Witzenberg Herald Vol.25 no. 23 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 23

R8

Friday, June 17, 2022

CERES (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Junie

Vrydag 17 Junie

-2° 17°

2° 20°

Saterdag 18 Junie

Sondag 19 Junie

0° 13°

0° 15°

Ceres Koekedouw dam

58,4%

Lesing: 2022/06/15

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Kliprug-man doodgeskiet Geskiet DAN Coetzee (49)

‘n INWONER van Kliprug is verlede week koelbloedig doodgeskiet. Volgens die polisie op P.A. Hamlet is Dan Coetzee (49) op Woensdag 8 Junie omstreeks 20:00 doodgeskiet in Eerstelaan, P.A. Hamlet. Die polisie het gesê dat Coetzee van sy huis gestap het toe hy drie keer deur ‘n man

met ‘n handwapen naby die sportveld geskiet is. Coetzee het ‘n paar treë verder in die straat inmekaar gesak. Voordat hy dood is, het hy blykbaar die skieter se naam geprewel. Die polisie se moordondersoek het hulle na ‘n verdagte, Johnley Daniëls (26) van P.A. Hamlet, gelei waarna hy in hegtenis geneem

is. Die ondersoek duur voort en daar moet nog getuieverklarings bekom en meer leidrade opgevolg word. Daniëls het Maandag 13 Junie vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak tot 20 Junie uitgestel is. Daniëls bly in aanhouding.

Verdagte JOHNLEY Daniëls.

Party ondersoek beweringe

Polisie en verkeer deursoek voertuie POLISIELEDE het op Woensdag 8 Junie saam met plaaslike verkeersbeamptes en wetstoepassers, padblokkades gehou wat ondermeer verband hou met taxi-verwante probleme. Die optredes is in verskillende areas in en om Ceres gehou. Die polisie het ook misdaadvoorkomingsoperasies gehou. Meer as 80 voertuie is tussen 06:00 en 09:00 afgetrek en deursoek. Negentien is beboet en twee voertuie is geskut. Tussen 09:00 en 10:30 is ‘n verdere 51 voertuie afgetrek en deursoek waarvan twee en twintig beboet is.

‘n GOOD-raadslid van Witzenberg munisipaliteit en ‘n lid van die Wes-Kaap wetgewer, is die afgelope week by ‘n ondersoek betrek waar beweringe van ‘n gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies tydens ‘n stemwerwingsveldtog vroeër vanjaar, ondersoek word. Brett Herron, GOOD sekretaris-generaal en woordvoerder, het Maandag in ‘n verklaring gesê dat die party ‘n onafhanklike ondersoeker aangestel het om dié beweringe van wangedrag deur hul lede te ondersoek en dat die party die beweringe baie ernstig opneem. Klagtes is ontvang teen rdl. Felicity Klazen (onderburgemeester van Witzenberg) en Shaun August (lid van Wes-Kaap wetgewer) en sal ondersoek word. Die proses is vertroulik en terugvoering sal later aan die nasionale bestuurskomitee gegee word. Indien die bewering waar is, sal die party dissiplinêre stappe teen die betrokke partylede doen. GOOD verwag dat ampsdraers en lede die naam van die party gestand sal doen en op te tree op ‘n manier wat met die party se grondwet en gedragskode ooreenstem. Die beweerde gedrinkery, kaal swemmery en sekspartytjies het blykbaar tydens ‘n Maart-stemwerwingsveldtog plaasgevind

toe nagenoeg 30 partylede in die Dennebos vakansie-oord oorgebly het. GOOD se slegte vertoning in die daaropvolgende April-tussenverkiesing op Wolseley waar hulle slegs 226 stemme (minder as 10%) kon kry, word as ‘n ramp en ‘n verkiesings-terugslag beskryf. GOOD het blykbaar meer as R200 000 vir dié stemwerwingsveldtog opgedok. Die DA het die ANC net-net in die Apriltussenverkiesing geklop.

ONDERBURGEMEESTER en raadslid, Felicity Klazen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.