WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 23
R7.00
Friday, June 19, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Junie
8° 22°
Vrydag 19 Junie
Saterdag 20 Junie
9° 24°
THINK LONG TERM AND STICK TO YOUR PLAN
Sondag 21 Junie
10° 20°
If you are feeling concerned about your savings and investments I would like to encourage you to take a long term view. Even though the future is uncertain, in times of uncertainty significant opportunities are created. A long term approach to investing has always proved to produce the best outcomes. Contact CJ for an appointment at ☎ (023) 316-8482 / 082-837-4325
4° 14°
Ceres Koekedouw dam
48,2%
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar
Lesing: 2020/06/17
Telephone: (023) 316-2021
CERES ☎ (023) 312-2144
Fax: (023) 316-2023
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Nicholls (32) sterf tragies in ongeluk DIE Ceres en Pniel gemeenskap was die week nog geskok nadat ‘n bekende sakeman van Ceres se seun tragies in ‘n motorongeluk gesterf het. Brendan John Nicholls (32) is Saterdagaand omstreeks 21:45 dood op die R310 naby Pniel. Hy het beheer oor sy swart VW Golf verloor, van die pad gery en ‘n betonsloot getref. Hy was van Franschhoek op pad huistoe (Pniel) nadat hy ‘n spitbraai vir ‘n vriend gehou het. “Nolan Nicholls en familie betreur die dood van hul seun, Brendan, wat Saterdagaand in ‘n motorongeluk gesterf het. Hy was die afgelope 13 jaar werksaam by H.J.Nicholls en Seuns op Ceres”. Medelye Medelye en boodskappe van bemoediging het sedert die ongeluk ingestroom op sosiale media platvorms. Brendan was geliefd onder sy groot vriendekring en sy dood gaan ‘n groot leemte laat. Brendan het sy laerskoolloopbaan by Courtrai in Paarl voltooi voordat hy na Franschhoek Hoërskool is. Na skool was hy eers in die konstruksiebedryf werksaam voordat hy hom hy by sy pa, Nolan, aangesluit het. “Hy was lief vir kinders en kosmaak en het gereeld sy vriende trakteer met lekker kos". "Tydens verjaarsdae was hy altyd die een wat met sy eie toerusting ‘n skaap gespit het”. Hy laat sy ouers, ‘n suster en sy 12-jarige seun agter. Vriende en familielede het Dinsdag 16 Junie deelgeneem aan ‘n verbyry-huldeblyk by die huis in Proteastraat, Pniel. Almal het verbygery en blomme by die heining neergesit.
Water is Life WATER is Life and Life is a blessing. Hierdie foto is verlede week op Koelfontein Landgoed geneem. Almal in die streek bly dankbaar vir die oorvloed seëninge wat ons ontvang en die wonder van God se genade. Foto regs is op Ceres gholfbaan geneem.
Begrafnisreëlings Daar sal net ‘n privaat verassingsdiens gehou word as gevolg van COVID-19 maatreëls.
FOTO BO: Facebook/Handri Conradie
2.5kg Golden Cloud Cake Flour
2299
VARS WESKUS SNOEK
5kg Golden Cloud Cake Flour
4499
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91
500g D’lite brick
899
250g Sunlight Laundry Soap
B-well Oil 2L
799
39
99
Rainbow 2kg Mixed portions
6099
2kg Power White Sugar
2999
1kg Ellis Brown
3699
Score Energy drink 500ml
799
Twinsaver T/Paper Econo
499
Pryse geldig 19 Junie - 5 Julie 2020 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.
2
WITZENBERG HERALD
WAPD is baie dankbaar
Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman DIE afgelope paar dae het sneeukykers vanuit Kaapstad en omliggende dorpe behoorlik gal gebraak op sosiale mediaplatvorms toe hulle nie kon gaan sneeukyk nie. ‘n Paar plaaslike stemme om hulle te ondersteun het ook hier en daar opgeklink. Baie Kaapse besoekers het na Ceres gery in die hoop om te kom sneeukyk en in die sneeu te baljaar. Vir baie sonder die nodige permitte was dit ‘n bitter pil om te sluk toe hulle moes omdraai net toe hulle die sneeu op die berge om Ceres kon sien. Die padblokkades rondom die dorp is ingestel toe Witzenbergstreek ‘n maand gelede as brandpunt verklaar is met groot getalle positiewe COVID-19 gevalle. Die COVID-19 maatreëls is ingestel om die inwoners en die plaaslike ekonomie te beskerm. Vlak 3 beperkings bepaal dat jy nie mag ry na ander distrik tensy jy daar ‘n noodsaaklike diens moet gaan verrig of daar gaan werk nie. Die verkeersdienste tree in terme van COVID-19 regulasies op. Onder dié regulasies is hulle by magte om voertuigbeheerpunte op te stel en die nodige wetstoepassings te doen. Hulle het nie ‘n keuse nie. Die maatreëls is baie duidelik hieroor. Indien mense nie wil luister of saamwerk nie, is die boetes ingestel om hulle te help om te luister. Almal is dit eens dat die dorp die ekonomiese inspuiting van sneeukykers broodnodig het. Die vraag is egter of die dorp met die streng COVID-19 maatreëls in plek, die toestroming van groot getalle mense kan hanteer? Openbare toilette is gesluit en restaurante en eetplekke kan net beperkte hoeveelhede mense bedien met wegneemetes. Hulle toiletgeriewe is ook gesluit. Sneeukyk is nie ‘n noodsaaklikheid nie! Dit kan ook nie ten koste van die hele gemeenskap onbeheers toegelaat word en ons almal se lewens onnodig in gevaar stel nie. Niemand ry ook 130km om stil in hul motor te sit en na sneeu te kom kyk nie. Almal klim uit om daarin te speel. Kaapstad het die hoogste voorkoms van positiewe CV-19 gevalle in die land. Dit kan katastrofies vir die Witzenbergstreek weens indien hier weer groot aantal gevalle aangeteken word. Die streek is nou net besig om te herstel na provinsiale en nasionale ingryping. Groot kostes is ook aangegaan. Hoekom - net ter wille van mense wat ten alle koste wil kom sneeukyk - moet ons streek en sy mense onder druk geplaas word?
Friday, June 19, 2020
HENNIE Moses, voorsitter van WAPD skryf:
CASPER Apollis (57), ook bekend as Cassie, is Saterdag 13 Junie met die nodige eerbewys op Tulbagh begrawe. Hy was ‘n oudsoldaat van SAKK en het in 1983 aangesluit en later ‘n seiner-korporaal geword. Casper en die gewese Springbokvleuel, wyle Chester Williams, was destyds op die SAKK sportveld onafskeidbaar en het hulle saam uitgeblink op die rugbyveld. Pastoor Gavin Buttress het die begrafnisdiens gelei. Hier stap Buttress saam met Riaan Apollis (jongste broer), terwyl lede van die Suid-Afrikaanse Militêre Veterane die laaste eer betoon as slippedraers. *Skaars ‘n paar uur nadat hy gesterf het, is sy seun, Cassius, dood en is hy Sondag 14 Junie begrawe.
WITZENBERG APD wil baie dankie sê aan inwoners vir hul belangstelling in die Phillipides marathon wat op 23 Mei aangepak is ten bate van Witzenberg APD. Sodra die geleentheid hom weer voordoen, beoog die projektekomitee om dit in die toekoms ‘n instelling te maak. Daar is R2300 met die wedloop ingesamel. Dankie aan Ceres atletiekklub, Elmarie Vos en Pieter in Randstraat vir julle skenkings. Donasies Die gemeenskap kan steeds kospakkies skenk aan WAPD en dit by hul kantoor aflewer. Vir diegene wat kan help met donansies - dit kan by APD se ABSA, tjekrekening 407-3055454 inbetaal word. Navrae Vir enige navrae of borgskappe, kan belangstellendes vir Hennie skakel by 078052-4260.
Heinrich Moses is vanjaar 'n deelnemer aan Mnr. S.A. kompetisie HEINRICH Moses (29), ‘n onderwyser by Ceres Sekondêr en inwoner van Ceres, is vanjaar ‘n deelnemer in die Mnr. S.A. kompetisie. Dit is Heinrich se tweede jaar van skoolhou. Hy het ‘n groot liefde en passie om met kinders te werk en hul te motiveer om hul pleke as betekenisvolle landsburgers vol te staan. “Ek het besluit om deel te neem omdat ek daaraan glo om myself uit te daag. Ek glo in groei en groei geskied deur die onbekende aan te pak. Ek wil vir ander ‘n spieëlbeeld wees deur te bewys dat ‘n mens moet strewe om ‘n beter weergawe van jouself te wees. Daar is geen droom te groot om aan te pak nie en omdat ek van ‘n klein dorpie is wil ek vir ander ‘n voorbeeld wees om groter te droom. Die kompetisie bied my die geleentheid om jongmense te inspireer. Lesers kan stem soveel keer as wat hulle wil. Stuur jou sms: MRSA75 na 40439 @R2 per sms.
NICHOLLS
BELLA VISTA PRIMêR
Mnr. Nolan Nicholls en sy familie betreur die dood van hul seun, Brendan John Nicholls (32) wat Saterdagaand in ‘n tragiese motorongeluk oorlede is. Brendan was vir die afgelope 13 jaar werksaaam by H.J.Nicholls en Seuns (Edms) Bpk. Hy was baie geliefd onder sy groot vriendekring en sy dood laat ‘n groot leemte agter. Hy laat sy ouers, een suster en sy 12 jarige seun agter.
WKOD KONTRAKPOS: JUNIE - SEPTEMBER 2020 GRONDSLAGFASE - GR. 3
BEGRAFNIS: Privaat verassing a.g.v Covid-19
Vereistes: • Grondslagfase opleiding met CAPS • Afrikaans • Sportafrigting (winter- en somerkodes) Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 Junie 2020 om 14:00 Rig aansoeke met volledige CV aan: Die Skoolbestuurder Bella Vista PS bellavista.prim@wcgschools.gov.za Faks: (023) 315-5048 Of gee per hand af by die skool Indien u binne 2 weke vanaf sluitingsdatum nog nie van ons gehoor het nie moet u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW TELL FRIENDS AND FAMILY FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ENGAGE WITH THEIR POSTS GIVE THEM A SHOUT OUT SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER
TOTAL
R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00
R0.00
******************************
WITZENBERG HERALD
3
Friday, June 19, 2020
Saak weer uitgestel DIE strafbare mansslagsaak teen ‘n 24jarige inwoner van P.A. Hamlet is verlede week uitgestel vir verdere ondersoek. Dewald Baron word aangekla van strafbare manslag nadat Abraham September van Citrusdal in ‘n motorongeluk gesterf het. Die ongeluk het op Sondag 2 Februarie omstreeks 13:30 op die R303 naby Esperanto plaasgevind. Drie insittendes is beseer in die botsing tussen ‘n Datsun en ‘n Toyota Corolla. Volgens inligting wou die bestuurder van die Corolla (Baron), ‘n voertuig verbysteek. Hy het die agterkant van die Datsun getref
en dié op sy dak laat beland het. Beide voertuie was in P.A. Hamlet se rigting onderweg. Abraham September van Citrusdal is dood en drie passasiers wat saam met hom in voertuig was, is beseer. Met die polisie se aankoms was Dewald Baron na bewering nie meer op die toneel nie. Baron het Maandag 3 Februarie saam met sy prokureur by die polisiestasie aangemeld waar hy aangekla is van strafbare manslag. Saak uitgestel Hy moet weer op 22 Junie in die Ceres landdroshof verskyn.
DIE Witzenbergstreek wil sy brandpuntstatus afskud. (Grafiek Dinsdag 16 Junie).
COVID-19
Witzenberg wil sy brandpuntstatus afskud ALHOEWEL die Witzenbergstreek besig is om die stryd teen COVID-19 te wen en sy brandpuntstatus af te skud danksy vinnige ingryping deur die nasionale sowel as die provinsiale departement van gesondheid, het daar ongelukkig die week vyf mense gesterf aan COVID-19. Dié gebied was tot onlangs nog die omgewing in die Kaapse Wynland waar die meeste persone positief getoets het vir COVID-19. Teen 14 Junie was daar 3 254 mense in die Kaapse Wynland wie positief getoets het vir COVID-19 waarvan 1 938 mense reeds herstel het. Statistieke Teen Dinsdag 16 Junie was daar 437 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 316 herstel met 121 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Vyftien COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld. Twee pasiënte van Nduli en drie pasiënte van P.A. Hamlet het die afgelope week gesterf. Twee van die sterftes is twee onderwysers van onderskeidelik Nduli Primary school en die Iingcinga Zethu hoërskool. Beide skole is reeds deur kontrakteurs ontsmet na ander positiewe gevalle daar aangemeld is. Daar is tans nog 18 mense in Dennebos in kwarantyn. Styging Die groot styging in positiewe gevalle kan toegeskryf word aan die groot hoeveelheid toetsuitslae wat nou ontvang is. Drie munisipale areas het meer positiewe gevalle as die Witzenberg munisipaliteit. Drakenstein se syfer is tans 1639, Breede-
vallei 795 en Stellenbosch met 588 gevalle het reeds verlede week die Witzenbergstreek verbygesteek. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (144), Bella Vista (80), Ceres (66), Tulbagh (34), Wolseley (37), Warmbokveld KD (23), P.A. Hamlet (55), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (1), KBV plase (4) en 2 gevalle wat buite Witzenberg. Ceres en Nduli het onderskeidelik 28 en 27 aktiewe gevalle, P.A. Hamlet 24 en Bella Vista 23 gevalle. Die sterftes in die Wes-Kaap is nou 1156, daar is 43 602 positiewe gevalle en 30 291 het volkome herstel. Daar is tans 237 pasiënte in ICU of hoësorg. Openbare vervoer Die Wes-Kaap departement van vervoer was die week steeds bekommerd oor minibus taxis in die provinsie wat nie gehoor gee aan COVID-19 maatreëls nie en passasiers se lewens in gevaar stel. ‘n Minibus wat 16 mense vervoer mag nou net 10 mense, wat die bestuurder en agterryer insluit, vervoer. Passasiers kan dit anoniem aanmeld by *134*234#. Ondersteuning Gesondheidswerkers ondersteun organisasies en skole om COVID-19 se verspreiding te beperk en om die situasie te bestuur indien iemand positief toets. Organisasies en skole wie inligting of ondersteuning benodig, kan skakel met mnr. L. Wawinini of stuur epos na Lulamile.Wawini@ westerncape.gov.za
EEN persoon is Sondag 2 Februarie om 13:30 dood en drie persone beseer in ‘n botsing tussen ‘n Datsun en ‘n Toyota Corolla.
Drie vasgetrek na 'n sakeroof op Wolseley SPAZA winkels op Wolseley is die afgelope jaar die teiken van misdadigers. Die winkels is al verskeie kere beroof. Verlede week is daar weer op twee winkels toegeslaan. Die eerste voorval het Dinsdag 9 Junie omstreeks 18:00 plaasgevind in Pinevalley woonbuurt. Drie gemaskerde mans het by Al Baraka ingestap terwyl daar kliënte in die winkel was. Een van die mans het ‘n vuurwapen uitgehaal en die winkeleienaar beveel om op die grond te lê voordat hy oor toonbank gespring en R2000 kontant gevat het. Sy gewapende makker het by die deur gewag voordat hulle gevlug het. Een skoot is in die winkel se plafon afgevuur. Inwoners met inligting oor die drie mans kan die speurders skakel by (023) 2318012 of 079-8940-195.
Op Woensdag 10 Junie omstreeks 20:00 was sigbare polisielede van Wolseley besig met patrollie toe hulle deur lid van die publiek gestop is om hulle in te lig oor ‘n gewapende roof wat sopas by Solomon’s Spaza winkel plaasgevind het. Hy het drie persone sien weghardloop en kon beskrywings aan die polisie gee. Met nadere ondersoek kon die polisie vastel dat drie mans die winkel beroof het nadat hulle oor die toonbank geklim het. Een van die verdagtes was gewapen en het geld geëis. Die winkeleienaar het hulle met kos gegooi voordat hy hom in ‘n kamer toegesluit het. Die verdagtes het met nagenoeg R2700 gevlug. Inligting is opgevolg en al drie is later by woonhuise gearresteer. Die polisie ondersoek duur voort maar dit is onduidelik of dié verdagtes met die vorige dag se roof verbind kan word.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, June 19, 2020
Moordsaak na streekhof DIE moordsaak teen ‘n man (25) van Ceres, is na die streekhof oorgeplaas.
Jonathan Opperman word aangekla van die moord op Curley Cedras op 22 Februarie. Cedras is dood nadat hy verskeie kere met ‘n mes in die bors gesteek is. Die voorval het omstreeks 00:20 plaasgevind na ‘n beweerde stryery met Opperman. Opperman het verlede Maandag verskyn waarna die saak na 29 Junie uitgestel is. Hy sal dan in die streekhof verskyn. Opperman is vroeër borgtog van R1000 toegestaan.
JONATHAN (Dotty) Opperman (25).
DIE foto is Donderdag 11 Junie in Voortrekkerstraat, Ceres, geneem met Oukop in die agtergrond. Die foto is meer as 25 000 keer na gekyk op Facebook.
Lekker koud na goeie sneeuneerslae VERLEDE week se kouefront en goeie reën het gehelp dat die Wes-Kaapse en die Ceres Koekedouwdam se vlakke kon styg. Dit het ook lekker gesneeu met al die berge rondom Ceres wat geklee is met ‘n sneeukombers. Wanneer die sneeu smelt sal dit afvloei na riviere en damme en die ondergrondse watertafel aanvul. Vanaf 1-16 Junie is die onderstaande reënval vir die Witzenbergstreek deur Hortec Ceres gemeet. In die Warm Bokkeveld is daar tussen 62.1 en 149.3 mm gemeet en in die Witzenberg tussen 20 mm en 108.3 mm. In die Koue Bokkeveld het tussen 97.8 en 115mm reën geval, Bokkeveld-Noord byna 100 mm en in die Swaarmoed-omgewing tussen 47.2 en 66.8 mm. Die Ceres Koekedouwdam is tans 48,2 vol. Dit is ‘n 2.2% styging vanaf verlede week.
BAIE Kaapse besoekers sonder die nodige permitte moes omdraai net toe hulle die sneeu op die berge om Ceres kon sien.
PIERRE de Jager met sy Husky, Mishka, in die sneeu by Klondyke kersieplaas.
‘n GROEPIE Ceres inwoners het Dinsdag Jeugdag gevier met ‘n uitstappie na Oukop. Hier is Le Meca van Rooi afgeneem saam met Waylon Johnson, Gaby Kaalmeyer, Jakob Volmoer, Damion Vermeulen, Gilbert Smith en Michelle Kaalmeyer.
Inwoners klim Oukop uit SNEEUKYKERS baljaar in die sneeu.
Nature Works Environmental Consultancy Public Participation Process Section 24G Environmental Rectification Process for activities commenced with at Secret Falls near Tulbagh, Western Cape. Nature Works Reference number: NW/001/24G Department of Environmental Affairs and Development Planning Reference: 14/1/1/ E2/5/2/1/0211/15 Notice is hereby given in terms of Section 41 of the Environmental Impact Assessment Regulations of 2014 (GNR 983 and GNR 985, as amended in 2017) read with the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) [NEMA]. Nature Works (Pty) Ltd was appointed by Secret Falls to provide environmental services for the 24G Environmental Rectification process, for all activities commenced with at Secret falls prior to obtaining the respective Environmental Authorisation. The activities included the construction of cottages and the associated infrastructure within 32 metres of a watercourse and the infilling of more than 10 cubic metres within a watercourse. Section 24G Environmental Authorization Application for all listed activities associated with the construction of the cottages will be submitted to the Western Cape Department of Environmental Affairs and Development Planning. Opportunity to participate: A Background Information Document is available from Nature Works and can be downloaded from www.natureworkssa.com or on request from the contact person below. Stakeholders are invited to register on the project database and/or to submit initial input into the application process. Submissions from stakeholders must include their name, contact details (specifying the preferred method of notification, e.g. e-mail) and an indication of any business, financial, personal, or other interest which they have in the application, to the contact person below. Note that only registered stakeholders will be notified when the application is made available for comment. Please contact Nature Works at the details provided below within 30 days of this noticed published. To submit, register or, request information, please contact: Jacques van Rensburg, Nature Works Director at jacques@natureworks.co.za; 1 Fraser Road, Somerset West, 7130; Tel: 082-748-6623
INWONERS van Ceres het Dinsdag Jeugdag gevier met ‘n uitstappie na Oukop. Die groep het saam met Jakob Volmoer die berg uitgeklim. Hier is Gaby en Michelle Kaalmeyer afgeneem met die Koekedouwdam in die agtergrond.
BACKUP POWER SOLUTIONS inverters batteries solar panels 087 095 3617 www.jptek.africa l info@jptek.co.za
WITZENBERG HERALD
Friday, June 19, 2020
5
6
WITZENBERG HERALD
nuusbrokkies
classifieds
Maama Baraka
AND FRAMES Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Lidia Gouws 19 Junie 2020
Stephanus (Ward) Zimri
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN Seënwense aan ons ma, skoonma en ouma, Lidia, met mamma se 80ste verjaarsdag. Mag die Here ma nog vele jare spaar. Baie dankie vir alles wat ma vir ons beteken. Ons is dankbaar dat God ma soveel jaar uitgespaar het. Ons is lief vir mamma. Van kinders, klein- en agterkleinkinders
17/06/1945 - 24/04/2020
Dit is jou eerste verjaarsdag en vadersdag weg van ons. Die seer lê nog vlak in ons harte want jy is so skielik weg. Ons mis jou so baie, maar koester die mooi herinneringe. Jy sal altyd voortleef in ons harte. Rus in Vrede. Kinders, klein- en agterkleinkinders
Joleen (Lien) du Toit
1973/06/20 - 2019/08/26
Hendrik van Wyk
1958/10/07 - 2020/06/08 Privaat begrafnis: Sat. 20 Junie 2020
Slegs 45 naasbestaandes. Afstand van 1,5m moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Onthou om hande te was of gebruik sanitizer.
Huis: 09:00, Kerkstraat 420, Op-die-Berg Graf: Op-die-Berg
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Helen Pietersen
1959/11/08 - 2020/06/13’
‘n Geliefde moeder, saggies heen gegaan op 13/06/2020. Mag God jou veilig bewaar in Sy Koningkryk. Van Pappie, Warren, Jaqueline en Flynn
Joleen, Saterdag 20 Junie, sal dit jou eerste verjaarsdag weg van ons af wees. Die vermisting is nog groot, met trane in ons oë. Jy sal altyd ons Blom bly. Van Krotz Familie
Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300 Katriena Baron
1952/10/06 - 2019/06/16 Die 16de was Mammie alweer 1 jaar weg. Sjoe, dit voel nog soos gister, maar ons gun Mammie die rus al word die verlange by die dag erger. Ons mis Mammie verskriklik baie, maar die herinneringe wat Mammie agter gelaat het, laat ons weer lag, met trane in ons oë. Tot ons weer ontmoet
Van kinders Marilize, Susan, John en Marion, kleinkinders Jamie-Lee en Franklin en agterkleinkind Jayron
082-399-4068 Services: sell, install & repair
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
Friday, June 19, 2020
083-227-6476 CERES TOP MEUBELS word
h/v Albert- en Voortrekkerstraat (Agter die Spur) Ou Babbelbekkies
Besoek ons vir vele spesiale aanbiedinge!
Skakel 071-464-6969 Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o
PROF PRINS
Kom vir hulp voor dit te laat is. Prof gebruik kruie medisyne van die Hoogland. Het jy ander dokters probeer sonder enige sukses? Moenie opgee nie jou probleme kan opgelos word. Lotto, vroulike probleme, hofsake, geldprobleme, geluk en huis skoonmaak. Skakel hom vandag
083-885-8142
Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel or whatsapp 071-707-2066 Finances and money in account, lotto and powerball, goodluck oil for horse betting and casino, money within 24 hours.
Delayed work by other healers for free, claim your pension or provident fund within 3 weeks. Magic wallet, relationships and pregnancy.
Contact Julius
083-388-2491
PA Hamlet
3 Slaapkamerhuis te huur met 2 badkamers. Dubbelmotorhuis met swembad en alarmstelsel. R8 500 per maand. Beskikbaar vanaf 1 Augustus 2020
Skakel
083-969-7227
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke vhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na isaacjacobs50@yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar. ✗✗✗✗ DIE Brewelskloof hospitaal in Worcester is steeds opsoek na die familie van Puseto Khau (19). Puseto is op 2 April in die hospitaal opgeneem. Sy adres is Hopestraat, Pine Valley, Wolseley. Die fa-milie moet Lena Jendrissek gedurende kantoorure skakel by (023) 348-1397. ✗✗✗✗ BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. ✗✗✗✗
Vrywaringskennisgewing by kwaksalwer advertensies Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of en enige van die dieste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie.
Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin.
☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook bankaflosse. Skakel 079-379-2898. c/s CX47 19/6
KOOP PLAASLIK
WITZENBERG HERALD
7
Friday, June 19, 2020
Veiligheid van bloedskenkers, personeel en pasiënte bly ‘n prioriteit DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) wil graag vir bloedskenkers verseker dat dit veilig is om bloed te skenk en dat personeel en bloedskenkers ons top prioriteit bly. Die WKB het daarom verdere voorsorgmaatreëls ingestel om die veiligheid van bloedskenkers en personeel te verseker namate die COVID-19 pandemie ontwikkel. Alle WKB personeellede het ‘n sak grootte, alkohol gebaseerde handontsmettingssproei gekry en gemeenskaplike handontsmettingstasies is beskikbaar by alle ingange op die perseel asook by alle bloedskenkklinieke. Alle oppervlaktes en toerusting by bloedskenkklinieke word gereeld ontsmet. Alle personeel het ook persoonlike beskermende toerusting (PPE) gekry soos gesigsmaskers, en gesigskerms vir diegene wat in direkte kontak is met skenkers. Alle bloedskenkers moet ook hul gesigsmasker dra wanneer hulle kom bloed skenk. Skenkers sal ook ‘n COVID-19 risiko-assessering vraelys invul voordat hulle kan bloedskenk. Sosiale distansiëring word gehandhaaf deur die hoeveelheid beddens by klinieke te verminder, die aantal bloedskenkers op enige gegewe tydstip te beperk en toubeheer word ook toegepas. Hierdie voorsorgmaatreëls voldoen aan al die vereistes van die ontwikkelende wetgewing, sowel as die beste
praktykriglyne van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en internationale bloedoortapping owerhede. “Die veiligheid van personeel, bloedskenkers en pasiënte was nog altyd ons belangrikste prioriteit en die Bloeddiens het sedert die begin van die COVID-19 pandemie streng higiëne- en voorsorgmaatreëls inplek gestel om veiligheid verder te verseker”, sê dr. Gregory Bellairs, uitvoerende hoof en mediese direkteur by die WKB. Die WKB wil nogmaals beklemtoon hoe uiters belangrik dit is dat skenkers sal aanhou om bloed te skenk sodat ons die Wes-Kaap kan voorsien aan voldoende, veilige bloed gedurende hierdie uiters uitdagende tydperk. WKB doen ‘n beroep op alle nuwe en gereelde bloedskenkers, wat aan alle bloedgroepe behoort, om te kom bloed skenk. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 wees, 50kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Meer inligting Vir meer inligting rakende waar om te skenk skakel ons gerus by (021) 507-6300 of besoek die WKB webtuiste by www.wcbs.org.za WKB wil namens hul pasiënte, baie dankie sê aan hul getroue en lojale skenkers wat gedurende hierdie inperkingsperiode steeds uitkom en lewens red.
KENNISGEWING AANSUIWERINGSBEGROTING 2019/2020 Tydens ‘n spesiale raadsvergadering gehou op 11 Junie 2020 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2019/2020 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting is ter insae beskikbaar by Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke gedurende gewone kantoor ure asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835
NOTICE ADJUSTMENT BUDGET 2019/2020 During a special council meeting held on 11 June 2020 an Adjustment Budget for 2019/2020 was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget document can be viewed at municipal offices and public libraries during normal office hours and is available on our website: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER 50 Voortrekker Street, Ceres, 6836
ISAZISO UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2019/2020
Almal kan help
Kwintlanganiso eyodwa yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 11 June 2020, uluhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga. Oluhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala: www.witzenberg.gov.za
WEENS die geweldige impak wat die COVID19 virus op die Witzenberg-gemeenskap het en mense wat nie kos op die tafel het nie oor hulle die afgelope drie maande geen inkomste ontvang nie, word inwoners gevra om te help. Ceres Moedergemeente se sopkombuis het tot stilstand gekom toe die regering verantwoordelikheid vir die haweloses oorgeneem het. Daar is egter groot hongernood in die Ceresomgewing. Drie vroue help tans uit hul eie sak en met donasies van sop en brood om kos aan ongeveer 500 mense te voorsien. Die sopkombuis se mense ondersteun ook nou die vroue. Met die nood wat elke dag toeneem het, het die vroue nie genoeg middele om in die nood te voorsien nie. Inwoners wat graag vir honger mense wil kos gee, maar nie self fisies kan nie, kan hier help! Die hulp gaan direk na die honger mense. Die vroue ontvang slegs bestanddele nie kontant nie. “Jy kan die volgende produkte skenk: Bruin brood, dik groente soppoeier, sopmengsel, wortels, sopbene asook mieliemeel of groente wat in sop gebruik kan word. Jy kan ook jou donasie EFT na OK wat dié bestanddele by die vroue aflewer”. Stuur net ‘n bewys aan Alba by 083-2983994. Die bankbesonderhede: Vallei Mini Mark, Nedbank tjekrekening, takkode: 198765, rek no: 1190059681 met verwysing: projek Lilly. Vir enige navrae skakel Alba Muller of Christine Basson by 076-033-8505.
D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA 50 Voortrekker Street, Ceres, 6836
ADVERTISING SPECIALS FOR JUNE & JULY 2020 Times are tough and budgets tight - that’s exactly why we created these amazing deals!
DIE P.A. Hamlet speurders is op soek na Lufra Seroot. Hy word gesoek weens die diefstal van ‘n selfoon op 7 April by Hamlet Hotel. Seroot was voorheen woonagtig in Suikerbossiestraat, Bella Vista. Hy bevind hom elders in die Witzenbergstreek. Indien enige een kan help, kan hulle s/sers. Appollis skakel by (023) 313-3133.
CLASSIFIEDS SPECIAL
¼ PAGE AD SPECIAL
ANY SIZE AD SPECIAL
Book any classified advert for 4 weeks and get 1 FREE ADVERT
Book a quarter page advert and get 1 FREE ADVERT T&C Apply
Book any size advert and get 25% DISCOUNT T&C Apply
Enquiries: erika@witzenbergherald.com
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, June 19, 2020
Witzenberg Herald
COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Spelers bly gholfbane is weer oop
CERES se skoonveld- en sukkelveld was soos die res van die land se bane weer vanaf Vrydag 12 Junie oop. Van die maatreëls sluit in dat spelers en baljoggies maskers moet saambring en dat hulle ‘n vraelys moet invul en hul temperatuur moet gemeet word. Hier is Glenny Nasson gereed om af te slaan saam met W. Theron en Simon Molaza.
CERES se skoonveld- en sukkelveld was soos die res van die land se bane weer vanaf Vrydag 12 Junie oop. Gholfklubs moet aan streng riglyne voldoen. Klubs moes ook Golf RSA skriftelik verwittig dat hulle risikomaatreëls vir die bekamping van COVID-19 in plek is en dat dit streng toegepas gaan word. Van die maatreëls sluit in dat spelers en baljoggies maskers moet saambring en dat hulle ‘n vraelys moet invul en hul temperatuur moet gemeet word. Spelers hoef egter nie met maskers te speel nie. Die klubhuis bly nog in vlak 3 buite perke vir spelers, net die badkamer is oop en die klubhuis moet 17:00 sluit. Geen drank word van Vrydag tot Sondag verkoop nie maar slegs nie-alkoholiese versnapperinge. Spelers moet ook as hulle klaar gespeel het die klub verlaat, die vlagpenne moet ingelos word, spelers moet hulle eie toerusting gebruik en sandputte net met hulle voet of gholfstok gelykmaak. Ceres gholfklub het hieraan voldoen en Saterdag kon 50 gholfspelers vir die eerste keer afslaan in ‘n kompetisie - byna drie maande nadat niemand mag gholf gespeel het nie. Die voortbestaan van gholfklubs in die land is in gedrang weens die virus se verreikende impak op ekonomieë. Daar is reeds ‘n paar bane wat moes sluit en talle het ook afleggings gedoen. Ceres gholfklub is weer oop en met die hulp van lede se donasies en hulp van Boland gholf kan die klub sake voortsit en probeer om die klub na kalmer waters of skoonvelde te stuur.
Ultra-veldatleet kom hardloop in die sneeu NET toe ‘n kouefront verlede week sy kloue in die Wes-Kaap en veral Ceres ingeslaan het, het die Kaapse ultra-veldatleet, Ryan Sandes, die kans aangegryp om in die Matroosberge buite Ceres te kom hardloop en oefen. Van sy wedlope in die Alpe is weens COVID-19 afgestel en daarom het hy besluit om hier te kom oefen om fiks te bly. FOTO: Red Bull - Craig Kolesky
PUT YOUR
WHERE
Jumpstart your business
Advertise NOW!
YOUR ♥ IS BUY LOCAL
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○
○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○