WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 22
R8
Friday, June 10, 2022
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 9 Junie
Vrydag 10 Junie
3° 21°
4° 25°
Saterdag 11 Junie
Sondag 12 Junie
8° 27°
5° 25°
Ceres Koekedouw dam
58%
(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Lesing: 2022/06/08
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Onwettige immigrant in hof DIE 19-jarige Zimbabwiese burger wat in April vanjaar ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek en kort daarna na Malmesbury gevlug het, bly in aanhouding. Lovemore Doriyo, ‘n onwettige immigrant,
het op Donderdag 26 Mei op ‘n verdere twee klagtes in die Malmesbury landdroshof verskyn. Die poging tot moord klagte op Wolseley is oorgeplaas na die Malmesbury landdroshof waar dit by twee ander klagtes van verkragting en ontvoering, gevoeg is.
Laasgenoemde twee voorvalle het na die April-mesaanval op Malmesbury plaasgvind. Agtergrond Reint Grobler (51), mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is op Maandag 11 April by die onderneming met ‘n mes aangeval.
Hy is meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek. Grobler het blykbaar net voor middernag gehoor iemand skakel ‘n voertuig aan in hul parkeerarea. Hy is na buite waar hy Doriyo, die seun van een van sy werknemers, agter die stuurwiel van ‘n Chev Utility bakkie aangetref het. Doriyo het na die aanval gevlug. Plaaswag-lede het ‘n soektog van stapel gestuur en hom op die buurplaas aangetref waar hy by een van die plaaswerkerhuisies in ‘n bakkie gelê en slaap het. Kort na sy eerste hofverskyning in Wolseley landdroshof, is hy onverklaarbaar op waarskuwing vrygelaat. Hy het blykbaar toe na Malmesbury gevlug. Aangerand Die Wolseley SAPD het ‘n tyd lank na Doriyo gesoek voordat hulle hom begin Mei in ‘n ernstige beseerde toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor het. Doriyo is op 10 Mei deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan. Dit was blykbaar ‘n vigilante-voorval nadat Doriyo vroeër na bewering ‘n 9-jarige meisie daar verkrag en probeer ontvoer het.
DIE rugbyseisoen is nou goed opdreef met ‘n paar plaaslike derby wedstryde wat die afgelope weke vir groot opwinding maar ook opskuddings, gesorg het. Hamlet rugbyklub het Saterdag 4 Junie op hul tuisveld vir Wolseley met 31-10 geklop. Hier vier die Hamletspelers hulle oorwinning. *Nog sport op bladsy 8. FOTO: Trevor Felix.
Guaranteed Future Value
Starlet 1.5L Xi ............... R3 499 pm* Urban Cruiser 1.5Xi ..... R4 099 pm* (023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre Voortrekkerstraat 112, CERES
Hofverskyning Doriyo het Maandag 23 Mei in die Wolseley landdroshof verskyn na sy her-arrestasie op die poging tot moord-klag. Die saak is deur landdros Carlo Witbooi na 23 Junie vir ‘n streekhofdatum en verdere ondersoek uitgestel. Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het onlangs besluit dat die poging tot moordklag saamgevoeg word met die ander twee klagtes op Malmesbury. Saak uitgestel Doriyo bly in aanhouding en moet weer op 28 Julie in die Malmesbury hof verskyn.