Polisieman in hof vir moord
‘n POLISIEMAN van Tulbagh wat ‘n man op Gouda doodgeskiet het, het verlede week vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) het ‘n geregtelike nadoodse ondersoek die afgelope maand gedoen nadat ‘n man van Gouda doodgeskiet is. Sers. Jonathan Waterboer (47) van die Tulbagh misdaadvoorkomingseenheid, is verlede Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag 14 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is na Woensdag 19 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Borg van R1000 is toegestaan. Die saak is tot 9 September uitgestel. Voorval ‘n 40-Jarige man van Gouda is Donderdag 23 Mei omstreeks 10:30 dood kort nadat inwoners en die polisie in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Dit is nie bekend wat het tot dié konfrontasie tussen die twee groepe gelei nie. Die polisie was blykbaar opsoek na twee verdagtes. Die broer van een van die mans het toe tussenbeide probeer tree. In die harwar naby die Bakerville primêre skool, is die man noodlottig getref.
Polisie kry vermiste man in Dwarsrivier
DIE Ceres polisie het die naweek die liggaam van ‘n vermiste man opgespoor.
Die ontdekking kom nadat ‘n hawelose man van iets in die 30’s, Lwazi Magadla, op 6 Junie as vermis aangemeld is. Die polisie en ander rolspelers het tot die naweek na hom gesoek.
Saterdag 15 Junie omstreeks 08:35 was die polisie se K9 hondeeenheid asook polisieduikers hier om met die soektog te help nadat hulle inligting opgevolg het dat ‘n man vroeër in die Dwarsrivier, tussen die Pretorius laagwaterbruggie en die Rooibrug, ingespring het. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geopen om te bepaal of hy aan natuurlike of onnatuurlike oorsake gesterf het. Indien daar enige ooggetuies is, kan hulle vir s/sers. Seroot skakel by (023) 316-8500 of 316-8525.
CERES SAPD, lede van die immigrasie-eenheid, wetstoepassers van die munisipaliteit en verkeersdienste het Dinsdag 18 Junie tussen 10:00 en 15:00 op 15 Spaza (informele huiswinkels) in Ceres woonbuurte toegeslaan. Tydens die operasie is boetes van meer as R100 000 uitgereik en twee immigrante met geen dokumentasie, is gearresteer.
Ons Ruimte - Witzenberg
Deur AnnisaMENSEHANDEL (Child trafficking) is deesdae op almal se lippe as gevolg van enkele gevalle wat in plaaslike, nasionale of internasionale media aandag gekry het.
“Geen gemeenskap - gesin of persoon - het die waarborg dat hul hierdie tragiese realiteit gespaar sal word nie. Die kern van mensehandel is die geforseerde uitbuiting van individue deur mense in ‘n posisie van mag, wat ander beheer tot hul eie voordeel. Die toekoms van oningeligte en weerlose mense word vernietig deur ‘n netwerk waar geld en eie gewin belangriker is as individuele waardes”.
Hierdie sosiale dilemma is veel groter as wat die algemene publiek besef en is ook ‘n euwel op plattelandse dorpe.
“Ons wil graag die boodskap tuisbring dat daar ‘n sterk verwantskap is tussen sosiale media, pornografie, prostitusie en mensehandel. Dis belangrik dat die algemene publiek en lesers dit besef, om te help met die bekamping van die sosiale dilemma. Die ontwikkeling van tegnologie skep egter ook wonderlike geleenthede vir gemeenskapsontwikkeling, ekonomiese vooruitgang en om te help dat mense betrokke raak by die uitroei van dié euwels”.
CHARLIE Hofmeyr het aan die einde van die skoolkwartaal afskeid geneem van Danie le Roux. Le Roux was vanaf 1 Oktober 2023 tot 14 Junie 2024 die skoolhoof van Charlie Hofmeyr Hoërskool. Hy het die pos as hoof van Hoërskool Brackenfell aanvaar om nader aan sy familie te wees. Die vorige hoof, Max Michau, het einde Desember 2021 na 20 jaar as hoof, afgetree. * Jacques Steyn en Etienne Olivier sal weer onderskeidelik as skoolhoof en onderhoof waarneem tot ‘n aanstelling gemaak word.
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN DIE
WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: JUNIE - DESEMBER 2024
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:
Datum
Vrydag, 21 Junie 2024
Dinsdag, 30 Julie 2024
Woensdag, 21 Augustus 2024
Woensdag, 30 Oktober 2024
Woensdag, 11 Desember 2024 Tyd 10:00 Plek Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Besonderhede
Raadsvergadering
PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: JUNE - DECEMBER 2024
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council:
Date
Friday, 21 June 2024
Tuesday, 30 July 2024
Wednesday, 21 August 2024
Wednesday, 30 October 2024
Wednesday, 11 December 2024
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres
50 Voortrekker Street, Ceres
Verw/Ref.: 03/1/2/3
Time 10:00 Venue
Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
Particulars Council meeting
TWEE jong rugbyspelers wat die Boland by die o/13 Cravenweek in Pretoria verteenwoordig, Ruben Gillomee van Laerskool Gericke (links) en John du Toit van Laerskool Koue Bokkeveld, het vir Cameron Hanekom (Bulls agtsteman) raakgeloop en ‘n foto saam met hom geneem. *Cameron is ‘n oudleerder van Laerskool Gericke, Charlie Hofmeyr Hoërskool en later Paarl Boys High.
KLAAS Fritz van Crispy Farming is dankbaar vir die tuingereedskap, sade, kompos en gieter wat die Wes-Kaap departement van landbou aan hom verskaf het. Klaas gaan dit gebruik om groentetuine by sy huis op die plaas te vestig.
Dit is dieselfde skoolsaal, maar dis 40 jaar later. Ja, dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ‘n tikkie nostalgie.
5 September 2024
18:30 vir 19:00
P.A. Hamlet NG Kerksaal
Ligte ete ingesluit l Bring eie drankies en glase
Vir inligting skakel
Kerkkantoor (023) 313-3694
Alma 083-443-0881
ANCHEN Nasson is vanaf 1 Junie aangestel as die nuwe skoolhoof van Bella Vista Hoërskool. Hy is reeds vanaf 2004 verbonde aan Bella Vista hoërskool en het sy skoolloopbaan by Morrisdale primêr en Ceres Sekondêr voltooi. Hy volg Jezreel Manuel op wat na die aftrede van Desiree Pharo in Maart vanjaar, in die pos waargeneem het. Nasson se visie vir die skool is dat hulle verantwoordelike landsburgers wil kweek en dat leerders die goeie sal najaag en mekaar liefhê. Ouers moet ook betrokke wees by die skool en by hul kinders se skoolloopbaan. * Anchen is die seun van die bekende wiskunde-ghoeroe wyle Churchill Nasson, wat vyf jaar as hoof van Bella Vista Hoërskool waargeneem het.
Mentor in hof na DOV besluit om hom aan te kla
DIE Direkteur van Openbare
Vervolging (DOV) het plaaslike speurders opdrag gegee om ‘n inwoner en voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) aan te kla.
Mark Mentor (58) het verlede Woensdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n bedrogklag wat reeds in 2021 teen hom gemaak is.
Die klag hou verband met ‘n erf wat voorheen aan hom behoort het en wat verkoop is nadat dit na bewering vroeër op ‘n veiling aan iemand anders verkoop is.
Die klag is in September 2021 by die polisie gemaak waarna dit ondersoek is en na die DOV gestuur is vir ‘n beslissing.
Die Ceres speurders het in Meimaand opdrag van DOV gekry om Mentor aan te kla en voor die hof te daag. Mentor is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 12 Julie in die Ceres landdroshof verskyn.
DIE polisie en nooddienstepersoneel het ‘n bedrywige langnaweek agter die rug nadat talle ongelukke aangemeld is. In die een ongeluk het drie kinders en twee mans geringe beserings opgedoen nadat die Toyota bakkie (regs) waarin hulle gery het, verlede Donderdag Theronsbergpas verlaat en in ‘n stuk veld tot stilstand gekom het. Maandag 17 Junie omstreeks 07:00 het ‘n minibus taxibestuurder wat op pad na Ceres was, beheer oor die bussie (foto bo) in Gydopas verloor en teen die berghang tot stilstand gekom. Die remme het blykbaar onklaar geraak. Drie mans en vier vroue het beserings opgedoen. * EMS nooddienstepersoneel en die SAPD het ook drie ander ongelukstonele besoek waar mense beseer is.
CERES SAPD het Maandag 17 Junie in samewerking met lede van Korrektiewe dienste, adresse van inwoners met paroolvoorwaardes besoek.
Oudpolisielid
se verhoor gaan
Oktobermaand begin
‘n OUDPOLISIELID van Wolseley se korrupsieverhoor gaan Oktobermaand in die Bellville handelsmisdaadhof begin. Ricardo Conradie (41), voorheen ‘n polisielid by Wolseley SAPD, verskyn alleen in die handelsmisdaadhof op ‘n aanklag van korrupsie.
Die saak teen sy medebeskuldigde, Byrone Williams (28), is ‘n tyd gelede teruggetrek. Die rede vir die terugtrekking teen Williams is onbekend. Beide die mans was polisiekonstabels wat by Wolseley SAPD gestasioneer was en op 4 Januarie 2022 gearresteer was na ‘n voorval op 3 Desember 2021. Williams en Conradie is in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering ‘n man met tik in sy besit betrap het en daarna geld van hom geëis het om hom nie aan te kla nie.
Conradie is uit op R2000 borg en moet weer op 30 Oktober in die Bellville streekhof verskyn vir pleit en verhoor.
Polisie slaan toe op Spaza winkels
CERES SAPD, lede van die immigrasie-eenheid, wetstoepassers van die munisipaliteit en verkeersdienste het Dinsdag 18 Junie tussen 10:00 en 15:00 op 15 Spaza (informele huiswinkels) in Ceres woonbuurte toegeslaan. Tydens die operasie is boetes van meer as R100 000 uitgereik en twee immigrante met geen dokumentasie, is gearresteer.
PLAASLIKE politieke verkiesingsplakkate moes reeds einde verlede week van lamppale verwyder gewees het. Politieke partye moet volgens munisipale regulasies alle plakkate binne 14 dae nadat die verkiesing plaasgevind het, verwyder. Die sperdatum hiervoor was verlede Donderdag 13 Junie. * Boetes kan aan politieke partye uitgereik word en depositos kan verbeur word aan die munisipaliteit indien plakkate nie verwyder is nie. In Kaapstad is die boete R134.10 per plakkaat en in Johannesburg R500 per plakkaat. Op Ceres verbeur partye hul depositos aan die munisipaliteit.
Do something remarkable - donate blood
THE Western Cape Blood Service (WCBS) is thrilled to announce its winter trimester campaign, where we aim to encourage the public to embrace their inner hero by donating blood during the cold winter period. Despite the cold weather and school holidays, it is our blood donors who step up to save lives, just like true heroes.
The theme is Heroes don’t get cold feet. This is especially true of our blood donors as they brave the cold weather to willingly give their life-saving blood to patients who need blood. For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060 549 7244. Do something remarkable - donate blood.
Jeugdag gevier met ‘n beroepuitstalling
MAANDAG 17 Junie is Jeugdag gevier met ‘n beroepuitstalling in Nduli. Meer as 500 jeugdiges is ondermeer deur die SAPD toegespreek oor misdaad in die Nduli-omgewing. Hier het ‘n groepie kinders die polisie se uitstalling besoek.
LOGISTIEKE ASSISTENT
Dutoit Vrugte
Ons is op soek na ‘n vaardige individu om pligte binne die logistieke departement by ons Bemarkingsafdeling te vervul.
Die aansoeker sal aan die Logistieke Koördineerder rapporteer. Take sal insluit:
•Stuur PO-lêers van houervragte na die relevante vragversender.
•Uitreik en stuur paklyste na die relevante vragversender.
•Uitreik en stuur doeane Faktuur na die relevante vragversender.
•Uitreik en saamstel van Addendums, PPECB Inname-dokumente en uitvoer sertifikate per houer vir indiening by PPECB vir goedkeuring.
•Stuur goedgekeurde PPECB dokumentasie na die relevante vragversender.
•Hou die status van alle dokumentasie dop gedurende alle fases van die uitvoer dokumentasie proses.
•Volg op met relevante vragversender rakende finale verskepingsdokumentasie.
•Probleemoplossing indien dokumentasie verkeerd is of verander moet word.
•Direk skakel met kliënte ivm dokumentasie versoeke/kwessies
•Kwessies rapporteer aan Logistieke Koördineerder
Vaardighede / vereistes benodig:
•Uitstekende tydsbestuur vaardighede
•Aandag aan detail en uiters goed georganiseer
•In staat om onder druk te werk / in ‘n vinnige omgewing
•Probleemoplossing
•Bereid om te leer / aan te pas
•Minstens 2 jaar ondervinding in vrugte uitvoer dokumentasie
•Ervaring met PPECB en DALRRD regulasies rakende uitvoer dokumentasie vir steenvrugte en pitvrugte
Minimum vereistes:
•Matrieksertifikaat
•Bestuurslisensie
•2 jaar ondervinding in vrugte uitvoer dokumentasie (kennis van steenvrugte en kernvrugte sal voordelig wees)
Benewens aangename werksomstandighede, bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap van ‘n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV so gou doenlik aan: lemarel@dutoit.com
Diensaanvaarding:
1 Augustus 2024
Verpleegkundiges gee raad
Verpleegkundiges is die hart van gesondheidsdienste.
'n Maand gelede het rolspelers Internasionale Dag vir Verpleegkundiges op 12 Mei gevier. Tydens die geleentheid het die WesKaap regering gesondheid en welstand dankie gesê aan verpleegkundiges in hul diens.
Verpleegkundiges ken hul gemeenskappe en dink voortdurend aan maniere om dienste aan te pas tot voordeel van pasiënte.
Verpleegkundiges is ook ‘n goeie voorbeeld van hoe elkeen van ons moet omsien na ons gesondheid en welstand.
Sr. Elzanne Dampies wie deel is van die gesondheidspan in die Witzenbergstreek, sê sy het ná ‘n traumatiese gebeurtenis opnuut besef hoe belangrike rol ‘n goeie ondersteuningsnetwerk speel.
Sr. Dampies is in November 2022 aangeval waar sy gewerk het in die gemeenskap. “Ek het die tyd wat ek af siek was met familie deurgebring om nie alleen te voel nie en om minder angstig te wees,” vertel sy van haar herstel.
“Maar, ek het ook vir myself gesê dit kon soveel erger gewees het. Ek het gevoel dat ek ’n tweede kans op die lewe gekry het. Dit is met dié ingedagte,wat my gehelp het om die trauma te verwerk.” Maniere waarop jy jou gesondheid en welstand ‘n hupstoot kan gee:
● Drink meer water! Jou liggaam het skoon water nodig om goed te funksioneer.
● Gee van jouself of help iemand anders. Dit laat jou goed voel as jy iets vir iemand anders kan beteken. Vind uit of jy kan bloed skenk of neem iets om te eet na iemand wie deur ‘n moeilike tyd gaan. Volwassenes kan jong kinders help deur hulle te neem vir gratis immunisering. Immunisering help hulle om gesond te bly en te groei.
● Praat met iemand wie jy vertrou. Wanneer jy ‘n moeilike dag gehad het, kan jy beter voel as jy kan afpak teenoor iemand wie goed luister.
● Luister na die aanbevelings van jou gesondheidswerker en neem medikasie wat vir jou voorgeskryf word. As jy dit doen, sal jy ‘n beter lewensgehalte hê.
● Beperk die tyd wat jy op sosiale media en voor ‘n skerm spandeer. Dit kan baie nadelig wees vir jou welstand. Besluit om eerder jou foon neer te sit en tyd te spandeer met iemand wie jy lief het.
DIE groep rugbyspelers is in die Boland o/13 Cravenweek- en Akademiespan opgeneem wat tydens die skoolvakansie in Pretoria deelneem. Drie spelers is in die Cravenweekspan en drie is opgeneem in die Akademiespan. Die spanne speel vanaf Maandag 17 Junie - Vrydag 21 Junie by Menlopark Hoërskool. VOOR: Heinz Rautenbach (F.D. Conradie), Ruben
Case IH Ceres lewer drie stropers af
CASE IH Ceres is ‘n bekende onderneming in die Witzenbergstreek en spog met ‘n mededingende reeks produkte wat voorsien in elke boer se behoefte. Case Ceres, voorheen Northmec, is een van 13 takke in die land en vorm deel van die CNH Industrial groep. Die onderneming het Maandag 3 Junie drie nuwe stropers aan ‘n kliënt op Gouda gelewer. Die drie stropers is per pad met die hulp van die verkeersafdeling na Gouda geneem. Drie New Holland stropers is ingeruil en die stropers is weer later die dag padlangs terug na Ceres. “Case IH Ceres werk as ‘n span saam. Ons kliënte is familie en daarom streef ons om die heel beste verkope en na-verkoopsdiens te lewer aan die landboubedryf” sê Ceres takbestuurder, Jannie Brand.
CASE Ceres beskik oor ‘n baie goeie werkswinkelspan en onderdele-afdeling wat flinke diens aan kliënte lewer. Die werkswinkel in Vosstraat, beskik oor drie gekwalifiseerde tegnici wat kwaliteitdiens lewer. Case Ceres diens enige fabrikaat trekker of stroper. Hulle diens ook vragmotors en vurkhysers.
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
John
1952/02/27 - 2024/06/16
ROUDIENS: Do. 20 Jun
Kerk: 19:00 VGK, Bella Vista
BEGRAFNIS: Sat. 22 Jun
Huis: 09:00 Frieslandstr 27, Bella Vista Kerk: 10:00 VGK, Bella Vista Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Mars
1963/09/05 - 2024/06/11
ROUDIENS: Do. 20 Jun
Kerk : 19:00 Heilige Evangelie
Kerk, Bella
BEGRAFNIS: Sat. 22 Jun
Huis: 09:00 Astersingel 1217, BV Kerk : 10:00 Gemeenskapsaal,
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Cynthia Mars
1963/09/05 - 2024/06/11
Mammie laat ‘n groot leemte in ons harte. Ons gaan mammie verskriklik baie mis. Rus sag. Bradley, Marshal en Roy
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
CENTRAL CERES
MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Kantoorspasie TE HUUR
te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE TOOL HIRE HIRE
(023)
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Daardie boodskap is: Julle is heidene, maar julle behoort aan Christus Jesus en julle glo die goeie boodskap. Daarom gee God nou ook vir julle baie goeie dinge, soos Hy vir die Jode gegee het. Julle en die Jode is nou almal saam, julle is soos een liggaam. En julle sal ook kry wat God belowe het. Ef 3:6 Evangelis Jacobs
nuusbrokkies
DIE Togryers museum se koffievles - en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Ons sal enige donasies verwelkom.
IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie 2024. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@kbos.co.za
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan isaacjacobs50@yahoo.com
INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besig-
VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517 Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of
hede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.
INWONERS moet kennis neem van ‘n ou skelmstreek wat weer sy kop uitsteek. Persone doen hulle voor as meterlesers en stap sommer jou erf binne. Indien jy so iemand teëkom wat homself nie kan identifiseer nie, laat weet die munisipaliteit en SAPD.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
LAERSKOOL Gericke se graad R groep het Vrydag 14 Junie ‘n baie suksesvolle Pappa-dag aangebied ter viering van Vadersdag op Sondag 16 Junie. Daar was ook oupas en ooms wat deel was van die verrigtinge. Daar is saam met die kleintjies boeresport gehou en marshmallows gebraai. Elke pa of oupa het ook ‘n pet as geskenk ontvang. Laerskool bied 'n Pappa-dag aan
CHAIN ANIMAL CHARITY SHOP
38 Van der Stel Street, Tulbagh
CHAIN Animal Charity Shop has all the decorations you need to get into the festive spirit Pop into our friendly shop and take a look at our wonderful assortment of old-school Christmas decorations. We stock tinsel, baubles, Christmas Tree toppers - and more!
CHAIN’s Animal Charity Shop raises funds for animals by selling donated goods.
CHAIN proudly supports Tulbagh’s legendary Christmas in Winter Festival
Trading Hours: Mon - Fri: 09:00 - 16:00 Saturday: 09:00 - 14:00 Closed on Sunday Vanessa: 082 831 4334 www.chainboland.co.za
DIE tweede wedvlug vanaf Laingsburg is die naweek gevlieg. Die wedvlug is in goeie weerstoestande gevlieg. Saterdag 22 Junie vlieg die duiwe vanaf Leeu Gamka.
CHPS Jaaroud
1.Team Koopman -1313.969 mpm
2.Cyril en Ann Davids - 1305.808 mpm
3.Hendriks familie -1304.147 mpm
4.Bryan Isaacs -1298.217
New homes for rescued dogs and cats
Ceres Federasie se jaaroud wedvlug is deur Kitshoff hokke gewen. Die ope wedvlug is deur Elton Lintnaar se duif gewen.
NOTICE OF APPLICATION FOR RECTIFICATION
SECTION 24G ENVIRONMENTAL RECTIFICATION AND ENVIRONMENTAL AUTHORISATION FOR THE CONTINUATION OF THE USE OF THE EXISTING TULBAGH DAM AND GARDEN LOCATED ON FARM 262, PORTION 3, BOONTJIES RIVIER, TULBAGH, WESTERN CAPE PROVINCE Competent Authority Reference Number: Department of Environmental Affairs and Development Planning Western Cape Government: 14/1/1/E2/5/4/3/0529/20
Notice is hereby given in terms of Section 24 (5) of the National Environmental Management Act (NEMA), Act No. 107 of 1998, and the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended) in respect of activities identified in accordance with Regulations No. 324 & 327 (2014 as amended) of the Act that the Tulbagh Dam and garden were established within a non-perennial watercourse without the required Environmental Authorisation.
Background on Activity: Nordic Light Properties (Pty) Ltd purchased the Farm 262, Portion 3, Boontjies Rivier, in and around August 2020. On rehabilitating the property, the new owner discovered various activities that were undertaken by the previous owner and immediately consulted with the Competent Authorities and an EAP for guidance on the matter. Ultimately, the new owner, although not obliged to, has undertaken to regularise these activities undertaken by the previous owner as they form part of the landscaped look and feel of the Property and has been guided by experts accordingly. A Section 24G application must be undertaken to regularise these activities and which forms the basis for this advertisement to align with statutory requirements for the application process.
Additionally, a Water Use License Application (WULA) is being undertaken to authorise water uses as outlined under Section 21 of the National Water Act, Act no. 38 of 1998.
Listed Activities for Environmental Authorisation:
The proponent requires an Environmental Authorisation for the following activities:
Regulation GN No.327-(Listing Notice 1)
Activity 12-The development of a dam and infrastructure that exceeds 100 square meters within a watercourse
Activity 19-The infilling or depositing of any material of more than 10 cubic metres from a watercourse
Activity 21-The clearance of an area of 1 hectares or more, but less than 20 hectares of indigenous vegetation
Regulation GN No.327-(Listing Notice 3)
Activity 12-The clearance of an area of 300 square metres or more of indigenous vegetation within a critical biodiversity area
Activity 14-The development of a dam and infrastructure that exceeds 10 square meters within a watercourse in a critical biodiversity area
Name of Proponent: Nordic Light Properties (Pty) Ltd
Property Location: Farm 262, Portion 3, Boontjies Rivier, Tulbagh, Western Cape Province
GPS Location: 33°23’12.26"S and 19°14’6.43"E
Terramanzi Group (Pty) Ltd has been appointed by the applicant to undertake a Section 24G process to obtain environmental authorisation for the proposed activity.
Opportunity to Participate: All stakeholders and interested and affected parties (I&APs) have the opportunity to participate in the Section 24G rectification process.
To ensure that you are identified as an I&AP, please submit your name, contact information and interest in the matter to the EAP. The 20-days legislated timeframe for this will commence on Monday 24 June 2024 and conclude on Monday 15 July 2024.
Please note that by registering as an I&AP, you thereby give TMG permission to circulate your name and contact details to relevant parties as stated and adhered to, in accordance with the POPI Act (Act 4 of 2013 as amended), unless otherwise advised in writing to us.
Please note the following:
•Should you wish to receive a digital copy of the above-mentioned documentation, please contact the Environmental Assessment Practitioner (EAP) at the contact details below, accordingly.
•Should you require any assistance with interpreting this notice, please contact the EAP at the contact details below, accordingly.
•Should you require any assistance with interpreting the documentation noted above, including the language used, the terminology used, the outcomes and recommendations, please contact the EAP at the contact details below, accordingly.
The Tulbagh Section 24G Background Information Document (BID) and supporting documentation can be accessed at the following online hyperlink:
• https://terramanzi.egnyte.com/fl/bTHZK3M8PT
Please submit all comments directly to the Environmental Assessment Practitioner (EAP), as follows:
•E-mail: comments@terramanzi.co.za
•For attention: Ludwig van der Merwe
•Tel no: (021) 701-5228
•Terramanzi Group Project Ref. No: 211001
•Visit us at www.terramanzi.co.za
Date of Advertisement: 20 June 2024
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Johan wen gholfdag
DIE naweek het Ceres gholfklub ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied.
Johan du Toit was die wenner met 40 punte. Henri Ferreira was tweede met 39 punte gevolg deur twee spelers, Cornel Muller en Laurie Prins, met 38 punte. FK van Schalkwyk was vyfde met 37 punte.
Ander kompetisies
Ceres gholfklub het verlede Vrydag weer ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied.
Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Sestien spelers het deelgeneem. Willie van Heerden was die wenner met Tjoep du Plessis in die tweede plek.
Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.
Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
Dit is ook weer tyd vir die jaarlikse Enkelspelen Pare-putjiespel kampioenskappe
Inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Julie en die trekking sal op 12 Julie gedoen word. Die eerste 16 betaalde spelers/pare sal deel wees van die trekking.
Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332, 076-2331981 of (023) 312-3068
CERES gholfklub het Vrydag 14 Junie weer ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg vanjaar die pryse. Sestien spelers het deelgeneem. Willie van Heerden was die wenner met Tjoep du Plessis (regs) in die tweede plek.
Sport Witzenberg Herald
Ceres klop Bella Vista
CERES het Saterdag hul bure, Bella Vista, in ‘n aanskoulike wedstryd in die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie, geklop. Die wedstryd, wat deur honderde toeskouers bygewoon is op Victoria Park, was ‘n skouspel en ‘n vertoonvenster vir klubrugby in die Wes-Kaap. Ceres het die wedstryd met 22-13 gewen nadat hulle rustyd 7-3 voorgeloop het.
Van die afskop het Bella Vista verskeie aanvalle geloods maar rotsvaste verdediging van Ceres het gekeer dat die besoekers kon afrond.
Bella Vista se voorspelers speel in die tweede helfte beter en loods talle aanvalle. In aanloop tot Chesvill Muller se drie, dra Jemiehl Muller en Lurenco Jumath die bal goed en kos dit vir Ceres keer. Bella Vista neem die voortou in die wedstryd met die telling 1310. Ceres wil egter nie bes gee nie en loods talle aanvalle uit hul eie halfgebied. Met slegs vyf minute oor in die wedstryd gaan druk Ceres twee drieë om die wedstryd te beklink.
Puntemakers Vir Ceres gaan druk Jovarn Visagie, Waylon Johnson en Bradley Sass drieë. William van Wyk slaag met twee doelskoppe en ‘n strafskop. Vir Bella Vista druk Chesvill Muller ‘n drie. Durin Nasson slaag met die doelskop en twee strafskoppe.
Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie: Hillcrest klop Delicious 34-17, Evergreens klop Young Blues met 35-24, Newtons is te sterk vir Wellington en wen maklik met 44-7, Roses klop Temperance 24-18 en Hamlet wen naelskraap 16-11 teen Wolseley.
* Saterdag 22 Junie vind nog ‘n lekker derbystryd plaas wanneer Ceres en Delicious kragte meet.
het Saterdag hul bure, Bella Vista, in ‘n aanskoulike wedstryd geklop. Waylon Johnson het ‘n goeie wedstryd gespeel. Hier is hy op pad doelyn toe vir sy
Hanekom blink uit vir Bulls
CAMERON Hanekom (22) van Ceres en oudleerder van Laerskool Gericke, Charlie Hofmeyr Hoërskool en later Paarl Boys High, lewer vanjaar kookwater spel op agtsteman vir die Vodacom Bulls. Die Bulls speel die naweek teen Glasgow Warriors in die VRK-finaal. Cameron was voorheen ook lid van die Bulls o/20 span en die Junior Springbokke. * Moet nie verbaas wees as Hanekom later vanjaar die Springbokspan haal nie. Hanekom (speler van die wedstryd) en Elrigh Louw het Leinster voos geduik. Volgens Jake White was dit Hanekom se beste wedstryd nog en is hy beïndruk met sy spel. White sê in ‘n koerantartikel dat Hanekom net beter gaan raak.