Paarl, vir C-aandeelhouers vrugte. CFG, Tru-Cape Fruit Marketing, Du Toit Vrugte, saam met ander rolspelers in die bedryf, stig Link Supply Chain Management. Die doel was om beter beheer in die waardeketting te bekom.
OUR CUSTOMER SERVICES
CONSIST OF THE FOLLOWING: Healthcare Consulting, Retirement Fund Consulting and Administration, Investment Consulting, Actuarial Services, Financial Planning, Member Services, and Short-Term Insurance broking
We are proud to be associated with Ceres Fruit Growers. Congratulations on your 100th Anniversary
CFG se nuwe handelsmerk in 1975.
(021) 943-1800 l info@nmg.co.za l www.nmg.co.za
(023) 347-6415
CERES FRUIT GROWERS
baie geluk met die besondere mylpaal. Ons is saam met julle trots en dankbaar vir ‘n mooi besigheidsverhouding.
9 JUNE 2023 l CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 7
1980's
Fotos uit die argiewe
dering waarmee die vrugtebedryf gekonfronteer was.
Die verpakking van Bon Chretien pere het bly groei en in die 1997 seisoen het CFG meer as ’n miljoen peerkartonne verpak. Die aanvraag na groen pere het ongelukkig intussen wêreldwyd afgeneem en ‘n groot aantal BC-boorde is uitgetrek.
1998
Verpleegsuster word aangestel
1991 CFG neem ‘n geregistreerde verpleegsuster in diens om te help met personeel se sosiale-, persoonlike- en gesondheidskwessies. ‘n Ingerigte kliniek word ook in gebruik geneem wat ‘n groot verskil gemaak het.
1992 Die Rietvlei woonbuurt is amptelik op 1 Junie 1992 geopen. Voornemende huiskopers is deur die maatskappy gehelp om eienaarskap te verkry. Die woonbuurt staan amptelik as Rietvlei bekend, maar inwoners praat van Egoli.
1992 CFG verskuif die konsentraat aanleg se belange na ‘n nuwe maatskappy, Ceres Fruit
Processors (Edms) Bpk. Daar word hoofsaaklik appel- en peerkonsentraat, semigefiltreerde (cloudy) produkte en ‘n verskeidenheid puree vervaardig. Die aandeelhouers van CFG, en CFG self, lewer steeds laer graad vrugte by CFP. Die konsentraat wat daaruit vervaardig word, word steeds gedeeltelik aan CFJ verkoop vir die vervaardiging van enkelsterkte-sap. CFG se ryke geskiedenis in vervaardiging van konsentraat sowel as sap, leef steeds voort.
1994 Pakhuis 4 word aangebou en is toegerus met ‘n elektroniese Aweta-gradeerder, ingevoer vanuit Nederland.
1997
Na die geskiedkundige verkiesing in 1994 in Suid-Afrika, was verandering in verskeie industrieë onafwendbaar. Dit het ook gelei tot onder andere, die afskaf van enkelkanaal-bemarking op 1 Oktober 1997. Dit word steeds vandag gesien as die grootste enkele veran-
Ceres Fruit Growers Co-operative Limited word ‘n privaat maatskappy
Gedurende 1998 het Unifruco met Outspan, ‘n maatskappy verantwoordelik vir die uitvoer van sitrus, saamgesmelt en Capespan gevorm.
2001
Na die beëindiging van deregulering, het Ceres Fruit Growers, Kromco en Two-A-Day, ‘n gesamentlike bemarkingsmaatskappy gestig. Tru-Cape Fruit Marketing sou die bemarking van plaaslike en internasionale vrugte behartig. CFG gebruik die Core-handelsmerk, met hulle hoofkantoor in die Paarl, vir C-aandeelhouers vrugte.
2003
CFG besluit om sy belange in CFJ aan Pioneer Food Group te verkoop en dit beëindig CFG se 21-jaar betrokkenheid in die enkelsterkte-sapmark.
2007 Beide die ou Durand Wayland- (Witrok) en Moltrein-eenhede in Pakhuis 3 word vervang met ‘n Aweta paklyn. Die nuwe paklyn is as die N1 gedoop.
2010
CFG, Tru-Cape Fruit Marketing, Du Toit Vrugte, saam met ander rolspelers in die bedryf, stig Link Supply Chain Management. Die doel was om beter beheer in die waardeketting te bekom.
1952 handelsmerk
Die oorspronklike handelsmerk met die afkorting CFG is in 1952 ontwerp.
8 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary l 9 JUNE 2023 JEFF WEDGWOOD CONSULTING ENGINEERS (PTY) LTD Consulting Refrigeration Engineers & Project Managers Wedgwood House 17 Castle Street, Paarl 7646 P.O. Box 1304 Suider-Paarl 7624 South Africa ONS IS TROTS OM TE KAN DEEL WEES VAN CFG SE SUKSES. BAIE GELUK MET DIE 100 JAAR! e-mail: jeff@jwce.co.za e-mail: siobhan@jwce.co.za
geluk Ceres Fruit Growers met julle 100ste bestaansjaar! Ons is trots om met julle geassosieer te wees. Pakhuis 2 is in 1956 opgerig.
Cell: 082-572-2761 Cell: 082-578-5082 Baie
Behuisingsontwikkeling in Bella Vista
Fotos uit die CFG-argiewe
9 JUNE 2023 l CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 9
APL kartonne is einde 1988 geopen.
Die eerste vrag Ceres-sap word opgelaai.
Koerantuitknipsel van Rietvallei behuisingsprojek.
CFG verpak 1 miljoen kartonne Bon Chretiens pere in die 1997 seisoen.
Pakhuis 4 is in 1994 aangebou.
Gehalte inspeksie van enkelsterkte-sap
Personeel is CFG se trots
Happy birthday Ceres Fruit Growers
ProCert is accredited to provide certification to GFSI-recognised standards
BRCGS Food Issue 9
IFS Food Version 8
FSSC 22000 Version 6
Debbie Brandt - Market Director d.brandt@procert.ch l www.procert.ch
Tru-Cape Fruit Marketing wens
Tru-Cape Fruit Marketing wens
Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd hartlik geluk met die groot en besonderse mylpaal van ‘n 100-jarige bestaan
Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd hartlik geluk met die groot en besonderse mylpaal van ‘n 100-jarige bestaan
10 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary l 9 JUNE 2023
Gelukkige 100ste bestaansjaar, Ceres
Fruit Growers!
DIT is ‘n groot eer en voorreg om die 100ste bestaansjaar van Ceres Fruit Growers te vier. CFG is al ‘n eeu lank ‘n belangrike rolspeler in die vrugtebedryf en verskaf vars produkte van hoë gehalte aan mense regoor die wêreld.
“Van ons nederige begin as ‘n klein groepie boere, het ons gegroei tot ‘n wêreldleier, danksy die harde werk, toewyding en visie van ons stigters, werknemers en vennote".
"Vandag kyk ons met dankbaarheid terug en besin oor die prestasies van CFG. Ons het talle uitdagings oorkom, aangepas by veranderende tye en markte en sterker na vore gekom. Deur dit alles het ons toegewyd gebly aan ons waardes van integriteit, uitnemend-
Nuwe paklyne in gebruik geneem
2012 Pakhuis 5 word aangebou om die toename in twee-kleur appelvariëteite te diens.
Dit word toegerus met ‘n Greefa-paklyn wat oor die vermoë beskik om appels volgens defekte en kleur te skei. Die paklyn kan ook interne defekte identifiseer.
2021 Die ou Ventura-paklyn is gedurende 2021 vervang met ‘n nuwe Greefa-paklyn met die
nuuts bte optiese tegnologie. Die paklyn is uniek ontwerp omdat alle defek sortering van kernvrugte deur die tegnologie gedoen word. Dit is in kontras met tradisionele handsortering.
Die nuwe paklyn staan bekend as die N2, omdat dit langs die N1 paklyn geleë is. Die loopvlak tussen die twee paklyne heet die R300.
heid en innovasie, wat ons regdeur ons reis gelei het”.
“Terwyl ons hierdie mylpaal vier, kyk ons ook met opgewondenheid en afwagting na die toekoms. Ons maatskappy is gereed vir voortgesette groei en sukses, en ons is vol vertroue dat ons sal voortgaan om ‘n positiewe impak in die vrugtebedryf te maak vir nog 100 jaar en daarna”.
“Namens die hele maatskappy wil ek graag ons werknemers, kliënte, verskaffers en vennote bedank vir hul onwrikbare ondersteuning en toewyding aan ons maatskappy”.
Gelukkige 100ste bestaansjaar, Ceres Fruit Growers!
CFG 100ste bestaansjaar
Baie geluk CFG met hierdie besondere prestasie. Julle is voorwaar ‘n aanwins vir die Witzenberg omgewing en is ons trots om hierdie mylpaal saam met julle te vier.
9 JUNE 2023 l CFG 100th Anniversary l WITZENBERG HERALD l 11
Alderman Hennie Smit Uitvoerende Burgemeester
Ou Ventura-paklyn is in 2021 vervang met ‘n nuwe Greefa-paklyn.
HARVEST TRAYS (023) 007-0176
admin@harvesttrays.co.za
Vreeland Street, Skoonvlei Industria Ceres, 6835
Baie geluk CFG met jul 100ste bestaansjaar!
Dankie vir julle lojaliteit en getroue ondersteuning.
Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
MEGARED TRADERS (023) 007-0175 admin@megared.co.za
Andre Alberts 082-744-7569 Stefan Alberts 071-376-0824
Vreeland Street, Skoonvlei Industria, Ceres, 6835
Baie geluk CFG met jul 100ste bestaansjaar!
Ons is trots op ons verbintenis met julle.
Mag julle van krag tot krag gaan in die toekoms.
12 l WITZENBERG HERALD l CFG 100th Anniversary l 9 JUNE 2023
Polisie bied belonings aan vir onwettige vuurwapens
DIE Wes-Kaap departement van gemeenskapsveiligheid in samewerking met die SAPD, het einde April besluit om weer belonings uit te betaal vir gesteelde of onwettige vuurwapens.
Die inisiatief is ‘n poging om onwettige wapens van die strate te verwyder en misdaad te bekamp.
Die inisiatief is einde April op die Kaapse Vlakte geloods deur minister Reagen Allen om die gemeenskap aan te moedig om inligting rakende gesteelde of onwettige vuurwapens aan te meld.
Inwoners kan (021) 466-0011 anoniem skakel. Sodra dit bevestig is dat dit ‘n onwettige vuurwapen is, word R1 500 aan die individu uitbetaal. As die polisie ‘n arrestasie maak wat direk verband hou met die onwettige wapen, kry die persoon ‘n verdere R1 500 as beloning. Die balans van R2 000 word betaal sodra die hof die persoon met die onwettige wapen, skuldig bevind aan ‘n misdryf wat met die wapen verband hou. In die eerste tien weke van 2023 was skietvoorvalle verantwoordelik vir 44% van moorde in die provinsie.
HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het in Desember 2021 begin en behoort teen Maart 2024 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen.
Robyn weer ‘n raadslid
DIE GOOD leierskap het einde Mei ‘n nuwe raadslid in die plek van die geskorste Witzenberg onderburgemeester aangewys. ‘n Onlangse aanbeveling is aanvaar dat Felicity Klazen as GOOD-lid geskors word en dat sy haar pos as onderburgemeester moet ontruim. Die GOOD leierskap het aangekondig dat Katriena Robyn (bo), in die plek van Klazen aangewys word. Robyn is tydens Dinsdag 6 Junie se spesiale raadsvergadering weer as raadslid verwelkom. * ‘n Nuwe onderburgemeester moet nog gekies word.
DIE
het op die Odessa grondpad gerol nadat die bestuurder beheer verloor het. ‘n Man, vrou en 3-jarige kind is beseer en na Ceres hospitaal geneem vir behandeling.
Be a local hero this National Blood Donor Month
WCBS and myrun partners to create awareness about blood donation
During June, the Western Cape Blood Service (WCBS) celebrates National Blood Donor Month, with the 14th being World Blood Donor Day. During this month, WCBS endeavours to raise awareness about the importance of voluntary blood donation. They also celebrate and thank blood donors for their selfless act of saving lives. This year’s World Blood Donor Day slogan is “Give blood, give plasma, share life, share often.” It focuses on patients requiring life-long transfusion support and underlines the role every single person can play by donating the remarkable gift of life-saving blood or plasma.
To further raise awareness WCBS will join myrun on Sunday, 25 June 2023, at their various events across the Western Cape. “We are encouraging everyone to join in the fun as we celebrate the remarkable act of saving lives through blood donation,” says Marike Carli, Public Relations Manager for WCBS. One of the basic donor criteria is that blood donors should be in good general health in order to donate blood. Physical activity is vital to a healthy lifestyle, making this a great partnership. WCBS encourages everyone to dress in red or any hero attire to fit the theme - be a local hero and donate blood. On the day, capes will be distributed to all participants to symbolise that all blood donors are heroes.
myrun Hosts free and safe weekly timed events, bringing likeminded people together, regardless of fitness level. Routes are 2.5km and 5km; participants can complete them at their own pace. Participants are required to do a once-off registration by visiting www.myrun.org.za. The registration has a once-off fee of R79,90 for the timing band. After registration, participants will receive a QR code that must be presented at their myrun venue. A volunteer will link the QR code and the time band to your profile. You can then use this timing band at any myrun event. Times are listed below per venue. If you need to collect your timing band, please arrive 15 minutes before the start of the event.
WCBS will be present at Blaawklippen, Bloemendal, Blouberg, Imhoff Farm, Paardevlei, and Groot Brak, and participants will be able to enquire more about blood donation should they wish to. These venues will also have a ‘Blood Buddy’ treasure hunt and spot prizes.
myrun venues start window and close times listed below:
1.Blaauwklippen, Stellenbosch: 07:45 - 08:15 (close 09:15)
2.Bloemendal Wine Estate, Durbanville: 07:15 - 08:00 (close 09:00
3.Blouberg, Cape Town: 07:00 - 08:15 (close 09:15)
4.Imhoff Farm, Kommetjie: 07:30 - 08:15 (close 09:15)
5.Paardevlei, Somerset West: 07:30 - 08:15 (close 09:15)
6.Hart + Bosch Village, Mossel Bay: 07:15 - 08:00 (close 09:00)
7.Knorhoek Estate, Sir Lowry’s Pass: 07:45 - 08:15 (close 09:15)
8.Elgin United Church, Cape Town: 07:30 - 08:00 (close 09:00)
9.Groot Brak, Mossel Bay on Saturday: 07:30 - 08:15 (close 09:15)
10.Carmel Coastal Retreat, George: GUNSTART 07:30 SHARP
11.Portland Manor, Knysna: 08:00 - 08:45 (close 09:45)
For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, or download the WCBS app. For more information regarding myrun visit www.myrun.org.za or visit their social media pages at @myrunSA
Be a local hero, do something remarkable, and donate blood. #beaherodonateblood #neverstopmoving #westerncapebloodservice
9 JUNE 2023 l WITZENBERG HERALD l 5
Corsa bakkie
DIE akkerboom het verlede week naby die Ceres polisiestasie omgeval. Werkers hier besig om die boom op te saag en te verwyder.
ST. Marks primêr se nuwe prefekte het ‘n ontwikkelings- en leierskamp op Franschhoek bygewoon. Die kamp is moontlik gemaak deur Isiko (Stellenbosch) in samewerking met CapeNature. Die skool bedank Darius en Arnold vir hulle bydrae. Prefekte was vergesel deur mnr. A. Smit en me. N. Ambraal.
Rugbyspannetjie spog met hul nuwe truie
atlete van St. Marks primêr het Saterdag 27 Mei aan ‘n interdistrikte landloop kampioenskap op Stellenbosch deelgeneem. Atlete het goed gevaar.
LAERSKOOL Gericke se o/9 seuns spog met nuwe rugbytruie wat ProVérte Risk Management borg. VOOR: Aldo Van den Heever, Aiden Loubser, Micah Mepomie, Leopoldt Verhoef, Jordan-Lee Seroot, Ayyan Chughtai, Luke Windvogel, Tyler Flack en Leo Pileggi. MIDDEL: Leroux Ferreira (ProVérte), Gysbert du Toit, Xylon Bells, Louis du Toit, Daniël Viljoen, Dehan Visser, Mason Seroot, Haemar Wiese, Janco Steyn, Henco van Zyl en Charl du Toit. AGTER: Theo Ferreira, Matthew de Vries, Adriaan Walters, Jan Orffer, Roz Malherbe, William Gibson, PJ Kruger, Wilhelm Visser, Michiel Herholdt, Daniël Nieuwoudt, Andreas Redelinghuys en Jan-Pieter Redelinghuys.
CERES Lions het op 31 Mei ‘n fondsinsameling gehou vir die Togryers museum. Die museum se beheerraad vir hul dank uitspreek teenoor die Ceres Lions vir hierdie wonderlike inisiatief asook elke persoon wat ‘n kaartjie gekoop het. VLNR: Ockert Herselman (Ceres Lions president), Bertdene Laubscher (Togryers museum) en Lionslede Wilhelm Muller, Maureen Petersen, Humberto Cardoso sr.
CERES rugbyklub bedank Jerome Prins vir ‘n borgskap aan die klub. VLNR: Jerome Prins, Gaby Kaalmeyer (voorsitter), Kempton Juries (afrigter) en Ralston Pietersen.
CERES rugbyklub bedank ook vir Corruseal vir die paalskerms wat hulle aan die klub geskenk het.
9 JUNE 2023 l WITZENBERG HERALD l 7
LANDLOOP
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Hamlet behaal rekord telling
BELLA Vista rugbyklub het Saterdag vir Newtons met 41-23 geklop.
Die besoekers van Ceres het vanuit die staanspoor die tuisspan aangevat met plettervatte en fisieke aggressie wat met spoed uitgevoer is.
Newtons kon net nie uit die wurggreep van Bella Vista ontsnap nie. Hulle is tot foute gedwing en Bella Vista was rustyd reeds met 27-6 voor. Kenan Wessels (losskakel) het goeie spel gelewer en die vuurvreter slot, Lurencó Jumath, het beïndruk met sy stormram-lopies.
Die skrumskakel Jaylen Fortune was behalwe vir sy uitstekende spel, ook puik met sy korrelwerk pale toe. Hy het met vier doelskoppe en twee strafdoelle geslaag.
Vir Bella Vista het Cameron Davids, Jayten-Lee Martin en Ruan Manuel (2) drieë gedruk. Die skeidsregter het ook ‘n strafdrie toegeken.
Die naweek speel Bella Vista gasheer vir hul bure Hamlet.
Ander uitslae
Streek Uitdaagkompetisie: Tulbagh klop Vastrap 57-17, Young Westlyans klop Red Roses 11-10, Young Good Hope wen 24-7 teen die Pumas, Paardekloof klop Lindeshof 22-7 en La Plaisant is netnet baas met 11-10 teen Lovedale.
Groot Uitdaag kompetisie: Hamlet maak amok teen Miracles en wen hulle 116-0. Roses United klop Temperance met 43-10, Bella Vista wen 41-23 teen Newtons, Wolseley klop Young Blues 22-5 en Delicious klop Wellington 11-9.
Witzenberg Herald
Sport
van Ceres het Saterdag 3 Junie in die legendariese Witzenberg Motorklub klas S2 Ford Escort 1600 Sport aan die CPMCC Porterville tydren deelgeneem. Die afgelope naweek het die tydren in sopnat toestande plaasgevind en 18 deelnemers het weggespring. Johann en Petra het 7de algeheel geëindig.
Leensie haal Protea kushengelspan
LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige hengellaar, het onlangs vir die tweede keer die Protea vroue kushengelspan gehaal.
Sy is tans tweede gekeur in die land.
In 2022 is Leensie vir die eerste keer vir die Protea kushengelspan gekies wat teen Namibië by die internasionale kushengel kampioenskappe op Jeffreysbaai deelgeneem het. Sy behaal die eerste plek in die vroueafdeling en die span verower ‘n goue medaljé. Vanjaar word sy vir die tweede keer gekies. Die Protea-span gaan Desember deelneem aan die internasionale kushengel kampioenskappe op Hentiesbaai.
Ander prestasies
Van 2016 tot 2020 verteenwoordig sy Boland kushengelspan en in 2021 haal sy die SA President kushengelspan.
In 2022 hengel sy as geleende hengelaar vir Zululand vrouespan en kom sy eerste by die SASAA vroue nasionale kampioenskap. Die Zululand-span wen ook goud. In 2023 verteenwoordig Leensie weer die Boland kushengelspan waar die Boland-span goud verower.
Leensie is ook ‘n Fishman Tackle ambassadeur.
Spanlede moet self hul vervoer-, verblyf- en toernooi-onkostes na die komende nasionale kampioenskappe in Desember betaal.
Die Witzenberg gemeenskap kan haar ondersteun om looitjies te koop of ‘n donasie te gee. Skakel haar gerus by De Villiers Optometrist by (023) 312-3768
Sunday 25 June ‘23
8 l WITZENBERG HERALD l 9 JUNE 2023
LEENSIE de Villiers, ‘n oogkundige op Ceres en kranige hengellaar, het onlangs vir die tweede keer die Protea vroue kushengelspan gehaal.
LEENSIE de Villiers
JOHANN en Petra Zulch
FOTO: Trevor Felix
CERES het Saterdag in sopnat en koue toestande vir Op-die-Berg met 59-7 geklop.
FOTO: JRM photography